Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Glo sonder om te sien

Walk by faith and not by sight – dit beteken om die lewenspad in geloof te stap
sonder dat jy die pad kan sien. Ek dink nét ’n gesiggestremde mens kan dit
verstaan in die fisiese wêreld. Ek weet nie hoe dit moet wees nie, want ek kan sien.
As ek toe-oë loop is ek totaal verward en verdwaal en ek vrees letterlik elke tree,
omdat my liggaam blootgestel word aan ’n totale onbekende situasie. Ek het al
deur my huis geloop met toe oë om te kyk hoe ek vaar en dis nie té moeilik nie,
omdat ek onthou waar alles is, elke deur, verskillende afstande en min of meer
waar die meubels staan. Om dit te doen, moet ek staatmaak op die geloof dat alles
is soos wat dit altyd was en dat iemand nie die goed rondgeskuif het nie. As ek
alles kan sien, is dit natuurlik baie makliker! ’n Warm stoofplaat, of verwarmer is
nou weer iets anders. Mens kan nie die hitte sién nie. Ek kan alles wat ek kan sien
maklik glo, want dit is ge-openbaar, ek hoef nie te twyfel nie.

Baie ongelowiges sukkel met die gedagte om in iets of Iemand te glo wat hulle nie
kan sien nie. “Seeing is believing” sê hulle. Sulke mense verstaan nie hoe ons ’n
pad saam met die Here kan loop nie, want hulle kan Hom nie sien nie. Ek dink
egter ons as Christene ken en verstaan ’n dimensie wat vreemd en dwaas lyk vir ’n
ongelowige.

Hoe gaan ek en jy vorentoe in die lewe? Waarnatoe kyk ons? Vorentoe of


agtertoe? Nou kan ek vra: is dit anders vir ’n gesiggestremde persoon om vorentoe
te kyk, of nie? Dink jy hy het ’n voordeel? Ek dink nogal so, want hulle maak nooit
staat op sien nie. Hoe “sien” jy die toekoms? Het jou verlede (wat jy tog kan sien)
’n invloed op jou toekoms (wat jy nog nie kan sien nie)?

2 Kor. 4:18
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die
sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig
Hou jou wortels sterk

Twee afgetredenes het langs mekaar ingetrek. Een van hulle was ‘n afgetrede onderwyser en
die ander ‘n assuransie agent. Die afgetrede assuransie agent was vreeslik geintresseerd in
tegnologie en het voortdurend gepoog om die nuutste tegnologiese inligting te gebruik in al
sy projekte.

Beide van hulle het tuintjies aangelê en verskeie plante geplant in die beddings en akkers. Die
afgetrede onderwyser het sy plantjies min water gegee en het nie altyd sy volle aandag net
aan die plantjies toegewy nie. Die afgetrede assuransie agent daarinteen het al sy aandag aan
sy plantjies gegee en het hulle dag en nag versorg. Hulle het baie water gekry en is
gepamperlang met die nuutste plantvoedings en kunsmis beskikbaar.

Die afgetrede onderwyser se plante was die doodgewone plante wat in alledaagse tuine
aangetref word, maar hulle was gesond en het goed gelyk. Die afgetrede assuransie agent se
plante was ‘n verskeidenheid van die gewone tuin plante en ander eksotiese plante maar hul
was oor die algemeen baie voller en groener as die van die onderwyser.

Eendag was daar gedurende die nag ‘n geweldige storm met swaar reën en sterk winde. Die
volgende oggend het beide bure uitgegaan om die skade te ondersoek in hul tuine. Die
afgetrede assuransie agent het gesien dat sy plante omtrent almal met wortel en tak uit die
grond geruk is deur die storm en totaal verwoes is. Maar die afgetrede onderwyser se plante
het nog almal stewig gevestig gestaan in die grond en die skade aan die plante was minimaal.

