Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

-1-

N
2015

NASIONALE SERTIFIKAAT

BESTUURSKOMMUNIKASIE N4
(Eerste Vraestel )

(05140254)

2015
3URE

TWEE woordeboeke en TWEE addisionele verwysingsbronne


mag gebruik word.

GEEN elektroniese woordeboeke mag gebruik word nie.

Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye en 'n 2 Bylae.


-2-

DEPARTEMENT VAN HOR ONDERWYS EN


OPLEIDING
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
NASIONALE SERTIFIKAAT
BESTUURSKOMMUNIKASIE N4
(Eerste Vraestel)
TYD: 3 URE
PUNTE: 100
______________________________________________________________

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Beantwoord AL die vrae.


2. Lees AL die vrae aandagtig deur.
3. Nommer die antwoorde korrek.
4. Begin ELKE antwoord op n nuwe bladsy.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Lees en vertolk al die vrae binne die raamwerk van die gegewe
gevallestudie.

AGTERGROND

U is die Bestuurder van KABINET VANILLA HUIS


in WYNBERG.

U will graag meer mense bewus maak van


die waarde van Suid-Afrikaanse oudhede.
-3-

VRAAG 1 : PRCIS

U lees die artikel oor buitelanders wat Suid-Afrikaanse oudhede opraap (BYLAE A).
U wil die inligting in die maandelikse blaadjie aan klinte en belangstellendes
voorsien. Som die artikel op in 100 woorde. Verskaf u eie nuwe opskrif.
(20)

IN HOUD LOGIESE SAMEHANG TAAL/ SPEL WOORDE OPSKRIF TOTAAL

10 4 4 1 1 20

VRAAG 2 : TELEFOONBOODSKAP

U woon die oggend van 24 Mei 2015 n veiling van oudhede by. Terwyl u uit is,
skakel interieur-muse, Ralph Krall van die firma LA RESIDENCE OUDHEDE, om u te
verwittig van meubels wat hy wil laat restoureer (herstel) en waardeer voordat hy dit
op n veiling wil laat verkoop. Hy vra dat u asseblief na die meubles moet kom kyk en
dan rel vir die restourasie en waardasie daardvan. Gebruik die telefoon-
boodskapvorm (BYLAE B) en skryf die boodskap soos afgeneem deur u
sekretaresse.
(10)

IN HOUD TAAL TOTAAL

10 -1 per fout van inhoud 10

VRAAG 3 : KLAGTEBRIEF

U hanteer die restourasie en waardasie van mnr. Ralph Krall se oudhede. U


maatskappy maak al jare gebruik van die dienste van mnr. Gabriel du Toit van
TERRA RESTOURASIE, gele in Wynberg. Mnr. Ralph Krall is baie teleurgesteld,
want u het reeds vier weke gelede sy oudhede ingehandig vir restourasie en hy wag
steeds daarvoor. Skryf n klagtebrief aan mnr. Gabriel du Toit waarin u u
ontevredenheid uitspreek met die swak diens.
(20)

IN HOUD TAAL / SPEL UITLEG TOTAAL

8 4 8 20
-4-

VRAAG 4 : ONDERSOEK

U l besoek af by die Rosebank-mark. U beplan n soortgelyke mark in Wynberg.


Die voorsitter van WYNBERG ANTIEKE HANDELAARS vereniging vra u om
ondersoek te doen na belangstelling in so n mark. Die lede, plaaslike munisipaliteit,
rolspelers in Toerisme soos gastehuiseienaars, hotelle, toerismeburo, ensovoorts
moet n inset kan lewer in die ondersoek, aangesien oorsese toeriste en die
omliggende dorpe ook hierby sal kan baatvind. Skryf die ondersoekverslag. Dit
moet voor 10 Junie 2015 gehou word.

