Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 72

POOLSE NIE-BEBAARDE KAPOKHOENDERS

BENJAMIN JANSE V RENSBURG


Poolse Nie-Bebaarde Kapokhoenders deur Benjamin Janse v Rensburg

2015 Benjamin Janse v Rensburg.

Alle regte voorbehou.

Voorbladfoto: Geel Gesoomde Poolse (nie-bebaarde) Haan


http://www.chickenforum.com/images/4/4/4/polish-hen.jpg

Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige geskrewe, elektroniese, opname
gereproduseer word, of fotokopiring, sonder skriftelike toestemming van die skrywer.
Die uitsondering sou wees in die geval van kort aanhalings vervat in die kritiese artikels
of resensies en bladsye waar toestemming spesifiek deur die skrywer verleen.
Hoewel elke maatrel geneem is om die akkuraatheid van die inligting hierin vervat te
kontroleer, aanvaar die skrywer geen verantwoordelikheid vir enige foute of weglatings
nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir skade wat mag voortspruit uit die gebruik
van die inligting hierin vervat nie.
Inhoud
Voorlegging
1 | Inleiding tot Poolse nie-bebaarde
kaphoenders
2 | Kenmerke
3 | Diskwalifikasies volgens defekte
6 | Teling
7 | Onderhoud
7 | Die grootmaak van kuikens
8 | Gesondheid
13 | Poolse kapokhoenders Standaarde
14 | Voorkoms
15 | Nie-bebaarde variteite
20 | Basiese konsepte by hoenderskoue
38 | Kondisionering en voorbereiding vir
skoue
49 | Siektes wat algemeen in Poolse vols
voorkom
52 | Die Poolse kapokhoender die
adellike van die pluimvee wreld
52 | My Poolse Kuikenmengsel vir winter
en somer
54 | Ontlasting van hoenders
62 | Ten slotte
63 | Verwysings
64 | Indeks

Voorlegging

Die Poolse kapokhoender is vir my die mees adel van alle pluimvee.
Hulle is van die pluimvee wat uitsluitlik geteel en aangehou word vir
skoudoeleindes.
Hoewel die poolse kapokhoender se uitsig deur sy groot kuif belemmer
word, het hulle steeds n skerp bewustheid van bewegings rondom
hulle. Hulle is aktiewe en liefdevolle hoenders.
Die Poolse kapokhoender hou daarvan om tussen mense te wees en is
baie vriendelike hoenders.
Weens hul sigversperring is hulle baie op hul hoede en moet baie sorg
aan hul gesondheid rondom die kuif gegee word.
Hierdie boek is vir oud en jong belangstellendes, nie net vir skou-
doeleindes nie, maar ook om as troeteldier tuis aan te hou.
Inleiding tot Poolse nie-bebaarde kapokhoenders

POOLSE NIE-BEBAARDE WITKUIF SWART HEN POOLSE NIE-BEBAARDE WITKUIF SWART HAAN

Swart met witkuif, wit met swartkuif, wit, swart.


Blou met witkuif en geel gedraai, kakie met witkuif
Gespikkeld met witkuif, swart/blou gespikkeld met witkuif, khaki met witkuif,
sjokolade met witkuif, koekoek met wit kuif, blou gespikkeld met witkuif.
Poolse kapokhoenders is n baie unieke hoenderras met n gepunte snawel, n
verekuif en n klein v-vormige of horingtipe kam. Hulle is mak en is dus goeie
troeteldiere, maar hul gedrag is soms n bietjie vreemd aangesien hul kuif
hul visie beperk. Wanneer die Poolse hoenders saam met meer aggressiewe
rasse gemeng word, sal die Poolse hoenders aan die laer rangorde neig.
Poolse kapokhoenders l kleinerige wit eiers, en die produksie is van die
individu afhanklik. Ons het gevind dat sommige goed l en n paar baie swak.
Poolse hoenders is soet, pragtige uitstalvols en l goed eiers, maar hulle is
nie betroubaar nie.

Feite oor eiers:


L van eiers: Matig
Kleur van eiers: wit
Grootte van eiers: Bantam klein

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 1


Kenmerke
Kamtipe: V -vormig en horing-tipe
Bors: Ja
Geveerde bene: Geen
Aantal tone: 4

Geskik vir lewe in die agterplaas:


Gehard tydens winter: Nee
Geaardheid teenoor gevangeniskap: Goed
Vernaamlik mak: Ja
Broeis: Ja en Nee
Persoonlikheid: Vriendelik, stil

Hierdie Poolse kapokhoenders is nie-bebaard, klein en maklik om voor


tesorg.
Die Poolse kapokhoenders van Nederland afkomstig en is n Europese
hoenderras wat bekend is vir hul verekuif. Die oudste beskrywings van
hierdie vols kom uit Nederland. Hul presiese oorsprong is onbekend, maar
benewens hul kamme, is hulle versier met groot kuiwe wat byna die hele
kopbedek.
Poolse hoenders word hoofsaaklik as uitstalvols geteel. Hullebestaan uit
bebaarde, nie-bebaarde en frizzelrasse. Hierdie inhoud fokus net op die nie-
bebaarde ras.
Die ras kon vernoem word na die land, naamlik Poland. Hul naam kan ook
kom vanaf die mid-Nederlandse woord pol, wat die hoof beteken en verwys
na die Poolse hoender se koepelvormige skedel.
Dit is ook van mening dat immigrante tydens die laat 1500s die ras se
voorgangers vanaf Spanje of Itali gebring het.
Die Poolse kapokhoender is in Nederland gestandardiseer en as volbloed
tydends die 16de eeu verklaar. In Frankryk is di hoender bekend as n

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 2


uitstekende eierprodusent. Die Amerikaanse Pluimveevereniging noem dat
die ras tussen 1830 en 1840 in Amerika bekendgestel is.Gedurende n sekere
tydperk, het die Amerikaanse boere en hoenderboere di ras bo ander
verkies. Die Amerikaanse Pluimveevereniging aanvaar drie Poolse rasse in
die Vereniging se Standard of Perfection in 1874. Bykomende variteite is in
1883, 1938 en 1963 aanvaar.

Eienskappe
Die Poolse kapokhoender het n klein v-vormige of horingtipe kam. Die
oorlelle en lelle is klein en kan heeltemal weggesteek word deur die kuif . Die
oorlelle is wit. Die kam en lelle is helder rooi.

Diskwalifikasies volgens defekte


1. Verdeling van kuif.
2. Kam- anders as v-vormig of horingtipe.
3. Die afwesigheid van moffies in Chamois, Goud & Silwer rasse.
4. Kleur van bene by swart en blou rasse anders as blou of leiklip, behalwe
op wit en koekoek is wit (n vlees kleur).
5. Meer as vier tone aan elke voet.
6. Enige misvorming.
7. Die afwesigheid van swart of blou in die voorkant van kuif in swart met
wit kuif en blou met wit kuif variante.
8. Kyk uit vir eekhoringstert. Streep wat 90 grade of meer vanaf sy basis
voorkom.
9. Stompvere. Klein vere wat op die skenkels en tussen die tone van die
Poolse hoender groei. Verwyder hulle wanneer hulle klein is. Hoe groter
die veer is, hoe groter is die veerfollikel en dit kan bloei wanneer gepluk
word. As n beoordeelaar agterkom dat so n veer uitgepluk is, kan dit hul
besluit benvloed.
10. Afwesigheid van moffies in mofrasse.
11. Uiterse toonnaels.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 3


Kuif
Die kuif kom altyd voort vanuit n ongemerkte swelsel of projeksie aan
die bokant van die skedel, wat n groot gedeelte van die brein bevat. Dit
is noemenswaardig dat die grootte van hierdie swelsel ooreenstem met die
grootte van die kuif wat daaruit groei. Die hoenders wat die beste kuiwe gaan
dra, kan gekies word wanneer die kuikens uitbroei.

Kam
Die kam van alle Poolse hoenders is ewe vreemd, daarom die benaming van
twee horings (v-tipe) of een horing.
In die rasse meer spesifiek bekend as Poolse kapokhoenders, moet die
kam byna onsigbaar wees, maar daar sal altyd n verdeelde/vurkvormasie
sigbaarwees.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 4


WIT POOLSE HAAN MET N HORINGTIPE KAM.
BEK N BIETJIE LANK EN MOET NETJIES GESNOEI WORD.

Swart Poolse kapokhoender met witkuif


Hierdie ras is die mees algemeen bekend van al die rasse.
Bors van haan: Grasieus en vet. Met die nek eerder teruggedraai, in die
rigting van die stert.
Liggaam: Kort, rond en plomp.
Kleur: Swart of dowwe blou.
Lelle helder vol rooi.
Oorlelle: Suiwer wit.
Vere: Swart oor die hele liggaam met helder weerkaatsing oor die hekel,
saal en stert. Kuif groot, gereelde patroon en vol, selfs in die middel,
en elke veer n perfekte spierwit. Daar moet n paar swart vere aan die
voorkant wees en geen vol sal hiervolgens gediskwalifiseer word nie.
Hoewel hoe minder, hoe beter.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 5


VERE IS SWART OOR HELE LIGGAAM MET N HELDER WEERKAATSING .STERT NIE TE HOOG EN OOK NIE TE LAAG.

Die hen is baie meer kompak en vet in vorm. Verekleed is n diep swart. Kuif
byna globulr in vorm, en dieselfde kleur as die haan.

Teling
Oorweeg al die sterk- en swakpunte van elke individuele vol wanneer jy
jou besluit neem.
Oorweeg die kam van die hen. Die hen met die kleinste of geen kam is
wat jy gebruik om mee te teel sodat die haan se kam klein en onsigbaar
voorkom.
Vere: Swart oor die hele liggaam met helder weerkaatsing oor die hekel,
saal en stert.
Kuif groot, gereelde patroon en vol, selfs in die middel, en elke veer n
perfekte spierwit.Daar moet n paar swart vere aan die voorkant wees en
geen vol sal hiervolgens gediskwalifiseer word nie. Hoewel hoe minder,
hoe beter
Oorweeg die kuif. Die manier hoe die kuif op die kop sit. Dit moet in die
middel wees en nie na een kant hang of vorentoe uitsteek nie.
Gebruik henne met n lae sterthoek.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 6


Hoewel beide die haan en die hen 50% van die gene aan die nageslag
oordra, word dit algemeen aanvaar dat die hen die tipe oordra en die
haan die kleur.

Onderhoud
Myte en luise. Om dit weg te hou, gebruik Mitacide en Carbodustpoeier wat
met Vaseline gemeng is en smeer n klein hoeveelheid in die middel van die
kuif, vlerke en stert.
As jy nie n tuin met sand het nie, gee hulle n grondbasis wat met
Carbodustpoeier en sand gemeng is, sodat hulle gedurende die winter en in
die somer n stofbad kan neem.
Maak seker dat hulle groen voer in die winter en somer het om hul voeding
bestendig te hou. Gee kopslaai, groenbone, gedroogde gras, asook bruin
brood en van die normale voer. Voer spesifiek gemaak vir hase werk ook goed.

Die grootmaak van kuikens

KUIKEN SE KUIF MOOI GROOT MET KLEIN BLOU GEDEELTE VOOR ONDER BY KUIF.

Plaas n verwarmer altyd aan die voorkant van die kuikens. Verskaf elke dag
vars water. Voer ouer kuikens ongeveer 30% turkey starter crumbles. Dit
help met al die ekstra vere wat hulle moet groei.
n Gereelde visuele en fisiese ondersoek is noodsaaklik. Jy moet dalk hul
naels en bek knip. Gebruik n gewone naelknipper hiervoor. Maak seker jy sny
nie waar die bloed in die nael voorkom nie. Ek vries die tone ietwat, en knip
dan die naels. As die bloedlyn raakgesny word, bloei dit dan nie so erg nie. Ek

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 7


steek die toon in bakpoeier om die bloeding te stop. Knip net die eindpunt
van die nael. Vermy die donker area, dit is die bloedtoevoer. Dit maak die
vol baie seer indien jy wel op die bloedtoevoer sny.

Gesondheid
Afhangende van algemene gesondheid, kan n lewensduur van 9-13 jaar
verwag word.

