Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 31

Module AFR2602

Year of Publication 2017

Title Kontemporere Afrikaanse Taalkunde / edited by WAM Carstens


Edition
Publisher Van Schaik
Chapter number
Chapter title Afrikaanse semantiek / 1cN. Bosman
Page numbers p. 245-274

This material has been reproduced in the e-


Reserves on behalf of the UNIVERSITY OF SOUTH
AFRICA (UNISA)

The material may be subject to copyright under


the Copyright Act no. 98 of 1978. Any further
reproduction or distribution of this material by you
may be a violation of the Copyright Act.

A single copy (printed or electronic) of the


material may be kept for academic use only.
Nerina Bosman en Marne Pienaar.

1 Inleiding 6.3 Sintaksis


2 Beknopte historiese oorsig: grondleggers van die 6.4 Pragmatiek
moderne taalkunde en verdere ontwikkelings 7 Paradigmatiese leksikale betrekkinge: sinonimie,
3 Herkoms en betekenis van die woord semantiek teenoorgesteldheid en hiponimie
7.1 Sinonimie
4 Die wetenskaplike studie van betekenis
7.2 Semantiese teestelling
5 Die begrip betekenis is kompieks 7.3 Hiponimie
5.1 Die konseptuele aard van betekenis
8 Polisemie
5.2 Kenmerke van betekenis
5.3 Verwysing 9 Homonimie
5.4 Denotasie 9.1 Homofonie
5.5 Leksikale betekenis 9.2 Homografie
5.6 Konnotasie 10 Leksikale ambivalensie
6 Raakpunte met ander dissiplines in die taalkunde 11 Woordvelde
6.1 Fonetiek 12 Toepassing: waarde van die dissipline
6.2 Morfologie
13 Samevatting

1 INLEIDING
Taal en betekenis gaan hand aan hand en binne die taalkunde is daar dan ook n sub-
dissipline wat spesifiek aandag gee aan betekenis, naamlik die semantiek. Semantiek
is die studie van linguistiese (talige) betekenis. Ons gebruik taal om die wereld om ons
te verstaan en te orden en om met ander mense te lcommunikeer. Betekenisoordrag (die
oordrag van idees) is 5n onlosmaaklike deel van hierdie kommunikasie. Betekenis is
dus n absolute voorwaarde vir taal.
Talige betekenis kan op verskillende maniere benader word. Ons gaan semantiek
hier definieer as die studie van die betekenisse van leksikale items, sinsdele en sinne,
maar in hierdie hoofstuk gaan ons konsentreer op leksikale semantiek. Ons kyk met
ander woorde hoe betekenis uitgedruk word in die leksikon (die woordeskat). Die
leksikon bestaan uit die totale aantal leksikale items in die taal. n Leksikale item kan
n woorddeel (soos n prefiks, byvoorbeeld ont-), n woord (byvoorbeeld loop), n
meerwoordige leksikale item soos n idioom (byvoorbeeld n uiltjie knip) of n frase
(klakkeloos herhaal) wees. In die uiteensetting hieronder gaan ons veral op die bete
kenis van woorde (as een soort leksikale item) konsentreer, omdat die meeste leksikale
items woorde is.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Ons kan op twee maniere na woorde se betekenisse kyk. In die eerste plek kan ons
probeer vasstel wat n woord alles kan beteken. Verskynsels soos polisemie (vergelyk
afdeling 8) en homonimie (vergelyk afdeling 9) is hier ter sprake. In die tweede plek
kan ons by n bepaalde begrip begin en kyk hoe die begrip in taal uitgedruk word.
Binne die benadering fokus die semantiek veral op verskynsels soos sinonimie, teen-
oorgesteldheid en hiponimie (vergelyk afdeling 7). Die teorie van woordvelde (afde
ling 11 ) se vir ons hoe groepe woorde saam n deel van die wereld organiseer en in taal
uitdruk. In die volgende afdelings gaan ons hierdie aspekte van die betekenisleer op n
inleidende manier bespreek.

2 BEKNOPTE HISTORIESE OORSIG: GRONDLEGGERS VAN DIE


MODERNE TAALKUNDE EN VERDERE ONTW IKKELINGS
Semantiek as valcgebied het veral in die 20ste eeu gevestig geraak en verskillende
benaderings en modelle het tot stand gekom. In hierdie afdeling gee ons n baie kort
oorsig van die grondleggers van die moderne taalkunde en semantiek in die besonder.
In sommige gevalle het die nuwe insigte wat telkens verkry is tot nuwe teoriee, mo
delle en benaderings vir die beskrywing van betekenis gelei.
Ferdinand de Saussure word as een van die grondleggers van die moderne taalkunde
en daarom ook van die semantiek gesien. Sy eerste werlc verskyn in 1878, en in teen-
stelling met van sy tydgenote wat eerder in die historiese ontwikkeling van taal belang
gestel het, fokus hy op sinchroniese taal en wys hy veral op taal as n interafhanklike
stelsel. Strukturele taalkunde het uit sy werlc ontwikkel. De Saussure het n onderskeid
getref tussen werklike taalgebruik (parole) en die onderliggende taalstelsel (langue).
De Saussure het ook na langue verwys as n sosiale feit of n konvensionele arbi-
trere vereniging van die klank (die betekenaar) en die betekenis (die betekende). Hy
meen ook dat, aangesien die betekenis van 5n teken afgelei kan word van so n teken
se verhouding met ander tekens in die stelsel, die teken geen betekenis op sy eie kan
he nie. Volgens De Saussure staan taal sentraal in ons verstaan van die wereld en kan
woorde nie gesien word as etikette wat op n reeds geordende wereld geplaas word nie.
Volgens hom is woorde eerder kollektiewe produkte van sosiale interaksie. Woorde
moet as noodsaaklike instrumente gesien word waardeur mense hulle wereld sleep en
iets oor hierdie wereld se.
De Saussure se werk het aanleiding gee tot n groepering wat bekend staan as die
Amerikaanse Strukturaliste. Volgens Malmkjasr (2004: xxxiv-xxxvi) is vier name
hier veral van belang, naamlik Franz Boas, Edward Sapir, Benjamin Lee W horf en
Leonard Bloomfield. In sy Handbook o f American Indian languages wat in 1911 ver
skyn het, bepleit Franz Boas respek vir taaldata. Sy werk lei ook tot die fonemiese
beginsel waarvolgens daar aanvaar word dat elke taal n definitiewe en beperkte groep
klanke het. Edward Sapir was n Noord-Amerikaanse linguis wat veral navorsing ge-
doen het oor die tale van inheemse Indiane. Tussen 1929 en 1940 het hy en een van
246 sy studente, Benjamin Lee Whorf, die Sapir-Whorf-hipotese ontwikkel waarvolgens
1i? q1}
Si
3 hulle eerstens aangevoer het dat die mens se denke deur taal bepaal word (linguistiese
ifl o>
determinisme), en tweedens dat mense wat verskillende tale praat, die wereld op ver-
>=>
skillende maniere sien en daaroor praat (linguistiese relatiwiteit).
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS TU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Eskimos (die Inuit) het byvoorbeeld n wye verskeidenheid woorde vir sneeu en
ys, terwyl Afrikaans baie min het (sneeu, kapok, ys, ysreeri). In die wereld waarin
Eskimos leef, is dit belangrik om tussen verskillende ys- en sneeutoestande te kan
onderskei, terwyl dit in Suid-Afrika nie so belangrik is nie. Afrikaans en ander In-
do-Europese tale het weer n groot verskeidenheid woorde om te onderskei tussen die
tipes geboue of skuilings waarin mense woon. So n groot verskeidenheid woorde vir
wonings kom nie in die Inui'ttale voor nie. Afrikaans het woorde soos huis, hut, stroois,
rondawel, kasteel, villa, pondok, kaia, woonstel, meenthuis, troshuis, simpleks, dii-
pleks, wolkebnbber, n blok woonstelle, kompleks, afdak, patio, motorhuis, paleis,
tercf, karavaan, boothuis, hotel, motel, gastehuis en vele meer. So baie woorde sal
miskien net so verwarrend vir die Inuit wees as wat die InuTtwoorde wat verskillende
tipes sneeu beskryf vir iemand uit Afrika sal wees. In Tswana is daar byvoorbeeld n
hele verskeidenheid terme om die kleur van beeste mee te beskryf, terwyl Afrikaans en
Engels relatief min woorde het om die kleur van diere in die algemeen te beskryf. Daar
is wel n paar woorde in Engels om die kleur van perde te beskryf, waarskynlik omdat
perde nog altyd belangrik was in die Engelse (Britse) wereld.
Kleurterminologie is n ander aspek wat linguistiese relatiwiteit goed illustreer. Die
meeste Indo-Europese tale het ongeveer elf basiese kleurterme, naamlik swart, wit,
rooi, groen, gee I, blou, bruin, oranje, pers, geel en grys. Basiese kleurterme word
met een woord aangedui en is nie subordinate van n oorkoepelende kleur wat as su-
perordinaat (byvoorbeeld siturlemoen versus geel) optree nie. n Basiese kleurterm is
ook wyd toepasbaar en nie gereserveer vir gebruik in bepaalde gevalle soos wat blond
byvoorbeeld gereserveer is vir hare en hout nie. Uiteraard word daar nie uitsluitlik
basiese kleurterme gebruik in n bepaalde domein soos byvoorbeeld binnehuisversie-
ring of mode nie. Baie tale het benewens die basiese kleurterme ook nog n aantal ander
meer spesifieke terme soos byvoorbeeld turkoois, opaal, boergonje, pienk, laventel,
viooltjie, lila, malvapers9perske, lemmetjie, appelkoos, purper, goad, beige, sienna,
amber, kobalt en vele meer. Let egter daarop dat baie van hierdie terme in werklikheid
name is vir ander dinge, soos juwele (opaal), wyn (boergonje), blomme (laventel,
lila, viooltjie), vrugte (lemmetjie, perske, appelkoos, suurlemoeri), edelmetale (goud,
silwer). Hierdie verskynsel kom algemeen in tale voor. Die term vir groen is dikwels
dieselfde as die woord vir gras en die term rooi is dikwels dieselfde as die woord
vir bloed. Ander kleurterme word deur samestellings of frases geskep, byvoorbeeld
metaalgrys, goudgeel, posbusrooi, ensovoorts.
n Sekere aantal tale het baie min basiese kleurterme. Sosiolinguiste glo dat tegno-
logies onontwildcelde tale relatief min kleurterme het, terwyl tegnologies gevorderde
samelewings die elf basiese kleurterme het. Samelewings wat meer ontwikkel as ander
is, het relatief meer kleurterme. In tale wat net twee kleurterme het, korrespondeer die
terme met swart en wit of, meer akkuraat gestel, met lig/helder en donker. Tale met
drie kleurterme sluit gewoonlik n term vir rooi in. Tale met vier of vyf terme sluit blou
en groen in. Indien daar ses kleurterme is, is daar ook n woord vir bruin.
Leonard Bloomfield publiseer in 1914 sy eerste boek, getiteld An Introduction to
the study o f language. Hierin bepleit hy n fokus op gesproke eerder as op geskrewe
l/i 41
taal en redeneer hy dat taal nie vanuit n eksteme, historiese hoek bestudeer moet word e-S1
35
nie, maar waargeneem moet word as n eietydse werklikheid van die spreker. Hy is
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

