Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 7

1 of 7 Student number : 45578656 Student name : Mrs Melisha Schultz Postal Address : P O Box 21 Sarnia 3615 Module Code

: AFK101Q Assignment no : 02 Deel 2 : Vraag 2.1 Ubuntu beteken dat ons almal die selfde is, maar ons is nie. Alhoewel ons almal `n deel van die mensdom is, en dieselfde behandel moet word, het elke een van ons verskillende behoeftes, verlange, oortuigings en vooruitsigte van ons lewe. Wat ons moet doen, is om die verskille in ander mense te verstaan en aanneem sonder oordeele, soos ons wil he mense moet ons verstaan en aanneem. Mense praat verskillende tale en lyk nie dieselfde nie, maar ons almal soek dieselfde dinge soos om in vreede te bly en om te lewe sonder skaamte of vrees.

Deel 2 : Vraag 2.2 Eerstens sal ek na die verskille tussen die twee verwys. Die Ek is die baas . Hy is die een wat alles het. Hy hoef nie vir kos of vir beskutting te soek nie. Die Ander is die werker of die slaaf. Hy het niks en is afhanklike van die mense waarvoor hy werk. Alles wat hy gebruik of eet kom van sy baas: Die huisie, die land waar hy groente probeer groei, is alles aan die einde van die dag die baas sn. Die slaaf weet dat alhoewel hy vir jare werk vir sy baas, sal hy en sy gesin, nog steeds niks he nie. Hy moet iets doen om `n beter lewe te maak vir hom en sy gesin. Alhoewel hulle Godvresende en goeie mense is, was daar dae waar hulle dinge steel moes sodat hulle kan iets kon he om te eet. Hulle het nooit water gehad nie en daar was dae waar dit so erg was, dat hy wou terug gaan na die plaas, maar hy het voorentoe gery. Hy wou nie he dat alles wat hy en sy gesin deur gegaan het niks beteken nie. Hy wou he dat hy en sy gesin as mense behadel word, inplaas van die baas se gereedskap of dinge wat die baas besit. Die enigste tyd dat hulle soos mense gevoel het, was wanneer hulle by die huis van Paradysvlei aangelaand het. Hulle het genoeg warm water en `n ware badkamer gevind om hulle eerste bad te he. Hulle het behoorlik kos gemaak op `n behoorlike stoof. Hulle het behoorlike meubels gebuik om te sit en hulle met behoorlike tafelgoed geeet. Hulle het om skoon beddens geslaap. Hulle gebruik dinge vir die eerste tyd in hulle lewe, wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Dit was die eerste keer in hulle lewe dat hulle soos mense gevoel en hoop vir die toekoms gevind het. Hulle aaklige lewe voor Paradysvlei, stel die tyd van apartheid voor, en hulle lewe by Paradysvlei, stel die belofde van hoop en gesondmaking vir die hele nasie voor.

Pg 2 of 7 Student number : 45578656 Student name : Mrs Melisha Schultz Postal Address : P O Box 21 Sarnia 3615 Module Code : AFK101Q Assignment no : 02 Deel 2 : Vraag 2.3 Ek dink die wit meisie het haar woede en haar ongeloof vir die koeie en die swartmense uitgedruk. Sy het die eendersheid gesien tussen die twee. Alhoewel die koeie kan sien dat die drade hulle sal sny, loop hulle nog steeds deur die drade, en die Swartes will aanhou om gevaarlike ritueele te doen, alhoewel hulle kan sien dat dit nie veilig is vir hulle nie. Die meisie wens dat hulle dink oor wat hulle doen en die gevolge daar van, en nie net blindelinks of met oogklappe deur die lewe te loop nie.

Deel 2 : Vraag 2.4 Daar is baie maniere om die storie te vertolk en dit kan aan baie kultuure verleen word. As `n storie van Afrika en Europa daar is baie verskille tussen die twee kulture. Die verskille in taal lei tot die feit dat hulle nie behoorlik kan kommunikeer nie, en ek dink dit is die grootste oorsaak van die stryd tussen die twee, want daar is nie verstandhouding tussen hulle nie. Die Europa is beskrywe van Self in die storie. Hulle het as `n nasie modern word. Hulle het geleer om te skryf en om dinge gemaak soos skepe, geweere, en kleure wat meer van hulle lyf bedek. Hulle het die oseane verower en ander lande besoek. Hulle kos en drank is baie anders. Hulle dink dat hulle beter is as die ander mense wat hulle koloniseer. Die Ander is die swart mense , wie se lewe baie meer eenvoudiger is as die van Europa. Hulle word as barbare beskou want hulle lewe is nie modern of verfynd nie. In die storie is T`kama Afrika en Khois is Europa. Aan die einde van die dag is dit `n storie oor die ontwikkeling van die verhouding tussen die twee nasies. Die storie word vertel vanuit Afrika se oogpunt wat veroorsaak dat die leser medelye het met Afrika, in teenoorstelling met `n eurosentriese oogpunt waarmee die geskiedenis gewoonlik vertel word.

