Disipline 2A

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Laerskool Vastrap

Beleidsdokument dissipline opgestel in 2018.

Afdeling 1 Inleiding van die beleid


 Dissiplinêre ingryping moet remidierend van aard wees.
 Begin by selfdisipline.
 Goeie gesonde dissipline vorm ‘n integrale deel van Vastrap se karakter, in die skool
en ook buite die skool.
 Die basis van goeie dissipline begin by konsekwente optrede, poog om altyd dieselde
op te tree. Maak seker daar word ‘n vaste roetine in klas gevestig. Leerlinge wil weet
wat is reёls.
 Laat leerlinge help met opstel van klasreёls wat daarop gemik is om leer en onderrig
te bevoordeel en te laat plaasvind – klasreёls moet sigbaar wees.
 Dit is elke onderwyser/afrigter se verantwoordelikheid om om goeie dissiplinne is sy
klas/aktiwiteit te handhaaf. Basiese dissiplinêre probleme moet self op gelos word –
indien probleme ondervind word kan mentor of direkte bestuurslid gevra word om
te help.
 Wees altyd in beheer, daar mag nooit twyfel wees oor wie in beheer is.
 Deeglike voorbereiding sal verseker dat kinders optimaal besig gehou word , vir die
volle duur van die periode/tydperk – ledigheid bly die oorkussing van die duiwel.
 Die blote uitjaag van leerlinge is geen manier om dissiplinêr op te tree nie, dit sal
slegs gesien word as ‘n heel laaste poging om kind te help.
 Deelname en prestasie op buitekurrikulêre gebied lê die fondasie vir gesonde
positiewe dissipline.
 Indien personeellid probleme ondervind met die handhawing van gesonde dissipline
moet hy/sy dit dmv skool se GKBS program laat blyk sodat opleiding verskaf kan
word in die handhawing van gesonde dissipline.

Afdeling 2. Die bree werking van die beleid


Die beleid is opgedeel in twee verskillende dele die eerste deel is oortredings wat bedreig word
met straf. Die tweede deel is erkenning wat aan die leerling positiewe punte gee.
In die eerste deel ,die oortreding deel, kry die kind negatiewe punte. Die punte word gelys in
tabel 1.1.
In die tabel word die oorstredings geranskik van ligte oortreding tot ernstige oortredings.
Die oortredings word ook gerangskiik in vlakke.

Die eerste vlak kan beskryf word as oortreding wat nie ander persone of eie veiligheid bedrieg
nie en ook nie die eiedom van die skool in gevaar stel nie
Die tweede vlak beskryf word as oortreding wat ander persone of eie veiligheid bedrieg en ook
die eiedom van die skool in gevaar stel nie.

Die derde vlak kan beskryf word as oortredings wat teen die wet is.

In die stelsel die leerling in die stelsel kan die leerling homself rehabiliteer. Dit maak dus
voorsiening vir die verkryging van positiewe punte deur positiewe gedrag te openbaar. Hierdie
punte word dan gespeel teen die negatiewe punte van die stelsel.Die beskryf word as
oortreding wat nie ander persone of eie veiligheid bedrieg nie en ook nie die eiedom van die
skool in gevaar stel nie