ook geinteresseerd in die verskeidenheid taalstelsels in die wereld en stel voor dat
algemene afleidings oor menslike taal deur waarneming gemaak word. Sy boek Lan
guage wat in 1933 verskyn het, het veral die wetenskaplike basis vir die bestudering
van taal gevestig. Daar word ook na hom verwys as n behavioris weens die klem wat
hy op die sinchroniese objektiewe waarneming van taal geplaas het. Hy het deurlopend
in sy werk aandag gegee aan die formele prosedures wat gevolg moet word in die ont-
leding van taal.
Noam Chomsky word nie in die eerste instansie as n semantikus beskou nie. Ons
noem hom hier omdat sy invloed op die taalkunde aan die einde van die 20ste eeu so-
danig was dat daar soms na die Chomskiaanse rewolusie verwys word. In 1955 daag
hy die strukturaliste uit in sy boek Logical structure o f linguistic theory. Sy belang-
stelling in die tempo waarteen kinders taal verwerf, lei tot die idee van n universele
grammatika waartoe alle mense inherent toegang het en wat konteksvry is, Chomsky
se benadering tot die bestudering van taal staan ook as Transformasionele of Gene-
ratiewe Grammatika bekend. Chomsky is onder meer bekend vir sy onderskeid tus-
sen competence en performance (taalkennis en taalgedrag) - n onderskeid wat baie
herinner aan De Saussure se langue en parole. Vir Chomsky is competence die elcwi-
valent van inherente taalkennis, en performance die bron van geheuebeperkings, af
leidings, aandagverskuiwing en verskillende soorte foute (soos tongglipse) wat die
werklike weerspieeling van die inherente taalkennis belemmer. Soos langue vir De
Saussure, is competence vir Chomsky die werklike fokus van taalstudie en rig hy hom
op ideale spreker-luisteraars in n volkome homogene taalgemeenskap wat hulle taal
perfek ken en wat nie bemvloed word deur performance-beperkings nie.
Net soos die Generatiewe benadering, is die Funksionele benadering ook n uit-
vloeisel van die Strukturele benadering. Die Funksionaliste plaas veral klem op die
funksie van woorde. Vorm en funksie loop hand aan hand. In n sin soos Die hondjaag
die kat het die hond en die kat dieselfde vorm (altwee is naamwoordstukke), maar
verskillende funksies. Die hond tree op as die onderwerp van die sin en die kat as die
voorwerp. Funksie kan uitgebrei word om verdere onderskeidings mee uit te lig: die
hond, wat dierlik is, tree op (funksioneer) as die agent deur die vangwerk te doen,
terwyl die kat die een is wat deur die vangery geraak word en dus as die pasient
optree. Binne die Funksionalisme kan twee subgroeperinge onderskei word, naamlik
die Praagse Skool en die sogenaamde Lon dense Skool. Belangrike eksponente van
die Praagse Skool is volgens Malmkjaer (2004: xxxiv-xxxviii) veral Vilem Mathesius,
Roman Jacobson en Prins Nikolai S. Trubetskoy. Bronislaw Malinowski, J.R. Firth,
M.A.K. Halliday, Ruqaiya Hasan, J.M. Sinclair en M. Coulthard behoort aan die Lon-
dense skool. Die oorsig in Figuur 8.1 is gebaseer op Malmkjaer (2004).
Naas die bostaande grondleggers, is daar ook ander belangrike name waarvan ons
moet kennis neem. In 1923 het Ivor Amstrong Richards en Charles Kay Ogden die
boek The meaning o f meaning gepubliseer. Hulle werk fokus op die sogenaamde se-
mantiese driehoek, naamlik verwysing, referent en simbooL Hulle is ook van mening
248 dat die betekenis van woorde onder meer bepaal word deur die spreker se ervarings en
dat verskillende sprekers derhalwe verskillende betekenisse aan woorde sal heg.
s/5) Q
I>
C
f>d=5S'> In 1955 verskyn John Austin se invloedryke werk How to do things with words.
Hierin argumenteer hy dat nie alle uitings aan n waarheidsvoorwaarde getoets kan
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Strukturalisme
Europees Amerikaans
De Saussure 1916 Boas 1911
Sapir 1921
Bloomfield 1914, 1933
Linguistic Society of America, 1924
Praagse Skool 1926
Trubetskoy 1939

Londense Skool Post-Bloomfieldiaans


Malinowski 1923 Harris 1951
Firth 1957

Funksionalisme Generatiewe benadering


Halliday 1961, 1973 Chomsky, 1957, 1965, 1981
1978, 1985 1986, 1995

Figuur 8.1 Grondleggers van die moderne taalkunde (gebaseer op Malmkjasr, 2004).

word nie. Hy onderskei tussen die spreker se bedoeling, die uiting self en die reaksie
van die aangesprolcene. Sy taalhandelingsteorie vorm die basis vir die pragmatiek
wat in hoofstuk 9 van hierdie boek aan bod kom.
Met die opkoms van die kognitiewe semantiek in die sewentigerjare van die 20ste
eeu sien ons n belangwekkende nuwe rigting. n Belangrike voorloper van die kogni
tiewe semantiek was Charles Fillmore, veral bekend vir sy werk oor semantiese rame.
Fillmore, wat aanvanklik ook in die Chomskiaanse tradisie gewerk het, het in 1976 in
n artikel Frame semantics and the nature of language geargumenteer dat woorde n
semantiese raam van ensiklopediese kennis oproep wat verband hou met die spesifieke
konsep waarna dit verwys.
Eleanor Rosch se Principles o f categorization wat in 1978 verskyn het, sluit nou aan
by Fillmore se werk. Haar prototipeteorie voer aan dat natuurlike kategoriee gradeer-
baar is, met onduidelike grense. Die lede van n kategorie het ook nie gelyke status
nie. Kategoriee bestaan nie daar buite in die wereld nie, maar is geanker in mense se
ervaring - hulle ontwikkel as aangeleerde konsepte oor die wereld. Betekenis is nie n
objektiewe waarheid nie, maar n subjektiewe konstruk wat geleer word deur ervaring,
en taal spruit voort uit die begronding van ons konseptuele stelsels in gedeelde belig-
gaamde en liggaamlike ervarings. Konseptuele kategoriee is ook nie dieselfde vir alle
kulture of selfs vir al die individue wat dieselfde kultuur deel nie.
Die prototipeteorie vorm saam met die werk van George Lakoff en Mark Johnson
die grondslag van die kognitiewe benadering. In 1980 verskyn Lakoff en Johnson
se boek Metaphors we live by waarin hulle aantoon dat verskillende soorte metafore
uiteindelik teruggevoer lean word na die mens se ervaring van sy liggaam. Betekenis is
hiervolgens dus in die eerste instansie beliggaamd. In sy boek Women, fire and dan
gerous things (1987) argumenteer Lakoff dat alle betekenis uiteindelik n liggaamlike
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRiKAANSE SEMANTIEK

ervaringsbasis het. Lakoff het ook die konseptuele metafoorteorie ontwikkel, wat
geweldig invloedryk was binne die kognitiewe semantiek.
Die volgende bronne kan geraadpleeg word vir meer inligting: Lyons (1977), Crys
tal (1995), Malmkjaer (2004) en Geeraerts (2009).

3 HERKOMS EN BETEKENIS VAN DIE W O O R D S E M A N T IE K


Die herkoms van die Afrikaanse woord semantiek (betekenisleer) kan teruggevoer
word tot die Griekse adjektief semantikos (betekenisvol) of moontlik tot die werk-
woord semaino (beteken). Wanneer ons taal gebruik om die een of ander idee oor te
dra, gebruik ons n tekensisteem. n Ander term vir tekensisteem is semiotiese sisteem.
Met so n tekensisteem vind daar n oordrag van idees plaas tussen n sender (byvoor-
beeld n spreker of skrywer) en *n ontvanger (byvoorbeeld n hoorder of leser).
Taal is die belangrikste semiotiese sisteem wat mense vir kommunikasie gebruik.
Nog voorbeelde van tekensisteme is byvoorbeeld padtekens of die manier waarop
musieknote op skrif voorgestel word. Menslike taal is die mees komplekse sisteem
van tekens wat ons ken. Die tekens wat ons gebruik, is in die eerste plek woorde, maar
soos ons hierbo gese het, ook ander leksikale items - ook eenhede groter as woorde
(soos idiome) en eenhede kleiner as woorde (soos prefikse en suffikse).

4 DIE WETENSKAPLIKE STUDIE VAN BETEKENIS


Hoe kan ons navorsing doen en meer te wete lcom oor woorde en hulle betekenisse?
Ons kan natuurlik by onsself begin en staatmaak op ons eie kennis van Afrikaans en
ons taalintuisie. Ons noem hierdie metode introspeksie. Tweedens kan ons doen wat
baie mense doen en die woordeboek nadertrek, of n elektroniese woordeboek of in-
ternetwebruimte raadpleeg. In woordeboeke word navorsing wat deur leksikograwe
oor woordbetekenisse gedoen is, opgeteken. Ons kan ook verder gaan en n koipus
gebruik. n Korpus is n (verkieslik groot) versameling elektroniese tekste. Met
sagtewareprogramme kan mens dan woorde in die korpus uitsoek en kyk na die sinne
waarin hulle gebruik word, sodat mens hulle betekenisse op die manier, binne sinskon-
teks, kan bestudeer. Laastens kan mens ook gebruik maak van die teoriee en metodes
van ander vakgebiede soos die neurologie en psigolinguistiek, en eksperimente uitvoer
om vas te stel hoe sprekers die betekenisse van woorde in die brein skep, stoor en weer
later herroep.
In hierdie hoofstuk maak ons staat op insigte wat reeds verkry is deur al vier hierdie
metodes.

5 DIE BEGRIP BETEKENIS IS KOMPLEKS


5.1 Die konseptuele aard van betekenis
250 Dit is nie maklik of raadsaam om n kort verduideliking te gee van die begrip bete
fa
'a w
5N
' s kenis nie - daarvoor is dit te kompleks. Taal stel ons in staat om betekenis te verbind
>=3 met klankvorme. Dit is egter nie altyd maklik om die manier waarop hierdie verbinding
plaasvind, te verduidelik of te verklaar nie. Klanke kan gehoor word en met behulp van
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

die fonetiese alfabet grafies voorgestel word. Ons kan natuurlik ook n ander alfabet,
soos die Romeinse alfabet, gebruik om klank op skrif voor te stel. Die struktuur van
eenhede in die morfologie en die sintaksis kan sonder veel moeite lineer (van links na
regs) en hierargies (byvoorbeeld in die vorm van boomdiagramme) voorgestel word.
Betekenis is egter iets wat nie gehoor, geruik, gesien of gevoel kan word nie - n mens
kan byvoorbeeld n appel opeet, maar nie die betekenis van die woord appel nie. Hoe
sou n mens die struktuur van n woord se betekenis lineer of hierargies kon voorstel?
Verder is betekenis ook tot n mate subjektief en mag die betekenisse wat verskillende
taalgebruikers aan verskillende taaleenhede heg, gedeeltelik verskil.
Betekenis berus dus op kennis en interpretasieprosesse wat in die verstand van die
taalgebruiker gesetel is. Om die betekenisstruktuur van n taal te beskryf, vereis dus
dat mentale strukture in die brein (konseptuele strukture) veronderstel moet word, n
Mens kan nou sien waarom ons n hele hoofstuk nodig het om maar net te begin praat
oor betekenis!
Die vier basiese aannames waarop die kognitiewe semantiek volgens Evans en
Green (2006) gegrond word, is dat
konseptuele struktuur beliggaam is,
semantiese struktuur konseptuele struktuur is,
betekenisverteenwoordiging ensiklopedies is,
en
betekeniskonstruksie konseptualisering is.

In ons verstand word groot versamelings wereld- of ensiklopediese kennis gestoor


Konsepte is deel van hierdie kennis en ons gebruik woorde om met mekaar oor hierdie
konsepte te kommunikeer. Daar is nie vir ellce konsep noodwendig ook n woord in
elke taal nie. Murphy (2010) noem die voorbeeld van die holtetjie in n piering waarin
die koppie pas en waarvoor ons nie n spesifieke woord het nie. Evans en Green (2006)
weer, se dat daar nie n woord in Engels is vir die gedeelte van ons gesig bo die bolip
nie - daar waar n man se snor groei.
Talige kategoriee is konseptuele kategoriee waarvoor n taalgemeenskap wel woor
de het - met ander woorde, konsepte wat in taaltekens verwoord is. Ons beskou bete
kenis dus as iets wat n duidelike konseptuele aard het. Wanneer ons betekenis in taal
ontleed, se ons dan ook terselfdertyd iets oor die algehele konseptuele vermoe van die
mens.