Pg 3 of 7 Student number : 45578656 Student name : Mrs Melisha Schultz Postal Address : P O Box 21 Sarnia 3615 Module Code : AFK101Q Assignment no : 02 Deel 3 : Vraag 1.1 Ja, genderstereotipering speel `n rol in die storie. As `n opgevoede mens moet ons dinge in groepe sit sodat ons dit beter kan leer ken, en as ons die groepe bepaal , kom stereotipes tot voorskein. Hoe `n vrou lyk en optree is nie die selfde as hoe `n man lyk en optree nie. `n Man het `n groot vorm en `n vrou `n klein vorm. `n Man het `n harde stem en `n vrou het `n sagte stem. Die eerste voorbeelde uit die storie van genderstereotipering is waneer hulle vir die eerste keer Freddy `n meisie maak. Tant Das en Let vertel hom hoe `n vroumense loop en sit en hoe om ladylike tewees. `n Vroumens sit nie soos `n man nie, hulle sit met hulle bene toe. `n Vroumens stap nie soos `n man nie, soos `n bal wat opspring, maar hulle moet vloei as hulle beweeg. Freddy ondergaan ook `n gedaanteverwisseling wanneer hy as Fifi aangetrek word. Sy stem is hoer en hy lag koketterig. Die tweede voorbeelde is dat Freddie word ook gesien as te mooi vir `n mansmens, en sal na n vrou lyk.

Deel 3 : Vraag 1.2. Patriargie is die siening dat mans is die beste is van die twee geslagte, en dat hulle al die belangrige rolle moet speel en al die besluite maak. Soos : die man is die baas van die huis. Seksime is die diskrimainasie van mense gebaseer net oor hulle geslag. Byvoorbeeld : Vroue kan nie die formele arbeidsektor betree nie, want hulle hoort in die kombuis, besig om kinders groot te maak

Deel 3 VRAAG 2 Deel 3 : Vraag 2.1 In Die Kukri het die vrou `n belagrike rol gespeel. Die vrou het ingestap en die man gehelp om vrede te maak met sy toekoms, en die seun gehelp om verstaan en vrede maak van die dood van sy pa. Die mans het emosioneel weggeloop van die situasie in plaas van om beheer te he in die sittuasie. Die vrou was ook geleerd, wat nie die norm is nie.

Pg 4 of 7 Student number : 45578656 Student name : Mrs Melisha Schultz Postal Address : P O Box 21 Sarnia 3615 Module Code : AFK101Q Assignment no : 02 Deel 3 : Vraag 2.1 ..... In Aan die einde van die reeboog is Jean `n vrou wat nie kak van niemand vat nie. Sy is nie bang vir `n man nie en kan haar self verdedig. Jean het nie `n klein vorm soos ander vroumense nie, maar `n ligaam soos n` man sn met spiere. Sy het die eerste die man geslaan. Sy het ook die man bespot, waar gewoonlik die man is wat vroue bespot.

VRAAG 3 Deel 3 : Vraag 3.2 Ek sal nie die storie `n tradisionele liefdesverhaal klassifiseer nie. Hulle was in die vreemde, en in die einde was net Elvira wat op Ben verlief geraak het. Hulle het nie saam gelewe en die tyd dat hulle ge saam gebly het was nie `n gelukkige een nie. Daar was nie `n gelukkige einde vir Elvira nie. Aan die einde het Ben die plaas gelos en met `n ander vrou getrou en Elivra het nooit met `n ander man getrou nie, sy het as `n verlore siel met n gebroke hart dood gegaan. Hulle het nooit soos gewone getroude mense gepraat nie. Daar was nie sagte woorde gepraat tussen die twee nie. Hulle was baie kort met mekaar. Hulle het gedoen wat hulle moet doen, maar het nie dinge gedoen om `n ware verhouding gehad nie. Eliva het Patagonia gesien as `n koue, vreemde en eemsaame plek net soos haar verhouding met Ben. Die land was leeg en daar was ook nie baie bome om die koue wind te verminder nie. Die land het niks gedoen om hoop te gee nie. Dit was net so grof soos Ben. Daar was ook nie mense wat naby bly nie. Sy het aan die einde verstaan dat al bly sy met Ben en in Patagoina, sy nooit liefde, troos of vrede sal ervaar nie. Elvira na `n tyd geweet dat sy nie in Ben se lewe behoort nie.

