Basiese SA Sintaksis

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 36

Module AFR2602

Year of Publication 2017

Title Kontemporere Afrikaanse Taalkunde / edited by WAM Carstens


Edition
Publisher Van Schaik
Chapter number
Chapter title Basiese Afrikaanse sintaksis /|c i. Feinauer
Page numbers p. 209-243

This material has been reproduced in the e-


Reserves on behalf of the UNIVERSITY OF SOUTH
AFRICA (UNISA)

The material may be subject to copyright under


the Copyright Act no. 98 of 1978. Any further
reproduction or distribution of this material by you
may be a violation of the Copyright Act.

A single copy (printed or electronic) of the


material may be kept for academic use only.
Usefcinauer en Fritz Ponelist

1 Inleidend 2.3 Die setselgroep


2 Die vernaamste sintaktiese konstruksies 2.4 Die sin
2.1 Die naamwoordstuk 2.5 Slotwoord
2.2 Die adjektiefstuk

1 INLEIDEND
In hierdie hoofstuk 1 word daar hoofsaaklik op die struktuur van die Afrikaanse sin ge-
konsentreer. Hier word beskryf hoe die afsonderlike sintaktiese konstruksies inmekaar
pas of georganiseer is om uiteindelik n volledige sin te vorm. Die bespreking volg n
onder-na-bo-benadering, wat beteken dat die naamwoordstuk, die adjektiefstuk en
die setselgroep eers hanteer word voordat hierdie sintaktiese konstruksies inmekaar
gepas word om die groter sintaktiese konstruksies, naamlik die werkwoordstuk en
saam daarmee die sin as geheel, aan bod te stel. Binne die sintaktiese konstruksies
sal die afsonderlike leksikale kategoriee (woordsoorte) wat elke sintaktiese konstruk-
sie moet en kan bevat, ook bespreek word (bv. die naamwoordstuk wat n naam-
woord moet bevat en ook n lidwoord e n /o f adjektief kan bevat). Hoe die leksikale
kategoriee in elke sintaktiese konstruksie gegroepeer word en hoe die afsonderlike
sintaktiese konstruksies in n sin gegroepeer word, sal deur struktuurbeskrywings in
die vorm van boomdiagramme verduidelik word .2 Dit staan lesers egter vry om hulle
struktuurbeskrywings gewoon in prosavorm weer te gee. Aan die einde van hierdie
hoofstuk behoort die lesers *n eenvoudige sin, sowel as die ander sintaktiese konstruk
sies waaruit dit opgebou word, volledig te kan ontleed.
In hierdie hoofstuk gaan daar nie net op die interne struktuur, kategorisering en
groepering van die sintaktiese konstruksies gefokus word nie, maar ook op die funksie
wat elke leksikale kategorie in n afsonderlike sintaktiese konstruksie vervul en watter
funksie elke sintaktiese konstruksie weer as geheel binne die sintaktiese konstruksie
van die sin speel. Die volgende funksies sal onder andere uitgelig word: voorbepaling,
nabepaling, aanvuliing, kern, onderwerp, gesegde, voorwerp, kopulapredikaat,
adjunk. Elke leksikale kategorie (hoe klein ook al) speel dus n rol binne die sintak-
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS T U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

tiese konstruksie waarvan dit deel uitmaak, en elke afsonderlike sintaktiese konstruk-
sie as geheel speel weer n rol of vervul n funksie binne die sin waarin dit voorkom.
Omdat hierdie funksies oorwegend semantics gefundeer is, word funksies nie in n
boomdiagram aangetoon nie, hoewel hulle uit die struktuur van die boomdiagram af-
gelei kan word.

2 DIE VERNAAM STE SINTAKTIESE KONSTRUKSIES


Die volgende sintaktiese konstruksies gaan in die aangeduide volgorde bespreek word:
die naamwoordstuk, die adjektiefstuk, die setselgroep en die sin/werkwoordstuk.

2.1 Die naamwoordstuk


Die naamwoordstuk (NS) bestaan uit n verpligte kern, die naamwoord (N), en op-
sionele voor- e n /o f nabepalings. Skematies kan dit soos volg voorgestel word, met die
opsionele elemente tussen hakies aangedui:
NS -+ (VBEP) + N + (NABEP)
(Al v y f die intelligente) stadente (wat saam studeer)
J, >[,
(Voorbepaling) Naamwoordkern (Nabepaling)

Bostaande konstruksie kan soos volg in n boomdiagram weergegee word:

al vyf die intelligente studente wat saam studeer

Vervolgens word elkeen van hierdie elemente in meer besonderhede uiteengesit.

2.1.1 Die naamwoordstukkern


Die naamwoordstukkern is altyd !n naamwoord, wat tot een van die volgende klasse
kan behoort:
Selfstandige naamwoorde (substantiewe): student
Eiename: Susan Nel
210
Persoonlike voomaamwoorde: sy
-5 I
S3 Hierdie drie leksikale kategoriee is sintakties onderling uitmilbaar en kan dus almal in
die funksie van naamwoordstukkern optree .3
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS T U K 7 8ASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Die volgende drie toetse lean nuttig aangewend word om n selfstandige naamwoord
te eien; indien n woord aan een van die volgende voldoen, is dit n selfstandige naam
woord:
Kan die woord saam met n lidwoord optree? ( n/die student)
Kan die woord n meervoudsvorm neem? (student > studente)
Kan die woord n verkleiningsvorm neem? (student > studentyze)

2.1.2 Voorbepalings

Soos die benaming aandui, tree n voorbepaling voor (d.w.s. links van) die naam-
woordstukkern in die naamwoordstuk op met die doel om die kemnaamwoord verder
te bepaal. Die volgende leksikale kategoriee en sintaktiese konstruksies kan die funk-
sie van voorbepaling vervul: predetermineerder, determineerder, telwoord, adjektief-
stuk, naamwoordstuk.

2.1.2.1 D eterm ineerders

Soos uit die benaming afgelei kan word, het hierdie kategorie n sterk bepalende funk-
sie by die kern; dit dui ook onbepaaldheid of ontkenning aan. Hieronder ressorteer
onder andere die lidwoord, die aanwysende woord en die genitiefsvorm.

DIE LIDWOORDE

Lidwoorde is die tipe voorbepaling wat die frekwentste in die naamwoordstuk


voorkom. Die is die versteklidwoord vir bepaaldheid en n vir onbepaaldheid.
Die verbind met die meeste tipe naamwoorde: die studente, die liefde, die interes-
sante lesing, die konfyt.
Die vraagwoord waiter en watse kan ook as n tipe bepaalde lidwoord gesien word:

Watter/watse lekkers verkies jy?