5.2 Kenmerke van betekenis


Daar is 5n paar kenmerke van betekenis waaroor taalkundiges saamstem: betekenis is
abstrak, simbolies en arbitrer maar ook konvensioneel.
Betekenis is abstrak - ons kan dit nie aanraak nie. De Villiers (1975: 53) stel dit
so: Alle woorde is abstrak in die sin dat hulle nie tasbare plaasvervangers vir tasbare
dinge is nie: hulle verteenwoordig konsepte of begrippe. Betekenis is ook simbolies.
Ons gebruik woorde as simbole om iets in die werklikheid aan te toon of om iets te uS
benoem. By simbole is daar geen natuurlike, noodwendige of vaste verband tussen die f
simbool (die woord en, in die geval van name, die klankvorm van die woord) en die
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

betekenis wat deur sprekers opgeroep word by die aanhoor van die woord nie. Omdat
daar geen noodwendige verband is tussen die woord as simbool en die saak (wat deur
die woord benoem word) nie, kan ons se dat betekenis arbitrer is. Met menslike taal
kan ons kan a s t ware willekeurig n bepaalde stuk van die werklikheid afbaken en
benoem. Tog word betekenis in stand gehou deur n sekere konvensie in die gemeen-
skap, waarvolgens sprekers ooreenkom watter woord vir watter betekenis gebruik sal
word. As dit nie so was nie, sou ons nie sinvol met melcaar kon kommunikeer nie.
n Ander aspek van woordbetekenis is dat die grense van woordbetekenisse baie
vaag kan wees. As ons iemand sou vra wat hy of sy verstaan onder die woord vrug,
sou hy of sy dalk sonder moeite appels, pere en piesangs by sy of haar begrip van die
woord vm g kan insluit. Maar wat van tamaties, avokados, rabarber en pekanneute?
Wat is met ander woorde die kern van die betekenis van die woord vm g waarmee ons
sonder probleme sekere vrugte kan insluit by die groep en ander kan uitsluit? En nou
het ons nog nie eers gepraat van die betekenis van vm g in n sin soos die volgende nie:
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Galasiers 5: 22).
Hierdie vaagheidsprobleem kom nie by alle woorde voor nie. n Driehoek kan
beskryf word as n geslote meetkundige figuur begrens deur drie reguit lyne ( Ver-
klarende Afrikaanse woordeboek). Ons kan selfs byvoeg en met drie hoeke, alhoe-
wel die beskiywing hierbo die aanwesigheid van hoeke vanselfsprekend maak. Kan
n mens n figuur teken met drie sye maar net twee hoeke? Is dit dan nog steeds n
geslote figuur? Is daar enigiets vaag aan die betekenis van driehoek?

5.3 Verwysing

Verwysing het te make met die verhouding tussen woorde en die sake, gebeurtenisse,
handelinge en eienskappe waarna woorde verwys. In n sin soos Die plante verdroog
in die son kan n mens se dat daar n verhouding tussen die woord en die spesifieke
saak (plante) in die buitetalige werklikheid is. Wanneer die sin in n gespreksituasie
gebruik word, vind ten minste twee dinge plaas: (a) die spreker verwys na n sekere
saak waaroor hy of sy (b) iets te kenne wil gee. Met die woord plante verwys die
spreker dus na n bepaalde saak in die buitetalige werklikheid. Hierdie saak word die
referent genoem. Dit is die referensiele betekenis van die woord.
De Stadler (1989: 17) skryf byvoorbeeld: (o)mdat een van die belangrikste funk-
sies van taal is om iets te se oor iets anders, is dit te verwagte dat daar uitdrukkings
in die taal sal wees met behulp waarvan hierdie iets anders, die referente van die
uitdrukkings, gei'dentifiseer kan word.
Daar is egter verskillende redes waarom die betekenis van n woord nie gelyk-
gestel kan word aan daardie woord se verwysing nie. Eerstens het nie alle woorde
in die woordeskat verwysingswaarde nie. Alhoewel selfstandige naamwoorde soos
byvoorbeeld boom, tafel, rekenaar, telefoon, potlood, wel verwysingswaarde het, is
252 dit moeiliker met ander soorte woorde soos werkwoorde - vergelyk werk, dans, eet,
dink, verbeel, ensovoorts. Ook voegwoorde (soos want, en, omdat, alhoewel, sodat),
-S
ui a
c9V lidwoorde (die, n) en voorsetsels (soos onder andere oor, vir, aan, op, onder, dear) het
2.5
nie verwysingswaarde nie, maar dra tog inderdaad betekenis. Tweedens is verwysing
CopyrightVan Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
HO OFSTUK 8 AFRiKAANSE SEMANTIEK

nie net n aspek van woordbetekenis nie, maar ook van woordgroepe. Dit is veral waar
van naamwoordstukke. Vergelyk byvoorbeeld die volgende voorbeelde:
[ 0 i Die vrou voor die biblioteek dra n swaar vrag boeke.
\ V-I My kind het gister rugby gespeel.
f i r 1 Die drie manne wat daar sit en stry, soek moeilikheid.
f Die pak biltong is darem baie duur!

Indien daar aanvaar word dat die sinne almal binne n bepaalde situasie of konteks ge
bruik word, is dit duidelik dat dit nie die afsonderlike woorde is wat verwysend optree
nie, maar die naamwoordstukke as geheel - die woordgroepe wat in kursief aangedui
is hierbo.
Vir n uitvoerige uiteensetting van verwysing kan Carstens (1997: 134-217) ge-
raadpleeg word.

5.4 Denotasie
De Stadler (1989: 16) definieer denotasie as die verhouding tussen die woorde en die
sake in die buitetalige werklikheid waarna die woord potensieel kan verwys, dit wil
se los gesien van die gespreksituasie, Die denotasie van die woord vrou is dan al
daardie sake in die buitetalige werklikheid waarna die woord kan verwys. Die verskil
tussen verwysing en denotasie is dat eersgenoemde uiting- en konteksgebonde is en
laasgenoemde nie. Verwysing is konteksgebonde want n uitdrukking het net verwy
sing binne n bepaalde gespreksituasie. Dit is gevolglik n eienskap van betekenis wat
eers geaktiveer word wanneer die uitdrukking gebruik word. Vergelyk weer voorbeel
de (1) tot (4) hierbo. Dit is nie moontlik om die referensiele betekenis te agterhaal
sonder die situasie of konteks nie.
De Stadler (1989: 21) wys verder daarop dat denotasie wel verband hou met ver
wysing in die opsig dat dit by albei gaan om die verhouding tussen die woord en
die buitetalige werklikheid. Die denotasie van n woord is gevolglik die verhouding
tussen die woord en mense, dinge, pleldce, eienskappe, prosesse en aktiwiteite in die
buitetalige werklikheid. Die sake waarna die betrokke woord verwys, word die deno
tata van die woord genoem.

5.5 Leksikale betekenis


Leksikale betekenis word onder andere weerspieel in die semantiese verhoudings
tussen leksikale items, dit is verhoudings soos sinonimie en teenoorgesteldheid. Lek
sikale betekenis is, soos wat De Stadler (1989: 23) dit stel, n deelbare geheel. Daarmee
bedoel ons dat die betekenis van n leksikale item soos gooi met behulp van kenmerke
soos [+veroorsaak], [+deur die lug], [+beweeg] uitgedruk kan word, n Leksikale item
kan ook soms meer as een betekenis he. Ons kan byvoorbeeld praat van * n vrou
van kaliber en ook van die kaliber van n vuurwapen - daar is dus n sogenaamde
letterlike en figuurlike betekenis van die woord kaliber. In afdeling 8 praat ons verder 253
oor polisemie. fJ |
trt CJ
Verder toon die leksikale betekenis van woorde ook aan dat verskillende leksikale e.S'
5
>^
items soos byvoorbeeld boom en gras saam in kategoriee voorkom. Ons klassifiseer
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O F S T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

sulke items wat verwys na sake wat in die werklikheid voorkom, byvoorbeeld in die
kategorie plante. Die leksikale items man, vrou, kind word weer saam gegroepeer
in die kategorie mense. Ons het hierbo ook verwys na die vaagheid van leksikale
betekenis en die feit dat dit nie altyd duidelik is presies wat in sommige kategoriee
ingeshiit kan word en wat nie.

5.6 Konnotasie
Naas denotasie en verwysing verkry woorde ook dikwels n emotiewe waarde of kon-
notatiewe betekenis. De Stadler (1989:26) omskryf konnotasie soos volg: Met n
bepaalde leksikale item kan daar bepaalde waardes geassosieer word, waardes wat die
leksikale item verkry vanwee assosiasies wat rondom die denotata van die betrokke
item ontstaan. De Stadler gebruik die leksikale item man om konnotatiewe betekenis
te verduidelik. Bo en behalwe die feit dat die leksikale betekenis van man kenmerke
soos [+menslik], [+manlik] en [+volwasse] insluit, kan die woord ook bykomende
waardes (konnotasies) he, soos dat mans slordig is, onbedagsaam is, rof en ongevoelig
is, ensovoorts. Dit is op grond van hierdie konnotasies dat n sin soos
My man is maar net n man

nie toutologies is nie. Die betekenis van hierdie sin kan vanwee bogenoemde kon
notasies wat opgeroep word deur die woord man, nie binne n waarheidsafhanklike
raamwerk vasgestel word nie.
Die konnotasie van woorde kan op n stilistiese vlak le (dus afhangend van die
formele of meer informele aard van die situasie). Die leksikale items gevangenis en
tjoekie is byvoorbeeld sinonieme, maar die een word as tipies van n formeler styl
beskou terwyl die ander weer by informele gesprekstaal tuishoort. Die konnotasie van
leksikale items kan ook op 9n emotiewe vlak le. Vergelyk byvoorbeeld die verskil
tussen sninig en spaarsaam. Suinig impliseer n negatiewe oordeel maar spaarsaam
word positief geoordeel.

6 RAAKPUNTE MET ANDER DISSIPLINES IN DIE TAALKUNDE


Aangesien betekenis die spil is waarom taalgebruik draai, is die semantiek ten nouste
verbonde aan die ander aspekte van taalgebruik, naamlik die fonetiese aspek (klank-
struktuur), die morfologiese aspek (woordstruktuur) en die sintaktiese aspek (sinstruk-
tuur).Tn die pragmatiek weer, word taal bestudeer soos wat dit gebruik word - sake
soos die konteks en die situasie waarin iets gese word, is baie belangrik hier.

6.1 Fonetiek
Enkelklanke kan wel deeglik draers van betekenis wees. Kyk byvoorbeeld na die ver
skil tussen
254" kCtM m<3t x mot x met; at x sat x /at; p\\ x g{\ x ril; en c/eur x geur x 6eur
5*
LH 0> asook
cS)
53
Z?ad x pad
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O OFSTUK 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Die verskil in die betekenis van die woorde by (6) word telkens deur net een klank
veroorsaak, en by (7) deur selfs net een kenmerk van n klank, naamlik stemhebbend-
heid. (Die klank wat die betekenisverskil tot gevolg het, word in elke geval hierbo in
kursief aangedui.)
Wanneer klankvorme n sekere betekenis by taalgebruikers oproep, praat ons van
leksikale items soos byvoorbeeld woorde. Klankvorme soos *drep, *ool en *rogpel is
daarom nie woorde (betekenisvolle tekens) nie, al is hulle wel moontlike ldankkombi-
nasies in Afrikaans. Om n taalbousel n woord te noem, moet daar sprake wees van n
vaste klankvorm met n geassosieerde betekenis. Nie elke opeenvolging van klanke in
Afrikaans is dus betekenisvol nie.

