Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 275

BURGERLIKE VERDEDIGINGS ORGANISASIE

Handleiding

1
2
KOPIEREG VOORBEHOU

Hierdie handleiding in geheel en elke gedeelte daarvan, is die


eiendom van die Suidlander organisasie. Dit word
voorwaardelik aan aktiewe Suidlander lede beskikbaar gestel
en mag nie deur enige persoon, instelling, organisasie of
groepering buite die Suidlander organisasie in geheel of
gedeeltelik gebruik word nie. Hierdie handleiding mag nie in
geheel of gedeeltelik deur die media in enige vorm gepubliseer
of aan die publiek bekend gestel word nie.
Kopiëring van hierdie handleiding in geheel of gedeeltelik mag
slegs deur aktiewe Suidlander lede, met die toestemming van
aktiewe Suidlander leierskap geskied. Alle kopiereg toegewings
aan aktiewe lede is voorwaardelik en alle regte word verbeur
met die beëindiging van aktiewe lidmaatskap aan die
Suidlander organisasie.

3
VRYWARING EN WETSBEPALING

Hierdie handleiding is saamgestel na deeglike navorsing van


beskikbare bronne en beskikbaar gestel vir insette en
goedkeuring deur die Suidlander bestuur en Senior leierskap.
Hierdie handleiding is saamgestel om effektief te wees in
spesifieke omstandighede deur Suidlander lede wat in `n
spesifieke struktuur onder bepaalde riglyne moet optree.
Die Suidlander organisasie, bestuur en leierskap aanvaar geen
verantwoordelikheid vir enige verliese, beserings of dood wat
op enige manier, direk of indirek mag voortspruit uit die gebruik
van hierdie handleiding in sy geheel of enige gedeelte daarvan
nie. Die Suidlander organisasie, bestuur en leierskap aanvaar
geen verantwoordelikheid vir enige verliese, beserings of dood
wat mag voortspruit uit die deelname of gebruik van enige
Suidlander noodplan, kampe of strukture van enige aard nie.
Suidlander lidmaatskap, die gebruik van enige vorm van
humanitêre Suidlander hulp of bystand, inskakeling by enige
Suidlander noodplan, of die betreding van enige Suidlander
kampe, doelbewus of onwetend, is vrywillig van aard. Alle
persone wat by Suidlander strukture inskakel is verplig om die
reëls en regulasies binne die Suidlander organisasie te
onderhou. Persone wat kies om hulle nie tot hierdie reëls en
regulasies te verbind nie kan op enige tydstip sonder kennis alle
verbintenis tot die Suidlander organisasie verbreek, en sal
verplig word om hulself tot buite fisiese areas waar Suidlander
bedrywighede plaasvind te verwyder. Die Boervolk en Afrikaner
het ‘n noue geskiedkundige verwantskap aan militêre opleiding

4
en aktiwiteite. Deur middel van volkseie instellings soos skool
kadette, diensplig en weermagkampe, het ons kenmerkende
militêre tipes in ons taalgebruik, modus operandi, bevelstrukture
en optredes. Enige gedeeltes wat in hierdie handleiding vervat
word, en wat ‘n verwantskap toon aan enige militêre vorme is
bloot weens ‘n bestaande karakter vorm wat in die Boervolk en
Afrikaner bestaan, en is geensins ’n aanduiding van militêre of
offensiewe aktiwiteite nie.

5
INHOUDSOPGAWE

Afdeling A Burgerlike Verdediging

1. Inleiding
2. Artikel van toepassing
3. Toepaslikheid
4. Voldoening
5. Aanspraak op Beskerming
6. Openbare Kennisgewing

Afdeling B Konvooie

1. Inleiding en Bespreking
1.1 Tydsfaktor
1.2 Vrees en Verwarring
1.3 Sekuriteit
1.4 Eenvormigheid

2. Konvooi vorming
3. Spoed
4. Volg Afstand
5. Stop Afstand
6. Brandstof voorraad

6
7. Hawens
8. Voertuig Merkers
9. Kampe
10. Integrasie met ander groepe
11. Noodsaaklike items
12. Leierskap en hul roepseine
13. Tugkomitee
14. Leierskap pligte
14.1 Konvooi bevelvoerder
14.2 Konvooi bevelvoerder 2IB
14.3 Streek leiers
14.4 Pakkie leiers

15. Dienste (ondersteunings personeel) Pligte


Herstel dienste
Sleepdienste
Mediese Dienste
Voorvee
Agtervee
Verkenners- en Observasie Poste

16. Sekuriteit
17. Beweging Instruksies en Inligtingsessies

7
18. Inspeksies
a) Eerste inspeksie
b) Laaste inspeksie

19. Beweging uitleg


20. Situasie Hantering
a) Voertuig onklaar
b) Voertuig stop / konvooi stop
c) Mis afrit/afdraai
d) Geen kommunikasie
e) Voertuig val vas
f) Padversperrings
g) PB nader konvooi
h) Trek vuur
i) Lug aanval
j) Lug bedreiging
k) Samedromming voor
l) Agtergelaat
m) Kom af op lede vermoor/beseer
n) Arriveer plaasopstal
o) Verdagte in geledere
p) Verraaier in geledere
q) Kriminele in geledere

8
21. Kommunikasie

Beweging verslag
Aankoms verslag

22. Dokumentasie en Rekords

Afdeling C Kamp Handleiding

I. Inleiding

II. Algemene Funksionering


a) Suidlander Bestuur
b) Geestelik
c) Kamp Komitee
d) Verdediging

• Vestiging van afdelings


• Aanstelling van vreemdes

III. Bestuursmodel

1. Leierskap
1.1 Senior Leierskap
1.2 Provinsiale Leierskap

9
1.3 Streek Leiers
1.4 Sameroepers
1.5 Groepleiers

Adviesraad

2. Geestelik
2.1 Morele en Sedelike Waardes
2.2 Oueres
2.3 Godsdiens
2.4 Berading

3. Kamp Komitee
3.1 Vlugteling kamp dienste
3.2 Administrasie
3.3 Medies
3.4 Polisiëring
3.5 Onderwys
3.6 Vervolgings Gesag
3.7 Dienste
3.7.1 Waterwerke
3.7.2 Sanitasie en Higiëne
3.7.3 Vullisverwydering

10
4. Verdediging
4.1 Kamp Sekuriteit
4.1.1 Wag stelsel
4.1.2 Kamp Weerbaarheid
4.1.3 Observasie Poste

4.2 Navorsing
4.3 Omgewing Beveiliging
4.4 Lewensmiddele
4.5 Kommunikasie

5. Kamp uitleg
6. Spanning en Trauma

11
Afdeling A

BURGERLIKE
VERDEDIGING

12
VOORWOORD

Hierdie handleiding behandel die moontlike ooreenkomste


tussen die mandaat van die Suidlanders as organisasie en
die Internasionale Humanitêre Reg.

Hierdie verhouding sal eers in werking tree sodra daar ‘n


gewapende konflik in Suid-Afrika ontstaan. Die wetgewing
van toepassing word vervat in die Protokol addisioneel tot
die Geneefse Konvensies van 12 Augustus 1949, en met
betrekking tot die Beskerming van Slagoffers van
Internasionale Gewapende Konflikte (protokol I), van 8 Junie
1977 asook Protokol Addisioneel tot die Geneefse
Konvensies van 12 Augustus 1949, en met betrekking tot die
Beskerming van Slagoffers van Nie-Internasionale
Gewapende Konflikte (protokol II), van 8 Junie 1977 met
spesifieke fokus op artikel 60 tot 69 van Protokol I.

13
1. INLEIDING

Die wetgewing van toepassing op hierdie handleiding soos


uiteengesit in die voorwoord, het sekere implikasies met
betrekking tot die optrede van gewapende magte teenoor
burgerlikes. Die Suidlander bestuur het hierdie wetgewing
nagevors en kundige opinies van regoor die wêreld ingewin
om sodoende ‘n beskermingsmeganisme daar te stel vir ons
lede in die uitvoering van pligte ten tye van volskaalse
anargie.

Na gesprekvoering met onder andere internasionale


regskenners by die Universiteit van Suid Afrika, onafhanklike
konsultante in Geneve, Switserland, die Internasionale
Komitee van die Rooikruis, die Internasionale Burgerlike
Verdedigingsorganisasie en “Genocide watch” Washington
DC, het ons hierdie handleiding saamgestel om daardie
beskermingsmeganisme te verwesenlik deur die optimale
benutting van bestaande wetgewing.

Die Suidlander bestuur is in die proses om die Suidlander


organisasie te verklaar as ‘n Burgerlike
Verdedigingsorganisasie soos gedefinieër onder
Internasionale Humanitêre Reg. Deur aan die vereistes en
riglyne te voldoen kan die Suidlander organisasie die
internasionaal erkende kenteken gebruik in die uitvoering
van ons nasionale noodplan. Onder die internasionale
humanitêre reg kan ons dan aanspraak maak op die

14
beskerming wat die reg bied indien ons deur vyandige magte
skade ly, hetsy dit liggaamlik van aard of op bepaalde
eiendom sou wees - soos deur die wet uiteengesit.

Hierdie handleiding sal ook dien as ‘n riglyn vir ons optrede


ten tye van anargie. Dit sal dien as ‘n gedetaileerde
uiteensetting van ons intensies as organisasie maar ook as
individue ten tye van anargie. Dit sal dien as verklaring van
ons regte onder internasionale reg, en dien as motivering vir
die vyand om hom van daardie reg te vergewis en om dit toe
te pas teenoor burgerlikes in tye van nood.

15
2. ARTIKEL VAN TOEPASSING
“gekwoteer”
Protocol Additional to the Geneva Conventions of 12
August 1949, and relating to the Protection of Victims
of International Armed Conflicts (Protocol I), 8 June
1977.

Chapter VI. Civil defence


Art 61. - Definitions and scope

For the purpose of this Protocol:

(a) "civil defence" means the performance of some or all of the


undermentioned humanitarian tasks intended to protect the civilian
population against the dangers, and to help it to recover from the
immediate effects, of hostilities or disasters and also to provide the
conditions necessary for its survival. These tasks are:

(i) warning;
(ii) evacuation;
(iii) management of shelters;
(iv) management of blackout measures;
(v) rescue;
(vi) medical services, including first aid, and religious assistance;
(vii) fire-fighting;
(viii) detection and marking of danger areas;
(ix) decontamination and similar protective measures;
(x) provision of emergency accommodation and supplies;
(xi) emergency assistance in the restoration and maintenance of order
in distressed areas;
(xii) emergency repair of indispensable public utilities;
(xiii) emergency disposal of the dead;
(xiv) assistance in the preservation of objects essential for survival;

16
(xv) complementary activities necessary to carry out any of the tasks
mentioned above, including, but not limited to, planning and
organization;

(b) "civil defence organizations" means those establishments and other


units which are organized or authorized by the competent authorities of
a Party to the conflict to perform any of the tasks mentioned under sub-
paragraph (a), and which are assigned and devoted exclusively to such
tasks;

(c) "personnel" of civil defence organizations means those persons


assigned by a Party to the conflict exclusively to the performance of the
tasks mentioned under sub-paragraph (a), including personnel
assigned by the competent authority of that Party exclusively to the
administration of these organizations;

(d) "matériel" of civil defence organizations means equipment, supplies


and transports used by these organizations for the performance of the
tasks mentioned under sub-paragraph (a).

Art 62. General protection

1. Civilian civil defence organizations and their personnel shall be


respected and protected, subject to the provisions of this Protocol,
particularly the provisions of this section. They shall be entitled to
perform their civil defence tasks except in case of imperative military
necessity.

2. The provisions of paragraph 1 shall also apply to civilians who,


although not members of civilian civil defence organizations, respond to
an appeal from the competent authorities and perform civil defence
tasks under their control.

17
3. Buildings and matériel used for civil defence purposes and shelters
provided for the civilian population are covered by Article 52. Objects
used for civil defence purposes may not be destroyed or diverted from
their proper use except by the Party to which they belong.

Art 63. Civil defence in occupied territories

1. In occupied territories, civilian civil defence organizations shall


receive from the authorities the facilities necessary for the performance
of their tasks. In no Circumstances shall their personnel be compelled
to perform activities which would interfere with the proper performance
of these tasks. The Occupying Power shall not change the structure or
personnel of such organizations in any way which might jeopardize the
efficient performance of their mission. These organizations shall not be
required to give priority to the nationals or interests of that Power.

2. The Occupying Power shall not compel, coerce or induce civilian civil
defence organizations to perform their tasks in any manner prejudicial
to the interests of the civilian population.

3. The Occupying Power may disarm civil defence personnel for


reasons of security.

4. The Occupying Power shall neither divert from their proper use nor
requisition buildings or matériel belonging to or used by civil defence
organizations if such diversion or requisition would be harmful to the
civilian population.

5. Provided that the general rule in paragraph 4 continues to be


observed, the Occupying Power may requisition or divert these
resources, subject to the following particular conditions:
(a) that the buildings or matériel are necessary for other needs of the
civilian population; and

18
(b) that the requisition or diversion continues only while such necessity
exists.

6. The Occupying Power shall neither divert nor requisition shelters


provided for the use of the civilian population or needed by such
population.

Art 64. Civilian civil defence organizations of neutral or other States not
Parties to the conflict and international co-ordinating organizations

1. Articles 62, 63, 65 and 66 shall also apply to the personnel and
matériel of civilian civil defence organizations of neutral or other States
not Parties to the conflict which perform civil defence tasks mentioned
in Article 61 in the territory of a Party to the conflict, with the consent
and under the control of that Party. Notification of such assistance shall
be given as soon as possible to any adverse Party concerned. In no
circumstances shall this activity be deemed to be an interference in the
conflict. This activity should, however, be performed with due regard to
the security interests of the Parties to the conflict concerned.

2. The Parties to the conflict receiving the assistance referred to in


paragraph 1 and the High Contracting Parties granting it should
facilitate international co-ordination of such civil defence actions when
appropriate. In such cases the relevant international organizations are
covered by the provisions of this Chapter.

3. In occupied territories, the Occupying Power may only exclude or


restrict the activities of civilian civil defence organizations of neutral or
other States not Parties to the conflict and of international co-ordinating
organizations if it can ensure the adequate performance of civil defence
tasks from its own resources or those of the occupied territory.

19
Art 65. Cessation of protection

1. The protection to which civilian civil defence organizations, their


personnel, buildings, shelters and matériel are entitled shall not cease
unless they commit or are used to commit, outside their proper tasks,
acts harmful to the enemy. Protection may, however, cease only after a
warning has been given setting, whenever appropriate, a reasonable
time-limit, and after such warning has remained unheeded.

2. The following shall not be considered as acts harmful to the enemy:


(a) that civil defence tasks are carried out under the direction or control
of military authorities;
(b) that civilian civil defence personnel co-operate with military
personnel in the performance of civil defence tasks, or that some
military personnel are attached to civilian civil defence organizations;
(c) that the performance of civil defence tasks may incidentally benefit
military victims, particularly those who are hors de combat.

3. It shall also not be considered as an act harmful to the enemy that


civilian civil defence personnel bear light individual weapons for the
purpose of maintaining order or for self-defence. However, in areas
where land fighting is taking place or is likely to take place, the Parties
to the conflict shall undertake the appropriate measures to limit these
weapons to handguns, such as pistols or revolvers, in order to assist in
distinguishing between civil defence personnel and combatants.
Although civil defence personnel bear other light individual weapons in
such areas, they shall nevertheless be respected and protected as
soon as they have been recognized as such.

4. The formation of civilian civil defence organizations along military


lines, and compulsory service in them, shall also not deprive them of
the protection conferred by this Chapter.

20
Art 66. Identification

1. Each Party to the conflict shall endeavour to ensure that its civil
defence organizations, their personnel, buildings and matériel are
identifiable while they are exclusively devoted to the performance of
civil defence tasks. Shelters provided for the civilian population should
be similarly identifiable.

2. Each Party to the conflict shall also endeavour to adopt and


implement methods and procedures which will make it possible to
recognize civilian shelters as well as civil defence personnel, buildings
and matériel on which the international distinctive sign of civil defence
is displayed.

3. In occupied territories and in areas where fighting is taking place or


is likely to take place, civilian civil defence personnel should be
recognizable by the international distinctive sign of civil defence and by
an identity card certifying their status.

4. The international distinctive sign of civil defence is an equilateral


blue triangle on an orange ground when used for the protection of civil
defence organizations, their personnel, buildings and matériel and for
civilian shelters.

5. In addition to the distinctive sign, Parties to the conflict may agree


upon the use of distinctive signals for civil defence identification
purposes.

6. The application of the provisions of paragraphs 1 to 4 is governed by


Chapter V of Annex I to this Protocol.

7. In time of peace, the sign described in paragraph 4 may, with the


consent of the competent national authorities, be used for civil defence
identification purposes.

21
8. The High Contracting Parties and the Parties to the conflict shall take
the measures necessary to supervise the display of the international
distinctive sign of civil defence and to prevent and repress any misuse
thereof.

9. The identification of civil defence medical and religious personnel,


medical units and medical transports is also governed by Article 18.

Art 67. Members of the armed forces and military units assigned to civil
defence organizations

1. Members of the armed forces and military units assigned to civil


defence organizations shall be respected and protected, provided that:
(a) such personnel and such units are permanently assigned and
exclusively devoted to the performance of any of the tasks mentioned
in Article 61;
(b) if so assigned, such personnel do not perform any other military
duties during the conflict;
(c) such personnel are clearly distinguishable from the other members
of the armed forces by prominently displaying the international
distinctive sign of civil defence, which shall be as large as appropriate,
and such personnel are provided with the identity card referred to in
Chapter V of Annex I to this Protocol certifying their status;
(d) such personnel and such units are equipped only with light
individual weapons for the purpose of maintaining order or for self-
defence. The provisions of Article 65, paragraph 3 shall also apply in
this case;
(e) such personnel do not participate directly in hostilities, and do not
commit, or are not used to commit, outside their civil defence tasks,
acts harmful to the adverse Party
(f) such personnel and such units perform their civil defence tasks only
within the national territory of their Party.

22
The non-observance of the conditions stated in (e) above by any
member of the armed forces who is bound by the conditions prescribed
in (a) and (b) above is prohibited.

2. Military personnel serving within civil defence organizations shall, if


they fall into the power of an adverse Party, be prisoners of war. In
occupied territory they may, but only in the interest of the civilian
population of that territory, be employed on civil defence tasks in so far
as the need arises, provided however that, if such work is dangerous,
they volunteer for such tasks.

3. The buildings and major items of equipment and transports of


military units assigned to civil defence organizations shall be clearly
marked with the international distinctive sign of civil defence. This
distinctive sign shall be as large as appropriate.

4. The matériel and buildings of military units permanently assigned to


civil defence organizations and exclusively devoted to the performance
of civil defence tasks shall, if they fall into the hands of an adverse
Party, remain subject to the laws of war. They may not be diverted from
their civil defence purpose so long as they are required for the
performance of civil defence tasks, except in case of imperative military
necessity, unless previous arrangements have been made for
adequate provision for the needs of the civilian population.

23
3. TOEPASLIKHEID

Dit is belangrik om te weet dat die definisie en bespreking van


burgerlike verdedigingsorganisasies slegs vervat word in
protokol een tot die Geneefse Konvensie met betrekking tot die
Beskerming van Slagoffers van Internasionale Gewapende
Konflikte van 8 Junie 1977.

Dit is belangrik om daarvan kennis te neem aangesien die


gewapende konflik wat ons as Suidlanders in Suid-Afrika
voorsien eerder nie-internasionale gewapende konflik sal wees.
Dit mag dus voorkom of die bepalings van die wet op burgerlike
verdedigingsorganisasies nie van toepassing op lokale
gewapende konflikte blyk te wees nie. Ons wil graag u aandag
vestig op artikel 61 van protokol een wat duidelik stel dat
burgerlike verdedigingsorganisasies ‘n humanitêre rol vervul in
gewapende konflik situasies sowel as rampe (mensgemaakte
en natuurlike).

Die feit dat die noodsituasie in hierdie klousule nie beperk word
tot internasionale gewapende konflik situasies nie, en selfs nie
tot mensgemaakte noodsituasies nie, is ‘n duidelike implikasie
dat burgerlike verdedigingsorganisasies per definisie in alle
noodsituasies van toepassing is. Die feit dat die funksie van
burgerlike verdedigingsorganisasies nie in die tweede protokol
spesifiek gedokumenteer is nie, is geen implikasie dat dit tot
internasionale gewapende konflik situasies beperk is nie.

24
Verder wil ons graag u aandag vestig op die volgende: Die
opdatering van die definisies en omskrywing van burgerlike
verdedigingsorganisasies vanaf 1977 tot 1997 was tot ‘n groot
mate afgeskeep, in diè dat die wêreld tot ‘n groot mate verander
het in die tipe gewapende konflik wat meestal in lande
wêreldwyd voorkom. Die vorm van gewapende konflikte
wêreldwyd het oorwegend in die vorm van burgeroorloë en
botsende faksies binne state voorgekom. As gevolg van hierdie
wêreldwye tendens, het die Internasionale Burgerlike
Verdedigingsorganisasie (ICDO) en die Internasionale
Kommitee van die Rooikruis (ICRC) besluit om ‘n konvensie te
hou aangaande die toepassing van internasionale humanitêre
reg met betrekking tot burgerlike verdedigingsorganisasies.
Hierdie konvensie, gehou op 30 Junie tot 2 Julie 1997 in Gollion
Switserland, met die uitnodiging van staatshoofde en leiers op
die gebied van bespreking, bepaal dan die toepaslikheid van
burgerlike verdedigingsorganisasies in alle konflik en ramp
situasies en dui aan dat sulke organisasies geregtelik
beskerming sal geniet mutatis mutandis soos per protokol 1
artikel 61 tot 69.

Ons verwys graag na die publikasie van “International Review


of the Red Cross, No 325, by Stéphane Jeannet, member of
ICRC Legal Division.”

Verder wil ons meld dat die vereistes vir protokol een van die
1977 Geneefse Konvensie addisioneel tot die 1949 konvensie
dadelik in werking tree waar ‘n tweede staat ‘n betrokkenheid in
gewapende konflik het. Sou ons dus in die toekoms vind dat

25
lande soos Zimbabwe of China enige betrokkenheid in die
konflik het, hetsy dit direk of in teme van ondersteuningsdienste
of ander, die konflik situasie in iedergeval dadelik per definisie
onder die eerste protokol van die konvensies soos hierbo
vermeld sal val, en dus outomaties as ‘n burgerlike
verdedigingsorganisasie sal kwalifiseer.

26
4. VOLDOENING

Om te voldoen aan die vereistes vir ‘n burgerlike


verdedigingsorganisasie moet ons eerstens ons optrede in die
uitvoering van die nasionale Suidlander noodplan beperk tot die
volgende:

1. Waarskuwing.
2. Ontruiming.
3. Die bestuur van skuilings.
4. Die hantering van infrastruktuur ineenstorting.
5. Lewensredding.
6. Mediese dienste, insluitend noodhulp, en geestelike
bystand.
7. Brandbestryding.
8. Die opsporing en merk van gevaar gebiede.
9. Ontsmetting en soortgelyke beskermende maatreëls.
10. Die voorsiening van nood akkommodasie en voorrade.
11. Nood-handhawing en herstel van orde in nood
geteisterde gebiede.
12. Bystand in die behoud van infrastruktuur essensieel tot
oorlewing.
13. Hantering van dooies
14. Bystand in die behoud van belangrike lewensmiddele.
15. Addisionele aktiwiteite wat nodig is om enige van die
take uit te voer wat hierbo genoem is, insluitend, maar
nie beperk nie, tot beplanning en organisasie.

27
Tweedens moet die Suidlanders in die uitvoering van hul
mandaat in die toekoms hulself weerhou van teenstrydige
optrede van die volgende:

1. Sodanige personeel en eenhede is permanent en uitsluitlik


toegewy aan die uitvoering van enige van die take wat in
artikel 61 genoem word.

2. Sodanige personeel nie gelyktydig aan enige ander militêre


pligte tydens die konflik verbind is nie.

3. Die personeel is duidelik onderskeibaar van ander lede van


die gewapende magte deur prominent die internasionale
kenmerkende teken van die burgerlike verdediging te
vertoon, volgens die grootte wat deur die toepaslike
wetgewing omskryf word.

4. Sodanige personeel en sulke eenhede toegerus is met 'n


ligte individuele wapen vir die doel van die handhawing van
orde of vir selfverdediging. Die bepalings van Artikel 65,
paragraaf 3 is ook van toepassing in hierdie geval.

5. Sodanige personeel nie direk deelneem aan gewapende


konflik of gebruik word om deel te neem, buite hul burgerlike
verdedigings take, in dade wat skadelik is vir die negatiewe
party nie.

6. Sodanige personeel en eenhede hul burgerlike verdedigings


take verrig slegs in die nasionale grondgebied van hul party.

28
Derdens sal die Suidlander organisasie die voldoening aan
die vereistes soos uiteengesit in punte een en twee hierbo as
verpligtende voorwaardes voorhou vir lede van die
Suidlanders wat vir die beskerming van, en aanspraak op
regte soos bepaal deur die internasionale humanitêre reg wil
maak.

Dit is belangrik om daarop te let dat die voldoening aan


die bepalings vir ‘n burgerlike verdedigingsorganisasie
nie die Suidlander noodplan noodsaak om te verander in
enige van sy bestaande beplande fasette nie.

Elke fasset in die bestaande Suidlander noodplan soos


dit voorheen in plek was sal hierna onveranderd bly.
Hierdie dokument dien nie as wysiging in die modus
operandi van die Suidlander noodplan nie, maar as
neerlegging van ons intensies, en ter bevestiging dat ons
noodplan reeds voldoen aan die vereistes vir kwalifikasie vir
‘n burgerlike verdedigingsorganisasie.

Lede wat in die toekoms in die proses van uitvoering van ons
beplande noodplan buite die riglyne, soos bepaal deur
internasionale humanitêre reg optree sal summier van die
organisasie geskors word sonder benadeling van enige hulp
en bystand wat die Suidlanders aan burgerlikes mag verleen.

29
5. AANSPRAAK OP BESKERMING

Hierdie kwalifiserende faktore en bereidheid vanaf Suidlander


bestuur en lede kan tot gevolg hê dat daar aanspraak gemaak
kan word op ‘n reeks beskermende klousules in die
internasionale humanitêre wetgewing soos vervat in verskeie
protokolle van verskeie Geneefse konvensies.

Daar word nie hierdeur aanvaar dat die lede van die
Suidlanders deur blote voldoening en bekendmaking van ons
status as burgerlike verdedigingsorganisasie, outomaties in
praktyk met die nodige goedgesindheid uit respek vir
internasionale wetgewing behandel sal word nie.

Die voordeel van hierdie voldoening aan internasionale wette is


drieledig van aard.
• Eerstens kan ons verwag dat enige betrokkenheid deur
ander state of internasionale organisasies en noodaksies die
internasionaal erkende identifikasie embleem van burgerlike
verdedigingsorganisasies sal erken en respekteer. Hierdie
groeperings het nie die wettelose karakter wat so eie is aan
die volksvreemde bevolkingsgroepe van Afrika nie. Dit is
aanvaarbaar om te verwag dat ons hulp en bystand sal
ontvang van sulke groeperings en dat hulle die opregtheid
van ons optrede sal erken en eerbiedig.

• Tweedens sal dit ‘n positiewe aanduiding wees van die


gesindheid waarmee ons hierdie tyd van onrus tegemoet

30
gaan. Daar sal ongetwyfeld in die toekoms deur die vyand
aangevoer word dat die blanke populasie in Suid-Afrika
rassisties van aard is en dat ‘n vyandige gesindheid vanaf
blanke geledere die aanleiding tot rasse pollarisasie, of die
dryfkrag agter geweldadige konflik is. Hierdie
gedokumenteerde weergawe van die nasionale noodplan
van die Suidlanders, en ons bereidheid om aan humanitêre
standaarde te voldoen, spreek boekdele oor die karakter van
die blanke bevolking en nog meer oor die Suidlander
organisasie en ons gesindheid.

• Derdens plaas dit ‘n regsaanspreeklikheid op diegene wat


kies om, in die teenwoordigheid van die gesindheid en
karakter wat ons as Suidlanders aan die wêreld deur hierdie
dokument openbaar, steeds in kontras met internasionale
humanitêre reg , op ‘n onmenslike en onaanvaarbare manier
teen burgerlikes op te tree. Enige optrede deur gewapende
magte teen die lede van die Suidlanders sal sonder twyfel as
oorlogsmisdade erken word, en die internasionale hof sal
geen keuse hê as om die magte wat ons vyandig gesind is,
en onwettig teen ons optree, onder die internasionale wette
te vervolg nie. Hierdie stap vir die Suidlanders plaas ons op
‘n nuwe regtegniese hoëgrond ten opsigte van regseise teen
ons, asook ter ondersteuning van eise wat deur ons
aanhangig gemaak word. Dit kan tot voordeel wees met
betrekking tot die sentiment wat die wêreld oor ons as
boervolk gevorm het, en kan van onskatbare waarde wees in
die aanspraak op selfbeskikking.

31
6. OPENBARE KENNISGEWING

Ten einde hierdie onderneming en die regstegniese implikasies


daarvan bindend te maak op alle partye, is dit belangrik dat die
Suidlanders die nodige stappe neem om te verseker dat geen
partye tot die komende konflik kan aanvoer dat hulle nie hiervan
kennis geneem het nie. Daarom sal die Suidlanders hierdie
onderneming om te voldoen aan internasionale wetgewing,
asook die kwalifisering om te dien as burgerlike
verdedigingsorganisasie, aan alle lede van die publiek bekend
maak deur dit te publiseer in die Staatskoerant van Suid-Afrika,
soos wat vereis word deur die staat van hierdie land, om sake
openbaar te maak. Na afloop van die datum waarop die
bogenoemde publikasie in die Staatskoerant verskyn plus sewe
dae daarna, sal die Suidlander organisasie aanvaar en daarop
aanspraak maak dat alle burgers van Suid-Afrika kennis neem
van die intensie van die Suidlander organisasie soos
uiteengesit in hierdie dokument.

32
Afdeling B

KONVOOIE

33
INHOUDSOPGAWE

1. Inleiding en bespreking
1.1 Tydsfaktor
1.2 Vrees en Verwarring
1.3 Sekuriteit
1.4 Eenvormigheid

2. Konvooi vorming
3. Spoed
4. Volg Afstand
5. Stop Afstand
6. Brandstof voorraad
7. Hawens
8. Voertuig Merkers
9. Kampe
10. Integrasie met ander groepe
11. Noodsaaklike items
12. Leierskap en hul roepseine
13. Tugkomitee
14. Leierskap pligte
14.1 Konvooi bevelvoerder
14.2 Konvooi bevelvoerder 2IB
14.3 Streek leiers
14.4 Pakkie leiers

34
15. Dienste (ondersteunings personeel) Pligte
Herstel dienste
Sleepdienste
Mediese Dienste
Voorvee
Agtervee
Verkenners- en Observasie Poste

16. Sekuriteit
17. Beweging Instruksies en Inligtingsessies
18. Inspeksies
a) Eerste inspeksie
b) Laaste inspeksie

19. Beweging uitleg


20. Situasie Hantering
a) Voertuig onklaar
b) Voertuig stop / konvooi stop
c) Mis afrit/afdraai
d) Geen kommunikasie
e) Voertuig val vas
f) Padversperrings
g) PB nader konvooi
h) Trek vuur
i) Lug aanval

35
j) Lug bedreiging
k) Samedromming voor
l) Agtergelaat
m) Kom af op lede vermoor/beseer
n) Arriveer plaasopstal
o) Verdagte in geledere
p) Verraaier in geledere
q) Kriminele in geledere

21. Kommunikasie

Beweging verslag
Aankoms verslag

22. Dokumentasie en Rekords

36
1. INLEIDING EN BESPREKING

In hierdie handleiding sal ons poog om lede en leierskap op


te lei om spoedig en effektief ‘n konvooi te vorm. Dit sal ook
as hulpmiddel dien om konvooie effektief te bestuur. Die
reëls en riglyne wat hierin vervat word sal dit moontlik maak
om konvooie saam te stel wat die volgende doelwitte kan
bereik.

♦ Om bevel en beheer effektief af te wentel na onderleiers


en lede in ‘n konvooi.
♦ Om kwaliteitsbeheer toe te pas ten opsigte van die
beplanning om ‘n roete af te lê.
♦ Om doeltreffende en deeglike inspeksies te doen voor ‘n
konvooi begin beweeg.
♦ Om probleem areas reg te stel wat deur middel van
inspeksies geïdentifiseer word.
♦ Om effektiewe kommunikasie en beheer te handhaaf
terwyl ‘n konvooi in beweging is.
♦ Om insidente wat gedurende beweging opduik vinnig en
effektief te identifiseer en uit te sorteer.
♦ Om akkurate en volledige terugvoer aan leierskap te
bewerkstellig.
♦ Om akkurate rekordhouding van gebeure en insidente te
hou.

Dit is belangrik dat alle lede hierdie handleiding deurwerk en in


groep- of streeksverband die werkstukke hierin voltooi en met

37
mekaar bespreek. Dit is ook verpligtend vir leierskap om hierdie
handleiding deeglik te bestudeer. Wanneer ‘n konvooi
noodgedwonge gevorm word sal dit heel moontlik in ‘n
noodsituasie wees, wat beteken dat beperkte tyd ons nie sal
toelaat om dan eers kennis te neem van die inhoud van hierdie
handleiding nie.

Om deeglik kennis te neem van die inhoud van hierdie


handleiding, sal die volgende voordele inhou:

1.1 Tydsfaktor

Onthou dat die primêre rede hoekom mense vanuit een


area na ‘n ander area wil ontruim, veiligheid is. Wanneer
groot groepe mense gelyktydig wil ontruim, kan ons
aanvaar dat die veiligheidsaspek nou kritiese afmetings
aangeneem het. Wanneer ‘n konvooi dus vir die eerste
keer gevorm word in ‘n noodsituasie, sal daar altyd ‘n
beperkte tydsfaktor betrokke wees. Wanneer lede van ‘n
konvooi reeds kennis dra van die riglyne vervat in hierdie
handleiding, hou dit groot voordele in vir hoe spoedig so
‘n konvooi saamgestel kan word.

1.2 Vrees en verwarring

Vrees en verwarring is ‘n algemene eienskap wanneer


mense in lewensgevaar verkeer. Wanneer groepe mense
bymekaar kom, wat almal hierdie emosie beleef kan dit ‘n
situasie plofbaar maak. Om in so ‘n situasie leiding te

38
neem, reëls neer te lê en strukture te vestig is moeilik en
in baie gevalle onmoontlik. Deur reeds hierdie konvooi
vorming te behandel, stel ons nie ons lede bloot aan
moontlike plofbare konflik situasies nie.

