Professional Documents
Culture Documents
Lelie Langvrae
Lelie Langvrae
Hierdie is n magies realistiese roman. Magies kom van die Engelse magic en het met die bonatuurlike te
doen. In so n werk word verbeelding (droom / fantasie) en werklikheid vermeng.
Verteltyd en vertelde tyd
Die verteltyd beslaan 220 bladsye of 3 ure (die tyd wat die leser nodig het om die verhaal te lees).
Dit word ook leestyd genoem.
Die vertelde tyd beslaan ongeveer 30 jaar. Vanaf Iris se geboorte tot 5 jaar n sy haar enkel gebreek
het toe sy ongeveer 30 jaar oud was.
Die Tema
Dit handel oor Iris se obsessie of begeerte om te blom. Blom word natuurlik figuurlik gebruik. Dit kan
dui op iets in jou lewe wat dit sinvol maak.
Die Motto
Angels can fly because they take themselves lightly G.K. Chesterton. Watter leidrade kan die leser hieruit
aflei?
i Daar gaan van n engel vertel word.
ii Daar is baie fantasie / verbeelding in die verhaal.
iii Die aanslag / trant is lig of humoristies. Daar is nogal sprake van humor in die verhaal.
Wie blom almal in die verhaal?
Dit is sekerlik nie net Iris, die hoofkarakter, wat sogenaamd blom nie. Elsa en Hannes het getrou
en hulle eersteling Johan veroorsaak dat Elsa blom. Kara ontmoet Claude van Martinique (p. 99). Hulle het
later n seuntjie en nog later trou hulle. Pa tree af. Bloot net sy aftrede dui op die bereiking van volheid in
sy lewe. Daarna verhuis hy plaas toe om sy droom uit te leef; hy gaan boer. Dink jy nie dit het hom laat blom
nie?
So is daar nog baie ander voorbeelde wat jy gerus kan gaan soek.
Iris het uiteindelik met Peter getrou en hulle was gelukkig. Het sy nie ook maar geblom nie?
Iris het ontwikkel van n obsessiewe jong meisie tot n geduldige jong vrou. Aan die einde van die roman wag
sy en Johanna gedduldigop die oopgaan van die lelie.
Johanna
Johanna word n voorbeeld van n surrogaatmoeder. Sy is ook nie presies die stereotipe
huisbediende van daardie tyd (die sestigerjare) nie. Wat sou ma Els ? Elsa sonder haar gemaak het?
Johanna die huishulp of huishoudster trek baie smaakvol aan. Sy noem die dogters op hulle name
wat indirek dui op n mate van gesag wat sy het (p. 24).
Johanna werk al lank vir die familie. Sy het Ma leer kook. Sy het die kinders hulle hare leer vleg (p.
37). Johanna se pa was swart en haar ma bruin (p. 38).
Sy wou n Franse kookboek aanskaf om vir Claude beter kos te kon maak.
Johanna skryf n brief vir Iris in Amerika. Sy gee raad. Sy vermaan haar dat sy nie met vreemde
mense moet praat nie en vir negers moet lig loop. (p. 114).
Johanna het eers in die kamer in die agterplaas gebly. Later vra sy n ordentlike badkamer met pers
lelies op die tels. Pa het dit vir haar gedoen ) dit was wel pers tels met wit lelies op. Daar is n hele nuwe
badkamer vir haar gebou. (p. 116). Later vra sy hulle moet die stoep toebou dat sy n sitkamer kon h waarin
sy kon sit en TV kyk (p. 117).
Na Pa weg plaas toe is, Kara Frankryk toe is en Elsa getroud is, het sy saans by Ma in die sitkamer
kom sit en TV kyk (p. 117).
Iris s: Ek het self twee mas gehad as n mens Johanna bytel,(p. 150).
Johanna het nie daarin geglo om met kwale dokter toe te gaan nie (p. 180). Sy het boererate gebruik.
