Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 12

Staan sterk

as jy die
sprong waag!
Die Universiteit van
Pretoria sal jou help met
’n gladde oorgang van
hoërskool na universiteit
deur Anthea Pretorius

Vir baie Graad 12’s word Wat is jou verwagtinge?


die opwinding dat hulle ’n
Hoop jy om pret te hê, nuwe vriende te ontmoet en aan sport deel te neem?
plek by ’n Suid-Afrikaanse Hoop jy om ’n maat te kry wat dieselfde waardes as jy het?
universiteit gekry het, Wil jy in ’n stad ver van jou tuisdorp lewe en studeer?
getemper deur ’n mate Wil jy die wêreld sien?
Is jou enigste doel om ’n ordentlike kwalifikasie te kry?
van vrees en angstigheid Hoe aanpasbaar is jy?
omdat hulle nie weet wat Hoeveel vertroue het jy in jou vermoëns? Hierdie intrinsieke houding korreleer
sterk met prestasie, motivering, emosionele veerkrag, die vermoë om deur
om te verwag nie, of hulle te druk en te volhard om struikelblokke te oorkom en akademiese sukses te
is bang oor hoe hulle behaal.
sal regkom en of hulle Hoe sterk is jy wat selfgereguleerde leer en doelverwesenliking betref?
Is jou algemene kennis redelik goed?
akademies en sosiaal hul Is jy gedissiplineerd en selfstandig betreffende die oordeelkundige hantering
voete sal vind. van geld en die goeie bestuur van jou gesondheid, energie en persoonlike
veiligheid?
Daar is duidelike verskille tussen skool Het jy genoeg kennis van universiteite en hoe hul prosesse werk?
en universiteit, en dit is belangrik om Kan jy doeltreffend na inligting soek, dit evalueer en met ander soortgelyke
bewus te wees van die bykomende inligting vergelyk, bv oor die vereistes vir toelating tot akademiese programme
eise van die lewe aan ’n tersiêre wat deur verskeie universiteite aangebied word?
instelling en om jou daarvoor voor
te berei. Die sprong van die bekende
en vertroude skoolomgewing met Hierdie artikel verwys jou ook na ’n 2. Oorgang is sowel ’n interne as
klasse van 30 tot 50 leerders na ’n verskeidenheid steunstrukture wat ’n eksterne proses. Jy beweeg
kampus met 60 000+ studente en jou sal bemagtig en in staat stel om onvermydelik na ’n nuwe fisiese
klasse van 500 tot 1 000 studente kan verstandige besluite te neem. Onthou omgewing (bv ’n koshuis), wat
geweldig uitdagend wees. Jy sal van ’n dat die Werwingspan by Tukkies en die bepaalde uitdagings bied.
afhanklike leerder tot ’n onafhanklike JuniorTukkiekantoor se personeel daar is Terselfdertyd moet jy ’n interne skuif
leerder ontwikkel. om enige navrae te beantwoord maak terwyl jy probeer om te begin
inskakel, deelneem en aanpas by
Dit is ’n feit dat die nuwe die uitdagings van jou program en
omgewing sosiale, persoonlike en woonreëlings. Albei vereis ’n aantal
intellektuele uitdagings vir elke nuwe Die oorgang van skool na vaardighede wat jy redelik vinnig moet
eerstejaarstudent stel, maar hoe universiteit het tipies drie verwerf om te kan aanpas en floreer.
beter jy voorberei is, hoe makliker stadiums
sal jy by jou nuwe omgewing aanpas. 3. Inkorporering is die stadium
Hierdie artikel verduidelik die 1. Skeiding van jou gesin en huis, en ook waartydens jy jou voete gevind het,
vernaamste uitdagings wat die meeste van jou hoërskool, jou vriende en die weet waar wat op die kampus is,
eerstejaarstudente ondervind, en hoe gemeenskap (stedelik/landelik) waar jy vriende gemaak het en studeer met ’n
om dit die hoof te bied. grootgeword het. sin van doelgerigtheid en volvoering.
Wat is belangrik in hierdie stadium? Leer hoe dinge gedoen word. Aanvaar verantwoordelikheid,
heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat
jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en
Waardeer die feit dat jy aan ’n universiteit kan studeer. Dit is ’n handhawing van ’n hoë akademiese standaard.
groot voorreg. Jy is dalk die eerste persoon in jou familie wat ’n
universiteit bywoon en dit kan soms moeilik wees, maar staan Niemand sal kyk of jy jou klasse bywoon, die nodige leeswerk
sterk. Ons sal jou help om sukses te behaal. doen of vir klasse voorberei nie, en of jy jou take inlewer
en of dit aan die vereiste standaard voldoen nie. Dit is
Universiteitstudie is duur, en ongeag of jou ouers vir jou betaal, jou eie verantwoordelikheid. Neem hierdie besluit vroeg
of jy ’n gedeeltelike/volle beurs het en of jy ’n studielening gekry reeds, want hierdie vryheid gaan gepaard met geweldige
het, jy moet deeglik beplan en deurgaans hard werk om te verantwoordelikheid en gevolge, en dit vereis dus selfbeheer en
verseker dat jy jou graad binne die bepaalde tyd sal behaal. ’n innerlike lokus van beheer. Jou toekoms word letterlik deur
jou eie besluite en optrede bepaal.

Die grootste uitdagings wat eerstejaarstudente die hoof moet bied, is:

1 ’n Gevoel van isolasie OPLOSSING:


Sluit aan by een van die baie studente-
organisasies op die kampus; woon die
Vir baie studente is dit die eerste keer dat hulle nie by die huis woon nie. Studente
verskillende sosiale geleenthede by; neem
uit ’n landelike agtergrond kan dit nogal moeilik vind om in ’n groot, raserige stad deel aan sport en kultuuraktiwiteite;
of bedrywige koshuis te woon. As jy in ’n klein familie grootgeword en ’n hoërskool stel jouself elke dag aan iemand anders
van gemiddelde grootte bygewoon het, sal jy dit dalk moeilik vind om op ‘n voor; begin ’n studiegroep of sluit by
kampus met 60 000 studente aan te pas. Jy kan dalk ook geïsoleer voel as gevolg een aan. Die meeste kerke het weeklikse
van jou kultuur, gender, seksuele georiënteerdheid, introversie of verlange, of byeenkomste vir enkellopendes en reël
omdat jy dit moeilik vind om vriende te maak en aan te pas in ’n koshuis. ook kampeeruitstappies – neem deel!

2 ’n Gevoel van oorweldiging OPLOSSING:


Hierdie moeilike omstandighede bestaan
Studente ondervind soms angs omdat hulle bang is hulle het nie die nodige akade- werklik en moet nie geïgnoreer word nie.
miese vaardighede nie of deur die werklading oorweldig word; besef dat hulle swak Besoek die Departement Studentesake,
studiegewoontes of studievaardighede het en dit moeilik vind om ’n studierooster waar jy enigiets van studieadvies tot
op te stel en hul tyd doeltreffend te bestuur; sukkel met voorbereiding vir eksa- berading kan kry.
mens, of vind dat hul sosiale lewe te vol is. Ander kry nie genoeg slaap nie of eet nie
gereeld nie. Party studente is ook bekommerd of angstig oor finansiële beperkings.

