Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

NOTULE VAN KOMAGGAS GEMEENSKAPSVERGADERING SOOS GEHOU OP 30 APRIL 2018 OM 16H00NM.

Teenwoordig: Sien aangehegte presensielys.

Opening van vergadering:


Vergadering word geopen deur ‘n kort inleidingsgebed deur Lid Benjamin Cloete, asook verwelkoming gedoen deur Lid Martha
Wöll.

Agtergrond van vereniging gedoen deur Lid Paulina Cloete:


 Verduidelik aan gemeenskap hoe vereniging gestig is.
 Samesmelting van 2 groepe (Eiendomsvereniging & Karusab) wat organisasie heet Komaggas Vereniging vir
Gemeenskaplike Eiendom.
 Vra mandaat van gemeenskap om grondsaak te dryf, onder leiding van Mnr.Henk Smith.

Inset deur Lid Chantel Bam (ook agtergrond van vereniging):


- Verwys na Gemeenskapsvergadering by Groendaksaal die jaar 2008, wat deur Mnr.Obed Mvula (Dept.Rural
Developement and Land Reform) gehou was, waar 2 groepe (Karusab en Eiendomsvereniging) opdrag gegee is om ‘n
eenheid te vorm, en een grondkomitee vorm, sodat gemeenskap se grondsake vordering kan maak.
- Gemeenskap moet een komitee liggaam (Spreukbuis )het, waardeur grondsake aangespreek kan word en “Dept.Rural
Development and Land Reform”, gaan nie betrokke raak, by gemeenskappe waar geen eenheid is nie.
- Mnr.Derek Diergaardt voormalige Raadslid van ons wyk, was aangewys as Fasiliteerder, wat 2 groepe moes verenig,
sodat hulle kon saamgesnoer en een liggaam moes word.
- Die Eiendomsvereniging het botweg versoek / opdrag van” Dept.Rural Development and Land Reform” ignoreer na
vele skrywes deur Mnr.Derek Diergaardt aan hulle, om gesprekvoering aan die gang te kry, vir samewerking tussen 2
groepe.
- Eiendomsvereniging het terug geantwoord, dat hulle nie gaan deelneem aan gesprekvoering met Karusab nie, en
gevoel hul komitee is erkende struktuur wat grondsaak, van gemeenskap kan dryf. Hulle terugvoering op skrywes is
deur fasiliteerder na “Dept.Rural Development and Land Reform”gestuur, wat ‘n teken was, dat hulle samewerking wil
gee nie.
- Karusab het later by gemeenskap, mandaat gekry om met grondaansprake te werk, onder leiding van Legal Resources
Centre, Mnr.Henk Smit. Grondaansprake het goed gevorder, totdat konflik onder komiteelede ontstaan het, wat ‘n
negatiewe impak op grondsake en gemeenskap gehad.
- Die jaar 2014 is gesprekvoering weer aan die gang begin deur Karusab Stigterslede met Eiendomsvereniging se lede.
- In 2016: Is konsensus, samewerking en samesmelting eers bereik, na vele vergaderings gehou deur beide partye
(Karusab en Eiendomsvereniging).
- Die 2 groepe het toe die nuwe liggaam gevorm genaamd: “ Komaggas Vereniging vir Gemeenskaplike Eiendom”.
- Na 2jr. het lede van Eiendomsvereniging weer uitgestap uit vereniging omrede hul wou hê Afriforum moet Komaggas
se grondsake bedryf, sonder mandaat en konsultering van gemeenskap. Oorblywende komiteelede het weer gevoel
dat eerstens met gemeenskap konsulteer word, voordat dit besluit word wie gemeenskap se grondsaak verder moet
dryf, sodat gemeenskap hul mandaat vir komitee kan gee.
- Vandag is komitee hier om mandaat hernu by gemeenskap, sodat grondsake verder gedryf kan word, deur Vereniging.

Insette deur Gemeenskaps en komiteelede:


Lid Oscar Carlson: - Mnr.Henk Smith het vergadering te Springbok belê, waarvan komitee deel van was.
- Saak wat Henk Smith aandag gee is kleinskaalse myn.
- Behoeftes moet identifiseer word, wat gedoen kan word op myne, bv.Waarvoor West Coast myn aansoek gedoen het,
vir swaarminerale permit in Kleinzee.

Mnr.Bennie Ruiter : - Wil weet wie komitee saamgestel het? Sekere komiteelede dien daarop vir selfverryking. Waarvoor het
is ‘n mandaat nodig, aangesien dit nie ‘n erkennede liggaam is nie? Hy laat hom nie in by enige saak van komitee as
gemeenskapslid nie.

Lid Cyril Bugan:- Al wat komitee verlang is om mandaat van gemeenskap verkry, sodat vordering van grondsaak kan geskied.
Gemeenskap kan met voorstel kom of huidige komitee so bly of nuwe komiteelede verkies moet word. Besluit moet self van
gemeenskap kom.
Me.Junia Cloete:- Stel voor dat huidige komitee so bly. Mnr. Jenner Cloete sekondeer die voorstel.

