Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN VRYSTAAT

GEHOU TE SENEKAL
SAAKNO. SH 15/2017
In die saak tussen

DIE STAAT

en

MAPOLOSI MOKOENA Beskuldigde 1


MASILO NTOI Beskuldigde 2
BRENDON PILLAY Beskuldigde 3

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Ons die ondergetekendes MAPOLOSI MOKOENA, MASILO NTOI en BRENDON PILLAY verklaar
as volg:

1. Ons is die beskuldigdes in hierdie saak en verstaan die klagte teen ons. Ons pleit skuldig
aan HUISBRAAK MET DIE OPSET OM TE STEEL EN DIEFSTAL, en doen dit vrywillig en
terwyl ons by ons volle positiewe is.

2. Op 13 APRIL 2017, was ek, BESKULDIGDE 1, saam met my mede beskuldigdes by n naby
gele sjebien. Dieselfde aand terwyl ons oppad huistoe was het ons verby n woning te
PADKAMP, SENEKAL, in hierdie Hof se jurisdiksionele gebied geloop.

3. Ons erken dat die perseel en die inhoud daarin te alle relevante tye die inhoud van die
klaagster in hierdie saak, LERATO SADIQ was. Ek het my mede beskuldigdes ingelig dat dit
voorkom asof daar niemand by die woning was nie.

4. Ek het die perseel genader en die venster wat op skrefie oopwas verder oopgemaak en op
hierdie wyse die woning binnegegaan. My mede beskuldigdes het buite gestaan en uitkyk
gehou.

5. Dit was ons bedoeling om by die perseel in te breek en daarbinne goedere te vat.

6. Ek het rond beweeg in die woning opsoek na ietems om te vat. Ek het besluit om n die
volgende eiendom te vat , n paar nike skoene, Tablet houer, kampstoelle, klerasie. Ek het
van die eiedom vir my mede beskuldigdes aangegee om te vat. Vir my medeskuldigde 2 het
die Lemogan Blender stel gegee en my ander mede beskuldigde 3 die 20 Liter verf en
Mikrogolf oond. Die totale waarde van die eiendom was onbekend aan my.

7. My mede beskuldigdes het hulle eiendom gaan verkoop terwyl ek die res van die eiendom
by my perseel gaan versteek het met die bedoeling om dit later vir myself te gebruik of te
verkoop.

8. Ek is later gearresteer na n klagte gel is deur die klaagster. Die polisiebeampte het beslag
gel op die eiendom wat in my perseel gevind was. My mede beskuldigdes het gaan uitwys
waar hulle die ander eiendom gaan verkoop het. Die klaer van haar eiedom teruggekry.

9. Ons het ten alle relevante tye met n gemeenskaplike doel opgetree.

10. Hoewel ons alkohol gebruik het op betrokke dag kon ons goed tussen reg en verkeerd
onderskei en volgens hierdie onderskeid optree

11. Ons erken dat ons geen reg gehad het om by die woning in te breek nie en die eindom van
klaer te vat nie.

12. Ons het geweet ons pleeg n oortreding van die reg waarvoor ons deur n Hof skuldig bevind
en gestraf kan word.

GEDATEER te SENEKAL hede 2 AUGUSTUS 2017

____________________ _____________________
BESKULDIGDE 1 J VAN DER MERWE
Per LEGAL AID SA
BETHLEHEM
___________________
BESKULDIGDE 2

___________________
BESKULDIGDE 3

You might also like