Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Inleiding

Goeie naand, soos van julle sal weet, is ek nie mal daaroor om voor mense te praat nie, gelukkig is
die medisyne daarvoor in hier my hand alhoewel.

Ek wil net graag vining so paar woorde se, voor ek die volgende 50 jaar spandeer aan luister.

Skoon ouers

Aan my skoon ouers, ou Dirkels en Beniets, baie dankie dat julle my met ope arms en soveel liefde in
julle familie verwelkom het. Ek het van die begin af altyd tuis gevoel en ek is baie dankbaar daarvoor.
My mee gevoel gaan aan julle uit met betrekking to die kort lootjie wat julle daar getrek het toe
Amne met my by die huis opdaag…

Julle het n slim, sageaarde, liefdevolle dogter groot gemaak, wat altyd beryd is om vir die mense in
haar lewe van haarself te gee… maar vanaand gaan nie oor Vine nie so…

Dankie vir al die gee en omgee, vir die ondersteuning in alle tye, die raad oor groot en klein dinge, en
dat julle bereid was om verby my foute te kyk, en my te aanvaar soos ek is. Julle het vanaand vir my
die grootste geskenk gegee wat julle kon, julle pratige dogter. Ek sal nooit my dankbaarheid
daarvoor kan beskryf nie.

Ek wil Pa net gerus stel, dat alhoewel julle dogter nou amptelik uit julle huis uit is, sal sy nog lank nie
uit julle beursie wees nie.

My ouers

My ma sien al baie lank hierna uit, tussen my en Paul het ons haar ordentlik laat wag vir die dag dat
sy n skoondogter kry. Sy het twee keer probeer om haar eie dogter te he, maar albei keer misluk. Sy
het ons alhoewel gereeld laat verstaan dat dinge beter in die huis sou gegaan het as een van ons n
dogter was.

Op daardie noot kan ek ook noem dat my Pa n baie trotse man vandag is, nie net oor die wonderlike
dogter wat hy vandag ryker raak nie, maar ook omdat vandag bewys is aan hom dat die April fools
grappie in 2008 wat ek gese het ek gay is, wel net n grappie was. Ek besef die 11 jaar wat ek single
was het ook nie gehelp nie.

Dankie vir al die ondersteuning en bystand van Ma en Pa wat ek oor die jare ontvang het. Ek besef
dit was nie altyd maklik nie, en ek het genoeg keer my absoluut bes gegee om julle te oortuig om my
as n dud af te skryf, maar julle is vasbyters kom dit voor. Julle het altyd daar gebly vir my, en ek
waardeer dit ongelooflik.

My pa het altyd gese, hy sal sy huis verkoop as hy moet, om te kan verseker dat ek my graad kry
sodat ek met n voorsprong die lewe kan begin wat hy nooit gehad het nie. Ek het dit natuurlik
getoets so ver ek kon, en na 9 jaar op universiteit het ek my graad gekry en hy het dit reg gekry om
kop bo water te hou finansieel, so welgeddaan aan hom. Dankie dat Pa my altyd ondersteun het in
als. Eks lief vir Pa.

Sonder ma sou ek ook nie vandag gewees het waar ek vandag is nie, sy het my geleer om hard te
werk en my soos n valk opgepas toe ek vir my matriek eindeksamen moes swot. Ek is oneindig
dankbaar dat sy vir my gedink het toe ek te dom was om dit self te doen. Ek glo nie ek sou ooit kon
gaan swot het as dit nie daarvoor was nie. Ek is natuurlik ook baie dankbaar vir al die kere op
hoerskool wat Ma na my verwys het as peopies of pompie voor my vriende, dit het die lewe ook baie
makliker gemaak. Dankie vir ma se onvoorwaardelike.. en soms ongepasde, liefde. Ek is lief vir ma.
Strooi meisies

Aan Amne se strooimeisies wil ek net weereens baie dankie se dat hulle haar oortuig het dat hierdie
wel n goeie idee was. Ek het vanmore die bank depositos gaan maak, dit behoort maandag te wys.