3 Probleme met integrasie OPLOSSING:


Leer om grense te stel. Respekteer jou
Gee jouself tyd om aan te pas. Nie almal vind dit maklik om nuwe vriende te eie plek en die plekke van ander mense
in die instelling. Wees verdraagsaam
maak en in te pas nie. Van die dinge wat integrasie kan bemoeilik, is skugterheid,
en onbevooroordeeld. Wees geduldig.
taal, kultuur, ’n gevoel van vervreemding, onverdraagsaamheid of probleme met
Laat jouself toe om ander mense te leer
aanpassing om jou leefruimte in ‘n koshuis te deel. Teruggetrokke introverte ken en laat hulle toe om jou te leer ken.
sukkel om tussen luidrugtige ekstroverte aan te pas. Sosiale akklimatisering op Probeer om ’n gebalanseerde lewe te
universiteit is belangrik omdat jy tussen duisende studente is wat heeltemal lei wat die hoeveelheid sosiale aktiwiteit
anders as jy is en uit verskillende lande en verskillende taal- en godsdienstige insluit waarmee jy gemaklik is. Verken die
agtergronde kom. beskikbare studentgedrewe inisiatiewe
en kies dié wat jou opgewonde maak.
Moenie gedwing of verplig voel om aan
alles deel te neem nie. Leer om nee te sê.
Moenie agterdogtig of bevooroordeeld
wees nie. Gee jouself tyd – jy sal dalk
verbaas wees oor die nuwe vriende wat
jy maak!
Kry al die hulp wat jy kan kry
van tutors, studiegroepe, die
Departement Studentesake en ook die
inligtingspesialiste by die biblioteke
(www.library.up.ac.za), wat jou sal
wys hoe om navorsing te doen en
geloofwaardige artikels vir jou take te kry.
Leer om krities te dink. Leer soveel mense
as moontlik ken en bou jou professionele
netwerk uit van die eerste dag af.
Staan sterk as jy die sprong waag!

Die grootste uitdagings wat eerstejaarstudente die hoof moet bied, is:

4 Finansiële uitdagings OPLOSSING:


TuksRes
Daar is geweldige verskille tussen die ekonomiese status www.up.ac.za/accommodation
van ons studente, en ook tussen die koste van programme. (Hulle kan ook vir jou inligting oor alternatiewe
Ongeag of jy van die huis af studeer, in ’n kommune akkommodasie in die nabyheid van ons kampusse gee.)
woon, privaat akkommodasie het of in ’n koshuis woon,
akkommodasie is ook duur. Finansies
www.up.ac.za/fees-and-funding
Finansiële uitdagings is ’n werklikheid, en die koste waarvoor (Kyk ook na die spesiale aanbod vir akademiese presteerders
jy moet beplan, sluit in (a) betaling van aansoekgelde; (b) wat eerstejaarstudente is.) Oorweeg befondsing deur
betaling van ’n studieplekheffing (en akkommodasie in NSFAS (www.nsfas.org.za) en Fundi (Tel 0860 55 55 44,
’n koshuis, as dit van toepassing is); geld vir boeke; kos/ www.fundi.co.za).
versnaperings; pendelkoste; en los items, soos fotostate.
Ander beursopsies sluit in:
www.up.ac.za/sport (vir UP-sportbeurse)
Dit is uiters belangrik om vooruit te begroot. Ek doen aan die
www.gostudy.mobi (’n lys van beurse volgens studieveld)
hand dat jy die webwerwe wat hier genoem word, besoek om
http://bursary.hcifoundation.co.za
bruikbare inligting te kry sodat jy oorwoë besluite kan neem.
Die Beursregister: Tel +27 (0)11 672 6559 of
e-pos rlevin@mweb.co.za

5 Hoe om doeltreffend te studeer OPLOSSING:


Hoe gouer jy ’n realistiese prentjie kan vorm van wat van jou
Baie leerders kom na die universiteit en ontdek dat hoewel verwag word en dan daarvolgens beplan, hoe beter. Besoek
hulle in Graad 12 goed gevaar het, hulle bykomende wenke die Departement Studentesake om studieadvies te kry. Weet
wat die vereistes van elke module is en teken belangrike
en studieadvies nodig het om die groot volume werk wat
datums in jou dagboek aan. Dit hang van jou af of jy ’n indruk
hulle onafhanklik moet doen, te kan hanteer.
gaan maak. Stel vrae as jy iets nie verstaan nie. Maak seker
dat jy weet wat van jou verwag word wanneer jy take doen.
Prioritiseer jou werklading. Moenie oorhaastig wees nie –
werk teen ’n bestendige tempo. Aanvaar alle hulp wat jy kan
kry. Raak vertroud met assesseermetodes, hibriede leer,
akademiese skryfkonvensies en dosente se spesifikasies vir
take en hoe dit ingedien moet word.

Om by te bly, sal jy drie uur per week aan elke module-


eenheid moet bestee. Dit sluit nie die tyd in wat jy aan die
skryf van take of voorbereiding vir toetse en eksamens moet
bestee nie.

Veels te veel studente misreken hulle met die tyd wat hulle
weekliks moet bestee ten einde hul akademiese werklading
doeltreffend te hanteer, en dit bring mee dat hulle moet
blok of deurnag moet werk om in te haal. In die meeste
programme sal jy elke week tussen 24 en 36 uur vir jou
akademiese werk opsy moet sit, afhangende van hoe vinnig
en doeltreffend jy leer en hoe stelselmatig jy werk. Om goeie
klasnotas af te neem, is ’n waardevolle vaardigheid wat met
oefening aangeleer word.

6 Raak vertroud met die kampus OPLOSSING:


Dit is belangrik om gedurende die
Die Universiteit van Pretoria het verskeie kampusse. Die Hatfieldkampus huisves oriëntasietydperk elke sessie by te woon.
die Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Ingenieurswese, Bou- Tydens hierdie sessies word belangrike
omgewing en Inligtingtegnologie, Geesteswetenskappe, Regsgeleerdheid, Natuur- inligting oorgedra wat jou sal help om
en Landbouwetenskappe en die Fakulteit Teologie en Religie. die kampus gouer te leer ken. Neem deel
aan kampus- en biblioteektoere, wat
Die Groenkloofkampus huisves die Fakulteit Opvoedkunde. geweldig nuttig is. Woon opedae by en
Die Onderstepoortkampus huisves die Fakulteit Veeartsenykunde en die neem deel aan die UP Virtuele Toer deur
Prinshofkampus huisves die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. ons kampusse en fakulteite.
Die Hillcrestsportkampus huisves TuksSport, hpc en die TuksSport Hoërskool.
Staan sterk as jy die sprong waag!