Voeding
Ek gee my vols n standaardmengsel vir die winter en somer. n 30%
groeimengsel + 30% l-meel mengsel + 40% mengsel gemengde hoenderkos.
Ek bied ook n vrye keuse om groen gras, gruis, n sandbad, suiwer bruinbrood,
Lusern, spinasie en daaglikse vars water met n weeklikse hupstoot van
Aviboost of elektroliete.
Meng een keer per week kalsiumpoeier saam met hul normale voedsel. Dit
help dat die hen nie haar eie eiers eet nie of dat die eiers aan die buitekant
sag is nie.
Die gruis help om hul kos af te breek, want hoenders het geen tande nie
asook vir die buite dop van n eier se sterkte.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 8


Verlies van vere
Die verlies van vere is wanneer n vol skielik baie van hul ou vere in die loop
van n paar weke, normaalweg 6 weke, verloor en dan weer nuwes groei.
n Harde verlies van vere is wanneer die meeste van die vere verloor word,
terwyl n ligter verlies van vere ook voorkom. Dit kan n probleem wees
aangesien pluimvee hul stert gebruik om hul emosies oor te dra stert op
dui op aggressie of kondig dreigende gevaar aan, stert af en ingesteek dui
op onderdanigheid of vrees. As ander hoenders nie hierdie seine kan lees
as gevolg van die vermiste vere nie, kan die vol n ekstra pik of twee kry.
Vols ondergaan n harde verlies van vere ongeveer wanneer hulle een jaar
oud is. N die eerste verlies van vere vind dit normaalweg een keer per jaar
plaas. Dit wissel ook van ras na ras en van hoender na hoender. Sommige
hoenders verveer in die somer en n klompie weer in die winter. Die verlies
van vere plaas baie spanning op die vol. Vul die vol se dieet aan met ekstra
proteene, sowel as baie vitamiene en water. Die voordeel om in die winter
te verveer is dat die koue weer nuwe groei stimuleer. Probeer om die vol
teen die koue te beskerm. Moet ook nie die vols te veel tydens hierdie
ververingstadium hanteer nie. Die nuwe vere steek die hoenders wanneer
jy hulle optel. Nuwe vere wat in die skof afbreek kan noemenswaardige
bloeding veroorsaak en kan selfs hul lewe in gevaar stel. As n veer afbreek
smeer iets daarop wat die bloed vinnig sal stop. Ek gebruik n bietjie meel
en Vaseline. Tydens hierdie ververingstadium sal die vol effens terugtrek,
depressief, lusteloos en knorrig wees. Somtyds sal die vol tydens hierdie
stadium selfs wegkruip.
Poolse kapokhoenders het nie net n oop skedel nie, maar hul geveerde
kruin kan hul visie verduister, soms kan hulle nie die ander hoenders sien
nie. Ander hoenders kan hulle op die kop pik wat breinskade, genoem
limberneck, en selfs die dood veroorsaak. Soms kan n stamp op die kop
n kopverkoue tot gevolg h wat kan veroorsaak dat die brein swel. Die
simptome is die onvermo om behoorlik te kan staan of sy kop op te lig, hulle
loop voortdurend agtertoe, druk sy kop tussen sy bene, waggel dronk rond of
hang sy kop onderstebo. Die kopverkoue kan ook veroorsaak word wanneer
die hoender volsaad eet. Vitamiene E en K kan hiervoor help.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 9


Tuisgemaakte Elektrolietoplossing:
liter water
1 teelepel suiker
teelepel sout
teelepel koeksoda
Meng goed totdat al die dro bestandele opgelos is.

Handvoeding vir siek vols


Hou die vol eerstens warm en rustig. As jy verhitting gebruik, maak seker
dat dit warm is, maar nie t warm nie. Beide die vol en die kos moet warm
wees vir die beste resultate. Ek gebruik voedingspoeier vir kuikens. As jy dit
nie het nie, gebruik vlok- (flake) poeier gemeng met melk of water. Meng dit
met die tuisgemaakte elektrolietoplossing plus n klein bakkie ongegeurde
jogurt. Hierdie mengsel help om die goeie, natuurlike flora in die ingewande
te vervang. Antibiotika affekteer die goeie en slegte bakterie en veroorsaak
diarree en gevaarlike dehidrasie in vols.
Klein hoeveelhede van die jogurt is meer voordelig as skadelik. Indien geen
jogurt beskikbaar is nie, gebruik Benbol, n gel wat ware kulture bevat en
spesifiek vir vols geskik is. Plaas die mengsel in die vol se bek en maak
seker die vol sluk dit af. Dit is die veilige manier. Vols het twee gate in
hulle mond. Een daarvan is onder die tong, en word gebruik vir asemhaling.
Die ander gat is aan die agterkant van die keel vir kos en water. As jy geweld
gebruik, kan die vol kos in sy longe aspireer, wat op sy beurt longontsteking
en die dood veroorsaak. Ek gebruik n pipet met n groot opening; n vinger
gedoop in die kos, kan ook werk. Jy kan die vol elke paar uur gedurende
die dag per hand voed. Gedurende die nag, laat die vols normaalweg slaap
terwyl hulle warm en rustig is.
Die idee is om die vol te kry om op sy eie te eet en dat hy goed genoeg eet.
As die vol in die eerste plek die moeite werd was om jou geld en tyd in te
bel, om dit te besit, is dit die moeite werd om n bietjie tyd daarin te bel
sodat dit n bilike kans op herstel het.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 10


Ontwurming en strooi/sproei
Pluimvee is onderhewig aan n ongelooflike klomp parasiete en siektes,
naamlik lintwurm, rondewurms, myte, ens. Parasiete word ingebring deur
wilde vols, slegte grond, erdwurms, kewers, ens. vanuit jou agterplaas.
Hierdie parasiete moet gereeld behandel word. Ontwurm vols elke 6 maande.
Dit is hard op die vol se gestel. Moet nie dieselfde chemiese samestelling
elke keer gebruik nie. Parasiete bou immuniteit op. Vir die beste resultate
kontak u veearts of troeteldierwinkel.

Myte

Myte is klein, kruipende, eksterne parasiete. Vols kan hierdie plae hanteer
deur hulself daagliks skoon te maak en stof baddens te neem. Myte kan en
sal jou vols verswak. Oormatige skoonmaak en n vrees vir die hoenderhok
is n teken van eksterne myte. Gaan jou vol na vir myte deur die vol op n
wit oppervlak vir ongeveer 20 minute te plaas. Myte is aangetrokke tot wit en
sal binnekort na die wit oppervlak beweeg. Kuifvariteite, soos die Poolse
kapokhoender, se kuiwe is n gunsteling broeiplek vir myte.
As jy klein kruipende rooibruin spikkels sien, het die vol myte. Hierdie tipe
myte verkies gewoonlik vols en nie die mens nie. Ek strooi my vols met
Carbodust en spuit hulle ook met Viro-kill. Jy moet dit invryf sodat dit die
vel bereik.

Skubberige myte
As die vol geswelde bene of voete het, het die vol skubberige myte. Die
myte grawe onder die skubbe op die vol se bene en voete wat die bene
geswel en knopperige laat lyk. Soms gebruik telers motorenjin olie, maar
Vaseline wat ingevryf word is my aanbeveling en werk ook baie goed.
Die Vaseline versmoor die myte en hulle sterf. Ek gebruik ook groente- en
olyfolie saam met die Vaseline en vryf dit teen die skubbe op die bene en
tone. Jy moet dit diep in smeer tot onder die skubbe waar die myte is.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 11


Gesonde verstand en hoe om probleme te diagnoseer
Ken jou pluimvee. Kies n tyd elke dag, selfs al is dit net n paar minute, om
jou vols waar te neem. Dit beteken dat jy n tyd lank saam met hulle in
die erf moet wees, deur hulle op te tel, hulle te hanteer en te vryf en op te
merk hoe hulle optree. Hierdie manier sal jou meer oor jou vols as enige
boekvertel.
Deur te weet wat normaal vir jou vols is, kan jy n vol wat abnormaal optree
of siek is dadelik opmerk. Hoenders is geneig om nie die simptome van n
siekte te wys totdat dit te laat is nie. Ek het baie keer gehoor dat hy/sy reg
is, dan is hy/sy skielik daarna dood. Met siek vols moet jy vinnig optree en
aggressief wees met jou behandeling.
Dit is ook voordelig om jou vols op te tel sodat jy weet hoe hul liggaam
voel n dit maak die vol daaraan gewoond om gehanteer te word. Deur die
optel van jou vols, kan jy hul algemene gesondheid nagaan deur hul kiel of
borsbeen te voel. As dit skerp voel, is die vol waarskynlik ondergewig wat
moontlik as gevolg is van n siekte of parasietprobleme. Gaan die vere en hul
vent na vir moontlike beserings. Hulle o moet helder wees en die vol moet
bedag wees.
n Waterige afskeiding vanuit die o of neus, asook n genies en gehyg, is n teken
van n asemhalingssiekte. As jy n asemhalingssiekte vermoed, plaas jou oor op
die vol se bors en luister vir nat, krakerige of roggelendeasemhalingsklanke
wat kan beteken dat vloeistof in die longe opbou.
Die lelle moet vet en goed-gekleurd wees. Maak die hoender se bek oop en
kyk binne-in sy mond. Soms eet n voel nie of is besig om gewig te verloor
as gevolg van n mondbesering of swam, ens. Hoenders het n skerp gepunte
tong en baie diep rante in die verhemelte van die mond dit is normaal.
Nog n manier om algemene gesondheid na te gaan, is deur die gehalte van n
klein hoeveelheid van hul uitskeiding te kontroleer. Abnormale uitskeidings
is gewoonlik een van die eerste tekens van sekere siektes.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 12


Koksidiose
Koksidiose is n siekte wat veroorsaak word deur protoso.
Simptome: Lusteloosheid, bebloede, los ontlasting, gewigsverlies, gebrek
aan eetlus.
Dit kan met Cocsidoze of Amprolium behandel word.

Versuim om te floreer
n Toestand waar die vol nie eet nie, en gewig verloor. By kuikens, word hul
groei vertraag en stop hul ontwikkeling.

Wat is die rooi bloed kolle op eiergele?


Dit word n meat spot of bloed kol genoem. Die eier kom so vanuit die hen
en is van toepassing op vrugbare en onvrugbare eiers. Dit is n plek waar die
bloedvat afgebreek het terwyl die eier nog besig was om te vorm. n Bloed kol
is n stukkie van die weefsel wat afgebreek het.
Soos die eier verouder, word die kol al hoe bleker. Dus, n helder bloed kol is
n teken dat die eier vars is. Hulle kan in n hen se eerste paar eiers verskyn,
maar is meer geneig om by ouer henne voor te kom.
Bloed kolle kan veroorsaak word deur t min vitamien A in n hen se dieet f
dit kan oorerflik wees. n Bloed kol kom voor as n rooi-bruin, grys of wit kol
gewoonlik op of naby die eiergeel. Hierdie tipe kol kon n bloed kol wees wat
van kleur verander het as gevolg van n chemiese reaksie of kan dalk n klein
bietjie voortplantingsweefsel wees.

Poolse kapokhoenders Standaarde


Oorsprong: NEDERLAND {daar word nog bespiegel wat is die regte oorsprong}
Kategorie: Sagte vere
Kleur van eier: Wit (NIE SITTERS hoenders wat nie geneig is om maklik te
broei nie)

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 13


Klassifikasie Massa Ringgroottes

GROOT RAS
Bebaard
Frizzle
Nie-bebaard
Haan 3.0 kg D
Hen 2.5 kg C
Jonghaan 3.0 kg D
Jonghen 2.5 kg C

KAPOK
Bebaard
Frizzle
Nie-bebaard
Haan 1500 g C
Hen 1200 g B
Jonghaan 1500 g C
Jonghen 1200 g B

Voorkoms

Manlik
Liggaamsbou: Regop en fiets.

Tipe: Liggaam vol, rond en redelik lank. Bors vol en rond. Rug plat, gepunt
na stert. Skouers breed, flanke diep. Vlerke groot en nou geset. Stert vol en
netjies versprei, maar laag. Sekels en dekvere oorvloedige en goed verspreid.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 14


Kop: Groot, met n besliste uitsteeksel aan die bokant van die kop wat vanuit
die kruin spruit en wat groot, vol en sonder enige verdeling is, asook met n
kompakte middelpunt wat eweredig rondom val soortgelyk aan die dekvere.
Die kruin moet hoog en glad in die voorkant wees. Bek is mediumgrootte
met n groot en baie prominente holneus wat bo die gebo lyn van die bek
uitstyg. O is groot en vol. Kam (indien enige) horing tipe of v-tipe en baie
klein. Normaalweg word voorkeur gegee aan die vols wat nie kamme het nie.
Gesig glad en nie-bebaard by die witkuif en nie-bebaarde variteite; by die
bebaarde variteite word die gesig heeltemal deur moffies bedek.
Moffies is vol en kompak; dit pas rondom die gesig en bedek byna die hele
gesig. Die oorlelle is medium en ovaal en word nie in moffie-variteite
raakgesien nie. Lelle is redelik groot in witkuif en ander nie-bebaarde rasse.
Geen lelle (of baie klein) kom by bebaarde variteite voor.
Nek: Lank met volop dekvere wat die skouers bedek.
Bene en voete: Bene redelik lank en skraal. Skenkels bevat geen vere nie. Vier
tone, goed versprei en skraal.

Vroulik
Die algemene eienskappe is soortgelyk aan di van die haan, behalwe vir die
normale geslagsverskille.Hoewel, die vroulike hoender se kruin is globulr.