Gebruik die volgende uitleg:

NAAM VAN ORGANISASIE

ONDERSOEKVERSLAG NA

1. OPDRAG EN DOEL
2. ONDERSOEK METODES
3. BEVINDINGE
4. GEVOLGTREKKING
5. AANBEVELINGS

NAAM
(30)

IN HOUD TAAL/ SPEL UITLEG TOTAAL

15 10 5 30

VRAAG 5 : OMSENDBRIEF

Heelwat van u lede stel belang in n mark soos die een op Rosebank Square. Stel n
omsendbrief op waarin u hulle oor n mark inlig wat vir 25 Junie 2015 beplan word.
Dit sal op die ontspanningsterrein in Wynberg plaasvind. Verskaf die nodige inligting
met betrekking tot die plek, byd en datum. Sekuriteit sal gerel word en huurgeld
beloop R500 per stalletje wat betaalbaar is voor 20 Junie 2015.
(20)
IN HOUD TAAL/ SPEL UITLEG TOTAAL

8 4 8 20

TOTAAL: 100
-5-

BYLAE A

BUITELANDERS RAAP SA OUDHEDE OP

SA versamelaars en handelaars in oudhede glimlag breed na die afgelope


vakansietyd. Verkope aan buitelanders het die hoogte ingeskiet namate die rand sy
waarde teenoor oorsese geldeenhede verloor het.

Jeremy Astfalck, eienaar van The Old Corkscrew in Franschhoek, s sy verkope het
die afgelope drie maande met 60% gestyg. Di indrukwekkende verkoopsyfers
stimuleer die mark omdat SA handelaars nou meer koopkrag het en hul voorraad kan
aanvul. Hy s di merkwaardige toename kan uitsluitlik aan buitelandse toeriste
toegeskryf word. Hy koop sowat 90% van al sy voorraad plaaslik en is bendruk met
die gehalte van antieke ware in SA.

Die afgelope drie maande het ek van die beste items in my loopbaan hier
tegekom, s hy. Silwerware was volgens Astfalck die gewildste item op die oorsese
kopers se inkopielys. Maar hy s die verkope aan verkope aan die buitelanders
spoor SA versamelaars aan om ook te koop. Volgens hom was die afgelope
Februarie-mark van SA ANTIEKE HANDELAARSVERENIGING (SAADA) een van
die beste nog.

Plaaslike versamelaars sien hoe die waarde van die rand daal en hoe buitelanders
van die beste plaaslike oudhede opraap. Nou veg hulle terug en koop self, s
Astfalck. In die lig hiervan is dit dalk n goeie idee om n bietjie in jou huis rond te kyk
vir oudhede en die waarde daarvan te laat bepaal. Miskien l daar iets waardevols
op jou solder en stof vergaar!

Waardasies word gereeld by maandelikse markte soos die Sandton Square-


oudhede-en-sierkunsuitstalling gehou. Di markte vind gewoonlik op die eerste
Sondag van elke maand by verskeie plekke in SA plaas. By die pasafgelope Maart-
mark in Sandton Square is n hele aantal oudhede gewaardeer sommige teen
aardige bedraggies. n Diamant borsspeld, soortgelyk aan die een wat die Koningin
van England dra, is gewaardeer vir tussen R40 000 en R60 000. Norman Warbrick
van Greenside Antiques in Johannesburg, wat die waardasies gedoen het, s die feit
dat die diamante in hul oorspronklike setwerk was, verhoog die waarde.

Maar Warbrick s dit is nie altyd die mooiste items wat die hoogste pryse behaal nie.
Hy beveel aan dat mense weer na hul eenvoudige besittings soos erdewerk en
mansjetknope kyk.

Dit is daardie items wat soms die grootste verrasings oplewer.


Clyde Terry van Clyde on 4th Antiques in Melville s oudhede van ho gehalte raak
vining minder. Handelaas is gretig om nuwe oudhede op die mark te koop om hul
voorraad aan te vul, veral noudat SA so gewild by buitelanders is.

Met erkenning aan COND NAST HOUSE & GARDEN.


-6-

BYLAE B

VRAAG 2 EKSAMENNOMMER:

TELEFOONBOODSKAP

AAN: ___________________________ VAN: _________________________

DATUM: ________________________ FIRMA: _______________________

TYD: _________________________ TEL: _________________________

Het geskakel Sal weer skakel


Skakel terug Verlang n afspraak

BOODSKAP: _________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

BOODSKAP GENEEM DEUR: ___________________________________________

You might also like