KONTROLELYS VIR Raak vertroud met die ’n Studenteadviseur by


GRAAD 9-LEERDERS toelatingsvereistes en TPT vir die Tel +27 (0)12 420 5144.
verskillende programme wat jy Besoek die webwerf www.up.ac.za
Laai die Graad 10-vakkeusebrosjure oorweeg. en doen die Virtuele Toer deur ons
af by www.up.ac.za. Klik op ‘New As jy leiding nodig het, skakel met kampusse, die nege fakulteite en ons
Students’. Klik op ‘Study information’. ’n Studenteadviseur by fasiliteite.
Bespreek jou drome en Tel +27 (0)12 420 5144.
toekomsplanne met jou ouers. Wees Sluit aan by die JuniorTukkieklub
(www.up.ac.za/juniortukkie) Om ’n universiteitstudent te
eerlik. Luister aandagtig na wat hulle
sê. Hulle is lief vir jou en wil net die en laai die JT-toep af. wees, is die beste tyd van jou
beste vir jou hê! lewe. Hê pret; wees soms laf;
Op grond van jou sterk vakke
en belangstellings, bespreek KONTROLELYS VIR geniet dit; kyk hoe dinge werk –
loopbaanopsies met jou GRAAD 11-LEERDERS jy is knap genoeg. Ontwikkel
Lewensoriëntering-onderwyser. veerkrag. Jy kan jouself oor en
Ontwikkel goeie studiegewoontes en Dit is akademies gesproke die
wees gedissiplineerd om akademies belangrikste jaar, want jy gaan jou oor herontdek!
goed te vaar. Graad 11-resultate gebruik om vir
Oorweeg deeltydse vrywillige werk. toelating tot ‘n universiteit aansoek te
Probeer om skaduwerk op jou doen. Sorg dat jou uitslae goed is! Ons sien daarna uit om jou
belangstellingsterrein te doen. Brei jou Individuele Onderwysplan by Tukkies te verwelkom,
Onthou dat studie aan ’n universiteit uit namate jy meer inligting van
of kollege nie ’n vereiste is om jou vir universiteite se webwerwe en waar jou sukses regtig vir
’n loopbaan voor te berei nie – daar brosjures kry. Vergelyk programme. ons saak maak!
is talle ewe waardige loopbane op As jy advies nodig het, skakel met
die gebied van byvoorbeeld sport en ’n Studenteadviseur by
tegnologie deur Verdere Onderwys- en Tel +27 (0)12 420 5144.
Opleiding (VOO)-kolleges. Gaan na www.up.ac.za en doen die
Virtuele Toer deur ons kampusse, die
nege fakulteite en ons fasiliteite.
KONTROLELYS VIR As jy nog nie by die JT-klub aangesluit
GRAAD 10-LEERDERS het nie, doen dit nou en laai die JT-toep
af (www.up.ac.za/juniortukkie).
Laai die Graad 10-vakkeusebrosjure
af by www.up.ac.za. Klik op ‘New
Students’. Klik op ‘Study information’. KONTROLELYS VIR
Dit is baie belangrik om seker te GRAAD 12-LEERDERS
maak dat jou vakpakket ooreenstem
met die studievelde waarin jy belang Neem jou finale besluit oor ’n gekose
stel. Dit sal rampspoedig wees om in akademiese program. Nuttige skakels:
Graad 12 uit te vind dat jy Wiskundige Raadpleeg UP se aanlyn
Geletterdheid geneem het vir aansoekproses om seker te maak JT tel
programme in ’n fakulteit waar net dat jy alles gereed het om jou aanlyn +27 (0)12 420 6606/5102
Wiskunde vereis word. aansoek in te dien.
Raadpleeg jou skoolsielkundige oor Doen vroeg aansoek! Aansoeke by UP JT e-pos
psigometriese toetse om jou aanleg te open op 1 Maart. junior.tukkie@up.ac.za
bepaal. Jy sal aanlyn aansoekgeld moet betaal
Gaan na www.pacecareers.com wanneer jy jou aanlyn aansoek indien. JT webwerf
en klik op ‘Services’. Rol af na ‘Get Tref die nodige reëlings vir aanvanklike www.up.ac.za/juniortukkie
career guidance’ en klik dan op ‘Start betalings, klasgelde en koshuis/
Questionnaire’. Die vraelys bevat 105 akkommodasiegelde in jou eerste jaar. JT toep
stellings waarop Ja of Nee geantwoord Indien nodig, doen aansoek vir www.up.ac.za/juniortukkie> JT APP
moet word. Die stelsel sal vir jou ’n finansiële bystand.
profiel van jou belangstellingsvelde Maak seker van die sluitingsdatum vir Kies die regte program
gee en jy kan dan op die spesifieke aansoek vir toelating tot jou gekose www.up.ac.za > ‘What to study’
velde klik om vollediger inligting te kry. program(me). Keuringsprogramme het
Begin om jou eie Individuele ’n vroeër sluitingsdatum. Toelatingsvereistes
Onderwysplan te ontwikkel. Die JT-klub sal sy lede met hul www.up.ac.za/admissioninfo
Doen navorsing oor loopbane wat vir aansoeke help.
jou interessant lyk. Gesels met mense Op die JT-toep sal jy gereeld nuus kry Spesiale pakketaanbod vir
wat op daardie gebiede werk en vind oor kwessies wat jou raak. akademiese presteerders
uit wat hul werk behels. Doen spesiale moeite om jou punte en inligting oor beurse en
Maak ’n lys van jou persoonlike in al jou skoolvakke te handhaaf of te lenings
vermoëns, sterk punte, talente, verbeter. www.up.ac.za/fees-and-funding
voorkeure en belangstellings. As jy advies nodig het, skakel met
Aanlyn aansoekproses vir studie 2019
Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek om in 2019 aan die Universiteit
van Pretoria te studeer. Nie-Suid-Afrikaanse burgers moet kennis neem van die stappe hieronder, asook die belangrike inligting by
www.up.ac.za/international-cooperation-division.

Kies ʼn program
Lees die inligting oor al die voorgraadse programme wat UP aanbied by www.up.ac.za/toelatingsinligting > Studie-inligting.

ƒƒ Dit is belangrik om sowel jou eerste as jou tweede programkeuse toelatingsvereistes asook die betrokke fakulteit se keuringsriglyne
op die aanlyn aansoek aan te dui. Die aansoek maak vir slegs twee voldoen.
studiekeuses voorsiening. Indien jy ’n derde keuse wil byvoeg of jou ƒƒ Let wel dat sekere programme nie as jou tweede programkeuse
studiekeuse wil verander nadat jy reeds jou aanlyn aansoek ingedien oorweeg sal word nie. Raadpleeg die fakulteitsbrosjures by
het, moet jy jou versoek rig aan ssc@up.ac.za. www.up.ac.za/toelatingsinligting > Studie-inligting.
ƒƒ Jou tweede programkeuse sal outomaties oorweeg word indien jou ƒƒ Vir enige raad oor studies, maak ’n afspraak met ’n studenteadviseur
aansoek vir jou eerste programkeuse nie suksesvol is nie of indien jou via me Carol Bosch by +27 (0)12 420 5144 of carol.bosch@up.ac.za
eerste keuse ’n keuringsprogram is. Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za > Studeer by UP >
ƒƒ Jy moet sorg dat jou eerste en tweede programkeuse aan die minimum Wat om te studeer.