Nie-bebaarde variteite

Kleure
Dit word algemeen (maar verkeerdelik) aanvaar dat die wit-kuif variteite
duidelike wit kuiwe moet h. Dit is nie so nie. In hierdie rasse moet daar
stroke gekleurde vere aan die onderkant van die kruin, bo die bek, wees
wat dieselfde kleur as die liggaamsvere is. Vols sonder hierdie stroke moet
oorgesien word. Dit beteken hulle is gepluk. Die kam, gesig en lelle is helder
rooi. Die bek is donker of blou swart ,By wit varieteite is bek wit vlees kleur.
O het n rooierige tint. Oorlelle wit of turkoois.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 15


Swart met witkuif
Vere: In beide die haan en hen: Die kruin is wit met n groep swart vere aan
die onderkant van die kruin bo die bek.
Skenkels/bene en tone: Donker klip kleur.
Kleure onder: Oral, behalwe by die kruin, klip kleur.

Blou met witkuif


Vere: In beide die haan en hen: Kruin met n groep blou vere aan die onderkant
voor van die kruin. Die res van die vol is n eweredige skakering blou,
maar n fyn kant is verkieslik. Die haan se hekel en stert kan n donkerder
skakeringwees.
Skenkels/bene en tone: Leiklipblou
Let wel: Die gespikkelde witkuif-ras is geneties aan die blou met witkuif-ras
verwant, maar kan in n ander klas getoon word

BLOU MET WIT KUIF HAAN EN HEN

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 16


Wit met witkuif
Vere: Suiwer wit regoor.
Skenkels/bene en tone: Wit tot klipkleur.
Bek: Lig horingkleur tot donker.

Koekoek met witkuif

Vere: Kruin is wit met koekoekvere aan die onderkant voor van die kruin.
Die res van die vere is eweredig donker leiklip of steenkoolgrys op n ligte
(French/Frans) grys agtergrond.
Bene: Leiklip blou tot wit (vleeskleur).
Bek: Wit of ligte horingkleur tot donker.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 17


Gevlek met witkuif
Vere: Die kruin is wit met gevlekte vere aan die onderkant voor van die kruin.
Die res van die vere is swart met wit kolle wat eweredig oor die hele liggaam
versprei is.
Bene: Lig tot donker leiklipkleur. Kolle word toegelaat.
Bek: Donker horingkleur.

Wit met swartkuif

Kruin: n Ryk, metaal swart, met wit vere op die onderkant voor van die kruin.
Vere: Res van die vere suiwer wit. Swart kolle op die bors en op die nek word
egter toegelaat.
Bene: Ligte leiklipkleur.
Bek: Donker na lig horingkleur.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 18


Ander kleure (nie-bebaarde) {daar mag nog ander beskikbare kleure wees}

Goud gesoom
Silwer gesoom
Khaki, Buff
Swart met swartkuif
Blou en Sjokolade.

SWARTKUIF SWART WITKUIF SWART

WITKUIF KHAKI

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 19


Basiese konsepte by hoenderskoue
Alle vertoonlokale word volgens klasse opgestel. Dit is belangrik dat jy weet
wat jou ras is, die variteit (kleur) van jou vols en watter klasse hulle in
behoort. Ten einde vir die regter om sy werk te doen, moet dieselfde klas in
dieselfde vertoonlokaal wees. As jou vol nie in die korrekte klas is nie kan
dit nie volgens daardie klas beoordeel word nie.
Wat beteken elke nommer of letter op die pryskaart van elke hok?
Nommer 1 3
Die pryskaart: Dit wys die top 3 vols in daardie spesifieke ouderdomsgroep
aan volgens geslag en variteit. Hierdie vols moet n goeie tipewees om n
1ste tot 3de plek in hul ras te kry.
Voorbeeld van die beste 3 in variteit: Swart Hane (C), Swart Henne (H), Swart
jonghane (K) en Swart jonghenne (P).
BV = Beste in Variteit
Die beste kleur vol in sy ras volgens kleur; hy moet n goeie tipe wees om vir
die Beste in Variteit oorweeg te word. (Byvoorbeeld: Beste Wit Haan, Beste
Wit Hen, Beste Wit Jonghaan, Beste Wit Jonghen) slegs een van hulle kan die
Beste in Variteit in daardie kleur- en geslagsgroep wees.
RV = Reserwe Variteit
Die tweede beste gekleurde vol in elke groep van n ras.
BC = Raskampioen
Die beste vol in sy ras. Slegs een Old English, een Brahma, een Silkie, een
Plymouth Rock, een Favorelle kan die Ras Kampioen wees.
RBC = Reserwe Raskampioen
Die tweede beste vol in sy ras.
CW = Kategoriewenner
Die beste vol in sy kategorie. (Byvoorbeeld: Beste Hardeveer, Best Sagteveer,
Beste Kalkoen, Beste Hardeveer Bantam, Beste Ware Bantam, ens.)
BOS = Beste Vol op Skou

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 20


Die beste vol onder die kategorie wenners.

Waarna kyk n beoordeelaar wanneer jou vol beoordeel word?

Voorkoms
Eerstens kyk ons na voorkoms of tipe. Almal wat skouhoenders teel en
grootmaak moet die rasstandaard goed ken. Die rasstandaard, algemene
gebreke en diskwalifikasies vertel die teler en uitstaller waarna hy moet
kyk wanneer hy n vol vir skoudoeleindes aankoop of teel. Dit wys ook
vir beoordeelaars wat hulle moet beoordeel tydens n hoender skou. Die
meeste beoordeelaars moet die rasstandaarde, algemene gebreke en
algemene diskwalifikasies memoriseer sodat hulle n eksamen kan afl om
n beoordeelaar te word. Dit is noodsaaklik dat die tipe oorweeg word en
dat hoenders wat baie gebrekkig is in rastipe gediskwalifiseer sal word.
Die gebruik van n beoordeelaarstok, sodat die vol mooi optree, sal die
beoordeelaar in staat stel om die uiterlike voorkoms (tipe) van die vol te
beoordeel.

Liggaam
Parasiete: Ondersoek die vol vir luise of myte. Parasiete op n vol lei tot n
diskwalifisering.
Rug: Waar die rug beskryf word as breed in sy hele lengte, moet die karkas
die breedte nie net vanaf die skouers na die heupe dra nie, maar ook so na
as moontlik aan die onderkant van die stert. n Eksemplaar wat skerp vanaf
die heupe vernou, is byna net so verkeerd as dit net by die heupe nou was.
Vlerke: Ondersoek die vlerke deur die vlerk natuurlik oop te maak terwyl die
hoender vasgehou word. Die vlerk sal oopmaak om n gesplete vlerk of ander
defekte uit te wys.
Abdominale kapasiteit: n Groot maag of groot kapasiteit is noodsaaklik
vir voldoende ontwikkeling en is ook noodsaaklik vir vinnige spysvertering
sodat groot eierproduksie voortgebring kan word. Wanneer die standaard-
beskrywing diep en vol lees, moet die beoordeelaar hierdie dimensie

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 21


bepaal deur sy duim op die heupbeen te plaas en met sy hand en vingers die
kante van die liggaam tot by die kielbeen aan die voor- en agterkant van die
bene te voel.
Gesondheid: Die krag en gesondheid van n eksemplaar is van die allergrootste
belang en ook n noodsaaklikheid in die voortplanting en voortbestaan van
alle rasse. Beoordeelaars sal nie net die eksterne voorkoms oorweeg nie,
maar ook die werklike tipe van die liggaamsbou.

Kop
Kop: Die kop is baie belangrik, aangesien dit op gesondheid en lewenskragdui.
Kam: Vergelyk met die Rasstandaard.
O: Vergelyk die kleur met die Rasstandaard. Die oog moet groot, helder en
prominent wees, die iris ryk in kleur, die pupil duidelik en perfek gevorm.
Die toestand van die oog dui dikwels n vorm van sistemiese siekte aan,
insluitend leukose.
Lelle: Vergelyk met Rasstandaard.
Oorlobbe: Vergelyk met Rasstandaard.
Breedte van kop: Vergelyk met Rasstandaard.
Ore: Vergelyk met Rasstandaard.

Nek
Bene en voete
Bene: Vergelyk met Rasstandaard.
Dye: Vergelyk met Rasstandaard.
Skenkels: Vergelyk met Rasstandaard.
Tone: Tel die tone en vergelyk met Rasstandaard.
Skubberige been: Enige eksemplaar met hierdie toestand wat gevorderd
genoeg is om die tipe of kleur van die voete of bene aansienlik te verander
sal nie die eerste prys kan ontvang nie.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 22


Vere
Gehalte van vere: Vere tree as n beskermende bedekking vir die vols op;
die vols word beskerm teen koue, ren, son en beserings, asook tydens
kort vlugte. Dit is belangrik dat die veer relatief breed is, die web van die
veer moet n goeie, ferm tekstuur wees, met n sterk skag, veerhakies, met
die voorvlag en emarginasie sterk en nou saam gebrei, met die uitsondering
van n paar ornamentele rasse soos Silkies, Frizzles en Sebastapol Ganse.
Vroe en vol vere word met n relatiewe bre veer wat ferm is geassosieer en
beoordeelaars en telers word spesifiek opdrag gegee om hierdie belangrike
eienskap ten volle te oorweeg. Smal, dun vere word baie maal op die rug,
vlerke en stert aangetref, en moet spesifiek vermy word; geen eksemplaar
met hierdie eienskap moet vir teeldoeleindes gebruik word nie.
Vere: Vergelyk met Rasstandaard.
Sekelvere: Vergelyk met Rasstandaard.
Sy hangvere: Vergelyk met Rasstandaard.
Dekvere: Vergelyk met Rasstandaard.
Stert: Vergelyk met Rasstandaard.
Onderlaag: n Behoorlike oppervlak verleen identiteit, skoonheid en
eenvormigheid. Kleur is ook n kenmerk van elke kleurpatroon. Dit moet in
ag geneem word, maar moet nie oordrewe klem toegestaan word nie. In baie
styf-geveerde rasse (bv. Malays, Games, ens.) kan die ondervere waar die rug
en stert by mekaar aansluit, skouers, vlerkboog, ens. deurskyn.
Koperkleur: Witvere is n ernstige defek en sal volgens die Cuts for Defects
gediskwalifiseer word.
Grys-spikkels: n Paar baie klein, grys spikkels by wit vols sal nie verhoed dat
n eksemplaar, wat andersins superieur in tipe en kleur is, wen oor een wat
swakker in tipe is, maar goed in kleur nir, op voorwaarde dat grys spikkels nie
prominent in die primre, sekondre of hoofstertvere verskyn nie.
Ververing in Wild Pattern Drakes (Rouens, grys Call Eende en grys Indiese
Runners): Daar word voorsiening gemaak vir normale seisoenale verandering
van vere wanneer manlike eksemplare van hierdie ras en variteit
beoordeelword.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 23


Grootte van die vol
Gewig: Wanneer die grootte en gewig nie bepaal kan word deur vergelyking
nie, is dit raadsaam om die vols te weeg. Die diskwalifisering volgens gewig
vir volwasse eksemplare is ten alle tye van toepassing, maar vergunning
moet verleen word vir n afname van gewig by volwasse vols tydens die
ververingsstadium gedurende laat somer en herfs. Die gewigklousules moet
nie vertolk word dat dit beteken dat n klein en oorgewig eksemplaar aan die
Rasstandaard voldoen nnie.
Grootte: Gewig moet in verhouding met die grootte van die vol wees, en
terselfdertyd die ideale tipe en tipe vir daardie ras behou.

Trios
In die beoordeling van trios, sal die manlike eksemplaar n waarde een-helfte
van die hok ontvang; wyfies sal dieselfde in grootte, algemene skakering van
kleur en merke wees.

Diskwalifikasies
Wanneer vols tydens n skou uitgestal word, verwys n diskwalifikasie na n
defek of gebrek wat ernstig genoeg is om te verhoed dat die vol beoordeel
word. Dit sal enige teken van siekte of bewys van kullery insluit. Algemene
defekte wat tot n diskwalifikasie lei, sluit n skewe stert, gesplete veer en
gedraaide veer in. Daar is ras-spesifieke diskwalifikasies soos die verkeerde
kam vir daardie ras, n wit veer op n swart-veer ras, ens. Hierdie defekte kan
van ouer na kuikens oorgedra word, en maak hierdie vols n swak keuse vir
n teelprogram.
Daar is baie dinge wat kan veroorsaak dat n vol gediskwalifiseer word en
die Rasstandaard en hoofstuk getiteld Diskwalifikasies sal die teler en die
beoordeelaar help om hierdie probleme uit te wys, aangesien dit goed in die
Rasstandaard vir elke ras en variteit gedefinieer word. Een probleem wat n
diskwalifikasie kan veroorsaak is, kullery. Bv.: As iemand probeer om die punt
van n wit veer met swart ink donkerder te maak of as daar dalk n toon in n
vyf-toon ras vermis word, ens. Die meeste gebreke is oorerflik, maar ander is
die gevolg van foutiewe voeding, siekte of besering.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 24


Die meeste beoordelaars sal elke vol eerstens vir diskwalifikasies
nagaan. Baie van die rasse het ander spesifieke diskwalifikasies. Enige
vol waarop n diskwalifikasie gevind word, sal na sy hok teruggestuur
word, met die beoordeelaar wat n nota in die Beoordeelaarlys rakende die
diskwalifikasie maak.

