Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 6

IN DIE STREEKAFDELING VAN NOORD KAAP

GEHOU TE CALVINIA
SAAKNOMMER: CRC 9/2015

DIE STAAT
teen
Anna Hanekom Beskuldigde

PLEIT EN VONNIS OOREENKOMS KRAGTENS ARTIKEL 105A VAN DIE


STRAFPROSESWET, WET 51 VAN 1977

PARTYE:

1. Die beskuldigde word bygestaan word deur haar regsverteenwoordiger, Me. SE


du Toit en die Staat, soos verteenwoordig deur die Streekhof Aanklaer Mnr.
Solly Sass, sluit hiermee n ooreenkoms ten opsigte van n pleit van skuldig deur
die beskuldigde kragtens artikel 105A (1)(a)(i) van die Strafproseswet, Wet 51
van 1977 (die skuldigpleit ooreenkoms) en vonnis kragtens artikel 105A (1)(a)
(ii) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 (die vonnis ooreenkoms), ten
einde n skuldigbevinding teen die beskuldigde te verkry op die aanklagtes soos
uiteengesit en vervat in die klagstaat in hierdie saak en om aan haar n vonnis op
te l soos uiteengesit in hierdie ooreenkoms.

MAGTIGING DEUR DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGING:

2. Die Staatsaanklaer is behoorlik deur die Staat gemagtig om hierdie ooreenkoms


kragtens artikel 105A (1)(a) van Wet 51 van 1977 aan te gaan.
KENNISNAME DEUR BESKULDIGDE VAN SY REGTE:

3. Die beskuldigde is, voor die aangaan van die onderhawige pleit en vonnis
ooreenkoms, deur haar regsverteenwoordiger, Me. SE du Toit ingelig dat sy die
reg het om:
i) onskuldig geag te word totdat sy bo redelike twyfel skuldig bewys is;
ii) te swyg en nie gedurende die verrigtinge te getuig nie; en
iii) nie verplig kan word om self-inkriminerende getuies af te l nie.
iv) Die beskuldigde erken dat sy bewus is daarvan dat hierdie
pleitooreenkoms nie die hof bind in die uitoefening van haar diskressie om
n spesifieke bevel of n spesifieke ondersoek te hou nie.
v) Die beskuldigde erken dat al die erkennings in hierdie ooreenkoms
vrywillig en sonder dwang geskied en dat sy ten tyde van die aangaan van
hierdie ooreenkoms, by haar volle positiewe is en dat die inhoud en
gevolge van hierdie ooreenkoms, deeglik vooraf deur haar
regsverteenwoordiger aan haar verduidelik is.

DIE BEPALINGS VAN DIE SKULDIG PLEIT OOREENKOMS EN DIE WESENLIKE


FEITE EN ERKENNINGS WAT DIE BESKULDIGDE MET BETREKKING TOT
SODANIGE OOREENKOMS MAAK:

4. Die partye kom ooreen dat die beskuldigde skuldig sal pleit op aanklagtes van
4.1 Moord en erken dat ek op 29 November 2014 en te of naby Le
Roux straat, Calvinia in die Streekafdeling van die Noord-Kaap, die beskuldigde
wederregtelik en nalatig die dood van Martiens Jonkers veroorsaak het deur
hom een maal met n mes te steek.
5. Die beskuldigde erken die volgende wesenlike feite met betrekking tot die
gebeure op die aanklagte:

Die beskuldigde en die oorledene Martiens Jonkers was in n


saamleefverhouding gewees. Die namiddag van die voorval het die oorledene
getiep by my skoonsuster en broer se huis. Die oorledene het opgestaan en toe
vra hy vir die beskuldigde waar sy wyn is. Die oorledene het toe die beskuldigde
geslaan met die vuis in die gesig, hy het haar toe geskop op haar lyf waarna sy
geval het, en hy haar verder getrap het op haar lyf. Die beskuldigde het toe
opgestaan, die oorledene het toe net daar gestaan en niks verder aan haar
gedoen nie, sy het toe kwaad geraak toe vat sy die mes wat op die kas gel het
en steek na die oorledene se rigting toe. Die beskuldigde erken dat sy geweet
het dat n mes n gevaarlike wapen is en dat sy geweet het sy kan die dood van
n persoon veroorsaak indien sy n persoon met n mes steek. Die beskuldigde
erken dat sy die oorledene een keer op sy bors gesteek het. . Die beskuldigde
erken dat die oorledene oorlede is as gevolg van die wond wat sy hom toegedien
het in die bors. Die beskuldigde het geen reg of toestemming gehad tot die
bogenoemde optrede nie en geweet dat haar optrede verkeerd was en dat sy
gestraf kon word deur n hof.