Klas- en koshuisgelde
Vir meer inligting oor klas- en koshuisgelde, gaan na www.up.ac.za/fees-and-funding.

� Kwotasie vir gelde: Gaan na http://www.up.ac.za/en/fees-and- nadat jy plek in ’n UP-koshuis gekry het. Vir koshuiskamergelde, gaan na
funding/article/2582340/quotations om ’n beraming te kry van wat die www.up.ac.za/accommodation.
program(me) waarin jy belangstel, sal kos. � Geld wat deur beurse betaal word: Studente moet voor registrasie
� Gesinsafslag: Wanneer twee of meer afhanklike kinders van dieselfde skriftelike bewys deur die borg van die beurs wat aan hulle toegeken is,
gesin tegelykertyd registreer aan die Universiteit van Pretoria, mag julle indien, anders is hulle verantwoordelik vir die aanvanklike betaling. Die
aansoek doen om ’n afslag op klasgelde. finale besluit oor die aanvaarding van ’n beursbrief lê by die Universiteit.
� Die 2,5%-afslag: Indien die studenterekening ten volle vereffen is (maw � Hoe en waar om te betaal: Kassiere is op al ons kampusse beskikbaar
100%) teen 30 April, geld ’n afslag van 2,5%. van Maandae tot Vrydae, van 08:00 tot 16:00. Laat asseblief ten minste
� Aanvanklike betaling: Hierdie betaling is nie addisioneel nie, maar vyf werkdae toe vir betalings deur middel van EFO en kredietkaarte om
vorm deel van die klasgelde en is ’n eerste betaling ten opsigte van die op jou studenterekening te wys.
klasgelde. � UP-bankbesonderhede: Gaan na www.up.ac.za/fees-and-funding.
� Koshuisreserveringsgeld: Hierdie geld is betaalbaar binne 30 dae

Doen aansoek om by Tuks te studeer


Doen AANLYN aansoek by www.up.ac.za/apply, vanaf 1 Maart in die jaar wat jou studie voorafgaan.

� Voordat jy die aanlyn aansoek voltooi, moet jy asseblief kyk na die fakulteitstabelle; gaan na www.up.ac.za/sluitingsdatums.
video ‘How to complete the online application’ by https://youtu.be/ � Sekere programme sal nie as jou tweede programkeuse oorweeg word
kGRmciWG9Eg. nie.
� Maak seker dat die e-posadres wat jy op jou aanlyn aansoek aandui � Jy sal jou studentenommer ontvang binne 10 werkdae nadat jou
korrek is, want jou tydelike wagwoord en T-nommer word na hierdie aansoek aanlyn ingedien is.
e-posadres gestuur. � By ontvangs van jou studentenommer kan jy jou aansoekstatus op die
� Maak seker dat jy voor die sluitingsdatums aansoek doen vir jou UP-studenteportaal volg. Raadpleeg Stap 7 vir instruksies oor hoe om
eerste en tweede programkeuse. Die sluitingsdatums verskyn op die toegang tot die Studenteportaal te kry

Doen aansoek om koshuisplasing


Die aanlyn aansoek het ’n gedeelte wat voltooi moet word indien jy in koshuisplasing belangstel.

ƒƒ Koshuisplasing is gebaseer op akademiese meriete en die ƒƒ Ten einde vir gewaarborgde plasing in een van UP se koshuise te
aansoekdatum. kwalifiseer, moet die voornemende student:
ƒƒ Die vraag na verblyf oorskry die beskikbare plekke – doen dus so gou ƒƒ voor 1 Mei van die jaar wat studie voorafgaan, aansoek doen;
as moontlik na 1 Maart aansoek. ƒƒ ’n minimum gemiddeld van 85% behaal in die eksamen op grond
ƒƒ Voorkeur word gegee aan studente met ’n akademiese gemiddeld van waarvan die student aansoek doen om by UP te registreer; en
75% en hoër. ƒƒ reeds voorwaardelik tot ’n program toegelaat wees.
Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za/accommodation.

Doen aansoek om beurse en lenings


Besoek die toepaslike webwerf vir sluitingsdatums.

UP-beurse en -lenings Fundi (voorheen bekend as Eduloan)


� Aansoeke moet deur middel van die UP-studenteportaal of As ’n geregistreerde kredietverskaffer dek Fundi ’n wye verskeidenheid
www.up.ac.za/fees-and-funding ingedien word. Geen laat aansoeke sal studentverwante benodigdhede soos boeke, toebehore, skootrekenaars,
aanvaar word nie. universiteits- en privaat akkommodasie en klasgeld teen ’n vasgestelde
� UP-sportbeurse: www.up.ac.za/sport maandelikse paaiement. Studente, ouers of voogde kan vir ’n lening
aansoek doen, op voorwaarde dat die aansoeker voltyds werksaam is of ’n
Die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) geregistreerde besigheid het. Vir meer inligting, besoek www.fundi.co.za.
� Vir aansoeke en omvattende inligting, besoek www.nsfas.org.za.
Ander opsies vir beurse
� Beurse volgens studierigting: www.gostudy.mobi
� The Bursary Register: Kontak rlevin@mweb.co.za of +27 (0)11 672 6559
Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)
Die Nasionale Normtoets is nie vir alle programme verpligtend nie.

� Registreer by www.nbt.ac.za om die NBT te skryf. � Die NBT bestaan uit twee komponente:
� Die NBT-uitslag ondersteun die uitslae van die finale skooleksamen (1) A QL (in Engels Academic & Quantitative Literacy): Akademiese
maar vervang of dupliseer dit nie. en Kwantitatiewe Geletterdheid (gekombineer). Kwantitatiewe
� Daar word in die fakulteitsbrosjures by die betrokke programme Geletterdheid is soortgelyk aan Wiskundige Geletterdheid. Die AQL-
aangedui of die NBT vereis word of nie. Gaan na www.up.ac.za/ toets is ook in Braille vertaal.
toelatingsinligting > Studie-inligting. (2) MAT: Wiskunde.
� Die toetse is vertroulik. � ’n Lys van al die toetssentrums is beskikbaar op die NBT-webwerf by
� Geen vorige toetsvraestelle is beskikbaar nie. www.nbt.ac.za.

Hoe om toegang tot die UP-studenteportaal te kry


Gaan na www.up.ac.za en klik op ‘MyTUKS Login’.

