Die Skepping Van 'N Volhoubare, Positiewe Atmosfeer in Die Klaskamer.

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 8

Die skepping van n volhoubare, positiewe atmosfeer in die klaskamer.

Inhoudsopgawe:
1. Inleiding

p. 1

2. Leerdermotivering

p. 2

3. Kommunikasie

p. 3

4. Interpersoonlike verhoudings tussen die leerders en die fasiliteerder

p. 4

5. Die handhawing van dissipline

p. 5

6. My klaskamerdissiplinebeleid

p. 7

7. Gevolgtrekking

p. 8

1. Inleiding
Die skepping en instandhouding van n positiewe atmosfeer in die klaskamer is onontbeerlik vir die
bereiking van n optimale leeruitkoms. Deur reeds n klimaat van wedersydse vertroue en
ondersteuning tussen opvoeders, ouers en leerders onderling te skep, is die opvoeder n tree nader
aan die verwesenliking van die ideale klaskameratmosfeer.
Die klaskamer vorm die kern van die leeromgewing en moet daarom op sigself n positiewe bydrae
tot die atmosfeer lewer. Volgens Van der Horst & Mc Donald (2001: 101, soos aangehaal in DIE
OPVOEDER AS LEIER, BESTUURDER EN ADMINISTRATEUR, 2006: 36) kan die faktore wat hier n rol
speel in hoofsaaklik vier groepe verdeel word: Ekologie, Milieu, Sosiale stelsel en Kultuur. Navorsing
toon dat die korrekte aanwending van die spasie in die klaskamer leerders se gedrag verbeter.
Die klem van hierdie bespreking val egter spesifiek op die rol van die opvoeder; en in die besonder
op die volgende vyf aspekte wat ek kan aanwend om n volhoubare, positiewe atmosfeer in die
klaskamer te skep:
2. Leerdermotivering
Uit persoonlike ervaring kan ek getuig dat n ongemotiveerde leerder se gedagtes nie in die
klaskamer is nie. n Leerder moet glo dat sy moeite nie sonder rede is nie, of soos uitgedruk in An
Educators Guide to Effective Classroom Management, Coetzee SA. Et al. (2008: 102): If School is

not inviting and if the tasks are not clear, interesting and at an appropriate level, how can we expect
learners to carry out their tasks?
Leerders is uniek en word nie almal op dieselfde wyse gemotiveer nie; dit is daarom van belang dat
die opvoeder kennis te dra van die verskillende teorie rondom menslike motivering. An Educators
Guide to Effective Classroom Management (2008: 103) vervat vier denkrigtings in tabelvorm: n
Leerder reageer op omgewingsgebeure en ekstrinsieke motivering; tweedens streef die individu na
selfverwesenliking, selfbeskikking en prestasie; die individu se handelinge word benvloed deur dit
wat hy/sy glo; en as suksesse en/of mislukkings ervaar en laastens, die individu se gedrag word
benvloed deur die waarde wat hy/sy aan die bereiking van individuele doelwitte heg.
Die volgende aanhaling op p.117 sluit vir my hierby aan: Each learner has unique abilities and
talents, as well as limitations. Failure to recognise and accommodate these differences often leads
to unsuccessful learning. Die opvoeder het dus die verdere taak om n individuele motiveringstrategie vir elke leerder te identifiseer.
Wlodkowski en Ginsberg, soos op p.178 van Jones & Jones se Comprehensive Classroom
Management. Creating Communities of Support and Solving Problems, voer aan dat leerders se
deelname in die klaskamer verder gemotiveer kan word deur inklusiwiteit, ontwikkelende
ingesteldheid, toevoeging van waarde en ontwikkeling van bevoegdheid.
Met die klemverskuiwing na n uitkomsgebaseerde onderwysstelsel, word onskynlik al hoe meer
staatgemaak op die leerder se innerlike begeerte om take suksesvol af te handel ook genoem
intrinsieke motivering. Hierdie wending is egter nie sonder nadelige gevolge nie, want aldus DIE
OPVOEDER AS LEIER, BESTUURDER EN ADMINISTRATEUR (2006: 39 en 40) weet ons nou dat
studente wat hulleself nie as bekwaam in n bepaalde vakgebied beskou nie, se motivering afneem.
Die opvoeder kan so n leerder se intrinsieke motivering egter n hupstoot gee deur:
1. Voorspelbare leeromgewings te voorsien;
2. n Balans te skep tussen maklike en uitdagende take;
3. Onderrigondersteuning te voorsien;
4. Aktiwiteite wat leerders veronderstel is om te doen, modelleer;
5. Groot opdragte in kleiner take onder te verdeel;
6. Groot opdragte in kleiner take te verdeel en lede van die portuurgroep (of die opvoeder) toe
te laat om sommige van die take te verrig;
7. Leerderdeelname in besluitneming te bevorder;
8. Die sosiale vergelyking van leerders te vermy.
2