Toekennings
Nadat die vol ondersoek is, plaas dit terug in die hok deur eerstens die
kop in te sit en dit versigtig op die grond neer te sit. Om liggaambalans en
set of legs te bepaal, sal sommige beoordeelaars die swaar rasse ongeveer
15 cm vanaf die grond los. n Vinnige herstel beteken goeie balans, plasing
en hantering, die vol sal n goeie voorkoms aan die beoordeel bied. Baie
inskrywings van goeie meriete word nooit ernstig deur die beoordeelaar
oorweeg nie, want hulle is nie opgelei nie. Bang vols is geneig om in n
hurkende posisie eerder as normale posisie te staan, dus sal hul stert die
hok raak en na een kant gedraai word, die vol mag benoud wees as gevolg
van die hok en die vol kan n ongemaklike posisie inneem. Vols wat nie
gewoond is aan hantering nie, mag sukkel tydens beoordeling. Enige van
hierdie dinge kan ongunstige indrukke skep. Dus, word dit aanbeveel dat
uitstallers hul vols oplei en gewoond maak aan n hok.
Verbreking van bande Breaking ties: Wanneer een eksemplaar volwassene
of oud en die ander een jonk is, sal die volwasse eksemplaar wen. Wanneer
eksemplare in dieselfde ouderdomsgroep is, sal die een wat die minste totale
snitte/cuts vir tipe wen. In n trio, sal die een wat die hoogste telling het,
wen. Indien eksemplare gelyk op is, sal die eksemplaar wat die naaste aan
die standaardgewig is, wen. Eerste, tweede en derde pryse moet in elke klas
toegeken word. Die minimum punte wat vir elke spesifieke plek volgens die
skaal van die punte van elke klas toegeken moet word, is as volg:
Eerste prys: 90 punte
Tweede prys: 80 punte
Derde prys: 70 punte
Vierde prys: 60 punte
Vyfde prys: 50 punte

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 25


Beste & Reserwe variteit word vanuit die hele klas van elke rasvariteit
gekies. Volgende sal die beoordeelaar die Raskampioen en die Reserwe
Raskampioen in daardie spesifieke ras merk. Uit al die raskampioene sal die
beoordeelaar of paneel die kategoriewenners kies, dit is die Beste Harde
Veer op die skou, Beste Ware Bantam, ens. Sommige skoue kies n algehele
Beste op die Skou. Hierdie vol sal die beste van die beste wees, die Beste
in Variteit, die Beste in Ras vir sy tipe en is die naaste aan die perfekte vol
in die skoulokaal. Onthou Tipe is die belangrikste aspek in teel en uitstal
van hoenders variteit kom later. Jy moet eers die huis bou voordat jy dit
kan verf.

Puntsnitte/cuts vir defekte


Die snitte is net vir algemene defekte, dit wil s dit wat op alle rasse of n
aantal rasse van toepassing is. Individuele rasse of variteitdefekte, anders
as di wat gespesifiseer word, sal vergelykend met ander defekte oorweeg
word, naamlik volgens die die erns van die defek. Die minimum snit vir enige
sodanige defek sal een (1) punt wees en nie meer as die waarde-afdeling nie.
Beoordeelaars sal tydens hul evaluering van kompeterende eksemplare,
noukeurig aandag gee aan die puntsnit wat hierin vir verskillende
afdelings uiteengesit is.
Die puntsnitte vir defekte in enige afdeling bepaal die belangrikheid van
sodanige defekte in verhouding met die totale waarde van daardie afdeling
soos in die Punteskaal uiteengesit is. Die spesifieke snit vir enige defek sal
volgens die erns van die defek beoordeel word, altyd binne die maksimum en
minimum perke uiteengesit en in enige geval sal die totaal nie die puntwaarde
van die afdeling oorskry nie.

Liggaam
Krom, boggel of misvormde rug.
Tekens van oormatige vet.
Ingeduik of krom borsbeen.
Vergrote krop.
Vergrote en uitgesakte onderlyf.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 26


Gewig
Alle eksemplare sal een punt per 100 gram ontvang vir oorgewig of
ondergewig totdat die diskwalifiserende gewig bereik word.

Kuif
Verdeeld, gesplete of verdraaide vere.

O
Slegs een oog met net een oogkas.
n Permanente besering, maar die behoud van vorm.
Onpaar.
Blind in een oog.

Gesig
Trek punte af vir minder as rooi in rasse met wit oorlelle of minder as
wit in rasse met rooi oorlelle.
Grofheid ontbreek verfyning.

Lelle
Grof en gekreukeld.

Nek
Alle rasse waar dit nie n normale raskenmerk is nie. Keelvel.

Vere
Koperkleurig waar nie buitensporig wit, silwer, dwarsgestreep en
gespikkeld is nie.
Vere en pluis f te los of te styf soos die geval mag wees vir die betrokke
ras.
Erg gedraaide dekvere.

Vlerke
Primre of sekondre of n deel van die veer ontbreek, waar kleur nie
diskwalifiseer nie.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 27


Primre of sekondre veer gebreek, maar nie verwyder, waar kleur
diskwalifiseer.
Primre of sekondre veer vermis of gebreek, waar kleur nie diskwalifiseer
nie, in Bluff of Parti-gekleurde rasse.

Stert
Hoofstertveer, afwesig, waar kleur diskwalifiseer.
Hoofstertveer, afwesig, waar kleur nie diskwalifiseer nie, in Bluff of Parti-
gekleurde rasse.
Sekelvere, die afwesigheid van, waar kleur diskwalifiseer.
Sekelvere, die afwesigheid van, waar kleur nie diskwalifiseer nie. Pinched
or Gamy in alle hoenderrasse, behalwe Modern Games, Cornish en
Malays.
Verdeelde stert, in jonghaan of jonghen. (Gesplete stert in haan of hen is
n diskwalifikasie.)
Eekhoringstert.
Erg verdraaide vere in stert.
Te hostert.

Rug
Enige ras waar kussing nie n kenmerk van die normale tipe is nie.
Definitiewe kussing.

Bors
Alle rasse: Krom kiel of borsbeen.

Skenkels en tone
Alle rasse: Krom toon elke toon.
Horingagtig, goed-gedefinieerde spoor in vroulike hoenders.
Ontbreek deel van toon alle tone.
Alle hoenderrasse, behalwe Sumatras: Enige ekstra spoor.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 28


Algemene diskwalifikasies
Indien enige van die voorwaardes soos hieronder gelys voorkom, sal die
beoordeelaar daardie eksemplaar diskwalifiseer en die rede op beide die
pryskaart en die beoordeelaarsboek aanbring. In enige geval waar bewyse
betwyfel word, sal die vol aanvaarbaar gemeld word.

Oorlelle
Meer as emalje wit.

O
Vreemde/onpaar o.
Kleur van die iris vreemd volgens variteit.
Blind in beide o.
Onrelmatige pupil wat leukose aandui.

Bek/snawel
Misvormde bek in alle rasse vols en kalkoene.

Kuif
Kuifrasse:
Afwesigheid van kuif.
Hang te ver oor ( of meer van vere val aan die een kant van die
middellyn.)

Baard en moffies
Nie-bebaarde variteite:
Die teenwoordigheid van die baard.

Nek
Hangende krop by alle Kalkoene.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 29


Vere
Enige veer of vere van n kleur vreemd aan die ras of variteit, wat die
buitenste vere wys.
Erg verdraaide dekvere.
Erg koperkleurig, wit, silwer, dwarsgestreep of gevlekte vere.
Geknipte primre of sekondre vere of beide.
Hen vere in alle manlike hoenders.

Kleur
Oorlelle: Alle rasse waar n rooi oorlel gespesifiseer word Positiewe
emalje wit (sien definisie) (behalwe as anders vermeld).
Vere: Alle gestreepte, swart en bont/gespikkelde rasse rooi of geel.
Alle wit variteite: Swart in penne van primre en sekondre vere.
Vreemde kleur, behalwe effense grys spatsels. Oppervlak van rug of saal
wat ongeveer 15% of meer van nie meer as die helfte van die lengte van
n veer in saal en naby rooi vere voorkom.

Bene en voete
Enige veer of vere, of enige veeragtige uitgroeisel op skenkels, voete of
tone, of onmiskenbaar aanduiding van vere, of donsvere wat gepluk is.
Enige donsvere of veeragtige uitgroeisels op die hak of tussen die skubbe.
Alle rasse: Enige kleur vreemd aan die ras. Gebuigde bene. Misvormde
voet en voetgewrigte. Vergroot en misvormde skenkel of hak. Krom knie.
Gewebde voete in land vols. Krom tone of tone in ligte rasse. Afwesigheid
van tone of toonnaels. Ekstra toonnaels. Uitgerukte hakke. Plat skene.
Viertoon-rasse: Meer of minder as vier tone.

Stert
Hoofstertvere.
Afwesigheid van alle vere.
Gedraaide vere.
Een of meer omgekeerde hoofvere.
Sekelvere gedraai.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 30


Verdeelde stertvere in manlike en vroulike hoenders.
Eekhoringstert.
Krom stert. Behalwe by Rumpless.

Gesondheid
Enige eksemplaar wat duidelike simptome van enige siekte, insluitend
Voetverswering, wys.
Enige siek eksemplaar.
Duidelike hangende krop.
Duidelike lae onderlyf.

Rug
Krom, of vervorm.

Vlerke
In alle rasse: Gedraaide primre of sekondre vere, behalwe in
Sebastepol Ganse en Frizzles. Gesplete vlerke. Geknipte vlerke. Een of
meer omgekeerde hoofvlerkvere. Een of meer primre of sekondre vere
met n gesplete pen.
Alle rasse: Primre of sekondre vere geknip.

Tipe
Nie in ooreenstemming met die standaard nie.

Gestel
Enige eksemplaar met n gebrek aan gesondheidskrag.

Liggaam
Alle rasse: Gewas wat gesondheid of markwaarde van n hoender
benvloed. Let wel: Beoordeelaars moet die effek van volledige
reproduktiewe aktiwiteit in ag neem wat n invloed op die vroulike
hoender se liggaamsvorm het.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 31


Massa
Gewig is n ras kenmerk. Enige vol wat meer as 20% meer of minder van
die gewig volgens ras, geslag en ouderdom afwyk, moet gediskwalifiseer
word. Bv.: By n vol met n standaardgewig van 1 kg, sal n afwyking van
800 g tot 1,2 kg aanvaar word.
Waar beide die woorde van na vir die gegewe massa aangedui word:
Vols met n massa buite die parameters moet gediskwalifiseer word.
Waar n maksimum of minimum syfer gegee word vir die massa: Vols
met n massa bo die maksimum of onder die minimum syfers gegee,
moet gediskwalifiseer word.

Kullery
Kullery is n doelbewuste poging om die beoordeelaar of n voornemende
koper te mislei. Bewyse van kullery sal lei tot die diskwalifisering van
dievol.
Bewyse van enige van die volgende praktyke, is kullery:
Gebreekte penne in sekel-, hoofstert- of saalvere is voldoende om
n verandering in die algemene vorm van die stert aan te dui. Skag en
web dui duidelik aan dat dit afgesny is. Die vereweb gee bewyse dat dit
geskroei is. Littekenweefsel is bewys van die sny of snoei van enige deel
van die kam, lelle of oor-lelle van enige hoender. Kleur van vere of die
toestand van die vel is bewys van die gebruik van enige kleurmiddel
om die natuurlike kleur te versag, verdiep of andersins te verander.
Brosheid van vere of n ontsteekte veltoestand in witvariteite is bewys
van bleiking. Die snawel, skenkels of tone kan bewyse toon van die
gebruik van enige kleurmiddel om die kleur daarvan te verander, of
die gebruik van enige middel om wit of rooi te verwyder. In rasse waar
aasvolhakke lei tot n diskwalifisering, hakke wat bewyse het dat die
lang stywe vere gepluk is en n aasvolhak vorm, is kullery. Vere op die
skenkel wat uitgepluk is en n netjies ry gaatjies agterlaat, langs die
skenkel. Geen vere is oor nie, maar daar is duidelike bewyse dat hulle
daar was. n Warm naald wat in die gaatjie geplaas word, veroorsaak dat
die veer nie weer groei nie. (Hierdie praktyk is bedrieglik.) Vere in die
toon is makliker vir die beoordeelaar aangesien dit f in f uit is.
Indien die uitstaller agterlosig was, en die veer ingelos het, sou die vol

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 32


gediskwalifiseer word; hoewel, as die veer uitgetrek is, kon hy daarmee
wegkom. Vere in die hak dieselfde as bogenoemde, maar ndat hierdie
vere beoordeel is, verdwyn hierdie vere merkwaardig, asof dit nooit daar
was nie. Syspriete kan ook verwyder word sonder om enige bewyse agter
te laat.