1.3 Sekuriteit

Wanneer mense aan lewensgevaar blootgestel word,


verhoog die behoefte aan effektiewe leierskap en ‘n
gestruktureerde plan. In so ‘n situasie het mense nodig
om te sien dat daar ‘n plan in plek is en dat leierskap
sonder huiwering so ‘n plan implementeer. Dit skep hoop
en ‘n sin van veiligheid onder mense en veroorsaak dat
mense meer bereidwillig is om bevele uit te voer en saam
te werk. Dit het ook ‘n kalmerende effek en sal meebring
dat mense situasies beter kan hanteer.

1.4 Eenvormigheid

Deur op nasionale vlak die inhoud van hierdie handleiding


as riglyn te gebruik, sal meebring dat konvooie regoor die
land eenvormig is, wat op sy beurt die volgende voordele
inhou:

♦ Verskillende konvooie kan op enige bepaalde tyd


saamsmelt sonder dat daar aan die strukture van
hierdie konvooie verander hoef te word.

39
♦ Lede wat by ‘n konvooi aansluit sal dadelik weet hoe
om in te skakel en deel van die konvooi te vorm.

♦ Die kommunikasie riglyne vir konvooie sal u in staat


stel om later konvooie te vorm uit groepe wat nog nooit
voorheen in dieselfde konvooi beweeg het nie.

♦ Bestuur en leierskap wat nie deel uitmaak van ‘n


konvooi nie, maar wat radio-kommunikasie met ‘n
konvooi het, sal outomaties weet wat in die konvooi
gebeur selfs al is hulle op ‘n ander plek.

40
2. KONVOOI VORMING

Wanneer voertuie bymekaar kom met die doel om in ‘n


konvooi te beweeg moet strukture so spoedig moontlik,
voor vertrek, in plek wees. Die konvooi moet ook in groepe
verdeel word. Dit is belangrik om eenvormigheid te hê
wanneer ‘n konvooi saamgestel word.

Volg die volgende stappe om bevel en kommunikasie


strukture neer te lê. Hierdie stappe kan reeds nou al gevolg
word en kan van tyd tot tyd op groep- en streeksverband
ingeoefen word

a. Identifiseer ‘n persoon om leiding te neem. Dit sal die


hoogste leiersposisie wees in die groep. Hierdie persoon
sal die plig van Konvooi Bevelvoerder hê.

b. Stel ‘n 2ib aan

c. Verdeel voertuie in groepe van 7-12 voertuie per groep


en benoem ‘n leier vir elke groep. Poog om bestaande
groepleiers en daarna sameroepers hiervoor aan te
wend. Hierdie sal pakkie leiers wees.

d. Benoem ‘n leier vir elke 3-8 pakkies. Dit sal gewoonlik


die Streek leier wees.

e. Sorg dat elke leier ‘n radio het. Indien daar ‘n tekort aan
radios is moet lede hul radios aan leiers beskikbaar stel.
Gebruik roepseine soos uiteengesit in die afdeling
BEVEL hierna. Die nommer in die roepsein
verteenwoordig die persoon se fisiese posisie in die
konvooi. Streek- en Provinsiale leiers sal roepseine
gebruik soos in hul kommunikasie kaarte uiteengesit.

f. Identifiseer persone wat sleep bande of stange in hul


besit het en wat by magte is om ‘n voertuig te sleep.
Hierdie persone moet sleep bande aan die agterkant (rol
die sleeptou om die sleephaak) van hul voertuie vasheg

41
en permanent daar hou. Hierdie persone moet ook in
besit wees van ‘n radio. Sleepdienste neem gewoonlik
agterste posisies in pakkies en konvooie soos bespreek
in die afdeling BEWEGINGSUITLEG Hulle gebruik die
roepsein soos uiteengesit hieronder in die afdeling
DIENSTE.

g. Identifiseer persone met mediese kennis en


ondersteunings vermoë asook persone wat meganiese
herstelwerk kan verrig. Indien moontlik moet hierdie
persone ook radio kommunikasie hê. Hulle het ook ‘n
bepaalde roepsein soos hieronder in afdeling DIENSTE
uiteengesit.

h. Identifiseer persone wat as verkenners, voor-veërs en


agter-veërs kan funksioneer. Hierdie persone moet die
diens vrywillig aanvaar aangesien dit met ‘n hoë risiko
gepaard gaan. Hierdie persone moet verkieslik:

 Manspersone wees.
 Nie vrouens en kinders by hulle in die voertuig hê
nie.
 Beskik oor ‘n persoonlike gelisensieerde
vuurwapen.
 Die vermoë hê om fisiese konflik situasies te kan
hanteer.
 Kalm en rustig per radio kan kommunikeer, selfs in
stresvolle situasies.

Hierdie persone se roepseine, konvooi posisies en take


word later bespreek.

i. Bepaal tye vir bewegings instruksies en inligtings


sessies. Alle vergaderings van die aard vereis dat lede
sewe minute voor aanvang teenwoordig moet wees.

42
GROEP WERKSTUK 1

Identifiseer persone wat sal kwalifiseer vir elk van die


volgende dienste in jou groep. Kyk hoeveel persone sal vir
vrywillige take aanmeld.

Diens Radio J/N Hoeveel

Sleepdienste

Herstel dienste

Mediese dienste

Verkenning

Voor-vee

Agter-vee

Totaal mense in groep

43
3. SPOED
Onthou dat die konvooi nie vinniger kan beweeg as die
stadigste voertuig in die konvooi nie. Dit is belangrik dat
lede kennis neem van die maksimum spoed wat hulle
voertuie in ‘n vlug situasie (vol gelaai met ‘n sleepwa of
woonwa) kan beweeg. Elke lid moet ook kennis neem van
die spoed wat hulle op sekere paaie kan bereik. Hierdie
inligting kan krities wees in die bewegings beplanning van
‘n konvooi. Laat lede die volgende werkstuk voltooi:

GROEP WERKSTUK 2

Laai u voertuig soos vir ‘n vlug situasie. Voltooi die volgende


tabelle.

Pad Helling Pad oppervlak Begaanbaar J/N Spoed


Gelyk pad Teer
Gelyk pad Sanderig
Opdraande Teer
Opdraande Grondpad
Opdraande Rof en klipperig
Styl opdraande Teer
Styl opdraande Rof en klipperig

Met die bepaling van die konvooi spoed moet die


volgende faktore in gedagte gehou word:

Agtervolging

Die moontlikheid van agtervolging sal bepaal hoe vinnig ‘n


konvooi uit ‘n bepaalde area moet beweeg. In so ‘n geval sal
dit dalk nodig wees om stadiger voertuie agter te laat

44
Die voordele en nadele van gerekte of kompak konvooie

‘n Gerekte konvooi is vinniger as ‘n kompakte konvooi.


Indien ‘n situasie vereis om ‘n konvooi te kompakteer, moet u
bewus wees van die implikasie wat dit op die beweging
spoed sal hê.

Die moontlikheid van ‘n veilige tydgleuf om by ‘n


bepaalde punt te kom

Deur ‘n tydgleuf in berekening te bring kan die gemiddelde


spoed waarteen ‘n konvooi moet beweeg, bereken word.
Laat altyd ‘n 10 % veiligheidsfaktor toe.

Die spoed wat toegelaat word deur die padoppervlak

Hou ook in gedagte dat die huidige padoppervlak nie


noodwendig so sal bly vir die totale verloop van die rit nie.
Swakker pad oppervlaktes of hellings op die pad vorentoe
kan ‘n beduidende invloed hê op die bepaling van die
konvooi spoed.

Die kwesbaarheid wat met lae spoed gepaard gaan

Hou in gedagte dat die volgende omstandighede gevare vir


lae spoed konvooie inhou:

♦ Lang afstand skerp-skut vuur


♦ Brandstigting langs die padoppervlak
♦ Oproerigheid langs die pad
♦ Die vatbaarheid vir dreigemente en intimidasie

Die gevaar wat met hoë snelhede gepaard gaan

Die volgende kan voorbeelde wees hiervan:

♦ Obstruksies en blokkasies op die padoppervlak


♦ Gate in die padoppervlak
♦ Ongelukke van voertuie voor jou in die konvooi

45
Hierdie faktore sal bepaal wat die spoed van konvooie moet
wees. As die konvooi spoed soos bepaal deur die stadigste
voertuig, te stadig is moet alternatiewe reëlings gemaak
word. Oorweeg die volgende:

 ‘n Baie stadige voertuig kan agtergelaat word as die


tydsfaktor krities is. Let wel: Die voertuig word
agtergelaat, nie die insittendes nie, en indien moontlik kan
die voorrade en brandstof op ander voertuie oorgelaai
word.

 Die stadige voertuig kan vinniger gemaak word deur sy


sleeptuig of voorrade oor te laai op ‘n ander voertuig.

 ‘n Stadige voertuig kan agter ‘n beskikbare voertuig


gesleep word.

 Beurt Groepe (word later bespreek)

 Tyd Hawens (word later bespreek)

Met oorweging van die bedreiging en die voor- en nadele


van die grootte van ‘n konvooi moet die volgende ook in ag
geneem word.

 Deur konvooie op te breek in groepe voertuie waarvan


elke groep se voertuie ongeveer dieselfde spoed beweeg,
kan sekere groepe vinniger as ander by ‘n bepaalde
bestemming kom. Die voordeel is dat weerlose mense
soos kinders, bejaardes en vrouens vinniger by veiligheid
kan kom. Die totale konvooi se spoed kan steeds konstant
bly deurdat die stadige groepe se rustyd by die
bestemming verkort word voordat die konvooi weer
beweeg. Persone wat eerste arriveer kan ook vroegtydig
met take soos kos maak ens. begin.

 Die konvooi kan opgebreek word in groepe wat op


verskillende paaie begaanbaar is. Bv. vierwiel
aangedrewe voertuie kan korter maar slegter paaie
gebruik terwyl ander voertuie op beter pad oppervlaktes
ry.

46
4. VOLG AFSTAND

Wanneer na die volgafstand verwys word praat ons van ‘n


uitgerekte of ‘n kompakte konvooi. ‘n Kompakte konvooi het
‘n baie klein volgafstand tussen voertuie. ‘n Kompakte
konvooi kan ‘n volgafstand tussen voertuie hê van so klein
as 50 sentimeter. ‘n Uitgerekte konvooi se volgafstande kan
weer so lank wees as 500 meter. Die algemene gemaklike
volgafstand is 100 tot 150 meter tussen voertuie en word
vanaf hierdie afstand vergroot of verklein na gelang van die
omstandighede. Die volgafstand tussen voertuie is ‘n
belangrike keuse vir die konvooi bevelvoerder. Die
oorwegende faktore vir die bepaling van volgafstand is die
volgende:

 Tydsbeperking van beweging

‘n Uitgerekte konvooi is baie vinniger as ‘n kompakte


konvooi. As voertuie ver genoeg van mekaar af is sal
elke spoedvermindering wat ‘n voertuig doen, nie die
hele konvooi se spoed beïnvloed nie. Die bestuurder
het ook meer vrymoedigheid om spoed te vermeerder
aangesien hy ‘n langer “oop pad” voor hom het.
Afdraandes kan ook beter benut word deur spoed op
te bou en dit kan meer effektief gedoen word as daar
groter volgafstande is.

 Moontlikheid van agtervolging

Tydens agtervolging sou mens noodwendig meer


spoed in die konvooi wil hê en dus langer
volgafstande gebruik. Waar ‘n agter-vee span
agtervolgers wil terug hou sal hulle die konvooi laat
vooruit gaan deur spoed te verminder.

47
 Die moontlikheid van vyandige samedrommings
langs die pad

Waar samedrommings langs die pad plaasvind is ‘n


kort volgafstand gewoonlik voordelig. Dit maak dit
moeilik vir persone om die pad te versper of om
voorwerpe tussen voertuie in te beweeg.

 Die behoefte om min of geen aandag te trek

‘n Uitgerekte konvooi trek die minste aandag. Dit geld


vir dag beweging maar nog meer vir nag beweging en
waarneming vanuit die lug. Onthou ook dat konvooie
ook aandag trek deur middel van die klank wat
voertuie maak. Deur nie dieselfde volgafstande te
hou tussen voertuie nie( party voertuie ver ander
nader aan mekaar) word daar nie ‘n ritmiese klank
hoorbaar gemaak nie.

 Die moontlikheid van ‘n hindernis

Onthou dat hindernisse die mees effektiefste is waar


volgafstande kort is. ‘n Kompakte konvooi plaas meer
mense gelyk in die spervuur, laat min tyd vir agterste
persone om die hindernis te vermy, en laat min tyd
om so ‘n situasie te rapporteer. ‘n Kompakte konvooi
is ook stadiger wat ‘n hindernis meer effektief maak.

 Die moontlikheid dat lede verdwaal of agtergelaat


word

‘n Uitgerekte konvooi is moeiliker om te volg, veral


deur lede wat nie goed vertroud is met die roete nie.
Lede kan maklik ‘n afdraai mis en agtergelaat word.

 Die beskikbare tyd vir hawens en die hoeveelheid


hawens in die bewegings beplanning

Hawens is plekke waar die konvooi vir ‘n bepaalde


tyd stop en sal later meer breedvoerig behandel

48
word. ‘n Uitgerekte konvooi neem lank om te stop en
ook lank om weer in beweging te kom. Waar min tyd
vir hawens beskikbaar is sal korter konvooie vinniger
deur hawens beweeg. Tyds-hawens word ook later
behandel.

 Kommunikasie vermoë

Sekere radiostelle het ‘n beperkte reikafstand. ‘n


Uitgerekte konvooi kan maklik langer wees as wat
sulke toestelle seine kan stuur en ontvang. Dit hou ‘n
risiko in vir die konvooi, en die keuse van
volgafstande moet dus ook die kommunikasie
vermoëns van die konvooi in ag neem. Hier kan herlei
stasies gebruik word om die probleem te oorkom.
Herlei stasies word ook later meer breedvoerig
behandel.

GROEP WERKSTUK 3

Bespreek die volgafstand wat u sou gebruik in die volgende


omstandighede:

1. U konvooi beweeg op ‘n hoofpad waar geen


bedreiging verwag word nie. U wil nie aandag trek
vanuit die lug nie aangesien daar vroeër gerapporteer
is dat ‘n vegvliegtuig opgemerk is. Die bestemming is
vier ure ver en dit is dalk te ver om voor sononder daar
te wees.

2. U konvooi beweeg op ‘n grondpad waar ‘n groepie


swart mense langs die pad toi-toi. Die pad is nie
geskik vir hoë spoed beweging nie.

3. U konvooi beweeg in ‘n hoë risiko area waar lokvalle


voorkom. Dit is ook belangrik om nie aandag te trek
nie. U beweeg in die nag.

49
5. STOP AFSTAND
Wanneer voertuie by hawens stop moet daar vooraf bepaal
word hoe ver die stop afstande tussen voertuie moet wees.
Stop afstande is die grootste bepalende faktor vir die tyd
wat dit neem om ‘n konvooi weer in beweging te bring.
Ander faktore kan ook ‘n motivering wees om stop afstande
aan te pas, soos die tipe bedreiging in ‘n area of die tipe
aanval wat verwag kan word. Die omgewing en
padoppervlak speel ook ‘n groot rol. Hou die volgende
faktore in gedagte wanneer die stop afstand by hawens
bepaal word:

• `n Konvooi wat ‘n lang afstand hou tussen voertuie


tydens `n stop by `n hawe kan baie vinniger in
beweging kom as met kort afstande tussen voertuie.
Daar kan selfs so ver as die volgafstand van mekaar
gestop word.

• Bepaal wat die behoefte is van leiers en lede om by


die hawe byeen te kom om sekere besprekings te hou.
Dit is onprakties om ver van mekaar te stop, omdat
leiers en lede dan lang afstande sal moet stap om
bymekaar te kom. Dit hou weer self risiko’s in.

• Sekere bedreigings soos samedrommings sal vereis


dat kort stop afstande veiliger is aangesien lede wat
naby mekaar stop ‘n beter vermoë het om hulleself te
verdedig.

• In sekere aanvalle soos ‘n lugaanval of mortier vuur


kan konvooie beter af wees deur lang stop afstande te
hou. `n Groepering van voertuie is dan weer meer
riskant.

• Die omgewing kan moontlik van so ‘n aard wees dat `n


lang stop afstand die konvooi sal rek oor ‘n hoogte of
om ‘n draai wat dit vir die konvooi moontlik maak om
`n groter area waar te neem en `n bedreiging vroeër te
identifiseer.

50
• Die padoppervlak en ruimte langs die pad asook die
afstand wat daardie ruimte beskikbaar is sal bepaal of
‘n konvooi met lange stop afstande sal kan aftrek al
dan nie.

51
6. BRANDSTOF VOORRAAD
Verkry vanaf u Provinsiale leier en onttrekkings-werkspan
die afstande wat groepe in u Provinsie met verskeie fases
van onttrekking moet kan beweeg. Vind ook uit hoe ver u
naastenby vanaf die veiligste areas is. Aangesien hierdie
laaste onttrekkings punte vertroulik is, sal die
laasgenoemde afstand eerder verder as korter aan u
deurgegee word. Bepaal wat u voertuig se
brandstofverbruik is wanneer dit ten volle gelaai is soos vir
ontruiming en ook ‘n karavaan of sleepwa trek indien u oor
een beskik. U sal vind dat meeste voertuie se
brandstofverbruik aansienlik hoër is wanneer ‘n voertuig
swaar gelaai is. Hiervolgens kan u bepaal wat die brandstof
voorraad is wat u sal nodig hê ten tye van ontruiming.

GROEP WERKSTUK 4

Laat lede die volgende bepaal

Brandstofverbruik van u voertuig


_______

Brandstofverbruik wanneer u voertuig ten volle gelaai is


_______

Afstand na Fase 1
Afstand na Fase 2
Afstand na Fase 3
Afstand na Fase 4

Dit is belangrik om so vroegtydig as moontlik te bepaal wat


die reikafstand van elke voertuig in die konvooi is ten opsigte
van brandstofvoorraad.

Dit is onvermydelik dat sekere lede by ‘n versamelpunt sal


opdaag sonder die genoegsame brandstof om die finale fase
van ontruiming te haal. Ander voertuie sal ook nie
genoegsame brandstof hê om die Provinsiale veilige area te
bereik nie. Sekere voertuie sal selfs korter afstande kan
beweeg voor hul brandstof onklaar raak.

52
Hierdie inligting moet deur Groepleiers ingevorder word en
aan die konvooi bevelvoerder deurgegee word. Besluite sal
dan deur die Konvooi Bevelvoerder en sy leierskap geneem
word oor hoe om die situasie te hanteer.

Die volgende punte moet in gedagte gehou word:

1. Wat is die beskikbaarheid van brandstof by vulstasies


op die roete van onttrekking.

2. Wat is die lede se finansiële vermoë om brandstof by


hierdie vulstasies te bekom.

3. Wat is die beperking wat tyd en veiligheid op die


konvooi gaan plaas deur by vulstasies aan te doen.

4. Wat is die beskikbaarheid van brandstof vanaf ander


lede wat moontlik meer as die nodige hoeveelhede
brandstof in hul besit het.

5. Wat is die vermoë van die konvooi om lede en goedere


oor te laai vanaf voertuie wat onklaar geraak het.

6. Wat is die bereidheid van lede wat wel genoegsame


brandstof het, om hul voertuie agter te laat in ruil vir
voertuie wat ligter op brandstof is.

Na aanleiding van bogenoemde punte, sal die bestuur moet


besluit of en wanneer sekere voertuie se brandstof uitgetap
word en in ander voertuie gegooi word. Hou in gedagte dat ‘n
voertuig wat in elk geval later gaan onklaar raak eerder
vroeër agtergelaat moet word aangesien so ‘n voertuig se
brandstof in ander voertuie voortydig gebruik kan word.
Hierdie beplanning is krities aangesien daar ‘n beperking is
op die hoeveelheid mense en goedere wat in ‘n konvooi
gelaai kan word. Om goedere en veral mense (ondenkbaar)
agter te laat is geweldig moeilik en demoraliserend vir die res
van die lede in ‘n konvooi.

Die beplanning van hoe om ‘n konvooi so volledig as


moontlik by die bestemming te kry en nie voertuie of lede
agter te laat nie, is van kardinale belang!!

53
Leierskap moet vroegtydig en genoegsame aandag hieraan
skenk, aangesien die implikasies en gevolge van swak
beplanning t.o.v. brandstofvoorraad verrykend kan wees.
Wanneer voertuie agtergelaat word, kan die volgende in
gedagte gehou word:

♦ Dit is beter om voertuie wat swaar op brandstof is agter te


laat eerder as voertuie wat lig op brandstof is.

♦ Petrol en Diesel beskikbaarheid kan moontlik op


verskillende stadiums afneem.

♦ Besluit watter voertuie ten opsigte van petrol of diesel


eerste agtergelaat moet word.

♦ Vergelyk die brandstofverbruik van ‘n voertuig met die


aantal persone of goedere wat deur die voertuie vervoer
kan word.

♦ Vergelyk die ouderdom of moontlikheid van meganiese


onklaarraking van voertuie, aangesien ‘n ouer voertuig
minder betroubaar is om te hou.

♦ Besluit of vierwiel aangedrewe voertuie op die pad


vorentoe of in die toekoms van beter waarde sal wees as
nie-vierwiel aangedrewe voertuie.

GROEP WERKSTUK 5

Aangesien brandstof voorraad die meeste aandag sal vereis


van leierskap asook die grootste impak sal maak op die
emosionele welstand van lede tydens onttrekking is dit baie
belangrik om die volgende punte in erns in u groep te bespreek

Bespreek in groepsverband wat u in die volgende situasie sal


doen:

3 U familie onttrek met ‘n dubbelkajuit bakkie en ‘n karavaan. ‘n


Ander familie met kinders se voertuig raak onklaar. Wat sal u
doen?

54
4 Twee families, een met ‘n ou voertuig met genoegsame
brandstof en een met ‘n nuwe voertuig waarvan die brandstof
onklaar raak. Sal u opdrag gee dat die ou voertuig se
brandstof in die nuwe gegooi word en daardie voertuig
agtergelaat word?

5 ‘n Ou oom en tannie met hul kleinkinders se voertuig raak


onklaar. Sal u kosvoorraad agterlaat om vir hulle plek te
maak?

Wanneer persone agtergelaat word, hou in gedagte:

• Laat mense agter in ‘n area wat skuiling en wegkruipplek


bied.

• Bepaal hoe groot die kans is om sulke mense later te kom


onttrek.

• Bespreek met hulle aangesien dit belangrik is vir hulle om te


weet of hulle moet wag en of hulle te voet verder moet
beweeg.

• Hou weerbaarheid van persone in gedagte wat agtergelaat


word (mans, vrouens, kinders, ens.)

• Bepaal of daar voorbereide lede is wat weens ‘n hoër vlak


van weerbaarheid vrywillig agter sal bly.

• Laat mense agter met genoegsame kos en water asook die


vermoë om hulself te verdedig.

• Probeer om mense wat agtergelaat word nie naby ‘n voertuig


wat onklaar geraak het te los nie, aangesien dit ‘n
aanduiding kan wees van hulle posisie.

• Gebruik heen-en-weer beweging om mense te ontruim – ‘n


voertuig kan ‘n sekere afstand beweeg en goedere en
passasiers aflaai om dan terug te draai en agterblywendes
op te tel en ook te ontruim.

55
Dit sal effektief wees waar:

o Die plek van aankoms nie baie ver is nie.


o Daar nie ‘n tydsbeperking is om uit ‘n gebied beweeg
nie.
o Waar die vlak van gevaar in die gebied dit toelaat.

• NB. Voertuie wat agtergelaat word, word onbruikbaar


agtergelaat. Verwyder ‘n belangrike onderdeel, sodat
vyandiggesindes nie die voertuig kan gebruik nie.

Dit geld vir onklaarraking weens brandstof asook meganiese


onklaarraking bv. pap band.

56
7. HAWENS

Hawens is vooraf geïdentifiseerde areas waar ‘n konvooi


tot stilstand kom vir ‘n kort tyd.

Dit is belangrik om sulke stoppe in die bewegings


beplanning in te werk aangesien dit geleentheid bied vir
die volgende:

♦ Dit gee lede kans om bene te rek indien daar lank


aaneen beweeg word.

♦ Dit skep geleentheid vir vinnige herstel van sleeptuie


en voertuie waarmee probleme ondervind word.

♦ Aangesien lede nie mag stop terwyl ‘n konvooi in


beweging is nie, moet alle stoppe tot hawens beperk
word.

♦ Hawens kan vooraf bepaal word om sodoende die


veiligste en mees geleë areas te identifiseer.

♦ Hawens skep geleentheid vir hersteldienste en


mediese dienste om vooraf geïdentifiseerde
probleemareas na te gaan.

♦ Hawens bied geleentheid vir lede wat agter raak om op


te vang met die konvooi.

♦ Hawens bied die geleentheid om verkenningsdienste


en observasie poste vooruit te stuur om sodoende die
roete vorentoe te bespied of te beveilig.

Hawens se posisie en die gereeldheid van stoppe moet


bepaal word met inagneming van die volgende:

♦ Die tyd wat beskikbaar is vir stoppe.


♦ Die risiko wat dit vir ‘n konvooi inhou om nie in
beweging te wees nie.
♦ Die behoefte wat sekere lede (kinders en bejaardes)
het om gereeld toilet te gebruik.

57
Prosedure

♦ Hawens word deur die Konvooi Bevelvoerder aan die


konvooi aangekondig sewe minute voor die eerste
voertuie in die hawens arriveer.

♦ Die Konvooi Bevelvoerder moet betyds sy verkenning en


observasie dienste opdrag gee om vooruit te beweeg om
die area wat vir hawens geïdentifiseer is te verken en
veilig te verklaar.

♦ Observasie personeel mag nie by hawens stop nie, maar


moet ‘n posisie inneem vanwaar aankomende gevaar
vroegtydig waargeneem kan word.

♦ ‘n Observasie diens voertuig moet ook aan die agterkant


van ‘n konvooi ‘n posisie inneem vanwaar gevaar
vroegtydig waargeneem kan word. Hou in gedagte dat ‘n
observasie voertuig vroegtydig hierdie posisie moet
inneem en dat hy deur die Konvooi Bevelvoerder
vroegtydig in kennis gestel moet word om terug te val.

♦ Die Konvooi Bevelvoerder moet voortdurend met die


laaste pakkie leier in verbinding wees om sodoende die
agterste observasie pos in kennis te stel as die laaste
pakkie weer in beweging kom om sodoende weer by die
konvooi aan te sluit.

♦ Geen stoppe word toegelaat indien ‘n hawe nie veilig


verklaar word nie, veral wanneer daar skielik nie radio-
kommunikasie met die verkenners- en observasie dienste
verkry word nie.

Tyds-hawens

Tyds-hawens is ‘n hawe wat lede toelaat om slegs vir ‘n


bepaalde tyd te stop.

Dit beteken dat die eerste persone na ‘n bepaalde tyd weer


sal beweeg terwyl agterste persone nog besig is om te stop.

58
Tyds-hawens is baie effektief in die volgende
omstandighede:

♦ Waar beperkte tyd beskikbaar is vir stoppe.

♦ Waar uitgerekte konvooie gebruik word, aangesien


normale hawens baie tyd vereis vir uitgerekte konvooie
om te stop en weer in beweging te kom.

♦ Die hele konvooi word nie op een slag aan


risiko/moontlike gevaar blootgestel nie.

Dit is baie belangrik vir leierskap om duidelik aan lede deur


te gee watse tipe stoppe beplan word. Daar is ‘n groot verskil
tussen kampe, hawens en tyds-hawens in terme van die
tydsbestek wat konvooie stilstaan.

59
8. VOERTUIG MERKERS

Voertuie van lede wat dienste verrig en die van sekere


leiers moet deur kleur merkers aangedui word. Dit stel
persone wat hulp benodig in staat om te identifiseer
wanneer ‘n voertuig wat hom van hulp kan wees nader
kom.

Slegs Pakkie Leiers en Dienste merk hul voertuie,


aangesien dit ‘n risiko inhou vir Streek- en Provinsiale
leiers. ‘n Kledingstuk word op die linker voorkant van die
voertuig aangebring om die voertuig te identifiseer.

Pakkie leiers - Geel


Sleepdienste - Oranje
Hersteldienste - Bruin
Mediese dienste - Rooi

60
9. KAMPE
Wanneer konvooie ‘n kamp nader vir die doel om te oornag
of om langer as een nag oor te bly moet die volgende
stappe gevolg word. Hou in gedagte dat die kamp
handleiding gevolg moet word vir kampe wat vir langer
termyne opgerig word.

♦ Die Konvooi Bevelvoerder stel die konvooi in kennis


dat ‘n kamp genader word sewe minute voor
aankoms.

♦ Die Konvooi Bevelvoerder moet vroegtydig sy


verkenning en/of observasie dienste opdrag gee om
vooruit te beweeg om te verseker dat die kamp area
veilig is.

♦ Verkenningsdienste moet dadelik die direkte kamp


omgewing inspekteer en aan die Konvooi
Bevelvoerder terugvoer gee rakende die veiligheid
in die kamp omgewing. Die Konvooi Bevelvoerder
moet ook betyds aan die agter-veër dienste kennis
gee om wagte op die toegangsroete agter te laat,
asook om observasie poste op die toegangsroete te
vestig.

♦ Nadat die kamp area veilig verklaar is deur die


verkenningsdienste moet hulle op strategiese plekke
rondom die kamp wagposte oprig.

♦ Alle wagposte word na aankoms in die kamp aan


die Konvooi Bevelvoerder deurgegee.

♦ Die wag rooster word dan uitgewerk en wagte wat


die poste geskep het word nou per wagrooster
geroteer.

♦ Ook die voorste en agterste observasie poste word


d.m.v. van ‘n rooster geroteer.

61
♦ Rig genoeg wagposte en observasie poste op as
wat deur die kamp se natuurlike omgewing en die
grootte van die moontlike bedreiging bepaal word.

♦ Sorg dat daar gereeld tussen wagte en die kamp


beheerkamer per radio aangemeld word soos deur
die Konvooi Bevelvoerder bepaal word. Sorg ook
dat die kamp beheerkamer by die ooreengekome
nasionale aanmeldings intervalle hou.

62
10. INTEGRASIE MET ANDER GROEPE
INTEGRASIE MET ANDER SUIDLANDER GROEPE

 Hierdie handleiding maak dit moontlik vir verskeie


Suidlander groepe om saam te smelt sonder dat
daar veel aanpassings gedoen hoef te word. Die
meeste reëlings sal tussen die Konvooi
Bevelvoerders getref moet word.

 Volg die volgende stappe om integrasie glad te


laat verloop:

 Die Konvooi Bevelvoerders sal so spoedig


moontlik moet vergader om te besluit wie bevel
oor die nuut gevormde konvooi sal neem.

 Al die pakkies van die vorige konvooie behou


hulle bewegings-orde. Die een konvooi se
pakkies val net agter die ander konvooi se
pakkies in.

 Slegs voor-vee, agter-vee, verkenning en


observasie dienste smelt saam. Dit sal goed
wees om die voorste konvooi se mense vir voor-
vee verkenning en observasie te gebruik terwyl
die agterste konvooi se mense die agter-vee
dienste verrig.

 Stel dadelik nasionale bestuur in kennis van die


integrasie van konvooie aangesien net een
Konvooi Bevelvoerder van hierdie punt af
vorentoe met hoofkantoor sal kommunikeer.

Indien daar gevind word dat konvooie te lank raak


om effektief te beheer kan die volgende prosedures
gevolg word:

 Die twee konvooie funksioneer apart van mekaar


maar met konstante kommunikasie tussen die
konvooi bevelvoerders.

63
 Dit is belangrik dat daar steeds ooreengekom
word oor sekere reëlings aangesien dit ernstige
verwarring kan veroorsaak.

Bespreek die volgende punte om verwarring te vermy:

 Gebruik verkillende radio frekwensies in elke


konvooi.

 Kom ooreen wat die tyd is waarop elke konvooi


apart gaan uitbeweeg om te verhoed dat
konvooie mekaar verdring.

 Kom ooreen wat die beweging spoed is om te


verhoed dat die gaping tussen konvooie te groot
raak of dat konvooie teen mekaar ophoop.

 Bespreek met mekaar waar die beplande hawens


is sodat een konvooi nie ‘n ander verbysteek nie.

 Bespreek met mekaar waar die kampterrein is


waarby volgende oorgebly gaan word, sodat die
konvooie apart en met orde die kampterrein kan
betree.

 Kom ooreen hoe wag stelsels en observasie


poste tussen die konvooie sal funksioneer.

INTEGRASIE MET ANDER NIE-SUIDLANDER


GROEPE

Die Suidlanders se spesialis-area is ontruiming van


groot groepe tydens anargie. In so ‘n situasie van nood
sal enige groep wat by ons wil aansluit onder die
strukture en gesag van die Suidlander konvooie en
kampe moet inval.

Persone wat nie op hierdie voorwaarde by Suidlander


konvooie wil aansluit nie kan op hul eie ‘n konvooi
vorm en sal nie in Suidlander kampe toegelaat word
nie. Hierdie reël geld andersom ook. Dit is baie
belangrik aangesien die veiligheid van ons mense
afhang van doeltreffende leierskap, bestuur en

64
dissipline asook die uitvoering van die reëls en riglyne
wat in hierdie handleiding vervat word. Indien buite
persone leiding wil oorneem en van die voorgeskrewe
riglyne wil afwyk kan dit die Suidlander konvooie en
kampe kwesbaar laat, verdeeldheid bring en ons aan
onnodige risiko blootstel.

Nuwe groepe moet so spoedig moontlik tussen


bestaande pakkies verdeel word en op hoogte gebring
word van die reëls en regulasies wat in beide die
konvooi en kamp handleidings weergegee word. Poog
om nie groepe wat by Suidlander konvooie aansluit in
hul oorspronklike groepe te hou nie. Dit sal die
Suidlander leiers se taak bemoeilik om rebellie,
negatiwiteit en selfs spioenasie en verraaiers te
identifiseer.

65
11. NOODSAAKLIKE ITEMS
Elke moontlike voertuig moet oor die volgende
noodsaaklike items beskik en moet vinnig en binne
bereik wees. Hierdie items moet met laaste inspeksie
getoon kan word:

♦ ‘n Flitslig.
♦ ‘n Kant snytang om drade mee te knip.
♦ Ekstra drinkwater
♦ ‘n Bottel of houer indien kinders moet toilet gebruik.
♦ Swart isolasie band (isolation tape) om flikkerligte
mee toe te plak.

66
12. LEIERSKAP EN HUL ROEPSEINE
LEIERSKAP

Konvooi Bevelvoerder eerste K1 (Kilo een)


Konvooi Bevelvoerder tweede K2 (Kilo twee)
Streek Leiers S1 (Sierra een, twee, ens.)
Pakkie Leiers P1 (Pappa een, twee, ens.)