Die assuransie agent was verbaas om te sien dat die onderwyser se plante relatief min skade
opgedoen het en hy stap na hom toe en vra, “Ons altwee het soortgelyke plante saam
aangeplant, ek het beslis my plante beter versorg as jy en hulle baie meer water gegee as wat
jy jou plante gegee het. Steeds het my plante die slegste daarvan afgekom met die storm. Hoe
is dit moontlik?”

Die afgetrede onderwyser glimlag en sê, “ Jy het jou plante baie meer aandag en water gegee,
maar as gevolg daarvan het jou plante nie nodig gehad om te werk om self ekstra water in die
hande te kry nie. Jy het dit maklik gemaak vir die plante, terwyl ek my plante net genoeg
water gegee het om aan die lewe te bly en toegelaat dat hul wortels self soek na ekstra water.
As gevolg daarvan het hul wortels sterker geword en dieper gegaan op soek na water. Dis
hoekom my plante die storm oorleef het.

Die verhaal het ook sy toepassing in ons daaglikse lewe en ouerskap waar ons kinders soos
die plante is. As alles net aan hulle gegee word sal hulle nooit verstaan die harde werk wat dit
geverg het om al die dinge vir hulle te bekom nie. Hulle sal nie leer om self te werk vir dit
wat hulle benodig in die lewe en om dit te respekteer nie. Soms is dit beter om hulle te lei as
net om vir hulle te gee.
Leer hulle om te loop, maar laat hulle toe om hul eie pad te volg
Talente

Die Here het vir elkeen van ons talente gegee. Talente is dinge wat jy goed kan doen. Dus
dinge waarmee jy uitblink. Almal van ons het verskillende dinge waarmee ons briljant is. Het
jy al jou talente ontdek? Weet jy al waarmee jy uitblink?

Hier is ‘n paar voorbeelde van wat jou talente kan wees:

 Jy is baie vinnig of jy is baie goed met sport.


 Jy kan baie mooi teken.
 Jy kan baie mooi sing.
 Jy is baie goed met akademie. Hierdie is net ‘n paar voorbeelde, maar daar is velle
meer.

Die Here het vir elkeen van ons talente gegee en jy moet dit nie begrawe nie. Jy moet
dit gebruik.

Gebed:

Baie dankie vir die talente wat U vir my gegee het. Here ek wil graag vra dat U asseblief
my sal help dat ek nooit my talente sal begrawe nie. Help my asseblief dat ek altyd my
talente sal gebruik. Dankie vir elke kind se talente waarmee U hulle geseen het. Help hulle
om dit tot U eer te gebruik.

Amen
Twee soorte talente

Elke mens het twee soorte talente. Met die eerste soort word jy gebore- hulle is persoonlike
geskenke wat God aan jou toevertrou. Sommige mense is musikaal, ander is sportief, nog ander het
'n aanleg vir syfers of kuns. Hierdie talente help jou om die regte loopbaan te kies en 'n sukeses te
maak van jou lewe. Hierdie tipe talente verskil van persoon tot persoon. Ons kry ook geestelike
talente wat ons in God se koningkryk moet inploeg. Ook hierdie talente verskil. Oor hulle praat
Paulus in 1 Kor 12 en hulle moet gebruik word om ons mede Christene in hulle geloof te versterk en
God se koningkryk op aarde uit te brei.

Daar is egter een talent wat elkeen van ons in sy/haar lewe moet he as ons God bly wil maak en dit is
die liefde. Die liefde is die sement wat al die gawes in 'n sinvolle eenheid bymekaar hou. Ons talente
behoort altyd oor God te gaan. Dit gaan oor Sy verheerliking en Sy eer. My gawes en talente is nie
bedoel om my eie klein koningkrykie te bou nie. My talente word gawes wanneer ek dit aktief en
aanhoudend in God se diens stel.

Wat doen jy met jou talente? Stel jou vanjaar ten doel om dit te identidiseer, uit te bou en tot eer
van God te gebruik.

You might also like