6.2 Morfologie

Klanke word saamgevoeg om woorddele of woorde te vorm en die betekenis van


woorddele kan ook ondersoek word. So kan n mens byvoorbeeld die betekenis van
voorvoegsels (prefikse) en agtervoegsels (suffikse) ondersoek. In die volgende voor-
beelde voeg elke affiks (in kursief aangedui) n bepaalde betekenis tot die stam toe:
cweerlik x omnteressant x orangelig
Offspring x cw/staan x ontplof
antiskool x antiregering x antikexk

v/sehoof x vwevoorsitter x vwepresident


kin djie x skooltjie x nngetjie
verpleegster x onderwyseres x koning/77
mans' x huise x verdagtes

Die onderskeid tussen tipes morfeme het onder andere met verskille in die aard van hulle
betekenis te doen. Stamme het gewoonlik redelik selfstandige betekenisse (vergelyk
byvoorbeeld perd- in perdestal). Dit is egter moeiliker om affikse se betekenis duidelik
te identifiseer, veral wanneer die betekenis afhanklik is van die semantiese inhoud van
die stam waarmee dit verbind. Vergelyk byvoorbeeld die betekenis van ont- in die voor-
beelde hierbo en ook in die woord onthoof. -baar beteken byvoorbeeld wat kan x (x is
die stamwerkwoord) in die woord vloeibaar (dus, iets wat kan vloei), terwyl dieselfde
suffiks in die woord eetbaar wat ge-x (die stamwerkwoord) kan word beteken (dus,
iets wat geeet kan word). Sommige affikse se betekenisse of waardes is geheel en al af
hanklik van die betekenis van die stam waaraan hulle heg. Die afleidingsprefiks be- kan
byvoorbeeld, afhangende van die stam waarmee dit verbind, n verskeidenheid waardes
he. Beantwoord beteken byvoorbeeld van antwoorde voorsien, bekalk beteken met
kalk behandel en belig beteken lig laat skyn op.
Ons onderskei verder ook tussen simplekse (ongelede woorde) en komplekse (gelede ^55
woorde) op grond van betekenis. n Simpleks is n woord wat nie in betekenisvolle dele 'a is
SI
verdeel kan word nie, maar n kompleks kan wel in byvoorbeeld stamme en affikse wat CS'
fa
betekenis dra, verdeel word.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O F S T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

6.3 Sintaksis
Sinne moet volgens die sintaktiese reels van n bepaalde taal gevorm word, n Sin soos
*Gaan melk het hy die haal

is sowel sintakties as semantics onaanvaarbaar (ongrammatikaal) omdat dit nie die


sintaktiese verbindingsreels van Afrikaans gehoorsaam nie. Wat ook belangrik is, is
dat n sin nie net grammatikaal korrek moet wees nie, maar ook semantics sin moet
maalc. Vergelyk byvoorbeeld:
I' Q) I Die dowe klip hardloop bo-oor die geraas.

Woordorde is baie belangrik in n taal soos Afrikaans. Woordordeverandering soos in


( 8) hierbo is doodgewoon ongrammatikaal, maar grammatikaal korrekte woordorde
verandering soos in (11) kan betekenisverandering veroorsaak. Vergelyk:
MfBll Die leeu wil die bokkie vang.
[ Ujj 1 Die boklde wil die leeu vang.

6.4 Pragmatiek
Hoofstuk 9 handel oor pragmatiek. Pragmatiek is die studiegebied wat gemoeid is met
die bestudering van taalgebruik binne konteks. Ons gaan hier volstaan met twee
voorbeelde om die verskil tussen leksikale semantiek en pragmatiek te verduidelik.
I D81 Die prins kniel voor Aspoestertjie met die skoen in sy hand en haar voetjie glip
maklik daarin.

n Mens weet waarskynlik dat hierdie skoen n glasskoentjie is en dat die skoen n baie
spesifieke betekenis in die verhaal het - dit is n getoorde skoen wat aan die meisie
behoort op wie die prins verlief is. Hierdie kennis wat mens het van die bepaalde skoen
is egter nie opgesluit in die woord skoen nie - n mens weet dit omdat jy die storie
van Aspoestertjie ken. Die konteks (die hele sin waarin die woord skoen gebruik word
hierbo) verskaf hierdie leidraad.
Nog n voorbeeld:
Man: Daar lid die voordenrklokkie!
Vrou: Ek is in die bad.

Om hierdie dialoog te kan begryp, moet ons meer weet as wat die woorde ltd en voor-
deurklokkie se leksikale betekenisse is. Die vrou verstaan naamlik dat die man nie
bloot n stelling maak nie, maar eintlik wil he sy moet die voordeur gaan oopmaak
- vandaar haar (baie logiese!) antwoord, wat dalk wel by eerste aanhoor moontlik
irrelevant mag klink.
Om op te som: pragmatiek is die studie van konteks- en situasiegebaseerde bete
kVan Schaik'
Uitgewers

kenis, terwyl semantiek meer geinteresseerd is in die (inherente) betekenisse van skoen,
lui en voordeurklokkie, byvoorbeeld - betekenisse wat dieselfde sal bly in 5n hele aantal
verskilllende sinne en nie afhanklik is van n spesifieke konteks en situasie nie.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS TU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

7 PARADIGMATIESE LEKSIKALE BETREKKINGE: SIN O NIM IE,


TEENOORGESTELDHEID EN H IPO N IM IE

Die leksikon van n taal bestaan nie bloot uit n klomp los leksikale items nie. Dit is
met ander woorde nie n deurmekaar versameling sonder enige struktuur of orde nie.
Woorde staan byvoorbeeld dikwels in n bepaalde verhouding tot ander woorde. Ons
kan die beeld van n net gebruik en praat van n netwerk van semantiese verhoudings,
waar leksikale items op verskillende maniere aan ander items in so n netwerk verbind
word. Gebruik een item in so n semantiese netwerk en n aantal ander items se bete-
kenisse word ook opgeroep.
In die sintaksis maak n mens kennis met die terme paradigma en sintagma. In die
semantiek is hierdie begrippe ook van belang omdat dit verskillende tipes semantiese
verhoudings tussen woorde beskryf. De Villiers (1975: 55) stel die paradigmatiese ver
houding tussen woorde voor as n vertikale as en die sintagmatiese verhouding as n
horisontale as (sien die diagram hieronder).
Woorde verbind sintagmaties op bepaalde wyses met mekaar om betekenisvolle
sinne te vorm. In geskrewe taal is hierdie verbindings horisontaal van links na regs te
sien (in sommige tale van regs na links, natuurlik). In n paradigmatiese verhouding
staan woorde weer op 5n bepaalde kontrastiewe manier teenoor woorde wat nie in die-
selfde sin voorkom nie. Woorde wat tot dieselfde paradigma (die vertikale as waarop
leksikale items voorkom) behoort, kan (maar hoef nie noodwendig nie) ook bepaalde
semantiese verhoudings met mekaar aangaan. Vergelyk die volgende sintagmas en
paradigmas:
1 2 3 4 5
----------------------------------------------------------------------------------------------- ^
Die meisie koop die lekker aPPels*
Y Die dogter verkoop die slegte vrugte.

Die selfstandige naamwoorde in paradigma 1 staan in n verhouding van sinonimie


tot mekaar; die woorde in paradigma 2 en 4 staan weer in n verhouding van teen-
oorgesteldheid; en die in paradigma 5 in n verhouding van hiponimie. Sinonimie en
hiponimie het te make met semantiese insluiting, en teenoorgesteldheid met seman
tiese teestelling (Gouws, 1989).

7.1 Sinonimie
Omdat ons die taal wat ons praat, ken, weet ons intui'tief dat daar woordpare is wat n
baie groot betekenisooreenkoms vertoon. Op grond van dieselfde intuisie weet ons ook
dat sommige woordpare meer sinoniem is as ander. Soos Cruse (1986: 265) dit stel:
These two intuitions seem to point to something like a scale of synonymity.
In die Tesourus van Afrikaans (De Stadler & De Stadler, 2007) kry ons byvoorbeeld
C "7
die volgende leksikale items wat almal die betekenis doodgaan uitdruk: doodgaan,
/$"p\
sterf beswyk, sneuwel, heengaan, afsterf afklop, vrek, wegval, die ewigheid inskiet, j
%/\ <u
die lewe laat, ontslaap, val, omkom. Dit is ook deel van ons taalkennis dat ons weet cH>
33
wanneer ons afklop kan gebruik en wanneer liewer nie. Ons sal ook nie die woord
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

sneuwel gebruik as iemand in sy slaap heengegaan het nie. Daar is dus bepaalde ver-
skille tussen hierdie leksikale items, ook al beteken hulle almal om dood te gaan.
Yule (1996: 95) omskryf sinonieme as twee of meer vorme met nou verwante bete
kenisse, wat dikwels, maar nie altyd nie, plaasvervangend in sinne gebruik kan word.
Sinonieme is dus in die eerste plek woorde wat tot dieselfde paradigma behoort. n
Verdere voorwaarde vir sinonimie is dat identiese verwysing noodsaaklik is wanneer
die leksikale items na iets verwys.
In sekere kontekste, waar hulle dieselfde referent het, sal lyk en liggaam as sino
nieme kan optree, in ander nie:
\~t& ' Die polisie het die vermoorde meisie se liggaam in n verlate stegie gekry.
I OQl Die polisie het die vermoorde meisie se lyk in n verlate stegie gekry.
I W I Jy moet jou liggaam goed oppas deur reg te eet en genoeg te oefen.
lllftil :!:Jy moet jou lyk goed oppas deur reg te eet en genoeg te oefen.

Op grond van verskille tussen sinonieme, verskille wat ook dikwels n kwessie van
graad kan wees, tref taalkundiges n onderskeid tussen absolute of volkome sino
nieme en gedeeltelike sinonieme (vergelyk byvoorbeeld Cruse, 1986 en Gouws,
1989). Cruse (1986: 268) merk in die verband op dat n mens by sinonieme n skaal
kan voorstel met geen verskille aan die een kant van die skaal nie (absolute sinonieme)
en op die res van die skaal kleiner grade van semantiese verskil tussen die sinonieme,
tot by die punt op die skaal waar die verskille te groot raak om nog van sinonieme te
kan praat.

AB S OL UT E EN GEDEELTELIKE S I N O N I E M E

Absolute sinonieme deel alle betekenisonderskeidings met mekaar, toon geen beteke-
nisuitbreidings waarin albei woordpare nie deel nie, en kan mekaar in alle optredes
vervang sonder dat die waarheidswaarde van die sinne waarin hulle optree, verander.
Daar is ook geen klein, subtiele betekenisverskille tussen absolute sinonieme nie. Die
woorde wentelfrap en draaitrap is voorbeelde van sulke absolute sinonieme. Wanneer
ons kyk na woordeboekdefinisies van hierdie twee woorde, sien ons dat hulle beteke
nisse volkome oorvleuel. Wanneer ons hulle in sinne gebruik, kan hulle mekaar altyd
sonder probleme vervang.
Te veel woorde wat presies dieselfde beteken en wat mekaar in alle kontekste kan
vervang, sou egter onnodig wees. Taal is in wese n baie ekonomiese stelsel en verdra
normaalweg nie oortolligheid nie. Dit is asof daar baie gou klein verskilletjies in-
sluip wanneer mense woorde met dieselfde betekenisse gebruik. Absolute sinonieme
is daarom baie skaars.
Een belangrike rede vir die gebrek aan absolute sinonieme is die behoefte aan sti-
listiese verskille tussen woorde. Tussen die volgende stelle woorde kan mens byvoor
beeld, wat hulle betekenisse betref, geen verskil aantoon nie: pediater - kinderdokter;
258 botanie - plantkunde; abdomen - buik - maag - pens. Tog sal n mens, afhangende
-C van die situasie, die een woord bo die ander verkies. Met n kind sal n mens nie van
VI 01
cS> n abdomen of selfs n buik praat nie, maar in n hospitaal sal dit heel normaal wees
53
vir die dokter om een van hierdie twee woorde te gebruik. Die register, dit wil se die
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

taalgebruik wat pas by n bepaalde beroep of n sekere sosiale groep, of die styl (die
aard van die situasie: informed, formeel of selfs verhewe, soos wanneer iemand inge-
sweer word), speel hier n rol. Stilistiese variasie is baie algemeen in taalgebruik. Dit
is n sterk lcrag wat absolute sinonimie teestaan. Die oorgrote meerderheid sinonieme
le daarom dan ook iewers op die skaal wat Cruse voorstel - hulle is gedeeltelike sino
nieme.

Die hele kwessie van polisemie (afdeling 8) is van belang as mens oor sinonieme
praat. By gedeeltelike sinonieme is daar altyd betekenisonderskeidinge wat verskil
en hulle kan mekaar nie in absoluut alle kontekste vervang nie. Vir die begrip dronk
wees is daar in Afrikaans n hele aantal uitdrukkings, soos dronk, besope, beskonke,
aangeklam, hoenderkop, hoog in die takke, geswael, ensovoorts. Behalwe vir die sti
listiese variasie wat hierdie items vertoon, is daar nog n rede waarom mens hulle nie
absolute sinonieme kan noem nie. Kom ons kyk bietjie na die betekenisonderskeidings
van dronk, besope en beskonke onderskeidelik. (Die 0-teken dui aan dat n woord nie
die spesifieke betekenisonderskeiding het nie.)