In konvooie sal die bogenoemde persone leiding neem.


Pligte word later uiteengesit.

Standaard roepseine word in konvooie gebruik soos


hierbo aangedui, selfs al het ‘n persoon ‘n unieke
roepsein soos bv. die wat in kommunikasie kaarte
aangedui word, geld die bogenoemde roepseine
tydens kommunikasie tussen persone in die konvooi.
Dit is belangrik aangesien die roepsein baie inligting
bevat, soos bv. die persoon se posisie in die konvooi,
hoeveel voertuie hy verteenwoordig ens. Die bevel
struktuur word later in die afdeling PLIGTE breedvoerig
bespreek.

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Dienste en hul roep-seine


Kommunikasie Beampte K1 (Kilo 1)
Hersteldienste H1 (Hotel een, twee, ens.)
Sleepdienste S1 (Sierra een, twee, ens.)
Mediese Dienste M (Mike een, twee, ens.)
Verkenner VK (Victor Kilo)
Voor-vee VV (Victor, Victor)
Agter-vee AV (Alfa Victor)

67
13. TUGKOMITEE
Alhoewel die tugkomitee nie ‘n konvooi diens is nie,
geld sy gesag en besluite ook in konvooie. Verwys
asseblief na die “Kampreëls” handleiding vir meer
hieroor.

Onderwerp ten alle tye aan die bevelstruktuur. Waar


lede of vlugtelinge nie aan leierskap onderwerp nie,
moet die persoon by die tugkomitee aangekla word.
Tydens tye van risiko moet die tugkomitee vinnig
besluite kan neem en waar nodig so ‘n persoon (veral
waar hy/sy optrede ander mense blootstel) so spoedig
moontlik onder beheer bring.

68
14. LEIERSKAP PLIGTE

14.1 Konvooi Bevelvoerder(K1)

Die Konvooi Bevelvoerder neem die hoogste


gesag in ‘n Konvooi.

Bevel en Beheer word in twee plekke ingeneem,


eerstens:

Bewegings instruksies

Wanneer konvooie nie in beweging is nie, word


daar met leierskap en persone wat dienste lewer
vergaderings gehou. Hierdie vergaderings
geskied op gereelde basis wanneer ‘n konvooi vir
‘n lang tydperk by ‘n versamelpunt staan, maar
ook ‘n bepaalde tyd voor ‘n konvooi uitbeweeg.
Hierdie vergadering word bewegings instruksies
genoem. Alle persone moet sewe minute voor
aanvang van bewegings instruksies teenwoordig
wees.

Tydens order-groepe word belangrike besluite


geneem rakende tyd van beweging, samestelling
van die konvooi, brandstof kwessies, spoed,
volgafstande, ens. Dit is ook waartydens die
Pakkie leiers en Streek leiers aan die Konvooi

69
Bevelvoerder inligting deurgee rakende voertuie
en lede se gereedheid ens.

Tydens order-groepe kommunikeer die Konvooi


Bevelvoerder volgens die bevelstrukture
wedersyds nl. Konvooi Bevelvoerder met Streek-
leiers, Streek leiers met Pakkie leiers. Die
Konvooi bevelvoerder kan een of meer Streek-
leiers aanstel om met persone wat dienste lewer
te kommunikeer of kan direk met hulle
kommunikeer.

Kommunikasie in beweging

Tydens beweging in ‘n konvooi geskied


kommunikasie vanaf die konvooi bevelvoerder
slegs na Pakkie leiers. Streek leiers
kommunikeer nie in ‘n konvooi nie, maar behou
gesag oor pakkies onder hom. Die rede hiervoor
is dat die konvooi in pakkies hanteer en beheer
word terwyl Streek leiers ‘n aantal pakkies
verteenwoordig.

Die Konvooi Bevelvoerder met ten alle tye op


hoogte wees van hoe “gesond” sy konvooi is.
Wees op hoogte van meganiese vermoë van
voertuie, brandstof situasie, tydsbeperking van
beweging, gevaar element, sekuriteit situasie
ens.

70
14.2 Konvooi 2ib

Die tweede in bevel van konvooi moet te alle tye


op hoogte wees van wat in die konvooi aangaan
soos met die konvooi 1ib. Daarby hou die
konvooi 2ib alle rekords en dokumente soos aan
hom deurgegee deur leiers in die konvooi. Alle
administratiewe sake word deur die konvooi 2ib
behartig.

14.3 Streek leiers

Streek leiers is altyd in beheer van ‘n aantal


pakkies. Alhoewel Streek leiers nie deel vorm
van die kommunikasie van ‘n konvooi tydens
beweging nie, rapporteer Pakkie leiers aan
Streek leiers vir vergaderings en inspeksies. Alle
Groepleiers rapporteer sewe minute voor
beweging aan Streek leiers dat hul pakkies
bewegings gereed is. Die volgende is pligte van
Streek leiers:

Vergadering - met betrekking tot terugvoer van


pakkie inspeksies ens. Op gereelde basis.

Rekordhouding - Vergadering met Pakkie leiers.


Rekord word gehou van hoeveelheid pakkies
onder sy bevel. Hoeveelheid persone, voertuie,

71
brandstof, die meganiese en mediese toestande,
ens. Alle rekord word aan konvooi bevel
deurgegee en op datum gehou.

Laaste Inspeksie - Laaste inspeksie gebeur


tydens uit beweging.

Streek leiers is verantwoordelik om na te gaan


dat alle pakkies met alle lede in hul pakkies in die
regte volgorde uitbeweeg.

Hulle moet ook nagaan dat identifikasie vlae


aangebring is.

Hulle moet bevestig dat noodsaaklike minimum


items in voertuie teenwoordig is. Sien die afdeling
NOODSAAKLIKE ITEMS.

Hulle moet seker maak dat lede aan die


sekuriteitsvereistes voldoen indien enige. Sien
die afdeling SEKURITEIT.

Verslae - Streek leiers is ook verantwoordelik vir


die insidente verslae en moet insidente opvolg
waar nodig. Sien die afdeling REKORD
HOUDING.

72
14.4 Pakkie leiers

NB! Pakkie leiers sal ‘n baie noodsaaklike rol


in die behoud van ‘n konvooi vervul.
Aangesien Pakkie leiers die eerste kontak met
lede het en daagliks saam met hulle tyd
spandeer, is hulle die persone wat op hoogte
is van probleme op lede vlak. Hulle moet
deurentyd ‘n positiewe gesindheid hê en dit
ook onder lede kweek.

Negatiwiteit kan vinnig in ‘n rebellie ontaard en


die gesag van die senior leierskap lam lê, wat
op sy beurt die veiligheid van die hele konvooi
sal bedreig. Pakkie leiers stel die standaard vir
die moraal in sy of haar groep en moet dadelik
probleem areas identifiseer, uitsorteer of
rapporteer.

1. Eerste Inspeksie

Pakkie leiers is verantwoordelik vir eerste


inspeksie.
Eerste inspeksie moet deurentyd uitgevoer
word. Inspekteer en doen konstant navrae
rakende:
♦ brandstof voorraad
♦ meganiese toestand van voertuie
♦ mediese toestand van lede

73
♦ emosionele toestand van lede
♦ klagtes en bekommernisse onder
lede
♦ tekens van rebellie onder lede

2. Opdatering van pakkie lys

Hou die lys van lede op datum en meld


enige verandering in getalle dadelik aan by
jou Streek leier.

3. Insidente

Hou rekord van insidente en rapporteer dit.


Volg ook op indien nodig.

4. Radio onderhoud

Doen gereeld radio toetse en sorg dat lede


ingelig word indien daar ‘n verandering in
radio frekwensies is.

5. Odometer lesings

Sorg dat alle lede se Odometer ge-zero is


voor ‘n konvooi in beweging kom. Neem
ook rekord van insidente en afstand lesings
waar nodig.

74
6. Noodsaaklike Items

Sorg dat alle lede noodsaaklike items in


voertuie het en dat daar aan alle
sekuriteitsmaatreëls voldoen is. Sien die
afdeling SEKURITEIT

7. Rapporteer aan jou Streek leier en verklaar


jou pakkies bewegings gereed sewe minute
voor beweging.

75
15. DIENSTE (ONDERSTEUNINGS-
PERSONEEL) PLIGTE

HERSTELDIENSTE

Minstens een persoon per pakkie moet aanmeld om


hersteldienste te verrig. Persone wat verantwoordelik is
vir hersteldienste, moet die volgende funksies verrig.

Meganiese betroubaarheid

Wees op hoogte van die meganiese betroubaarheid


van voertuie in jou pakkie. Rapporteer indien jy van
mening is dat voertuie in jou pakkie moontlik kan
onklaar raak. Doen gereeld rondtes by mede lede en
doen navraag oor enige probleme wat lede met
voertuie ondervind. Rapporteer terug aan jou Pakkie
leier en hou hom op hoogte van sake.

Onderhoud

Maak voor elke konvooi beweging seker dat alle


voertuie in jou pakkie genoegsame smeermiddels,
verkoelingswater, remvloeistof, kragstuur vloeistof ens
het.

76
Reikafstand / Skattings

Indien daar probleem voertuie is moet u ook poog om


vooruitskattings te doen van die reikafstand wat so ‘n
voertuig kan haal. Hierdie inligting kan met ander
kundige persone bespreek word en aan leierskap
deurgegee word.

Herwinning

Trek dadelik af en verleen hulp aan voertuie wat tydens


konvooi beweging meganies onklaar raak.

Bepaal so spoedig moontlik of voertuig herstel kan


word en of ‘n voertuig agtergelaat moet word. Voor ‘n
voertuig agtergelaat word, moet dit eers aan leierskap
gerapporteer word.

Persone wat meganiese probleme het, moet langs die


pad staan met die voertuig se enjinkap oop. Kyk ook
vir handtekens.

Laat voertuie onbruikbaar agter

Wanneer voertuie agtergelaat word, moet die voertuig


onbruikbaar gemaak word deur ‘n noodsaaklike part te
verwyder of te ontkoppel.

77
Rapporteer dadelik aan leierskap wat die tegniek is wat
gebruik word en wat die meganiese probleem is wat
met die voertuig ondervind word.

Neem ‘n Odometer lesing waar voertuie herstel word,


asook waar voertuie agtergelaat word.

SLEEPDIENSTE

Alle persone wat die vermoë het om ander voertuie te


sleep en wat in besit van ‘n sleeptou is, moet hulle
sleeptoue permanent agter aan hul voertuie gekoppel
hou. Hulle meld aan by die Pakkie leier vir diens.
Sleepdienste moet die volgende doen:

Haak en Gaan

As voertuie in die konvooi verder gesleep moet word


moet hulle so spoedig moontlik gehelp word. Trek
dadelik af indien voertuie onklaar raak.

Odometer Lesing

Neem ‘n odometer lesing waar voertuie gesleep word.

Bepaal vermoë om gesleep te word

Bepaal dadelik of die persoon wat gesleep moet word


oor die vermoë beskik om die voertuig te hanteer.

78
Indien so ‘n persoon nie die vermoë het nie, moet daar
dadelik ‘n persoon gevind word wat dit wel kan doen.

Rapporteer

Nadat ‘n voertuig tot by die bestemming gesleep is,


moet daar dadelik aan beide die Pakkie leier asook
aan die hersteldienste gerapporteer word. Rapporteer
ook die odometer lesing.

MEDIESE DIENSTE

Persone wat mediese dienste verrig moet hul diens in


beide beweging en waar konvooie stilstaan aanbied.

Huisbesoek

Doen gereeld rondtes by lede in u groep. Bly op hoogte


van mediese toestande en van die gesondheid van
lede in u groep. Bepaal of persone in u groep moet
voorsiening maak vir items soos ekstra suiker inname,
kos, water, ens. vir ‘n lang rit en waarsku lede indien so
‘n rit voorlê.

Rapporteer

Rapporteer enige mediese toestande en insidente wat


mediese hulp verlang aan u Pakkie leier.

79
Merk van voertuig of woning

Merk voertuie of wonings waar persone


noodlottig beseer is volgens die beskrywing in
afdeling DOOD-SYFER AANDUIDING.

Merk insident toneel en verslag

Waar insidente voorkom wat lewensverlies of


ernstige beserings tot gevolg het, moet mediese
persone die toneel ondersoek. Maak
aantekeninge van:

o Wat op die toneel plaasgevind het.


o Waar beseerde persone of lyke gevind is.
o Die posisie van items wat belangrik tot die verslag
kan wees.
o Dui op die toneel met verf of merkers aan die
posisie van enige items wat tot voordeel van ‘n
latere ondersoek kan wees

Onthou dat voorvalle waar persone ernstig of


noodlottig gewond is gewoonlik tot gevolg sal hê dat
daar ‘n ondersoek en vervolging sal wees. Dit is
belangrik dat mediese personeel deeglik kennis sal
neem van die detail rondom so ‘n insident en dat daar
deeglike verslag gedoen sal word aan leierskap om
rekords van sulke insidentete hou. Doen ook deeglike

80
ondersoek op so ‘n toneel en versamel bewysstukke,
maak sketse en neem foto’s indien moontlik.

Onvermoë om hulp te verleen

Indien persone mediese hulp moet ontvang waarvoor u


nie gekwalifiseerd is nie moet dit so spoedig moontlik
aan u Pakkie leier gerapporteer word. Moenie enige
mediese hulp verleen as u nie by magte is om dit te
doen nie. Dit kan selfs gevaarliker wees as die
toestand van die lid.

VOOR-VEëRS

Voor-vee spanne verskaf sekuriteit aan die voorkant


van ‘n konvooi. Hierdie persone moet verkieslik aan die
volgende vereistes voldoen:

♦ Manspersone wees.
♦ Nie vrouens en kinders by hulle in die voertuig hê
nie.
♦ Beskik oor ‘n persoonlike gelisensieerde
vuurwapen.
♦ Die vermoë hê om fisiese konflik situasies te kan
hanteer.
♦ Kalm en rustig per radio kan kommunikeer, selfs in
stresvolle situasies.

Die voor-vee span is ook verantwoordelik vir die veilig-


verklaring van kamp persele en hawens. Verkenners
spanne kan beide hierby en by observasie poste betrek
word.

81
AGTER-VEëRS

Agter-veërs se funksies in ‘n konvooi is die volgende:

o Die agter-veërs moet sorg dat geen lede by kampe


of hawens agtergelaat word nie.

o Hulle sorg ook dat voertuie nie agtergelaat word


tydens konvooi beweging nie.

o Hulle rapporteer enige voertuie wat van agter die


konvooi nader en verbysteek wat moontlike
bedreiging vir lede inhou.

o Hulle kan ook terugval om sodoende die afstand


tussen die konvooi en agtervolgers te plaas.

o Hulle moet die konvooi lengte bepaal en dit aan die


konvooi bevelvoerder deurgee op 30 minute
intervalle. Konvooi lengte word in minute asook in
kilometers deurgegee.

Konvooi lengte word as volg bepaal:

 Die Konvooi Bevelvoerder vra per radio die voor-


veër se spoed en odometer lesing aan.

82
 Na ontvangs daarvan bevestig die konvooi
bevelvoerder dat die agter-veër ook die lesings
ontvang het.

 Die agter-veër trek sy odometer lesing af van die


lesing op die voor-veër se odometer om sodoende
die lengte van die konvooi te bepaal.

 Die agter-veër bereken dan die gemiddelde spoed


tussen die voor-veër en sy spoed.

 Die agter-veër neem dan die gemiddelde spoed en


gebruik die volgende tabel om die tyds lengte van
die konvooi te bepaal:
120 km/h
Gemiddelde konvooi 0.5 minuut
Minute per km
per kilometer
spoed lengte lengte
konvooi
130 km/h
40 km/h 0.46 minuut
1.5 minute perper
kmkm
lengte
lengte
50 km/h 1.2 minute per km lengte
140 km/h 0.43 minuut per km
60 km/h 1 minuut per km lengte
lengte
70 km/h 0.85 minuut per km lengte
80 km/h 0.75 minuut per km lengte
90 km/h 0.66 minuut per km
lengte
100 km/h 0.60 minuut per km
lengte
110 km/h 0.55 minuut per km
lengte

83
Tipiese konvooi lengte prosedure sal soos volg klink:

♦ K1 Victor Victor, Kilo een, stuur lesings vir


konvooi lengte.
♦ VV Kilo een , Victor Victor, Ek is afstand 108,
Spoed 75
♦ K1 Alfa Victor, Kilo een, Ontvang jy so.
♦ AV Kilo een, Alfa Victor, Ek ontvang afstand
08 Spoed 75
♦ K1 Alfa Victor, Kilo een, positief

Berekening (Agter lesing is Afstand 93 Spoed 65 )

Lengte
Voor afstand minus agter afstand
108 – 93
=15 km lank

Spoed
Gemiddelde spoed is voor spoed + agter spoed ÷ 2
75 + 65 ÷ 2
= 70

Volgens tabel
0.85 minuut per kilometer lengte
0.85 x 15
= 14.15 minute

84
AV Kilo een, Alfa Victor die konvooi is lengte
15 tyd 14 desimaal 15

K1 Alfa Victor, Kilo een ek ontvang die lengte


15 tyd 14 desimaal 15

Die Agter-vee span is ook verantwoordelik om die


agterpos te dek wanneer daar by ‘n hawe of kampplek
gearriveer word. Volg die volgende prosedure:

Hawens

o Ontvang sewe minute vooraf instruksie vanaf die


konvooi bevelvoerder om terug te val.

o Verdeel en stuur ‘n voertuig om ‘n observasiepos


te stig om sodoende moontlike gevaar wat mag
aankom vroegtydig waar te neem.

o Vestig ‘n wagpos om die konvooi van agter te


beskerm.

Kampe

Volg die stappe soos hierbo.

Kommunikeer met die konvooi bevelvoerder om die


wagpos en observasiepos by die res van die

85
wagrooster in te sluit, aangesien daar vir ‘n langer
periode gestaan gaan word

VERKENNERS- EN OBSERVASIEPOSTE

Hierdie twee dienste moet nie met mekaar verwar word


nie. Alhoewel daar baie ooreenstemming is, is daar
ook duidelike verskille.

Verkenners word vir ‘n kort afstand vooruit gestuur


wanneer daar spesifieke informasie benodig word.
Hulle moet konflik situasies kan hanteer en informasie
aan die Konvooi Bevelvoerder deurgee m.b.t. die
veiligheid van roetes, begaanbaarheid van paaie,
veiligheid van hawens en kampe.

Observasieposte is verkieslik enkelpersone wat die


pad kan verlaat, ver vooruit kan beweeg en strategiese
posisies kan inneem vanwaar daar oor ver afstande
kan bespied word. Hulle kan ook in die nag
rondbeweeg terwyl die konvooi kampeer en vroegtydig
stelling gaan inneem op plekke ver van die kamp waar
daar binne die volgende paar dae met die konvooi
deurbeweeg gaan word. Beweging moet verkieslik met
vinnige voertuie of met veld motorfietse en selfs perde
gedoen word en hulle moet ten alle tye konfliksituasies
vermy.

86
Verkenners beweeg net ver genoeg om vooraf van ‘n
bedreiging kennis te neem, maar nooit so ver dat hulle
nie vinnig kan terugkeer om die konvooi tot hulp te kan
wees nie.

Konvooi Bevelvoerders moet self besluit of die situasie


die aanstelling van verkenners- of observasie dienste
of beide regverdig.

87
16. SEKURITEIT

Sekuriteit in beweging

Implementeer sekuriteitsmaatreëls in konvooie soos


volg:

• Gebruik voor-veërs, agter-veërs, verkenners en


observasieposte om ‘n konvooi vroegtydig te
waarsku teen aankomende gevaar, maar ook om te
dien as ‘n afskrikmiddel indien daar ‘n bedreiging is.

• Gebruik agter-vee spanne om verkeer wat ‘n


moontlike bedreiging vir die konvooi inhou te
verhoed om van agter by die konvooi aan te sluit of
verby te gaan.

• Voor-vee spanne kan op tonele waar


samedromming voorkom op ‘n veilige afstand
toegang van ongewenste persone tot die
verbygaande konvooi beperk.

• Gebruik luister- en observasieposte vroegtydig om


te bepaal of daar aktiwiteite in ‘n omgewing is wat ‘n
moontlike gevaar vir lede kan inhou.

• Identifiseer toegangsroetes van vyand en bewaak of


skep hindernisse

88
• Gebruik wagwoorde om te verseker dat lede wat tot
sekere areas toegang kry wel die reg van toegang
het.

• Gebruik waarskuwings middels soos handgebare


om aan ongewenste persone ‘n aanduiding te gee
dat die konvooi nie genader mag word nie.

Magsvertoon

Magsvertoon is die skep van ‘n persepsie dat die


konvooi oor die mag beskik om homself te verdedig,
ongeag of die konvooi oor die vermoë beskik om dit te
doen al dan nie. Magsvertoon is ‘n baie effektiewe
afskrikmiddel en kan in baie omstandighede
vyandiggesindes laat afsien van hul planne. Die
volgende is voorbeelde wat vir magsvertoon gebruik
kan word.

• Waar samedromming plaasvind en poog om nader


aan die pad te beweeg kan voor-vee groepe aftrek
en oor hul voertuie ‘n aanlê posisie inneem.

• Die toon van vuurwapens op ‘n nie-konfronterende


manier kan ook as waarskuwing dien.

89
• In kampe en by hawens kan alle persone met
vuurwapens sigbaar gemaak word om ‘n sterk
weerbaarheid deur te gee.

• In kampe kan persone gereeld in peloton formasie


aantree en sodoende die effek van weerbaarheid by
vyandelikes skep.

• Wagte en persone in observasieposte kan


vermeerder word om die indruk van ‘n sterk wag
stelsel te skep.

• Vals wapens kan gemaak en sigbaar gelaat word.

• Weerlose persone kan minder sigbaar gehou word


terwyl manspersone meer op die voorgrond
rondbeweeg.

• Bedek ruite van voertuie wat minder weerbare


persone in het, dit skep die indruk dat daar meer
manspersone in die konvooi is. Kinders en vrouens
kan ook hulself in voertuie versteek om hierdie illusie
te skep.

Sigbaarheid dissipline

Wanneer sigbaarheid dissipline toegepas word moet


alle lede poog om tot die standaard wat die konvooi

90
bevelvoerder stel aan te pas. Sigbaarheid dissipline
behels alle aspekte wat ‘n konvooi in beweging asook
stilstaande sigbaar maak. Hier volg ‘n paar voorbeelde
van wat lede kan doen om streng sigbaarheid dissipline
toe te pas:

• Bedek blink oppervlaktes. Voertuie se windskerms,


ligte en spieëls kan oor lang afstande sigbaar wees
a.g.v. lig refleksie.

• Gebruik verf of modder om voertuie en ander blink


oppervlaktes mee te bedek.

• Gebruik die omgewing as dekking. Plantegroei kan


aangewend word om minder sigbaar te wees.
Gebruik ook laagtes en koppies om voertuie agter
weg te steek.

• Beperk die gebruik van ligte na sononder en voor


sonsopkoms.

• Verdof hoofligte van voertuie tydens beweging in die


nag.

• Gebruik isolasieband om flikkerligte mee toe te plak


met die uitsondering van ‘n area van ongeveer een
sentimeter by een sentimeter. Deur dan sonder ligte
en net met flikkers te ry kan konvooi lede mekaar

91
volg in die donker. ‘n Konvooi wat net met flikkers op
dié manier beweeg kan wel van ver gesien word
maar die rigting van beweging kan nie deur die
menslike oog waargeneem word nie.

• Handhaaf dissipline in die strooi en agterlaat van


rommel wat as aanduiding van jou teenwoordigheid
kan wees.

• Beweeg na sononder in ‘n kamp area in en vertrek


voor sonsopkoms. Verkenning kan wel vroegtydig ‘n
area veilig verklaar.

• Onthou dat oop vure nie net lig maak nie maar ook
rook. Selfs al word die lig wat ‘n vuur maak
weggesteek, kan die rook steeds in die naghemel en
bedags sigbaar wees.

• Onthou ook dat lig in die nag, selfs wanneer ‘n kamp


in ‘n laagte of agter ‘n hoogte lê, steeds nagloed in
die hemelruim bo die kamp kan veroorsaak wat
duidelik sigbaar is.

• Voertuie in ‘n lang ry trek meer aandag as voertuie


wat verspreid en nie in ‘n eenvormige manier
geparkeer is nie.

92
Klank Dissipline

Onthou dat klank in sekere tye en omstandighede baie


ver kan trek en dat sekere klanke baie meer aandag
kan trek. Hou die volgende in gedagte:

• Klank trek baie verder in die nag, dit is weens


temperatuur verskille, die digtheid van die lug, maar
grotendeels omdat dit stiller raak in die nag.

• ‘n Aaneenlopende klank is nie so waarneembaar


soos ‘n enkele geluid of ‘n ritmiese geluid nie.

• Die klank wat ‘n motor se bande op die pad


oppervlak maak is baie harder buite die voertuig as
wat dit vir die bestuurder binne die voertuig klink.

• In ‘n vlug situasie kan die hoorbaarheid van ‘n


gepraat soms nie so ‘n groot implikasie hê as die
hoorbaarheid van die taal wat gepraat word nie.

• Onthou dat die gebruik van woorde wat nie ‘n


persoon se nasionaliteit weggee nie soms handig
kan wees as dit donker is en jou velkleur nie gesien
kan word nie.

93
• Die minste klank word gegenereer deur jou voet eers
op die buitekant neer te sit en dan plat te rol
wanneer jy loop.

• Die minste klank word gegenereer as ‘n lap oor ‘n


draad gevou word voor jy dit knip.

• Dit is beter om met ‘n oop karavaan of tent te slaap,


anders sal jou vermoë om te hoor wat buite die
skuiling aangaan beperk wees.

• Besluit self of ‘n waghond voordelig sal wees omdat


hy jou kan waarsku en of hy jou posisie kan weggee
as hy blaf. Baie areas het volop honde wat nie
noodwendig ‘n aanduiding van jou posisie sal wees
nie omdat ‘n blaffende hond ‘n algemene geluid in
daardie area is.

• Geluide in die nag klink nader as wat dit is.

Die volgende riglyne kan gevolg word om klank


dissipline te handhaaf.

• Gee instruksie dat geen harde geluide by ‘n


staanplek gemaak mag word nie.

• Verminder spoed en laat u voertuig in die hoogste


moontlike rat beweeg (lae “revs”)

94
• Ontkoppel toeters en die luidspreker van
alarmstelsels.

• Bepaal oneweredige volgafstande in die konvooi om


te voorkom dat voertuie ‘n ritmiese geluid voortbring.

• Plaas ‘n radio operateur eerder in ‘n voertuig


waarvan die deure dig toemaak om radio werk te
doen, eerder as buite of in ‘n tent.

• Gebruik handgebare of tekens eerder as om te skree


of hard te praat.

Radio dissipline

Daar word voortdurend aan nasionale bestuur


gerapporteer op sekere intervalle soos ooreengekom
tydens beweging asook in kampe. Dit staan bekend as
merk punte as dit in beweging is en aanmeld intervalle
as dit in ‘n kamp is.

• Gebruik kodewoorde gedurende radio transmissies.

• Gebruik kommunikasie kaarte vir radio


kommunikasie.

95
• Gebruik radio kommunikasie net wanneer nodig en
verbied die sosiale gebruik van radios.

• Gebruik die laagste moontlike kraguitset op


transmissies om dié doel te bereik.

• Verwyder lede wat nie kommunikasie pligte het nie


se radio handstukke sodat hulle net kan luister maar
nie kan stuur nie.

• Vermy die uitsending van jou posisie oor ‘n radio.


Onthou dat die gebruik van omgewingsbeskrywing
en bekende land merke ook ‘n indikasie van jou
posisie kan wees.

• Vermy die gebruik van range, leiers posisies of name


oor ‘n radio.

• Hou radio transmissies kort.

• Moenie radios alleen laat terwyl hulle op jou werk-


frekwensies gestel is nie. Dit kan eerder later weer
ingestel word.

96
Informasie dissipline

Onthou dat enige vyandelikes sal poog om informasie


te bekom wat ons sekuriteit kan benadeel. Die kans om
persone in ons konvooie en kampe te hê wat die vyand
wetend of onwetend hiervan kan voorsien is baie
moontlik. Die manier hoe sensitiewe inligting hanteer
word, selfs tussen lede, is baie belangrik. Moenie meer
inligting aan leiers of lede onder jou gee as wat vereis
word nie. Hier volg ‘n paar riglyne om informasie
dissipline te handhaaf.

• Bepaal vooraf wie op order groepe en vergaderings


teenwoordig moet wees en bly by daardie persone.

• Maak seker watter informasie jy na ‘n inligtingsessie


aan jou onderleiers of lede mag oordra.

• Moenie bewegings bevele of informasie opplak of


algemeen bekend maak nie.

• Bepaal bevelstrukture en sleutelpersoneel, asook


hulle informasie blootstellings vlak wanneer daar oor
sensitiewe sake gepraat word.

• Verbied nie-vlugtelinge of anderskleuriges in of om


hawens en kampe.

97
• Verhoed kommunikasie tussen nie-vlugtelinge en
anderskleuriges met konvooi lede.

• Hanteer alle sensitiewe dokumente met die nodige


sekuriteit.

• Beperk persone se vermoë om deur onder meer


radios en selfone na buite te kommunikeer.

• Verander kommunikasie kaarte, wagwoorde en


kodetaal op ‘n gereelde basis.

• Laat lede vir die ontvangs van dokumente teken en


waar nodig bewys lewer dat dit nog in hul besit is.

Sekere inligting moet beperk word tot sekere vlakke


van leierskap, personeel, lede, ander vlugtelinge en
vreemdes. Tydens bespreking van bv. frekwensies,
roetes, eindbestemming word slegs senior leiers toegelaat.

Met bespreking van baie sensitiewe inligting kan selfs net


meer senior leiers teenwoordig wees.

Algemene bespreking van bv. vertrek tye en verwagte


afstande kan met alle leiers en personeel gedeel word.

Hier is ‘n voorbeeld van hoe informasie blootstelling mag


lyk.

Maak reg vir beweging Lede en vlugtelinge

Beplande afstand Lede

98
Beplande eindpunt Senior leierskap

Gevaar Gebied Senior leiers en sekuriteit


personeel

Frekwensies konvooi Slegs persone wat radio


diens doen

Nasionale Frekwensie Slegs konvooi 1IB en 2IB

Provinsie Roepsein Slegs senior leierskap

Streek Roepsein Streek leiers en konvooi


1IB

Aankla van Lede Konvooi 1IB en


Tugkomitee

Dissiplines Klank, Sig ens. Alle persone

Hierdie vlakke van wat met wie gedeel word kan tot ‘n
groot mate deur die konvooi bevelvoerder bepaal word
en die “need to know” beginsel moet so streng moontlik
toegepas word.

99
17. BEWEGINGS INSTRUKSIES EN
INLIGTINGSESSIES

Dit is belangrik dat genoeg tyd ingewerk word dat die


nodige leiers en personeel van die volgende
bewegings ingelig kan word. Hierdie vergaderings word
bewegings instruksies genoem.

Die eerste paar bewegings instruksies sal gepaard


gaan met opleiding totdat die leierskap bekend is met
die prosedure vir konvooie. Daarna sal in bewegings
instruksies net die detail rondom die volgende
beplande beweging bespreek word. Verdeling van
pakkies onder leiers moet gereeld opgedateer word
sodat alle lede onder bevel staan.

Bewegings instruksies en inligting sessies word belê


deur die Konvooi Bevelvoerder en die volgende word in
ag geneem om te bepaal wie dit moet bywoon:

• Sekuriteit
• “Need to know”
• Tyd beskikbaar
• Doelgerigte opdragte

100
Standaard prosedure tydens Bewegings
instruksies

• Aantekening van bewegings instruksies tyd en


datums.
• Leiers en dienste personeel teenwoordig.
• Aanmelding van probleme en insidente.
• Verskaf bewegingstyd en bevestig alle leiers en
personeel kan voorbereidings en inspeksies betyds
afhandel.
• Verskaf begaanbaarheid van roetes en die
beskikbaarheid van alternatiewe roetes indien
nodig.
• Bespreek enige aanpassings en sekuriteit
maatreëls.
• Verskaf verwagte afstand van bestemming.
• Bespreek die brandstof en meganiese vermoë van
voertuie om bestemming te bereik.
• Indien sekere lede nie die bestemming kan bereik
nie – bespreek oplossings vir die probleem.
• Bespreek stop afstande by hawens.

Dissiplines:

• Verskaf klank dissipline

Verskaf en bespreek die klank dissipline wat van


toepassing is met die uitbeweeg, plekke op die roete
en inbeweeg by ‘n kamp by die bestemming.

101
• Verskaf radio dissipline

Bepaal of daar spesifieke areas is waar moontlik


verskerpte radio dissipline toegepas moet word.

• Verskaf sigbaarheid dissipline

Verskaf en bespreek soos met ander dissiplines.


Onthou dat daar moontlik in die nag by ‘n
bestemming aangekom kan word en hoe dit die
verskerping van dissiplines kan beïnvloed.

• Verskaf informasie dissipline

Bepaal of die betreding van ander groepe se kampe


by die bestemming moontlik `n verskerping in
informasie dissiplines vereis. Voorbeeld: As u oppad
is na ‘n ander Provinsie se kampplek, moenie dat
lede oppad met ongewenste persone praat en
moontlik ‘n posisie aan hulle bekend maak nie. Die
gasheer kamp het moontlik baie moeite gedoen om
hulle posisie geheim te hou.

• Verskaf sekuriteitsvlak

Bepaal of daar areas is waar lede meer oplettend en


versigtig moet wees. Moenie aarsel om aan lede
bekend te maak waar die konvooi deur of in ‘n area
beweeg wat reeds relatief veilig gemaak is deur

102
ander groepe nie. Om in `n toestand van bedreiging
te wees plaas lede onder geweldige druk. Dit
veroorsaak gewoonlik spanning, moegheid en kort
humeure. Laat lede ontspan as die vlak van
bedreiging dit toelaat.

103
18. INSPEKSIES

(a) EERSTE INSPEKSIE - PAKKIE LEIERS


Deurgaande

Alle voertuie vertrek-gereed m.b.t.


• Stabiele vrag
• Meganiese vermoë
• Brandstof voorraad
• Smeermiddels
• Verkoelings water

Alle lede ingelig en voorbereid


• Lede neem kennis van dissiplines
• Drinkwater t.o.v. reisafstand
• Toilet voorbereiding
• Kos voorbereiding
• Mediese voorraad
• Kant snytang
• Flitslig
• Korrekte seintekens
• Radio Toetse
• Nie-funksionerende lede met radios –
handstukke verwyder
• Zero odometer by hek

104
• Pakkie leiers rapporteer beweeg gereed aan
Streek leier en ry.
• Pakkie leier rapporteer per radio aan die konvooi
bevelvoerder beweeg gereed en op pad.