Me.Moira Strauss:- Vra dat komitee so bly en voortgaan met werksaamhede. Ons moet dink aan ons kinders se toekoms
vorentoe.

Mnr. Jenner Cloete:- Noem dat komitee nie gebruik maak van Afriforum om ons grondsake te dryf nie.

Gemeenskap stem eenparig dat nie van Afriforum se dienste gebruik word, vir ons grondsake nie.

Lid Oscar Carlson:- Noem daar was 2 grondeise nl. Grondaanspraak geloods deur vorige komitee (Karusab Grondaansprake)
en grondeis deur (Komaggas Eiendomsvereniging). Indien komitee so bly, moet voorwaardes gestel word aan komitee. Indien
hulle gemeenskap tevrede stel nie, moet hulle vervang of aangevul word.

Mnr.Thomas Cupido:- Hy staan alleen en volg prosedures dat verkose persone wat deur gemeenskap gekies word, dien op
komitee. Terselftertyd stel hy voor, dat verkiesing geloods word onder huidige komitee vir posisies, sodat gemeenskap kan
kennis dra wie hulle is.

Gemeenskap stem eenparig op die voorstel van Mnr.Cupido.

Verkiesing van komiteelede deur Gemeenskap:


1. Voorsitter/ Voorsitster:
- Me.Moira Strauss stel Lid Pauline Cloete voor as voorsitster, en word sekondeer deur Me.Sonja Diergaardt.
- Geen ander voorstel of teenvoorstel het ingekom vir posisie van voorsitster nie.
- Dus Lid Paulina Cloete nuutverkose Voorsitster van Vereniging.

2. Ondervoorsitter / Ondervoorsitster:
- Me.Junia Cloete stel Lid Tomas Cloete voor as Ondervoorsitter en word sekondeer deur Me.Moira Strauss.
- Geen ander voorstel of teenvoorstel het ingekom vir posisie van voorsitter nie.
- Dus Lid Tomas Cloete nuutverkose Ondervoorsitter van komitee.

3. Sekretaris / Sekretaresse:
- Mnr.Thomas Daniёls stel Lid Chantel Bam voor as sekretaresse, en word sekondeer deur Lid Junia Cloete.
- Geen ander voorstel of teenvoorstel ingekom vir posisie van sekretaresse nie.
- Dus Lid Chantel Bam nuutverkose sekretaresse van vereniging.

4. Hulpsekretaris / Hulpsektaresse:
- Gemeenskap stem eenparig dat Hulpsekretariaat uit buitedorpe soos Buffelsrivier, Soebatsfontein, Hondeklipbaai en
Kleinzee kom. Geen nominasie is deur gemeenskap gemaak vir Hulpsektaris / Hulpsekretaresse nie.

5. Kassiere / Tesourier:
- Mnr.Jenner Cloete stel Lid Martha Wöll as kassiere voor en word sekondeer deur Lid Sonja Diergaardt.
- Geen ander voorstel of teenvoorstel het ingekom vir posisie van kassiere nie.
- Dus Lid Martha nuutverkose kassiere van vereniging.

6. Addisionele lede:
- Gemeenskap voel en stem eenparig saam dat oorblywende lede dien as Addisionele lede van vereniging o.a:
Benjamin Cloete, Cyrill Bugan, Johannes Fortuin, Oscar Carlson en Paulus van Reenen.
- Gemeenskap stem ook eenparig dat byvoeging van ander Addisionele lede uit buitedorpe kom soos Buffelsrivier,
Soebatsfontein, Hondeklipbaai om ook dien op komitee.

Inset deur Lid Chantel Bam


- Lid Chantel hou brief voor aan gemeenskap wat vereniging gerig het aan De Beers, rakende die besoek op mynareas,
waarop West Coast Myn, aansoek gedoen vir swaarminerale permitte. Terselftertyd wys sy ook die beswaarbrief en
verduidelik aan gemeenskap t.o.v.teenkanting dat die swaarminerale permitte nie aan West Coast myn toegestaan
moet word nie, en noem dat dit ‘n lywige dokument is,en enige gemeenskapslid is welkom, om dit self onder oё te
neem.
- Asook die vergadering met Mnr.Henk Smith op Vrydag 20 April 2018 te SPP kantore, Springbok, word voorgehou.
(Vind aangehegte verslag soos voorgehou by gemeenskapsvergadering)

Insette deur gemeenskapslede op Verslag van Vergadering met Mnr.Henk Smith:


 Kyk na reaksie wat De Beers vir gemeenskap sê.
 Komitee regverdige kans gee om self te organiseer.
 Leiding moet by Mnr.Henk Smith gekry word, rakende grondsake. Verneem of hy bereid en beskikbaar is, om ons
gemeenskap te help met ons grondsake, aangesien gemeenskap botweg weier dat Afriforum bemoeid moet wees,
met ons grondsake en geen persoon of komitee mandaat gee om met hulle te werk nie.
 De Beers moet terugkom en sy apartheidskuld kom betaal. Ons diamante terugbring.
 De Beers moet 14 dae kan kry om te reageer op skrywe aan hulle gerig, rakende die besoek aan myn rondom die
verskillende areas waarvoor West Coast Myn, aansoek gedoen het vir swaarmerale permitte. Foto’s moet ook
geneem word van onrehabiliteerde areas, sodat die besware geopper word aan DMR Kimberley kan vergesel, met
leiding en advisering van Mnr.Henk Smith.
 Verwys na vorige mynongelukke waar ons gemeenskapslede dood is o.a: Buffelsbank (Oom Adderjan), Brazil (Marco &
Oom Bates) en Bontekoe (waar massa mense omgekom het).
 Op Brazil is Mnr.Gerald Kula is 100% in De Beers, en was nog nooit by gemeenskap oor sy aansoek van prospekpermit
nie. Diggers hou hy daar weg, vanaf Brazil.
 Op BonteKoe werk slegs 10 mense vir Mnr.Johan Cloete hulle se maatskappy. Sonder konsultering met gemeenskap
gaan hulle ook net voort met hulle mynbedrywighede.
 Aanbeveling / voorstel gekom dat ‘n gedenkdiens vir BonteKoe ramp gehou moet word, tesame met die media soos
SABC en Fokus. Komitee moet gedenkdiens organiseer.
 Noem dat Guptas, Christo Wiese, Steinhoff se dogters, in beheer van Transhex myn is.
 Die diamante van beide West Coast en Transhex word aan die Guptas verkoop.
 Buffelsbank myn moet besoek, sodat komitee hulle kan vergewis, wat daar aangaan. Ondersoek moet aan die gang
gesit word, op Buffelsbank myn.
 Verwys dat sogenaamde nuwe permithouer van Buffelsbank, wat onder die vaandel van Mnr.Carlos werk, vir 2 weke
in Kaap was. Lede van meentkomitee het besoek by hom gaan aflê, en hom gevra om sy wettige permit aan Komaggas
gemeenskap te kom wys. Carlos se mynpermit verval 2020.
 Gemeenskap gee komitee die mandaat, om grondsake te dryf, onder leiding van Mnr.Henk Smith.
 Komitee moet Mnr.Henk Smit vra, om aansoek doen vir gemeenskap vir “digger permits” op onbewerkte van De
Beers myne, wat meestal nou aan West Coast Myn behoort.

Padvorentoe:
- Komitee moet terugkom na gemeenskap, indien De Beers nie positief reageer, op skrywe aan hulle rondom die besoek
op mynareas, waar West Coast Myn aansoek gedoen het, vir swaarminerale permitte. Alternatiewe oplossings sal dan
gevind moet word, hoe gemeenskap te werke moet gaan, tesame met regsadvies van Mnr.Henk Smith,
- Organiseer gedenkdiens vir ramp op BonteKoe Myn. Gedenkdiens moet op radio bekend gemaak word. SABC en
Fokus moet ook betrek word.
- Ondersoek moet by DMR aangevra word, op die volgende myne o.a: Buffelsbank, BonteKoe en Brazil.
- DMR moet ook komitee voorsien, van die wettige permithouers wat tans mynbedrywighede het, op die Plaas
Komaggas 200. Asook onbewerkte myne moet ook uitgewys word, waar persone permitte op het, maar geen
mynbedrywighede is aan die gang. Ondersoeke moet geloods word op myne, aangesien gemeenskap geen voordeel
het, op die mynbedrywighede in ons area nie.
- Aanvulling van komiteelede uit Buffelsrivier, Soebatsfontein en Hondeklipbaai, om deel uitmaak van verkose komitee.
- Provinsiale “Dept.Rural Development and Land Reform”, vra om trancraa proses weer aan die gang sit.
- Mnr.Henk Smith skakel of hy gewillig en bereid is, om gemeenskap met grondsake te help.
- Komitee moet aansoek doen, met regsadvies van Mnr.Henk Smit vir wettige permitte op mynareas in ons gebied, vir
belangstellende gemeenskapslede, kleinmyners en “diggers”.
- Komitee moet verder werk op grondaansprake proses.

Afsluiting van vergadering:


Lid Paulina Cloete, nuutverkose Voorsitster van vereniging bedank gemeenskap vir hul opkoms na vergadering, asook vir hul
ondersteuning en mandaat wat komitee, by gemeenskap verkry het, om voort te gaan met grondsake. Vergadering verdaag
met die opsê van die Onse Vader.
Geteken deur:

.......................................... ...............................................
Me.Paulina Cloete Datum
Voorsitster

.......................................... ................................................
Me.Chantel Bam Datum
Sekretaresse

You might also like