Chrystan Wagenstroom (10) Se Opstel Oor Huisgenoot

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Ooswes, Huisgenootbes.

`n Wreld sonder water en kos, is `n wreld


waarin ek nie wil lewe nie,maar dit is `n beter
wreld as `n wreld sonder die gte Afrikaanse
taal! Probeer jou indink op `n wreld sonder
hierdie woorde: kiekie, soettand, toeka en aitsa.
My naam is Chrystan Wagenstroom. Ek is die
jongste in my gesin waar ek saam met drie ander
familielede woon .My ma is Lorinda, my pa is
Garnet en my ouer suster is Aretha. Sy studeer
tans aan die Universiteit van Stellenbosch. Ek
was gebore op die 14de Junie 2006,dit maak my
elf jaar oud hierdie jaar.Ek is `n leerling by die
uitstaande,uitstekende en uitmuntende skool-
HorskoolHexvallei, waar ek `n gr.5 leerder is.Die
skool is gele in die dorpie De Doorns. Ek is `n
baie georganiseerde mens en ek is ook baie
rustig, en ek kan jou waarborg ek sal nooit appels
swaai nie, sal altyd mik vir die sterre en is
stroopsoet!Ek is glad nie gemaklik om spek te
skiet nie en ek is ook nie `n korrelkop nie. My
moedertaal is vir my `n groot faktor in my lewe,
want ek het `n bie sterk liefde ontwikkel vir
hierdie besonderse taal.
My kennis oor die Huisgenoottydskrif is baie, te
danke aan my ma en pa wat so trots soos hane
is. My ma koop weekliks hierdie besonderse
tydskrif, wat ek ook interessante leesstof vind.Die
tydskrif het `n groot impak gemaak op my
woordeskat en taalgebruik.My ander verbinding
met hierdie tydskrif,was toe ek s bevooreg was
om tydens die jaarlikse Klein Karoo Nasionale
Kunstefees(KKNK) `n onderhoud gehad het met
twee joernaliste wat vir Huisgenoot werk.
Daarom was ek ook te sien op die program wat
oor Huisgenoot se eeulange bestaan handel.
Huisgenoot gee my raad oor verskeie dinge soos:
watter klere is in die mode, hoe om water te
spaar en teherwin.
As ek die Huisgenoot lees voel ek asof ek tuis is,
in my eie wreld waar ek in vrede rus. Ek geniet
die Huisgenoot baie,maar my gunstelingdeel in
hierdie tydskrif is die laerskoolafdeling,
aangesien ek ook in die laerskool is. Ek lees ook
graag die mense en hul dinge-afdeling, want
dit is interessant om te sien wat in beroemdes se
lewens gebeur.

Ek sal graag vir `n dag by Huisgenoot wil werk


omdat ek graag wil sien hoe skep hulle hierdie
uitstaande tydskrif sonder enige probleme. My
grootste droom is om eendag in daardie kantore
te kan werk.

Nou ja,ek hoop ek het nie te hoog gevlieg vir my


vlerke deur hierdie opstel nie,maar dit het gevoel
asof ek die bul by die horings pak. Ek hoop ook
nie hier sal dadels van kom nie,want ek het baie
hard gewerk. Dankie dat julle hierdie opstel
gelees het, ek is baie dankbaar vir hierdie
geleentheid.

You might also like