1
Toe Kara n uitslag gehad het waaraan die dokter niks kon doen nie, het Johanna hawermout in die bad
gegooi en die kind daarin laat week. Die uitslag het verdwyn (p. 180).
Ma
Sy is baie verstrooid. Sy vergeet om die oond aan te skakel nadat die skaapboud in is (p. 13). Haar naam
is Elsa en word ook Els genoem.
Sy was soos iemand wat n bus verpas het en nie daarby kon berus nie. (p. 13)
Sy kry haar bestuurderslisensie laat in haar lewe en ry net tussen die huis en die skool. Sy vermy snelwe.
Alle masjinerie was volgens haar lewendig (p. 14).
Soek self nog voorbeelde in die boek.
Onthou die 4 belangrikste karateriseringstegnieke:
direkte beskrywing, dialoog, iemand se gedagtes, wat ander karakters van die persoon s of dink.
Gee n omskrywing van wat n buitestander is en hoe dit op Iris van toepassing is.
Iris se geboorte en haar lewe in die gesin dra tot haar buitestanderskap by.
Iris is aanvanklik die buitestander in die roman wat moeilik met ander karakters kommunikeer en
n fantasie-wreld verkies, sy kies selfs haar beroep sodat daar meer tyd vir fantasie is.
Iris het egter karakterontwikkeling ondergaan en in die werklike wreld begin kommuniker en haar
buitestanderskap opgehef.
4
Die inhoud van die inleiding word nie voorgeskryf nie, maar volgens die assesseringsrubriek
behoort die opstel oor n inleiding te beskik.
Gee n omskrywing van wat n buitestander is en hoe dit op Iris van toepassing is.
In die roman , Die kwart-voor-sewe-lelie, kan Iris as n buitestander beskou word.
n Buitestander kan as n karakter beskou word wat nie in sy milieu pas nie, wat ontuis of as enkeling
tussen die ander karakters voel.
Die buitestanderskap kan as gevolg van die karakter se individualiteit wees.
o Iris is n individu en beskou haarself as anders as die ander mense, n individu, sy is n
dienares van hore gode, maar ook sien sy haarself as Aspoestertjie.
Verder dra gebrekkige kommunikasie daartoe by dat een karakater as n buitestander beskou
kan word soos wat in Iris se geval is.
o Daar is nie baie goeie kommunikasie tussen Iris en die ander karakters nie, bv. in die
huisgesin maak haar pa haar stil wanneer sy aan gesprekke wil deelneem aangesien sy
te jonk is.
o Iris kommunikeer nie met Peter voordat hulle seks het nie.
Alhoewel sy en Peter trou, klink dit asof die huweliksaanbod half terloops gemaak
is, Nog net n paar maande, dan is ons vir altyd bymekaar.
Iris is n dieper persoon wat meer as die gewone sien en het n Engel met wie sy kommunikeer.
o Iris se ouma het ook met n Engel kommunikeer.
o Haar kommunikasie met die Engel maak dat Iris n individu is, dat sy anders as die ander mense is,
n buitestander.
Iris is egter nie afsydig en swygsaam nie.
o In die buiteland kommunikeer sy maklik met die ander mense, bv. Billy, die portaalklerk wat
sy konfronteer en sy koop ook praatjies met ander mense (in die restaurant) aan.
Iris se geboorte en haar lewe in die gesin dra tot haar buitestanderskap by
Met Iris se geboorte was die dokter oorhaastig op pad na n volgende bevalling en het nie veel
aandag aan die nuwe aankomeling geskenk nie.
Na die geboorte was haar ma gedaan en het aan die slaap geraak daar word nie genoem dat
daar direk na Iris se geboorte geleentheid vir binding tussen haar en haar ma (of pa) was nie.
Iris se pa was nie by die hospitaal tydens die geboorte nie, alhoewel dit ook nie die gebruik vir
daardie tyd was nie.
o n Verpleegster het hom van die geboorte in kennis gestal.
o Hierdie was n teer saak vir Iris aangesien sy in al haar fantasie die teenwoordigheid van
die pa aangeraak het. Eduard sowel as die (werklike) Peter sou by die geboorte van
Grete en Iris se baba wees.