Betekenisonderskeidings dronk besope beskonke

(i) onder die invloed van onder die invloed onder die invloed
drank van drank van drank

(ii) duiselig, (ighoofdig 0 0

(iii) waggelrig, slingerend 0 0

(iv) ekstaties, in vervoering 0 0

Dronk, besope en beskonke kan mekaar sonder probleme vervang in n konteks waar
die eerste betekenisonderskeiding ter sake is:
VWt\ As hy dronk is, huil hy maklik.
As hy besope is, huil hy maklik.
As hy beskonke is, huil hy maklik.

Omdat besope en beskonke nie die ander betekenisonderskeidings van dronk deel nie
(hulle het elk net die eerste betekenisonderskeiding en is daarom semantiese sim-
plekse waar dronk n semantiese kompleks1 is \ kan hulle dronk natuurlik ook nie in
kontekste met die ander betekenisonderskeidings vervang nie:
MftHl My kop voel n bietjie dronk.
*My kop voel n bietjie besope.
*My kop voel n bietjie beskonke. 259
Hy is dronk van liefde. ^^
-C
*Hy is besope van liefde. *&
*Hy is beskonke van liefde.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Wanneer een van n reeks sinonieme in n vaste uitdrukking optree, soos in dit slaan
my dronk, is daar n verdere rede waarom dronk en sy sinonieme mekaar nie kan
vervang nie. Die woorde in uitdrukkings soos hierdie het naamlik tot vaste verbin-
tenisse versteen en in n groot mate hulle onafhanklike betekenisse prysgegee.
Nog n voorbeeld van woorde wat net gedeeltelik oorvleuel wat hulle beteke
nis onderskeidings betref, is maer, slank, dun en skraciL Hulle is almal semantics kom-
pleks en deel slegs een betekenisonderskeiding: sonder vet. A1 vier kan gebruik
word om na iemand se liggaamsbou te verwys:
llpnl Die meisie is m aer/slank/dun/sb'aal.
Maer, slank en sh-aal kan nie gebruik word om n boek mee te beskryf nie, maar dun
wel. Vergelyk n dan boek met * n maer / slank/sb'aal boek. Maer word ook figuurlik
gebruik in n uitdrukking soos maer j are, waar dun/sb'aal en slank nie gebruik kan
word nie.
Dun kan gebruik word om aan te dui dat iemand honger is, byvoorbeeld: Ek voel
nou dun, waar skraal, maer en slank nie gebruik kan word nie.
Ons het al daarop gewys dat taal nie hou van oortolligheid nie, maar dat sinonieme
wel sorg vir stilistiese verskeidenheid. Nog n rede vir die voorkoms van sinonieme
hou verband met die taal se geskiedenis en die manier waarop woorde in n taal se
woordeskat opgeneem word. Die baie sinonieme in Afrikaans is onder andere te danke
aan die feit dat die lede van sinoniempare van verskillende taalfamilies afkomstig is.
So kry ons tronk uit Maleis en gevangenis uit Nederlands. In Afrikaans is daar verder
n groot aantal begrippe waarvoor daar n Germaanse woord so wel as n sinoniem
van Romaanse herkoms bestaan. Die rede waarom hierdie sinonieme naas mekaar bly
voortbestaan, is dat hulle leksikale betekenis soms n bietjie kan verskil of dat hulle
veral stilisties van mekaar verskil. Die leksikale items se morfologiese gedrag kan ook
verskil. Daar is byvoorbeeld n werkwoordelike afleiding van m otief (wan oorsprong n
Romaanse woord), naamlik motiveer, maar geen werkwoordvorm van die Germaanse
sinoniem, dry/veer, nie. M otief het dus op morfologiese gronde bestaansreg naas dryf-
veer. Hier is n paar sinoniempare waarvan die lede onderskeidelik van Gennaanse en
Romaanse herkoms is:
G erm aans Rom aans
diyfveer motief
hoi konlcaaf
toestand kondisie
eetmaal dinee
sielkunde psigologie
taalkunde linguistiek
digter poeet
aanhaal siteer
26C jaargety seisoen
(95 staatsman politikus
-5
cS1 lykskouing outopsie
53
letterkunde literatuur
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Oor die algemeen word die Germaanse vorme as minder formeel as die Romaanse
vorme beskou en word die Romaanse vorme makliker met akademiese taal geas-
sosieer. Die Germaanse woorde is dikwels meer deursigtig en maldiker verstaanbaar as
die Romaanse ekwivalente. Vergelyk byvoorbeeld commendatio x huldigingswoord,
botanie x plantkunde, ti'igonometrie x driehoeksmeting, diabetes x suikersiekte. (In
hierdie woordpare staan die Romaanse woord telkens eerste.) Die frekwensie (hoe
dikwels hulle deur taalgebruikers in die algemeen gebruik word) van sinonieme kan
ook verskil. Een van die woorde in so n woordpaar is byvoorbeeld meer bekend en
word meer gebruik.
Meer bekend/word meer gebruik Minder bekend/word minder gebruik
politikus staatsman
seisoen jaargety
dokter arts

Aangesien Romaanse woorde minder deursigtig is as hulle Germaanse ewekniee en


ook omdat hulle internasionaal bekend is, word hulle gewoonlik verkies as dit by vak-
taal en terminologie kom.
Vergelyk verder ook De Villiers (1975: 89-90) vir n uiteensetting van die maniere
waarop sinonieme kan verskil.

7.2 Semantiese teestelling


Die term antonieme word tradisioneel gebruik vir twee woorde met teenoorgestelde
betekenisse. Die volgende woordpare is tipiese voorbeelde van sulke teenoorgestel-
des: goed x sleg; warm x koud; groot x klein; dood x lewendig; bo x onder. Ons is
geneig om aan teenoorgesteldes soos warm en koad te dink in terme van uiterstes en
die semantiese afstand tussen die woorde staan voorop, maar Cruse (1986: 197) wys
daarop dat teenoorgesteldes tipies ten opsigte van net een betekenisaspek verskil en
dat hulle in der waarheid n hele aantal betekeniseienskappe deel. Dit mag dalle vreemd
klink, maar twee of meer woorde moet genoeg eienskappe gemeen he om as teenoor
gesteldes beskou te kan word. Hierdie onderliggende ooreenlcoms is n voorvereiste
vir antoniempare. Warm en koud deel die belangrike kenmerk [temperatuur] en hulle
le by twee teenoorgestelde pole van die temperatuurskaal:
warm koud
[+temperatuur] [+temperatuur]
[+hoog] [-hoog]
[+uiters] [+uiters]

Indien daar geen gedeelde betekeniseienskappe is nie, is die kwessie van teenoor-
gesteldheid nie ter sake nie. Dit maak byvoorbeeld geen sin om aan dak en telefoon
as teenoorgesteldes te dink nie. Die woordpaar seun x dogter kan as komplementere
teenoorgesteldes beskou word omdat hulle teenoorgesteld is wat geslag betref, maar
261
ooreenstemmend is wat betref spesie - beide is menslik. Hoog en laag kan as gra-
deerbare antonieme beskou word, aangesien hulle teenoorgesteld is wat ligging betref,
</l QJ
maar hulle is ooreenstemmend in die sin dat beide na ruimtelike orientering verwys. 53
In die uiteensetting wat volg, konsentreer ons op drie soorte teenoorgesteldheid.
CopyrightVan Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS TU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

7.2.1 Komplementere teenoorgesteldes


Komplementere teenoorgesteldes verteenwoordig twee uiterstes van n konseptuele
domein wat in twee wedersyds uitsluitende kompaitemente verdeel word. Dit wat in
die een kompartement val, val nie in die ander een nie - die ontkenning van die een
lid van n komplementere paar (byvoorbeeld waar) impliseer die bevestiging van die
ander (byvoorbeeld vals):
[ W ~\ Wat hy se, is nie waar nie.
[K ill Wat hy se, is vals.

Die volgende sinne is daarom onsinnige sinne:


lllffllll *Die deur is nie oop of toe nie.
KM *Die hasie was nie dood of lewendig nie.

De Stadler (1989: 84) gee ook die volgende voorbeelde van komplementere pare:
manlik x vroulik; getrond x onge froud; redelik x redeloos; adellik x burgerlik.

7.2.2 Gradeerbare antonieme


Lyons (1977) verwys na Sapir wat onderskei het tussen gradeerbare en niegradeer-
bare teenoorgesteldes. In navolging van Cruse (1986), gebruik ons die term antoniem
slegs vir gradeerbare teenoorgesteldes. Baie antonieme is adjektiewe wat grade van
n eienskap soos lengte (lank x kort), spoed (yinnig x stadig), gewig (maer x vet),
ensovoorts aandui. Hierdie gradeerbaarheid beteken byvoorbeeld dat die antonieme
trappe van vergelyking het en kan verbind met graadwoorde soos baie en geweldig.
Antonieme kan gebruik word in vergelykende konstruksies soos groter as of kleiner
as, en n hele reeks grade kan tussen die twee teenoorgestelde uiterstes van n skaal le:
snikheet - warm - koel - koud - yskoud. Anders as by komplementere teenoorgestel
des, verteenwoordig antonieme verskillende punte op n graderingskaal.
Die ontkenning van die een lid impliseer nie noodwendig die bevestiging van die
ander lid nie. Die sin Ons bond is nie ju is oud nie beteken dus nie noodwendig dat die
hond se ouderdom op die ander uiterste van die skaal {baie jonk) le nie.
In die geval van komplementere teenoorgesteldes lay mens nie vergelykende kon
struksies nie (vergelyk *doder, of *meer dood), en soos hierbo gese, impliseer die
ontkenning van die een lid wel die ander lid. Die persoon is nie dood nie, impliseer
inderdaad dat die persoon lewendig is.
Twee belangrike implikasies van gradering, naamlik normatiwiteit en gemerktheid,
word vervolgens bespreek (vergelyk Lyons (1977: 273 e.v.) en De Stadler (1989: 82)).

7.2.2.1 Normatiwiteit
262 Met normatiwiteit bedoel ons dat die betekeniswaarde van n antoniem bepaal word
fS~\
'ra Q) in samehang met die aard van die saak waarna daar verwys word. Daar is n bepaalde
-5
in j
<D
e S'
S3
norm ten opsigte waarvan n saak as byvoorbeeld lank o f kort beskryf kan word.
Die waarde van die woord diep sal byvoorbeeld verskil in die woordgroepe diep bad
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O F S T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

en diep rivier. n Diep bad is steeds vlakker as n vlak rivier. Die saak (hier onderskei-
delik bad en rivier) tree dus as norm op met betrekking tot die betekenisinhoud wat
aan die lede van die antoniempaar toegeken word. Ons vind om hierdie rede n sin soos
[Mffil n Klein kameelperdjie is al klaar n groot dier

nie vreemd nie, omdat die saak (kameelperd) a s t ware sy eie norm het wat die eien-
skap grootte betref.

7.2.2.2 Gem erktheid

Antoniempare bestaan uit n gemerkte en n ongemerkte lid. In n spesifieke vraagsin


sal dit gewoonlik die ongemerkte lid van die paar wees wat gebruik word. Die ant-
woord op die vraag word sodoende nie vooruitgeloop nie. n Mens vra dus:

Hoe lank is hy? /H o e ver is die skool? / Hoe diep is die dam? / Hoe oud is haar
ma?

Indien die gemerkte lid egter gebruik word, word n bepaalde vooronderstelling ge~
maalc:
iK$lll Hoe lcort is hy ? (Die vooronderstelling is dat h y kort is.)
MESM Hoe naby is die skool? (Die skool is met ander woorde naby.)