Hoewel intrinsieke motivering moontlik die meer edel en aanbevole roete is, twyfel ek nie daaraan
dat sommige leerders se motivering deur ekstrinsieke waardes aangehelp sal word nie. Ten einde
die doelwit van n positiewe, volhoubare atmosfeer in die klaskamer te skep, sou ek dus nie net die
een f die ander, maar waarskynlik selfs n kombinasie van die twee metodes oorweeg.
3. Kommunikasie
Effektiewe kommunikasie is van kardinale belang vir die voortbestaan van enige verhouding, ook vir
di tussen opvoeder en leerder. Volgens An Educators Guide to Effective Classroom Management
(2008: 82) vind kommunikasie plaas as n idee deur iemand (n sender) versend word en deur
iemand anders (n ontvanger) verstaan word. Perfekte kommunikasie word egter dikwels nie bereik
nie omdat die sender se woorde, simbole of gebare anders interpreteer word as wat die sender
bedoel het.
Coetzee, S.A. et al. onderskei tussen verbale en nie-verbale kommunikasie. Die opvoeder behoort in
die klaskamersituasie van beide gebruik te maak om met leerders te kommunikeer, en self aandagtig
te luister as n leerder kommunikeer. n Voordeel daaraan om in die klaskamer teenwoordig te wees,
is dat die opvoeder oogkontak kan maak, gesigsuitdrukking, asook lyftaal kan gebruik. Terselfdertyd
sal n op en wakker opvoeder leerders se lyftaal kan lees.
Deur sy/haar stemtoon te manipuleer, duidelik te artikuleer en teen n gemaklike tempo te gesels,
behoort n opvoeder kommunikasie verder te verbeter. Volgens navorsing maak verbale
kommunikasie kwalik 40% van kommunikasie uit, en waar liggaamstaal nie met die woorde
ooreenstem nie, is mense geneig om meer waarde aan lyftaal te heg An Educators Guide to
Effective Classroom Management (2008: 84).
Op p.85 verduidelik Coetzee et al. dat sewe elemente teenwoordig is wanneer doeltreffende
kommunikasie plaasvind:
1. Die kommunikasiebron: Die sender (opvoeder) enkodeer n gedagte wat hy/sy as boodskap
wil oordra;
2. Enkodering: Die boodskap word in n simboliese vorm omskep;
3. Die boodskap: Die fisiese produk (bv. stem of skrywe) letterlik dt wat gekommunikeer
word;
4. Die kanaal: Die medium soos deur die sender gekies vir die oordra van die boodskap, bv.
persoonlik of telefonies;
5. Dekodering: Die interpretasie van die boodskap;
6. Die ontvanger: Betekenis word aan die boodskap toegeken deur die ontvanger (leerder);
3

7. Terugvoer: Die ontvanger kommunikeer sy interpretasie van die boodskap aan die sender en
sal n aanduiding wees of doeltreffende kommunikasie plaasgevind het.
DIE OPVOEDER AS LEIER, BESTUURDER EN ADMINISTRATEUR (2006: 42) identifiseer verskeie
struikelblokke in die pad van effektiewe kommunikasie tussen opvoeders en leerders in die
klaskamer:
1. Filtrering;
2. Selektiewe persepsie;
3. Oorlading van inligting;
4. Op die verdediging wees;
5. Taalvaardighede;
6. Swak luistervaardighede.
Deur bogemelde in gedagte te hou asook die wenke vir doeltreffender kommunikasie op p.43 te
volg en boonop te let na terugvoer vanaf leerders, behoort n opvoeder suksesvol met studente te
kan kommunikeer.
4. Interpersoonlike verhoudings tussen die leerders en die fasiliteerder
Weens die uiteenlopende aard van mense se persoonlikhede bestaan daar die moontlikheid dat die
opvoeder nie ewe goed met al sy/haar leerders oor die weg sal kom nie. Die verhouding met alle
leerders moet egter professioneel bly ten einde n positiewe atmosfeer in die klaskamer te skep en
te handhaaf.
Jones en Jones (1998: 71, soos op p.87 van An Educators Guide to Effective Classroom Management
aangehaal) stel vier riglyne voor wat tot positiewe interaksie met leerders sal lei:
1. Opvoeders aanvaar self verantwoordelikheid vir leerders se sukses;
2. Opvoeders neem n uitgebreide rol as opvoeder aan, selfs buite die klaskamer;
3. Opvoeders druk deur met leerders;
4. Opvoeders handhaaf die positiewe ingesteldheid dat alle leerders kan leer.
Thomas Gordon (soos aangehaal in Jones en Jones, 1998: 75) doen enkele riglyne aan die hand
waaraan die opvoeder sy verhouding met leerders kan meet. Volgens hom, en ek stem hiermee
saam, bestaan n goeie verhouding indien die volgende elemente teenwoordig is:
1. Openlikheid en deursigtigheid: Die partye is eerlik met mekaar;
2. Omgee: Die partye waardeer mekaar;
4