Iris se susters het eintlik net die hospitaal besoek sodat hulle hul leeslesse hardop vir Ma kon
lees. Ook hulle het nie aandag aan die nuwe sussie geskenk nie.
Terwyl Iris se susters na familie vernoem is, het Iris sommer n naam vanwe haar voorkoms by
geboorte gekry (volgens die pa).
Iris het na haarself as n dienares van hor gode verwys, dus nie heeltemal deel van die
huisgesin nie, maar eerder die een wat ander moet bedien, n Aspoesterjie.
Iris gesels met haar ma (oor die betekenis van Iris se naam) en die ma luister nie na wat Iris te
s het nie, asof dit nie as belangrik genoeg geag word nie. Die antwoord is eerder dat die ma van
Pa se dieet geweet het.
o
o
Hierdie voorbeeld van gebrekkige kommunikasie dra daartoe by dat Iris as n buitestander
beskou kan word.
5
Iris het dikwels soos Aspoestertjie gevoel, iemand wat ander moet bedien en nie self deel van
die gesin is nie.
Vanwe die ouderdomsverskil tussen Iris en haar susters was Iris n alleenloper, sy het, volgens
haar, net soos Polder van oorskietkos geleef.
Elsa en Kara het ook Iris se kinderjare as objektiewe buitestanders gekritiseer.
Anders as die ander gesinslede, kommunikeer Iris met n Engel, n buitestander.
Telkens wanneer daar in die gesin gepraat word, word Iris as te jonk beskou om saam te praat,
sy deel nie in die gesprekke met die gesin nie.
Die inhoud van die slot / samevatting word nie voorgeskryf nie, maar volgens die
assesseringsrubriek behoort die opstel oor n slot of samevatting te beskik.
VOORBEELD: LANGVRAAG
Die Kwart-voor-sewe-lelie word getipeer as n damesroman waarin die tradisionele rol van die vrou, die
emansipasie van die vrou en vroulike emosies aangeraak word. Bespreek die voorafgaande stelling in n
Opstel van 400-450 woorde deur te verwys na:
Ma Elsa
Elsa
Kara
Iris
Eie mening
(25)
MEMORANDUM
Die emansipasie van die vrou het laat in die negentiende eeu begin
- Daar het al hoe meer stemme opgegaan vir meer vroueregte (bv. stemreg)
- Later het stemme opgegaan vir die gelykheid van vroue met mans op alle vlakke.
- Vrouens moes as gelykes van mans beskou en behandel word
Afrikaans Huistaal/V2 DoE/Model 2009
MA ELSA
- Ma was nie die strereotipe moeder nie.
- In plaas daarvan dat sy haar kinders grootmaak, maak Johanna hulle groot.
- Sy is verstrooid en vergeetagtig
- Sy kan nie kook nie (nie n goeie kok nie), het nie huishouvernuf nie
- Sy hou mes lomp vas
- Sy is meer in die tuin as in die huis.
- Sy maak haar dogters redelik liberaal groot
- Sy tob nie oor haar dogters se sedes nie.
- Sy is onkonvensioneel (oortuig n dief om nie van hul te steel nie)
- Op die plaas sluit sy by n groep aan (Die Spiel) wat glo in renkarnasie en spiritualisme en met
voorvadergeeste praat.
- Maar aan die einde gaan woon sy tevrede op die plaas
ELSA
- Verteenwoordig die deursnee Afrikaanse vrou en haar droom: man,
huis, kinders oorsese reise ens.
- Elsa is prakties, doelgerig en tree bepland op,onemosioneel
- Sy is nugterdenkend, suinig
- Haar lewe het aanvanklik sonder probleme verloop en presies soos wat sy dit beplan het
KARA
- Sy is diepsinnig en kunssinnig
- Sy is eksoties
- Trou met Claude bruinman
- Eers wou sy geen babas gehad het nie
- Verander van mening wil n broeikas word
7