7.2.3 Omkeerbare teenoorgesteldes

Sekere woordpare word as omkeerbare teenoorgesteldes beskou. Vergelyk die volgen


de pare: pa x seiin; gee x neem; dokter x pasient; koop x verkoop; vasmaak x losmaak.
Daai* is n ander verhouding tussen die lede van hierdie soort woordpare as by die
soorte teenoorgesteldes wat in 7.2.1 en 7.2.2 hierbo bespreek is. By hierdie soort teen
oorgesteldheid moet n mens kyk na die sinne waarin die leksikale items gebruik word.
As ons se
MEfli Jan is Piet se pa
hou dit die volgende in:
1381 Piet is Jan se seun.
iH H Jan verkoop die boek aan Piet
impliseer
BIHB Piet koop die boek by Jan.

*n Woord soos gee veronderstel dat daar geneem is, dokter dat daar n pasient is, los
maak dat iets vasgemaak was, ensovoorts.
In hierdie gevalle is die een lid (sintakties beskou) die omgekeerde van die ander. ^63
Indien die een teenoorgestelde in n sin deur die ander vervang word, ruil die onder- sJ
1/1Q
werp (byvoorbeeld Jan in sin 36) en die indirekte voorwerp (byvoorbeeld Piet in sin C>
55
36) plekke om:
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Bm Jan gee vir Piet die sleutel.


BEH Piet ontvang die sleutel van Jan.

Ten slotte moet ons opmerk dat ons hier nog nie naastenby alle aspekte in verband met
teenoorgesteldheid bespreek het nie. Die werk van die strukturele semantikus John Ly
ons kan geraadpleeg word vir n baie volledige uiteensetting van hierdie fassinerende
taalverskynsel.

7.3 Hiponimie
Hiponimie kan gedefinieer word as n semantiese verhouding van insluiting. Yule
(1996: 95) gee die volgende voorbeelde: ajfodil - blom; hond - dier; poedel - hond;
wortel ~~groente. Insluiting beteken dat indien iets n affodil is, dit ook noodwendig n
blom is; indien iets n hond is, dit ook noodwendig n dier is; indien iets n poedel is,
dit ook noodwendig *n hond is, en so meer. Die betekenis van hond word ingesluit by
die betekenis van poedel Wanneer daar na hiponimiese verhoudings gekyk word, gaan
dit om die betekenis van woorde in n hierargiese verhouding. Kyk na die volgende
voorbeeld:
plant

gras boom struik

populier eik wilger bloekom

Figuur 8.2 Hiponimie: 'n semantiese verhouding van insluiting

Die begrip hiponimie word baie maklik verduidelik deur te kyk na biologiese klassi-
fikasie. Dirven en Verspoor (1999: 45) verwys na die werk van die antropoloog Berlin
wat verskillende vlakke, van die mees algemene tot die mees spesifieke, onderskei
by hierargiese klassifikasies. In die kategorie plante, byvoorbeeld, vorm die woord
boom die basisvlak, eik, wilger en populier is op die spesifieke vlak en plant op die
algemene vlak. Kinders leer gewoonlik eers die basisvlakwoorde aan, soos hond, kar,
koei en vleis, en later algemene terme soos troeteldier, voertuig, kos en spesifieke
terme soos labrador, veteraanmotor, kalfie, tjop, en so meer.
Die woord wat n oorkoepelende klas of algemene term (byvoorbeeld soogdier)
benoem, heet die superordinaat, en die woorde wat die ingeslote klas (soos hond)
benoem, heet hiponieme (of subordinate). Die betekenis van die superordinaat is dus
meer algemeen of omvattend en die betekenis van die hiponiem(e) is meer spesifiek.
Dit gaan by hiponimie om n reeks oorganklike verhoudings:
2g4 dier is die superordinaat van hond;
hond is die superordinaat van terrier
6 I
en
terrier die superordinaat van foksterrier.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS TU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Andersom: Hond is n hiponiem van die hoer superordinaat dier; en poedel, fokster-
rier, ensovoorts, is weer hiponieme van hond. Omdat poedel n hiponiem van hond is,
is dit ook n hiponiem van dier.
Die verskillende hiponieme van n bepaalde superordinaat staan bekend as mede-
of kohiponieme van mekaar. Ons kan ook die term kohiponieme gebruik vir n hele
stel, soos vir die verskillende soorte kaarte in n pale: hartens, skoppens, klawers en
ruitens, byvoorbeeld.
Die voorbeelde wat gewoonlik gegee word om hiponimie te verduidelik, is self-
standige naamwoorde. In n WordNet-analise2 van werkwoorde word veral gebruik
gemaak van insluiting en troponieme. Tussen die werkwoorde snork en slaap is daar
n verhouding van insluiting: as jy snork, hou dit in dat jy slaap. Troponieme het te
make met die manier waarop n handeling uitgevoer word. Neurie is byvoorbeeld n
bepaalde manier van sing.
As n mens die hele woordeskat van Afrikaans sou probeer voorstel in n hierar-
giese struktuur soos in Figuur 8.2, sal jy agterkom dat nie al die plekke gevul word
nie. As mens byvoorbeeld kyk na die kategorie klein diertjies, is daar in Afrikaans
leksikale items soos kalf, lam en welpie. Ons het egter nie in Afrikaans, soos wat En
gels byvoorbeeld het, ekwivalente vir kitten en puppy (en trouens nog heelwat ander
klein diertjies) nie. Engels weer, het byvoorbeeld nie n ekwivalent vir die Afrikaanse
woord vreet nie. Hierdie leemtes in die hiponimiese struktuur noem ons leksikale ga-
pings. Waar daar n duidelike behoefte is aan n woord, leen ons soms n woord uit n
taal waar so n gaping nie voorkom nie. Mense gebruik byvoorbeeld die woord sibbe
wanneer hulle met een woord na broers en susters tegelyk wil verwys - ons het hierdie
woord na die Engelse siblings gevorm.

8 POUSEMIE
Alhoewel daar potensieel n oneindige aantal woorde in elke individuele taalgebruiker
se woordeskat sou kon wees, is dit ook waar dat ons woordeskat en die manier waarop
dit gestruktureer is, taamlik minimalisties is. Hiermee bedoel ons dat ons brein allerlei
vernuftige maniere het om soveel as moontlik betekenisse uit n bepaalde woordvorm
te tap. Die verhouding tussen vorm en betekenis is trouens een van die fassinerende
aspekte van die betekenisleer. De Villiers, met verwysing na Bolinger, merk die vol
gende in die verband op: as woorde nie polisemies was nie - altans polisemies kon
wees nie ~ sou hulle oneindig baie van hulle waarde as instrumente van denke en me-
dedeling ingeboet het (De Villiers, 1975: 74).
Dat n woord verskillende verwante betekenisonderskeidings of betekeniswaardes
kan he, is deel van die kennis wat ons het van woorde en hulle betekenisse. Ons weet
hoe om sin te maak van die volgende twee sinne - hoe om die betekenis van (40) in
verband te bring met die in (41), byvoorbeeld:
EM Die hennetjie broei al vir n week.
My hart broei oor die stad. (Uit Vakansiebrief 5van D.J. Opperman)
.Van Schaik
Uitgewers

Ons verstaan dat broei in (40) letterlik op eiers sit en hulle warm hou beteken, maar
in (41) dink, nadink. Anders as by homonimie sien ons ook nog n duidelike verband
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

raalc tussen hierdie twee betekenisonderskeidings van broei. Die meeste woorde in
Afrikaans veitoon so n polisemiese betekenisstruktuur. Hierdie woorde is seman
tiese komplekse (Gouws, 1989: 394). Daar is ook woorde wat net een betekenis het
- vergelyk byvoorbeeld weer die woorde besope en beskonke. Sulke woorde is mono-
semies of semantiese simplekse.
Ons kan polisemie definieer as die verskynsel dat n woord verskillende, maar
verwante, betekenisonderskeidings (ook genoem polisemiese waardes) kan he. Ho-
monimie daarteenoor, kom voor waar dieselfde vorm twee of meer totaal onverwante
betekenisse het.
Die grense tussen polisemie en homonimie is nie altyd baie skerp te trek nie. Poli
semie word dikwels in taalkundeliteratuur saam met homonimie as voorbeelde van
ambivalensie bespreek, omdat dit by beide hierdie verskynsels gaan om die verhou
ding tussen (ldank)vorm en betekenis.
Die woord polisemie het n Griekse herkoms. Dit kom van die woord polysemos en
is saamgestel uit poly (baie) en sema (teken). Die verskynsel het lank gelede reeds
die ou Griekse filosowe geinteresseer. Vir die leksikografie is sowel polisemie as ho
monimie belangrike verskynsels. In n woordeboek word woordvorme met verwante
betekeniswaardes (met ander woorde n polisemiese woord) onder een lemma (die
woord wat ons opsoek, die soek- of trefwoord) gelys, gewoonlik met Arabiese syfers
genommer. Identiese woordvorme met verskillende betekenisse (homonieme) daaren-
teen, kry meer as een trefwoordinskrywing, een vir elke homoniem.
Dit is nie altyd so maklik om te besluit of n woord polisemies is of nie (kwessies
soos die verskil tussen vaagheid en polisemie is ook belangrik), en die skeidslyn tussen
polisemie en homonimie mag ook problematies wees. Die oordeel hieroor hang dik
wels af van die taalkennis en insig van individuele taalgebruikers. Leksikograwe (in
die volksmond bekend as woordeboekmakers) is taalkundiges wat navorsing doen oor
woorde en woordbetekenisse, maar selfs hulle verskil soms van mekaar oor die kwes-
sie van homonimie en polisemie. Die volgende voorbeeld toon byvoorbeeld aan hoe
Nederlandse en Afrikaanse leksikograwe van mekaar verskil oor die woord veer - en
tog kom die twee betekenisse wat hier ter sake is, in beide tale voor.3
In die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) word vier woorde, almal
met die vorm veer, as homonieme hanteer. Daar is byvoorbeeld:
veer { bedekking van n voel, phiim
en
veer2 reguit, ronde o f spiraalvormige stuk metaal wat sal terugspring as dit
gerek o f gedruk en dan gelos word.

Anders as die HAT, onderskei n Nederlandse woordeboek, Van Dale se Groot Woorden-
boek der Nederlandse Taal, nie twee homonieme by veer nie. Die betekenis spiraal
vormige draad, word aangedui as een van die polisemiese betekenisonderskeidings
van veer, naas die polisemiese waarde pluim. Hierdie voorbeeld toon aan dat daar nie
266
altyd eenstemmigheid onder taalkundiges is oor polisemie en homonimie nie.
|^ | Die woord skool word dikwels as voorbeeld aangehaal om polisemie te verduide-
|| lik - ons gaan dit ook hier gebruik. Kom ons kyk eers na n aantal sinne waarin skool
gebruik word:
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O OFSTUK 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

(i) Die skool bied nou sowat 35% van sy klasse in dubbelmedium (Afrikaans en
Engels) en die res van sy klasse in parallelmedium (Afrikaans of Engels) aan.
(ii) Die vervalle Mphemphe-skool het 31 leerlinge gehad.
(iii) Die museum, wat n replika is van die skool waar Bosman onderwyser was,
word vandag in gebruik geneem.
(iv) Omdat jou lees- en skryfvaardighede daagliks getoets word terwyl jy op skool
is (...)
(v) Ons is almal al lankal klaar met skool.
(vi) Die skool het die polisie ontbied en albei leerlinge is in hegtenis geneem.
(vii) Op skool het ek aan sport deelgeneem omdat elc moes.
(viii) Eers na skool het sport begin leklcer raak.
(ix) Die skool sing die skoollied uit voile bors.
(x) Na skool wag daar n lekker bord warm kos in die kombuis.
(xi) Hy is gebrei deur die skool van die lewe.
(xii) Hy behoort tot die liberale skool in die ekonomie.