Algemeen in alle rasse en variteite:


Enige eksemplaar wat nie n puntetelling waardig is nie. Enige eksemplaar
wat, volgens die beoordeelaar, nie voldoende deur die aftrekking van
die maksimum aantal punte toegelaat vir enige spesifieke item in die
punteskaal gestraf is nie. Definitiewe aanduidigs van aansteeklike of
oordraagbare siektes. Enige eksemplaar wat in raskenmerke en voorkoms
ontbreek.

Standaard vir eiers

KLASSIFIKASIE KLASSIFIKASIE
Groot hoendereiers (6) Eend Bantameiers (6)
Kapokhoendereiers (6) Ganseiers (6)
Eendeiers (6) Kalkoeneiers (6)

Ekstern
Vorm: Genoeg breedte, goeie koepelvorm, met groter lengte as breedte, die
bokant het meer ruimte as in die onderkant en is meer gerond. Die onderkant
moet nie t gepunt wees nie, en n sirkelvormige of asimmetriese ellips of
ovaal en n dwarssnit by enige punt van die eier se omtrek is n perfekte sirkel.
Hierdie beskrywing word die beste aangedui deur die groot hoendereier.
Jonghen eiers is minder gepunt, waar sommige rasse kapokhoenders
kenmerkend meer gepunte eiers l.
Kalkoene, eende en ganse is kenmerkende spesies en l elk eiers met anderse
vorms. Dus, moet hulle volgens hul eie klasse uitgestal word. Kalkoeneiers is
baie kort en konies. Eendeiers is effens verleng en di van kapokhoenders is
meer gepunt. Ganse l eiers wat nouer in omtrek is en vernou na die punt.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 33


Grootte: Grootte alleen is nie n beslissende faktor nie, maar moet vir die ras
en spesie gepas wees. Daar is verskeie faktore wat die grootte van die eier
benvloed. Die hooffaktor is die ouderdom van die hen. Soos die hen ouer
word, word die eiers groter. Die ras is n tweede faktor. Die gewig van die vol is
nog n faktor. Jonghenne wat noemenswaardig ondergewig is tydens seksuele
volwassenheid sal klein eiers produseer. Omgewingsfaktore soos hitte, stres,
oorbevolking en swak voeding kan ook die gewig van eiersverlaag.
Die gewig van n jonghen se eier is aan die begin 49.6 g en vermeerder vinnig
tot 56.7 g en word oorskry na verskeie maande se eierproduksie. Daar is nog
n toename in gewig tydens ververing. Kapokhoendereiers moet volgens
dieselfde standaard as vir groothoendereiers beoordeel word, met die
uitsondering van grootte wat verkieslik nie 42.5 g moet oorskry nie. Eiers wat
meer as dit weeg sal oorgesien word.
Kalkoen- en eendeiers weeg tussen 70.9 en 92.2 g. Kapokeendeiers moet
nie 63.8 g oorskry nie. Ganseiers wissel volgens ras. Ligte ganse l eiers wat
ongeveer 141.8 g weeg, en swaar rasse se eiers kan tot 198.6 g weeg.
Doptekstuur: Dit is die eier se eksterne bedekking en beslaan 9 tot 12% van
die totale gewig van die eier, afhangende van die eiergrootte. Die dop is die
eier se eerste linie van verdediging teen bakteriese infeksie. Die dop bestaan
grootliks uit kalsiumkarbonaat (ongeveer 94%) met klein hoeveelhede mag-
nesiumkarbonaat, kalsiumfosfaat en ander organiese weefsel, insluitende
proteen.
Die sterkte van die dop word grootliks benvloed deur die minerale en
vitamiene in die hen se dieet, veral kalsium, fosfor, mangaan en vitamien D.
As die dieet gebrekkig is aan kalsium, sal die hen byvoorbeeld n dun of sagte
dop produseer of moontlik n eier met geen dop. Soms kan n eier te vroeg
uitgewerp word vanuit die uterus as gevolg van n siekte of opgewondenheid.
In hierdie geval, het die dop nie kans gekry om volledig gevorm te word nie.
Die dikte van die dop hou ook verband met die eier se grootte, wat weer
met die hen se ouderdom verband hou. As die hen ouer word, sal die eier se
grootte ook vermeerder. Dieselfde hoeveelheid dopmateriaal wat n kleiner
eier sou bedek, word nou gestrek om n groter oppervlakte te bedek, dus, is
die dop veel dunner.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 34


Sewe- tot sewentigduisend klein porie word oor die dop se oppervlak
versprei, met n groter aantal wat by die groter eindpunt aangetref word. Soos
die eier ouer word, laat hierdie klein gaatjies toe dat vog en koolstofdioksied
uitbeweeg en dat lug inbeweeg om die lugsel te vorm. Die dop word met
n beskermde laag bedek wat die kutikula of blom genoem word. Deur die
porie te blokeer, help die kutikula om die varsheid van die eier te behou en
verhoed dat die inhoud mikrobies besoedel word. Die dop moet glad wees,
vry van lyne of bulte, moet eweredig gekalk wees, glad by elke eindpunt,
sonder growwigheid, poreuse dele of kalkvlekke.
Kleur: Bruin, getint, wit, room, gespikkeld, blou, groen, olyf, pruim, ens. Die
kleur is afkomstig van pigmente in die buitenste laag van die dop en die ras
van die hen bepaal die kleur van die dop. Die kleur moet eweredig wees en
by gevlekte of gespikkelde eiers, moet dit eweredig versprei wees. Gevlekte
of gespikkelde eiers word volgens hul primre kleur uitgestal.
Varsheid, blom en voorkoms: Doppe moet skoon wees, sonder vaal of ou
voorkoms; lugruimte moet klein wees, soos dit by n nuut uitgebroeide eier
pas. Dopoppervlaktes kan blink of mat wees, maar vlekvry en sonder nesmerke
wees. Eiers kan tydens voorbereiding gewas word, maar nie gepoets nie. By
eendeiers kan die posisie van die lugruimte duidelik sigbaar wees. Dit word
nie as n fout beskou nie. Makou eendeiers het dikwels n waskutikula wat
verwyder mag word.
Eenvormigheid: Die inskrywing moet uit ses eiers bestaan. Eiers wat n plaat
of uitstalling vorm, moet eenvormig volgens vorm, dop graad, doptekstuur,
grootte en kleur wees.

Intern
Eiergeel: Die eiergeel of geel gedeelte beslaan sowat 33% van die vloeistofgewig
van die eier. Dit bevat al die vet in die eier en bietjie minder as die helfte van
al die proteen. Met die uitsondering van riboflavien en niasien, bevat die
eiergeel n hor verhouding van die eier se vitamiene as die eierwit. Al die eier
se vitamien A, D en E is in die eiergeel. Eiergele is een van die min kossoorte
wat vitamien D natuurlik bevat. Die eiergeel bevat ook meer fosfor, mangaan,
yster, jodium, koper en kalsium as die wit en dit bevat al die sink. Die eiergeel
van n groot eier bevat ongeveer 59 kalorie. Dubbele eiergele in een eier word

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 35


dikwels deur jonghenne geproduseer, wanneer hul produksiesiklusse nog nie
gesinchroniseer is nie. Hulle word ook dikwels geproduseer deur henne wat
oud genoeg is om ekstra groot eiers te produseer. Genetika is ook n faktor.
n Hen sal soms n dubbele eiergeel in een eier produseer gedurende haar
loopbaan. Dit is skaars, maar nie ongewoon, dat n jonghen n eier sonder n
eiergeel sal produseer.
Soms is daar n groenerige ring rondom n hardgekookte eiergeel. Dit is die
resultaat van swael- en ysterverbindings in die eier wat op die oppervlak
van die eiergeel reageer. Soms kan konsentriese groen ringe in hardgekookte
eiergele gesien word. n Eiergeel ontwikkel binne die hen in ringe. Yster in
die hen se voedsel of water kan hierdie verkleuring veroorsaak wanneer die
ringe gevorm word.
Die eiergeel hang van die hen se dieet af, maar moet n ryk, helder, goudgeel
kleur wees, sonder enige bloedstrepe of -kolle. Afgerond, glad op die oppervlak
en goed opgelig vanaf die eierwit. Dit moet een eweredige skakering wees.
Blastoderm of kiemkolle moet nie verkleur wees nie.
Eierwit: Dit is vir die meeste van n eier se vloeistofgewig verantwoordelik
67%. Dit bevat meer as die helfte van die eier se totale proteen, niasien,
riboflavien, chloor, magnesium, kalium, natrium en swael. Die eierwit
bestaan uit vier afwisselende lae van dik en dun digthede. Vanaf die eiergeel
uitwaarts, is hulle aangewys as die binne dik of chalaziferous wit, die binne
dun wit, die buite dik wit en die buite dun wit lae. Eierwit is geneig om dunner
te word soos die eier ouer word, omdat die proteen se eienskappe verander.
Dit is waarom vars eiers mooi en ferm in die pan sit in vergelyking met ouer
eiers wat meer uitversprei.
Eierwit is meer opaalagtig as werlik wit. Di voorkoms is afkomstig van
koolstofdioksied. Soos die eier ouer word, ontsnap koolstofdioksied, dus is
die eierwit van ouer eiers meer deursigtig as di van varser eiers.
Die eierwit behoort wit in kleur te wees, met n digte stof veral rondom die
eiergeel. Die buitelyn van die eierwit kan gesien word, en is vry van bloedkolle.
Chalazae: Elke chalazae lyk soos n dik koord van wit albumen by elke eindpunt
van die eiergeel, wat dit in die middel van die eerste of dikste eierwitlaag
hou. Dit bevat geen bloedkolle nie. Ander lae eierwit is minder dig.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 36


Kiemskyf: Die ingang van die latebra, die kanaal wat na die middel van die
eiergeel lei. Die kiemskyf is skaars merkbaar as n effense laagte op die
oppervlak van die eiergeel. Wanneer die eier bevrug word, kom die sperm
deur middel van die kiemskyf in, reis dan na die middel en n kuikenembrio
begin om te vorm.

Membrane:

Dopmembraan: Binne die dop is twee dopmembrane, die binne- en buite-


membraan. Nadat die eier gel is en dit begin afkoel, vorm n lugsel tussen
die twee lae aan die groot eindpunt van die eier.
Vitelline-membraan: Dit is die laag wat die eiergeel bedek. Dit beskerm
die eiergeel en verhoed dat dit breek. Di membraan is die swakste by die
kiemskyf en word meer broos soos die eier ouer word.
Bloed kolle: Hierdie bruin kolle word soms op die eiergeel gevind. In
teenstelling met gewilde opinies, dui hierdie kolle nie n bevrugte eier
aan nie. Inteendeel, word dit veroorsaak deur die breek van n bloedvat
op die eiergeeloppervlak gedurende die vorming van die eier of deur n
soortgelyke ongeluk in die muur van die eierleier. Minder as 1% van alle
eiers wat geproduseer word, bevat bloedkolle. Soos n eier ouer word, neem
die eiergeel water op vanuit die eierwit om die bloedkolle te verdun, dus in
werklikheid, dui n bloedkol aan dat n eier vars is.
Lugsel: Die le spasie tussen die eierwit en die dop aan die grootste eindpunt
van die eier. Wanneer die eier eerstens uitgebroei word, is dit warm. Soos dit
afkoel, trek die inhoud saam en die binne dopmembraan skei vanaf die buite
dopmembraam om die lugsel te vorm. Soos die eier ouer word, verlaat vog en
koolstofdioksied die eier deur die porie van die dop en lug gaan in om dit te
vervang en sodoende word die lugsel groter.
Hoewel die lugsel gewoonlik aan die groot eindpunt van die eier vorm, kan
dit soms vrylik na die bopunt van die eier beweeg, as die eier roteer word.
Dit word n vryswewende lugsel genoem. As die hooflugsel bars, sal een of
meer klein aparte lugborrels vorm wat onder die hooflugsel beweeg en aan
die dop vasklou.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 37


Varsheid: Dit word aangedui deur die klein lugsel en boonste oppervlakte
van die eiergeel en sy hoogte. Ou eiergele flop aan die kante en soos n
eier ouer word, word die eierwit meer loperig.

