Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 38

AFR 110: Poësie

Departement Afrikaans
Fakulteit Geesteswetenskappe
Universiteit van Pretoria

Groenkloof Hatfield
Me. Nina Botes Prof. Andries Visagie
botesn@unisa.ac.za GW 15-11
012 429 6988 Andries.Visagie@up.ac.za
074 525 5495 012 420 4425
Afkondiging: Tutors
• Tutortye (Hatfield):
Annika Mouton: Wo. 11:30-16:00; Do. 09:30-13:00
Monique Sandilands: Di. 08:30-16:00
Monja Basson: Ma. 09:30-13:30; Do. 14:30-15:30
• Tutortye (Groenkloof)
Annika: Vr. 10:30-14:00
Monique: Ma. 13:30-16:00
Monja: Wo. 12:30-15:30
• Tutorklasse (Hatfield):
Di. 14:30, GW 1-6; Wo. 12:30 GW 1-6; Do. 13:30 GW 4-16;
Vr. 13:30 GW 4-9
• Tutorklasse (Groenkloof):
Ma. 12:30 Aldoel 2-97; Di. 11:30 Aldoel 2-95; Wo. 12:30 Aldoel 2-95;
Vr. 11:30 Lesingteater L2
Lesing 9:

Verstegniek en versvorme:
verhalende poësie
“Die koms van Raka”
(Groot verseboek, Deel 1,
pp. 136-139)

N.P. van Wyk Louw


Die epic in populêre kultuur

5
Digvorme
• Liriese poësie
– Kwatryn
– Sonnet
– Pantoem
– Villanelle
– Franse ballade (ballade)

• Epiese (verhalende) poësie


– Epos
– Epiese ballade (ballad)
Primêre epos (volksepos)
• Ou digsoort, kom voor in antieke kulture
• Langer vertelling – meestal oorspronklik in volksmond, later
opgeteken
• Sentreer rondom avonture / krygsdade van held
• Ingryping van gode
• Gewelddadige handeling waardeur held statuur verwerf
• Held = hoof van gemeenskap wat aan begin van epos
agteruitgegaan het (in verhouding tot omringende omgewing)
• Held stuit agteruitgang deur positiewe maar gewelddadige
optrede
• Held oorwin teenstanders, verbeter verhouding met
gemeenskap / groter omgewing
• Glorieryke vrede – selfs op kosmiese vlak ’n normalisering van
verhoudings
• Handeling = post tenebras lux (“lig na die duisternis”)
Sekondêre epos (literêre epos)
• “bewuste skepping van ‘n individu wat sy werk opstel met ‘n
duidelike politieke of kunsdoel voor oë” (Grové, 1990:6)
• Gemik op literêre lesers – nie breë publiek / volk nie
• Fokus op onheroïese karakter / antiheld / gewone mens
• Hoop op sukses van held nie vervul nie – ondergang / dood
van held
• Dus eerder post lucem tenebrae (duisternis na die lig) as lig na
die duisternis
• Oorwinning op ’n ander vlak moontlik: as held vir koning sterf
of as held hom vir gemeenskap opoffer sodat hulle beter
toekoms kan hê
• Soms word lyding / dood van held betekenisvol indien fisieke
dood as oorwinning van gees geherkodeer word
Voorbeelde
• Primêre epos:
– Ilias (Homerus)
– Odusseia (Homerus)
– Beowulf
• Literêre epos
– Aeneïs (Vergilius)
– Paradise Lost (Milton)
• In Afrikaans (slegs literêr)
– Raka (N.P. van Wyk Louw)
– Joernaal van Jorik (D.J. Opperman)
– Grou mure (S.J. Pretorius)
Raka: Struktuur
• 1: “Die koms van Raka”
• 2: “Koki”
• 3: “Die dans”
• 4: “Die jag van Raka”
• 5: “Die nag”
Klasbespreking: Raka
• Hoekom skep die eerste reël ’n gevoel van afwagting by die leser?
• Hoe word Raka aan die einde van die eerste strofe gekarakteriseer?
Wat suggereer dit van Raka se aard?
• Wat was die vroue besig om te doen toe Raka aan hulle verskyn
het? Noem twee goed wat Raka doen om hulle guns te wen. Wat
sê dit vir ons van Raka?
• Watter strategie volg Raka met die kinders om hulle guns te wen?
• Watter rol speel die motief van die dans in Raka?
• Wat gebeur met die stam se dans nadat Raka hom aan hulle
geopenbaar het? Wat is die implikasie daarvan?
• Hoe word Koki gekarakteriseer? Hoe kontrasteer dit met Raka?
• Kan daar enigsins gesê word dat die held in Raka oorwin? Hoe
skakel dit met wat jy vandag oor die epos geleer het?
Klasbespreking: Raka
• Hoekom skep die eerste reël ’n gevoel van afwagting
by die leser?
– “Die vroue het hom die eerste gewaar” – nie seker wie die
“hom” is nie
– Eers twaalf reëls later word dit duidelik
• Hoe word Raka aan die einde van die eerste strofe
gekarakteriseer? Wat suggereer dit van Raka se aard?