Radio prosedure soos volg:


Kilo een, Pappa een ( of twee...) , bevestig my
mense is beweeg gereed en oppad.

(b) LAASTE INSPEKSIE STREEK LEIERS

Bevestig vanaf pakkie leiers sewe minute voor


beweging, rapporteer aan die konvooi
bevelvoerder en kontroleer die volgende by die
hek.

• Alle groepleiers verklaar beweeg gereed aan


Streek leier.
• Vertrektyd tussen pakkies.
• Alle lede weg voor Streek leier vertrek.

105
19. BEWEGING UITLEG

Agtervee (AV)

Pakkie Vyf (P5)

Pakkie Vier (P4)

Pakkie Drie (P3)

Pakkie Twee (P2)

Bevelvoerder (K1)
Pakkie Een (P1)

Voorvee (VV)

Verkenning (VK)

106
20. SITUASIE HANTERING

a) VOERTUIG ONKLAAR

• Trek af en maak enjinkap oop. As die


hersteldiens met handgebare of sonder aarsel
aftrek kan die enjinkap toe bly, maar dit is die
algemene teken dat hersteldienste benodig
word.
• Rapporteer dadelik aan die hersteldienste wat
die probleem is.
• Neem kennis van odometer lesing en maak `n
aantekening daarvan.
• Doen betyds voorbereiding om die voertuig
agter te laat met betrekking tot passasiers en
goedere. Daar moet so spoedig moontlik weer
by die konvooi aangesluit word.

b) VOERTUIG STOP/KONVOOI STOP

Voertuig stop:

• Let op die konvooi optrede voor die voertuig.


• As die konvooi stop, volg konvooi stop
prosedures.
• As net een voertuig stop, laat ruimte toe
sonder heftige spoed afname. Probeer eerder
by die voertuig wat stop verby te gaan sonder
om spoed te verminder.

107
• Los voertuig agter vir die regte personeel om
dit te hanteer. (As daar nie die nodige
personeel agter u is om die voertuig van hulp
te wees nie kan u deur middel van ligte flits
probeer aandag trek vir voertuie vorentoe.)
• Neem Odometer lesing en maak ‘n nota
daarvan.
• Rapporteer dadelik per radio aan direkte
oppergesag of ssm by eerste hawe of
bestemming.
• Versoek terugvoer na redelike tyd bestel. Ons
wil altyd bevestig dat lede nie agter gebly het
nie.

Konvooi stop:

• Verminder dadelik spoed. As die konvooi stop


sonder dat daar ‘n sewe minute waarskuwing
was, verwag `n insident.
• Stop agter die voertuig voor jou met ‘n spasie
van 50 % van die voertuiglengte tussen
voertuie. Dit sal jou in staat stel om vinnig op
die pad te trek indien nodig. Indien stop
afstande in die bewegings instruksies
deurgegee word moet dit gevolg word.
• Stop met die voertuig se neus soveel na regs
as moontlik.
• Gebruik dekking as daar beskikbaar is.

108
• Beweeg mense en kinders sovêr links as
moontlik/veilig.
• Geen lede na regs van die konvooi.
• Bly by dekking. Daar kan op enige tyd `n
voorval wees wat dit vereis.
• Laat lede dadelik toilet gebruik.
• Let op na beweging van konvooi. `n Kort
tydverloop vir elke voertuig om in beweging te
kom sal te lang volgafstande tot gevolg hê en
die konvooi laat uitrek.

c) MIS AFRIT/AFDRAAI

• Rapporteer dadelik aan oppergesag.

• Trek dadelik af sodat die res van die konvooi


nie volg nie maar die regte afrit/afdraai neem

• Gee aanduiding aan res van konvooi om


afrit/afdraai te neem indien dit nodig is.
• As konvooi die regte roete volg, lei ander
voertuie agter jou vorentoe na moontlike
omdraai gebied en sluit aan by konvooi
• Hou voertuie wat sleep in ag wat nie skerp kan
draai nie.
• Moenie probeer opvang na oorspronklike
posisie nie.
• Rapporteer aan jou leier dat jy weer by die
konvooi aangesluit het.

109
• Neem jou oorspronklike posisie in by volgende
hawe of kamp

d) GEEN KOMMUNIKASIE

• Behou jou posisie in die konvooi.


• Moenie stop nie.
• Rapporteer die probleem by die volgende
hawe of kamp.

e) VOERTUIG VAL VAS

• Rapporteer dadelik indien jy kan.


• Voorkom oormatige “spin”
• Staan voor voertuig en dui aan dat hulp
benodig word. Nie agter die voertuig nie.( by
die neus nie kattebak kant nie.)
• Wag vir sleepdiens.
• Na uitsleep hou jou posisie in konvooi. Moenie
probeer voertuie verby vat om weer in jou
posisie te kom nie.
• Rapporteer by die volgende hawe of kamp dat
jy weer deel is.

f) PADVERSPERRINGS

• Rapporteer dadelik wat jy sien en evalueer die


situasie.

110
• As dit enigsins moontlik is probeer deur die
versperring ry. Skade aan `n voertuig is nie so
ernstig soos die gevaar wat met `n
opeenhoping en stilstaande konvooi gepaard
gaan nie.
• Indien dit slegs moontlik is vir `n harder (4x4)
voertuig om deur te ry moet daar vroegtydig
per radio of gebare vir so `n voertuig gevra
word om vorentoe te beweeg.
• Draai of trek so spoedig moontlik af om te
voorkom dat daar opeenhoping is indien jy nie
deur kan ry nie.
• Evalueer situasie en behou kommunikasie met
jou leiers.
• Neem odometer lesing by die plek en maak `n
aantekening.

g) PB NADER KONVOOI

• Vermy gesprekke of kontak met vreemdes.


• Dui “staan terug” aan deur handgebare,
moenie ‘n situasie sommer vertrou nie.
• Moenie spoed verminder nie.
• Beweeg effens na die rigting van die
naderende persone, dit dien as `n goeie
afskrikmiddel.
• Rapporteer aan jou leiers wat gebeur het.
• Neem odometer lesing en maak ‘n nota.

111
• Behou volgafstand tussen voertuie of kyk na
hoe naby volgafstande jou kan beveilig in die
afdeling VOLGAFSTANDE.

h) TREK VUUR

• Neem ‘n lae postuur aan en probeer jou kop


beskerm. Die pilaar tussen die voor en
agterruit is handig hiervoor.
• Waarsku passasiers
• Versnel en/of gebruik dekking wat die
omgewing bied.
• Rapporteer aan jou leier.
• NB. Stuur na die skutter. Onthou dat jou
voertuig ook `n kragtige wapen is. Evalueer
die situasie en besluit of dit nie jou lewe kan
red nie.
• Voertuie aankomend na die skietvak kry
dekking. Moenie in die spervuur inry as jy dit
kan vermy nie.
• Evalueer en reageer vinnig

i) LUG AANVAL

• Zig-Zak voertuie sovêr as die terrein of


voertuig toelaat. `n Reguit ry voertuie maak `n
beter teiken.
• Kry dekking.

112
• Rapporteer aan jou leier wat gebeur.
• Klim vinnig uit die voertuig en kom so na aan
dekking op ‘n veilige afstand van jou voertuig
af.
• Lê op jou rug. Dit is die beste posisie om die
lugruim om jou effektief te deursoek.
• Neem odometer lesing en maak notas as daar
verder beweeg word.

j) LUG BEDREIGING

• Rek die konvooi uit of verdeel pakkies om


verder van mekaar te volg.
• Alternatiewelik zig-zak sovêr moontlik van die
pad af om ‘n lyn van voertuie te breek.
• Knip drade en versprei as dit nodig is.
• Pakkies volg in kleiner groepies verskillende
roetes.
• Stop by dekking en steek voertuie weg.
• Verlaat voertuie en wees op die uitkyk deur op
jou rug te lê.
• Behou kommunikasie met jou leiers en gee
terugvoer.
• Wag vir instruksies van jou leiers af.
• Neem odometer lesing en maak notas.

113
k) SAMEDROMMING VOOR

• Evalueer die situasie en besluit of daar gestop


gaan word, dit behoort die laaste opsie te
wees.
• Zig-Zak 1-2 meter in beweging. Dit maak dit
moeilik vir persone om tussen voertuie in te
beweeg. Verkort ook die volgafstand tot selfs
voertuig teen voertuig.
• Rapporteer aan oppergesag.
• Behou spoed.
• GEEN STOP!!!!

l) AGTERGELAAT

• Soek dekking vir die voertuig, moenie in die


ope bly nie veral as dit in `n gevaarlike gebied
is.
• Neem odometer lesing en maak ‘n nota
daarvan.
• Neem voorraad op jou persoon en beweeg
weg van die voertuig volgens evaluasie.
• Evalueer wanneer te voet beweeg word of
gewag word.
• Hou in gedagte dat jy gemis sal word en dat
lede moontlik sal terugkom vir hulp.
• Hou in gedagte afstand wat nog beweeg moet
word en bedreiging in gebied wanneer daar

114
besluit word of te voet verder beweeg gaan
word.
• Die waarde van voorraad wat agtergelaat
word moet ook in gedagte gehou word.
• Passasiers se vermoë om te kan stap kan
bepalend wees van of daar te voet beweeg
moet word.
• Neem odometer lesing en maak ‘n nota
daarvan.
• Indien u te voet verder gaan, stel voertuig
onbruikbaar.

m) LEDE VERMOOR/BESEER

• Beveilig uself en evalueer die


omstandighede.(moontlike lokval)
• Rapporteer die voorval aan leierskap.
• Neem odometer lesing of posisie van die
insident en maak notas.
• Inspekteer en evalueer die toneel.
• Merk voertuig, huis of plek met noodlot teken
en merk liggame, artikels of tekens wat later
van hulp kan wees.
• Vat bewyse saam indien nodig.
• Onttrek sonder om te veel tyd te spandeer.

115
n) ARRIVEER PLAASOPSTAL

• Stop konvooi vroegtydig.


• Rapporteer aan leierskap om toestemming te
kry vir betreding van `n perseel.
• Doen inspeksie en evalueer vir moontlike
gevaar.
• Stop in wegtrek posisie. Voertuie moet
verkieslik omgedraai wees gerig in die rigting
van onttrekking.
• Behou dekking.
• Behou dissiplines.
• Neem odometer lesing of posisie en maak
notas.

o) VERDAGTE IN GELEDERE

• Rapporteer aan leierskap.


• Verminder inligting blootstelling, hou die
persoon in afsondering indien nodig.
• Ondersoek en observeer optrede.

p) VERRAAIER IN GELEDERE

• Rapporteer aan leierskap.


• Voer arrestasie uit en isoleer die persoon.
• Weerhou die persoon van alle vorme van
kommunikasie behalwe met senior leierskap.

116
• Handhaaf menslikheid.
• Onderhou eiendom en afhanklikes.

q) KRIMINELE LEDE

• Elke lid tree op soos polisie.


• Rapporteer aan leierskap.
• Doen arrestasies indien nodig.
• Versorg afhanklikes en eiendom.

117
21. KOMMUNIKASIE

Alle kommunikasie kaarte of wagwoord kaarte en


kodetaal moet op skrif wees en ‘n ooreenstemmende
kode bo-aan hê. Alle kommunikasie kaarte wat
vervang word moet ingedien word. Nuwe
kommunikasie kaarte en dokumente moet voor
geteken word deur die persoon wat dit ontvang.
Gebruik standaard formaat vir verslae wat na nasionale
bestuur deurgegee word. Bevestig dat stasies wat
verslae ontvang wel hiervoor gemagtig is. Stel die
ontvanger van die verslag eers in kennis dat `n verslag
deurgestuur gaan word. Die volgende verslae word
gereeld aan nasionale bestuur of `n gemagtigde veld
stasie of herlei stasie deurgegee. Vir die doel van
voorbeelde gebruik nasionale bestuur die roepsein Alfa
en konvooi bevelvoerders die roepsein Kilo.

BEWEGING VERSLAG

Standaard verslag sewe minute voor beweging.

Formaat:

 Posisie voor beweging. (Sleg per kommunikasie


kaart)
 Tyd van beweging. In 24-uur formaat.
 Bestemming. (Slegs per kommunikasie kaart)

118
 Konvooi getal. (Getal voertuie)
 Lede Getal.
 Dissiplines. (Hoog of laag)
 Hawens. ( Slegs afstand vanaf huidige posisie
of plek d.m.v. kommunikasie kaart)
 Merk punt intervalle. (in minute)
 TVA (Tyd in 24-uur formaat vandag of môre)
 Ander

Voorbeeld:
o Alfa, Kilo vir ‘n bewegings verslag.
Wag vir: Kilo, Alfa, Stuur
o Alfa, Kilo, Beweging vanaf kamp 1
(kommunikasie kaart)
o Om 13h30, dis een drie en drie zero vandag
o Na Kamp 2 (kommunikasie kaart)
o Met twee ses een (261) voertuie
o En sewe vier zero (740) lede
o Onder hoë dissiplines
o Met een hawe op afstand een vier twee (142)
o En merkpunte op drie zero (30)
o Tango Alfa Viktor 16h30, dis een ses en drie
zero
o Hou mediese dienste gereed ek het twee lede
ernstig beseer.(ander)
o Einde van verslag Alfa, Kilo
Kilo, Alfa, volledig ontvang, uit.

119
AANKOMS VERSLAG

Standaard verslag. Stel nasionale bestuur in kennis


sewe minute voor aankoms en gee volledige verslag
sewe minute na aankoms by `n oornag kamp.

Vooraf

o Plek van aankoms. (Slegs per kommunikasie


kaart)

o TVA. (In minute)

o Veiligheid.

Voorbeeld

o Alfa, Kilo, Verslag

Wag vir Kilo, Alfa Stuur

o Alfa, Kilo, Aankoms by Kamp 2

o Sewe minute

o Kamp is Veilig

Na Aankoms

o Plek van aankoms.

o Dissiplines.

o Veiligheid maatreëls.

o Aanmeld intervalle.

120
Voorbeeld

o Alfa, Kilo, Verslag

Wag vir Kilo, Alfa Stuur

o Alfa, Kilo, gearriveer by Kamp 2

o Handhaaf hoë sigbaarheid en klank dissiplines.

o Verskerpte wag observasie deur die nag.

o Aanmeld intervalle veertig, dit is vier, zero.

Merk punte.

Elke dertig minute van konvooi beweging of op


ooreengekome intervalle. Maak net kontak en bevestig
dat die konvooi nog in beweging is sonder voorvalle.

Insident verslag.

So spoedig moontlik na noemenswaardige insidente.


Hou in gedagte dat sekere insidente inligtings waarde
mag hê.

Formaat

o Meld posisie. (Slegs per kommunikasie kaart)

o Hoe lank gelede het insident voorgekom. (Tyd in


minute)

o Gee besonderhede.

121
22. DOKUMENTASIE EN REKORDS

Alle insidente, instruksies en verslae moet deur die


mees senior leier skriftelik genoteer en bewaar word.
Waar dit deur ander leiers of lede voltooi en by die
senior leier ingedien is moet die betrokke leiers of lede
notas maak daarvan as bewys dat daar rekords van
die aangeleentheid bestaan. By ontvangs van die
dokumentasie moet die senior leier vir ontvangs
daarvan teken. Hierdie bewys van ontvangs word deur
die betrokke leier of lede bewaar.

Die volgende is insidente en instruksies waarvoor daar


dokumentasie voltooi en bewaar moet word.

o Insidente wat inligtings waarde het.


Waarneming van vuurwapens in vyandige hande,
samedrommings, militêre voertuie ens.
o Dood of ernstige besering van lede, natuurlik of
onnatuurlik van aard.
o Enige kriminele dade gepleeg deur of aan lede.
o Geboortes.
o Bewegings instruksies.
o Ander vergaderings.
o Enige skrywes wat lede of ander persone op rekord
wil plaas. Dit sluit in bekentenisse, voorwaardes,
verklarings, beloftes ens. Enige lede wat versoek
dat daar skriftelike rekord van watse aard ook al

122
gehou moet word, mag so `n versoek nie geweier
word nie, met inagneming van die beskikbaarheid
van tyd, en geleentheid om aan so `n versoek te
voldoen. Enige persoon kan dokumentasie aan
senior leierskap oorhandig vir bewaring.

123
Geskrewe rekord: (Meld insident, gebeurtenis, notule, waarneming, verklaring ens. Gebruik

meer as een vorm indien nodig, en kruis ongebruikte lyne uit van links bo na regs onder.)

Aangaande
Deur (Naam)
Op (Datum) Om (Tyd)
Te (Plek)

Handtekening

Naam en ID

124
Afdeling C

KAMP HANDLEIDING

125
INHOUDSOPGAWE
I Inleiding

II Algemene Funksionering
a) Suidlander Bestuur
b) Geestelik
c) Kamp Komitee
d) Verdediging

• Vestiging van afdelings


• Aanstelling van vreemdes

III Bestuursmodel

1. Leierskap
1.1 Senior Leierskap
1.2 Provinsiale Leierskap
1.3 Streek Leiers
1.4 Sameroepers
1.5
Groe
pleiers

Adviesraad

126
2. Geestelik
2.1 Morele en Sedelike Waardes
2.2 Oueres
2.3 Godsdiens
2.4 Berading

3. Kamp Komitee
3.1 Vlugteling kamp dienste
3.2 Administrasie
3.3 Medies
3.4 Polisiëring
3.5 Onderwys
3.6 Vervolgings Gesag
3.7 Dienste
3.7.1 Waterwerke
3.7.2 Sanitasie en Higiëne
3.7.3 Vullisverwydering

4. Verdediging
4.1 Kamp Sekuriteit
4.1.1 Wag stelsel
4.1.2 Kamp Weerbaarheid
4.1.3 Observasie Poste

127
4.2 Navorsing
4.3 Omgewing Beveiliging
4.4 Lewensmiddele
4.5 Kommunikasie

5 Kamp uitleg

6 Spanning en Trauma

128
I INLEIDING

Hierdie afdeling dien as ‘n gids vir die Suidlander leierskap


en bestuur om kampe effektief te bestuur ten einde die
volgende hoof doelwitte te bereik.

a) Om groot groepe lede en vlugtelinge van beskikbare


lewensmiddele te voorsien om sodoende lewend te bly.

b) Om groot groepe mense op so ‘n wyse te bestuur om


die blootstelling aan besering en dood tot die minimum
te beperk.

c) Om strukture te vestig om die lewensgehalte en


organisatoriese vermoë van volksgenote te verhoog.

Die handleiding word saamgestel met die fokus op


strategiese beplanning en strukture en dien nie as ‘n
reëlboek wat grondvlak reëls neerlê nie. Die uitgangspunt is
eerder om die nodige kundigheid en leierskap rolle te
bemagtig om in ‘n ontruiming situasie reëls te implementeer
wat voordelig vir die mense in bepaalde omstandighede is.
Elke afdeling bevat die voor- en nadele van sekere keuses,
asook riglyne in die bepaling van opsies beskikbaar tot die
omstandighede. Leierskap en bestuur sal dus beter toegerus
wees om besluite te neem in ‘n ontruiming situasie.

129
II ALGEMENE FUNKSIONERING

Suidlander kampe word bestuur deur vier hoof afdelings.


Een leierskap afdeling wat die bestaande Suidlander
leierskap struktuur is, asook drie dienslewerende afdelings
nl. Geestelik, Kamp komitee en Verdediging.

o Suidlander bestuur, wat die algemene gesag struktuur


vorm.
o Geestelike dienste, wat ook na sielkundige behoeftes
omsien.
o Kamp komitee, wat alle gemeenskapsdienste en
infrastruktuur bestuur.
o Verdediging, wat alle veiligheid, weerbaarheid en
defensiewe inisiatiewe behartig.

a) Suidlander Bestuur

Alle Suidlander kampe fuksioneer volgens ‘n


voorafbepaalde struktuur met bestaande leierskap. Die
leierskap strukture wat tans in Provinsies regoor die
land van toepassing is word gedupliseer en in alle
Suidlander kampe toegepas. Ongeag van die grootte
van ‘n kamp sal die Suidlander strukture in plek bly en
volgens die volgende diagram funksioneer.

130
Figuur 1

b) Geestelik

Die geestelike afdeling sien om na meer as net die


geestelike behoeftes van lede. Ons geestelike leiers
moet die standaard stel in hul diepe persoonlike
verhouding met ons Hemelse Vader, en met ‘n sterk
geloof en onberispelike lewenswyse. As volk verwag
alle lede om in Gees en in waarheid deur ons
geestelike leiers gelei en bedien te word (vers).

Hierdie afdeling hanteer ook die handhawing van goeie


morele en sedelike waardes in kampe, en moet ons
oueres bemagtig om hul wysheid en lewenservaring
aan te wend vir meer geringe interne konflik situasies
en geskille tussen lede.

131
Die afdeling sal ook gekwalifiseerde berading
personeel identifiseer of oplei en berading klinieke
oprig. Hulle vervul ‘n essensiële rol in die era wat
voorlê, waar stresvolle en traumatiese toestande aan
die orde van die dag is.

c) Kamp komitee

Die kamp komitee sal die bestuur van alle vorme van
dienslewering, asook beskikbare lewensmiddele en
infrastruktuur behartig. Noodsaaklike dienste soos
polisiëring, onderwys, mediese dienste en berging en
verspreiding van lewensmiddele sal deur die kamp
komitee behartig word. Die kamp komitee sal ook
onderafdelings vestig om wetsgehoorsaamheid te
handhaaf en om regskwessies soos vervolging en regs
dokumentasie te hanteer. Alle administratiewe rolle wat
in kampe vereis word sal deur ‘n administratiewe
afdeling hanteer word, en vorm ook deel van die kamp
komitee.

d) Verdediging

Alle afdelings wat met weerbaarheid, verdediging en


sekuriteit verband hou word deur die verdedigings
afdeling hanteer. Hierdie afdeling bestaan uit verskeie
onder afdelings. Elkeen se rol word noukeurig omskryf

132
en wissel van wag stelsels binne kampe tot
verdedigings inisiatiewe vêr buite ‘n kamp opset. Alle
aksies wat deur die afdeling verdediging beplan en
uitgevoer word bly defensief van aard en het ten doel
om lede se veiligheid te verseker.

Vestiging van Afdelings

Senior leierskap sal by oprigting van ‘n kamp die


strukture in plek stel vir die instelling van die drie
bogenoemde afdelings. Na aanstelling van die hoofde
van afdelings sal die kwalifiserende hoofde van elke
afdeling verdere ontwikkeling van sy afdeling doen om
te voorsien dat afdelings so spoedig moontlik na ‘n
ontruiming in werking is.

Alle aanstellings van personeel in kampe geskied


streng volgens kwalifikasie. Die mees senior leier in ‘n
kamp moet die volgende stappe volg vir die werwing
en aanstelling van personeel.

Volg die riglyne wat neergelê word in hierdie


handleiding om te bepaal;

o Watter afdelings in plek gestel moet word om


dienste in die kamp te verrig.
o Hoeveel persone benodig word om as hoof van
elk van die afdelings te funksioneer.

133
o Hoeveel personeel elke hoof van ‘n afdeling
benodig om sy bepaalde diens te verrig.

Bepaal die minimum kwalifikasie of ondervinding wat


vereis word vir elke pos wat gevul moet word.

Bepaal die minimum vereistes vir personeel.

Stel ‘n lys saam wat die poste en personeel uiteensit


asook die kwalifiserende vereistes vir elkeen.

Gebruik die leierskap strukture om hierdie


aanstellings aan lede oor te dra.

Gee instruksie aan groepleiers om ‘n kort CV van


kandidate te bekom en by senior leierskap in te dien. ‘n
Kort handgeskrewe nota met die basiese kwalifikasies
en ondervinding is genoegsaam.

Stel ‘n kortlys van applikante saam en reël


onderhoude met die hoofde van elke afdeling.

Doen aanstellings volgens meriete.

Oorhandig CV’s van personeel aan elke afdelingshoof


van toepassing.

Laat elke afdelingshoof aanstellings doen vir sy


afdeling volgens dieselfde bogenoemde prosedure.

134
Dokumenteer hierdie proses deeglik en dien alle
verwante dokumente in vir veilige bewaring by die
nodige persone.

Wanneer ‘n leier vir sekere poste wil aansoek doen


moet dit in oorleg met senior leierskap gedoen word.
Die vorige posisie wat die leier beklee het, moet weer
gevul word met ‘n persoon wat oor die nodige
vaardighede beskik om die betrokke posisie te vul.
Onthou dat die Suidlander leierskap strukture die basis
van die gemeenskap na ontruiming vorm. Persone wat
dus in leier posisies aangestel word moet:

• Oor die nodige leier eienskappe beskik wat deur


die leiers posisie vereis word.

• Die nodige vlak van integriteit en karakter hê soos


deur die Suidlander standaarde vereis.

• ‘n Aanvaarbare geestelike en morele standaard


handhaaf soos wat vereis word om die Suidlander
beeld te versterk.

Waar personeel deur hoofde aangestel word moet die


praktiese implikasie van die aanstellings noukeurig
oorweeg word. Hou die volgende in gedagte:

135
• Persone se ouderdomme kan moontlik ‘n groot
rol speel in die vermoë om:

o Fisiese werk te verrig.


o Verantwoordelike optrede en besluitneming.
o Konflik te hanteer en geskille op te los.
o Gesag oor ouer persone af te dwing.

• Die familie struktuur van persone kan


beperkings plaas op:

o Die tye wat persone van die kamp af weg


moet werk weens verpligtinge teenoor jong
kinders, babas en ouer afhanklikes.
o Die persone se familielede kan moontlike
mediese toestande hê wat sekere
beperkings op kampplekke of
werksverpligtinge kan plaas.
o ‘n Familie het moontlik ‘n vlak van
weerbaarheid wat nie ‘n groot risiko
blootstelling regverdig nie.

• Die sielkundige toestand en ingesteldheid van


mense plaas beperkings op:

o Die vermoë om stresvolle of gevaarlike pligte


uit te voer.
o Die vermoë om traumatiese situasies te
hanteer en te verwerk.

136
o Die bereidheid om opofferings te maak tot
ander se voordeel.

• Vorige lewens ondervinding en opleiding sal


persone in staat stel om:

o Sekere pligte uit te voer met groter sukses


en sonder die nodigheid van baie opleiding.
o ‘n Natuurlike gesag en selfvertroue te hê
wanneer hulle in die regte poste aangestel
word.

Alle aanstellings wat in die Suidlander organisasie


gemaak word is tydelik van aard. Aangesien kampe op
‘n konstante basis sal kombineer en afdelings konstant
geherstruktureer sal word, is dit noodsaaklik om
persone in sleutel posisies sonder teenkanting uit
poste te kan verwyder of onder nuwe bestuur te kan
plaas. Dit geld vir alle bestuursposte in alle afdelings
maar tot ‘n kleiner mate vir leierskap.

Aanstelling van vreemdes

Omdat Suidlander lede en leierskap reeds aan mekaar


bekend is, is daar ‘n groot mate van vertroue en
bekendheid met mekaar se agtergrond en vermoëns.
Poog om Suidlander lede eerste in gesagsposisies van
afdelings aan te stel.

137
Waar persone wat histories buite die Suidlander
strukture ‘n duidelike superieure vermoë het om ‘n
sleutel rol te vervul kan so ‘n persoon, met inagneming
van die omstandighede, so ‘n senior posisie in ‘n
afdeling aangebied word. Vreemde persone kan
moonlike verskil in hulle siening rondom die strukture
en riglyne van die Suidlanders. Daar kan ook
wanpersepsies bestaan m.b.t. die uitvoering van ons
mandaat.

Verder sal bestaande Suidlander lede ‘n groter mate


van lojaliteit en vertroue in die Suidlander strukture en
bepalings hê as vlugtelinge wat nuut onder ons
strukture inval.

Om getroue Suidlander lede eerste vir sleutel posisies


aan te wend sal die volgende voordele inhou:

o Dit sal voordelig wees vir die behoud van die


geestelike en wêreld beskouing wat met die
Suidlander organisasie gepaard gaan.
o Dit sal die hegte eenheid wat tussen lede
bestaan bevorder.
o Dit skakel die risiko van infiltrasie en
ondermyning deur ander groeperings en
vyandiggesindes uit.
o Dit sal ons vermoë om ons mandaat uit te voer
versterk en ondersteun.

138
III. BESTUURSMODEL

Die volgende organogram is ‘n uiteensetting van die


Suidlander leierskap en bestuur in totaliteit. Die grootte
van die gemeenskap wat bestuur word sal bepaal tot
hoe ‘n mate die strukture soos hieronder uiteengesit
opgerig word. As kampe kleiner is sal die struktuur op ‘n
kleiner skaal met oorvleueling van sekere poste opgerig
word. Soos kampe in hul lede talle groei sal meer poste
gevul word en uiteindelik by die totale struktuur soos
hieronder uitkom. In sekere kampe waar daar ‘n netwerk
vorm sal sekere poste deur die hoof HK van die netwerk
van kampe aangestel word terwyl sekere funksies
steeds deur die ondergeskikte kampe uitgevoer word.
Let op die voorbeelde in die diagramme 2 en 3.

139
Senior Hoofde van Afdelings en
Leierskap subafdelings wat duidelik
omkring is sal outomaties op
die adviesraad dien.
Adviesraad

Geestelik Kamp Verdediging Suidlander


Komitee Leierskap

Morele en Godsdienstig Administrasie Kamp Groepleiers


Sedes Sekuriteit

Oueres Berading Vlugteling Wag stelsel


Dienste

Alle Subafdelings wat Kamp


teks in vetdruk toon is Medies
Weerbaarheid
nood afdelings. Alle
subafdelings wat teks in
skuinsdruk toon val
onder nood Polisiëring Observasie
omstandighede onder Poste
die leierskap gesag van
nood afdelings.
Onderwys Navorsing

Die subafdeling
Vlugteling kamp Voedsel Omgewing
dienste onder die sekerheid Beveiliging
afdeling kamp
komitee het slegs ‘n
koördinerende Lewens-
Reg en
funksie in die middele
vervolging
lewering van dienste
deur bestaande
afdelings in vlugteling Kommunikasie
Dienste
kampe
.

Waterwerke Sanitasie en Vullis


Figuur 2 Higiëne Verwydering

140
In ‘n klein kampie met twee groepe is daar ongeveer 20
families. Hierdie kamp sal begin om die strukture in plek te stel.
‘n Uitleg daarvan kan soos volg lyk:

Senior leierskap
Een van die groepleiers met
twee ander gekose lede.

Geestelik Kamp komitee Verdediging


‘n Persoon om geestelik Geen Hoof nie maar onder Een persoon om
leiding te neem afdelings rapporteer direk verantwoordelik te wees vir
aan leierskap onder afdelings

Waterwerke Wag stelsel


Twee persone wat sorg dat Tien persone wat as wagte
lede water bekom werk.

Vullis verwydering Observasie


Twee persone wat die Vier persone wat
vullis en afval in die kamp observasie diens doen.
hanteer

Onderwys
Twee persone wat die
onderwys hanteer

Figuur 3

141
Kom ons veronderstel dat ‘n verdere tien groepe van ongeveer ‘n
honderd families by hierdie kamp aansluit. Die totale hoeveelheid
families is nou 120, ongeveer 350 mense. In hierdie kamp is daar
nou 2 Streek leiers en twaalf groepleiers. Die strukture kan nou
aangepas word soos volg:

Senior leierskap
Een streek leier as
hoof met twee ander
leiers.

Geestelik Kamp komitee Verdediging Leierskap


‘n Persoon om ‘n Hoof van die Een persoon Die oorblywende 11
geestelik leiding te afdeling rapporteer verantwoordelik vir groepleiers
neem aan senior leierskap onder afdelings

Berading Waterwerke Wag stelsel Lede


‘n Paar persone wat ‘n Hoof word nou Tien persone wat as Ongeveer 10 families
berading kan doen. aangestel wat ‘n span wagte werk. per groepleier
bestuur

Oueres Vullis verwydering Observasie


‘n Groep oueres wat ‘n Verantwoordelike Vier persone wat
geskille kan hanteer persoon wat ‘n span observasie diens
beheer doen.

Onderwys Omgewing
‘n Hoof wat beveiliging
onderwysers vir meer ‘n Groep begin nou die
klasse bestuur omgewing beveilig

Medies Kommunikasie
‘n Mediese hoof word ‘n Kommunikasie
aangestel en fasiliteite kamer en hoof word
geskep aangestel

Administrasie Lewensmiddele
Persone word ‘n Groep begin
aangestel. lewensmiddele vorder

Figuur 4

Soos wat die ledetal dus groei sal meer en meer dienste in plek
kom en die struktuur groei tot waar dit soos in Figuur 1 begin lyk.

142
1. LEIERSKAP

1.1 Senior Leierskap

Senior leierskap bestuur die Suidlander noodplan wat sal


insluit alle Suidlander leiers en lede asook alle vlugtelinge
en lede van ander organisasies wat hulle by die
Suidlander noodplan skaar in geval van ontruiming. Alle
aangestelde personeel van die drie afdelings (Geestelik,
Kamp komitee en Verdediging) word bestuur deur die
Suidlander senior leierskap. Die Suidlander senior
leierskap sal dus aanstellings maak en sal dien as die
hoogste vorm van gesag in die gemeenskap wat tot stand
kom deur die uitvoering van die huidige Suidlander
noodplan.

1.2 Provinsiale Leierskap

Provinsiale leiers is die senior leierskap in enige kamp en


bestaan altyd uit die mees senior Provinsiale leier plus
twee ondergeskiktes. Die mees senior leier is die
Kampkommandant.

Beskrywing

Elke kamp word bestuur deur Provinsiale Suidlander


leierskap, of in die geval van kleiner kampe, deur die

143
mees senior Suidlander leierskap in die kamp. Die senior
leierskap in ‘n kamp bestaan uit die mees senior
Suidlander leier plus twee gekose persone uit leiers of
lede direk onder hom. Die mees senior leier word
outomaties as die Kampkommandant aangestel. Hierdie
is nie ‘n rang nie maar ‘n posbenaming wat toegeken
word vir solank as wat die persoon in beheer van die
bepaalde kamp bly.

Die senior leier behou die hoogste gesag in die kamp. Die
gekose leiers neem direkte gesag onder die senior leier
van ‘n kamp in. Die twee gekose leiers vervul ‘n
ondersteunende rol in leierskap en assisteer die
Kampkommandant in besluitneming en pligte. Hulle vervul
steeds hul normale pligte in die leiers posisie wat hulle
het.

Pligstaat

Aanstelling van hoofde van afdelings.

Alle aanstelling van hoofde word gedoen volgens


kwalifikasie en die nodige onderhoude soos uiteengesit in
die afdeling “Vestiging van Afdelings”

Alle aanvanklike aanstellings is tydelik. Sorg dat persone


deeglik bewus is hiervan, aangesien dit beëindiging van
poste in die toekoms minder gekompliseerd sal maak.