Tabel 1.1.
Beskrywing Kategorie Tipe Punte
Wegbly van buitemuurse aktiwiteite Vlak 1 Oortreding -1
Arrogansie/ongemanierdheid Vlak 1 Oortreding -1
Blatante ongehoorsaamheid Vlak 1 Oortreding -1
Boeke vergeet Vlak 1 Oortreding -1
Eet in die klas Vlak 1 Oortreding -1
Selfoon gebruik in skoolure Vlak 1 Oortreding -1
Gooi voorwerpe in die klas rond Vlak 1 Oortreding -1
Gooi voorwerpe van verdiepings af Vlak 1 Oortreding -1
Huiswerk nie gedoen nie Vlak 1 Oortreding -1
Kom laat in die klas / skool Vlak 1 Oortreding -1
Oneerlikheid Vlak 1 Oortreding -1
Praat aanhoudend in die klas Vlak 1 Oortreding -1
Praat tee met leiers / onderwysers Vlak 1 Oortreding -1
Probeer snaaks wees Vlak 1 Oortreding -1
Ry op stoel Vlak 1 Oortreding -1
Skree uit Vlak 1 Oortreding -1
Speel in die klas Vlak 1 Oortreding -1
Spoeg Vlak 1 Oortreding -1
Swak gedrag: in openbaar Vlak 1 Oortreding -1
Swak gedrag: saalopening Vlak 1 Oortreding -1
Swak gedrag: skoolgeleenthede Vlak 1 Oortreding -1
Swak gedrag: wissel / aantree Vlak 1 Oortreding -1
Laat tas op verkeerde plek Vlak 1 Oortreding -1
Toets nie geteken Vlak 1 Oortreding -1
Verbode terrein Vlak 1 Oortreding -1
Voorkoms: Juwele / bandjies Vlak 1 Oortreding -1
Voorkoms: Hare / naels Vlak 1 Oortreding -1
Voorkoms: Kleredrag Vlak 1 Oortreding -1
Verlaat klas sonder toestemming Vlak 1 Oortreding -1
Ongehoorsaamheid Vlak 1 Oortreding -1
Gooi voorwerpe rond Vlak 1 Oortreding -1
Hardloop op stoepe Vlak 1 Oortreding -1
Voorkoms nie korrek Vlak 1 Oortreding -1
Spot maat Vlak 1 Oortreding -1
Ry skaatsplank/fiets in die skool Vlak 1 Oortreding -1
By die motorhek inloop Vlak 1 Oortreding -1
Swak gedrag Vlak 1 Oortreding -1
Afskryf van huiswerk Vlak 1 Oortreding -1
Nasorg nie gedoen nie Vlak 1 Oortreding -1
Rommelstrooiing Vlak 1 Oortreding -1
Onderbreek lesse Vlak 2 Oortreding -3
Aantasting van eer / privaatheid Vlak 2 Oortreding -3
Baklei / handgemeen Vlak 2 Oortreding -3
Breek / verniel skooleiendom Vlak 2 Oortreding -3
Verlaat skool sonder toestemming Vlak 2 Oortreding -3
Kroniese afwesigheid Vlak 2 Oortreding -3
Laat skool in die steek (Sport/kultuur) Vlak 2 Oortreding -3
Oneerlikheid tydens toetse / eksamen Vlak 2 Oortreding -3
Rook Vlak 2 Oortreding -3
Vloek- of Skeltaal Vlak 2 Oortreding -3
Pornografie Vlak 2 Oortreding -3
Oneerlikheid in die algemeen Vlak 2 Oortreding -3
Aanranding Vlak 3 Oortreding -5
Boelie / spot maats Vlak 3 Oortreding -5
Diefstal Vlak 3 Oortreding -5
Dwelms / Alkohol Vlak 3 Oortreding -5
Gevaarlike wapens Vlak 3 Oortreding -5
Rassehaat Vlak 3 Oortreding -5
Seksuele teistering Vlak 3 Oortreding -5
Afknou Vlak 3 Oortreding -5
Dreig ander leerders Vlak 3 Oortreding -5
Onwelvoeglike materiaal, literatuur/-gedrag Vlak 3 Oortreding -5
Vandalisme Vlak 3 Oortreding -5
Deelname Olimpiade Akademies Erkenning 3
Deelname Ekspo's Akademies Erkenning 3
Volgehoue harde werk (akademies) Akademies Erkenning 3
Aanmelding van negatiewe gedrag van ander leerders Algemeen Erkenning 3
Verlore goedere/geld inhandig Algemeen Erkenning 3
Eerlike optrede Algemeen Erkenning 3
Goeie voorbeeldige gedrag Algemeen Erkenning 3
Hulpvaardigheid Algemeen Erkenning 3
Pligsgetrouheid Algemeen Erkenning 3
In liefde optree Algemeen Erkenning 3
Vriendelikheid Algemeen Erkenning 3
Selfbeheersing Algemeen Erkenning 3
Geduld openbaar Algemeen Erkenning 3
Nederigheid Algemeen Erkenning 3
Vrede maak Algemeen Erkenning 3
Getrouheid Algemeen Erkenning 3
Sport /
Deelname debatte / redenaars Kultuur Erkenning 3
Sport /
Deelname aan sport/kultuuraktiwiteite Kultuur Erkenning 3

You might also like