Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

WOORDSOORTE

A DIE WERKWOORD (= hoofklas)

1.1 Oorganklike werkwoorde: hierdie werkwoord impliseer 'n onderwerp


en 'n voorwerp in 'n sin.

1.1.1 Die vrou koop 'n brood.



onderwerp hoofww. (oorg.) voorwerp

1.1.2 Die man skryf 'n brief.



onderwerp hoofww. (oorg.) voorwerp

1.2 Onoorganklike werkwoorde: sonder 'n voorwerp na die werkwoord.

1.2.1 Die water kook./Die man skryf.


1.2.2 Die vliegtuig dreun.
1.2.3 Dit sneeu.

Daar is inherent oorganklike werkwoorde (dit is werkwoorde wat altyd met


'n voorwerp optree) en inherent onoorganklike werkwoorde (dit is werk-
woorde wat altyd sonder 'n voorwerp optree), bv.

Inherent oorganklik Inherent onoorganklik

Hulle geniet die musiek. Die kind slaap.

Ons bekyk die probleem. Die bus vertrek.

1.3 Wederkerende werkwoorde

Die onderwerp en die voorwerp verwys in hierdie sinne na dieselfde persoon.

Hy verslaap hom.

Onderwerp voorwerp
= dieselfde persoon

1.4 Wederkerige werkwoorde

In hierdie sinne is die onderwerp en die voorwerp verskillende persone.

Open Rubric
Hulle soen mekaar.
Hy en sy help mekaar.

Die onderwerp impliseer 'n meervoud.

1.5 Koppelwerkwoorde (dis hoofwerkwoorde)

1.5.1 Koppelwerkwoorde koppel die onderwerp aan die res van die sin.

1.5.2 Sinne met koppelwerkwoorde kan nie in die lydende vorm


(passief) omgeskakel word nie.

Linda lyk gelukkig.


* Gelukkig word deur Linda gelyk. (= Foutief)

1.5.3 'n Koppelwerkwoord verbind met 'n noodsaaklike aanvulling in 'n


sin. Hierdie aanvullings kan nie weggelaat word nie.

* Linda lyk .... (?) (gelukkig)


* Piet raak .... (?) (moeg)

1.5.4 Die volgende woorde kan as koppelwerkwoorde optree: is, lyk,


skyn, bly, blyk, heet, word en voorkom.

1.6 Voorsetselwerkwoorde

Sommige hoofwerkwoorde kombineer heg met voorsetsels.

1.6.1 'n Belangrike kenmerk van voorsetselwerkwoorde is dat die


sinsdeel na die voorsetsel nie weggelaat kan word nie, bv.

Hulle hunker na vryheid.

* Hulle hunker na. (= Foutief)

Soek nog voorbeelde van voorsetselwerkwoorde.

1.7 Skeibaar en onskeibaar saamgestelde werkwoorde

1.7.1 Skeibare werkwoorde of deeltjiewerkwoorde:

Julle moet nou opstaan.


Staan dadelik op.
Sy het vroeg opgestaan.

1.7.2 Onskeibaar: Die klint raadpleeg 'n prokureur.

Foutief: * Die klint het 'n prokureur raadgepleeg.


(=geraadpleeg)

1.8 Medewerkwoorde

Soorte: (a) Hulpwerkwoorde


(b) Skakelwerkwoorde

1.8.1 Eienskappe:

Die medewerkwoord (1) staan voor die hoofwerkwoord (2):

Hy sal1) wegkom.2)

Jy kan1) nou gaan.2)

1.8.1.1 Medewerkwoorde is opsioneel, d.w.s. hulle kan uit die sin


weggelaat word. (Dit veroorsaak wel betekenisverandering.)

1.8.2 Hulpwerkwoorde

sal, mag gaan Kan soms optree as


kan, durf modale kan skakelwwe.
wil, moet hulpwwe. bly

het } hulpww. van tyd

1.8.3 Skakelwerkwoorde

1.8.3.1 Eienskap:

'n Skakelwerkwoord staan altyd NA 'n hulpwerkwoord as hulle in


dieselfde sin voorkom.

1.8.3.2 Voorbeelde:

Ek sal gaan kyk.



hulpww. skakelww. hoofww.

Hy wil bly l.

hulpww. skakelww. hoofww.

B DIE SELFSTANDIGE NAAMWOORD

1 Eienskappe:

1.1 Dit verwys na persone, dinge en sake in die werklikheid. Dit is


dikwels tasbaar en sigbaar.

1.2 Dit dien as onderwerpe en voorwerpe van sinne.

2 Soorte selfstandige naamwoorde

2.1 Eienaam: Piet lees 'n boek.

2.2 Soortnaam: Die vrou skryf 'n brief.

2.3 Massanaam: water, sand, melk, goud.

Eienskappe

(a) Dit sluit die name van mense, plekke, dae, maande, ens. in.
(b) Hulle begin met hoofletters.
(c) Hulle vertoon selde meervoude.