LET WEL: ’n T-nommer is ’n tydelike nommer en is NIE ’n studentenommer ƒƒ Tik jou nuwe wagwoord in en bevestig dit in die tweede blokkie.
nie. Hierdie T-nommer word aan die begin van die aanlyn aansoekproses Klik op ‘Proceed’.
uitgereik. ’n Aansoeker sal ’n UP-studentenommer kry binne 10 werkdae ƒƒ ’n Boodskap verskyn wat jou in kennis stel dat die wagwoord aanvaar is.
nadat sy/haar aansoek suksesvol ingedien is. Klik op ‘OK’.
ƒƒ ’n Lys uitdaagvrae verskyn; jy mag enige drie hiervan kies om te
Aansoekers sal toegang tot die UP-studenteportaal kry slegs nadat hulle ’n beantwoord.
UP-studentenommer ontvang het, bv u18123456. ƒƒ Kies enige drie uitdaagvrae en klik dan ‘Submit’.
ƒƒ Tik jou antwoord op elkeen van die uitdaagvrae in. Klik op ‘Save’.
Klik op die skakel ‘New user’ nadat jy aangeteken het.. ƒƒ ’n Boodskap sal verskyn dat jou uitdaagvrae opgestel is. Klik op ‘OK’.
ƒƒ Tik jou gebruikersnaam (‘u’ gevolg deur jou studentenommer) en jou ƒƒ Jy is nou gereed om die UP-studenteportaal te gebruik.
nasionale ID- of paspoortnommer in. ƒƒ Teken weer aan met jou gebruikersnaam en wagwoord.
ƒƒ Klik op ‘Proceed’.

Fakulteit Gesondheidswetenskappe Toegevoegdewaarde-vraelys


Fakulteit Veeartsenykunde Toegevoegdewaarde-vorm

� Hierdie dokumente is op die UP-studenteportaal beskikbaar slegs vir � Sorg dat jy die toepaslike dokumente voltooi en voor die sperdatum
voornemende studente in bogenoemde fakulteite wat aan die minimum indien. Die fakulteit sal die sperdatum aan studente bekend maak op
toelatingsvereistes voldoen. Besoek die Studenteportaal gereeld vir die UP-studenteportaal onder ‘Communications’.
kennisgewings in hierdie verband. • Navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za.

UP-studentekontrak
Voordat ’n student kan registreer, moet ’n kontrak tussen die student en die Universiteit van Pretoria gesluit word.

� Studente kan die kontrak aanlyn bekom via die UP-studenteportaal by Hatfield, 0028. Die Universiteit van Pretoria aanvaar nie kontrakte wat
www.up.ac.za > ‘MyTUKS Login.’ gefaks, geskandeer of per e-pos gestuur word nie.
� Die kontrak moet aanlyn ingevul word en dan gedruk en geteken word. � Kyk na die video ‘Hoe om die UP-studentekontrak te voltooi’ by https://
� Die voltooide en getekende oorspronklike kontrak moet by die youtu.be/OOaHDREGcRg
Studentedienssentrum ingehandig word, of dit kan gepos word aan
die Studentedienssentrum, Universiteit van Pretoria, Privaatsak X20,

Oriëntering vir nuwelingeerstejaarstudente

ƒƒ Die Oriënteringsprogram sal teen die einde van Desember 2018 ƒƒ Die datums vir aanlyn registrasie van eerstejaarstudente sal teen die
beskikbaar wees by www.up.ac.za/orientation. einde van Desember 2018 gekommunikeer word.

Spesiale pakketaanbod aan akademiese presteerders


TDie spesiale pakketaanbod aan nuwelingeerstejaarstudente is gebaseer op die akademiese gemiddelde
persentasie wat in die finale skooleindeksamen behaal is.

Die spesiale pakketaanbod sluit die volgende in: � Gewaarborgde plasing in ’n UP-koshuis aan voornemende studente met
� Gewaarborgde prestasietoekennings aan studente wat daarvoor ’n akademiese gemiddelde persentasie van tussen 85% en 100%, indien:
kwalifiseer. - jou aansoek ontvang word nie later nie as 1 Mei van die jaar wat jou
� Gewaarborgde toelating tot eerste- of tweedekeuseprogramme (nie- studie voorafgaan; en
keuringsprogramme) vir voornemende studente met ’n akademiese - jy reeds voorwaardelik tot ’n program toegelaat is.
gemiddelde persentasie van tussen 75% en 100%, indien die aansoek Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za/fees-and-funding.
nie later nie as 1 Mei ontvang word in die jaar wat die studie voorafgaan.
Jou sukses maak saak
vir ons by Studentesake!
deur Dr Matete Madiba

Die Departement Studentesake Dit is baie opwindend om vir die


(DSS) bied ’n verskeidenheid eerste keer universiteit toe te gaan, Die STARS-
dienste aan om studente se sukses, maar dit kan ook intimiderend en
mentorskapprogram
leierskap, welsyn en welstand selfs uitdagend wees. Dit is ’n tyd van
te verbeter. Ons dienste het ’n oorgang en groei; dit is ’n tyd waarin
proaktiewe en programgebaseerde jy ’n verskeidenheid bykomende Die STARS-program help eerstejaar-
benadering. vaardighede gaan verwerf; dit is ’n tyd studente om sosiaal en emosioneel
waarin daar bykomende eise aan jou by die universiteitslewe aan te pas.
DSS bestaan uit vyf eenhede, gestel gaan word. ’n Eerstejaarstudent wat gementor
naamlik Studenteberading, As jy gebruik maak van die word, werk saam met ’n mentor (senior
programme en dienste wat ons by student van dieselfde fakulteit en, waar
Studentegesondheidsdienste,
DSS bied, sal jy nie net bemagtig moontlik, dieselfde program) wat op
Studenteregering, word nie, maar sal jy ook floreer op alle vlakke van die studentelewe vir die
Studenteontwikkeling en die universiteit en tydens jou reis as ’n eerstejaar ondersteuning en leiding kan
student. Gryp elke geleentheid aan gee. Jou sukses maak baie saak vir ons!
Gestremdheidseenheid. wat jou gebied word!

Eenheid vir Studentegesondheidsdienste

Ons wil hê al ons studente moet en op ’n rotasiegrondslag op UP se


gesond en veilig wees. Maak ander kampusse. Kliniekpersoneel
proaktiewe lewenstylkeuses om jou bestaan uit ‘n professionele
gesondheid en lewenskrag te bewaar. verpleegkundige en ’n sessiedokter
Ons sal jou die hele tyd ondersteun! op spesifieke dae. Die volgende
Alle geregistreerde studente aan professionele persone is beskikbaar:
UP het toegang tot die dienste wat Mediese dokters
deur Studentegesondheid gebied Professionele verpleegkundiges
word, insluitende MIV-toetsing, in Dieetkundiges
samewerking met die Sentrum vir Optometriste
Seksualiteite, Vigs en Gender (SSV&G). MIV-portuurberaders (of Bevrienders,
Studentegesondheidsdienste wat spesiaal opgeleide SSV&G-
sluit in gratis basiese primêre vrywilligers is)
gesondheidsorgdienste op die Onthou om jou studentekaart saam te
Hatfieldkampus elke weeksdag, bring wanneer jy die kliniek besoek.
Die Gestremdheidseenheid