Die betekenis van skool in die bostaande sinne is nie telkens presies dieselfde nie. Ons
kan uit die voorbeeldsinne die volgende polisemiese waardes aflei:
(a) Inrigting waar mens onderwys of opleiding ontvang (sinne i, iv, v en vii)
(b) Gebou of geboue waar die onderrig plaasvind (sinne ii en iii)
(c) Lestyd of onderrigtyd (sinne iv, viii en x)
(d) Die onderwysers en /o f die leerlinge (sinne vi en ix)
(e) Leergeleentheid (sin xi)
(f) Rigting in die wetenskap, die kunste, ensovoorts wat deur n groep mense aange-
hang word (sin xii)

Ons het hierbo gese polisemie beteken dat n woord soos skool verskillende, maar
verwante, betekenisonderskeidings kan he. Hierdie definisie gee aanleiding tot n be-
langrike vraag, naamlik: wat beteken dit as ons se die verskillende betekenisonder
skeidings of polisemiese waardes is vervvant aan mekaar? Wat is dit wat die polise
miese waardes van n woord soos skool aan mekaar verbind? Ons gaan in die volgende
paragrawe hierdie vraag probeer beantwoord.
Die aard van die verwantskap tussen die polisemiese waardes is al grondig onder-
soelc binne die leksikale semantiek en veral ook binne die kognitiewe semantiek. Dit is
veral die werk wat gedoen is rondom kategorisering wat gelei het tot bepaalde insigte
in die aard van die polisemiese struktuur van woorde.
Een van die basiese aannames van die kognitiewe semantiek is die volgende: taal is
n onderdeel van ons konseptuele vermoe, wat beskryf kan word as die somtotaal van
alle begrippe wat menslike wesens reeds het, of nuut vorm. Hierdie aanname impliseer ^^
dat taal (en dus ook die semantiese struktuur van taal) deel is van die totale menslike *<
om
1/1 OJ
konseptuele struktuur. Binne hierdie siening van taal word dan ook klem gele op die gS1
konseptuele aard van polisemie.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Die kognitiewe semantiek se insigte rakende kategorisering en menslike kognisie


is belangrik, omdat polisemie te make het met semantiese kategorisering .4
Kategorisering is n belangrike aspek van menslike kognisie. Ons organiseer of
groepeer dele van die buitetalige werklikheid in kategoriee. So tref ons n onderskeid
tussen byvoorbeeld soogdiere en reptiele. As ons n stuk musiek hoor, kategoriseer
ons dit dadelik as byvoorbeeld klassieke musiek, yofcnusiek, rock-musiek of wat die
geval ook al mag wees. Talige kategoriee is konseptuele kategoriee en die verskillende
betekenisonderskeidings van n polisemiese woord weerspieel ons konseptuele orga-
nisasie. Binne die kognitiewe semantiek is taalkundiges van mening dat die verskil-
lende betekeniswaardes van n polisemiese woord (wat beskou word as n kategorie)
gestoor word as afsonderlike, maar verwante leksikale konsepte. Volgens Lakoff vorm
die polisemiese struktuur van n woord n stervormige kategorie, oftewel n kategorie
met n stralingspatroon .5 In Figuur 8.3 stel ons die polisemiese struktuur van skool
voor as so n stralingspatroon.
n Tweede belangrike insig van die kognitiewe semantiek het te make met die idee
van n sentrale, of prototipiese, betekenisonderskeiding waarom die ander beteke
nisonderskeidings in so n stralingspatroon gerangskik of georganiseer word. Die kog
nitiewe semantiek het kennis geneem van die ondersoek na kategorisering wat deur
die sielkundige Eleanor Rosch gedoen is. n Paar grondaannames van die kognitiewe
semantiek kontrasteer met die sogenaamde klassieke siening van wat n kategorie
is. Volgens die klassieke siening word sake soos verskillende soorte voels en vrugte
byvoorbeeld almal op n gelyke manier ingesluit by die kategorie omdat hierdie sake
almal voldoen aan n stel voorwaardes vir kategorie-insluiting - sogenaamde afdoende
en noodsaaklike voorwaardes. Dit beteken dat elke lid van n kategorie oor al die ken-
merke wat noodsaaklik is, beskik. Rosch se eksperimente het egter getoon dat mense
in werklikheid objekte in kategoriee saamgroepeer op grond van die ooreenkomste wat
die objek vertoon met n prototipiese lid van die kategorie. Mense sal byvoorbeeld
n bepaalde vrug, byvoorbeeld n appel, kon beskou as so n prototipiese lid van die
kategorie vrugte.
As n mens hierdie insigte toepas op die verskynsel van polisemie kom jy agter dat
daar by n polisemiese woord ook n prototipiese betekeniswaarde is wat n sentrale
of kemposisie in die woordkategorie inneem. Binne die kategorie is daar dan beteke
nisonderskeidings wat baie naby aan die sentrale betekenis is, maar daar is ook ander
wat aan die randgebied van die kategorie - op die periferie le.
Die idee van n sentrale betekenis, ook genoem die grondbetekenis, is nie n nuwe
insig van die kognitiewe semantiek nie. Semantici aanvaar al baie lank dat daar so n
basiese betekenis is. Hierdie betekenis kan moontlik die oudste betekenis wees (polise
mie leen hom dan ook goed tot etimologiese ondersoek, met ander woorde, ondersoek
na die herkoms van woorde), of dit kan die betekenis wees waaraan n taalgebruiker
heel eerste dink. Dit is die mees opvallende, of mees gebruiklike betekenisonderskei
ding.
268
De Stadler (1989: 104) gebruik die voorbeeld perd om die idee van die grondbete-
|~|) kenis te illustreer. Die waarde viervoetige ry- en trekdier sal die grondbetekenis
wees en nie die waarde toestel in gimnastiek nie.
Die bydrae wat die kognitiewe semantiek tot die uitbreiding van ons insigte in poli-
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS TU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

semie lewer, is dat die konseptuele aard van polisemie beklemtoon word. Polisemiese
woorde word beskou as konseptuele kategoriee van betekeniswaardes. Die manier
waarop die struktuur van n polisemiese woord beskou word, naamlik dat die verskil
lende betekenisonderskeidings op n bepaalde manier met mekaar verbind word, is
ook n nuwe insig. Nie al die betekenisonderskeidings van n polisemiese woord soos
skool is naamlik verwant aan al die ander waardes binne die polisemiese kategorie
nie; ook is hulle nie almal ewe nou verbind of op dieselfde manier verbind tot die
grondbetekenis nie. So toon die betekenis gebou by skool byvoorbeeld nie bete-
kenisverwantskap met les-ure of denk- of kunsrigting nie, maar hierdie waardes is
wel almal verwant aan die sentrale betekenis van opleiding, onderrig.
Ons kan die stralingspatroon van skool soos volg visueel probeer voorstel:

1 Leerlinge en 1 Gebou waar


Leergeleentheid onderwysers 1 skoolonderrig
by n irtrigting piaasvind
1
A A

Kuns-,
Total e leer- of
wetenskap-
onderrigtyd
denkrigting

Figuur 8.3 Polisemiese onderskeidings van skool

Die voile reeks betekenisonderskeidinge van n leksikale item is nie staties nie.
Nuwe onderskeidings kom by, oues verval en ander word aangepas. n Belangrike
volgende vraag is nou: hoe ontstaan die verskillende bekeniswaardes dan? Hier is
algemene kognitiewe prosesse soos spesialisering, metafoor, metonimie en veralge-
mening aan die werk. Hierdie kognitiewe prosesse vorm die paadjies waarvan ons
denke of kognisie (ons breinvermoe, kan mens ook se) gebruik maak om die sentrale
betekeniswaarde met ander waardes binne die kategorie te verbind.
Wanneer nuwe onderskeidings by kom, staan dit bekend as polisemiese verrui-
ming. In die tagtigerjare van die 20ste eeu het die woord muis n betekenisonderskei-
ding bygekiy om 5n rekenaarapparaatjie aan te dui. Hierdie betekenisuitbreiding is blyk-
baar gegrond op n fisiese ooreenkoms tussen die knaagdiertjie (veral die vet lyfie en
lang stertjie) en die rekenaarapparaatjie. Wanneer n bepaalde leksikale item sy beteke
nisonderskeidings inboet, staan dit bekend as polisemiese inperking. 269
Om op te som: Woorde met meer as een polisemiese waarde word in die kognitiewe

i/lsP
o
semantiek beskou as behorende tot n kategorie waarbinne die polisemiese waardes 1<=aS'

of onderskeidings aan mekaar verbind word deur middel van algemene kognitiewe
CopyrightVan Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O F S T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

beginsels soos metafoor, metonimie, veralgemening, spesialisering en beeldskema-


transformasies.

9 H O M O N IM IE
n Woord bestaan uit n vorm (klankvomi o f geskrewe vorm) en betekenis. Soos ons
al gese het oor die arbitrere aard van betekenis, is daar geen noodwendige verband
tussen n woord se vorm en sy betekenis nie. Dit kan dus gebeur dat ons woorde
teekom wat toevallig dieselfde vorm het, maar wat geen ooreenkoms toon wat hulle
betekenisse betref nie. Hierdie verskynsel noem ons homonimie. Dit is n soort frats
of toevalligheid in taal en kan lei tot begripsprobleme - iets wat die potensiaal het om
doeltreffende kommunikasie in die wiele te ry.
Gouws (1989: 389) wys daarop dat die nieverwantskap tussen woorde dikwels
ondersteun word deur etimologiese getuienis. By onbetwisbare, of historiese ho-
monieme, soos wat De Villiers (1975: 68) hulle noem, het die homonieme op twee
maniere ontstaan: twee verskillende klankvorme het as gevolg van klankverandering
nader aan mekaar beweeg, of die twee klankvorme het elk n ander herkoms - hulle
het in Afrikaans beland uit twee verskillende tale. In Afrikaans het ons byvoorbeeld
vandag die homonieme aai\ uit Nederlands aar ( "koringaar) en aar2 (buis waar-
deur bloed vloei). Aar2 het in Afrikaans klankverandering ondergaan (sinkopee of
wegval van die -d-) uit die Nederlandse ader. Die woord lacial (die ronde voorwerpe
wat n mens kan inryg) kry ons uit Frans (coral) en die homoniem kraal (omheining
waarbinne vee aangehou word) kom weer uit Portugees curral.6
Waar daar n homonimiese verhouding tussen woorde bestaan, word hulle gewoon-
lilc in woordeboeke as afsonderlike lemmas opgeneem en verklaar: daar is dus twee
afsonderlike soek- of trefwoorde, soos ons reeds vroeer uitgewys het. Die leksikograaf
spreek hom of haar dus uit oor die betekenisverhouding tussen daardie leksikale items.
Ons kan grade van homonimie onderskei. Waar woorde tot dieselfde woordsoort
behoort, is daar n baie sterk vorm van homonimie, soos by as en asn. Homofonie en
homografie is twee onderafdelings wat as swakker vorme van homonimie beskou kan
word. Beide is voorbeelde van gedeeltelike homonimie (heteronimie) waar die vorm-
like ooreenkoms beperk is tot een medium, hetsy spraak of skrif.

9.1 Homofonie
Homofone is woorde wat verskillende spelvorme het, maar wat dieselfde uitgespreek
word. Ons sien die verskil tussen die woordvorme net wanneer hulle geskryf word.
Voorbeelde is: re is x rys;fee x vee; styl x steil; leier x Iyer; lean x leuen\fonds x vonds.
Omdat ontronding so algemeen in Afrikaans is, kan mens ook pare soos leier x luier
en lig x lug hier insluit - baie mense spreek hierdie woorde dieselfde uit.