2.2 Soortname

Eienskappe
(a) Soortname word dikwels voorafgegaan deur 'n lidwoord: die of
'n.
Die man ry.
'n Seun speel graag.

(b) Soortname het meestal meervoude:


Die bome groei in die woude.
Die honde blaf vir die motors.
(c) Soortname kan 'n verkleiningsuitgang neem:
huis - huisie, boom - boompie

(d) Dit verbind maklik met 'n voorbepaling:


'n groot berg, 'n mooi meisie

2.3 Massanaamwoorde

Massanaamwoorde verwys na nie-telbare dinge: water, sand, melk,


goud.

C DIE VOORNAAMWOORD

1 Eienskappe

(a) Dit vervang s.nwe.

(b) Dit verbind nie met voorbepalings nie:


* Die mooi hy.
* Die ou hom. (= onafrikaans)

2 Soorte voornaamwoorde

2.1 Persoonlike voornaamwoorde

Enkelvoud: ek, jy, hy/sy (as voorwerp: my, jou, hom, haar)

Meervoud: ons, julle, hulle (die onderwerps- en voorwerpsvorm


stem ooreen)

2.2 Besitlike voornaamwoorde:

Dit dui besitting aan.

Enkelvoud: Meervoud:

1. Dit is my boek. Dit is myne. 1. Dit is ons boek/ons s'n.


2. Dit is jou boek/joue/joune. 2. Dit is julle boek/julle s'n.
3. Dit is sy boek/syne. 3. Dit is hulle boek/hulle s'n.

Dit is haar boek/hare.


Dit is u boek/uwe/u s'n. (= Formele vorm)

2.3 Wederkerende voornaamwoorde

Die onderwerp en die voorwerp verwys na dieselfde persoon.

Piet misgis hom.


onderwerp voorwerp
= dieselfde persoon

2.4 Onpersoonlike voornaamwoorde (Eng.: impersonal pronouns)

Dit ren.
Dit sneeu.

2.5 Betreklike voornaamwoorde (Eng.: relative pronouns)

Eienskappe:

(a) Dit tree op as verbindingswoord tussen sinne.


(b) Dit het meestal betrekking op 'n snw. wat vroer in 'n
saamgestelde sin voorkom.

Voorbeelde:

wat, van wie, met wie, by wie, op wie, waaroor, waarop,


waarmee, waarin, waaruit, waarvan.

Voorbeeldsinne

(a) Die man loop daar. Die man is my oom.


Die man wat daar loop, is my oom.
Dit vervang die woorde die man.

(b) Die kind speel daar. Die kind is klein.


Die kind wat daar speel, is klein.

2.6 Aanwysende voornaamwoorde

Eienskap: Dit word voor s.nwe. gebruik om 'n saak of 'n persoon uit
te wys.
Hierdie boek sal jou help.
Daardie appels is lekker.
Di sin is foutief.

2.7 Vraende voornaamwoorde (Eng.: interrogative pronouns)


Wie klop daar?
Wat bedoel jy?

2.8 Onbepaalde voornaamwoorde

Eienskap: Hierdie voornaamwoord druk 'n vaagheid of onbe-


paaldheid uit.
Voorbeelde:
iemand, iets, niks, sommige
Iemand praat in die straat.
Iets skreeu in die bos.

D DIE BYVOEGLIKE NAAMWOORD

1.1 Dit skryf 'n eienskap toe aan 'n saak wat deur die naamwoord
benoem word.

Attributief: Die groot seun.


Predikatief: Die seun is groot.

1.2 Dit is gradeerbaar, d.w.s. die trappe van vergelyking kan gevorm
word, bv.:
mooi - mooier - die mooiste
goed - beter - die beste.

1.3 Verskeie byvoeglike naamwoorde verbind heg met sekere voor-


setsels:

Hy is verslaaf aan ... , Hy is getroud met ....

E DIE BYWOORD

Eienskap:

(a) Dit kwalifiseer die handeling wat deur die werkwoord beskryf
word.
(b) Die volgorde van meer as een bywoord wat gelyktydig gebruik
word, is TYD, WYSE, PLEK/RIGTING. (T.W.P.)

Voorbeeld: Hy gaan smrens (T) ywerig (W) werk toe (P).

F DIE VOORSETSEL

Eienskap:
Dit druk meestal 'n verhouding tussen twee sake uit:
Die boek l op die bed.
Die boek l voor die bed.

Die voorsetsel verander die verhouding tussen die boek en die bed.

G DIE LIDWOORD

In Afrikaans kom net twee lidwoorde voor: die (= bepaald) en 'n (=


onbepaald).

H DIE TELWOORD

1.1 Bepaalde telwe. Onbepaalde telwe.

drie beeste etlike beeste


die vyfde keer n paar keer
twintig albasters heelwat albasters

1.2 Bepaalde telwe.

Hooftelwe. Rangtelwe.
een, twee, drie eerste, tweede, derde

1.3 Onbepaalde telwe.

Vraagtelwe. Hoeveel het jy gekry?

You might also like