Dit is vir die Universiteit mentorskap en leierskapontwikkeling. Die Gestremdheidseenheid


Hulle neem deel aan sport soos krieket skakel met baie maatskappye om
van Pretoria belangrik dat vir blindes en rolstoelrugby, en aan die indiensneembaarheid van
studente met gestremdhede verskeie kultuuraktiwiteite. gegradueerdes met gestremdhede
te verhoog en hulle handhaaf
in staat gestel moet
Hulle word ook bygestaan met ’n netwerk van kontakte met
word om ten volle aan kurrikulumontwerp, buite-kurrikulêre hoëronderwysinstellings in Suid-
studenteaktiwiteite deel te aktiwiteite en aanpassing by inligting- Afrika, insluitende tegniese
en kommunikasietegnologieë. By UP en beroepsonderwys- en
neem en bydraende lede word alle studente met gestremdhede opleidingskolleges.
van die samelewing te word aan Universal Design for Learning se
omgewings en aktiwiteite blootgestel. Daar is ’n aanlyninstrument
wanneer hulle gradueer.
Leergeleenthede buite die klaskamer wat toeganklikheid by
is net so belangrik soos dié in die hoëronderwysinstellings vir studente
By UP word studente met gestremdhede klaskamer. Studente met gestremdhede met gestremdhede karteer. Die
nie gemarginaliseer nie – hulle word word geleenthede gebied om leierskap- doel is om toegang vir studente met
vanaf die eerste dag ten volle by vaardighede te bou, hul kommuni- gestremdhede te verbeter.
die studentelewe en ook sosiaal kasievaardighede te verbeter, vaardig-
geïntegreer. Hulle word ook toegerus hede vir kritiese denke te ontwikkel en Die Gestremdheidseenheid bied jaarliks
met kennis, vaardighede en geleenthede voorberei om werkgereed te wees. die Gauteng Hope School – Mandeville
om by te dra tot ’n samelewing wat Disability-loopbaanuitstalling aan
omgewingskundige, maatskaplike en ’n Toep wat studente met visuele in samewerking met die Universiteit
ekonomiese welstand beskerm. Hulle gestremdhede in staat sal stel om van die Witwatersrand, en staan
het sinvolle toegang tot onderrig- veilig op die kampus rond te beweeg, leerders by dié skool by. Leerders met
en leeraktiwiteite asook tot buite- word tans deur die Departement gestremdhede van baie skole dwarsoor
kurrikulêre aktiwiteite. Eerstejaar- Rekenaarwetenskap saam met die Gauteng woon hierdie geleentheid by.
studente met gestremdhede word in Gestremdheidseenheid en die privaat
hul aanpassing by die universiteits- bedryf ontwikkel. By die Universiteit van By UP het ons ook ’n interaktiewe
omgewing bygestaan deur die Pretoria het ons taktiele plaveisel, wat Gestremdheidsensitiwiteitwerksessie,
gebruik van aanpassingstegnologie, mobiliteit en oriëntasie van studente wat bedoel is om dosente en steun-
loopbaanbeplanning, studievaardighede, met gestremdhede verhoog. personeel op te lei en te sensiteer.

Studenteberadingseenheid Studenteregeringseenheid

Die lewenspad maak allerlei draaie gratis vir geregistreerde studente van Jou groei in leierskap maak vir
wat ons lewensverhale kompleks en die Universiteit van Pretoria. ons saak. Maak seker dat jy
uitdagend maak. Jy hoef nie in stilte Hierdie sessies sal jou help om by die aan studenteregeringstrukture
te ly nie. Reik uit na diegene wat universiteitslewe aan te pas en kan deelneem om met ’n beter
steun kan aanbied. Jy het ’n gesonde jou help met verhoudingsprobleme leierskapsprofiel te gradueer.
gemoedstoestand nodig om sukses of geestesgesondheidskwessies soos Die Studenteregeringseenheid
met jou studie te behaal. angs en depressie. is verantwoordelik vir die
koördinering en ondersteuning
In die een of ander stadium van hul As jy trauma, ’n beduidende verlies van die aktiwiteite van die
studie vind baie studente dit moeilik of gesinsprobleme ondervind, word Verteenwoordigende Studenteraad
om ver van die huis te wees terwyl jy aangemoedig om die bekwame (VSR), wat studentesake bestuur
hulle onafhanklik moet funksioneer personeel van hierdie eenheid te en studente in die Universiteit se
en goeie besluite oor hulle studie, raadpleeg. besluitnemingskomitees en -forums
lewenstyl, geld en verhoudings moet verteenwoordig. Die VSR koördineer
neem. Vir sommige is dit moeilik Hulle sal jou help om te floreer ook georganiseerde studentelewe-
om akkommodasie te deel of om te en weer optimale sielkundige aktiwiteite en dra studente se
verkeer met mense uit verskillende welstand te bereik sodat jy jou behoeftes en belange aan die
agtergronde wat heel verskillende Beste Self kan wees! Universiteitsbestuur oor.
menings huldig; ander ondervind
akademiese druk, terwyl nog ander Daar is meer as 120
probleme ondervind om doeltreffend
te leer. Die universiteit kan uitdagend studenteverenigings
en oorweldigend wees. waaraan jy kan
Studenteberadingsdienste is ’n
deelneem!
eenheid wat sielkundige dienste
Die VSR het ’n Hulpkantoor, waar
aanbied wat berading deur
studente met die toelatings- en
beradingsielkundiges, opvoedkundige
registrasieprosesse gehelp word.
sielkundiges en kliniese sielkundiges
insluit. Hierdie dienste is vertroulik en
Studentevoeding- en Vorderingsprogram (SNAPP)

Dit gaan alles oor die uitwissing van honger op die kampus. Deur SNAPP kry behoeftige studente ’n etetoelae of
UP se Studentevoeding- en Vorderingsprogram (SNAPP), kospakkies. Honger is een struikelblok wat ons moet
ook bekend as die UP-voedingskema, steun studente wat verwyder om te verseker dat studente nie gekniehalter
finansieel behoeftig is. word wat die behaling van akademiese sukses betref nie.