144
Kampe sal gereeld saamsmelt. Beter gekwalifiseerde
persone sal gedurig by groepe aansluit, en
herstrukturering van afdelings sal deurentyd voorkom.

Aanstellings van lede van die Adviesraad.

Die Kampkommandant moet ook aanstellings doen van


persone wat kan dien op die Adviesraad. Hierdie persone
moet baie noukeurig gekies word. Sekere hoofde van
afdelings en hoofde van subafdelings het verpligte diens
op die Adviesraad.

Kontrolering van aanstellings wat hoofde van


afdelings maak.

Na hierdie hoofde aangestel is word die riglyne vasgestel


vir die aanstellings wat hulle vir hul afdelings maak. Gee
insette m.b.t. voorkeure wat sekere persone mag kry en
kontroleer die aanstellings proses. Senior leierskap behou
die vetoreg met alle senior aanstellings. Maak seker dat
hoofde van afdelings ook aan hulle personeel verduidelik
dat aanstellings tydelik is en dat hulle die rede daarvoor
deurgee.

Algemene funksionering van elke afdeling en sub


afdeling in die uitvoer van pligte.

Verseker dat alle afdelings goed funksioneer. Gebruik die


kommunikasie lyne deur jou leierskap strukture om

145
terugvoer vanaf lede te kry om sodoende swak
funksionerende afdelings te identifiseer.

Afdeling vergaderings

Hou gereeld vergaderings met afdeling hoofde en


subafdeling hoofde om probleme te bespreek, en
oplossings te vind. Hou vergaderings met afdeling hoofde
apart van mekaar, tensy algemene sake bespreek word.

Vergaderings met leierskap word ook apart gehou van


vergaderings met afdelings bestuurders.

Leierskap vergaderings

Vergaderings met leierskap moet gereeld gehou word.

Die leierskap strukture is in plek om te verseker dat daar


kommunikasie tussen senior leierskap en mense op
grondvlak is. Deur leierskap strukture word daar met elke
lid gekommunikeer, ongeag van die pos waarin hy of sy
is, of in watter afdeling hy of sy werk. Hou hierdie kanale
aktief om vinnig wedersydse kommunikasie kanale
optimaal te benut. Bly in voeling met die lede op
grondvlak deur gereeld Streek leiers se verslae te monitor
en probleem areas te identifiseer. Streek leiers se verslae
kan ‘n goeie aanduiding wees van:

♦ Algemene moraal van lede.

146
♦ Algemene gesondheid onder lede.
♦ Tevredenheid van voedsel en water beskikbaarheid.
♦ Tevredenheid t.o.v. basiese dienste.
♦ Sprake van negatiwiteit en rebellie.
♦ Sprake van groepe wat begin teenkanting teenoor
leierskap wys.

1.3 Streek Leiers

Beskrywing

‘n Gekose Streek leier sal die Kampkommandant wees


in ‘n Streek kamp. Indien daar ‘n kamp vorm waar
meer as een Streek leier is sonder die teenwoordigheid
van ‘n Provinsiale leier sal die mees geskikte Streek
leiers die Kampkommandant wees. Die twee mees
senior leiers onder hom sal saam met hom die senior
leierskap vorm.

Kampe sal bykans altyd op hierdie vlak ‘n HK hê wat


tot ‘n groter of mindere mate die kamp se afdelings
bestuur. Streek leiers is dus in alle omstandighede
senior leiers. Streek leiers bestuur die lede deur hul
groepleiers aan die een kant, en bestuur ook sy eie HK
pligte en afdelings soos wat dit van tyd tot tyd bepaal
word aan die ander. Streek leiers het ‘n baie
belangrike rol in die Suidlander struktuur. Hulle is die

147
versamelpunt van informasie wat na onder vir
Groepleiers deurgegee word asook na bo na
Provinsiale leiers deurgegee word.

Pligte

Streek leiers het die volgende pligte in hul


Kampkommandant posisie in die HK.

 Aanstelling van hoofde in poste ter uitvoering van


hul pligte in afdelings wat in die spesifieke kamp
moet funksioneer. Volg hiermee die prosedure soos
in hierdie handleiding uiteengesit.

 Handhawing van ‘n effektiewe dienslewering van


dienste deur die afdelings wat is sy kamp
funksioneer.

 Gereelde afdelings vergaderings om probleme te


identifiseer en oplossings te vind.

 Normale Streek leier verantwoordelikhede soos vir


Streek leiers wat nie die pos van kamp senior
leierskap beklee nie. Dit is die volgende:

o Alle kommunikasie met die Streek leiers se


Groepleiers m.b.t. instruksies vanaf Provinsiale
leierskap.

148
o Alle kommunikasie met die Provinsiale leier
m.b.t. terugvoer vanaf lede deur Groepleiers.
o Saamstel van lede verslae, en indiening en
besprekings met Provinsiale leiers.
o Dokumentering van kamp insidente en terugvoer
daarvan aan oppergesag.
o Monitering van:
 Kamp moraal.
 Gesindheid van lede.
 Vlak van emosionele gesteldheid van lede.
 Vlak van fisiese gesteldheid van lede.
 Vorming van negatiewe groeperings.
 Vorming van rebellie onder groepe.

Soos ontvang vanaf Groepleiers wat onder die

Streek leiers funksioneer.

1.4 Sameroepers

Beskrywing

Sameroepers funksioneer in ‘n leierskapsposisie onder

Streek leiers met dieselfde pligte en beskrywing soos

Streek leiers. In sommige provinsies waar beperkte

ledetal is, het die posisie van sameroepers weggeval.

149
Wanneer ledetalle in ‘n noodsituasie drasties verhoog,

sal hierdie provinsies die Sameroepers leierskapsvlak

eers vul met bestaande Groepleiers en dan nuwe

Groepleiers vanuit bestaande lede aanstel.

1.5 Groepleiers

Beskrywing

Groepleiers het ‘n kritiese rol in monitering van lede se


emosionele en fisiese toestand en het ‘n enorme
invloed op lede se moraal en gesindheid.

Groepleiers is junior leiers wat ten alle tye op hoogte


van elke familie onder hom moet wees en in konstante
kommunikasie met sy Streek leiers moet wees om
sodoende kwel punte op te los deur dit aan senior
bestuur deur te gee. Dit is moontlik omdat groepleiers
tussen die lede bly en aan dieselfde omstandighede
blootgestel word.

Groepleiers bepaal tot ‘n groot mate die gesindheid


van lede deur ‘n positiewe gesindheid te handhaaf in
die manier waarop informasie en instruksies aan lede
oorgedra word. ‘n Negatiewe gesindheid onder lede dui

150
gewoonlik op die gesindheid van die Groepleier. Wees
baie bedag op die vlak van positiwiteit, hoop,
gerustheid en aanvaarding van strukture wat jy aan
lede oordra. Groepleiers kan onwetend hierdie
positiewe ingesteldheid van lede ontneem. Dit kan ‘n
rimpel effek veroorsaak en ernstige implikasie vir ‘n
kamp tot gevolg hê.

Pligte

• Groepleiers moet gereeld vergaderings met


Streek leiers bywoon om informasie en
opdragte te ontvang en aan lede deur te gee.
• Groepleiers moet tydens vergaderings met
Streek leiers ook terugvoer aan Streek leiers
gee rakende die toestand van lede m.b.t.
fisiese, emosionele en geestelike ongesteldheid
en behoeftes.
• Rapporteer ook alle tekortkominge in die
lewering van dienste deur die bepaalde
afdelings verantwoordelik.
• Rapporteer alle voorstelle en navrae aan jou
direkte leier wat deur lede gemaak word en
doen gereeld navraag vir terugvoer vanaf senior
leierskap.

151
ADVIESRAAD

Die Adviesraad word deur die Senior leierskap van ’n


kamp of kamp netwerk saamgestel. Die Adviesraad lede
het geen uitvoerende magte in die Suidlander strukture
nie. Lede wat dien op die Adviesraad beskik uit die aard
van hul pligte as hoof van afdelings of onderafdelings wel
oor die uitvoerende magte wat hulle deur daardie
afdelings pos verkry. Hierdie uitvoerende mag is natuurlik
beperk tot die pos wat lede in ‘n spesifieke afdeling
beklee. Sekere poste in afdelings en subafdelings sal
outomaties op die adviesraad dien vanweë hul vlak van
professionele insette wat op die Adviesraad gelewer kan
word. Hierdie outomatiese raadslede is die volgende
persone:

• Hoof van die afdeling Geestelik.


• Hoof van die subafdeling Reg en Vervolging.
• Hoof van die afdeling Verdediging.
• Hoof van die sub afdeling Navorsing.
• Hoof van Sub afdeling Medies

152
Ander kundige persone wat ook op die Adviesraad
behoort te dien is persone met ‘n hoë vlak van
kundigheid in die volgende professies:

• Natuur en chemiese wetenskappe.


• Militêre kundigheid.
• Wapentuig en chemiese oorlogvoering.
• Internasionale reg.
• Politiek

Die volgende persone mag nie op die Adviesraad dien


nie:

• Die drie leiers wat die senior leierskap uitmaak.


• Persone in senior posisies van ander organisasies.
• Persone wat as verdag geïdentifiseer is.

153
2. GEESTELIK

Die afdeling “Geestelik” bestaan uit twee subafdelings,


“Morele en Sedelike waardes” en “Godsdienstig”. ‘n Hoof vir
elke subafdeling moet aangestel word. Dit is nie nodig om ‘n
afdelingshoof in hierdie afdeling aan te stel nie, aangesien
die twee subafdelings se hoofde op gelyke vlak sal
funksioneer. Een van hierdie subafdelings se hoofde of albei
kan op die Adviesraad dien. Elkeen van hierdie subafdelings
het ‘n diens afdeling buite die raamwerk van sy normale
pligte.

2.1 Morele en Sedelike waardes

Die subafdeling “Morele en Sedelike waardes” is gemoeid


met die handhawing van ‘n Goddelike lewenswyse binne
Suidlander kampe. Die hoof van hierdie afdeling kan lede
identifiseer wat karakter eienskappe toon wat getuig van
goeie morele en sedelike waardes. Die aanstelling van
personeel sal verkieslik vanuit ons ouer geslag wees. Die
hoeveelheid lede wat hiervoor aangewend word kan deur die
hoof bepaal word. Die tipiese dagtake van die hoof en
personeel van ‘morele en sede’ is die aanspreek van:

• Klagtes van immorele optrede soos kras en God


lasterende taalgebruik, uitspattige kuiery tussen lede en
vulgêre praatjies.
• Ontering van die Sabbat.

154
• Drank en dwelm vergrype.
• Seksuele vergrype.
• Die stel van swak voorbeelde aan kinders.
• Saambly van ongetroudes.
• Homoseksuele verhoudings.
• Wrede en onmenslike optrede.
• Algemene Bybelse standaarde.

2.2 Oueres

Losstaande van die pligte van die subafdeling ‘Morele en


Sedelike waardes’ sal die hoof van die subafdeling ook ’n
ander afdeling direk onder hom bestuur. Hiervoor kan hy ‘n
pos skep as hy dit verkies.

Hierdie afdeling staan bloot bekend as die “Oueres”. Die


“Oueres” is ‘n afdeling van mense uit ons ouer geslag. Hulle
sal aangewend word as bemiddelaars in konflik situasies en
die oplos van geskille van ’n minder ernstige aard, tussen
lede. Alle geskille tussen lede wat nie die betrokkenheid van
die afdeling “Reg en Vervolging” vereis nie sal na die
afdeling “Oueres” verwys word vir bemiddeling. Lede wat nie
vinnig tot ‘n vergelyk kan kom in besluite nie kan ook vrywillig
na die “Oueres” gaan om ‘n oordeel te vel. Lede van alle
vlakke van leierskap en poste word aangeraai om van
hierdie informele metode van bemiddeling gebruik te maak.
Dit sal ook verpligtend wees om die “Oueres” te nader

155
voordat sake deur die “Reg en Vervolgings” afdeling
aangehoor sal word.

2.3 Godsdiens

Die afdeling “Godsdiens” is interkerklik en sonder enige


spesifieke kerklike voorkeure. Die afdeling “Godsdiens” sal
lede leiding gee omtrent Bybelse waarhede en beginsels,
groepe, sel en samekomste aanmoedig en ondersteun. Die
onderhouding van die Sabbat sal verpligtend wees vir alle
lede, met dien verstande dat lede self ‘n interpretasie kan
maak rakende die spesifieke dag wat hulle as die Sabbat
erken.

Die Geestelike leier sal toesien dat die nodige eer aan ons
Skepper gegee word deur:

• Vergaderings met Skriflesing en gebed te open.


• Dank te gee voor etes.
• Geestelike dae te eer.
• Dankdienste in te stel soos wat die geleentheid hom
voordoen.
• Die seën te vra voor groepe kampe verlaat of aan
verhoogde risiko blootgestel word.
• Dank te betuig wanneer groepe na veiligheid terugkeer.
• Vir leiding te vra voor belangrike besluite geneem word.
• Die wil van Vader te vra wanneer die lot gewerp word.

156
• Leiding te vra en te rapporteer wanneer Vader sy wil
deur die woord of andersins bekendmaak.
• En so meer

2.4 Berading

Behalwe vir die pligte soos uiteengesit hierbo sal daar nog ‘n
afdeling opgerig word wat direk onder die hoof van afdeling
“Godsdiens” sal val. Hierdie afdeling vereis die aanstelling
van ‘n hoof. Die afdeling sal “Berading” genoem word. Die
verskaffing van ‘n Christelik gefundeerde berading diens is
kardinaal in die onderhoud van ‘n gesonde emosionele
toestand onder lede. Die toestande waaronder lede hulself
gaan bevind, en omstandighede waaraan lede blootgestel
gaan word, sal ongetwyfeld:

• Uitermatige hoë druk op verhoudinge tussen lede en


veral huwelike plaas.
• ‘n Verhoogde vlak van spanning veroorsaak by veral
lede wat aan risiko blootgestel word.
• Lede traumatiseer en in ‘n toestand van skok laat.

Hierdie berading fasiliteite kan van onskatbare waarde wees


vir lede in die uitvoering van hul pligte asook die
funksionering in sosiale en familieverband
.
Die afdeling “Berading” word opgerig deur die werwing van
lede wat gekwalifiseerd is en of ondervinding het om

157
berading te doen. Hierdie persone moet berading fasiliteite
bied wat met ‘n sterk Christelike standaard gepaard gaan.
Persone wat vir hierdie poste aansoek doen wat sekulêre
sielkundige of berading kwalifikasies het, moet bygestaan
en opgelei word om Christelike beginsels in hulle tegnieke
te inkorporeer. In tye wat berading dienste nie nodig is nie,
kan opgeleide personeel hul tyd aan verdere opleiding
onder mekaar of aan nuwe kandidate bestee.

Daar is verskeie soorte berading wat gebied kan word,


onder andere:

• Trauma berading aan slagoffers.


• Huweliksberading om probleme in die huwelik aan te
spreek.
• Voorhuwelikse berading.
• Gees dinamiese lewe.
• Emosionele genesing.
• Stres hantering.

158
3. KAMP KOMITEE

Die afdeling “Kamp komitee” funksioneer onder die hoof van


die kamp komitee. Na aanstelling van die hoof van die kamp
komitee sal die hoof in oorleg met die senior leierskap die
proses begin om sy afdeling se sub afdelingshoofde aan te
stel. Hierdie afdeling hanteer alle gemeenskapsdienste,
fisiese gemeenskapsdienste en infrastruktuur.

Die hoof van die afdeling “Kamp komitee” rapporteer direk


aan die senior leierskap. Sekere subafdelings koördineer
deurentyd met sekere ander instellings, en sal in hierdie
hoofstuk meer breedvoerig behandel word.

3.1 Vlugteling kamp dienste

Beskrywing

Die subafdeling “Vlugteling kamp dienste” is ‘n


koördinerende dienslewering afdeling. Hierdie subafdeling
bestaan uit ‘n aantal kundiges wat eenvoudig die
dienslewering van die ander bestaande afdelings (Kamp
komitee, Geestelik, Verdediging en selfs Leierskap)
kanaliseer na en implementeer in vlugteling kampe.

Dit is die afdeling “Vlugteling kamp dienste” se taak om


dienste aan vlugteling kampe beskikbaar te stel. Dit is ‘n
funksie van ‘n aparte afdeling omdat vlugteling kampe nie

159
geografies naby Suidlander kampe geplaas sal word nie. Alle
dienste sal dus noodwendig deur Suidlander personeel aan
kampe buite die Suidlander kampe gelewer moet word.

Aangesien die standaard leierskap struktuur nie in hierdie


kampe bestaan nie sal dit die proses bemoeilik. Dit is ‘n
proses waarin die strukture van Suidlander kampe
stelselmatig in vlugteling kampe geïmplementeer word. Dit is
ook ‘n proses van bemagtiging van persone in hierdie kampe
om sodoende selfonderhoudend te wees. Wanneer
Suidlander strukture ten volle in vlugteling kampe
geïmplementeer is en vlugtelinge selfonderhoudend
funksioneer kan integrasie met Suidlander kampe plaasvind.
Die volgende stappe moet deur die subafdeling “Vlugteling
kamp dienste” gevolg word:

Vlugteling integrasie

a) Onmiddellike nood humanitêre hulp.


b) Toekenning van werk en pligte.
c) Kos water en skuiling vir ‘n paar dae of weke.
d) Lewering van basiese dienste.
e) Implementering van leierskap strukture.
f) Onderrig t.o.v. geestelike en wêreld beskouing.
g) Vestiging van selfonderhoudende bronne en
lewensmiddele.
h) Volle geografiese integrasie.

160
A. Onmiddellike nood humanitêre hulp.

Gebruik die nodige afdelings om so spoedig moontlik


die basiese behoeftes aan vlugtelinge te voorsien vir
onmiddellike verligting. Begin met:

♦ Mediese noodhulp vir kritiese gevalle.


♦ Kos en water vir kinders en swak persone.
♦ Skuiling.
♦ Kos en water vir families in vlugteling kampe.

B. Toekenning van werk en pligte.

Werf persone onder vlugtelinge om diens te doen


onder enige van die drie dienslewering afdelings. Dit is
belangrik dat vlugtelinge vroeg in die proses besef dat
elkeen sal moet werk verrig indien hierdie dienste aan
hulle gebied word. Dit skep ook ‘n gevoel van
waardigheid by mense. Hierdie is die eerste
blootstelling van vlugtelinge aan die Suidlander
strukture. Hierdie bekendstelling sal aan vlugtelinge
toon dat daar in tye van anargie bevel strukture
bestaan en dat bestaande infrastruktuur en
lewensmiddele bestuur, bewaar, en opgebou moet
word.

161
C. Kos water en skuiling vir ‘n paar dae of weke.

Gebruik die afdeling “Lewensmiddele” om beskikbare


kos voorraad vir ‘n paar dae of weke aan families in
vlugteling kampe te versprei. Aangesien die afdeling
“Lewensmiddele” verantwoordelik is vir die invordering,
berging en prosessering van lewensmiddele sal noue
samewerking tussen die twee departemente nodig
wees in die uitvoering van hul pligte.

Verskaf ook skuiling aan families deur van bestaande


infrastruktuur of tydelike skuilings gebruik te maak.
Skakel met die afdeling “Medies en Waterwerke” om
volgehoue nooddienste te lewer.

D. Lewering van basiese dienste.

Gebruik die afdeling “Dienste” om basiese dienste


(water, sanitasie en vullisverwydering) te voorsien Die
implementering van Suidlander dienste in hierdie
kampe sal dadelik ‘n gevoel van hoop onder
vlugtelinge teweegbring. Deur die lewens
omstandighede in vlugteling kampe te verbeter sal
dadelik ‘n opvlam in moraal veroorsaak. Dit sal
daaropvolgend ‘n bereidheid vir samewerking skep
asook produktiwiteit in werk teweegbring.

162
E. Implementering van Suidlander leierskap strukture.

Begin om persone in vlugteling kampe te identifiseer


om junior leiersposisie in die kampe te beklee. Hierdie
persone moet die vermoë hê om ‘n leidende rol
teenoor nuwe lede te vervul op beide emosionele en
geestelike vlakke.

Groepeer families saam in groepe van ongeveer tien


families per groep en doen aanstellings van een
Groepleier per groep. Begin dadelik om hierdie
Groepleiers te betrek by Suidlander groepleier
vergaderings. Die blootstelling aan leierskap strukture
is die eerste stap van integrasie. Wees versigtig met
die identifisering van leiers aangesien hierdie persone
‘n groot invloed sal hê op die moraal van hul lede.
Hulle sal ook die grootste invloed hê op die vorming
van vlugtelinge se persepsie rondom die Suidlander en
sy behoudende benadering van die omstandighede.

F. Onderrig t.o.v. geestelike en wêreld beskouing.

Dit sal ook nodig wees om vlugteling kampe te


transformeer m.b.t. christelike waardes en norme,
asook die wêreld beskouing wat ons het t.o.v. ons volk
se plek en toekoms in Suid-Afrika. Vra soos: hoekom
het dit gebeur? Wat lê vir ons voor? Hoe gaan ons die
politiese en fisiese aanslae hanteer? Hierdie mense
moet die psige van die behoudende Boer verstaan en

163
hom daarmee kan vereenselwig voor hulle met
Suidlander kampe kan integreer. Hierdie integrasie
proses sal vereis dat daar op die volgende vlakke in
vlugteling kampe gewerk word:

♦ Geestelik

Eerstens sal die Geestelike afdeling na Vlugteling


kampe uitbrei. Hierdie mense is ons volksgenote
en is in dieselfde omstandighede as wat ons is.
Verder het hulle nie die sekuriteit wat ons
strukture ons bied nie. Hulle het ook nie die
vooruitsig van hoop nie aangesien hulle nie
bekend is met die organisatoriese vermoë wat
die Suidlanders bied nie. Hulle het ook om watter
rede ook al nie voorbereiding getref t.o.v.
kosvoorraad, brandstof, beskutting mediese of
ander lewensmiddele nie.

Die afdeling sal aktief in vlugteling kampe moet


begin werk om die geestelike Suidlander
standaard aan vlugtelinge bekend te stel en
hierdie standaard as toelatings vereiste aan
vlugtelinge voor te hou. Hiervoor sal noue
koördinering deur die “Vlugteling kamp afdeling”
met die “Geestelike afdeling” nodig wees.

♦ Onderrig.

164
Die leierskap van Suidlander kampe sal op
gereelde basis moet skakel met nuut gekose
leiers in vlugteling kampe om sodoende ‘n
positiewe invloed op die politiese, historiese en
toekomstige wêreldbeskouing van hierdie mense
te hê. Die aanvaarding en vorming van ‘n
behoudende karakter is ‘n kritiese vereiste in die
integrasie proses. Waar persone ‘n liberale
uitgang nastreef kan sulke persone na integrasie
‘n skadelike effek op die uitkyk van bestaande
Suidlander groepe hê. Dit is presies hierdie
liberale uitkyk wat ons in hierdie benarde posisie
gebring het! Kontrasterende denke tussen lede in
stresvolle situasies het gereeld tot gevolg dat
konflik situasies plaasvind, rebellies vorm, of
splintergroepe afstig. Dit is belangrik om
eensgesindheid en ‘n atmosfeer van respek vir
die gevestigde strukture te behou en te versterk.

G. Vestiging van selfonderhoudende bronne en


lewensmiddele
.
Gebruik persone in vlugteling kampe om in
samewerking met die afdeling voedselsekerheid deur
aanplanting en lewende hawe bestuur
selfonderhoudend te raak. Vars produkte kan binne
enkele maande reeds groot getalle mense voed. Dit sal
die einde van afhanklikheid aan Suidlander kampe
wees. Suidlanders sal by aankoms van finale veilige

165
areas 10% van hul voorraad afstaan vir die versorging
van vlugtelinge. Op hierdie stadium moet alle strukture
reeds goed gevestig wees in vlugteling kampe om
sodoende integrasie te begin.

H. Volle geografiese integrasie

Sodra groepe in vlugteling kampe op alle areas gereed


is vir integrasie kan ‘n groep met sy Groepleier onder ‘n
Suidlander Streek ingedeel word. Hulle sal ook dan in
die Suidlander kamp ingeneem word. Indien daar op
hierdie stadium lewensmiddele soos beter skuiling of
selfs kamptoerusting beskikbaar is kan hierdie groepe
se lewenstandaard daardeur verhoog word. Bly in noue
kontak met nuut geïntegreerde vlugtelinge om te
verseker dat daar nie negatiewe invloede saam met
hulle in Suidlander kampe inkom en vestig nie.

3.2 Administrasie

Samevatting

Die afdeling “Administrasie” sal alle dokumentasie behartig.


Dit sluit in die:

• Opstel van kontrakte, vorms, fakture ens.

166
• Die neem van notules tydens senior leierskap
vergaderings, Adviesraad voorleggings,
onderhandelings ens.
• Die neem van verklarings, bekentenisse, ens.
• Liassering en veilige bewaring van alle dokumentasie.
• Bekendmaking van alle relevante dokumentasie aan
nasionale en international instansies en owerhede.

Hoekom administrasie belangrik is

Die suksesse en mylpale wat die Boervolk in die geskiedenis


bereik het is tot ‘n groot mate te wyte aan die hoë vlak van
orde en dissipline wat ons handhaaf m.b.t. rekordhouding,
geskrewe riglyne, onderhouding van reëls en regulasies,
dokumentering van gebeure, ens. Hierdie is alles aksies wat
met sorgvuldige administrasie gepaard gaan. Dit sal dien as
getuienis van die orde waarmee ons enige situasie bestuur,
asook ‘n skriftelike rekord van insidente, waarnemings en
optredes wees.

3.3 Medies

Met die oprig van kampe sal daar ‘n mediese afdeling


opgerig word. Alle lede wat mediese kwalifikasies, opleiding
en ondervinding het moet by die mediese afdeling vir diens
aanmeld. Die afdeling “Medies” moet met die afdeling
“Geestelike berading” skakel om dienste te kombineer. Die
afdeling moet funksioneer onder vier subafdelings:

167
• Kamp hospitaal
• Veld mediese dienste
• Opleiding medies
• Mediese Adviesraad

Kamp hospitaal

Die Kamp hospitaal moet ‘n permanente struktuur in elke


kamp wees. In die tipiese opset van kampe is dit dus
moontlik om ‘n diens in die hoof beheersentrum van ‘n
netwerk van kampe te hê of om ‘n diens in elk sub kamp op
te rig. Hierdie keuse m.b.t. mediese eenhede moet deur die
senior leierskap van die netwerk van kampe geneem word in
oorleg met die senior mediese personeel van die kamp.

Neem die volgende stappe in die keuse van mediese


sentrum oprigting:

• Hoe vêr moet lede van sub kampe na die hoof


beheersentrum beweeg vir mediese hulp en pasiënt
besoeke indien een hoof mediese sentrum in ‘n
netwerk van kampe opgerig word.
• Hoeveel mediese personeel is beskikbaar. Kan die
hoeveelheid personeel meer as net `n hoof sentrum
regverdig.
• Wat is die beskikbaarheid van infrastruktuur om meer
as een mediese sentrum op te rig.

168
• Laat die sekuriteit situasie sentrums toe buite die
beskerming van sekuriteit wat ‘n hoofkantoor bied.
• Is die netwerk van kampe groot genoeg om individuele
kampe te regverdig.
• Bied die sub kampe genoegsame water en sanitasie vir
mediese eenhede.

‘n Hoof van medies moet in elke mediese sentrum aangestel


word. Die hoof van die sentrum moet alle strukture in plek
stel wat nodig is vir die bestuur van ‘n mediese sentrum. Dit
is onder andere die volgende:

• Water en sanitasie vereistes moet met die afdeling water


en sanitasie bespreek word. Sorg dat die vereiste diens
standaard vir aanvanklike oprigting asook vir ‘n nood
toevloei van pasiënte deeglik bespreek word.
• ‘n Deeglike inventaris van mediese toerusting, medikasie
en voorraad moet opgetrek word en ‘n kontrole proses in
plek gestel word.
• ‘n Deeglike lys van mediese voorrade wat benodig word
vir die volgehoue behandeling van lede moet opgetrek
word en in diepte met die afdeling “Lewensmiddele”
bespreek word. Waar die afdeling “Lewensmiddele” ‘n
projek van invordering beplan moet daar indien nodig ‘n
mediese personeellid op die projek teenwoordig wees.
• Hou gereelde sessies met Groep- of Streek leiers om
mediese voorraad wat benodig word in groep
vergaderings met lede te bespreek en in te vorder.

169
• Doen ‘n deeglike noodontruiming plan indien die kamp
vinnig geskuif moet word.

• Implementeer vaste administratiewe prosedures vir


rekordhouding van:
• Geboortes
• Sterftes
• Diagnose aanbeveling
• Mediese prosedures en behandeling
• Naasbestaande en voog toestemmings vereistes
• Klagtes en aanklagte van lede teen die sentrum.
• Familie ooreenkomste rakende die noodontruiming
van sentrums.
• Familie ooreenkomste rakende ete voorsiening van
pasiënte.

Veld Mediese dienste (Veld Medic)

Daar moet so spoedig moontlik personeel aangestel en


toegerus word om veld mediese dienste te verrig. Hierdie
personeel moet beskikbaar wees vir diens tydens alle werk
wat buite kampe gedoen word. Hulle moet ook altyd
beskikbaar en bereikbaar wees om in enige nood mobiel na
‘n insident te ontplooi om dienste daar te lewer. Die hoof van
die afdeling “Medies” moet bepaal wat die minimum mediese
voorraad is wat ‘n “veld medic” aan sy persoon moet hê.

170
“Veld medics” word aanbeveel om vanuit sy eie
groepsverband die basiese mediese voorraad in te win om
sy dienste mee te lewer.

“Veld medics” moet in nou samewerking met die afdeling


“Geestelik” se Berading afdeling saamwerk. “Veld medics”
en kritiese insidente trauma personeel moet nou saamwerk
en koördineer veral waar daar saam op tonele diens gelewer
gaan word.

Enige afdeling wat op enige stadium ‘n projek van stapel


stuur kan by die hoof van afdeling “Mediese dienste” ‘n
versoek doen om deur ‘n “veld medic” vergesel te word.
Projekte wat ‘n hoë risiko inhou moet ook vooraf, met
inagneming van informasie dissiplines, aan die hoof van die
afdeling “Mediese dienste” aangemeld word. Dit is belangrik
vir die beplanning van moontlike toevloei van persone wat
mediese hulp benodig.

Opleiding medies

Die afdeling “Opleiding medies” word daargestel om


opleiding te verskaf aan lede. Die omstandighede tydens
onttrekking sal vereis dat daar ‘n groot nood vir mediese
dienste sal ontstaan. Personeel moet spesifiek vir noodhulp
opgelei word om eerstehulp in noodsituasies te gee.

171
Die standaard verhouding mediese personeel tot ledetal is
een noodhulp personeellid per groep. Na opleiding sal
hierdie persone diens lewer in enige van die vier mediese
afdelings soos wat deur die hoof van die afdeling bepaal
word. Opgeleide mediese personeel kan in tye van lae
aanvraag aan mediese dienste ook aan ander departemente
toegedeel word deur die hoof van die afdeling. Hierdie
personeel sal dan onder die afdeling waarin hy/sy toegedeel
word werk en onder daardie afdeling sorteer in normale
werksure, met die uitsondering van vooraf gespesifiseerde
werksessies wat mediese personeel by die afdeling
“Mediese dienste” moet bywoon. Hierdie werksessies sal
opleiding, evaluasie en toerusting kontrole hernu op ‘n
weeklikse basis of soos deur die afdeling “Hoof mediese
dienste” bepaal word. Enige insident of gebeurlikheid wat die
dienste van toegedeelde mediese personeel vereis sal alle
relevante personeel dadelik weer onder die afdeling
“Mediese dienste” groepeer sonder die nodigheid van opdrag
of instruksie.

Mediese Adviesraad

Die subafdeling “Mediese Adviesraad” is nie ‘n afdeling opsig


self nie. Dit is ‘n adviesraad wat uit kundige personeel in die
afdeling “Medies” bestaan. Die doel van dié Adviesraad is
om op hoogte te bly, ondersoeke te doen, en aanbevelings
te maak rakende die volgende;

172
• Die identifisering van mediese bedreigings m.b.t. die
kamp opset, omstandighede, area, ens.
• Die ondersoek en identifisering van simptome en
bedreigings wat lede op pandemiese skale kan bedreig.
• Projeksies en aanbevelings rondom mediese personeel
en voorrade vereistes vooruit en houdelik, volgens huidige
omstandighede en met inagneming van enige
grootskaalse insident.
• Evaluering en kwaliteit beheer van die huidige vlak en
vermoë van die afdeling “Medies”.

3.4 Polisiëring

Die subafdeling “Polisiëring” moet duidelik onderskei word


van enige subafdeling wat funksioneer onder die afdeling
“Verdediging”. Die afdeling “Polisiëring” sal net op die
handhawing van wet en orde binne kampe fokus en nie met
die proses van verdediging van lede teen bedreigings vanaf
buite betrokke wees nie. Polisiëring sal in alle
omstandighede onder een hoof funksioneer wat in die
beheersentrum van die totale netwerk van kampe geplaas is.
Daar sal dus nie aparte polisiëring plaasvind nie. Net soos
met enige ander lede en personeel van enige ander
afdelings kan lede van die subafdeling “Polisiëring” op enige
stadium versoek word om by nood afdelings aan te sluit. In
so ‘n geval sal alle huidige pligte verval en sonder opdrag of
instruksie deel van ‘n nood afdeling vorm.

173
In elke kamp word ‘n hoof van Polisiëring aangestel om
personeel vir die afdeling te identifiseer en aan te stel. Die
afdeling se personeel verhouding tot ledetalle word bepaal
deur die hoof van polisiëring in oorleg met sy direkte hoof en
senior leierskap. Neem die volgende in ag met die bepaling
van polisiëring getalle:

• Algemene onderwerping van lede aan wet en orde.


• Hoeveelheid sake wat op enige stadium ondersoek
word.
• Die aanvraag van die afdeling “Reg en vervolging” vir
personeel om met verhore en sake diens te doen.

Alle personeel wat in die diens aangestel word verkry vanaf


die hoof van die afdeling “Polisiëring” onder die bevel van die
senior leierskap die volgende gesag:

• Die gesag om arrestasies te doen.


• Die gesag om visentering te doen waar daar redes
bestaan om te glo dat ‘n visentering bevel deur die
afdeling “Reg en vervolging” toegestaan sou word.
• Die reg om enige lid binne kampe te versoek om enige
vuurwapen veilig te verklaar.
• Die reg om vuurwapens van lede te ontvang vir
bewaring by toegang van vuurwapen veilige areas.
• Die reg tot ondervraging sonder intimidasie.