PUNTESKAAL
EKSTERN INTERN
Vorm 25 Eiergeel 35
Grootte 15 Eierwit 35
Doptesktuur 20 Chalazae 10
Kleur 20 Lugruimte/lugsel 10
Varsheid, blom en 20 Varsheid 10
voorkoms
Totaal 100 Totaal 100

Diskwalifikasies
Meer as een eiergeel. Oud. Gepoleerde of oor-voorbereide doppe. Byvoeging
van kleuring op doppe. Groot voleiers minder as 340,2 g vir die ses eiers.
Kapokhoendereiers meer as 255 g vir die ses eiers. Groot gebrek aan
eenvormigheid. Vuil eiers. Swak doptekstuur. Bloedkolle. Vorming van muf
en krake. Gebrekkige inhoud, selfs wanneer vir ekstern beoordeel word.

Kondisionering en voorbereiding vir skoue


Die eerste ding om te onthou aangaande die voorbereiding vir uitstalling, is
dat goeie veergehalte nie oornag gebeur nie. Dit moet gekweek word, en dit
neem ses tot tien weke vir nuwe vere om uit te groei. Behoorlike veer groei
word geskep deur behoorlike voedingstowwe; kos met die regte balans van
aminosure en proteene; en skoon, volop water, beide om te drink en om
vere skoon en gekondisioneer te hou. Kondisionering moet die hele jaar lank
gebeur, dit is onmoontlik om n vol met swak vere binne een week gereed
te maak vir uitstal.
Ons gebruik kos met proteenvlakke tussen 18 en 20% (laer vir groot vols,
hor vir kapokhoenders). Ons probeer ons vols op gras te voer as ons kan

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 38


(pootveerrasse kan suksesvol op gras gevoer word as hulle in hokke gehou
word, wat gereeld geroteer word sodat hulle nie in hul eie uitskeidings trap
nie). Die vogtigheid van dou is belangrik vir veergehalte, as jou vols in hokke
gehou word wat nie toegang na buite het nie, moet vols een keer per week,
asook ekstra in warm weer, met water gesproei word.
Gereelde parasietbeheer is ook baie belangrik. Vols met wurms of myte sal
nie in goeie kondisie wees nie, wat dalk nie opsigtelik van buite die hok is nie,
maar n beoordelaar sal dit voel wanneer hy die vol optel. Jy moet jou vols
ten minste een keer per week nagaan vir eksterne parasiete, en ontwurm jou
vols volgens jou omstandighede (verskillende huisvesting stel vols bloot
aan verskillende parasiete, dit sal dalk nooit nodig wees om sommige vols
te ontwurm nie). As jou vols tekens van parasiete het, ontwurm en behandel
teen myte met jou gekose produk (daar is baie opsies vir die ontwurming en
behandeling van myte, t veel om hier te noem).
Sodra jy jou kondisioneringsroetine onder die knie het, en het n opkomende
skoudatum op jou kalendar, kan jy die volgende paar dinge doen om vir n
skou gereed te maak:
Sowat twee weke voor die skou, laat jou NPIP-toetser jou vols toets.
Sommige skoue sal jou vols toets sodra jy daar aankom. Hoewel, dit kan
bloedvlekke op jou skoon vols tot gevolg h, daarom is dit beter om dit
vooraf te doen.
Ongeveer een week voor die skou, maak alle hokke deeglik skoon. Plaas
n laag skoon dennehoutskaafsels op die onderkant van die hokke (die
gereelde skoonmaak van hokke, sal hierdie taak aansienlik vergemaklik
as jy die diep-bedmetode gebruik). Hooi, strooi en ander tipe skaafsels
moet vermy word aangesien dit nie geskik is vir bedekking nie (vorming
van muf en/of slegte reuke).
Ongeveer een week voor die skou, as jy hokke het, plaas die vols daarin
sodat die vols daaraan gewoond raak. Oefen om die vols in te sit en uit
die hok te haal (altyd kop eerste) sodat die vols gemaklik met die proses
is. Bederfkos help hiermee. n Dwarsstok, help die vols om gewoond te
raak om ingehok te wees. Los hulle in die hokke vir n paar dae (met kos
en water, natuurlik) en was die hokke daarna.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 39


Was jou vols ongeveer vyf tot sewe dae voor die skou. Kry die volgende
benodigdhede voordat jy begin:
Drie emmers of groot emmers
Een groot handdoek per vol
Naelknipper vir honde
Naelvyl vir honde
n Ou tandeborsel
n Ou waslap of ander lap
Bloedstoppoeier, bakpoeier of rooipoeier
Drahokke wat met skoon skaafsels bedek is
Haardror (as dit koud buite is)
Skottelgoedseep of n tipe skousjampoo (gebruik iets wat nie te veel
olie vanuit die vere stroop nie)
Appelasyn
Blousel bluing (gebruik slegs as jy wit vols het, en nie te veel nie)
Kratte wat goed bedek is met skaafsels om die vols in te plaas vir
die finale afdroog tyd.

Vul die emmers met warm water, maar nie te warm nie. Plaas n paar druppels
ACV in die tweede emmer (nie te veel nie, net genoeg om die seep te sny)
en as jy wit vols het, kan jy n paar druppels blousel in die derde emmer
gooi. Plaas die vol versigtig in die eerste emmer (moet nie die kop bedek
nie), beweeg die vol op en af om die vere nat te kry. Neem seep in jou hand
en werk dit versigtig in deur in die rigting van die vere te vee, en nie teen die
grein nie. Werk die seep goed in, en gee veral aandag aan die kloaak en die
tone. Wees versigtig met seep rondom die o; dis die beste om net n waslap
te gebruik om die kopgedeelte skoon te vee. Gebruik die tandeborsel om die
tone en bene skoon te skrop en al die vuiligheid af te was.
Plaas die vol in die tweede emmer en beweeg op en af om die seep af te
was. Plaas die vol in die derde emmer vir die laaste afspoel. Draai die vol in
n handdoek toe, maar los die kop en voete oop. Sit met die vol op jou skoot
(jy gaan nat word) en knip tone en snawel (geen beoordeelaar hou daarvan
om gekrap te word nie). Gebruik die naelvyl op die snawel om enige skerp

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 40


kante te verwyder en die voorkoms te verfyn. Vee weer rondom die o met
die handdoek. Gebruik die warmstelling (nie t warm nie) op die haardror
en blaas die hoender so droog as moontlik. Plaas die hoender in die krat en
sit dit in n warm plek sodat dit heeltemal kan droog word (dit kan n paar
uur neem). Ons vind ons kan ses tot agt vols per dag was. Sodra die vol
heeltemal droog is, plaas dit terug in sy skoon hok.
Neem die volgende na die skou:
Kos en water vir al jou vols. Jy kan jou vols help water drink deur ACV
reeds n paar weke voor die skou by jou drinkwater te voeg. As jou eie
water by die skou opraak, kan jy ACV by die water van die skou voeg en
die vols sal die smaak herken.
Babaolie of petroleumjellie, om rondom die o en snawel te smeer sodat
dit blink (onthou om nie t veel te gebruik nie).
Sommige mense gebruik Pink Spray, of Show Sheen om hul vols mee
te sproei; ek vind dit lok stof (en ek hou nie van die reuk nie). Dis jou
keuse.
Papierhanddoeke. Jy weet nooit wanneer jy dit gaan nodig h nie.
Babavoglappies baby wipes om enige vlekke te verwyder.

Ek is seker daar is heelwat wat uitgelaat is, ek is nie n kundige nie; hierdie is
slegs n versameling van dinge wat ek oor die jare geleer het. Pas gerus aan
om by jou eie situasie te gebruik.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 41


Eksterne anatomie van n skouhoender

Moffies 1 Middel toon 20


Gesig 2 Dercle toon 21
Oorlel 3 Vierde toon 22
Oor 4 Vyfcle toon 23
Kuif 5 Pootvere 24
Oog 6 Aasvoelhak 25
Kam 7 Pens 26
Bek 8 Primere vlerkvere 27
Lelle 9 Vlerkboog 28
Baard 10 Vlerkstreep 29
Nek II Dek:vere 30
Nekvere 12 Skouer 31
Bors 13 Vlerkboog 32
Kiel 14 Saal vere 33
Boud 15 Stert dekvere 34
Hak 16 Sy Hangvere 35
Skenkel 17 Sekelvere 36
Spoor 18 Hoof stertvere 37
Poot 19 Rug 38

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 42


Bestudeer jou ras
Met die kies van skouvols, moet jy vertroud raak met die ho standaarde van
uitnemendheid wat in die skou vereis word. Eksemplare moet aan die kriteria
soos uiteengesit vir n spesifieke ras in die Amerikaanse Pluimveevereniging
se Standard of Perfection voldoen. Hierdie boek bied die beskrywing van
die perfekte tipe vir die ras en variteit wat oorweeg word. Bestudeer die
regte kleurvereistes en die standaardeienskappe totdat jy beide goed ken.
Wanneer die vols saam gegroepeer is, behoort dit relatief maklik te wees
om die vols wat die gewenste kleur en standaard vorm wys, uit te ken. Die
eerste seleksie moet alle vols wat meriete het, insluit.
N hierdie algemene seleksie vir vorm en kleur, moet n meer deeglike inspeksie
gedoen word. Enige diskwalifiserings wat n vol sal verhoed om n toekenning
te ontvang, moet uitgeken en toegepas word. Hierdie diskwalifikasies word
in die Standard of Perfection gelys. Dit sluit tekortkominge soos vere op
skenkels en tone, n gesplete vlerk, afwesigheid van punt (leier) op kam,
syspriete op enkel kamme, krom re, skewe sterte, been en toon kleure wat
nie by die ras pas nie, in.
Dit is slegte teelpraktyk om met gediskwalifiseerde vols te teel en die
tekortkominge in die rasse voort te sit.

Kies vols
Kies slegs gesonde, goed-ontwikkelde individue wat so na as moontlik aan
standaardgewig is en die ideale tipe en kleur is. Eenvormigheid in grootte,
vorm en kleur is wenslik. Eenvormigheid is n aanduiding van goeie teeldiere
en maak n goeie indruk op die beoordeelaar en voornemende kopers.
Kies vols vroeg. Laat genoeg tyd toe vir voorbereiding en opleiding. Wanneer
die skouvols saam met die res van die pluimvee is, word hul verekleed
dikwels vuil. Hierdie vols moet gewas word voordat hulle uitgestal word.
Seleksie van skouvols is nie al wat in ag geneem moet word nie. Hulle moet
opgelei word en voorberei word om hul beste eienskappe ten toon te stel.
Vols wat nie gewoond is aan hokke of die uitstallingslokaal nie, sal nie hul
beste bates wys nie, tensy hulle voor die tyd opgelei is.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 43


Opleiding

Verwyder geselekteerde vols van die res van die pluimvee ongeveer 3 weke
voor die skoudatum. Behandel die vols vir luise en plaas in n afsonderlike
hok met voldoende vars water en groen voer.
Dit is maklik om vols op te lei, mits dit vroegtydig gedoen word. Dit beteken
dat elke vol in n hok geplaas moet word wat soortgelyk is aan die hokke wat
by skoue gebruik word dit moet ongeveer een week voor die skou gedoen
word. Hanteer elke vol twee tot drie keer per dag op dieselfde wyse as wat
tydens n skou sou plaasvind.
Die prosedure om n vol behoorlik vanuit n hok te verwyder, is n drie-stap
proses:
Stap 1: Nader die hok en maak die deur versigtig oop en maak gereed
om die vol kop eerste uit te haal. Beweeg die vol totdat dit met sy kop
na jou linker- of regterkant staan. Neem jou regterhand en strek oor die
rug van die vol (persone wat links is, sal hul linkerhand gebruik), vat die
verste vlerk by die skouer ferm, tog versigtig vas. Hou die vlerk gevou en
naby die vol se liggaam.
Stap 2: Draai die vol in die hok sodat sy kop na jou wys en maak die hok
se deur oop.
Stap 3: Neem jou oop hand, en met die palm na bo, en gly dit onder die
vol se bors in. Terselfdertyd, neem die vol se regterbeen (net bokant
die hakgewrig) tussen jou duim en indeksvinger terwyl jy die linkerbeen
tussen die tweede en derde vingers vas hou. Dit plaas jou indeks en
tweede vingers tussen die vol se bene. Die kielbeen moet op die palm
van jou hand rus.
Hou die bene versigtig, dog ferm vas en lig die vol vanaf die hok se vloer.
Bring die vol kop eerste uit die hok, maar hou sy kop na jou gedraai. Los
die vlerk en jy sal ten volle in beheer wees.
N jy die vol vir n geruime tyd vasgehou het, maak die vlerke oop
en ondersoek die verskeie dele van die liggaam. Plaas die vol altyd
kop eerste terug in die hok en sit dit versigtig na die grond neer. Om
ligaamsbalans te bepaal, hou sommige beoordeelaars daarvan om swaar
rasse ongeveer 6 duim vanaf die hok se vloer te los. n Vinnige herstel
beteken goeie balans en plasing van bene.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 44


Wanneer die vol aan hierdie hantering gewoond is, sal die vol n goeie
voorkoms aan die beoordeelaars ten toon stel. Baie inskrywings wat goeie
meriete het, word nie ernstig deur die beoordeelaar oorweeg nie, bloot omdat
hulle nie opgelei is nie. Bang vols is geneig om in n opgetrekte eerder as n
normale posisie te staan; dus, word hul ware tipe nie aan die beoordeelaar
gewys nie. Die stert mag die hok raak en kan van een kant na die ander
gedra word, die vol mag rusteloos word as gevolg daarvan om opgesluit te
word, die hok se bedekking mag dalk nie natuurlik voel nie en die vol mag n
ongemaklik posisie inneem. Vols wat nie gewoond is aan hantering nie, mag
sukkel as hulle ondersoek word. Enige van hierdie dinge sal die beoordeelaar
ongunstig laat voel; dus, is dit n goeie idee om vols voor die tyd op te lei.
Sommige uitstallers probeer om natuurlike defekte tydens opleiding reg te
stel. Ho sterte word konstant afwaarts gebuig, vlerke wat na onder hang,
word opgevou en opwaarts gedruk, defekte in vorm word gekamoefleer deur
vols te leer om dit weg te steek deur middel van die houding wat hulle
inneem, ens. Ander uitstallers verwyder verkeerd gekleurde vere. Sulke
praktyke is oneties. Pluimvee word nie bevorder deur defekte te kamoefleer
nie, aangesien hul nooit vir teeldoeleindes gebruik kan word nie. Die doel
van opleiding is om die vols te help om hul natuurlike voorkoms die beste
ten toon te stel.