3. Onafhanklikheid: Die partye ontwikkel hulle kreatiwiteit, uniekheid en individualiteit


afsonderlik;
4. Gelykheid van behoeftes: Een party boet nie sy leerbehoeftes in vir die ander nie.
Die opvoeder moet ingedagte hou dat jong leerders dikwels sensitief is oor hulle selfbeeld in die
portuurgroep. Kritiek moet daarom opbouend wees terwyl die opvoeder let op hoe kritiek moontlik
interpreteer kan word. An Educators Guide to Effective Classroom Management (2008: 88) illustreer
hoe die boodskap van I sometimes fail internaliseer kan word tot I am a failure.
Volgens Jones en Jones (1998: 114) sal die opvoeder ook daarby baat indien hy/sy daarin kan slaag
om die onderlinge verhoudings tussen leerders te verbeter. Laasgenoemde kan wangedrag in die
klaskamer voorkom.
Volgens Hilsen (soos aangehaal in Van Deventer & Kruger, 2003: 18. An Educators Guide to School
Management Skills. Pretoria: Van Schaik) sal die volgende riglyne interpersoonlike verhoudings
verbeter. n Opvoeder moet: sy/haar leerders toelaat om hom/haar te leer ken; die leerders leer ken
en hulle met respek behandel; die leerders se name memoriseer en korrek uitspreek; die leerders
wys dat hulle gerespekteer word; humor en taal toepaslik gebruik en n gevoel skep van
samehorigheid in die klaskamer.
Positiewe interpersoonlike verhoudings vloei voort uit effektiewe, eerlike kommunikasie en behoort
sonder twyfel tot n positiewe ingesteldheid in die klaskamer te lei waarby beide opvoeder en
leerder sal baat.
5. Die Handhawing van Dissipline
Die gebrek aan dissipline by leerders is sekerlik een van die algemeenste klagtes onder opvoeders. n
Ongedissiplineerde leerder kan eiehandig die positiewe atmosfeer in n klaskamer bederf, die
opvoeder se taak bemoeilik en leerdoelwitte kelder.
Ten einde laasgenoemde situasie teen te werk, is dit belangrik dat daar n organisasie- en
bestuurplan in plek moet wees wat doeltreffende rels en prosedures sal afdwing wat konsekwent
gevolg word en waarin die opvoeder en die leerders duidelik die verwagtinge oor leergedrag
verstaan DIE OPVOEDER AS LEIER, BESTUURDER EN ADMINISTRATEUR (2006: 43). Prosedures
moet die volgende areas dek:
1. Administratiewe prosedures, byvoorbeeld bywoningsregisters;
2. Beweging van leerders, byvoorbeeld binnekom en verlating van die klaskamer;
3. Klashigine;
5

4. Roetines om lesse se doelwitte te behaal, byvoorbeeld die uitdeel en versamel van


materiaal;
5. Wedersydse interaksie tussen opvoeder en leerders.
Hoewel opvoeders elkeen n persoonlike benadering tot dissipline het, het Louisell en Descamps
(1992: 231) n 20-stap benadering tot dissipline opgestel wat na gelang van omstandighede
alternatiewe benaderings tot die hantering van ontwrigting bied. As voorvereiste vir die 20-stap
model om suksesvol te wees, moet eers aan die volgende vier vereistes voldoen word:
1. Die skool se doelwitte en waardes moet in die klaskamerdissipline reflekteer;
2. Die opvoeder se professionele rol moet duidelik blyk;
3. Leerders se rol moet duidelik in die skool se missie en doelwitte uiteengesit wees;
4. Die skool se benadering tot dissipline moet daarop gerig wees om leerders te laat groei en
hul gedrag te verbeter.
Die 20-Stappe Dissiplinre Model
Voorkomende stappe
1. Voorsien leerders van duidelike instruksies;
2. Help leerders om meer sukses as mislukkings te ervaar;
3. Erken en beloon goeie gedrag;
4. Stuur n voorkomende ek-boodskap uit waarin kommunikeer word dat goeie gedrag
verlang word;
5. Skenk vroeg aandag aan leerders wat die potensiaal het om die klas te ontwrig;
6.