Onbepaaldheid word uiteenlopend gerealiseer:


As *n voor enkelvoudige (soort)naamwoorde: 'n rooi rok, n interessante lesing.
As mil voor meervoudige (soort)naamwoorde en massanaamwoorde:
1 Daar het lekkers geval.
2 Daar het kos oorgebly.
As g e e n /g n/niks by negatiewe teenhangers van n: Geen mens sal so iets doen nie,
Hier is g n boodskap nie, Die kos het niks sout in nie.

Sowel bepaalde as onbepaalde lidwoorde kan ook gebruik word om n genenese


naamwoordstuk aan te dui:

n Mens moet altyd korrekprobeer optree (onbepaald generies).


Die mens is *n sosiale wese (bepaald generies).
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIE5E AFRIKAAN5E 5INTAKSIS

AANW YSENDE WOORDE

Die aanwysende woorde is hierdie, die, daardie en die informele daai. Hierdie /die
druk hoofsaaklik nabyheid uit en daardie/daai verwyderdheid ten opsigte van plek of
tyd wat die kernnaamwoord betref:
Nabyheid: hierdie stoel (plek); die lesing (tyd)
Verwyderdheid: daardie stoel (plek); daai lesing (tyd)

DIE GENITIEFSVORM

Die genitiefsvorm (besitsvorm) dui aan, aan wie of wat dit behoort waarna die kern
naamwoord verwys. Die vorm kan bestaan uit:
n Bywoord van tyd plus se: vandag se motors, gister se koerant
n Naamwoordstuk plus se, wat kan bestaan uit:
- n enkele naamwoord (plus se): Jan se motor
n naamwoordgroep (plus se): my oom se motor (NS2)
- n voornaamwoord (plus se): wie se motor
n Besitlike voornaamwoord: sy motor, my boek, ons ouers J u lie gewete

NS2 MS1

MS2 SE

GV N

my oom se motor

2.1.2.2 Telwoorde
Telwoorde word in verskillende subklasse verdeel, met die belangrikstes die volgende:
Hooftelwoorde: een, drie, twintig; party, sommige, baie, enkele: Sy was enkele kere
daar.
Rangtelwoorde: eerste, derde, twintigste, hoeveelste, soveelste: Haar twintigste
lceer daar.

2.1.2.3 Die adjektiefstuk


Die adjektiefstuk wat hier as beskrywende element voor die naamwoordstukkem op-
tree, kan uit n enkele adjektief of uit n adjektiefgroep bestaan:
Enkele adjektief: intelligente studente, ryk sakeman, warm water
Adjektiefgroep: taamlik ontstelde do sente, baie fikse rugbyspelers, effens lou tee
Die adjektiefstuk word volledig bespreek onder afdeling 2.2.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 7 BAS1ESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

2.1.2.4 Die naam w oordstuk


n Naamwoordstuk kan self ook as beskrywende element voor die naamwoordstuk
kern optree:
n trop skape, die hele kis appels, n koppie koffie (NS3)

NS3 NS1

DET N

LW

n koppie koffie

2.1.2.5 Predeterm ineerder


Die laaste voorbepaler wat genoem moet word, is die geheelaanduider al, wat as pre
determineerder direk voor die determineerder geplaas word. A l kan alleen of saam met
n telwoord staan:
Al alleen: al die lekker kos
Al + telwoord: al twee haar toetse

Normaalweg staan telwoorde na die determineerder, behalwe wanneer daar n prede


termineerder is:
Determineerder + telwoord: haar twee toetse
Predetermineerder + telwoord + determineerder: al twee haar toetse

DEELKONSTRUKSIES4

Deelkonstruksies dui deelversamelings van *n groter versameling aan. Hierdie groter


versameling word aangetoon deur n bepaalde naamwoordstuk, maar die konstruksie
as geheel word ook as sn naamwoordstuk gesien met die deelaanduider en deelpartikel
wat as predetermineerder optree:
baie van die studente, die beste van die klomp (sien NS4)

Die struktuur van deelkonstruksies lyk soos volg:


213
Deelaanduider + deelpartikel + naamwoordstuk
i l l
die beste van die klomp
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
HOOFSTUK 7 8ASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

die beste van die klomp

Die deelaanduider kan die volgende elemente bevat:


Onbepaalde hooftelwoorde: baie van die skape, heelwat van ons fondse
Naamwoordstukke wat getal aandui: n klomp van die skape, n paar van die stu-
dente
Naamwoordstukke wat breuke, persentasies of dele aandui: die helfte van die ge-
hoor, n derde van die inwoners, drie persent van die eerstejaars, n deel van die
skare
Oortreffende trappe van adjektiewe: die jongste van die kinders, die langste van die
atlete
Kwantorvoornaamwoorde: geeneen van haar vriende, elkeen van hulle gesinslede

Die deelpartikel (meestal van) verbind hegter met die naamwoordstukkern as met die
deelaanduider omdat dit sonder die deelaanduider as predetermineerder saam met die
naamwoordstuk kan optree:
Van die lesings was goed (sien NS5)
Van die gebndkte bottels kan herwin word

van die lesings

2 14 2.1.2 .6 Sam evattend


Die algemene volgorde waarin die voorbepalers voor die kernnaamwoord georden
c f i1
word, is predetermineerder + (telwoord) + determineerder + (telwoord) + adjektief:
(Al twee) Sarie se (twee) besondere lang vlegsels (NS 6; sien ook NS1)
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SfNTAKSIS

(al twee) Sarie se (twee) besondere iang viegsels

2.1.3 Nabepalings
Soos die funksiebenaming aantoon, word nabepalings na die kemnaamwoord geplaas
en vul dit aan of beskryf dit verder. Die volgende leksikale kategoriee en sintaktiese
konstruksies kan n nabepalende funksie ten opsigte van die kemnaamwoord vervul:
bywoord, setselgroep en sin.

