Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 23

AFR 110: Poësie

Departement Afrikaans
Fakulteit Geesteswetenskappe
Universiteit van Pretoria

Groenkloof Hatfield
Me. Nina Botes Prof. Andries Visagie
botesn@unisa.ac.za GW 15-11
012 429 6988 Andries.Visagie@up.ac.za
074 525 5495 012 420 4425
Lesing 7:

Verstegniek en versvorme:
Metrum en ritme in die poësie
Klankeffekte in die poësie
• Kenmerke van die poësie:
• Metaforiese taalgebruik (volgende week)
• Reëlmatige klankeffekte
• Rympatrone
• Ritme en metrum

• Vandag:
• Onderskeid / samehang tussen ritme en metrum
• Aspekte van metrum
• Toepassing op “Vroegherfs” (N.P. van Wyk Louw)

3
Ritme
• Wat is ritme?
• Natuurlike gesproke taal het praatritme
• Dit is beweging of voortvloei van een klankgreep na volgende

• Hoe kom ritme tot stand?


• Verskil in toonhoogte
• Afwisseling van beklemtoonde / onbeklemtoonde lettergrepe
(onbepland)
• Afwisseling van kort / lang lettergrepe

• Hoe kan ons dan ritme omskryf?


• Ritme in gewone taalgebruik en in die poësie is die indruk van
beweging (reëlmatig of onreëlmatig) wat ontstaan deur opvolging
van klanke van wisselende tydsduur en spoed
4
Klasbespreking
• Lees die eerste reëls van “Mabalêl” van Eugène Marais.
Bepaal:
• of die ritme vinnig of stadig is;
• hoe hierdie tempo tot stand kom; en
• wat die moontlike funksies daarvan kan wees vir die
betekenis van die gedig.

Vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl


Vrolik klink die liedjie
wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel

5
Metrum
• Wat is metrum?
• Metrum (versmaat) = ritmiese patrone wat in sommige gedigte
voorkom
• Patrone dra by tot ritmiese effek in gedig
• Patrone is altyd reëlmatig
• Kom veral voor in ouer Afrikaanse poësie / vaste versvorme

• Wat is die verband tussen metrum en ritme?


• Metrum is onderafdeling van ritme as die meer oorkoepelende
verskynsel wat gaan oor afwisseling van kort en lang klanke in
gedig
• “Metre is the blueprint; rhythm is the inhabited building. Metre is
a skeleton; rhythm is the functioning body. Metre is a map;
rhythm is a land.” – Philip Hobsbaum
6
Metrum
• Hoe word metrum bepaal?
• In Afrikaans (en ander Germaanse tale): metrum bepaal deur
woordklem (aksent)
• Sommige ander tale (bv. Latyn): metrum bepaal deur lengte /
duur van lettergrepe
• Dus: metriese struktuur van gedigte in Afrikaans word bepaal
deur die patroonmatige opeenvolging van onbeklemtoonde en
beklemtoonde lettergrepe

7
Versvoete
• Hoe word hierdie herhalende patrone geskep?
• Beklemtoonde lettergrepe = heffings
• Heffings aangedui met aksentteken ( ̒)
• Onbeklemtoonde lettergrepe = dalings
• Dalings aangedui met simbool wat lyk soos dakgeut ( ̆)
• Heffings en dalings kombineer om die kleinste metriese eenheid
te vorm
• Dit is dus die kleinste kombinasie van heffings en dalings wat in ’n
versreël aangetref word voordat die kombinasie weer herhaal
• Versvoet = kleinste metriese eenheid van heffings en dalings in ’n
versreël
• Dus: versvoete = klein metriese eenhede wat die boustene van
die metriese patroon vorm
• Word oor en oor herhaal, maar gewoonlik met insluiting van
aantal afwykings
8
Soorte versvoete
• Tweeledige versvoete
• )
• Begin met 1 daling gevolg deur 1 heffing
• Voorbeeld: “bĕ-taál”
• )
• Begin met 1 heffing gevolg deur 1 daling
• Voorbeeld: “Káap-stăd”
• Spondee:
• 2 opeenvolgende heffings sonder enige dalings
• Voorbeeld: “Neé! Neé!”