Studenteontwikkelingseenheid

By hierdie eenheid is die fokus op leierskapontwikkeling, afrigting en


mentorskap van studente. Ons organiseer en koördineer studentelewe deur
verskeie studentekomitees en programme. Aktiewe deelname aan sommige
van die aanbiedings van die georganiseerde studentelewe is baie belangrik en
studente word aangemoedig om betrokke te raak. Jy kan deelneem aan:

VSR-komitees: Fakulteitshuise:
STUKU (Studente- Elke fakulteit het ’n fakulteitshuis. Daar word
kultuurkomitee) op die handhawing van ’n hoë akademiese
TuksJOOL standaard gefokus, maar daar is ook talle
SSK (Studente- geleenthede vir sosialisering en pret.
sportkomitee)
Daghuise:
Perdeby:
Studente wat nie in UP-koshuise woon nie,
Perdeby is die neem aan die Jool, sport, kulturele en sosiale
‘Die DSS het my die grootste
amptelike studente- geleenthede deel deur die volgende daghuise: voorreg gebied, naamlik
koerant en word elke Dregeana
Vividusdames
om as ’n studenteleier te
Maandagmiddag
gedurende die Luminous en leer en te ontwikkel. Ek het
universiteitstermyn Docendo geleer die hoogste diens is
gratis versprei. Word Moet dit nie misloop nie – sluit aan by die huis
’n lid van die span! van jou keuse!
om eerstejaarstudente deur
Registreer aanlyn: www.up.ac.za/day-houses. STARS-mentorskap te help.’
www.perdeby.co.za Jaarlikse aansluitingsgelde is betaalbaar. – Calvin Kuhuni

‘Fakulteitshuise is die
‘Die belangrikste rede hoekom belangrikste skakel tussen
fakulteitshuise op die kampus nodig is, studente van ’n fakulteit
en die fakulteit self. ’n
is omdat hulle die rol van bemiddelaar
Fakulteitshuis verstaan die
tussen die bestuur en studente
dinamika van die verskillende
speel. Ek dink om fakulteitshuise die grade in daardie fakulteit en
prettige en ondersteunende vriend verseker dus samehorigheid
te noem wat elke student wil hê, is ’n wat sukses fasiliteer.
onderbeklemtoning. Hulle is veel meer Fakulteitshuise probeer
as dit! Hulle poog om studentekultuur werklik om die beperkings
te verbeter en ’n gevoel van gemeenskaplikheid in die van middelmatigheid af te
fakulteit te bevorder.’ – Remofilwe Dikoma skud.’ – David Kabwa
Ontmoet die werwingspan by TUKKIES!
Die Werwingsafdeling word gehuisves in die Departement Toelating en
Studenteadministrasie aan die Universiteit van Pretoria.

Die primêre verantwoordelikhede van die werwingspan is om:

By geselekteerde loop-
Skole te besoek Loopbaan- en baanuitstallings teenwoordig Oueraande en
studieadvies te gee te wees inligtingsessies by te woon

Akademiese presteerders Studie-inligting in ons Verhoudings met skole, As ambassadeurs die


deur verskeie werwings- teikenmark te versprei ouers, leerders en die breër beeld van die Universiteit
geleenthede te identifiseer samelewing te bou van Pretoria uit te bou

Wallace Isaacs
Cila Myburgh (Adjunkdirekteur: Studentewerwing,
(Direkteur: Toelating en Toelating en Finansiële Hulp vir Studente)
Studenteadministrasie)
E-pos wallace.isaacs@up.ac.za

UP bly ’n toonaangewende navorsingsintensiewe Die Universiteit van Pretoria is een van die top universiteite in
universiteit in Afrika. Ons verwelkom studente uit die wêreld en dit is ‘n eer en voorreg om deel van so ‘n uit-
uiteenlopende kulture en agtergronde en ons is trots op stekende instelling te wees. As jy #ChooseUP, sal jy ’n geleent-
ons lewendige kultuur onder hulle. heid kry om jou akademiese doelwitte te haal en moontlik ’n
beduidende verskil in jou eie toekoms en die toekoms van jou
#ChooseUP omdat: gesin, jou gemeenskap en die wêreld te maak.
UP hoëkwaliteitonderrig bied, wat jou ’n beter kans gee
om na graduering werk te kry;
UP goed geplaas is onder universiteite nasionaal en
internasionaal; en
UP jou sal help om op tyd te gradueer met #FLY@UP.
Anthea Pretorius
(Projekbestuurder: Publikasies)

E-pos anthea.pretorius@up.ac.za

Dr Pieter Clase
(Senior Assistentdirekteur: Werwing)
Dit is my vreugde en genot om elke jaar ’n verskeidenheid
inligtingsprodukte saam te stel oor die uitstekende
E-pos pieter.clase@up.ac.za
voorgraadse programme wat ons by die Universiteit van
Pretoria aanbied. Ek deel ook stories oor ons studente se
verstommende akademiese prestasies en dit wat hulle
op die gebied van sport, kultuur en navorsing bereik. Ons
Passie, harde werk en ’n positiewe houding sal jou ’n trotse foto’s toon ons meelewende personeel en studente, ons
gegradueerde van Tukkies maak! pragtige kampusse, geboue en fasiliteite, asook ons talle
fasiliteite. Dis ’n slim keuse om te #ChooseUP!
Johan Kloppers
Martie Kilian E-pos johan.kloppers@up.ac.za
(Senior Projekbestuursbeampte)
E-pos martie.kilian@up.ac.za Berei jouself vir akademiese sukses voor deur
jou potensiaal by Tukkies te ontsluit. Kies reg.
My verantwoordelikhede sluit in die Kies slim. Kies om wêreldklas te wees. Kies
bestuur van die JuniorTukkie-toep, Tukkies!
webblad, databasis, maandelikse verslagdoening en
samestelling van statistieke. Ek is lid van die Publikasiespan
Neo Letlonkane
wat ’n verskeidenheid voorgraadse publikasies
E-pos neo.letlonkane@up.ac.za
bywerk, en ek is mede-organiseerder van die jaarlikse
Skoolleierskonferensie. #ChooseUP en talle nuwe Die Universiteit van Pretoria is ’n instelling
geleenthede wag vir jou! wat die belange van sy studente eerste
stel. Ons poog om studente te help om
Eunice Maboitshego afgeronde individue te word wat gereed is
(Senior Finansiële Beampte) om die korporatiewe wêreld te betree. Ons
E-pos eunice.maboitshego@up.ac.za help ons studente om hul volle potensiaal
te verwesenlik. Ek is bevoorreg om deel te wees van ’n instelling
My verantwoordelikhede sluit in die wat poog om net die beste vir sy studente te bied.
doeltreffende operasionele bestuur,
administrasie en beheer van finansies en Samuel Mashishi
hulpbronne en om te verseker dat finansies E-pos samuel.mashishi@up.ac.za
en vervoerhulpbronne beskikbaar is en kostedoeltreffend
en behoorlik gebruik word ooreenkomstig finansiële beleid. #ChooseUP vir kwaliteitonderwys wat
Ek is geredelik beskikbaar om gepaste finansiële advies aan internasionaal erken word, FLY@UP, gradueer
die hele JT-span te gee wanneer nodig. En as jou toekoms op tyd en reik na die sterre. Doen aansoek vir
vir jou so belangrik soos finansies is, kies dan #ChooseUP. nagraadse studie sodra jy jou voorgraadse
studie voltooi. Soos Nora Roberts gesê het:
Carol Bosch ‘As jy nie werk vir wat jy wil hê nie, sal jy dit nooit hê nie. As
(Senior Administratiewe Assistent) jy nie vra nie, sal die antwoord altyd nee wees, en as jy nie
E-pos carol.bosch@up.ac.za vorentoe tree nie, sal jy altyd op dieselfde plek bly.’
Ek is die Administratiewe Assistent vir die
Werwingspan. Ek bestuur die dagboeke van
Tebogo Maponya
adviseurs deur afsprake te maak vir kliënte E-pos tebogo.maponya@up.ac.za
wat met hulle wil konsulteer en maak seker
dat hulle loopbaanuitstallings bywoon. Die Die groot aantal loopbaankeuses wat tans
doel van ons afdeling is om te verseker dat alle leerders tot beskikking van studente is, maak dit
die regte studiekeuses maak en weet hoekom hulle moet noodsaaklik om vooruit te beplan deur die
#ChooseUP. verskillende opsies te bestudeer en uit te
vind presies wat gedoen moet word. By UP
spesialiseer ons daarin om vir voornemende studente nuttige
en volledige inligting oor geskikte loopbaan- en studiekeuses
Spesialis Senior Studenteadviseurs te gee.