2.1.3.1 Bywoorde
Bywoorde van tyd en plek kan as nabepaling optree:
Bywoord van tyd: die vergadering vctnmiddag; die tyd gister
Bywoord van plek: die mense langsaan, die bank hier, voetgangers oral

2.1.3.2 Setselgroepe
Setselgroepe is een van die sintaktiese konstruksies wat baie frekwent as nabepaling
optree:
die voels op die grasperk, die klank van die radio, die kamerjas agter die deur
(sien NS7)

NS7 NS1

NS2 SG

DET STS NS

LW DET

LW
215

die kamerjas agter die deur


S3
I.
Die setselgroep word volledig uiteengesit in afdeling 2.3.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

2.1.3.3 Die sin


Sinne, en meer spesifiek betreklike bysinne ,5 tree ewe dikwels as setselgroepe en as
nabepaling op.
intervarsity wat n jaarlikse instelling is, die vraag o f alles in orde is, die stadion
waar die sokkenvedstiydplaasvind (sien NS 8), elke keer wanneer ek dit hoor,
drie maande om die projek te voltooi

NS8

DET

LW

die stadion

2.1.4 Verband tussen kern en bepalings


Die semantiese verhouding tussen die voorbepalings en die kern is hegter as die tussen
die kern en die nabepalings. Dit gee aanleiding tot n hegter sintaktiese byeenplasing
tussen die voorbepalings en die kern as tussen die kem en die nabepalings. Tussen die
voorbepalings en die kern kan niks ingevoeg word behalwe nog n voorbepaling nie.
Tussen die kern en die nabepaling kan daar wel 5n hoofwerkwoord ingevoeg word wat
nie deel vorm van die naamwoordstuk nie. Vergelyk:
Dit kan [ !n selfoon van n student] wees - Bymekaar geplaas
Dit kan [ n selfoon] wees [van n student] ~ Uiteengeplaas
Ons het [die student wat in die koshuis bly], besoek - Bymekaar geplaas
Ons het [die student] besoek [wat in die koshuis bly] Uiteengeplaas

Hoe langer die nabepalingsin is en dus veroorsaak dat die onderwerpnaamwoord ver
van sy werkwoord staan, hoe groter is die leans dat die onderwerpnaamwoord en sy
nabepaling geskei gaan word deur die werkwoord. Ter wille van groter helderheid
word die sin dan verdeel in n hoofsin en n bysin eerder as dat die nabepalingbysin
binne-in die hoofsin geplaas word.

216 2.1.5 Funksies van die naamwoordstuk


fa e
Die naamwoordstuk vervul die volgende tipiese funksies in n sin: dit kan n onder-
i/\5 IQJ
C werp, voorwerp (direk en indirek), kopulapredikaat of adjunk wees. In kleiner sintak
>ta=5>
tiese konstruksies kan die naamwoordstuk optree as genitiefvorm in naamwoordstukke,
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASiESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

voorbepaling by die kernadjektief in die adjektiefstuk, aanvulling by die setselgroep,


en dit kan ook as voorbepaling by n setselgroep optree. A1 hierdie konstruksies en
funksies kom later weer aan bod. Daarom word hier volstaan met n voorbeeld van
naamwoordstukke met adjunkfunksies:
Die kat het verlede week drie keer na ons vorige bids teruggeloop.
1 \
Tydadjunk Adjunk van frekwensie

2.2 Die adjektiefstuk


Die adjektiefstuk (AS) bestaan net soos die naamwoordstuk uit n verpligte kern wat
alleen kan staan, naamlik die adjektief (A), en opsionele voor- en nabepalings. Slce-
maties kan dit soos volg voorgestel word:
AS ^ (VBEP) + A + (NABEP)
(baie) gesteld (op haar voorkoms)
I I I
(Voorbepaling) Adjektiefkern (Nabepaling)

AS1

GW

baie gesteid op haar voorkoms

2.2.1 Die adjektiefstukkern


Een van die kenmerkendste eienskappe van adjektiewe is dat hulle gegradeer kan word
deur onder andere die gebruik van graadwoorde en trappe van vergelyking
Graadwoord: taamlik intelligent
Trappe van vergelyking: rooi, rooier, die rooiste

Sommige adjektiewe kan ook daaraan uitgeken word dat hulle die suffiks -e neem
wanneer hulle attributief gebruik word:
intelligente studente, vinnige motors, aggressiewe hond
217
Adjektiewe kan as volg getipeer word:
die selfstandige adjektiewe, wat sonder enige voor- of nabepalings alleen in n ad
jektiefstuk kan staan: mooi, slim, ryk, verveeld, lewendig, leldcer, goedkoop
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

die setseladjektiewe, wat verplig met n setselgroep verbind: lief (vir iemand), be-
hep (met haar voorkoms), gesteld (op sy beeld)
die sogenaamde oorganklike adjektiewe, wat verplig met n naamwoordstuk
verbind: (n taal) magtig, (die moeite) werd, (haar) beskore, (die eer) waardig

2.2.2 Voorbepalings
Soos die funksiebenaming aantoon, word voorbepalings voor die kemadjektief ge-
plaas entree meestal as graad- ofmaatbepalings op. Die volgende leksikale kategoriee
en sintaktiese konstruksies kan n voorbepalende funksie ten opsigte van die kernad-
jektief vervul: die graadwoord, naamwoordstuk, adjektiefstuk en die.

2.2.2.1 G raadw oorde


Graadwoorde tree die meeste as voorbepaling op saam met die adjektief:
baie gelukkig, besonder duur, bra onbeskof, effens naar, heel vrolik, so treurig,
taamlik bleek, te erg, verskriklik ontsteld, vreeslik moeilik

Die graadwoord te tree ook dikwels saam met ander graadwoorde op, soos in:
effens te maer (sien AS2), veels te gesond
AS2 AS1

GW A

effens te maer

Genoeg is die enigste graadwoord wat na die adjektief optree: diep genoeg.