Voorbereiding en skoonmaak
Was vols voordat hulle uitgestal word. Vuil skenkels en vere kan afbreuk
doen aan n eksemplaar se normale meriete. n Dosyn vols kan binne 3 uur
gewas word. Hoewel, oefen eers op n vol wat nie uitgestal gaan word nie.
Sagte water gee beter resultate as harde water, en n goeie tipe wasmiddel
wat n bleikmiddel bevat, is noodsaaklik. Hou 3 emmers water byderhand.
Verhit die eerste emmer, maar nie t warm nie. As die wasser se elmboog
vir twee minute ingehou kan word, is dit die regte temperatuur. Die eerste
emmer water moet genoeg seep bevat. Voeg 1 gram van 50 persent
Malathion poeier of konsentraat per liter water by. Die Malation help om van
enige eksterne parasiete ontslae te raak. Die tweede en derde emmers bevat
gewone verhitte kraanwater.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 45


Twee druppels blousel (gebruik slegs op wit vols) en 2 gram gliserien per
liter water wat by die derde emmer gevoeg is, help om die vol witter te maak
en die vere n mooi glans te gee. T veel blousel kan die vere blou kleur.
Laat die vol rus op die palm van die linkerhand terwyl jy die vlerk se punt
met die duim en vierde vinger vashou, laat sak die vol in die seepwater.
As die vol te veel baklei, druk die kop vir n oomblik in die water. Alle vere
moet heeltemal geweek word; as jy dro vere vryf, kan dit breek. Nadat die
vere goed nat is, kan die vol se hele liggaam met seep gesmeer word. Vryf
of borsel dele wat baie vuil is. Vryf met en nie teen die grein van die vere nie.
Maak seker dat alle vuilheid afgewas is voordat die vol uitgehaal word. As
die bene baie vuil is, borsel dit met n sagte tandeborsel. In uiterste gevalle,
kan n ou tandheelkunde wondyster gebruik word om bene en rondom die
neusgate skoon te maak.
Die vol sal skoon wees as dit deeglik met die seep gewas is. Spoel die seep
van die vere af. Indien enige seep oorbly, sal die vere nie pluis nie en die vol
sal onooglik wees. Om dit te doen, moet die vol vir 2 minute in die tweede
emmer of afspoelwater gehou word. Spoel dit dan drie of vier keer teen die
grein van die vere. Die derde emmer is ook vir afspoel. Wanneer vols in
hierdie kraanwater geplaas word, kan hul kamme pers word as die water te
koud is. Haal die vol uit die water so gou as wat hul toestand toelaat. n
Deeglike afspoel in die derde emmer sal al die seep verwyder. Moet nie die
verekleed van rasse pluis wat volgens die Standard of Perfection vereis
word om harde, stywe vere te h nie (bv. Cornish, Moderne Game, Ou Engelse
Game, ens.).
Wanneer die vol gewas is, maak dit met n handdoek droog en sit die vol in
n grooming sleeve. Hierdie sleeve maak dit onmoontlik vir die vol om te
beweeg en kan nie wegkom nie, dus kan dit maklik hanteer word.
n Grooming sleeve is n kel wat aan beide kante oop is. Dit het n 2-duim
opening aan die klein eindpunt en n 9-duim opening aan die groot eindpunt.
Druk die vol se kop deur die groot opening en weer by die klein opening uit.
Vou die groot kant toe. Jy is nou vry om aan die snawel, kam, lelle, skenkels
en voete te werk en die toonnaels te sny.
Die vol moet so na aan die skoudatum as moontlik gewas word. As vere nie
behoorlik pluis nie, kan hulle bo n teepot gestoom word om hul natuurlike

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 46


vorm uit te bring. n Vol kan binne 15 tot 20 minute gewas word, maar dit kan
tot 12-18 uur neem om droog te word.
Sommige mense vou hul vols toe in Turkse handdoeke n die laaste emmer
water om sodoende die droogproses te versnel.
As die weer warm is, 70 grade F of hor en dit is nie te winderig nie, kan die
vols buitekant geplaas word om af te droog. Die herfs en winter maande is
gewoonlik te koud vir vols om natuurlik droog te word. Vir die beste resultate
moet hoenders stadig droog word. Kamertemperatuur moet ongeveer
90grade F wees, indien moontlik. As dit nie moontlik is nie, kan hokke naby
n stoof geplaas word om die vols gemaklik te hou. Uitdrooghokke moet
geen stof en vuilheid h nie en skaafsels moet op die grond wees. Tydens
koue weer kan die vols ook in n groot karton met 2-duim skoon skaafsels
op die onderkant geplaas word. n Warm lamp kan dan ten minste 24 duim bo
die karton geplaas word terwyl dit op die vols skyn. Ou broeikaste waarvan
die laaie verwyder is, is ook uitstekende uitdroogkabinette.
Kuifrasse vereis meer versorging as ander vols. Veral die kuif benodig
heelwat aandag. Nadat die verekleed gewas is, hou die vol onderstebo aan
sy voete. Dompel die kuifvere onder die water en was met seep. Indien die
kuif besonder vuil is, kan n paar druppels seep direk op die vere gesmeer
word. Ongeag hoeveel keer n kuif gewas word, gaan dit nie die bleikende
effek van t veel son verwyder nie.
Was alle seep vanuit die kuif. Spoel hierdie vere in beide emmers af en hou
die vol onder n lopende kraan totdat alle seep verwyder is.
Terwyl die vol steeds in die grooming sleeve is, kan jy ook enige vere wat
t lank of gebreek is, verwyder. Maak die kam, lelle en rondom die neusgate
skoon. n Haardror is uitstekend om die kuif droog te blaas. Haal die plastiese
voorgedeelte van die haardror af en blaas warm lug oor die vol se kop. Die
kuif en kop moet heeltemal droog wees.
As die vols droog is, smeer n klein bietjie petroleumjelle aan die skenkels
en voete sodat dit mooi blink. Kamme en lelle lyk ook varser en skoon as
petroleumjelle aangesmeer word. n Mengsel van gelyke dele alkohol,
gliserien en olyfolie is n uitstekende skoonmaak en poetsmiddel vir
skenkels, voete, kam en lelle. Vee die kop en bene met n skoon, sagte lap om

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 47


oortollige vetterigheid te verwyder. Moenie dat enige van hierdie middel of
petroleumjellie op die vere kom nie.
Alhoewel dit baie skaars is, kan n vol vere ontwikkel nadat die vel van sy
voete en skenkels met petroleumjellie of skoonmaakmiddel skoongemaak is.
Dit is dus n goeie idee om alle eksemplare na te gaan voordat hulle na die
skou geneem word.
Vols moet in n skoon hok na die skou geneem word. Deur die vols met
n bietjie mielieblom te sprinkel, sal help dat die skoon wit vere vars bly.
Daar moet nie t veel vols in een hok geplaas word nie; maak seker dat die
kamme nie die bokant van die hok raak nie. Indien moontlik, plaas net een
vol in n hok. Indien daar te veel vols in een hok is, kan dit veroorsaak dat
vere gepik word en vere kan lelik en vuil word. Plaas genoeg skaafsels aan
die onderkant van die hok om kneusplekke te voorkom. Verskaf genoeg kos
en water.

Voeding
Skouvols moet n volledige kommersile voeding ontvang met min,
indien enige, aanvullende graan anders as vrye keuse tot heel hawermout
wat in n aparte voerder geplaas is. Hawermout bevat relatief min energie
in vergelyking met mielies, milo of koring. Daarom kan vols groot
hoeveelhede verteer sonder om t vet te word. Vroe studies wat deur die
Texas Landboueksperimentstasie gehou is, dui aan dat hawermout keer dat
vere gepluk word en verhoed kannibalisme. Dit verskaf ook n faktor wat
veerontwikkeling, groei en gehalte verbeter. Wanneer hawermout gevoer
word, moet vols ook n keuse van granietgruis kry.
n Klein hoeveelheid olierige voeding, soos sonneblomsaad en lynsaadmeel
verskaf glo n mooi gesonde glans aan die vere.
T veel geel mielies kan veroorsaak dat die wit vere van wit variteite en
Leghorn oorlelle om roomkleurig te verkleur.

Voordele van bywoning van ander uitstallings/skoue


Dit is van groot nut vir die uitstaller om so veel as moontlik skoue by te
woon en dit gaan nie bloot oor die wen nie, maar ook die opdoen van kennis.
Hy moet die skoue dikwels besoek en so lank as moontlik bly. Skoue word

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 48


dikwels verbeter deur die vols in die uistalkamer gereed te maak. Probleme
kan met ander telers bespreek word en baie inligting kan vanaf beoordeelaars
verkry word. Beoordeelaars is gewoonlik besig, maar die meeste sal kort
en doelgerigte vrae beantwoord. Baie beoordeelaars is professionele
pluimveemense en kan betroubare raad gee. Die mees suksesvolle uitstallers
en telers van vandag het baie van hul sukses bereik deur uit hul foute te leer
en aan skoue deel te neem. Wanneer jy jou vols uitstal, probeer om soveel
as moontlik hieruit te leer.

Versorging van vols n die uitstalling


Uitstallers is dikwels onverskillig in die hantering van hul vols na n uitstalling,
veral as die vols nie gewen het met ho toekennings nie. Goeie sorg is net so
noodsaaklik n die uitstalling as voor die kompetisie. Dit is raadsaam om die
vols vir ten minste 14 dae apart te hou n hul terugkeer tuis. Indien enige
siekte tydens die skou opgetel is, sal dit teen hierdie tyd waarneembaar
wees, voordat jy jou vols na die res van jou pluimvee laatterugkeer.
Moet nie na n skou van die vols ontslae raak, indien hulle nie hoog in hul
klas geplaas het nie. Vind uit hoekom. Die beste vol in die klas kan n lae
posisie kry omdat dit nog nie volwasse genoeg is nie of as gevolg van sy
veertoestand.

Siektes wat algemeen in Poolse vols voorkom

1. Water op die brein

Hierdie siekte word dikwels verkeerdelik as Marek se siekte aangeneem.

Dit is n infeksie in die vergrote kraniale holte, waar vloeistof geproduseer


word wat druk op die brein veroorsaak.

Simptome: Sluit in agteruitloop en omval. Die vols kan in die rondte draai
en dan skielik herstel.

Behandeling: Isoleer die vol en gee vloeistofvoedsel per mond elke twee
tot vier uur gedurende die dag. Die laaste voeding sal in die aand wees. n
Antibiotikum wat deur n veearts voorgeskryf word, en in die borsweefsel

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 49


ingespuit word tesame met n anti-inflammatoriese middel, sal die swelling
verminder en die infeksie opklaar. Behandeling mag tot vier weke voortduur
in ligte gevalle.

2. Voetverswering
Dit word veroorsaak deur bakterie wat normaalweg op die vel gevind
word, en deur n wond of besering aan die onderkant van die voet die vel
binnedring. Die besmette voet sal met etter gevul word en sal inflammasie
veroorsaak en baie seer wees; in ernstige gevalle sal die etter deur die tone
van die voet bars.
Simptome: Verlamming, n warm voet abses kan vanaf n swart roof aan die
onderkant van die voet vorm.
Behandeling: Eerstens, raadpleeg jou veearts, tensy jy ervare is en weet
hoe om dit self te behandel. Mondelinge en inspuitbare antibiotika om die
infeksie te behandel.
Behandel die siekte tuis: Jy moet begin deur die voet in n antiseptiese
oplossing te week om die prop te versag en die kans op verdere skade en
infeksie te verminder. Dra te alle tye handskoene. Verwyder die etterprop
en maak die gat deeglik met n antiseptiese middel skoon en pak dit met n
swawel produk. Spuit die skoon area met n antiseptiese middel en verbind
die aangetaste deel.
Voorkoming: Sanitasie van voedsel is noodsaaklik. Maak seker dat alle
dwarsstokke glad en rond is en nie t ver van die grond af is nie. Moet nie
teel met vols wat aan voetverswering gely het nie, aangesien die infeksie
deur die eier oorgedra kan word.