270 9*2 Homografie


|'| Homograwe is woorde wat dieselfde skrifvorm het, maar wat verskillend uitgespreek
11 word. Die verwantskap tussen die woorde le dus net op die vlak van spelling - die
klankvorme is nie dieselfde nie. Vergelyk byvoorbeeld die volgende woordpare:
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O F S T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

voorspel "se wat in die toe- voorspel "prelude"


(klem op die tweede koms gaan gebeur" {klem op die eerste
lettergreep) lettergreep

kanon "tipe grofgeskut met kanon "lied wat, deurdat die


(klem op die tweede 'n groter kaliber as 'n (klem op die eerste sangers na mekaar
lettergreep) masjiengeweer" lettergreep) inval, meerstemmig
klink, kettingsang''

pers "werktuig om boeke, pers "rooierige blouerige


koerante en so meer kleur"
te druk"

10 LEKSIKALE AMBIVALENSIE
Polisemie, homonimie en homofonie kan lei tot leksikale ambivalensie (ander terme
vir ambivalensie is dubbelsinnigheid of meerduidigheid) waar die ontvanger nie
weet wat die produseerder wil kommunikeer nie. n Uitdrukking soos Ek b y nie die
pen nie is onduidelik indien n mens nie weet waar en deur wie dit gese is nie. Indien
dit egter in een van die volgende situasies gese word, is dit maklik om te interpreteer:
Waar iemand sit en brei of hekel, verwys dit waarskynlik na n brei- of hekelpen. In
dien iemand n vorm wil invul, is dit moontlik *n pen of mee te skryf. n Bakster wat
wil kyk of n koek gaar is, soek dalk na die toetspen. Indien dit gese word terwyl mense
besig is om n tent op te slaan, is dit heel moontlik n tentpen wat soek is. Op dieselfde
manier kan denkbeeldige situasies bedink word waar dit om n koorspen, n gholf- of
n krieketpen gaan.
Ambivalensie kan vermy word deurdat die ontvanger die uiting binne die konteks
waarin dit geproduseer is, interpreteer. Die kontekste behels:
die tekstuele of talige konteks (ko-teks) - dit wat vantevore gese is;
die situasionele konteks (die situasie of fisieke konteks) waarin die uiting plaasvind;
en
die sosio-kulturele konteks (die globale konteks).

Carstens (1997: 386 en verder) gee n deeglike uiteensetting van konteks in taalge-
bruik.

11 W O ORDVELDE
Woordveldteorie gaan van die veronderstelling uit dat alle betekenisse wat in die
leksikon weergegee word met mekaar verband hou. Groepe woorde vorm saam n
betekenisveld, en die verskillende velde vorm dan weer groepe totdat die hele lek
sikon gedek is. So kan drafstap, drcif, nael en hoi almal saam gegroepeer word in die
woordveld wat met hardloop verband hou. Hardloop kan dan weer saam met ander 271
werkwoorde soos byvoorbeeld loop, stap, wandel, drentel, slenter, sti'ompel, h'uip (os

mS?
cj
gegroepeer word om n groter woordveld te vorm wat menslike beweging op land g S'
>5
aandui. Menslike beweging kan weer saam met ander groepe n groter woordveld vorm
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FSTU K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

wat beweging in die algemeen aandui. Lehrer (1969), soos aangehaal in Malmkjaer
(2004: 340), wys daarop dat die woordeskat verdeel word in leksikale of konseptuele
velde en die items in elke veld word gestruktureer in verhouding tot mekaar. Die idee
is dus dat die hele woordeskat verdeel en herverdeel kan word in interafhanklike velde.
Woordveldteorie kan gebruik word om aan te toon hoe taalverandering plaasvind
aangesien die wyse waarop die semantiese ruimte verdeel word en in leksikale items
gerealiseer word, deurentyd verander. Vergelyk byvoordeeld die verandering in die
betekenis van die woord muis oor die afgelope twee dekades waarna hierbo verwys
is. Woordveldteorie kan ook gebruik word in vergelykende taalkunde om aan te toon
hoe n bepaalde semantiese gebied dieselfde of verskillend verdeel word in verskil
lende tale. Tale verskil dikwels in die manier waarop hulle selfs redelik basiese velde
verdeel. Verskille in velde soos verwantskapterme, kleurterme, terme vir dele van die
liggaam en temperatuurterme kom byvoorbeeld algemeen voor.
Wat verwantskapterme betref, kan die volgende verskille tussen Afrikaans en En
gels as voorbeeld dien. In Afrikaans verwys die terme /7ee/(manlik) en niggie (vroulik)
na die kinders van n mens se ouers se broers of susters. In Engels word die woord
cousin (sonder geslagsonderskeid) hiervoor gebruik. N eef en niggie kan egter ook op-
tree as sinonieme vir die terme broers- en susterskind ~ die kinders van jou broer of
suster. Engels gebruik hier die terme niece (vroulik) en nephew (manlik). Vergelyk ook
die bespreking van leksikale gapings in afdeling 7.3 hierbo.
Die kritiek teen woordveldteorie het te make met die feit dat woorde nie altyd
duidelik van mekaar in verskillende velde onderskei kan word nie. Eleanor Rosch se
siening dat kategoriee gradeerbaar is, onduidelike grense het en inkonsekwent is in
terme van die status van hulle lede (vergelyk afdeling 2 en 8 hierbo) gee n beter beeld
van hoe leksikale betekenis ervaar word.
n Verdere punt van kritiek hou verband met die feit dat woordveldteorie nie n ver-
klaring bied vir sintagmatiese verhoudings nie. Dit verklaar byvoorbeeld nie hoekom
ons b la f met hond verbind en nie met kat nie, of blond met hare en nie met byvoor
beeld fiets of deur nie (Malmkjasr, 2004: 340-341).

12 TOEPASSING: WAARDE VAN DIE DISSIPLINE


In afdeling 6 het ons gewys op raakpunte tussen die semantiek en ander onderafdelings
van die taalkunde. Kennis van semantiek kan ook beskou word as onmisbaar in aan-
grensende dissiplines soos die volgende:

LEKSIKOLOGIE7

Leksikologie is die studie van die leksikon of die woordeskat - met ander woorde,
die studie van leksikale items soos woorde. Hoewel daar baie raakpunte is tussen die
leksikologie en die semantiek - wanneer mens na woorde kylc, is hulle betekenis baie
belangrik, n atuurlik- is die twee terreine nie volkome identies nie. Binne die leksiko
272 logie kyk mens ondere andere na kwessies soos woordfrekwensies, die woorde wat
-5 i)
eerste deur kinders aangeleer word, daar word onderskei tussen die verskillende soorte
1/1 0
e
ro^S> leksikons, soos randwoordeskat en kernwoordeskat, die standaardtaalwoordeskat en
argaiese (verouderde) woorde, vaktaal, spreektaal, kindertaal, streektaal, ensovoorts.
Copyright Van Schaik Publishers
AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O FS T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Ons kan ook die herkoms van woorde betrek of byvoorbeeld kyk na hoe nuwe woorde
(neologismes) gevorm word en in die leksikon aanvaar word. Binne die leksikologie
kan n mens dan indelings maak betreffende die woordeskat van Afrikaans, soos die
wat S.P.E. Boshoff onderskei, naamlik erfgoed, leengoed en eiegoed.

M L E K S I KO G RA F I E8

Leksikografie is die wetenskap wat die praktyk van woordeboekmaak bestudeer. In die
praktiese leksikografie word inligting betreffende n taal se woordeskat verwerk tot 5n
eindproduk - n woordeboek. Waar die leksikologie dus die leksikon as sodanig as
studieterrein het, gaan dit in die leksikografie daarom dat daar volgens n stel taalkun-
dige beginsels n keuse uit die leksikon gedoen word om volgens verdere linguistiese
kriteria verwerk te word vir aanbieding in n woordeboek. Die leksikografie het der-
halwe te make met die beskrywing en verklaring van n taal se woordeskat of van n
subversameling leksikonelemente (Gouws, 1989: 25). Vergelyk ook Hoofstuk 12.

13 SAMEVATTING
In hierdie hoofstuk is daar gekyk na verskillende aspekte van betekenis. Daar is spe-
sifiek gefokus op die wetenskaplike studie van betekenis. Uit die bespreking van die
komplekse aard van semantiek blyk dit dat betekenis selde eenvoudig is, maar eerder
gesien moet word as n dig verweefde stelsel wat raakpunte met alle ander aspekte van
taal het. Kommunikasie gaan in die eerste instansie om betekenisoordrag en n studie
van die semantiek gee vir n mens n aanduiding van hoe ons as mense die wereld
verstaan en hoe ons ons daaroor uitdruk in taal.

Austin, J. 1955. Howto do things with words. Cambridge: Massachusetts: Harvard University Press.
Badenhorst, B., Carstens, A. & Van Rensburg, C. 1992. Aspekte van die Afrikaanse taalkunde. Bloemfon
tein: Patmos.
Botha, T.J.R. (Red.). 1989. Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Academica.
Carstens, W.A.M. 1997. Afrikaanse tekslinguistiek. Pretoria: J.L. van Schaik.
Cruse, D.A. 1986. Lexical semantics. Cambridge: Cambridge University Press.
Crystal, D. 1995. The Cambridge encyclopedia of the English language. Cambridge: Cambridge University
Press.
Cuyckens, H. & Zawada, B. 1997. Polysemy in cognitive linguistics. Amsterdam: John Benjamins.
De Klerk, W.J. 1978. Inleiding tot die semantiek. Durban: Butterworth.
De Stadler, L.G. *1989. Afrikaanse semantiek. Johannesburg: Southern.
De Stadler, L.G. & De Stadler, A. 2007. Tesourus van Afrikaans. Kaapstad: Pharos.
De Villiers, M. 1975. Die semantiek van Afrikaans. Kaapstad: HAUM.
Dirven, R. &Verspoor, M. (Reds.). 1999. Cognitieve inleiding tot taal en taalwetenschap. Leuven: Acco.
Evans, V. & Green, M. 2006. Cognitive linguistics: an introduction. Edinburgh: Lawrence Erlbaum.
Fillmore, C.J. 1976. Frame semantics and the nature of language, in Annals of the New York Academy of 273
Sciences: Conference on the origin and development of language and speech, Vol. 280: 20-32. .
Geeraerts, D. 2009. Theories of lexical semantics. Oxford: Oxford University Press. %|
Gouws, R.H. 1989. Leksikale semantiek. In Botha, T.J.R. (Red.). Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde.
Pretoria: Academica, 392-411. I j

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute
H O O F S T U K 8 AFRIKAANSE SEMANTIEK

Lakoff, G & Johnson, M. 1980. Metaphors we live by. Chicago: Chicago University Press.
Lakoff, G. 1987. Women, fire and dangerous things. Chicago: Chicago University Press.
Lyons, J. 1977. Semantics - Volumes 7 and 2. Cambridge: Cambridge University Press.
Malmkjaer, K. (Ed.). 2004. The linguistic encyclopedia. 2nd ed. London: Routledge.
Murphy, M.L, 2010. Lexical meaning. Cambridge: Cambridge University Press.
Richards, I.A. & Ogden, C.K. 1923. The meaning of meaning. Cambridge: University of Cambridge.
Rosch, E. 1978. Principles of categorization, In Rosch, E. & Lloyd, B.B. (Eds). Cognition and categorization.
Hillside, N.J: Lawrence Erlbaum, 27-48.
Yule, G. 1996. The study of language. Cambridge: Cambridge University Press.

EINDNOTE

1 Die terme semantiese simpleks en semantiese 7 Taalkundiges wat n beduidende bydrae gele-
kompleks word deur Gouws (1989:394) ge wer het tot die Afrikaanse leksikologie is onder
bruik. andere die volgende: S.P.E. Boshoff, G.S. Nie-
2 WordNet is n groot leksikale databasis vir En naber, J. du P. Scholtz, H.J.J.M. van der Merwe,
gels. Selfstandige naamwoorde, werkwoorde, M. de Villiers, W. Kempen, F.F. Odendal, L.C.
byvoeglike naamwoorde en bywoorde word in Eksteen, L. de Stadler en R.H. Gouws.
synsets (kognitiewe sinonieme) gegroepeer. 8 Baanbrekers wat die eerste woordeboeke in
Lees meer by http://wordnet.princeton.edu. Afrikaans begin skryf het, is die span van die
3 Die veer-voorbeeld is van De Villiers (1975: WAT onder leiding van P.C. Schoonees (verge
70). lyk Deel I van die WAT vir nog name), D.B.
4 Om meer te wete te kom oor die begrip kate Bosman, l.W. van der Merwe en L.W. Hiemstra
gorie kan Lakoff (1987) se boek Women, fire ( Tweetalige Afrikaans-Engelse woordeboek),
and dangerous things gerus geraadpleeg word. M.S.B. Kritzinger, F.F. Odendal, F.J. Labu-
5 Lakoff se term hiervoor is radial categoiy. schagne en L.C. Eksteen.
6 Lees ook Gouws (1989: 389) oor die herkoms
van die homonieme kapel (klein kerkie) en
kapel (giftige slang).

2 74

Copyright Van Schaik Publishers


AFK2602 Unisa
Do not distribute

You might also like