Die Muskiet Word

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Die muskiet

Sheila Cussons

1. Haar fyn piekerende gedrein

2. het my uit ligte slaap gewek : toe draai

3. sy om my, sirkel-sirkel sy op soek,

4. angstig, na ’n landingstrook.

5. En dan, o die verligting, vind sy

6. geskikte terrein : sink sy haar

7. verbluffende perfekte instrument

8. deur die huid en diep-o-heerlik in,

9. – swel uit haar dun lyfie al ronder

10.en ronder die rooi deursigtige bel –

11.Nog ’n wyle, van wellus stil, sit sy net,


12.voor sy met ’n innige dank aan die Groot Culex

13.uitskroef en met haar buit

14.in die wye vrugbare nag verdwyn.

15.Haar lankal onnodige mannetjie

16.sal wel ook iewers wees, as hy nog leef,

17.beneweld duttende van nektarwyn.

18.Muskiet, vaarwel, vaar baie wel,

19.ek sal van ons vlugtige kennis simpatiek

20.geruime tyd nog jeuk. Toegewyde

21.goggatjie, ek wens jou ’n goeie bevalling,

22.en dit sal my niks verwonder nie as ek intussen

23.boonop nog, sentimenteel die dae tel.

Uit Senior Keur, saamgestel deur Marius Crafford e.a..,bl. 40.

You might also like