174
3.5 Onderwys

In elke kamp sal daar ‘n afdeling vir die onderrig van


kinders opgerig word. By die oprigting van hierdie
subafdeling moet daar ‘n hoof van onderrig aangestel word
om die hele afdeling in die netwerk van kampe te bestuur.
Die hoof sal dan die onderwysers aanstel en die
leerprogram met hulle behandel. Die oprigting van hierdie
afdelings moet in die kleinste kamp opset geskied om die
volgende redes.

• Kinders moet so naby as moontlik aan die familie kamp


onderrig ontvang vir die volgende redes:
o Die afstand wat na plekke van onderrig afgelê
moet word kan nadelig wees vir kleiner kinders.
o Die sekuriteit implikasies wat dit inhou om vêr van
familie af te beweeg.
• Die teenwoordigheid van kinders by ‘n hoofkantoor van
‘n kamp netwerk kan kinders blootstel aan risiko en
trauma.
• Die teenwoordigheid van kinders by ‘n hoofkantoor van
‘n kamp netwerk kan steurend wees vir werk in die
hoofkantoor.
• Fasiliteite kan makliker en meer effektief aan kleiner
groepe kinders gebied word in die kleinste kamp
groepering formaat.

175
Onderrig sal volgens ‘n streng Christelike leerprogram
aangebied word waarin Christelike waardes dié hoofrol sal
speel.

3.6 Vervolgings Gesag

Die afdeling “Vervolgings gesag” word saamgestel deur die


aanstelling van die mees senior of mees geskikte
regsgeleerde persoon as hoof van die subafdeling. Die hoof
van die afdeling sal die aanstelling van regsgeleerdes
behartig om regsdienste te lewer vir die gemeenskap asook
vir die Suidlander bestuur en vir relevante geleenthede wat
mag voorkom in die uniek situasie van die tyd.

Die afdeling moet nou saamwerk met die afdeling


“Administrasie” ten opsigte van rekordhouding en
dokumentasie.

Hierdie afdeling sal die volgende hoof pligte hê:

• Die aanhoor van sake wat deur die afdeling “Polisiëring”


aanhangig gemaak word.
• Die aanhoor van sake wat deur lede by die afdeling
aanhangig gemaak word.
• Die assessering van leierskap in die
besluitnemingsproses m.b.t. regstegniese aspekte.
• Die vorming van reg en beleid in Suidlander kampe.

176
• Die opstel van regsdokumente wat in kampe gebruik
word.
• Diening op die Adviesraad.

3.7 Dienste

Die subafdeling “Dienste” het drie subafdelings wat elk die


aanstelling van ‘n hoof vereis. Die drie afdelings is:

• Waterwerke
• Sanitasie en higiëne
• Vullisverwydering

Elk van die afdelings kan in afsonderlike kampe funksioneer


of op groter skaal onder die nasionale netwerk van kampe
funksioneer. Die bepaling van hoe elke afdeling funksioneer
word deur die hoof van die afdeling bepaal in oorleg met die
direkte senior leierskap van toepassing. Met die hantering
van water en riool word die volgende kleur kodes gebruik.

177
Water kodes
Beskrywing Kleur
Veilig vir menslike gebruik vir inname en kos maak Blou
sonder die nodigheid van suiwering.
Voorbeeld:
Boorgat water. Fontein water.

Veilig vir die gebruik van die was van klere, sekere Bruin
kombuisware en ander algemene toerusting. Kan
gesuiwer word deur kook metode of met
watersuiwering produkte soos tablette of
bleikmiddel.
Voorbeeld:
Rivier of dam water sonder chemiese of organiese
besoedeling.
Nie goed vir menslike gebruik nie. Het nie ernstige Grys
mediese risiko nie maar moet veilig van ontslae
geraak word. Kan negatief op die omgewing inwerk.
Voorbeeld;
Badwater, Skottelgoed water, wasgoedwater.

Gevaarlik. Vermy kontak en hou buite honderd


meter van kampe. Uitloop ondergronds. Swart
Voorbeeld;
Riool water, Besmet met dooies en verrotting

178
3.7.1 Waterwerke

Met die voorsiening van water is daar twee tipes water


wat aan kampe voorsien kan word.
• Blou water, en
• Bruin water.

Die volgende is belangrik met die verspreiding van


twee kleure water:

• Geen water houers of water karre wat vir die


verspreiding van bruin water gebruik word mag vir
blou water gebruik word nie.
• Water kanne en karre moet duidelik met die
nodige kleur gemerk word met verf, plakkers ens.
• Water karre moet ‘n kleur aanduiding by die
aftapkraan en op die tenk hê.
• Gebruik menslike gebruik graad plastiekhouers vir
blou water berging.
• Moenie blou water in kanne berg waarvan die
vorige inhoud nie bekend was nie.
• Moenie houers gebruik wat voorheen vir melk
gebruik was nie - proteïen selle kan nie volkome
verwyder word nie en sal vinnig bakteriese groei
tot gevolg hê.
• Water moet binne twee en sewentig uur vervang
word.

179
Vir water berging wat nie binne 72 uur gebruik sal word
nie is die volgende reëls van toepassing:

• Merk houers met die datum waarop die houers


opgevul word.
• Berg houers met water op ‘n koel donker plek, nie
in direkte sonlig nie.
• Voeg vyf druppels bleikmiddel per liter water by of
‘n halwe teelepel per tien liter water.
• Moenie water gebruik binne dertig minute na
bleikmiddel ontsmetting nie.
• Maak water kanne altyd tot oorlopens toe vol.
• Gebruik slegs water met ‘n skoon deurskynende
kleur.

Nuwe kamp water beplanning.

Die volgende is riglyne vir beplanning van water


voorsiening. Dit is net ‘n voorbeeld, persone in beheer
van die afdeling “Water voorsiening” kan self die
metodes wysig.

Besluit of water afgelewer of opgetel word.

Bepaal:
a) die water bronne beskikbaar
b) die water kleur van bronne
c) die hoeveelheid water beskikbaar van elk bron

180
d) die koste van aflewering
e) die koste van water produksie
f) totale koste.
g) die hoeveelheid water wat per gesin verskaf
gaan word
h) die totale water behoefte van die kamp.
i) die koste per familie.
j) en laastens die aflewering siklus.

181
Voorbeeld van water beplannings werkblad

Water beplanning Kamp Vrystaat Tipe Blou


plaas
Optel/ aflewer Aflewer Hoeveelheid families 413

Bronne Lewering Aflewerings Produksie Totale


per dag koste koste koste
1Boorgat 10km 10 000 l 15 l diesel 20 l diesel 25 l diesel
Met liter water

2Windpomp 4000 l Geen Geen Geen


100m
15000 l 8 l diesel 28 l diesel 36 l diesel
3Boorgat 6km
dompel met
kragopwekker

Totaal 29 000 l 61 liter


diesel
Water per 70 l per dag Koste per 0,15 liter
familie familie diesel
Beplanning Water word in groepsverband gelewer in lede se eie houers. Kanne word twee
maal per dag volgemaak indien moontlik. Diesel koste word weekliks vooruit per groep gevorder.
25 liter word per dag per familie afgelewer. Geen optel word toegelaat nie. 10 Liter diesel per groep
per week word benodig, met diesel surplus sal inname gestaak word tot diesel weer benodig word.

182
Hou die volgende in gedagte om te bepaal hoe
watervoorsiening gaan funksioneer.

• Die ligging van waterbronne vanaf die punte van


verspreiding.
• Die hoeveelheid water wat beskikbaar is vir die
ledetal wat bedien moet word.
• Die vermoë om water af te lewer teenoor die
praktiese vermoë van lede om te kollekteer.
• Die materiële koste van water teenoor die vermoë
van lede om daardie koste te dek.
• Die gebruik van bruin water bronne vir wasgeriewe
om kostes te bespaar.

Afdeling “Watervoorsiening” moet die volgende dienste


addisioneel tot lede kan voorsien:

• Voorsiening van water by hoofkantoor.


• Voorsiening van water vir wegneem deur dienste
wat buite die kampe gelewer word.
• Voorsiening van water aan vlugtelinge in oorleg
met die afdeling “Vlugteling kamp dienste”.
• Opgaar van water voorraad in oorleg met kamp
bestuur en in lyn met aanbevelings van die
adviesraad.

183
Water beperkings

Onthou dat water beperkings ‘n baie noodsaaklike


beplannings aspek van die afdeling “Water
voorsiening” is. Alhoewel dit ‘n groot impak op
lewensgehalte het moet die besluite t.o.v.
waterbeperkings streng deur personeel toegepas word,
en deur lede gerespekteer word. Water beperking sal
somtyds ingestel word selfs al wil dit voorkom of meer
water beskikbaar is. Dit is belangrik om altyd redes vir
sulke beperkings aan lede bekend te maak om
sodoende ‘n positiewe gesindheid onder lede te behou.

Die volgende kan redes vir waterbeperkings wees.

• ‘n Tekort aan water.


• Die oormatige slytasie op pompe en masjinerie
waar onklaarraking ernstige gevolge kan hê.
• Die noodsaaklikheid van besproeiings water en
water vir lewende hawe.
• Waar water voorraad opgeberg moet word.
• Die tyd beskikbaar om water te pomp of te stoor.
• Die beperkings op windpompe en natuurlike
bronne.
• Die koste van water produksie en aflewering of
optel.

184
Die volgende is moontlike nadele van waterbeperkings:

• Die aftakelende effek op sanitasie en higiëne.


• Die medies en gesondheids- implikasies
• Die beperkende effek op berging van water
• Die afbrekende emosionele effek op lede.

3.7.2 Sanitasie en Higiëne

Die afdeling “Sanitasie en higiëne” is ‘n aanbevelings


en kontrolerende instelling. Hierdie afdeling sal
riglyne neerlê t.o.v. die volgende:

• Die soort toiletgeriewe wat deur lede opgerig moet


word. (“Long drops”, urinale, Oop tipe gate,
Septiese tenks, vlak enkel gebruik gate, ens)
• Die afstande vanaf kampe en toilette.
• Die gebruik van chemiese middels in toilette.
• Die tydperk wat toilette in gebruik mag wees.
• Die hoeveelheid spoele wat in spoeltoilette
gemaak mag word.
• Die minimum stort en bad vereistes.
• Die gebruik van nie bio-afbreekbare sepe.
• Die afloop vereistes van waswater.
• Die afstande van waswater afloop punte tot by
kampe.
• Die plasing van urinale.
• Die ligging van vullis hope.

185
• Die vullis verwerkings vereistes.
• Die plasing van kampe t.o.v. reeds onveilige areas
soos krale en stortingsterreine.
• Kontaminasie voorkoming van natuurlike water en
voedsel bronne.

Hierdie afdeling moet nou saamwerk met die afdeling


“Medies” i.t.v. die bepaling van vereistes asook met
die Adviesraad of Senior leierskap i.t.v. kamp uitleg
en plasing. Hulle moet ook die volgende faktore in
gedagte hou met die bepaling van sanitasie en
higiëne regulasies:

• Die grootte van kampe.


• Die digtheid van kampe.
• Die grond tipe van die omgewing.
• Die omgewings impak van kampe.
• Die tydsduur voor `n kamp gaan skuif.
• Die helling waarteen gekamp word.
• Die tyd beskikbaar om geriewe op te rig.
• Chemiese middels en infrastruktuur beskikbaar.
• Die beskikbaarheid van water.

Aangesien daar talle aspekte is wat die spesifieke


riglyne t.o.v. higiëne beïnvloed, is dit nie moontlik om
vooraf vaste reëls neer te lê nie. Hierdie is `n
komplekse aspek van kamp beplanning, wat in oorleg
met kundiges, en in terme van die beperkings en

186
moontlikhede wat die spesifieke kamp opset bied,
saamgestel moet word. Hou in gedagte dat daar
sekere kampe kan bestaan op `n plek waar daar
miskien ‘n mate van infrastruktuur soos spoeltoilette
en wasgeriewe bestaan. In so `n situasie moet ander
aspekte ondersoek word as wat normaalweg in die
veld sou geld. Voorbeelde hiervan is:

• Wat is die kapasiteit van die rou afval verwerkings


opset.
• Wat is die septiese tenk vermoë.
• Wat is die bewoonde gebied se water lewerings
vermoë.
• Is water lewering en riool verwerking afhanklik van
elektrisiteit voorsiening.
• Het riool afvoerpype ‘n maksimum vloei vermoë.

Selfs al word bewoonde gebiede of klein dorpies as


kampgebied geïdentifiseer, sal daar steeds
beperkings en uitdagings bestaan rondom sanitasie
aangesien riool verwerking en
watersuiweringsaanlegte vir ‘n maksimum spesifieke
inwonertal ontwerp is.

187
3.7.3 Vullisverwydering

Effektiewe vullisverwydering kan `n groot rol speel in


die handhawing van gesonde toestande in kampe.

Die verwydering van vullis deur `n aangestelde


verantwoordelike afdeling kan ook groot voordele
inhou t.o.v. die koste wat daarmee gepaard gaan. As
elke groep of familie hulle eie vullis verwyder sal die
brandstof koste byvoorbeeld veel hoër wees. Daar sal
ook nie kontrole van vullis sortering plaasvind nie. Die
afdeling vullisverwydering is vir die volgende
verantwoordelik;

• Die identifisering van `n gepaste stortings terrein


i.t.v. afstand vanaf die kamp.
• Die metode van storting. ( Vullis gat, Verbranding.
Vullis hoop, ens.)
• Die metode hoe vullis gestort moet word. (In
sakke, organiese materiale geskei, brandbare
materiale geskei, ens)
• Die dae van verwydering.
• Die tipe vullis wat verwyder word. Lede kan gevra
word om brandbare materiale self te verbrand of
om organiese materiaal self te begrawe.
• Bepaal of daar rehabilitasie van stortings terreine
moet plaasvind.

188
• Bepaal die koste van vullisverwydering en
kollekteer brandstof in groep- of kamp verband op
vaste tye.

Onthou dat die omstandighede in sekere gevalle sal


bepaal hoe vullis hanteer moet word. Voorbeelde
hiervan is:

• Waar sigbaarheid dissiplines geld is dit dalk nodig


om alle vullis saam te neem wanneer `n kamp
verlaat word.
• Waar vure en rook `n risiko inhou om gesien te
word kan vure nie gebruik word om vullis te
brand nie.

 Waar brandstof beperk is sal stortings terreine


binne loopafstand geplaas moet word.

189
4. VERDEDIGING

Die afdeling “Verdediging” sal meestal uit aanstelling van


persone met vorige militêre opleiding, kennis en vermoëns
bestaan. Hierdie afdeling hanteer alle aspekte rondom die
beveiliging van weerlose lede. Dit is nie die intensie van die
Suidlander organisasie om ‘n militêre vleuel te stig of om in
offensiewe optredes betrokke te raak nie. Die groepering
van persone met militêre vermoëns in hierdie afdeling is
bloot prakties van aard. Sulke persone beskik almal in `n
sekere mate oor kundigheid en dissiplines wat veiligheid en
sekuriteit betref. Hulle is ook vertroud met bevel strukture
en prosedures wat noodsaaklik is in die oprigting van ‘n
beveiligings struktuur vir ons lede. Hierdie strukture sal
noodsaaklik wees in `n tyd van anargie. Ons sal in hierdie
tyd sonder eie keuse of toedoen aan gevaar blootgestel
wees. As `n siviele verdedigings organisasie is dit ons plig
om ons mense te beskerm. Alhoewel die bepalings van
siviele verdediging organisasies nie deelname in die konflik
toelaat nie, word ligte vuurwapens wel toegelaat vir die
beveiliging van lede en personeel. Alhoewel die
voorbehoud van vergelding nie as `n aanvaarbare
beveiligings meganisme in siviele verdedigings
organisasies aanvaar word nie, is die magsvertoon wat die
teenwoordigheid van ligte vuurwapens bied wel `n
aanvaarbare beveiligings metode.

190
Funksionering

Diè afdeling word gevestig deur die aanstelling van `n hoof


van afdeling “Verdediging”. Die hoof van die afdeling in `n
kamp sal direk onder die gesag van die hoof van
“Verdediging” in `n oorkoepelende kamp val indien enige.
Die hoof van verdediging sal die volgende aanstellings
maak volgens die riglyne in die afdeling aanstellings:

• Hoof van kamp sekuriteit.


• Hoof van navorsing
• Hoof van Omgewing beveiliging
• Hoof van lewens middele
• Hoof van kommunikasie

Soos wat kampe onder hoofbestuur inval sal hierdie


aanstellings gewysig word soos wat dit deur die hoofde van
afdelings bepaal word in oorleg met senior leierskap.

4.1 Kamp Sekuriteit

Hoekom?

Sekuriteit is die beskerming van lewens en eiendom van


persone in `n kamp. Persone wat veilig voel in `n kamp opset
kan meer produktief in hul pligte wees, beter konsentreer op

191
die werk op hand, en beter besluite neem, selfs in stresvolle
situasies.

Werking

Die afdeling “Kamp sekuriteit” word deur `n hoof van


sekuriteit hanteer. Die vlakke van beveiliging wat van tyd tot
tyd vereis word sal deur die hoof van kamp sekuriteit bepaal
word in oorleg met sy direkte hoof, asook die direkte leiers
waaronder hy funksioneer. Kamp sekuriteit word in drie hoof
afdelings gebied. Die wag stelsel, weerbaarheid en
observasie poste. Hierdie drie afdelings is verantwoordelik
vir veiligheid binne kampe, alhoewel die dienste van
observasie poste hulle rol vervul buite die kamp opset. Kamp
sekuriteit moet nie met ander afdelings van verdediging
verwar word nie. Ander afdelings het in alle opsigte `n
nasionale en volks gerigte beveiligings doelwit en rapporteer
altyd aan `n groter bevelstruktuur as in die geval van kamp
sekuriteit. Die hoof van kamp sekuriteit se eerste werk is die
bepaling van die huidige risiko faktor waaronder `n kamp op
enige stadium verkeer. Die nege vlak risiko faktor moet ten
alle tye aan die hoofde van die drie afdelings van kamp
sekuriteit bekend wees en verkieslik geskrewe en sigbaar in
die HK van ‘n kamp aangebring word om paraatheid te
bevorder.

192
Vasstelling van sekuriteit vlakke in
kampe

Wanneer risiko bepaal word is dit belangrik om die terms


kwesbaarheid, bedreiging en risiko te definieer.

Kwesbaarheid

Die vlak van blootstelling en weerloosheid aan `n bepaalde


bedreiging.

Bedreiging.

‘n Gevaar vir lewe en eiendom van lede in jou kamp

Risiko

Die vlak van moontlikheid en impak van ‘n dreigende


situasie.

Die kombinasie van die bedreiging en die kwesbaarheid


bepaal dan die risiko. ‘n Kamp kan dus baie kwesbaar wees
deur dat dit `n klein kampie is sonder die vermoë om homself
te verdedig of vinnig te onttrek. Die bedreiging kan ook groot
wees omdat daar swaargewapende vyande in die omgewing
is. Die kombinasie sal dus `n hoë risiko wees.

193
Risiko faktor

Die intensiteit waarmee enige kamp beveilig word, word


bepaal deur die risiko faktor waaronder daardie kamp
verkeer. Die risiko faktor word deur `n glyskaal van een tot
nege weergegee, met die nommer een as die laagste vlak
van risiko, en die nommer nege as die hoogste. Die risiko
faktor word bepaal deur `n vlak 1, 2 en 3 aan die vlak van
kwesbaarheid toe te ken. Dan ‘n vlak 1, 2 en 3 aan die vlak
van bedreiging. Dan die twee met mekaar te vermenigvuldig
om die Risiko faktor te bepaal.
Bepaling
Risiko = Kwesbaarheid X Bedreiging

Kwesbaarheid Bedreiging

Goed beveilig 1 Klein 1


Blootgestel 2 Gemiddeld 2
Kwesbaar 3 Groot/Onbekend 3

Goed beveilig X Klein bedreiging 1


Blootgestel X Klein bedreiging 2
Goed beveilig X Gemiddeld 2
Kwesbaar X Klein 3
Goed beveilig X Groot/Onbekend 3
Blootgestel X Gemiddeld 4
Kwesbaar X Gemiddeld 6
Blootgestel X Groot/Onbekend 6
Kwesbaar X Groot/Onbekend 9

194
Die risiko faktor is dus `n nommer van 1 tot 9, waar 1 `n lae
risiko inhou, en waar 9 `n baie hoë risiko of moontlike risiko
inhou.

Tydgleuf

Die tydgleuf beskikbaar om in te reageer op `n waarskuwing


van komende aksie van bedreiging is natuurlik `n bepalende
faktor in die sukses van die uitvoering van enige beplande
reaksie. Die tydgleuf beskikbaar is die tyd wat `n kamp het
om hul beplande optrede uit te voer of om in totale
gereedheid te kom om die plan uit te voer. Sou die plan dus
VLUG wees sou die tydgleuf die tyd wees om mobiel te raak
en te onttrek. Sou die plan VERDEDIGING wees sal die
tydgleuf die tyd wees wat beskikbaar is om in plek te kom en
voorbereiding te tref om `n effektiewe verdedigings reaksie te
voer.

Die tydgleuf word bepaal deur die beskikbare tyd wat gebied
word deur middel van waarskuwing. Die waarskuwing kan
van `n aantal sekuriteit aksies af ontvang word, `n voorbeeld
van sulke aksies is:

• Observasie poste wat `n aankomende bedreiging aan


`n kamp rapporteer.
• Ander verdedigings afdelings wat in `n area werk, wat
`n aankomende bedreiging aan `n kamp deurgee.

195
• Die identifisering van `n aankomende bedreiging wat
deur lede op die wag gedoen word.
• Vroeë waarskuwings stelsels wat op plekke opgerig
word soos sensors van soorte op beknopte oorgange
soos:
o brûe,
o tonnels,
o vlak rivier beddings,
o poorte, ens.
• Die gebruik van sein strikke soos gespande lyn met `n
waarskuwings meganisme.
• Afstand peiling van sigbare omgewing.

Die senior leierskap in oorleg met die nodige verdedigings


afdelings en kundiges het hier `n tweedelige beplanning en
besluitnemings doelwit. Die senior leierskap moet:

• Bepaal of die tydgleuf wat die geïmplementeerde


waarskuwende dienste en meganismes bied
genoegsaam is om die beplande reaksie suksesvol uit
te voer al dan nie en daarvolgens die paraatheid op te
skerp om sodoende die tyd waarin die reaksie
uitgevoer kan word te verkort.

• Bepaal wat die nodige tydgleuf is wat nodig is om die


beplande reaksie uit te voer en sodoende die
waarskuwende dienste en meganismes aan te pas om
sodoende die tydgleuf te verbreed.

196
Die tydsgleuf aanpassing en bepaling word s.s.m. na
vasstelling en aanpassing weergegee in `n syfer wat ure en
minute verteenwoordig met `n desimale punt om die twee
syfers te verdeel. Let wel dat die punt nie `n desimale breuk
aandui nie maar slegs dien as `n verdelings aanduiding. Dit
beteken dat enige syfer wat na die punt verskyn die
letterlike minute is. 1.50 beteken dus een uur en 50 minute,
en nie een en ‘n half uur nie. Die syfer 50 is ‘n letterlike
indikasie van minute. Die tydsgleuf aanduiding moet ook in
gevalle waar die ure syfer meer as vier en twintig is, na dae
en ure verwerk word. Waar `n tydsgleuf van minder as een
uur aangedui word sal die ure `n nul syfer toon en steeds
deur `n punt geskei word. Vyf minute word dus as 0.5
aangedui en nie net as 5 nie. Die belangrikheid hiervan
word later in die hoofstuk verduidelik.

Voorbeeld
Aanduiding Sein Betekenis
0.2 Zero, Twee 2 minute
0.24 Zero, Desimaal, Twee, Vier 24 minute
2.3 Twee, Desimaal, Drie 2 Ure, 3 minute
2.30 Twee, Desimaal, Drie, Zero 2 Ure, 30 Minute
25.6 Twee, Vyf, Desimaal, Ses 1dag, 1 uur, 6
minute

197
Vlug en verdedigings gereedheid

Hierdie is ‘n ander belangrike faktor wat in ag geneem moet


word. Vlug en verdedigings gereedheid waaronder `n kamp
en sy lede moet verkeer is belangrik omdat dit sal bepaal of
`n kamp se ingesteldheid en fokus op beveiliging of
beweging moet wees.

Hierdie twee vlakke van gereedheid het bepaalde


eienskappe op die tipe voorbereiding wat daar in kampe
getref moet word vir moontlike konflik situasies. Die
verdedig/beweeg faktor behoort ook sigbaar aan alle lede
bekend te wees. Die verskille in voorbereiding is as volg:

Verdediging:
• Parkeer voertuie as beskutting om leefareas.
• Plaas leefareas agter dekking soos hoogtes of in dooie
grond.
• Gebruik sandsakke
• Beperk die beweging en samedromming van lede tot
die middel van `n kamp.
• Gebruik magsvertoon.
• Verhoog paraatheid.
• Beperk lede se beweging
• Bewapen wagte en lede
• Oprig van dekking
• Behou hoë grond

198
Vlug:
• Hou sleeptuie gehaak
• Voertuie in vertrek posisie
• Bepaal perke vir vertrektyd
• Hou hoë sigbaarheid dissiplines
• Hou uitgangs roetes oop
• Plaas observasie poste verder van die kamp
• Rig blokkasies op
• Bly beweeg gereed
• Hou voor-veërs en verkenners in plek
• Vestig waarskuwings metodes

Om te bepaal of die fokus van weerbaarheid op verdediging of op


beweging moet wees sal die volgende riglyne handig wees.

Verdediging Vlug
Die vermoë van die groep wat Die kamp beskik nie oor die
`n bedreiging vir die kamp inhou vermoë om homself te verdedig
is relatief klein tot die vermoë nie
van die kamp om homself te
verdedig.
Die omgewing en topografie Die kamp opset is relatief
van die kamp is tot groot blootgestel en kwesbaar
voordeel van die kamp om
homself in `n konfliksituasie te
verdedig.

199
Die vermoë van die kamp om in Die kamp het vinnige en maklike
beweging te kom is beperk onttrekkings roetes
Die area waarheen, of die roete Daar is veilige en toeganklike
waarop die kamp kan onttrek is areas van onttrekking
nie veiliger as die huidige area beskikbaar vir die kamp
nie.
Die rigting van onttrekking is op Dit is voordelig om die vyand
die lange duur meer nadelig vir onbewus te hou van die
die kamp as die verdedigings teenwoordigheid van die kamp.
opsie.
Daar is beperkings op die Die kamp het die vermoë om
meganiese vermoë van voertuie vinnig in beweging te kom
of beskikbare brandstof, wat
onttrekking beperk.
Daar is items of persone in die Die kamp is in besit van inligting,
kamp wat nie beweeg kan word items of infrastruktuur wat nie
nie. aan verliese blootgestel kan
word nie.
Die grootte van die kamp Die grote van die kamp maak
beperk die spoed waarmee die hom baie beweeglik
kamp in beweging kan kom.

Vlak van paraatheid vir vlug en verdediging

Vlug vlak -1
Die fokus is op vlug. Daar is `n relatiewe klein bedreiging en vlug
gereedheid is belangrik maar nie krities nie. Hou die fokus op
vlug met `n redelike gerustheid in die vlak van moontlike

200
bedreiging.

Vlug vlak -2
Die fokus op vlug verskerp. Gereedheid vir `n vlug situasie is
kardinaal. Alle voorbereidings moet in plek wees met die fokus op
vinnige beweging. Die kamp opset kom tydelik voor.
Verdedigings vlak +1
Verdediging is meer uitvoerbaar as vlug. Die bedreiging bestaan
maar is relatief klein. Almal bly paraat maar sonder intense
voorbereiding of ingesteldheid.
Verdedigings vlak +2
Die risiko en blootstelling is hoog. Die kamp bly in absolute
paraatheid vir verdediging. Voorbereidings word getref en
noodmaatreëls ingestel.

+2 +1 -1 -2
Verdedig Vlug

Alle vlug vlakke word dus deur `n minus aangedui terwyl alle
verdedigings vlakke deur `n plus aangedui word. `n Minus of
plus word per radio of mondelings met die woord negatief vir
minus en positief vir plus aangedui.

201
Dissiplines

In alle kampe is daar vaste dissiplines t.o.v. die volgende:

• Sigbaarheid S
• Klank K
• Radio R
• Inligting I
K
Die vier dissiplines word voorgestel deur die eerste vier
letters van die woord SKRIK. Onthou dit deur te memoriseer
dat dissiplines bepaal word volgens hoe groot jy SKRIK.

Dissiplines word deur die hoof van kamp sekuriteit in oorleg


met senior leierskap en die Adviesraad bepaal en deur die
leierskap strukture na lede afgewentel. Personeel van die
afdeling “Kamp sekuriteit” moet ook deeglik hiervan op
hoogte wees en toesien dat alle dissiplines gehandhaaf
word.

202
Sigbaarheid dissipline

Sigbaarheid dissiplines in kampe behels die sigbaarheid van


voertuie, tente, lig in die aand, die beweging van voertuie,
mense ens.

• Bedek blink oppervlaktes. Voertuie se windskerms,


ligte en spieëls kan oor lang afstande sigbaar wees
a.g.v. lig refleksie.

• Gebruik verf of modder om voertuie en ander blink


oppervlaktes mee te bedek.

• Gebruik die omgewing as dekking. Plantegroei kan


aangewend word om minder sigbaar te wees. Gebruik
ook laagtes en koppies om voertuie agter weg te steek.

• Beperk die gebruik van ligte na sononder en voor


sonsopkoms.

• Verdof hoofligte van voertuie tydens beweging in die


nag om en veral vanaf en na kampe.

• Handhaaf dissipline in die strooi en agterlaat van


rommel wat as aanduiding van jou teenwoordigheid
kan wees.

203
• Beweeg na sononder in ‘n kamp area in en vertrek
voor sonsopkoms. Verkenning kan wel vroegtydig ‘n
area veilig verklaar.

• Onthou dat oop vure nie net lig maak nie maar ook
rook. Selfs al word die lig wat ‘n vuur maak
weggesteek, kan die rook steeds in die naghemel en
bedags sigbaar wees.

• Onthou ook dat lig in die nag, selfs wanneer ‘n kamp in


‘n laagte of agter ‘n hoogte lê, steeds nagloed in die
hemelruim bo die kamp kan veroorsaak wat duidelik
sigbaar is.

• Tente, karavane en voertuie in rye trek meer aandag


as om nie eenvormig te wees nie. Verdeel ook kampe
in areas soos in die afdeling kamp uitleg bespreek.

Sigbaarheid dissipline vlakke.

Vlak 1
Geen bedreiging word ingehou deur die sigbaarheid van lede of
kampe nie. Die area om `n kamp is goed verken, daar is nie `n
noemenswaardige gevaar wat die sigbaarheid van lede of kampe
betref nie. Die teenwoordigheid van kampe en lede is dalk
welbekend aan almal.

204
Vlak 2
Alle sigbaarheid dissiplines word toegepas en gekontroleer. Dit
kan voorkomend van aard wees of as bewuste risiko bestuur.
Vlak 3
Ernstige lewensbedreiging. Teenwoordigheid van
lewensbedreiging. Wegkruip situasie waar sigbaarheid
versekerde konflik tot gevolg kan hê.

Klank Dissipline

Onthou dat klank in sekere tye en omstandighede baie vêr


kan trek en dat sekere klanke baie meer aandag kan trek.
Hou die volgende in gedagte:

• Klank trek baie verder in die nag, dit is weens


temperatuur verskille, die digtheid van die lug, maar
grotendeels omdat dit stiller raak in die nag.

• ‘n Aaneenlopende klank is nie so waarneembaar soos


‘n enkele geluid of ‘n ritmiese geluid nie.

• Die klank wat ‘n motor se bande op die pad oppervlak


maak is baie harder buite die voertuig is wat dit vir die
bestuurder binne die voertuig klink.

• In ‘n vlug situasie kan die hoorbaarheid van ‘n gepraat


soms nie so ‘n groot implikasie hê as die hoorbaarheid
van die taal wat gepraat word nie.

205
• Onthou dat die gebruik van woorde wat nie ‘n persoon
se nasionaliteit weggee nie soms handig kan wees as
dit donker is en jou velkleur nie gesien kan word nie.

• Die minste klank word gegenereer deur jou voet eers


op die buitekant neer te sit en dan plat te rol wanneer
jy loop.

• Die minste klank word gegenereer as ‘n lap oor ‘n


draad gevou word voor jy dit knip.

• Dit is beter om met ‘n oop karavaan of tent te slaap,


anders sal jou vermoë om te hoor wat buite die skuiling
aangaan beperk wees.

• Besluit self of ‘n waghond voordelig sal wees omdat hy


jou kan waarsku en of hy jou posisie kan weggee as hy
blaf. Baie areas het volop honde wat nie noodwendig ‘n
aanduiding van jou posisie sal wees nie omdat ‘n
blaffende hond ‘n algemene geluid in daardie area is.

• Geluide in die nag klink nader as wat dit is.

206
Die volgende riglyne kan gevolg word om klank
dissipline te handhaaf.

• Gee instruksie dat geen harde geluide in kampe


gemaak mag word nie.

• Laat voertuie in en om kampe in die hoogste moontlike


rat beweeg (lae “revs”)

• Ontkoppel toeters en die luidspreker van alarmstelsels.

• Plaas ‘n radio operateur eerder in ‘n gebou wat klank


beperk of in `n voertuig waarvan die deure dig toemaak
om radio werk te doen, eerder as buite of in ‘n tent.

• Gebruik handgebare of tekens eerder as om te skree


of hard te praat.

Klank dissipline vlakke

Vlak 1
Geen bedreiging word ingehou deur die geraas van lede of
kampe nie. Die area om `n kamp is goed verken, daar is nie `n
noemenswaardige gevaar wat deur hoorbaarheid van lede of
kampe sal ontstaan nie. Die teenwoordigheid van kampe en lede
is dalk welbekend aan almal.

207
Vlak 2
Alle klank dissiplines word toegepas en gekontroleer. Dit kan
voorkomend van aard wees of as bewuste risiko bestuur. Die
ligging van lede of kampe is moontlik nie aan vyandige bekend
nie.
Vlak 3
Ernstige lewensbedreiging. Teenwoordigheid van
lewensbedreiging. Wegkruip situasie waar die bewustheid van
jou teenwoordigheid versekerde konflik tot gevolg kan hê.

Radio dissipline

Radio kommunikasie is primêre metode van kommunikasie


tussen wagposte, wagkamers, beheersentrums, mobiele
eenhede, konvooie in beweging, ander kampe, herleistasies,
en observasie poste. Die instelling van radio dissiplines is
krities in die handhawing van sekuriteit. Selfs al word die
gebruik van radios altyd deur vaste dissiplines onderwerp, is
daar steeds tye waar hierdie dissiplines verskerp word, Die
volgende is voorbeelde van reëls om verhoogde radio
dissiplines te handhaaf

• Gebruik kodewoorde gedurende radio transmissies.