Die beskuldgide is baie jammer oor dit wat sy gedoen het en versoek die Agbare
Hof om hom genadig te wees.

KONSULTASIE MET DIE ONDERSOEKBEAMPTE DEUR DIE AANGEWESE


STAATSAANKLAER KRAGTENS ARTIKEL 105A (1)(b) VAN WET 51 VAN 1977:

6. Die Staatsaanklaer, Mnr Solly Sass, het met betrekking tot die sluit van hierdie
ooreenkoms vooraf gekonsulteer met die ondersoekbeampte belas met die
ondersoek van die aanklag, naamlik AO Fortuin , met behoorlike inagneming
tydens sodanige konsultasie van onder meer:
(i) die aard en omstandighede van die misdrywe;
(ii) die persoonlike omstandighede van die beskuldigde;
(iii) die vorige veroordelings van die beskuldigde;
(iv) en die belang van die gemeenskap.
Die ondersoekbeampte gaan akkoord met die inhoud van die ooreenkoms.

GELEENTHEID TOT VERTO AAN DIE AANGEWESE AANKLAERS DEUR DIE


KLAERS KRAGTENS ARTIKEL 105A(1)(b) VAN WET 51 VAN 1977:
7. Ten einde aan die oogmerke van die bepalings van artikel 105A(1)(b)(iii) te
voldoen, het die aangewese Staatsaanklaer, Mnr Solly Sass gekonsulteer met
die oorledene se familie , en hulle ingelig van die beoogde pleit en vonnis
ooreenkoms en van hulle verneem wat hulle houding daaroor is, en ingelig dat
hulle verto kan rig aan die aangewese aanklaer betreffende:
(i) die inhoud van die ooreenkoms,
(ii) die insluiting in die ooreenkoms van n voorwaarde betreffende
vergoeding of die verskaffing aan die klaer van een of ander
bepaalde voordeel of diens in plaas van vergoeding weens skade
of geldelike verlies.
Geen verto of aanduidings dat hulle verto aan die aangewese staatsaanklaer
wou rig asook aansoek om vergoeding is ontvang nie en die hulle het aangedui
dat sy tevrede is met die voorgestelde pleit en vonnis ooreenkoms.

DIE BEPALINGS VAN DIE VONNIS OOREENKOMS EN DIE WESENLIKE FEITE EN


ERKENNINGS WAT DIE BESKULDIGDE MET BETREKKING TOT SODANIGE
OOREENKOMS MAAK:Die partye kom ooreen dat die volgende feite relevant is en die
voorgestelde vonnis soos ooreengekom en later hieronder uiteengesit regverdig:

8. BESKULDIGDE SE PERSOONLIKE BESONDERHEDE IS AS VOLG:


i) Die beskuldigde is tans 48 jaar oud.
ii) Die beskuldigde is ongetroud en het n saamleefverhouding gehandhaaf
met die oorledene.
iii) Die beskuldigde het 4 kinders nl 23jr, 18jr 15jr en 13jr. Die oudste kind
werk reeds en die ander 3 kinders is in pleegsorg by die oudste kind van
23jr.
iv) Die beskuldigde beskik oor vorige veroordelings, soos per aangehegte
SAP 69.
v) Die beskuldigde handhaaf goeie gesondheid.
vi) Die beskuldigde het skool gegaan tot St 3.
vii) Die beskuldigde is tans werkloos .

9. Die beskuldigde erken die erns van die voorafgenoemde misdrywe.

10. Die beskuldigde erken dat sy deur die aangaan van die pleit ooreenkoms die
Staat, asook die getuies n lang uitgerekte verhoor en die trauma van
getuienislewering gespaar het.

11. Die beskuldigde het berou oor haar daad en het daarom skuldig gepleit op die
aanklagte.

12. Die beskuldigde het nie tans n vuurwapenlisensie nie, en het geen beswaar dat
die hof haar onbevoeg verklaar om n vuurwapen lisensie te bekom nie.
DIE OOREENKOMS TEN OPSIGTE VAN VONNIS:

Die partye kom ooreen dat indien die beskuldigde ingevolge hierdie ooreenkoms
skuldig bevind word soos aangekla en hy as volg gevonnis word:

Vonnis:

10 jaar direkte gevangenistraf waarvan 2 jaar opgeskort word vir n tydperk


van 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind
word aan poging tot moord of moord gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie.

Ingevolge Artikel 103 van die Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000,
verklaar die hof die beskuldigde onbevoeg om n vuurwapen te besit .

Geteken te Calvinia op hierdie ___dag van _________________________

SOLLY SASS ANNA HANEKOM


STREEKHOFAANKLAER BESKULDIGDE

____________________
SE DU TOIT

Prokureur vir Beskuldigde


LEGAL AID SA

You might also like