Ernstig alhoewel, dankie dat julle hier is, julle almqal lyk pragtig vanaand. Baie dankie dat julle altyd
daar was vir haar oor die jare, en veral in die laaste paar maande toe sy iemand nodig gehad het om
die tyd van haar lewe mee te deel. Julle het soveel mooi dinge vir haar gereel en n stresvolle tyd
werklik lekker vir haar gemaak. Ek het haar liefde en waardeering vir julle elke keer in haar oe en
glimlag gesien as sy van julle praat, en ek is ook baie dankbaar vir julle daarvoor.

Strooi jonkers

Vir die manne wat daarvoor saam met my gestaan het, dankie dat julle nie net vandag nie, maar
altyd daar vir my is.

Behalwe vir Werner alhoewel, het julle nie rerig bygedrae om die fotos of kerk te laat beter lyk nie,
maar tenmiste kon julle span vol maak, so dankie.

Paul

Aan my broer Paul, wil ek ook dankie se dat hy so ver gekom het om saam met my daar voor te kon
staan. Dit het die dag self meer spesiaal vir my gemaak.

Ons het soos honde baklei vir die eerste 10 jaar van my lewe, vestaanbaar so. Dit kon nie vir hom
maklik wees om skielik n nuwer, mooier weergawe van homself in die huis te he nie.

Hy was altyd n baie goeie voorbeeld vir my: top tien, hoofseun, matriekulant van die jaar, en het sy
graad gekry sonder om n vak te sleep. Daarvoor wil ek baie dankie vir hom se, dit het die huis lewe
baie makliker gemaak vir iemand so hardwerkend en voorbeeldig soos ek. So baie dankie.

Op n ernstige nood, Paul jy was nog altyd daar vir my, in die oomblike wat ek die skaamste gekry het
vir myself en die kere wat ek rerig groot foute gemaak het wat in my eie oe onvergeefbaar was, het
jy altyd net die beste in my gesien en my laat verstaan dat jy steeds in my glo. Jy sal nooit besef
presies hoe baie daai oomblike vir my beteken het nie, en ek is rerig bevooreg om so n ouer broer te
kan he.

Allerlei

In terme van die troue elf, wil ek namens my en Amne baie dankie aan almal se wat vandag saam
met ons kom deel het, ek besef baie van julle kom van ver af, en ook dat n hele paar van julle loosie
kaartjies vir loftus gehad het, ons waardeer dit baie.

Baie dankie aan Carina van Cussonia crest, en Surina wat die blomme gedoen het, vir al die reelings
en bystand, julle het die massiewe taak van n troue reel n plesier gemaak.

Aan die raas gatte wat voor my sit, dankie dat ek op julle kan staatmaak om als in julle vermoe te
doen om die lewe vir my so maklik as moontlik te maak, nes in my allerdaagse lewe. Julle is n rerig n
riem onder die hart.

Amne

N goeie vriend het altyd gese, om die ideale vrou te kry, gaan nie oor om die volmaakde persoon te
vind nie, maar eerder om iemand te vind met wie jy kern waardes deel. Iemand met wie jy kan sit en
gesls, met wie jy n visie in die lewe kan deel, en met wie jy menigs verskille kan deur praat en konflik
kan ontlont. Die waarheid daarvan het rerig by my vas gesteek. N goeie vrou vergewe altyd haar
man as sy verkeerd is.

Ek en Amne stem nie altyd saam oor alles in die lewe nie, maar ons is wel op dieselfde bladsy as dit
kom by die belangrikke dinge in die lewe... soos dat ek na die troue gaan bedank om n professionele
golfer te raak en sy sal aanhou werk.

Op n meer ernstige noot, my skat jyt lyk pratig vanaand, en ek kan steeds nie glo hoe geluukig ek is
om jou vanaand my vrou te kan noem nie.

Ek is so gelukkig om jou in my lewe te he, iemand wat in alles by my staan. Ons het al baie geoie tye
saam deur gegaan maar ook n paar moeike dinge, en in daardie tye het ek net meer besef dat ek so
ongelooflik gelukkig is om iemand met so groot hart in my lewe te kan he. Jy gee so baie vir ander
om en jy is altyd bereid om te help of te troos, blydskap of hartseer te deel, en altyd bereid om
ander eerste te plaas.

jy maak my lewe rerig in elke manier beter, en ek kan nie wag om nog duisende avonture saam met
jou aan te pak nie.

Op my pragtige bruid, Amne!

You might also like