Verander omstandighede wat tot wangedrag kan lei;

7. Gebruik fisiese teenwoordigheid om wangedrag te voorkom;

Rigting-veranderende stappe
8. Ignoreer onbenullige misstappe en erken goeie gedrag;
9. Stuur n nie-verbale boodskap waarin n verandering in gedrag versoek word;
10. Vra die leerder na vordering of wat die rel oor di tipe gedrag bepaal;
11. Versoek n positiewe verandering in gedrag;
12. Isoleer die leerder om te verhoed dat die wangedrag eskaleer;
13. Stuur n ek-boodskap waarin die gevolge van wangedrag oorgedra word;
14. Hou n konferensie: geen verloorder konflik-resolusie benadering;
6

Nagevolge stappe
15. Hou n blitskonferensie met die leerder om n ooreenkoms te bereik waarin hy/sy erken dat
wangedrag plaasgevind het, hoe hy/sy volgende keer sal optree en wat die gevolge by
versuim sal wees;
16. Implementeer n uitdruklike dissipline-plan vir die klas;
Samewerkende stappe
17. Stuur die leerder na n ander klas om na te dink oor sy/haar gedrag;
18. Betrek die leerder se ouers om positiewe gedrag aan die hand te werk;
19. Betrek die skoolhoof om positiewe verandering teweeg te bring;
20. Versoek dat die leerder van die klaskamer verwyder word.
Die toepassing van dissipline kan ongelukkig n bitter nasmaak by beide die opvoeder en leerder laat,
maar vroe en konsekwente hantering van wangedrag skep weldra n positiewe klimaat vir die
betrokke partye.
6. My klaskamer-dissiplinebeleid
Dit is van kardinale belang dat elke opvoeder n dissiplinebeleid in die klaskamer aanbring om gedrag
in ooreenstemming met die skoolrels te reguleer. In DIE OPVOEDER AS LEIER, BESTUURDER EN
ADMINISTRATEUR (2006: 43) word s beleid beskryf as ... n stelsel wat u toelaat om die gedrag wat
u van die leerders verwag, uit te druk, asook wat hulle van u as opvoeder kan verwag. Die doel van
die klaskamerdissiplinebeleid is om n regverdige en konsekwente manier te kry waarop goeie
gedrag bevorder word en wangedrag hanteer word. Die beleid bestaan normaalweg uit die volgende
drie dele:
1. Rels wat die leerders moet volg;
2. Gevolge van verbreking van die rels;
3. Belonings wanneer die rels nagekom word.
Aldus Coetzee, S.A. et al. (2008: 92) word aanbeveel dat die opstel van genoemde rels in eerstepersoon (ons/ek/jy/julle) en in samewerking met leerders moet geskied. Daar moet min
klaskamerrels wees, dit moet aan die skoolrels gekoppel wees, positief lees, oop wees vir
heronderhandeling, gereeld na verwys word, geskrewe wees en duidelik sigbaar wees.
n Goeie voorbeeld van s n beleid is op myUnisa verkrygbaar en dek die volgende aspekte:
Doelstellings vir ons klas: Ons is hier om te leer en nie te speel nie.
7

Rels en prosedures: Byvoorbeeld: Die onderwyser groet ons aan die begin en einde van elke les.
Taakverdeling in ons klas: Byvoorbeeld: n Leerder neem die boeke in wanneer daarvoor aangewys.
Leerder-leierskap in ons klas: Byvoorbeeld: Ons klasleier neem verantwoordelikheid vir dissipline in
die afwesigheid van die onderwyser.
Dissipline en orde in die klas: Byvoorbeeld: Gedurende groepwerk praat ons sag.
Belonings: Byvoorbeeld: Vir goeie gedrag kry ons nie huiswerk oor naweke nie.
Straf: Byvoorbeeld: Vir swak gedrag kry ons ekstra huiswerk oor naweke.
Riglyne vir die gebruik van straf: Byvoorbeeld: Ons word nie almal gestraf vir die wangedrag van n
individu nie.
7. Gevolgtrekking
By nabetragting is dit duidelik dat die moderne opvoeder voor n reuse uitdaging staan om n
volhoubare, positiewe atmosfeer in die klaskamer te skep. Navorsing op die terrein van onderwys is
egter van onskatbare waarde. Indien die opvoeder homself professioneel toerus, n ekspert is op sy
vakgebied en bogemelde aspekte in die klaskamer toepas, kan die klaskamer n plesier vir beide
opvoeder en leerder wees waar optimaal deur beide partye geleer kan word.
Bronverwysings
1. Coetzee, S.A (2006) DIE OPVOEDER AS LEIER, BESTUURDER EN ADMINISTRATEUR.
Universiteit van Suid-Afrika: Pretoria.
2. Coetzee, S.A. et al. (2008) An Educators Guide to Effective Classroom Management. Van
Schaik Publishers: Pretoria.
3. Jones,V.F. & Jones, L.S. 1998. Comprehensive Classroom Management. Creating
Communities of Support and Solving Problems, 5th edition. Boston, MA: Allyn & Bacon.
4. Louisell, R.D. & Descamps, J. 1992. Developing a Teaching style. Methods for Elementary
School Teachers. New York: HarperCollins.
_________________________________________

You might also like