2.2.2.2 N aam w oordstukke


Naamwoordstukke tree ook as graad- of maatbepaling voor die adjektief op:
n bietjie (te) erg, n rapsie vinniger
tien jaar oud (AS3), twee meter hoog, drie uur korter, tien hektaar groot
AS3 AS

tien jaar oud


Copyright V an Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

2.2.23 A djektiefstukke
Een adjektiefstuk kan heel dikwels as voorbepaling van n adjektief gebruik word:
baie erg verveeld (AS4), besonder pynlik bewus (van iets), heelwat minder aan-
genaam, nitermate swaar getref, vreeslik diep bedroef

AS4 AS1

GW A

baie erg verveeld

2.2.2.4 Die + o o rtreffen d e tra p


Die tree as voorbepaling op saam met die oortreffende trap van die adjektief:
sy lyk die mooiste, die perske is die rypste, hy presteer die beste

Dit kan saam met ander graadwoorde voorkom:


die heel hoogste (AS5), verreweg die beste (AS 6)

AS5 AS

AS6

219
/jTm\

verreweg

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Hierdie die tree dikwels op as deel van n adjektiefstuk wat as voorbepaling vir n
adjektief gebruik word:
die minste gaar, die beste voorberei, die hewigste ontsteld, die heel meeste verlee
(AS 7)

AS7

verlee

2.2.3 Nabepalings
Die kernadjektief kan met n setselgroep of sin verbind wat na die adjektief geplaas
word.

2.2.3.1 Setselgroepe
Die adjektiewe wat verplig met setselgroepe verbind, heet setseladjektiewe. Sien die
voorbeelde onder afdeling 2 .2 , 1 , asook die volgende:
bewus van die gevaar, verlaiog aan sy motor, verslaaf aan koffie, geheg aan haar
hinders, begaan oor sy gesondheid, gediend met haar lot

Soms is die setselgroepe opsioneel en tree aanvullend tot die adjektief op:
erg jaloers op sy vron (AS 8), siek aan griep

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 BA51ESE AFRiKAANSE SINTAKSIS

2.2.3.2 Sinne
Sinne tree as nabepalings op in adjektiefstukke waarin die graadwoord so of te
voorkom:
so swaar dat n mens dit nie kan roer nie, te oud om te werk, so lekker dat ons
almal nog won skep (AS9)

AS9 AS1

so lekker dat ons almal nog wou skep

2.2.4 Funksies van die adjektiefstuk


Die adjektiefstuk vervul die volgende tipiese funksies in ander sintaktiese konstruk
sies:
Voor- of nabepaling vir n naamwoordstukkern: n baie mooi meisie, iets baie moois
Voorbepaling by n setselgroep (sien ook afdeling 2.3.3): lank voor haar aftrede,
baie kort op sy hakke
Adjunk: die atleet hardloop baie vinnig, die student leer hard genoeg
Kopulapredikaat: die hond is taamlik intelligent, die vrou lyk hartseer

2.3 Die setselgroep6


Die kern van n setselgroep (SG) is die setsel (STS). Anders as by die voorafgaande
twee sintaktiese konstruksies, kan die setselgroep nooit net uit n kern bestaan nie; dit
moet altyd ook n aanvulling bevat wat of voor of na die kern staan. Soms verbind daar
ook voorbepalings aan die setselgroep. Skematies kan dit soos volg voorgestel word:
SG -> (VBEP) + STS + AANVULLING
(baie kort) na haar vertrek
i I I
(Voorbepaling) Setsel Aanvulling

SG1
221

t/i 4J
c S>

b3ie k0rt Copyright Van Schaik P & M 6"


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 8ASIESE AFRIKAANSE SINTAKSiS

2.3.1 Die setsel


Setsels kan sintakties enkelvoudig (eenwoordsetsels) of sintakties nie-enkelvoudig
(meerwoordsetsels) wees. Enkelvoudige setsels verdeel weer in voorsetsels en agter-
setsels:

By voorsetsels staan die setsel voor die aanvulling: deur die vertrek (STS + AAN-
VULLING).
By agtersetsels staan die setsel na die aanvulling: die wereld deur (AANVULLING
+ STS)

Die enkelvoudige voorsetsel is die belangrikste en verreweg die frekwentste tipe setsel
in Afrikaans.
Nie-enkelvoudige setsels verdeel ook in twee groepe, naamlik groepvoorsetsels en
sirkumposisies (voorsetsels-agtersetsels):

Groepvoorsetsels: ter wille van sy vrou (SG 2 ), op grond van die aanbeveling, by
wyse van laiap onderhandeling, onder leiding van die dosent, as gevolg van haar
hardkoppigheid, deur middel van harde werk, in verband met jou aanstelling, by
gebrek aan belangstelling

Let daarop dat die groepvoorsetsels altyd uit drie woorde bestaan wat tot n leksikale
eenheid vasgegroei het; geeneen van die drie woorde in die eenheid kan deur iets an-
ders vervang word nie. Hierdie groepvoorsetsels word meestal in formeler taalsituasies
gebruik; in neutrale of informele taalsituasies kan hulle deur n enkelvoudige voorset
sel vervang word. Dit dui ook daarop dat hierdie drie woorde n leksikale eenheid is:
Hy doen dit ter wille van sy vrou (SG2) Hy doen dit vir sy vrou

Sirkumposisie/Voorsetsel-agtersetselgroepe: van vandag a f (SG3), tot more toe,


oor die j are heen, na die pale toe

By hierdie tipe nie-enkelvoudige setsel tree daar n voorsetsel en agtersetsel in vaste


kombinasie aan weerskante van die aanvulling op; n spesifieke voorsetsel verbind
-2 2 altyd met n spesifieke agtersetsel: van tree altyd saam met a f op, tot saam met toe,
'fg'j ensovoorts.

CopyrightVan Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

van vandag af

2.3.2 Setselaanvulling
Die volgende leksilcale kategorie en sintaktiese konstruksies kan as aanvulling saam
met die setsel optree: bywoorde, naamwoordstukke, setselgroepe en sinne. By voorset-
sels word die aanvulling agter die setsel geplaas en by agtersetsels word die aanvulling
voor die setsel geplaas. By sirkumposisies word die aanvulling tussen die voor- en
agtersetsel geplaas.

2.3.2.1 Bywoorde
Bywoorde van tyd en plek tree as aanvullings op:
tot nou, van vanaand, sedert vanoggend, met dagbreek, van vandag af (kyk SG3
hierbo), van hier af, na regs, links om

23.2.2 Naam w oordstukke


Naamwoordstukke kom verreweg die meeste as setselaanvulling voor en alle tipes
naamwoordstukke tree as setselaanvulling saam met alle tipes setsels op. Hulle kom
inderwaarheid so dikwels as aanvulling voor dat die voorkoms van setsels byna as
toets gebruik kan word om naamwoordstukke te identifiseer.
Name: aan Pieter, in die Paarl, met Marita
Voornaamwoorde: vir my, tussen ons, na hulletoe, agter hom
Substantiewe/Selfstandige naamwoorde: metbehulp van die dosent, deur die jare
heen, die berge oor, duskant die rivier, van goud, op grond van die nodige bewyse