• Gebruik kommunikasie kaarte vir radio kommunikasie.

208
• Gebruik radio kommunikasie net wanneer nodig en
verbied die sosiale gebruik van radios.

• Gebruik die laagste moontlike kraguitset op


transmissies om die doel te bereik.

• Verwyder lede wat nie kommunikasie pligte het nie se


radio handstukke sodat hulle net kan luister maar nie
kan stuur nie.

• Vermy die uitsending van jou posisie oor ‘n radio deur


hier gebruik te maak van die Suidlander kommunikasie
kaarte. Onthou dat die gebruik van
omgewingsbeskrywing en bekende landmerke ook ‘n
indikasie van jou posisie kan wees.

• Vermy die gebruik van range, leiers posisies of name


oor ‘n radio.

• Hou radio transmissies kort.

• Moenie radios alleen laat terwyl hulle op jou werk


frekwensies gestel is nie. Dit kan eerder later weer
ingestel word.

• Radiostilte. Verbied die uitsending oor `n radio in totaal


vir `n vasgestelde tyd.

209
Radio dissipline vlakke

Vlak 1
Geen bedreiging word ingehou deur die gebruik van radios nie.
Die stuur afstand van radios is korter as die afstand van enige
vyandige s’n. Doelbewuste radio blootstelling vir die doel van
teen inligting.
Vlak 2
Alle radio dissiplines word toegepas en gekontroleer. Die
normale dissiplines geld en blootstelling aan die vyand word as
`n standaard aanvaar.

Vlak 3
Ernstige lewensbedreiging. Totale radiostilte word afgekondig.
Radiostelle word weggesteek of beskerm teen die moontlikheid
van EMP

Informasie dissipline

Onthou dat enige vyandelike sal poog om informasie te


bekom wat ons sekuriteit kan benadeel. Informante in en om
ons kampe, en wat selfs lede is, wat die vyand wetend of
onwetend van informasie voorsien is baie moontlik. Die
manier hoe sensitiewe inligting hanteer word, selfs tussen
lede, is baie belangrik. Moenie meer inligting aan leiers of
lede onder jou gee as wat vereis word nie. Bewaar
dokumentasie veilig en beperk persone se informasie

210
blootstelling tot die nodige vlakke. Hier volg ‘n paar riglyne
om informasie dissipline te handhaaf.

• Bepaal vooraf wie op order groepe en vergaderings


teenwoordig moet wees en bly by daardie persone.
• Maak seker watter informasie jy na ‘n inligtingsessie
aan jou onderleiers of lede mag oordra.
• Moenie bewegings bevele of informasie opplak of
algemeen bekend maak nie.
• Bepaal bevelstrukture en sleutelpersoneel, asook hulle
informasie blootstellings vlak wanneer daar oor
sensitiewe sake gepraat word.
• Verbied nie-vlugtelinge of volks vreemdes in kampe.
• Verhoed kommunikasie tussen lede en volks
vreemdes.
• Beperk toegang van lede tot vlugteling kampe en
andersom.
• Hanteer alle sensitiewe dokumente met die nodige
sekuriteit.
• Beperk persone se vermoë om deur onder meer radios
en selfone na buite te kommunikeer.
• Verander kommunikasie kaarte, wagwoorde en
kodetaal op ‘n gereelde basis.
• Laat lede vir die ontvangs van dokumente teken en
waar nodig bewys lewer dat dit nog in hul besit is.

Wees baie rigied in die blootstellings vlakke van persone in


vergaderings. Selfs op Groepleier vlak mag slegs die lede
van `n groep die vergadering bywoon. As daar ander lede
is wat nie in die groep is nie word hulle gevra om die

211
vergadering te verlaat. Die detail van wat in `n groep deur
die groepleier bespreek word mag nie met ander lede
bespreek word nie.

Dieselfde geld vir Streek vergaderings met Groepleiers,


Provinsiale vergaderings met Streek leiers en Nasionale
vergaderings met Provinsiale leiers.

Blootstellings vlakke

Wanneer `n vergadering beplan word is die blootstellings


vlakke die eerste item om te bepaal. `n Vergadering mag
dalk vir sekere hoofde van afdelings insluit, of Adviesraad
lede, of sekere vlakke van leierskap. Na bepaling van die
blootstellings vlak word die persone van die vergadering in
kennis gestel en slegs daardie persone sal toegelaat word.

Informasie Dissipline vlakke

Vlak 1
Geen spesifieke toepassing van dissipline nie. Hierdie verslapte
dissipline word beperk tot klein groepies, leiers op dieselfde leiers
vlak, lede van `n groep, ens. Persone is almal op dieselfde vlak
van ingeligtheid en sterk vertrouensverhouding is in plek.
Vlak 2
Normale streng informasie dissipline heers. Die toepassing van
alle riglyne word gevolg en toegepas. Nie essensiële informasie is
steeds aan lede beskikbaar.

212
Vlak 3
Die blootstellings vlak word tot die uiterste vernou. Informasie lek
word vermoed. Teen informasie veldtogte word gebruik. Sekere
instruksies word eers op die laaste moontlike oomblik gegee.

Sekuriteit klassifikasie

Die risiko en dissipline klassifikasie soos wat hierbo


bespreek is vorm in geheel die sekuriteit klassifikasie van
kampe. Hierdie is `n eenvormige manier om standaarde te
stel, lede ingelig te hou, rekord te hou ens. Dit word in `n
standaard vorm deurgegee en per radio gekommunikeer.

Kamp sekuriteit driehoek.

Die vorige drie afdelings het gedeel met die bepaling van `n
syferkode wat die volgende toestande aandui:

1. Die risiko waaronder ons verkeer in `n syfer van een tot


nege.
2. Die tyd wat ons het om te reageer in `n syfer wat met
`n punt verdeel word.
3. Die manier hoe ons gaan reageer in `n syfer in positief
vir verdedig of negatief vir vlug en in `n vlak van
ernstigheid een of twee.
4. Die manier hoe ons gaan reageer op vier dissiplines
wat elk op vlakke een twee of drie kan wees.

213
Hierdie vier afdelings se bepalende syferkode word
deurgegee op een kenteken wat as die sekuriteit driehoek
bekendstaan.

Die kamp sekuriteit driehoek is dus `n indikator van die vlak


van:
• Hoe groot die bedreiging is;
• Wat gaan ons doen;
• Hoeveel tyd het ons;
• Hoe gaan ons dit doen.

Hierdie driehoek bevat al die inligting nodig vir lede en


leierskap om die situasie te verstaan en te weet hoe om op
te tree en in ‘n situasie te reageer.

• Die eerste vlak is `n aanduiding van die Risiko faktor


waaronder `n kamp verkeer en word deur `n enkel
syfer tussen 1 en 9 aangedui. Die syfer aanduiding
word bepaal deur die verduideliking in afdeling “Risiko
faktor”.

• Die tweede vlak op die driehoek is die verdedig of vlug


aanduiding, asook die intensiteit daarvan. Die tweede
blokkie het die tydsgleuf aanduiding.

• Die onderste vlak op die driehoek het vier spasies wat


die dissiplines aandui. Die volgorde is soos met die
eerste vier letters van die woord SKRIK.

214
Onthou dus die orde soos volg:

Figuur 5

Figuur 6

Die kamp sekuriteit driehoek kan ook effektief per radio


oorgedra word. Die manier waarin die inligting deurgegee
word geskied in `n vaste volgorde van bo na onder en van
links na regs, net soos `n mens lees.

215
`n Voorbeeld van sekuriteit klassifikasie per radio is as volg;

Ons sekuriteit klassifikasie is as volg, ses, een, desimaal


twee, drie, negatief, twee, twee, drie, drie, twee. Einde

Geen van die syfers kan met mekaar verwar word in die
driehoek nie aangesien die eerste syfer net `n enkel syfer
kan wees, die tweede syfer verdeel word deur die woord
desimaal, en opgevolg word deur `n negatief of positief, en
daar altyd vier syfers vir die dissiplines laaste sal volg. Daar
kan dus geen verwarring plaasvind in die kamp sekuriteit
driehoek nie. Die totale sekuriteit beplanning en toestand van
`n kamp kan deur die sekuriteit driehoek in die vorm van `n
skets of met woorde in enkele sekondes deurgegee word en
toegepas word indien lede op hoogte van die Suidlander
prosedure is.

4.1.1 Wagstelsel

Wagkamer

• Die wagkamer het meer funksies as net die hantering


van die wag stelsel. Die wagkamer dien ook as hoof
kommunikasie punt vir die afdeling “Kommunikasie” en
dit sal ook die lokaal wees vanwaar die afdeling
“Kommunikasie” werk.

216
• Die wagkamer is die aanmeldings punt vir enige
persone wat in kampe aankom. Dit sluit in ander kamp
bestuur en leierskap, vreemdes en nuwe lede wat tot
`n kamp toetree.
• Die wagkamer is die aanmeldings punt van insidente
en probleme vanaf leiers en lede.
• Die wagkamer verwys alle aanmeldings na die regte
afdelings om gehanteer te word
• Die wagkamer moet ook leiers en hoofde laat roep
indien hulle na-ure benodig word indien daar na-ure
insidente of aanmeldings is wat hulle aandag vereis.
• Indien enige lede by kampe aankom moet daar
eerstens by die wagkamer aangemeld word om
sodoende die regte prosedure te volg.

Die wagkamer funksioneer dus soos `n sentrale informasie


sentrum en verwys deurentyd sake na die regte afdelings,
hanteer en prosesseer aanmeldings en deel met insidente
deur die dag maar veral in die nag. Die rol wat die
wagkamer in kampe vervul vereis dus dat skof hoofde aan
diens die volgende tot hulle beskikking moet hê.

• Die prosedure wat gevolg word tydens:

o Aanmelding van ander kampe groepe en lede om


by die kamp aan te sluit.
o Insidente wat aangemeld word

217
o Dringende informasie wat vanaf buite aangemeld
word.
o Insidente wat aangemeld word.
o Die fisiese posisie waar hoofde, leiers en groepe in
kampe bly om hulle sodoende na-ure te kan laat
roep.
o Aangewysde plekke waar vreemdes of ander lede
wat na-ure aanmeld kan kamp maak.
o `n Waarskuwings metode om die kamp lede in tyd
van nood mee te waarsku.
o Aanmeldings prosedures van informasie en
insidente by oorkoepelende kampe.

Wagstelsel personeel

• Hoof van wag stelsel


• Skof hoofde
• Skof assistente
• Radio operateur
• Wagte
• Wagkamer wagte

HOOF VAN WAGSTELSEL

Die persoon in beheer van die wagstelsel sal direk


onder die hoof van “Kamp sekuriteit” funksioneer.
Hierdie persoon sal die wagkamer en wagstelsel
implementeer en daarna kwaliteit beheer toepas.

218
Die hoof van die wagstelsel werk normale werksure
soos bepaal in die kamp. Hy is verantwoordelik vir die
aanstel van sy personeel en die bestuur van die hele
wagstelsel en wagkamer pligte.

SKOF HOOFDE

Die skof hoofde werk skofte in die wagkamer. Daar


moet verkieslik drie skof hoofde wees wat om die beurt
diens in die wagkamer doen. Hierdie is die persone wat
op diens bly en verantwoordelik bly in die wagkamer.
Die skof hoofde verlaat nooit die wagkamer terwyl hy
op diens is nie. Konstante kommunikasiesessies
tussen skof hoofde en die hoof van wag stelsel is
belangrik om hulle op hoogte van gebeure, en
verandering van prosedure te hou.

SKOF ASSISTENTE

Elke wagkamer moet ten alle tye `n skof assistent op


dienste hê, tensy die kamp grootte en risiko van so
aard is dat dit nie nodig is nie. In gevalle waar persone
naby die wagkamer bly kan hulle ook hierdie diens
verrig deur geroep te word indien hulle benodig word.
Die hoeveelheid skof assistente op diens op enige
bepaalde tyd hang af van die hoeveelheid werk en
grootte van `n kamp. In sommige kampe mag daar
soveel bedrywighede wees dat die diens van meer as

219
een skof assistent nodig is. Skof assistente moet
beskikbaar wees om leiers en hoofde te laat roep,
persone na plekke te vergesel, en ander instruksies
van skof hoofde uit te voer.

RADIO OPERATEUR

In gevalle waar kampe se aktiwiteite baie besig raak is


dit raadsaam om `n radio operateur in diens te hê in
die wagkamer. Indien die skof hoof baie besig is sal dit
moeilik wees om ook konstant die kommunikasie met
wagposte te vervul. Die persoon op diens van die
afdeling “Kommunikasie” kan ook pligte deel met die
radio operateur in die wagkamer aangesien die perseel
gedeel word.

WAGTE

Daar sal altyd `n sekere hoeveelheid wagte op diens


wees. Die hoeveelheid hang natuurlik van die kamp
grootte en die kamp risiko faktor af. Die wagte se werk
word later meer breedvoerig bespreek.

WAGKAMER WAGTE

Indien die sekuriteit situasie dit vereis sal daar `n


wagpos diens doen by die wagkamer. Die wagpos kan
twee persone wees of meer soos bepaal deur die hoof

220
van kamp sekuriteit in oorleg met senior leierskap en
ander kundige persone.

Die volgende uiteensetting dui die moontlike


samestelling van wagstelsel personeel aan.

Kampe sal nie onder normale omstandighede in groter


groepe as `n duisend families groepeer nie. Die ideaal is om
kampe met groter ledetal op te deel en apart te laat
funksioneer soos uiteengesit in die afdeling ‘Kamp uitleg’. Let
op die risiko gradering van kampe en hoe dit die hoeveelheid
personeel aan diens beïnvloed. Gebruik ook hierdie
personeel kaart as riglyne en wysig dit soos wat unieke
omstandighede meer of minder personeel vereis. In klein
kampe kan `n hoof van wagstelsel saam met `n skof hoof
skofte werk.

Personeel Klein kamp Medium kamp Groot kamp


15 - 50 families 50 - 300 families 300 – 1000
fam
ilies
Risiko Laag Med Hoog Laag Med Hoog Laag Med Hoog

Skof hoofde 1 1 2 1 2 3 2 3 3
Skof assistent 0 1 1 1 2 2 2 3 3
Radio 0 0 0 0 1 1 1 1 2
operateur
Wagposte 4 6 12 8 12 20 10 20 30

Wagkamer 0 1 4 1 4 8 2 8 14
wagte

221
Opstel van `n wagkamer

Kry dadelik `n plek vanwaar die wag stelsel bestuur sal word.
Hierdie plek kan `n gebou, tent, karavaan ens, wees maar
hou die volgende in gedagte met die keuse van `n
wagkamer.

• Onthou dat die fisiese ligging sentraal behoort te wees


soos met die geval van die res van die kamp HK. Daar
is praktiese voordele van `n sentrale wagkamer wat die
volgende insluit.

o Die sekuriteit wat dit bied.


o Die vermoë om vanaf die wagkamer aan die hoof
van kamp sekuriteit te rapporteer.
o Die afstand wat wagte moet beweeg om vir
wagstaan te rapporteer.

• Die wagkamer behoort ook vinnig bereikbaar te wees,


by ‘n roete wat na die kamp inkom aangesien alle
aanmeldings daar geskied.
• Hou in gedagte dat hierdie die een afdeling is wat
snags ook sal funksioneer. Die implikasie daarvan is
dat dit `n plek moet wees waar:

o Beligting beskikbaar is.


o Die wagkamer ligdig moet wees veral waar daar
hoë sigbaarheid dissiplines geld.

222
o Die wagkamer bereikbaar behoort te wees in
donker nag sonder flitse of lig sonder risiko, m.a.w.
let op slote, afgronde, watergate, tentpenne ens.
wat `n risiko in die donker inhou.

• Bepaal of die wagkamer klank moet kan demp in die


geval waar hoë klank dissiplines heers asook vir `n
sekuriteit aspek, omdat daar deurentyd per radio vanaf
die wagkamer gekommunikeer sal word.
• Die wagkamer moet ook met beddens toegerus wees
vir addisionele personeel te kan huisves indien dit
vereis word.

4.1.2 Kamp Weerbaarheid

Die beveiliging van ons mense word op twee plekke


gevoer. Eerstens in en direk om kampe. Tweedens verder
van kampe op strategiese plekke om `n eerste lyn van
beveiliging te vorm. Daar is duidelike verskille tussen kamp
weerbaarheid wat onder kamp sekuriteit val en omgewing
beveiliging wat direk onder die afdeling “Verdediging” val.

Kamp weerbaarheid is direk onder die hoof van kamp


sekuriteit en werk binne `n enkele kamp om daardie kamp
se veiligheid te verseker. Die afdeling word bestuur van
binne die kamp.

223
Area beveiliging is `n afdeling wat persone van `n netwerk
van kampe oproep om diens buite kampe te lewer met die
fokus op die beveiliging van `n gebied.

Kamp weerbaarheid is die belangrikste aspek van


beveiliging vir kleiner kampe wat op hul eie aangewese is
vir beveiliging. Namate die afdeling “Area beveiliging” groei
en beter eerste lyn verdediging ingestel is sal die fokus
eerder na area beveiliging verskuif.

Die afdeling word bestuur deur `n hoof van “Kamp


weerbaarheid” wat op sy beurt aanstellings doen vir die
personeel wat hy benodig.
Neem die volgende stappe om kamp weerbaarheid op te
rig.

• Aanstelling van hoof van kamp weerbaarheid word


gemaak deur die hoof van kamp sekuriteit en senior
leierskap

• Gebruik die kamp sekuriteit driehoek om te bepaal


wat die vlak van weerbaarheid is wat benodig word.

Die kamp sekuriteit driehoek bevat die informasie wat


benodig word om voorbereidings maatreëls te tref
aangaande kamp weerbaarheid.

224
 Neem kennis van die risiko faktor om te bepaal wat die
vlak van paraatheid moet wees, en hoe groot die risiko
is waaronder die kamp verkeer.

 Neem kennis van die tydsfaktor om die optrede te


bepaal en in te oefen.

 Neem kennis van die vlug of verdedig vlak om te


bepaal wat die optrede gaan wees.

 Neem kennis van die dissiplines en sorg dat alle lede


daarvan kennis neem en dit toepas.

• Stel personeel aan om weerbaarheid te verseker.

Die inhoud van die kamp sekuriteit driehoek sal `n


duidelike indikasie wees van die hoeveelheid
personeel wat vir kamp weerbaarheid benodig word.
Dit kan wissel van 2 of 3 persone in `n klein kamp met
lae risiko, lang tydsfaktor en lae dissiplines, tot elke
weerbare persoon in die kamp in die geval van `n hoë
risiko, kort tydsfaktor en hoë dissiplines.

• Doen die nodige kamp voorbereiding om by die


kamp sekuriteit driehoek te pas.

Sorg dat die voorbereiding t.o.v. vlug of verdedig


reaksie toegepas word en dat alle dissiplines
gehandhaaf word.

225
• Doen die nodige kontroles en inspeksies van lede
om by die kamp sekuriteit driehoek te pas.

Sorg dat lede op die nodige vlak van paraatheid en


gereedheid bly en doen gereeld opvolg inspeksies om
dit te bevestig.

• Beplan reaksie optrede.

Doen `n gedetailleerde beplanning van die


reaksie/optrede wat sal plaasvind in `n tyd van konflik.
Beplan hierdie aksies volgens alle scenarios en
veranderlikes. Neem in ag die terrein, tydgleuf,
intensiteit van die moontlike konflik, ens.

4.1.3 Observasie Poste

Observasie poste funksioneer nie onder `n hoof nie maar val


direk onder die wag stelsel. Observasie poste is die hoof
vroeë waarskuwings hulpmiddel wat veral in tye van hoë
risiko baie lewens kan red. Die plasing van observasie poste
is krities in die beplanning van kamp weerbaarheid
aangesien dit direk eweredig is aan die tydsgleuf van
waarskuwing. Hou die volgende in gedagte met die oprig van
observasie poste.

226
♦ Persone wat die poste beman moet nie benodig word
deur familie om `n kamp op te slaan en te onttrek nie.
Dit geld veral vir `n vlug situasie en veral op vlak -2.

♦ Die afstand en toegang tot poste moet bereikbaar


wees aangesien hierdie poste per skofte geroteer sal
moet word.

♦ Hou in gedagte dat observasie poste se wagte dalk per


motor daarheen vervoer moet word wat `n probleem
kan veroorsaak tydens hoë sigbaarheid dissiplines,
veral in die nag.

♦ Besluit of poste se werk skofte so sal wees dat


wisseling van wagte slegs bedags gedoen word.

Observasie poste kommunikeer direk met die wagkamer en


word deur die hoof van wag stelsel bestuur. Alle observasie
poste het `n bemanning van twee persone. Sorg dat die
observasie pos bemanning `n skof rooster kry en `n lys van
items wat saamgeneem moet word:

• Maaltye vir die tyd op wag


• Drinkwater vir die tyd op wag
• Beddegoed indien daar deurnag skofte is
• Dissiplines
• Verkyker
• Radio

227
• Wettige wapen indien nodig
• Toiletpapier
• Persoonlike items
• Omgewings kaart
• Kommunikasie kaart
• Observasie instruksies
• Gryp sak vir agterbly situasie
• Horlosie
• Notaboek en pen

Observasie instruksies

Observasie pos instruksies word aan elke wagpos


oorhandig met die aanbreek van elke skof beurt as daar
enige veranderinge plaasgevind het op die observasie
instruksies, of inspeksie word gedoen dat die wagte hul
instruksies by hulle het indien niks verander het vanaf die
vorige uitreiking van instruksies nie.

Die volgende is standaard informasie wat op die observasie


instruksies moet voorkom:

• Dissiplines in observasie poste. Let daarop dat die


dissiplines anders is as in kampe omdat die ligging nie
dieselfde is nie, en omdat observasie poste so geplaas
is dat wagte vêr kan sien, m.a.w. hulle kan ook van vêr
gesien word.

228
• Instruksies indien daar `n kontak situasie opduik.
o Sluit aan by kamp
o Beweeg weg te voet of versteekte voertuig
o Bly in plek

• Rendezvous punte indien daar nie by die kamp


aangesluit word nie, en te voet na ander punte beweeg
word.

• Die tyd wat wagte in die veld op hul eie aangewese sal
wees indien agter gelaat.

• Radio frekwensies en eerste radio kontak na


agtergelaat. (Radios word in so `n tyd afgeskakel om
batterye te spaar en wagte moet weet wanneer om
radios weer aan te skakel.)

Hou die volgende in gedagte met die hantering van


observasie poste:

• `n Naderende potensiële gevaar is nie noodwendig


bewus van die teenwoordigheid van `n kamp of die
ligging daarvan nie. Om drasties te reageer of te vlug
sal dalk juis die posisie of teenwoordigheid weggee.
• `n Wagkamer wat van `n radiostel gebruik maak vir
kommunikasie na observasie poste wat in `n vlug
situasie ontkoppel moet word sal nie na die opslaan

229
daarvan meer kontak met OP’s hê nie. Sorg dat OP’s
met `n mobiele radiostel gekontak kan word.

• Bepaal of `n moontlike bedreiging te voet of met


voertuie kan of sal aankom. Die tydsgleuf word drasties
daardeur beïnvloed en die roetes wat gevolg word sal
natuurlik verander.
• Waar OP’s op hoogtes geplaas word moet in gedagte
gehou word dat daar nie net in die rigting van
aankomende gevaar gesien moet kan word nie maar
ook terug in die rigting van die kamp, anders sal daar
geen terugvoer na die kamp wees na die bedreiging
verby die OP beweeg nie.
• Op’s moet ten alle tye die observasies en tye en
datums daarvan in detail aanteken en veilig bewaar as
verwysing wat later belangrike informasie waarde kan
hê.

230
4.2 Navorsing

Die subafdeling “Navorsing” word bestuur deur `n hoof van


navorsing wat aangestel word deur die hoof van
verdediging en senior leierskap. Hierdie subafdeling sal
tipies in groter kampe of in die HK van `n netwerk van
kampe opgerig word

Die subafdeling is gemoeid met die:


• Invordering van informasie
• Verifiëring,
• Prosessering en
• Groepering daarvan, en
• Die verspreiding van inligting aan die nodige persone
en afdelings.

Alle lede, leiers, radio operateurs en wagkamers moet alle


relevante informasie aan die afdeling “Navorsing” deurgee.

Hierdie handleiding sal nie uitbrei oor hierdie subafdeling nie.

231
4.3 Omgewing Beveiliging

Omgewing beveiliging sal tipies eers begin funksioneer waar


daar kamp areas betree word wat verder van
vyandiggesindes verwyder is. Die rede vir die stigting van
hierdie afdeling is om moontlike bedreiging te blokkeer op
die vêrste veilige verdedigings lyne om sodoende die vrye
toevloei van vyandige persone te voorkom. Die vlak van
bedreiging sal bepaal hoe intens hierdie afdeling sal
funksioneer asook hoeveel personeel tot hierdie afdeling
toegedeel sal word.

Die Subafdeling word bestuur deur `n hoof van “Omgewing


beveiliging” en word aangestel deur die hoof van
“Verdediging” asook die senior leierskap op nasionale vlak.
Hierdie afdeling is tipies aan nasionale kampe of in `n groot
netwerk van kampe.

Hierdie handleiding sal nie uitbrei oor hierdie subafdeling nie.

232
4.4 Lewensmiddele

Die afdeling sal bestuur word deur die hoof van afdeling
“Lewensmiddele” en aangestel word deur die hoof van die
afdeling “Verdediging” en senior leierskap. Die afdeling
“Lewens middele” verskaf `n kritiese diens, spesifiek tot die
eerste dae en weke na die uitbreek van nasionale anargie.

Die proses van vernietiging en vermorsing van


lewensmiddele in sulke omstandighede noodsaak die
Suidlander strukture om voorsiening te maak vir die
invordering, berging en verspreiding van lewensmiddele op
`n beplande en kundige wyse om sodoende die behoud van
siviele persone te verseker. Die tipiese proses wat
normaalweg geskied word in die volgende afdeling
uiteengesit.

Uitbreek van totale anargie in hoëdigtheid- populasie


areas.

Die uitbreek van totale anargie het sekere bestanddele


nodig om die resep suksesvol tot uitvoering te laat kom. Dit
is:

• Samedromming van groot getalle revolusionêres.


• Fasiliteite om sulke groot getalle te akkommodeer.
• Die geleentheid om te plunder, moor verkrag steel en
vernietig.

233
• Die onvermoë van owerhede om weens die
ineenstorting van dienste soos elektrisiteit en brandstof
hierdie massas te beheer.
• Bestaande infrastruktuur om die massas vir die
daaropvolgende dae te onderhou.

Hierdie faktore is alles teenwoordig in hoëdigtheid-


populasie areas soos groot stede. Die tendens is dus dat
die oorsprong van revolusionêre anargie dus in stedelike
gebiede is. Die logiese en strategiese reaksie vir volks
groeperings wat in so `n revolusie bedreig word is om
dadelik sulke areas te verlaat.

• Onttrekking van volks bekende vlugtelinge.

Die onttrekkings fase van groot groepe mense sal uit


die aard van die bedreiging plaasvind na plattelandse
areas. Hier is nie grootskaalse samedrommings nie en
vlugtelinge kan groepeer en tussen hulle eie
volksgenote veilig wees.

• Oprigting van Suidlander kampe en strukture.

Die hoeveelheid mense wat in hierdie omstandighede


wel stedelike areas verlaat en vir veiligheid redes
groepeer sal weens hul getalle sekere bestuur
strukture moet implementeer. Vir die Suidlanders
bestaan sulke strukture reeds.

234
• Ineenstorting van infrastruktuur in hoëdigtheid-
populasie areas.

Na `n aantal dae sal die lewensomstandighede in


stede ondraaglik raak. Sonder rioolwerke, water,
elektrisiteit en kosvoorraad, sal die massas hulself in `n
onbewoonbare gebied bevind en geforseer word om na
voedselryk gebiede te beweeg.

• Mobilisasie van lewensmiddele afdeling na


konsentrasie punte.

Soos wat die naderende massas alle lewende hawe,


graan, infrastruktuur en brandstof vermors, moet `n
soortgelyke inwinning veldtog aan die ander kant
begin. Die inwinning en bestuur van hierdie
lewensmiddele is kardinaal omdat dit op `n beplande
en gedissiplineerde wyse moet geskied. Anders as die
revolusionêre groepering wat weens hul onvermoë om
gestruktureerd en georden te funksioneer juis die
anargie begin het. Die inwinning-veldtog sal oor `n wye
area en in `n kort tyd op `n baie gesinkroniseerde en
gedissiplineerde manier moet plaasvind.

235
• Verspreiding van revolusionêres na plattelandse
gebiede.

Die groot getalle revolusionêres wat vanuit stede


geforseer sal word om na die platteland te versprei sal
`n enorme impak op die beskikbare lewensmiddele hê
wat onbeskermd in die platteland lê. Die onbeplande
en ongekontroleerde verbruik daarvan sal tot
grootskaalse vernietiging ly, wat onvolhoubaar op `n
ramp sal afstuur.

• Invordering van lewensmiddele deur die afdeling


“Lewensmiddele”.

Aan die vlugteling kant sal die invordering van graan,


brandstof, lewende hawe, ens. dus `n wedstryd vir
oorlewing wees. Hierdie wedstryd sal tot gevolg hê dat
die twee faksies op `n stadium mekaar tegemoet sal
kom. Aangesien `n revolusionêre massa hulself
bewapen sal die kontak tussen vlugtelinge en
revolusionêres `n hoe sekuriteit risiko vir die vlugtelinge
inhou.

• Vestiging van sekuriteit lyne deur afdeling “Area


verdediging”.

Die invordering van lewensmiddele sal dus met die


nodige beveiliging van mede lede moet gepaard gaan

236
om te verseker dat die invordering nie lede aan
gewapende konflik situasie blootstel nie.

• Berging van lewens middele in veilige gebied.

Soos wat lewensmiddele ingevorder word en na veilige


besette gebiede afgevoer word sal dit lewensvatbaar
bestuur word om die maksimum voordeel daaruit te
put.

• Vasstelling van veilige grense deur area


verdediging.

Die nood vir kos en die wellus om hierdie


lewensmiddele te bekom sal die revolusionêres steeds
dryf om in veilige areas hierdie voorrade te bekom. Die
militante wyse waarop dit gedoen sal word sal vereis
dat daar deeglike beveiliging op die buitelyne van veilig
areas sal moet geskied.

• Bestuur en verspreiding van lewensmiddele.

Die middele wat in hierdie tyd ingevorder word sal


uiters noukeurig bestuur en verdeel moet word om die
volhoubare benutting uit lewende hawe te verkry en die
maksimum nut uit ander middele wat nie volhoubaar
geproduseer kan word nie.

237
Volg die volgende stappe om die proses van invordering
te bestuur.

Inligting van plattelandse populasie.

Hou in gedagte dat die werklikheid van die omvang van


gebeure by mense in plattelandse gebiede in hierdie vroeë
stadium van nasionale anargie nog nie ingesink het nie.
Mense sal op hierdie stadium nog `n besitlikheid oor hulle
eiendom hê. Dit is belangrik om dit met sensitiwiteit en binne
die riglyne van die wet te hanteer. Dit is ook belangrik om
mense te verduidelik dat daar `n plunderende golf van
massas op pad is wat in ieder geval op eiendom buit sal
maak. Deur die plattelandse populasie goed ingelig te hou
kan baie voordelig wees vir die saak.

Invordering van voertuie

Daar moet s. s.m. vragmotors ingevorder word om lewende


hawe, voedsel en brandstof mee te vervoer. Stuur spanne
terug in die rigting van die aankomende massas om met
invordering te begin. Beweeg sovêr terug as wat veilig is,
aangesien verder areas vinnig onbegaanbaar sal wees.

Oprigting en identifisering van bergings areas.

Intussen moet bergings fasiliteite opgerig word. Hou in


gedagte dat verskillende grade brandstof apart gestoor sal
moet word. Graan sal droog gehou moet word. Kundige

238
beplanning sal ook gedoen moet word m.b.t. tot die wydings
beperkings van lewende hawe.

Invorderings proses

Die fokus op invordering sal op brandstof voorraad wees. Die


voorsiening van drinkwater en produksie van vars produkte,
asook die vermoë om `n area te verdedig is direk afhanklik
van brandstof voorraad. Daarna kan lewende hawe te voet
aangejaag word en graan kan met vragmotors aangery word.
Alle ander belangrike lewensmiddele moet geprioritiseer
word en daarvolgens ingevorder word. Betrek die afdeling
“Administrasie en vervolging” om die nodige fakture as
bewyse te kan lewer en om sorgvuldige rekords te hou en
inventarisse op te trek tydens die proses.

Berging en rekord houding

Die storing van lewensmiddele moet met die nodige


dokumentasie en beheer meganismes bedryf word. Gebruik
die volgende prosesse as riglyn:

o Teken alle middele wat inkom aan in `n register vir


inkomende voorraad.
o Gee `n erkenning van ontvangs aan persone wat
aflewer.
o Hou `n deeglike inventaris van voorrade wat gestoor
word.

239
o Teken voorrade wat uitgaan in `n register aan en laat
persone wat kollekteer daarvoor teken.
o Voorraad word slegs uitgereik met skriftelike
toestemming van die hoof van die afdeling
“Lewensmiddele”.

Verspreiding en benutting

Die benutting en verspreiding van voorraad geskied


volgens die beplanning wat daar deur senior leierskap in
oorleg met die Adviesraad en ander hoofde gedoen word.
Die bestuur van lewensmiddele plaas `n enorme
verantwoordelikheid op die skouers van Suidlander bestuur
aangesien ons hier werk met eiendom van die volk vir die
voortbestaan van die volk. Hanteer dit met die nodige
deeglikheid en erns.

240
4.5 Kommunikasie

Kommunikasie en rapportering funksioneer in lyn met die


leierskap strukture in die Suidlanders. Kleiner groepe
rapporteer per radio of persoonlik aan hul direkte leiers. So
vorder alle rapportering tot by Provinsiale leierskap wat dan
aan Nasionale leierskap rapporteer.

Wees sorgvuldig in die handhawing van radio dissiplines


soos in die kamp veiligheids driehoek weergegee.

Kommunikasie in kampe wat binne loopafstand van mekaar


of van ‘n HK is moet eerder persoonlik geskied as met die
gebruik van radios.

Alle wagkamers moet met `n radiostel toegerus wees wat in


konstante radioverbinding met sy senior leier is.
Wagkamers word 24-uur per dag beman en hanteer alle
sekuriteit en veiligheid funksies.

241
5. KAMP UITLEG

Die grootste bepalende faktore in die bepaling van die


digtheid van kampe is water en veiligheid. Weinig
voorbereiding kan nou gemaak word vir veiligheid, maar
water kan geproduseer word as daar genoegsame brandstof
is. ‘n Addisionele 20 liter diesel per familie sal water
produksie verseker. Die voordeel van beskikbare water sal
die digtheid van kampe verhoog en `n reeks ander voordele
oplewer. Elke familie word versoek om `n addisionele 20 liter
diesel vir ontruiming aan te hou.