Christo le Roux Tembela Mkuyana


E-pos christo.leroux@up.ac.za E-pos tembela.mkuyana@up.ac.za

Kennis bied jou ’n geleentheid om ’n verskil te Jou Graad 12-sertifikaat is nie net uittrede
maak, nie net in jou eie lewe nie maar ook in uit hoërskool nie maar die sleutel tot
die lewe van ander. Moet nooit bang wees om tersiêre studie en toekomstige akademiese
foute te maak nie – wees eerder bang om nie uitnemendheid. Ontsluit jou potensiaal en
te probeer nie! daag jouself uit om alles te bereik waarvan jy
droom. Ek wens jou sukses toe met jou studie
Jean Thomaïdes en jou toekomstige loopbaan.
E-pos jean.thomaides@up.ac.za
Rirhandzu Golele
As jy aan ’n wêreldbekende universiteit wil E-pos rirhandzu.golele@up.ac.za
studeer wat internasionaal geakkrediteerde
grade bied, hoef jy nie verder te soek nie. Die sukses wat jy dwarsdeur jou
#ChooseUP. Dis tog net TUKS of NIKS! skoolloopbaan behaal het, moes jou oortuig
het dat jy die vermoë en aanpasbaarheid het
Glynis Nkuna wat nodig is om in tersiêre studie te slaag.
E-pos glynis.nkuna@up.ac.za Goeie onderwys verseker ’n beter toekoms
vir jouself, jou gesin en jou land. Onderwys
Dit is die belangrikste jaar in jou akademiese het die mag om die wêreld ’n beter plek te maak deur armoede
reis. Laat dit saak maak! Benut elke te verminder, inkomste te verhoog en vrede te bevorder.
geleentheid wat jou gebied word. Ek gee Ek wens jou alles van die beste toe vir jou studie. (SSA
graag die volgende advies: ‘Werk soos ’n slaaf verantwoordelik vir werwing van BVSc- en BVetNurs-studente)
en leef soos ’n koning.
Die JUNIORTUKKIE-span
Nancy Mashele
(JuniorTukkie-koördineerder: Eksterne Projekte)
Petrus Lombard E-pos nancy.mashele@up.ac.za
(Projekbestuurder: JuniorTukkie)
Ek is verantwoordelik vir al die
E-pos petrus.lombard@up.ac.za eksterne projekte van JuniorTukkie,
veral die korporatiewe maatskaplike
investeringsprojekte. Die doel van
die JuniorTukkie/DESA Outreach Kutlwanong, die DESA/
Die JuniorTukkieklub werf leerders van Graad 9 tot
JuniorTukkie-uitreikprogram met verskeie KMI-maatskappye,
Graad 12 wat groot drome het om deel van die
Ignobilis, Kutlwanong LISA-skole, SAICA, ens dwarsoor Suid-
JuniorTukkieklub te word. Die doel is om hulle te help
Afrika is om leerders te help om aan die lewe na skool te dink
om ingeligte studie- en loopbaankeuses te maak
en hulle te help met hul aansoeke om aan UP te studeer. ’n
en om hulle vir ’n baie genotvolle en gebalanseerde
Spesiale uitreikprogram is ontwikkel om hulle te help met ’n
studentelewe voor te berei. Die JuniorTukkieprogram
suksesvolle oorgang van hoërskool na hoër onderwys. JT sal
stel hulle aan verrykingsprogramme bloot en rus hulle
by jou wees op jou reis aan UP tot gradedag.
toe met vaardighede wat akademiese sukses verseker. JT
voorsien voornemende studente van geleenthede nie net
om persoonlike en professionele vermoëns te ontwikkel Themba Maluleka
nie, maar ook om ’n suksesvolle oorgang van hoërskool (JuniorTukkie-geleentheidskoördineerder)
na hoër onderwys te maak. JuniorTukkie, die toekoms E-pos themba.maluleka@up.ac.za
behoort aan jou!
Ek is verantwoordelik vir die JT Akademie
en die e-leerprogramme in Wiskunde
Selena Davids en Fisiese Wetenskap, asook vir die
(JuniorTukkie-koördineerder: Interne Projekte)
Graad 11-somerskole in Wiskunde en
E-pos selena.davids@up.ac.za
Fisiese Wetenskap en die Graad 12-winterskole. Ek bestuur
die Lectorsa-leesontwikkelingsprogram en die VukaUP-
Ek is verantwoordelik vir alle
lojaliteitsprogram. Die koördinering van alle JuniorTukkie-
interne JT-projekte, insluitende die
geleenthede op die kampus is ook deel van my portefeulje.
Bemagtigingsweek vir Graad 11-leerders,
Ek dink altyd hieraan: Elke persoon na wie jy opkyk, het al
die Voorbereidingskonferensie vir Graad
meer kere geval as wat jy probeer opstaan het.
12-leerders, opedae en die Toppresteerdersfunksies vir
Grade 9, 10 en 11. Die JT-studenteambassadeursvereniging,
wat omsien na UP-studente van hul eerste tot hul finale jaar,
is ook deel van my portefeulje. Ons het in 2018 begin met
’n JT-alumni-afdeling wat daarop fokus om JT-alumni aan
te moedig om in die lewens van toekomstige generasies te
investeer. Ek geniet dit werklik om met die jeug te werk en
leerders en studente te adviseer, te bemagtig en te ontwikkel.

John Madisha
(Administratiewe Assistent/Motorbestuurder)
E-pos john.madisha@up.ac.za

Ek is verantwoordelik vir voorraadbeheer en


die hantering van aflewering van inligtings-
produkte aan skole. Ek help met alle JT-
geleenthede en ek help om leerders na die
verskillende lokale te vervoer en vergesel die JT-ambassadeurs
wanneer hulle skole en gemeenskappe besoek.

To download the JT APP:


Go to Apple App store or Google Play Store and search for ‘juniortukkie’.
Scan the QR code.
Visit www.up.ac.za/juniortukkie > ‘JT APP’ for more information.
Forward enquiries to martie.kilian@up.ac.za or +27 (0)12 420 6486.

You might also like