Let daarop dat wanneer enkelvoudige persoonlike voornaamwoorde as setselaan


vulling gebruik word, hulle in die voorwerpsvorm verskyn: tussen my en jo u , agter
hom o f haar.
Die onpersoonlike voornaamwoorde dit en wat neem onderskeidelik die vorm
hier/ daar en waar wanneer hulle as setselaanvulling gebruik word:
met dit > hiermee/daarmee
oor dit hieroor/daaroor
agter dit hieragter/daaragter 223
met wat > waarmee {S~^\
_3
I/) 4J
oor wat >waaroor <D^
agter wat waaragter VM,
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Wanneer hierdie setselgroepe in n sin ontleed word, moet hulle eers tot setsel + dit/w at
herskryf word. Hiervan/daarvan en op grond waarvan sal gevolglik onderskeidelik
soos volg ontleed word:

Hiei\ daar en waar is in bogenoemde voorbeelde voornaamwoorde en word ook


R-voornaamwoorde genoem. Hulle moenie met die bywoorde van plek verwar word
wat ook as setselaanvullings kan dien nie: van daar af; tot hier.

2.3.2.3 Setselgroepe
Dit is feitlik net die setsels van en tot as voorsetsels of as deel van sirkumposisies wat
setselgroepe as aanvullings neem:
tot op haar sitvlak, tot in die fynste besonderhede, tot voor ete toe (SG5), van
agter die middellyn, van voor middagete, van anderkant die stasie af

tot voor ete toe

2.3.2.4 Sin
Die setsels sonder en behalwe verbind dikwels direk met 5n sin as aanvulling:
(Sy jok) sonder om 'n oog te knip; (Die wedstryd eindig) sonder dat n doel
aangeteken is (SG 6); (Hy is n goeie werker) behalwe dat hy altyd laat is; (Sy
doen alles reg) behalwe om stil te bly.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
HOOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Let net daarop dat sonder en behalwe nie altyd 5n sin as aanvulling neem nie; dikwels
tree n naamwoordstuk as aanvulling op:
sonder enige klagtes; sonder klere; behalwe hulle beroep\ behalwe troeteldiere

Die meeste sinne verbind aan setsels deur die voorlopige setselaanvulling daar oftewel
die R-voornaamwoord (sien afdeling 2.3.2.2):
(Hulle dink) daaraan om te emigreer; (Waak) daartevn. om depressief te raak
(SG7); (Streef) daarna om te verbeter; (Sy hou) daarvan dat die swembad skoon
is; (Hulle is bang) daarwoor om oud te word; (Haar ouers is trots) daarop dat sy
haar studie voltooi het.

teen dit om depressief te raak

2.3.3 Voorbepaling
Wanneer n setselgroep in n sin optree as adjunk van tyd of plek, kan dit n naam
woordstuk of adjektiefstuk as voorbepaling neem:
NS as voorbepaling van n SG:
- Tyd: n rukkie voor ete; drie dae na sy verjaardag
- Plek: tien hone agter die voorloper; twee meter onder die see (SG 8); n hele ent
voor die motor
225

CopyrightVan Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 8ASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

SG8

DET

LW

twee meter onder die see

AS as voorbepaling van n SG:


- Tyd: baie lank voor ete; kort voor haar aftrede
- Plek: baie ver bokant hulle vuurmaakplek; diep in die see; kort op sy hakke;
taamlik hoog in die lug (SG9)

SG9

DET

LW

taamlik hoog in die lug

2.3.4 Funksies van die setselgroep


226 Die setselgroep vervul die volgende tipiese funksies in ander sintaktiese konstruksies:
Uitgewers.
IVan SchaitO

^ ) Nabepaling vir n naamwoordstukkern: die studente in die klas; die kleur van die
mure
Nabepaling by n adjektiefstukkem: lief vir koffie; jaloers op sy vrou
CopyrightVan Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
HO O FSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Setselvoorwerp saam met setselwerkwoorde: behep met sy voorkoms; dring aan op


beter diens\ verknog aan sy teddiebeer
Adjunk: hy hardloop sonder om moeg te word (wyse); die tulpe blom in die lente
(tyd); sy draf om die blok (plek); sy huil van blydskap (oorsaak); hy het sukses be-
haal as gevolg van sy hardkoppigheid (rede)
Kopulapredikaat: hulle woon in Ceres; die tee smaak na skottelgoedwater; sy is in
die fliek

2.4 Die sin7


Die sin word in twee stukke verdeel voordat daar enige fyner ontleding plaasvind en
hierdie twee dele val in twee funksies uiteen, naamlik die onderw erp en die gesegde
van die sin. Sodra die onderwerp van n sin onderskei is, is die res van die sin die ge
segde. Die onderwerp kan n naamwoordstuk of sin wees, maar daar is nie noodwen-
dig in elke sin 5n onderwerp aanwesig nie. Die gesegde is die werkwoordstuk en dit
bestaan uit die verpligte werkwoordstukkern, en die opsionele medewerkwoorde en
adjunkte.

n Feitlik onfeilbare toets om die onderweip van n sin te bepaal, is om die sin in n
algemene vraagsin te verander. n Algemene vraagsin kan ja of nee as antwoord
he, teenoor n spesifieke vraagsin wat nie ja of nee as antwoord kan he nie omdat
dit !n uitgebreider antwoord veronderstel.
Stelsin: Die meeste tweedejaarstudente hou van sintaksis.
Algemene vraagsin: Hou die meeste tweedejaarstudente van sintaksis?
Spesifieke vraagsin: Waarom hou die meeste tweedejaarstudente van sintaksis?

In n algemene vraagsin staan die onderwerp van die sin altyd in die posisie direk na
die werkwoord aan die begin van die vraagsin. In bogenoemde voorbeeld is die NS die
meeste tweedejaarstudente die onderwerp van die sin. 227
Hierdie toets dui ook aan dat die semantics lee dit en daar as onderwerp optree:
ITJ Rj
-5
ui IQJ
Dit gaan reen > Gaan dit reen? CS'
>3
Daar word lekker gekuier Word daar leldcer gekuier?
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 7 8ASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Let daarop dat hierdie toets nie gebruik kan word waar die onderwerp n sin is in plaas
van n naamwoordstuk nie:
Dat die meeste tweedejaarstudente van sintaksis hou, is n wonder.

Hier is die onderwerp die bysin, dat die meeste tweedejaarstudente van sintaksis hou.