3. Ooginfeksie
Word deur n veer wat af in die oog groei, deur steke of skrape in die oog en
insekbyte veroorsaak. Die infeksie kan trauma veroorsaak soos sinusitis en
mycoplasma waar die geswelde weefsel druk op die oogbal veroorsaak.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 50


Behandeling: Antibiotiese oogdruppels is nuttig, hoewel dit moeilik kan
wees om in te sit, aangesien die derde ooglid (membraan) in die pad is. n
Wasoogbalsem wat deur n veearts voorgeskryf is, is dalk n beter alternatief.
Ander simptome wat hierdie oogprobleem kan veroorsaak, is n oormaat van
ammorid in die hoenderhok wat nie skoongemaak is nie. Asemhalingsprobleme
wat kan veroorsaak dat die kornea ondeursigtig word. Sekere stamme van die
Marekvirus sal ook grys o tot gevolg h, en jy moet ondersoek of enige ander
simptome teenwoordig is.
Melk word dikwels gebruik as n middel om die oog mee te was. Die proteen
in die melk bevat baie voedingstowwe. Melk word lankal reeds deur beide
pluimveetelers en krisantprodusente gebruik.

4. Kuif myte
n Donkerbruin myt wat op die liggaam van die vol voorkom en word dikwels
kuif myte genoem by kuifrasse soos die Poolse kapokhoender.
Dit is soortgelyk aan die rooimyt maar woon sy hele lewe op die vol en
voltooi sy lewensiklus binne een week; dus vind besmetting vinnig plaas en
kom die myte in groot groepe voor. Dit veroorsaak bloedarmoede en selfs die
dood. Besmette vols sal krap en kan permanente skade veroorsaak, veral
aan hul o.
Kuif myte vermeerder vinniger tydens koeler tye van die jaar en meestal
tydens die skouseisoen. Jy sal die myte op die vel van die vols sien kruip en
di soort myt sal oor jou arms loop wanneer jy die hoenders hanteer.
Simptome: Vols sal depressief wees; bleek in die gesig, kam en lelle.
Eierproduksie sal onderdruk word. Gedurige krap van kop.
Behandeling: Die vols moet met luisdoder gestrooi word. Dit moet direk op
die vol gestrooi word en veral by kuifrasse moet n klein hoeveelheid in die
oorkanaal met behulp van n oorpluisie geplaas word, aangesien die myte
hier sal wegkruip en vinnig vermeerder. Strooi weer na vyf tot sewe dae.
Voorkoming: Verminder toegang deur wilde vols, aangesien dit die
belangrikste faktor is. Strooi vols met poeier voor en na skoue.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 51


5. Oorgroei van bek/snawel
Algemeen tydens uitstalling en word nie vrylopend toegelaat nie. Sny gereeld
om kruising te verhoed en eetprobleme te voorkom.

Die Poolse kaphoender - Die adellike van die Pluimvee


Wreld

Kleurvariasies
Swart met witkuif Blou Koekoek.
Swart, Blou, Wit, Koekoek.
Gesoom, Geel (Chamois), Silwer.

Ander kleure
Geel Koekoek, Patrys, Geel met witkuif, Wit met swartkuif.
Die meeste van hierdie is die standaardkleure wat deur die Pluimveeklub
van Groot Brittanje, Poland, Europa, die Verenigde Koninkryk, Nieu-Seeland,
Australi en Suid-Afrika erken word.
Die verskil in die ras is dat die wit-kuifrasse nie almal nie-bebaarde en is
nie en dat die gesoomde variteit almal wel n baard het. Die nie-bebaarde
variteite dra lang lelle en die bebaarde variteite het geen lelle nie.
Swart met witkuif en wwart moet altyd n goeie soliede swart kleur wees met
n goeie groen skynsel.
Die blou met witkuif en blou moet n soliede blou wees met n tipe duifblou
en is eintlik byna laventelkleurig.

My Poolse Kuikenmengsel vir winter en somer

200 gram Sonneblomsaad


200 gram Geelmielies
50 gram Lusern
50 gram Sorghum
4 gram Kalsiumkarbonaat

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 52


Bogenoemde mengsel gaan deur n 5 mm Hamermeule gat en word per 5
kuikens bedien as n begindiet.
Vir groter kuikens word n 6 mm tot 7 mm gat met Hamermeule gebruik.
Volwasse hoenders kry dieselfde dieet maar gemeng met n 50% basis
gemengde meel hoender kos en 50% van hierdie fyn kos.
Ek dra sorg dat daar nie enige kos in die voerbak van die hoenders agterbly
nie. Elke teler het sy eie manier van kos meng en kos gee. Ek gee teen 11 uur
soggens en weer 17:00 namiddag as geen kos in voerbak oorbly nie. As die
voerbak half vol is, voeg dan net n bietjie by sodat daar die volgende oggend
nog kos in die voerbak is.
Elke derde dag voer ek ou bruin brood vir my hoenders asook gekookte rys
gemeng met fyngemaakte gekookte eier en die fyngemaakte eierdop.
Weereens elke teler het sy eie manier om sy pluimvee te voer. Vir my is
hierdie n uitstekende dieet met natuurlik die ekstra vitamienaanvullings in
die drinkwater. Hier gebruik ek elke vierde dag Stresspuck en Aviboost wat
baie goed is vir kuikens en volwasse hoenders.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 53


Ontlasting van hoenders
Ontlasting van hoenders en om die kwaliteit van hul gesondheid te kan
bepaal

DIE DRIE BOGENOEMDE PRENTE WYS DIE UITSKEIDING VAN DIE DERMVOERING.
DIT IS NORMAAL EN IS NIE N REDE TOT KOMMER NIE.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 54


BOVERMELDE ONTLASTING IS NORMAAL.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 55


BOGENOEMDE ONTLASTING IS OLIERIG EN SKUIMERIG.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 56


DIE VOLGENDE FOTOS IS DIE SEKUM VAN DIE HOENDER. DIT IS MOSTERDKLEURIG TOT DONKERBRUIN. DIT
WORD ELKE 8 TOT 10 DAE UITGESKEI.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 57


WATERIGE ONTLASTING IS N TEKEN DAT DIE HOENDER TE WARM KRY. DIT IS N MANIER OM AF TE KOEL DEUR
BAIE WATER TE GEBRUIK EN DAN VAN OORTOLLIGE HITTE ONTSLAE TE RAAK. DIT IS OOK N TEKEN DAT DIE
HOENDER NIE GENOEG EET NIE.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 58


VLIEGLARWES.

VLIE SAL HUL EIERS OP VORS EN NAT HOENDERONTLASTING L, ASOOK TYDENS WARM WEER. DIE EIERS BROEI
VINNIG AS LARWES UIT.

HIERDIE ONTLASTING IS GEPRODUSEER DEUR N HEN WAT ONGEVEER 25 WEKE OUD IS. SY HET SWAK GEET EN
IS ONDERGEWIG. HAAR STERT HET AFWAARTS GEWYS EN SY WAS BAIE MOEG. N MOONTLIKHEID VAN WURMS EN
EIERPERITONITIS KAN TEENWOORDIG WEES.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 59


ABNORMALE ONTLASTING. HOENDER HET CLOSTRIDIUM PERFRINGENSLY.

ABNORMALE ONTLASTING. KOKSIDIOSE SAL BLOEDERIGE UITSKEIDING H.

DIE HOENDER WAS GEWELDIG DORS EN HET GROOT WATERIGEUITSKEIDING PRODUSEER. DIT KAN OOK N
MOONTLIKE NIERPROBLEEM WEES.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 60


DIE DRIE FOTOS WYS WURMS EN LINTWURMS.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 61


Ten slotte
n Gesonde hoender met n gesonde dieet, voortdurende skoon water en
hokke sal altyd goed presteer met n gehalte produsering van eiers en kuikens.
Elke teler en vertoner het sy/haar ondervinding, manier van grootmaak en
die toepassing van gesondheid oor die jare ervaar. Hierdie boek oor die
Poolse nie-bebaarde poolse kapokhoender is my ondervinding, ervaring en
naslaanwerk asook die intense studie van hierdie besonderse hoender en ek
wil dit graag deel met ander.

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 62


Verwysings

Feather Site.com
APA Recognized Breeds
Chicken Breeds
The Chicken Encyclopedia
Practical Poultry Keeper
Backyard Poultry
Great Britian Poultry Clubs
A To Z For Poultry
Benjamin Jv Rensburg

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 63


Indeks
A D
abdominale kapasiteit 21 dekvere 14, 15, 23, 27, 30
ACV 40, 41 diskwalifikasie(s) 3, 21, 24, 25, 28, 29,
38, 43
antibiotikum 10
diskwalifisering 21, 24, 32
B dop 8, 34, 35, 37
Bantam 33 dopmembrane 37
bebaarde variteite 15, 29, 52
snawel 7, 10, 12, 15, 16, 29, 41, 52
E
eekhoringstert 3
beoordeelaar 3, 21, 24, 25, 26, 29, 32,
33, 40, 43, 45 eiergeel 35, 36, 38
Beste in Variteit 20, 26 eierproduksie 21, 34
Beste & Reserwe variteit 26 eierwit 35, 36, 37, 38
Beste Vol op Skou 20 elektrolietoplossing 10
bloed kolle 13
G
bloedtoevoer 8
Games 23, 28
Blousel 40, 46
gesondheid 8, 22, 31
borsbeen 12, 26, 28
gespikkeld 1
C gesplete vlerk 21, 43
Call Eende 23 gewig 12, 13, 24, 27, 32, 34
chalazae 36 globulr 6, 15
Chamois 3, 52 Goud 3, 19
Cornish 28, 46

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 64


H koolstofdioksied 35, 36, 37

handvoeding 10 krop 26, 29, 31

hekel(s) 5, 6, 16, 41 kuif 1, 3, 4, 6, 7, 15, 29, 47, 51

hoenderras 1, 2 kuif myte 51

hoofstertveer 28 kuifrasse 51, 52

horingtipe 1, 3 kuifvariteite 11
kuikenmengsel 52
I
kullery 24, 32
Indiese Runners 23
kutikula 35
J
L
jonghaan 14, 20
lelle 5, 15, 22, 27
jonghen(ne) 20, 28, 34, 36
limberneck 9
K lintwurms 11, 61
kalsium 34, 35 lugsel 37
kalsiumkarbonaat 34 luise 7, 21, 44
kalsiumpoeier 8
M
kam 1, 3, 4, 6, 15, 24, 32, 41, 43, 46,
Malays 23, 28
47, 51
Marek se siekte 49
kategoriewenner(s) 20, 26
Modern Games 28
kiel 12, 28
moffies 3, 15, 29
kiemskyf 37
mofrasse 3
koekoek 1, 3
myte 7, 11
koepelvormige 2
Koksidiose 13, 60 N
kondisionering 38 nie-bebaarde variteite 15, 52

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 65


O S
ontlasting 55, 56, 58, 59, 60 Sebastepol Ganse 31
ontwurming 11 sekelvere 23, 28, 30
ooginfeksie 50 sekondre vlerkvere 23, 27, 28, 30, 31,
41
oorgroei van bek/snawel 52
Silwer 3, 19, 52
oorlelle 5, 15, 29, 30
skenkels 3, 30, 32, 43, 45, 46, 47, 48
oorlobbe 22
skubberige myte 11
P Standard of Perfection 3, 43, 46
parasietbeheer 39 sterthoek 6
parasiete 11, 21 stompvere 3
Poolse kapokhoender(s) 1-5, 9, 11, 13, swartkuif swart 19
51
sy hangvere 23
pootveerrasse 39
primre vlerkvere 27, 28, 31, 41 U
proteenvlakke 38 uitskeiding 54, 60

R V
raskampioen(e) 20, 26 verlies van vere 9
Rasstandaard 22, 23 ververingstadium 9
Reserwe Variteit 20 vitamiene 9, 34, 35
riboflavien 35, 36 vitelline 37
rondewurms 11 vlerkdekvere 41
Rouens 23 vlerke 11, 21
vlieglarwes 59
voedingspoeier 10
Voetverswering 31, 50

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 66


W
wateringe ontlasting 58
water op die brein 49
Wild Pattern Drakes 23
witkuif 1, 5, 15, 16, 17, 18, 52
witkuif khaki 19
witkuif swart 1, 19

Poolse Nie-bebaarde Kapokhoenders 67

You might also like