Pg 5 0f 7 Student number : 45578656 Student name : Mrs Melisha Schultz Postal Address : P O Box 21 Sarnia 3615 Module Code : AFK101Q Assignment no : 02 DEEL 4 Deel 4: Vraag 1 Multikulturaliteit en ander sosiale probleme in kinder-en jeugboeke. In `n Haas moet doen wat `n haas moet doen word daar gekyk na die interaksie tussen verskillende kulture. Dit verwys veral na karakters met verskillende kulturele agtergrond wat `n oplossing moet vind vir gemeenskaplike probleme. Die storie verwys op `n manier na die gebeure in Suid Afrika waar probleme opgelos is deaur onderhandelinge in plaas van geweld, en die gebruik van verskillende diere as karakters bring n aanvaarding van dinge wat anders is VRAAG 2.1 Ruimte Ruimte is om na die wereld om jou te kyk vanaf `n kind se oogpunt. Vir kinders mag iets wat alledaags is vir volwassenes, `n hele nuwe ander betekenis het Byvoorbeeld: Reen is `n natuurlike verkynsel, maar kan vir kinders pret (Speel in die poele water) tot angs (Donderweer) voorstel. Die ruimte wat `n kind beslaan mag van tyd tot tyd masief en reusagtig wees vir n kind. Skielik bewe die grond... ... trillings skiet deur haar lyfie (p 38) Gerda beslaan die ruimte van `n haas wat klein is. Die groote van die olifante voel soos `n bedreiging vir Gerda. Dit word ook vererger deur die feit dat hulle kwaad is vir die mensdom. Die kamp voel vir Gerda soos `n bedreiging(p46 p47). Sy is maar `n klein haas in `n groot, onbekende plek en haar moet begeef haar amper. Uit bogenoemde is dit duidelik dat die ruimte waar Gerda haar bevind baie anders is as waaraan ons gewoond is. Dit is groot en vreemd en maak haar bang, tog gaan sy voort met haar missie.

Pg 6 of 7 Student number : 45578656 Student name : Mrs Melisha Schultz Postal Address : P O Box 21 Sarnia 3615 Module Code : AFK101Q Assignment no : 02 Deel 4: Vraag 2.2 Multikulturalisme is teenwordig in verskillende vorme in die verhaal van `n Haas moet doen wat `n haas moet doen. Die tradisionele gebruik van die woord kultuur verwys na aanvaarbare gedrag en gebruike van mense. Verskillende kultuurgroepe verwys na die aanvaarbare gedrag en gebruike binne `n sekere groep. Multikulturalisme binne `n samelewing is die aanvaarding van die gebruike en gewoontes van verskillende kultuurgroepe deur ander kultuurgroepe.Dit verwys ook dat verskillende kultuurgroepe iets in gemeen het met mekaar binne die raamwerk van `n samelewing. Die volgende is van belang: Is Koning-Koning Kriek se koninkryk multikultureel? Ja, aangesien dit die hele diereryk beslaan. Elke spesie het sy spesifieke kenmerke en gedragspatrone wat kenmerklik is van sy spesie, nes elke kultuur sy spesifieke kenmerke en gedragspatrone het. Alhoewel Koning Koning Kriek se koningkryk uit verkillende kulture bestaan, het hulle dieselfde doel wat hulle moet bereik onder die leierskap van Koning-Koning Kriek. Dus word hulle as een multikulturele groep klassifiseer, in teenstelling met verskeie groepe wat net met hul eie kultuurgroep klassifiseer. Die diere word as een groep beskryf deur Koning-Koning Kriek op p36 Afrika...is die diere sn en almal het `n belang in die uitslag van Gerda se missie. Op p50 skinder `n paar kwevoels oor die feit dat Koning-Koning Kriek `n menshaas laat kom het om die diereryk te help. Is Moya, Matolo en die president multikultureel? Die antwoord op bogenoemde is ja.Hulle verteenwoordig verskillende kulture. Moya is `n feetjie wat die wereld van betowering verteenwoordig. Matolo verteenwoordig die jeug terwyl die President die leier van `n multikulterende land is.Almal het medelye met Gerda en probeer om haar te help. Deur hulself oop te stel vir die aanvaarding van verskillende kultuurgroepe kan hulle vir Gerda verstaan, en deur haar te verstaan kon hulle haar help. Is die inwoners van Tambotiestraat 21 multikultureel? Nee, aangesien almal dieselfde gesin verteenwoordig. Dit is die huis waar Gerda en haar gesyn bly. Hulle mag verskil van opinie, maar tree op in belang van hul eie groep. Gerda wens om weer deel te wees van haar normale omgewing wat sy verstaan.

Pg 7 of 7 Student number : 45578656 Student name : Mrs Melisha Schultz Postal Address : P O Box 21 Sarnia 3615 Module Code : AFK101Q Assignment no : 02 Bibliografie: 1) Die Eerste Lewe Van Adamastor: Andre Brink : Saayman& Weber : 1988 2) Twee Vroue : Elsa Joubert : Tafelberg Uitgewers : 2002 3) `n Haas Moet Doen Wat `n Haas Moet Doen : Martie Preller : Human & Rousseau : 2000 4) Tweetalige skoolwoordeboek: Bosman & Merwe: Pharos : 2008 5) AFK101Q Leesbandel : 01 & 2.1 & 2.2 : Unisa Press 2009

VERKLARING Naam: Mrs Melisha Schultz Studentenommer: 45578656 Modulekode en werkopdragnommer : AFK101Q : Ass 02 Ek verklaar dat hierdie werkopdrag my eie, oorspronklike werk is. Waar ek bronmateriaal gebruik het, is dit volledig en volgens Unisa-voorskrifte erken. Ek begryp wat plagiaat beteken, en is bewus van Unisa se beleid (vervat in studiebrief 301) daaromtrent. Handtekening

..................... Datum 19 Maart 2009

...........................

You might also like