2.4.1 Die werkwoordstuk


Die werkwoordstuk kan soos volg voorgestel word:
WS (MW) + WSK + (ADJUNK(TE))

Hieruit kan afgelei word dat slegs die werkwoordstukkern verplig is: die medewerk-
woord(e) en adjunk(te) is opsioneel. Anders as by die vonge sintaktiese konstruksies
gaan die opsionele stukke eers bespreek word voordat die werkwoordstukkern aan bod
kom.

2.4.1.1 M edew erkw oorde


Medewerkwoorde word van hoofwerkwoorde onderskei deurdat hulle opsioneel in n
sin is, terwyl hoofwerkwoorde verplig aanwesig is:
Hy het die kerel gaan roep
*Hy het die kerel
*Hy gaan die kerel
Hy roep die kerel

Het en gaan is dus medewerkwoorde en roep is n hoofwerkwoord in bostaande voor-


beeldsin. Daar is twee tipes medewerkwoorde in Afrikaans, naamlik hulpwerkwoorde
en skakelwerkwoorde. In hierdie sin is het n hulpwerkwoord en gaan n skakelwerk-
woord.

HULPWERKWOORDE

Hulpwerkwoorde val in twee tipes uiteen, naamlik die hulpwerkwoord van tyd en
die modale hulpwerkwoorde. Afrikaans het net een hulpwerkwoord van tyd, naamlik
het, wat saam met alle hoofwerkwoorde optree, behalwe met wees.
Die studente het geslaag.
Het die studente geslaag?
Die studente kon dalk beter geslaag het.

Soos die bostaande voorbeelde toon, neem die hoofwerkwoord meestal n ge-prefiks:
geslaag. Die hulpwerkwoord van tyd word onder bepaalde omstandighede na die hoof-
228 werkwoord geplaas, soos in die laaste sin hierbo geillustreer word.
<jr|\ Die modale hulpwerkwoorde is:
</i <u
durf, gaan (met die betekenis van sal) kan/kon, mag, moet/moes, sal /sou en
w il/w ou behoort, hoef
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASiESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Behoort en hoef verbind altyd met die modale partikel te.


Die studente sal/ka n /w il/g a a n/m oet slaag.
Die studente behoort te slaag (S2); Die studente hoef nie te slaag nie.

S2

DET WSK

die studente behoort te slaag

M SKAKELWERKWOORDE

Skakelwerkwoorde is moeiliker as hulpwerkwoorde om te onderskei van hoofwerk-


woorde, omdat skakelwerkwoorde ook as hoofwerkwoorde gebruik kan word. In die
onderstaande sinne is die werkwoorde in vetdruk skakelwerkwoorde.
Dinge bly lelik lyk; Ons p ro b e e r/le e r/la a t dit doen.

Hieruit blyk dat skakelwerkwoorde dikwels links van die hoofwerkwoord voorkom.
Indien hulle saam met hulpwerkwoorde voorkom, soos sal en het in die sinne hier-
onder, staan hulle in ongemerkte sinne tussen die hulpwerkwoorde en hoofwerkwoor
de:
Ek sal jou help/kom soek; Dit het aangehou/opgehou/begin/bly reen. (S3)
S3 S

N MW MW WSK

229
HULPW SKAKELW HWW
TYD

dit het begin reen

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O F ST U K 7 BASiESE AFRiKAANSE SINTAKSIS

Bogenoemde skakelwerkwoorde staan as direkte skakelwerkwoorde bekend omdat


hulle direk voor die hoofwerkwoord geplaas kan word. Die skakelwerkwoorde le,
loop, sit en staan verbind met die hoofwerkwoord deur middel van die bindpartikel en.
Hierdie tipe skakelwerkwoord staan as indirekte skakelwerkwoorde bekend en hier-
onder kom hulle saam met die hoofwerkwoorde lees, gesels, eet en drink voor.
Hulle le en lees/sit en gesels istaan en e e t/loop en drink

Let daarop dat dit nie die neweskikker en is wat hier optree nie, want dit kan nie deur
enige van die ander neweskikkers soos o f maar en want vervang word nie.

2.4.1.2 A djunkte
Afgesien van die medewerkwoorde kom adjunkte (bywoordelike bepalings) ook nie
in die werkwoordstukkern voor nie. Die volgende sintaktiese konstruksies tree as ad
junkte op:
Bywoord: Die kinders speel buite.
Setselgroep: Hulle slaap onder drie komberse.
Adjektiefstuk: Die studente leer baie hard vir die elcsamen.
Naamwoordstuk: Die maatskappy behaal elke jaar groot sukses.
Sin: Ons sal ons bes probeer terwyl ons nog die nodige fondse het.

Daar is geen beperking op die aantal adjunkte wat in een sin kan voorkom nie. In die
onderstaande sin is die items tussen vierkanthakies almal adjunkte:
[Op Stellenbosch] is die inwoners [vanoggend] \yvreed\ [uit hulle somerslaap]
geruk [terwyl die karnavaloptog deur die dorp beweeg het]. (S4)

Let daarop dat die term adjunk n funksie aantoon en daarom nie in n diagram ge-
bruik word nie, maar die sintaktiese konstruksie e n /o f leksikale kategorie van die
adjunk word wel aangetoon.

S4 S

NS WS

Di

U
230

die inwoners is geruk op Stellenbosch vanoggend wreed uit hulle somerslaap


terwyl die karnavaioptog deur die dorp beweeg het

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

WS

WSK SG BW AS SG S

HWW HWW A

is geruk op Stellenbosch vanoggend wreed uit hulie somerslaap terwyi die


karnavaloptog
deur die dorp
beweeg het
2.4.1.3 Die w erkw oordstukkern
Die werkwoordstukkern is sintakties en semantics die belangrikste sintaktiese kon
struksie in die sin, want daarsonder is daar geen sin nie. Alle ander sintaktiese kon
struksies is opsioneel. Dit impliseer tereg dat n sin slegs uit n werkwoordstukkern
kan bestaan. Die werkwoordstukkern bestaan uit die hoofwerkwoord en daardie ele
mente wat so heg daarmee verbind dat dit nie sonder betekenisimplikasies weggelaat
kan word nie. Daar is vyf tipes hoofwerkwoorde en die tipe hoofwerkwoord bepaal
hoe die werkwoordstukkern daar uitsien.
Die tipes hoofwerkwoorde is
onoorganklike werkwoorde
oorganklike werkwoorde
setselwerkwoorde
koppelwerkwoorde
omskrywingswerkwoorde.