Die manier hoe lede in kampe verdeel word asook die


grootte en uitleg van kampe is `n afdeling wat noukeurige
beplanning vereis. Daar sal hoofsaaklik twee soorte kampe
wees:

• Verspreide netwerk van kampe


• Kompakte gemeenskap kamp

Die twee vorms van kamp uitleg kan ook baie aangepas
word by omstandighede. Die proses om te bepaal hoe `n
kamp uitgelê word moet in oorleg met die beskrywing van
die voor- en nadele van elke soort kamp uitleg geneem
word.

242
Verspreide netwerk van kampe

Waar `n groep mense `n kamp opstel word hulle altyd in


groep grootte van 7 tot 12 families opgedeel. Hierdie
verdeling behoort maklik te wees aangesien die bestaande
strukture reeds so funksioneer. Elke groep het dan `n
Groepleier in beheer van die groep.

Figuur 7

Die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne en ander


faktore soos sekuriteit kan veroorsaak dat daar op so `n
kampplek selfs twee of drie groepe versamel. In so `n geval
sal die drie groepleiers onderlangs besluit wie die

243
Kampkommandant sal wees. In die bostaande Figuur is daar
`n kamp van een groep by `n windpomp en `n plaasdam. Die
groepleier se tent is in die middel wat ook as die HK en
wagkamer dien.

Wanneer daar `n aantal sulke groepe oor `n area kampies


opstel sal daar dus `n netwerk van kampe vorm. Hierdie
netwerk word beheer deur `n sentrale HK wat moontlik die
Streek leier sal wees. Wanneer daar nou meer lede is soos
byvoorbeeld in die geval waar `n Streek leier met 5 groepe
saam groepeer sal die netwerk soos volg lyk.

Figuur 8

244
In hierdie Figuur kan gesien word hoe vyf groepe `n netwerk
vorm met `n sentrale HK wat onder die bevel van die Streek
leier is. Hierdie netwerk is dus `n Steekskamp met 5 groep
kampe. Daar kan nou ook ander lede kom aansluit en in die
omgewing kamp. Die netwerk sal dus nou groter uitbrei soos
in die volgende Figuur sigbaar.

Hier het vier Streek leiers met hul groepe `n groter netwerk
gevorm. Let daarop dat die streek kampe geplaas word naby
water bronne. Die streek kampe het elk `n HK wat sekere
verpligtinge soos die wag stelsel, water verspreiding en vullis
verwydering onafhanklik nakom, maar `n Provinsiale HK is
hier tussen die streek kampe opgerig vir dienste wat op
provinsiale vlak verrig moet word. Dit sal moontlik observasie
poste, lewensmiddele, area verdediging, administratief
vervolging ens. wees.

245
Hekwag
Stoor

Streek HK

Kamp 1

Provinsiale
Sleutel HK
personeel kamp

Figuur 9

246
In die geval van `n netwerk van kampe kan die afstand
tussen groep kampe baie vêr uitgerek word. Die afstande
tussen kampe in so `n geval sal deur die ligging van bronne
of weens veiligheid redes bepaal word.

Voordele en nadele van verspreide


netwerk van kampe.

VOORDELE

Verspreide kampe in klein groepies het die volgende


voordele:

1. Lede kan geplaas word by windpompe, wild en vee


suipings, of by natuurlike bronne.
2. Die lang afstande tussen kampe bied `n groot area wat
onder oë is en observasie kan gedoen word en aan
hoofkantoor deurgegee word.
3. Die lae digtheid bevolking maak kampe minder
opmerkbaar en kan makliker weggesteek word.
4. Klein kampe is stiller.
5. Klein verspreide kampe is minder kwesbaar waar
kragtige wapens van massa vernietiging aangewend
word.
6. Kleiner kampe is meer higiënies t.o.v. toilet en afval
stowwe.
7. Klein verspreide kampe kan vinnig en onder hoë
dissiplines geskuif word.

247
8. Kleiner kampe kan natuurlike bronne soos wild, water,
en brandhout meer lewensvatbaar benut.
9. Kleiner kampe het `n kleiner kans vir infiltrasie, opstand
en rebellie onder lede.
10. Kleiner kampe kan vir lang tydperke in plek bly.
11. Die koste vir kamp dienste soos diesel gebruik is laag.

NADELE

Klein verspreide kamp netwerke het die volgende nadele:

1. Die afstande bemoeilik aanmelding vir diens by ‘n HK.


2. Kinders kan nie in ouderdom groepe onderrig kry nie.
3. Die versameling van persone is tydsaam.
4. Dienste soos mediese fasiliteite is vêr en buite bereik.
5. Klein kampe het `n lae weerbaarheid teen aanvalle.
6. Waar weerbare lede dienste moet verrig sal die wat
agter bly meer weerloos wees.
7. Kommunikasie is beperk tot radios.
8. Die area wat beveilig moet word is groter.
9. Die personeel beskikbaar vir dienste soos wagstaan is
beperk.
10. Die leierskap in elke kamp is minder kundig as die
beste kundiges in groot kampe.

248
Kompakte gemeenskap kampe

Hierdie kampe is anders in hul uitleg omdat lede hier in `n


hoë digtheid bymekaar kamp. Die verdeling is hier nie in
groepies nie maar eerder almal bymekaar. Omdat soveel
mense in `n relatief klein spasie langs mekaar kamp is dit
belangrik om orde te handhaaf deur eerstens so `n kamp in
rye te vorm. Dit sal `n gevoel van orde en dissipline onder
lede bring, en ook voordelig wees tydens vinnige
onttrekking. Hieronder is `n voorbeeld van `n kompakte
kamp van 6 groepe, ongeveer 60 families. As hier een
Streek leier en 6 groepleiers is sal die HK dus deur die
Streek leier beheer word. Hierdie kamp is by `n natuurlike
water bron, in die geval `n dam. Let op die HK se plasing in
die middel van die kamp.

249
Figuur 10

250
Observasie Pos
Wagposte

Stortings Terrein

Observasie Pos

Figuur 11

251
In figuur 11 kan gesien word hoe kompakte kampe `n
netwerk van kampe vorm. In hierdie geval is die HK ook in
die middel geplaas met observasie poste op ingang roetes.
In hierdie geval kan elke kompakte kamp ongeveer 6 groepe
huisves. Die totale kamp kan dus 3 tot 4 Streek leiers se lede
akkommodeer.

Sekere kampe kan ook `n kombinasie van kompakte en


verspreide kamp opset wees. In die figuur is `n voorbeeld
van hoe kompakte kampe om `n waterbron, in die geval `n
rivier opgerig is.

Die voor- en nadele van kompakte kampe

VOORDELE

Kompakte kampe het die volgende voordele:

1. Die lede in kampe kan optimaal benut word in die


verrigting van take soos beveiliging, invordering van
lewensmiddele en kamp sekuriteit, aangesien
aanmeldings punte binne loopafstand is.
2. Verspreiding van voorraad en lewensmiddele is maklik
omdat afstande naby is.
3. `n Sterk wag stelsel is moontlik vanweë die
hoeveelheid lede in die kampe.
4. Kommunikasie is vinnig d.m.v. leierskap strukture.
5. ‘n Sterk defensiewe mag kan gevorm word.

252
6. `n Kundige Adviesraad kan tussen lede gewerf word.
7. `n Klein grond oppervlak tot ledetal is nodig.
8. Sekuriteit in getalle
9. Ondersteuningsdienste soos mediese-, regs-,
administratiewe en meganiese dienste kan opgerig
word.

NADELE

Die oprig van groot kompakte kampe het die volgende


nadele:

1. Die hoë digtheidsbevolking hou higiëne en sanitasie


gevare in.
2. Die beskikbaarheid van water is essensieel.
3. Die koste van water en lewensmiddele verspreiding is
duur.
4. Die kampe is kwesbaar vir aanvalle met wapens van
massa vernietiging.
5. Die kampe kan moeilik weggesteek word.
6. Die kampe is stadig om te ontruim.
7. Die kampe is kwesbaar vir infiltrasie en opstandigheid.
8. Die kampe bied groot sosiale en ontspannings
moontlikhede.

253
Hekwag
Stoor

Sleutel
personeel kamp

HK

254
Nasionale kampe

In nasionale kampe sal die hoogste gesag in die kamp deur


die Suidlander bestuur aangewys word. In hierdie kampe
neem Provinsiale leiers hul posisies as Provinsiale leiers in
en val direk onder die gesag van Nasionale bestuur wat in
beheer van die hoofkantoor sal bly. Die grootte van
nasionale kampe sal vereis dat daar verskeie kampe sal
wees, eerder as een groot kamp area. Hierdie kleiner kampe
word weens die getal mense oor `n groot area versprei. Elke
sub-kamp van `n nasionale kamp val dus onder die
Provinsiale leier se beheer.

Provinsiale kampe

Provinsiale kampe kan deel vorm van `n nasionale kamp


netwerk, of onafhanklik, soos wat die geval sou wees tydens
of kort na volskaalse onttrekking. Die Provinsiale leier sal
tipies in so geval die Kampkommandant wees. Sy Streek
leiers is die volgende vlak van gesag onder hom.

Streek kamp

Streekkampe kan as onafhanklike kampe funksioneer waar


omstandighede dit vereis, of deel uitmaak van die netwerk
van kampe van `n Provinsiale kamp. In streekkampe is die
Streek leiers die Kampkommandant van sy bepaalde lede.

255
Groep kamp

Waar `n kleiner groep `n kamp oprig sal dieselfde geld. Die


Groepleier is in hierdie kamp die Kampkommandant. Groep
kampe kan ook onafhanklik funksioneer of deel vorm van die
netwerk van `n streek kamp.

Funksionering

Elke kamp, ongeag van watse kamp dit is (provinsiaal,


streek, ens.) funksioneer of onafhanklik of onder bevel van `n
groter kamp netwerk. Dit is belangrik om te besluit hoe `n
kamp funksioneer aangesien dit sal bepaal of diens afdelings
onafhanklik sal funksioneer of nie. Daar mag dalk sekere
afdelings soos lewensmiddele, navorsing en administrasie
wees wat onder `n groter netwerk funksioneer terwyl ander
afdelings soos dienste en die wag stelsel onafhanklik
funksioneer. Die funksionering van dienste in kamp verband
sal afhang van die volgende:

o Die fisiese afstande wat sub-kampe van mekaar en


van die HK af geplaas word.
o Die vermoë wat kleiner sub-kampe het om op hul eie `n
diens te lewer met die beperking wat lede getalle in `n
kamp stel.
o Die nodigheid wat sekere dienste vereis om deur meer
senior leierskap beheer te word.

256
o Die beperkings en moontlikhede wat die terrein stel
aan lewering van dienste.
o Die beskikbaarheid van lewensmiddele en
infrastruktuur om op kleinskaal dienste te lewer.
o Die vlak van bedreiging en kwesbaarheid van lede kan
sekere dienste soos `n wag stelsel en kamp
weerbaarheid noodsaak om onafhanklik te funksioneer.

257
6. Spanning en Trauma
Wanneer die Suidlander noodplan in werking tree, sal dit
beteken dat ons onsself in `n omgewing bevind wat baie
anders sal wees as die lewe wat ons vandag ken. Met die
uitbreek van enige gewapende konflik situasie van die skaal
en intensiteit wat in Suid-Afrika verwag word kan ons verwag
om ten minste tot `n mate aan buitengewone en vreemde
situasies blootgestel sal word.

Dit kan begin met gerugte van grootskaalse anargie en


chaos, gerugte wat vinnig versprei deur SMS’e en
bekommerde lede wat elke nou en dan skakel om te hoor of
jy al iets meer gehoor het. Daarna word die gerugte op
radiostasies bevestig en selfs op TV nuus word beeld
materiaal uitgesaai. Soos wat telkemale voorheen gebeur
het is almal bekommerd maar die hoop dat ons polisie mag
beheer oor die situasie sal kry vlam op, en almal voel gou
beter nadat `n paar vriende jou herinner hoe gereeld hierdie
tipe ding gebeur en net weer oorwaai. Met die volgende
nuusuitsending sit almal reg met `n stille bekommernis, en
hoop vir beter nuus. Iemand maak `n opmerking dat hierdie
tipe goed nie so vinnig oorwaai nie. ‘n Ander noem dat dit
dalk die ‘grootte ‘ kan wees die. Die eerste woorde op die
nuuskanaal laat jou hart `n paar sekondes maag toe sak. “
Die polisie het beheer verloor oor oproeriges in die
Johannesburgse middestad na grootskaalse betogings wat
laatnag daar uitgebreek het. Ekstra polisie versterkings en
lede van die weermag is ontbied maar alle toegang roetes is
versper met brandende buitebande en rommel. Talle lede
van die polisie en weermag is in oor en weer geskietery op
verskeie plekke in en om Johannesburg deur geweervuur
noodlottig gewond. Intussen stroom talle berigte in dat
honderde inwoners van die Johannesburgse middestad
reeds in skermutselinge met oproeriges omgekom het. Ons
wil graag sensitiewe kykers waarsku dat die volgende……,
dis waar jy omkyk en sê: “miskien moet ons maar die
sleepwa haak.” Dit neem jou en jou familie drie ure om op
die pad te kom, as jy nog kan? Jy probeer dink wat om te sê
om almal net beter te laat voel, maar jou stem wil breek, jou
lippe trek styf en jy versterk jou greep op die stuurwiel sodat
hulle jou hande nie sal sien bewe nie… Die werklikheid van
sulke situasies is oorweldigend. Geskiedenis leer ons dat

258
hierdie soort ding vir Afrika geen nuwe gesig is nie, en jy my
vriend is in Afrika. Die blootstelling aan `n lewensgevaarlike
situasie, die wete dat jy en jou familie nie veilig is nie. Mense
wat verbrysel agtergelaat word. Moord, doodslag, en
wreedhede. Tonele wat voor jou afspeel, klanke, reuke,
stories van grusaamhede. Die effek wat dit op die menslike
siege het is oorweldigend.

Ons het dus besluit om ons mense beter toe te rus om die
impak van angs en spanning beter te beheer en te verlig. Die
produk van ons werk is wat u nou na kyk. Ek hoop dat die
inligting in hierdie hoofstuk vir u van groot waarde sal wees
in die toekoms.

Dit is belangrik om te besef dat spanning in verskillende


vorms op verskillende tye ervaar sal word. Vanaf die eerste
tekens van die bedreiging, tot die opbou, die krisis impak, en
laastens nadraai van gebeure.

Hoe reageer mense op spanning?

Die liggaam en siel is ontwerp en toegerus vir oorlewing met


'n ingewikkelde reeks hormonale, neuromuskulêre,
geestelike en sielkundige reaksies, wat onmiddellik die totale
wese beinvloed wanneer mens met `n bedreiging, of die
persepsie van `n bedreiging gekonfronteer word. Hierdie
reaksies is dieselfde in mense regoor die wêreld. Instink sal
meebring dat mens in sulke omstandighede die bekende veg
of vlug reaksie ervaar, of net passief raak. Studies toon dat
vroue dikwels van die veg of vlug model afwyk en is eerder
geneig om die ondersteuning van ander te soek of om ander
te versorg. Na herhaaldelike blootstelling aan spanning en
angs sal die natuurlike vermoë om te reageer en weer te
ontspan stelselmatig afneem namate die hormonale vooraad
opraak. Dit is wanneer “stress” simptome sigbaar raak.

Hoe manifesteer “stress” simptome?

“Stress” manifesteer op vyf vlakke. Fisiese, emosionele,


kognitiewe, gedrags- en geestelike / filosofiese reaksies.
Omdat elke individu uniek is in hul persoonlikheid,

259
persoonlike geskiedenis, opleiding, vorige ervarings en
huidige omstandighede sal reaksies ook verskil. Verder is
daar hoofsaaklik drie tipes spanning wat elk ook unieke
gedragspatrone tot gevolg het.

• Dag-tot-dag spanning. Dit is normale spanning wat ons


elke dag ervaar in werks- en sosiale omstandighede.
Normale ontspanning en informele gesprekke met familie
na `n dag se werk bied gewoonlik genoeg ontlading om
hierdie vorm van spanning te bestuur. Ons sal nie in
hierdie hoofstuk op dag tot dag spanning fokus nie.

• Akumilerende Spanning. Hierdie vorm van spanning is


mees algemeen in tye van bedreiging en lewens gevaar.
Konstante blootstelling aan sulke omstandighede het `n
verwerende effek op mense en kan ernstige afwykings in
gedragspatrone veroorsaak.

• Kritiese insident spanning. Hierdie is 'n kombinasie van


akute reaksies op geweld, trauma en lewens bedreigings.
Dit vereis onmiddellike aandag en veroorsaak plofbare
reaksie tydens kritiese insidente.

Akumilerende stres en spanning

Oorsake van Akumilerende stres

• Lang veeleisende werksure in `n onttrekking situasie.

• Gevaarlike en ongemaklike omstandighede.


• Om konstante, vinnige en helder besluite te neem.
• Om lewens belangrike keuses met min informasie in tye
van nood te maak.

260
• Om jou eie emosies onder beheer te hou om met
mense te werk waar `n gevoel van angs en frustrasie
heers.
• Die gevoel van onbevoegheid in die uitvoer van nuwe
en onbekende pligte in nood situasies.
• Verwarring en frustrasie wat met moeilike en
onduidelike opdragte gepaard gaan.
• Konflik tussen leierskap en lede in die uitvoer van
noodprosedures.
• Besorgdheid oor familie en vriende in gevaarlike tye.

Simptome van Akumilerende stres

Fisiese simptome

• Oormatige moegheid.
• Hoofpyne.
• Slaap probleme.
• Verandering in eetlus.

Emosionele simptome

• Angs.
• Voel afgesonder van ander.
• Wil alleen wees.
• Negatief en pessimisties.
• Agterdogtig en paranoïes.
• Depressief of hartseer.
• Voel onder druk en oorweldig.
• Verlaagde sin vir humor

Kognitiewe simptome

• Moeg om te dink.
• Sukkel om te konsentreer.
• Aandag afleibaarheid.
• Vind besluitneming en prioritisering moeilik.

261
• Verminderde helder denke.
• Rigiede onbuigbare denke.

Gedrags patrone

• Geïrriteerd.
• Skuif die blaam na ander.
• Onwillig om werk te begin of af te handel.
• Onttrek sosiaal.
• Afwesigheid.
• Onwilligheid om verlof te neem.
• Dwelmmisbruik en selfmedikasie.
• Alkoholmisbruik.

Geestelike en filosofiese simptome

• Twyfel in waardes en geloof.


• Bevraagteken lewens doel, leefstyl, professie ens.
• Self-beheptheid.

Faktore wat streshantering kan beïnvloed.

Die unieke karakter, lewenservaringe en fisiese eienskappe


van lede is `n noemenswaardige faktor in die vermoë om
spanning te hanteer. Hier volg `n paar voorbeelde van
goeie en slegte faktore m.b.t. “stress”-hantering.

Positiewe faktore Negatiewe faktore


Individueel - Goeie - Gesondheidsprobleme
gesondheid - Hoë self verwagtinge
- Vorige suksesse - Krisis is `n bedreiging
in krisis hantering vir sy vermoë
en soortgelyke - Onopgeloste
opleiding emosionele skade van
- Krisis word vorige trauma of
gesien as `n verliese
uitdaging
- Fokus op
oplossings
- Ontvang
ondersteuning van
familie en vriende,
nie druk nie.

262
Persoonlike - Persoonlike en familie
Interpersoonlik vermoë om te kan probleme veroorsaak
hulp aanbied en addisionele spanning. -
ontvang Persoonlike verbintenis
- Kommunikasie of ooreenstemming met
vaardighede slagoffers
- Persoonlikheid
probleme- onvermoë
om hulp te aanvaar
Sterk en - Swak leiers
Gemeenskaplik betroubare leiers - Swak informasie/
- Effektiewe kommunikasie kanale
informasie kanale - Kritiek en oordeel van
- Ingeoefende en gemeenskap
beplande optredes

“Stress” bestuur

Leiers moet daarop let om die voorbeeld en standaard te stel


om “stress” te bestuur. Indien leiers hierdie
verantwoordelikheid ernstig opneem sal lede volg en meer
noukeurig in die bestuur van “stress” asook in oplettendheid
vir simptome by mede lede wees.

Self behandeling van “stress”

• Oefening

Fisies oefening vir ongeveer twintig minute per dag wat


die hele liggaam inspan met `n verhoogde asemhaling
en hartklop sal stress vlakke laat afneem.

• Voeding

Voorkom ongebalanseerde eetgewoontes en om


maaltye oor te slaan. Voorkom `n oormaat suiker,
alkohol en vet inname. Drink baie vloeistowwe.

263
• Rus en slaap

Maak seker dat lede genoeg rus en slaap inkry.

• Ontspanning

Neem genoeg tyd om te ontspan met musiek, `n boek ,


of stokperdjie. Ontspanning dien as `n ontlaai klep vir
“stress”.

• Balans

Hou `n gesonde balans tussen privaat lewe en jou


werk. Neem genoeg tyd om met jou familie te spandeer
en hou persoonlike aangeleenthede weg van
werkaangeleenthede.

Leiers, afdeling bestuurders en lede moet verstaan


hulle is nie vier en twintig uur, sewe dae `n week
verantwoordelik vir hul pligte nie. As leierskap en
bestuur hierdie beginsel toepas sal lede die voorbeeld
volg.

• Hou lede ingelig.

Laat lede op hoogte bly van die situasie en gebeure.


Selfs al is die nuus nie positief nie is dit soms beter as
om onseker te wees.

• Toeganklikheid.

Sigbare toeganklike leiers laat lede besef dat hulle


onder goeie leierskap staan wat omgee en lede se
belange op die hart dra. Leierskap moet gereeld lede
besoek en die geleentheid bied vir gesprekvoering.
Toon ook belangstelling in die emosionele toestand
van lede.

• Simptome

Wees bedag op simptome en hanteer dit vroegtydig.

264
• Erken Verliese

Die amptelike erkenning van die dood van lede laat


naasbestaandes toe om die rou proses te begin.

• Erkenning

Gee erkenning aan werk, opofferings en bydraes. Om


nie erkenning te ontvang nie verhoog spanning en
druk.

• Die “buddy” stelsel.

Implementeer die “buddy” stelsel tussen leierskap en


lede. Hou “buddies” onder leierskap sovêr moontlik op
dieselfde gesag vlak. Die werk van “buddies” is om
mekaar dop te hou vir simptome van spanning en
mekaar te herinner aan nakoming van stresverligting
aktiwiteite. Die besorgdheid vir mekaar het ook `n groot
stresverligting effek. Leer mekaar ken en vertel mekaar
hoe elkeen sekere soorte “stress” hanteer, verwerk.
Wees bekend met mekaar se “stress” simptome.
Herinner mekaar: “ Jy weet jy gaan foute maak as jy
nie eers ontspan nie. Jy moet kritiese besluite neem
môre, sonder rus kan jy mense se lewens in gevaar
stel, ens.”

Traumatisering in Kritiese insidente


Identifisering van kritiese insidente

Kritiese insidente is skielike gewelds insidente wat lewens


bedreig en/of besering of dood tot gevolg het. Dit kan
wissel in omvang maar val buite die normale aanvaarbare
lewens ervarings in die dat hierdie insidente mense skok en
traumatiseer. Voorbeelde hiervan is grusaamhede en
aanvalle teen mede lede of familie wat tot dood of besering
ly. Geweld teen kinders en ou mense en om gyselaar
gehou te word.

265
Kwesbaarheid

Persone wat sulke insidente beleef kan `n verskeie aantal


reaksies toon, tydens die insident, direk daarna, maar ook vir
weke, maande en jare later. Leiers en lede moet kennis
neem dat sekere persone besonder kwesbaar is vir kritiese
insidente. Die volgende kan kwesbaarheid drasties verhoog:

• Jongmense en selfs jong volwassenes.


• ‘n Onlangse persoonlike verlies soos dood of
egskeiding.
• Persoonlike gehegtheid aan die mense wat betrokke is.
• Vorige traumatiese ondervindings.

Trauma ontlonting op die toneel.

Die hantering van slagoffers op tonele sal moontlik op `n


stadium deur u behartig moet word. Om vinnig en effektief
op te tree in die assessering van beide beseerde sowel as
getraumatiseerde persone is lewens belangrik. Net soos
wat onvoldoende of geen mediese hulp ernstige implikasie
kan hê, kan die verkeerde hantering van getraumatiseerde
persone ook baie negatief vir slagoffers wees vir `n baie
lang tyd na die insident. Mediese hulp geniet voorkeur bo
emosionele hulp. Sodra slagoffers buite gevaar van bv.
beserings is kan trauma ontlading toegepas word

Die toneel waarop slagoffers te hulp gesnel word kan opsig


self vir baie mense traumaties wees. Visualiseer bv. `n
toneel waar `n ploftoestel afgegaan het. Verwag dooies,
bloed liggaamsdele ens. Hou in gedagte dat daar
waarskynlik kinders vrouens en bejaardes tussen hulle sal
wees. Oorlewendes met grusame liggaam skendings en
wat selfs ledemate verloor het. Mense wat histeries en
buite beheer optree. Alhoewel die situasie dit mag vereis
dat u hulp moet aanbied, is dit steeds raadsaam om vooraf
te bepaal of u die vermoë het om op so `n toneel kalm te

266
bly en nugter denkend op te tree. Hou in gedagte dat u self
na afloop van so ‘n insident hulp moet ontvang. Volg die
volgende stappe op `n toneel:

Voor ontlonting

1. Identifiseer oorlewendes en getraumatiseerdes.


2. Beveilig slagoffers op die toneel.
3. Verleen mediese hulp en stabiliseer slagoffers.
4. Verwyder kinders van die toneel af.
5. Bepaal wat gebeur het op die toneel.
6. Kalmeer die slagoffer verkieslik sonder medikasie.
Gebruik suikerwater of rooibostee, nie tee, koffie of
alkohol nie.
7. Hou die persoon warm.
8. Hou die persoon op die toneel vir ontlonting, moet nie
volwassenes probeer verwyder om hulle emosioneel te
beskerm nie.
9. Beskerm teen sekondêre trauma. (Omstanders, Media
ens.)

Ontlonting

1. Vra die slagoffer wat het gebeur.


2. Laat hom/haar praat en die toneel sien.
3. Laat hom/haar oorledenes groet op die toneel. Besluit
self as liggame te grusaam geskend is en bedek indien
dit oorweldigend sal wees.
4. Vra of hy/sy gereed is om te gaan en maak seker om
hom/haar in iemand se sorg te laat.

267
Na ontlonting

1. Bied aan om vir die slagoffer te bid. Vra vir kalmte,


rustigheid, beskerming vir die slagoffer.
2. Tref reëlings vir trauma sessie en bevestig die
belangrikheid daarvan.

Trauma ontlading sessies

Trauma ontlading sessies moet verkieslik binne tussen vier


en twintig en twee en sewentig uur na die insident gedoen
word. Reël vir ‘n sessie waar al die persone wat die insident
meegemaak het teenwoordig is. Die persoon wat die sessie
aanbied moet verkieslik die nodige opleiding hê. Hierdie
sessie is nie terapie nie, en kan met groot sukses deur
onopgeleide persone ook aangebied word. Persone wat
self deur `n spesifieke insident geraak is moet nie die
sessie vir daardie insident aanbied nie. Ons volg hier die
“Mitchell’s model van kritiese insidente trauma
ontlading”. Die persoon wat die sessie lei kan die
volgende stappe volg.

1. Fase een. Opening

• Groet en stel jouself voor.


• Fokus op een insident en noem die doel van die
sessie. “Ons is hier om te gesels oor wat gister op die
pad gebeur het.”
• Noem dat die insident geweldige emosionele
implikasies het.
• Noem die simptome wat mense kan verwag om te
ervaar.
• Noem spesifiek dat dit heeltemal normaal is om hierdie
simptome te ervaar.
 Verduidelik die doel en voordele van die sessie.

268
• Skep die verwagting dat die bywoners kan verwag om
binnekort weer normaal te voel.
• Verseker almal dat daar hulp beskikbaar is om weer
volle beheer te neem oor elkeen se lewe.
• Verwys na vorige suksesse as suksesverhale.
• Noem dat alles tydens die sessie konfidensieël is en
dat bywoners dit ook so moet hanteer
• Noem dat bywoners nie die sessie moet verlaat voor
dit verby is nie al sou hulle so voel.
• Stel bywoners in kennis dat hulle na afloop van die
sessie moontlik erger sal voel en dat dit normaal is.
• Vra bywoners om by die onderwerp en vrae te bly.

2. Fase twee. Feite

Laat elke bywoner feitlik vertel wat gebeur het. Die


verloop van die insident. Wie was betrokke, hoekom,
waar was hulle. Wat het hulle gesien, gehoor, geruik
en fisies gevoel (nie emosies nie!) Beskryf hoe die rook
geruik het, hoe die bloed gelyk het ens. Gebruik net eie
sintuie.

3. Fase drie. Denke

Laat elkeen vertel wat hulle gedink het in elke stadium.


Laat elkeen vertel wat hulle nou dink van die insident

4. Fase Vier. Emosionele Reaksie


NB Mees belangrike stadium

• Beweeg van denke na emosies. Niemand praat


nou oor denke of feite nie, net emosies.
• Vertel wat elkeen gevoel het.
• Vertel wat elkeen nou voel.

269
• Vertel watter oomblik het die ergste gevoel.
• Vertel wanneer elkeen die beste gevoel het.

5. Fase Vyf. Simptome

• Beweeg terug na denke.


• Bespreek simptome.
• Beklemtoon die normaliteit van simptome.

6. Fase Ses. Inligting. Gee praktiese riglyne.


• Oefening om van adrenalien ontslae te raak.
• Eet gereeld en gesond.
• Kry genoeg slaap.

7. Fase sewe. Herbespreking.

• Vrae, vrae en bespreek.

Riglyne vir die aanbieding van sessies

• Laat persone toe om te huil.


• Laat fisiese kontak toe.
• Laat persone met normale lewe aangaan, nie stagneer.
• Luister, moenie raad gee nie.
• Moenie jou emosies met hulle s’n vergelyk nie. Joune
maak nie saak nie. ( Ek sou dieselfde gevoel het.)

Simptome van kritiese insidente stress

Die volgende is simptome wat slagoffers van kritiese


insidente mag toon. Lede moet ook kennis neem dat
persone wat sulke insidente beleef somtyds baie normaal

270
voel na die tyd en nie besef dat hulle die simptome toon, en
dat dit hulle vermoë om te funksioneer belemmer nie. Vir
hierdie rede moet lede van die simptome kennis neem sodat
daar hulp vir sulke persone verleen kan word.

Fisiese Simptome

• Naarheid en “gastro-intestinal distress”.


• Oormatige sweet en bewe.
• Floute en duiseligheid.
• Spier “muscle tremors/weakness”.
• Verhoogde hartklop en “respiration
• Onsamehangende bewegings.
• Uitermatige moegheid lamheid.
• Hoofpyn

Emosionele Simptome

• Dramatiese verandering in emosies.


• Vrees en angs
• Skuldgevoel (survivor Guilt)
• Oormatige vreugde (Survivor joy)
• Woede
• Hartseer
• Ge-oorweldig, passief.
• Voel buite die werklikheid.
• Emosionele afgestomptheid.
• Gevoel van kwesbaarheid..

Kognitiewe simptome

• Konsentreer moeilik.
• Dink in sirkels
• Dink stadig
• Geheue verlies of probleme
• Deurmekaar en gedisoriënteerd
• Sukkel met berekeninge en probleme oplos
• Neem moeilik besluite

271
• Terugflitse van die insident
• Verloor perspektief

Gedrags simptome

• Geskokte reaksie en rusteloosheid


• Moeilik om self uit te druk
• Praat konstant oor die insident
• Argumente
• Onttrekking
• Oordrewe humorsin
• Vertraagde reaksies
• Onvermoë om te stop en te rus.

Geestelike simptome

• Totale verloor van vertroue

Langdurige reaksies

Dit is algemeen om talle simptome te ervaar in die tyd na `n


kritiese insident. Hierdie simptome kom veral voor by leiers wat
gedurende die insident in beheer van hul emosies moet bly. In
meeste gevalle vervaag die simptome oor `n paar weke en voel
persone weer normal. Dit kom ook algemeen voor dat simptome
skielik meer intens voorkom op die verjaarsdag van die insident of
tydens gebeure wat baie soos die krities insident is.

272
Verwysings
UNHCR,1995. Security Awareness: An Aide-Mémoire
Amnesty International, 1998. 10 Basic Human Rights Standards for Law
Enforcement Officials
Christopher Ankerson. What is Good for You? Why Armies Engage in Civil-
Military
Jane Barry and Anne Jefferys, 2004. “A bridge too far: aid agencies and the
military in humanitarian response’’. Humanitarian Practice Network.
Koenraad Van Brabant, Overseas Development Institute (ODI), 2000.
Operational Security Management in Violent Environments. A Field Manual for
Aid Agencies. Humanitarian Practice Network.
CARE. Safety & Security Handbook.
ECHO, European Commission, 2004. Generic Security Guide for
Humanitarian Organisations.
Electronic Mine Information Network (E-MINE), 2005. International Mine
Action Standards Mine Risk Education – Best Practice Guidebooks.
Inter-Agency Standing Committee (IASC), 2001. Use of Military or Armed
Escorts for Humanitarian Convoys. Discussion Paper and Non-Binding
Guidelines.
Inter-Agency Standing Committee (IASC), 2003. Guidelines on the Use of
Military and Civil Defence Assets to Support United Nations Humanitarian
Activities in Complex Emergencies.
Inter-Agency Standing Committee (IASC), 2004. Civil-Military Relationship in
Complex Emergencies – An IASC Reference Paper.
RedR UK, 2007. Safety and Security Review. A Focus for Sharing and
Learning in the Aid Sector. Issue 7.
RedR UK, 2007. Safety and Security Review. A Focus for Sharing and
Learning in the Aid Sector. Issue 8.
Hugo Slim, Centre for Humanitarian Dialogue, 2007. A Guide to Mediation.
Enabling Peace Processes in Violent Conflicts.
The Paris Principles: Guidelines on the Recruitment and Use of Children in
Armed Conflict, 2007.
UN Convention on the Rights of the Child, 1989. Optional Protocol to the
Convention on the Rights of the Child, A/RES/54/263.
UNHCR, 2001. Managing the Stress of Humanitarian Emergencies.
UNHCR, 2007. Handbook for Emergencies.
UNHCR, 2006. Operational Guidelines on Maintaining the Civilian and
Humanitarian
UNSECOORD, 2004. Security Risk Management (Excerpt). Security
Management

273
274
SAAMGETSEL DEUR
SUIDLANDER BESTUUR

NAVRAE
navrae@suidlanders.co.za

275

You might also like