9
Soorte versvoete
• Drieledige versvoete
• )
• 1 heffing gevolg deur 2 dalings
• Voorbeeld: “pé-pĕrpŏt”
• )
• 2 dalings onderbreek met 1 heffing
• Voorbeeld: “vĕr-má-nĭng”
• Anapes:
• 2 dalings gevolg deur 1 heffing
• Voorbeeld: “’ň gĕ-mórs”

10
Aantal versvoete
• Hoeveel versvoete in ’n versreël?
• Wissel – digters kan keuse uitoefen
• Sommige vaste versvorme beperk aantal en tipe – digter kan ook
kies om af te wyk!
• Sonnet = voorskriftelik oor tipe versvoet en ook aantal versvoete
per reël
• Oor die algemeen in poësie = tussen 1 en 8 versvoete
• Algemeenste metriese reël = 5 versvoete = pentameter (penta =
5)
• Jambiese pentameter = 5 versvoete wat jambes is – gebruiklikste
versmaat in sonnet
• Notering van metriese patroon deur heffings / dalings te
identifiseer = skandering van gedig
• Sesuur = ruspunt in versreël
11
Klasbespreking
• Kyk na die volgende skanderings van gedigte en bepaal die
volgende:
• Die soort versvoet wat gebruik word
• Die aantal versvoete per reël
• Is daar enige afwykings?

12
Klasbespreking

13
Klasbespreking
• Skandeer die eerste strofe uit Elisabeth Eybers se
“Herinnering”:

As kind het 'k eens die maan se ronde skyf


langsaam sien uitswel bo die silwer vlei
om saggies soos 'n seepbel weg te dryf
en tussen yl popliere in te gly.

14
Lesing 8:

Verstegniek en versvorme:
Metrum en ritme in die poësie
“Vroegherfs”

N.P. van Wyk Louw


“Vroegherfs” (uit Die halwe kring, 1937)

Die jaar word ryp in goue akkerblare,


in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
Klasoefening:

• Skandeer die eerste vier versreëls:

Die jaar word ryp in goue akkerblare,


in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
“Vroegherfs”: Verstegniese elemente
• Sonnet – meestal jambiese pentameter
• Jambiese versmaat geassosieer met gewigtigheid –
dikwels gekies vir ernstige / gewyde onderwerpe
• “Vroegherfs” = gewyde gebed, spreker versoek God
om hom van alle hoogmoed / illusies te stroop, soos
herfsbome van blare gestroop word
˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘
Die jaar | word ryp | in gou| e ak | kerbla | re,

˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘ ´
in wing | erd wat | verbruin, | en wit | ter lug

˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘ ´ ˘
wat dag | lank van | die nu | we wind | en kla | re

̒ ˘ ̒ ˘ ̒ ˘ ̒ ˘ ̒
son deur | spoel word; || elke | blom word | vrug
Funksie en effek van afwykings
• Afwyking 1?
– Reël 4: “son deurspoel word; elke blom word vrug,”
– 9 eerder as gebruiklik 10 sillabes
– Eerste 4 voete: trogeïes eerder as jambies
– Laaste onbeklemtoonde lettergreep weggelaat (algemene gebruik in
trogeïese reëls)
– Sesuur (aangedui deur kommapunt)
• Hoekom doen digter dit?
– Trogeïese inversie versnel tempo
– Veroorsaak dat reël ’n ligter tempo as gedrae jambiese versmaat
verkry
– Beklemtoon vreugdevolle gegewe van bloeisels wat vrugte word
– Kontrasteer met volgende reël: tempo neem af, skakel met inhoud
(“traagstes”)
Funksie en effek van afwykings
• Afwyking 2?
– Reël 7: “dat die takke van die lang populiere al”
– Twee anapeste: albei te make met populiere
– Hartklopritme (ta-tám-ta-tám-tá-tam) onderbreek met
rollende ritme
Volgende week

• “Die koms van Raka” (N.P. van Wyk Louw)


• “(soos van vlerke)” (Breyten Breytenbach)

You might also like