Binne die eerste vier kategoriee kom daar nog twee tipes werkwoorde voor, naamlik
die refleksiewe of wederkerende werkwoorde en die deeltjiewerkwoorde. Die hoof-
werkwoordtipologie word eers bespreek, waama refleksiewe en deeltjiewerkwoorde
aan bod kom.

DIE ONO O RG ANKLIKE W ERKW OORDSTUKKERN

Hier bestaan die werkwoordstukkern slegs uit die onoorganklike werkwoord of die
werkwoord wat onoorganklik gebruik word. Dit beteken daar tree geen voorwerp saam
met die werkwoord in die werkwoordstukkern op nie.

Die plan het misluk. (S5)


Die kinders slaap rustig.
Hulle eet elke middag op kantoor. (S6)
23'
S5 WSK

HWW

Copyright Van Schaik Publishers


Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

H DIE OORGANKLIKE WERKW OORDSTUKKERN

Die werkwoordstukkern bestaan hier uit die hoofwerkwoord sowel as die element
waarmee die hoofwerkwoord verbind, naamlik die voorwerp. Die voorwerp kan n
naamwoordstuk of n sin wees.
* Naamwoordstuk: Ons kon die kos ruik. (S7) Hy weet dit lankal. (S 8)

WSK

HWW NS

DET N

LW
Van Schaik
Uitgewers

hyCtfp#right Van Sc ha ik ^fablishers lankal


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O OFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SiNTAKSIS

Sin: Ons kon ruik dat die kos brand. (S9) Hy weet waarom hulle laat is. (S10)

LW HWW

ruik dat die kos brand

hy weet waarom hulle laat


233
.Van Schaik'
U/tgew ers

Die oorganklike werkwoord kan ook met twee voorwerpe verbind, waarvan die een
die direkte voorwerp genoem word en die ander die indirekte voorwerp.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Skidd hy sy oners bale geld? (S11)


Die dosente versoek die studente om vroegtydig te begin leer. (S12)

S11 WSK

HWW

skuld sy ouers baie geld

SKAKELW HWW

die dosente versoek omte begin leer vroegtydig die studente

DIE SETSELWERKWOORDSTUKKERN

Die setselwerkwoord verbind met 5n setselgroep (vergelyk afdeling 2.3.4), wat verplig
of opsioneel kan wees. Die werkwoordstukkern bestaan hier uit die setselwerkwoord
plus die setselgroep wat aan die werkwoord verbind. By die setselwerkwoorde wat
234 verplig saam met n setsel optree, is die setsel gewoonlik ook vas; dit kan dus nie deur
n ander setsel vervang word nie.
-5
l/t I
QJ
Verpligte setselgroep: Hulle hou nie van die idee nie. (S13)
Dit grens aan vermetelheid.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASiESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Nieverpligte setselgroep: Hy kyk na die meisie.


Hulle gesels oor die wedstryd. (S I4)

LW

hou van die idee

LW

hulle gesels oor die wedstryd

Setselwerkwoorde kan naas die setselgroep ook met n voorwerp verbind. Hierdie 235
voorwerp kan tussen die setselwerkwoord en sy setselgroep geplaas word:
Die onderwyser vergelyk die leerling met sy ouer broer.
Die voorsitter moet sy personeel aan die vergadering herinner. (S15)
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

LW

die voorsitter moet herinner aan die vergadering sy personeel

H DIE KOPPELWERKWOORDSTUKKERN

Koppelwerkwoorde is werkwoorde wat hoegenaamd nie alleen in die werkwoordstuk


kern kan staan nie; daar moet altyd nog 5n sintaktiese konstruksie of leksikale kategorie
aan die werkwoord verbind. Hierdie element staan bekend as die kopulapredikaat of
koppelwerkwoordaanvulling. Die prototipiese werkwoorde binne hierdie versameling
koppelwerkwoorde is is (was) en word. Ander koppelwerkwoorde is onder andere:
bly, blyk, gaan, klinlc, kom, lyk, raak, ruik, skyn, smaak, voel

Die kopulapredikaat kan wees n:


Adjektiefstuk: Sy lyk vandag besonder mooi. (S16)
Naamwoordstuk: Dit is n groot voorreg.
Setselgroep: Hulle bly maar deur die blare.
Sin: Dit lyk o f hy die skildery die eerste keer sien. (S17)
Bywoord: Dit was n rukkie gelede nog hier.

WSK

Do not distribute
HOOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

LW

dit lyk of hy sien die skildery die eerste keer

OMSKRYW INGSW ERKW OORDE

Daar is net twee omskry wingswerkwoorde in Afrikaans, naamlik word en is. Hierdie
werkwoorde kom in passiefsinne en onpersoonlike konstruksies voor. Die onpersoon-
like konstruksie het gewoonlik daar as onderwerp en die doener van die hoofwerk
woord word nie genoem nie. Die werkwoordstukkern bestaan hier uit twee hoofwerk
woorde, naamlik die omskiy wings werkwoord en nog n verpligte hoofwerkwoord wat
meestal ge- as prefiks neem:
In hierdie gebou mag daar nie gerook word nie. (WSK in S18)
Die finale besluit is deur die dosent geneem. (S19)
Daar word voortdurend gedweep met die nuutste tegnologie. (S20)
S18 WSK

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

DET AS M

LW
238

daar word gedweep met die nuutste tegnologie voortdurend


53

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
HOOFSTUK 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

M WEDERKERENDE WERKWOORDE

Wederkerende werkwoorde verbind heg met n wederkerende voomaamwoord wat in


die voorwerpsvorm binne die werkwoordstukkern geplaas word.

S21 WSK

HWW PRO

vererg haar

Die wederkerende voomaamwoord verwys eksklusief terug na die onderwerp van die
sin en kan dus nie as die voorwerp van die sin gesien word nie. Daarom kan dit ook nie
in die boomdiagram met NS aangetoon word nie. Hierdie werkwoorde kan of verplig
met die wederkerende voomaamwoord (pronomen) verbind of die voomaamwoord
kan opsioneel wees:
Verplig: Sy verset haar tevergeefs.
*Sy verset - tevergeefs.
Opsioneel: Jy moet jo n regmaak om die eksamen te skryf.
*Jy moet regmaak om die eksamen te skryf.

Hierdie werkwoorde tree in alle tipes werkwoordstukkerne op:


Onoorganklik: Sy bedink haar.
Oorganklik: Hy her inner hom dat die skole reeds her open het. (S22)
Setselwerkwoord: Die dosent steur haar aan hom.
Koppelwerkwoord: Hy voel hom sterk aangetrokke tot die meisie.

