Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 19

Marelize Swanepoel

1
Lank, lank gelede was daar n dorp met n baie
kort straat. Hierdie kort straat het net drie
huise gehad. In elke huis het daar n gesin
gebly wat kinders gehad het.
2
In die eerste huis het daar n
pappa, n mamma, n boetie
en n sussie gebly. Hulle was
baie lief vir mekaar. Die
boetie en sussie het alles
saam met mekaar gedoen.

3
In die tweede huis het daar n mamma en haar
tweelingdogters gebly. Die mamma was
baie lief vir haar twee dogters, al was hulle
so verskillend. Een van die sussies was
maar n bangbroek.
4
Daar het n baie ryk gesin in die derde huis gebly.
Die pa was n dokter en die ma n sakevrou met
haar eie besigheid. Hulle het net een seun
gehad. Hierdie seun was baie bederf. Hy was
ook baie goeie vriende met die bure se seun.

5
Een aand besluit die ouers dat hulle saam na n
vertoning wil gaan kyk. Die kinders s vir
hulle ouers dat hulle rustig by die huis sal bly.
Hulle het nie oppassers nodig nie, hulle is
mos mooi groot.

6
Daardie aand besluit drie boewe dat hulle by
hierdie huise gaan inbreek. Kinders sal nie die
werk vir hulle moeilik maak as die boewe
grootmense is nie. 7
Die diewe gaan na die eerste huis, waar daar net n
boetie en sussie tuis is. Toe die boetie en sussie die
skelms gewaar, het hulle die paniek-knoppie gedruk.
Binne sekondes was die polisie (e) daar. Toe die
polisie daar aankom, was net die boetie en sussie
daar. Die skelms het spore gemaak.

B OEK

8
Die diewe besluit toe maar om
na die tweede huis te gaan
die huis waar die tweeling-
susters bly. Die een sussie
was dapperder as die ander
een. Sy het vir niks geskrik
nie.

9
Toe sy die rowers by die voordeur sien, het sy dadelik
al die ligte aangeskakel, die polisie gebel en n groot
lawaai gemaak. Die bangerige sussie het die spulletjie
net een kyk gegee, by die agterdeur uitgehol en in
haar boomhuis gaan wegkruip. 10
B AA N

BAN
Die skelms het so groot geskrik en weggehardloop.
Toe die polisie daar aankom, het die dapper
sussie vir hulle gewag. Die ander sussie het
steeds weggekruip.
11
Na twee mislukte huisbrake, besluit die rowers
dat huis nommer drie n maklike teiken gaan
wees. Een kind kan tog nie vir drie grootmense
ore aansit nie.

12
Nadat sy ouers gery het, het die seun met sy
vriend op mxit begin gesels. Skielik hoor die
seun geluide onder in die huis.

13
B US
B USS
Hy besluit toe maar om in sy kas weg te kruip en vir
sy vriend te vra om die polisie te laat kom. Die
seun se vriend en die polisie het soveel geraas
gemaak dat die rowers met net n X-Box
gevlug het. Die vriend het saam met die
polisie die seun uit die kas gehaal. 14
Toe die ouers tuiskom, het die kinders n
skrikwekkende, maar ook interessante
storie gehad om hulle ouers te vertel.

15
Die meervoudrels
Onthou!
Net selfstandige naamwoorde kan as meervoude
oorgeskryf word.
Wat is n selfstandige naamwoord?

n Woord wat n en die vooraan kan kry.


Jy kan n selfstandige naamwoord sien, voel, proe,
raak en hoor: tafel, stoel, deur, kar, tas, ens.
16
Gemengde vokale
(ie, oe, ui, eu + rk, rp, nt)

dorp
hart
vriend
deur

As jou woord bestaan uit boetie/sussie-vokale (vokale wat nie


dieselfde lyk nie), dan kry die woord net n e in die meervoud.

Dorp dorpe boek boeke


Vriend vriende Deur deure 17
Tweelingvokale
(aa, ee, uu, oo)
Sussie B
hardloop
weg

Boom
Straat

As jou woord bestaan uit tweelingsussie-vokale (vokale wat


presies dieselfde lyk), dan hardloop die een tweelingsussie
weg en die woord kry n e in die meervoud.
Boom bome Straat strate
18
Kort vokale
(a, e, i, o, u)

Gesin
Verdubbel
Bus konsonant

As jou woord bestaan uit n alleenkind (kort vokaal wat alleen


staan), verdubbel jy die konsonant waarop die woord eindig
en voeg jy n e by vir die meervoud.

Gesin gesinne Bus busse


19

You might also like