S22 <?i

NS ws

WSK

DET N MW WSK BW 239


I
Ip
1/1 Cj
LW HWW e

hy herinner
hom C o p ^ g h t ^ a n S c h a i k P i * h e r s het herP en reeds
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

H DEELTJIEWERKWOORDE8

Baie werkwoorde in Afrikaans bestaan uit meer as een woord; hulle is sintakties geleed
en staan as deeltjiewerkwoorde bekend. Volgens Ponelis (1991:232) is n deeltjie-
werkwoord n hegte verbinding van n werkwoordelike element met n ander element
- die deeltjie - sodat die werkwoordelike element en die deeltjie saam n leksikale
eenheid, n hoofwerkwoord, vorm. Die werkwoord opklim bestaan uit die werkwoor
delike element klim en die deeltjie op. Hierdie werkwoorde tree in alle tipes werk-
woordstukkerne op:
Onoorganklik: Dit neem toe, gee mee, beweeg voort; Dit sal inmekaarstort; meegee;
Sy het saamgekom, haar afgesloof
Oorganklik: Hy val die meisie gereeld lastig; Hulle hou die wedstryd aandagtig
dop (S23); Die lus vir koffie het hom beetgepak; Sy trek haar hulle swak vertoning
persoonlik aan (S24); Het hulle haar die pos aangebiedl (S25)

S24

NEG NS WS

WSK AS

HWW PRO NS

WW DL GV AS N
240
UitgewerSj
jVan SchaitO

nie sy trek aan haar hulle swak vertoning persoonlik


Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H OOFSTUK 7 8ASIESE AFRiKAANSE SINTAKSIS

S25

NS WS

WSK

HULPW HWW NS NS
TYD

DET

LW

hulle het aangebied haar die pos

Setsel werkwoord: Ek rnaak staat op julle sctmewerking; Kan die Proteas met die
Aussies afreken? Dit hang alles a f van haar voorbereiding. (S26)

S26

NS WS

WSK

HWW SG

WW DL STS NS

GV

ek maak staat op julle samewerking

Koppelwerkwoord: Dit kom voor ofhy bang is; Sy kom nie hidwerig voor nie. (S27)
S27 S

NEG NS WS

WSK

241
HWW AS
(/I 4J
>Sf
=>
WW DL A

Copyright <>Van Schaik Publishers |


me sy & i< 2602 Unisa voor huiwerig
Do not distribute
H O O FST U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

Uit bostaande voorbeelde word die onderskeidende kenmerke van deeltjiewerkwoorde


duidelik, naamlik:

In die verlede tyd word die ge-prefiks wat normaalweg vooraan die ander tipes
werkwoorde geplaas word, by deeltjiewerkwoorde tussen die deeltjie en die werk-
woordelike elemente geplaas: Ek het staatgemaak op julle samewerking; Dit het
voorgekom of hy bang is.
Die deeltjie en die werkwoordelike element kan in die sin uiteengeplaas word: Ek
maak op julle samewerking staat; Hy kom tog n bietjie huiwerig voor. (Let daarop
dat sodanige uiteenplasing nie in n boomdiagramanalise weerspieel word nie: kylc
S27.)

2.5 Slotwoord
Hier bo is n oorsig gegee oor die interne struktuur en die onderskeie strukturele betrek-
kinge binne die vernaamste sintaktiese konstruksies in eenvoudige Afrikaanse sinne.
Die verhouding tussen die onderskeie sintaktiese elemente en die verband waarbinne
hulle optree, is beskryf. Daarnaas is van die onderskeie funksies van sommige sintak
tiese elemente en konstruksies ook gegee. Naas Afrikaans kan heelwat Germaanse en
Romaanse tale ook aan die hand van hierdie strukturele en funksionele beskrywing
ontleed word. Hierdie inhoud kan as basis dien waarop komplekse Afrikaanse sinne
ontleed kan word en verdere sintaktiese teoriee toegepas kan word. Hierdie teoriee kan
insluit vanaf byvoorbeeld die Funksionele Grammatika (Halliday, 2004) of Sistemiese
Funksionele Grammatika (Eggins, 1994) en die Kognitiewe Grammatika (Langacker,
2008), tot by teoriee wat binne die Generatiewe Grammatika ontwikkel het, soos die
Minimalistiese Sintaksis (Radford, 2004).

Eggins, S. 1994. An introduction to systemic functional linguistics. Londen: Pinter.


Halliday, M.A.K. 2004. An introduction to functional grammar, 3rd ed. Updated by C.M.I.M. Matthiessen.
Londen: Arnold.
Langacker, R.W. 2008. Cognitive grammar: A basic introduction. New York: Oxford University Press.
Ponelis, F.A. 1989. Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis. In Botha, TJ.R. (Red.). 1989. Inleiding tot die Afri
kaanse taalkunde, 2de hersiene uitg. Pretoria, Kaapstad: Academica.
Poneiis, F.A. 1991. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: J.L. van Schaik.
Radford, A. 2004. Minimalist syntax: Exploring the structure o f English. Cambridge: Cambridge University
Press.

EINDNOTE

242 Hierdie hoofstuk is n verkorte en vereenvou- Verdere leeswerk in Ponelis (1991) hoofstuk 3
digde weergawe van Ponelis (1989). en 6 onderskeideiik oor die klasse naamwoorde
I

l/l6I
0} Dr. Gerda Odendaal word bedank vir die trek en naamwoordgroepe word aanbeveel. Neem
CH > van die boomdiagramme in hierdie hoofstuk. ook kennis van die tabel oor soorte voomaam-
3
woorde (Hfst. 3:49).

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FST U K 7 BASIESE AFRIKAANSE SINTAKSIS

4 Verdere leeswerk in Ponelis (1991:135-139) 7 Verdere leeswerk in Ponelis (1991) hoofstuk


oor deelkonstruksies word aanbeveel. 9 oor werkwoorde, hoofstuk 10 oor die werk-
5 Verdere leeswerk in Ponelis (1991) hoofstuk 19 woordstukkem en hoofstuk 11 oor medewerk
oor die betreklike konstruksie word aanbeveel. woorde word aanbeveel.
6 Verdere leeswerk in Ponelis (1991) hoofstuk 8 8 Verdere leeswerk in Ponelis (1991:232-238)
oor setsels word aanbeveel. oor deeltjiewerkwoorde word aanbeveel.

243

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute

You might also like