– Digter beïnvloed leser om Raka in negatiewe lig te beskou:


“Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink, / wat swart en
donker is, van been en spier / ’n lenige boog, en enkeld dier.”
– Raka se onvermoë om te kan dink en feit dat hy “swart en
donker” is, suggereer dat hy suiwer volgens instinkte handel
en by magte van duisternis en donkerte tuishoort
– Sterk voorkoms: hy is “van been en spier / ’n lenige boog” –
mag dus wel op fisiese vlak respek inboesem by diegene wat
nie rede of intellektuele vermoëns waardevol ag nie
– Maar: kom in tweede strofe “uit die gebreekte riete” gestap -
waar hy hom ook al begewe, veroorsaak sy indrukwekkende
krag sinnelose vernietiging
• Wat was die vroue besig om te doen toe Raka aan hulle
verskyn het? Noem twee goed wat Raka doen om hulle guns
te wen. Wat sê dit vir ons van Raka?
– Vroue was besig met kweek / voorbereiding van kos: “aan die
stampblok, in die jong-groen landerye” en “met kruik en geel,
wind-ligte kalbas / op heup en skouer”
– Einde van tweede strofe: bring vir vroue kos as geskenke: jong
bok, vrugte, neute, soet riet
– Dus: vervul basiese behoefte aan voedsel – nog ’n basiese
behoefte?
– Seksuele begeerte: sy dans is “geil van begeerte, van wilde vlug
en vang / en paring en uitskree onder die dwang / van drifte
wat geen naam of doel meer ken”
– Vroue aanvaar nie geskenke, maar hy het effek op hulle:
– “Elkeen was ontrus / oor die mooi dier en die vreemde lus / wat
sy diep in haar hart maar sterk voel roer het”
– Laaste strofe: In die nag het ’n vrou soms “helder uitgegil / van
wellus en skrik” as die “naak dier” buite ronddwaal
– Raka se toenadering met elke groep wys hy weet hoe om hulle te
benader
• Watter strategie volg Raka met die kinders om hulle guns
te wen?
– Vermaak kinders “vir hulle plesier” met allerhande komieklike
streke
– Slaag daarin om hulle te “behaag / met sy mal spronge” en ook
deur groot vis in die rivier te vang

• Watter rol speel die motief van die dans in Raka?


– Vir stam: dans deel van hul ontwikkelde kultuuruitinge
– Raka: “mank dans”, niks meer as “gehuppel in ’n kring”
– Dus: ontwikkelingsvlak laag
– Laagste gemene deler beïndruk massamense
• Wat gebeur met die stam se dans nadat Raka hom aan hulle
geopenbaar het? Wat is die implikasie daarvan?
– Dans van stam begin verander: “en blind was die oë, wit van die
waan, van ‘n nuwe krag / en ‘n nuwe dans; en duister woorde / het
opgeskuim in ‘n vreemd-verstoorde / gesang, soos vuil water wat
ópwolk”
– Kultuuruitinge van stam (taal, musiek, dans) dus besoedel deur Raka
se invloed: vertroude dans van stam verander in ’n “nuwe dans” en
helder taal bv. vervang deur “duister woorde”

• Hoe word Koki gekarakteriseer? Hoe kontrasteer dit met Raka


en met die ander mense van die stam?
– Koki sing nie saam, hy dink aan “vroeër, yler liedere, en vermoed / dat
daar veel kwaad in aantog deur die bloed / van sy besete mense was.”
– Aristokratiese of profetiese enkeling gestel teenoor die massamense
wat nie sy visie vir kulturele uitnemendheid deel nie
– Enkeling se waardes broos, word deur barbaarsheid oorweldig en
vertrap
• Is daar sprake van ’n oorwinning deur die held?
– Slegs op geestelike vlak
– Volgens A.P. Grové: in Raka talle aanduidings van
“sirkelbewegings”, “’n oprank uit die swaar aarde en ’n
terugstort in die koue klei” wat keer op keer herhaal word
– Beskawing bloei op en verval dan weer
– Moontlikheid bestaan dus dat onbeskaafde Raka sal ontwikkel
en dat daar weer ’n geestelike held soos Koki sal wees, al duur
dit generasies
– Hoewel Koki dus die stryd teen Raka verloor wanneer hy
doodgemaak word, is daar die moontlikheid dat sy
aristokratiese ideaal nie uitgewis is nie, en dat die geestelike
held dus weer kan opstaan.
Bronne:

Grové, A.P. 1990 (1966). Raka. N.P. van Wyk Louw.


(Blokboek). Kaapstad & Johannesburg: Human &
Rousseau.

Madelénat, Daniel. 1986. L’épopée. Paris: Presses


Universitaires de France.
Lesing 10:

Verstegniek en versvorme:
liriese poësie
Liriese poësie
• Omvattende korpus – meeste gedigte is liriese poësie

• Verskil tussen liriek en liriese poësie:


• Liriek: sinoniem vir poësie – gebruik om digkuns van
ander hoofgenres te onderskei
• Hoofgenres: liriek (poësie) / epiek (verhaal) / dramatiek
(opvoering)
• Liriese poësie: Meeste korter digvorme, o.m. vrye verse,
kwatryn, sonnet, ode, pantoem, elegie, epigram, Franse
ballade, rondeel
Liriek
• Woord afgelei van Griekse
snaarinstrument – die lier

• In antieke Griekeland gebruik


om sangers wat gedigte gesing
het, te begelei

• Assosiasie wat steeds bestaan:


liriese poësie dikwels musikaal /
sangerig van aard (al is baie
liriese gedigte nie meer vir
musikale voordrag geskik nie)
Algemene eienskappe van liriese poësie
• Selfuitdrukking: “ek”-spreker (soms sprekers – “ons”) wat
uitdrukking gee aan individuele gevoelens / hartstogte
• Subjektiwiteit: identiteit van die eie ek, die self, belangrike
bemoeienis in liriese poësie – veral sedert 20ste eeu
• Temas: dikwels liefde en dood (bv. komos – pleidooi van minnaar
wat voel dat hy / sy van liefde / geliefde uitgesluit is)
• Tydsverloop: geen / kort – liriese gedig maak snit uit tyd en
konsentreer op enkele oomblikke van verhoogde bewussyn /
emosie eerder as om verhaal te vertel
• Lengte: kort gedig met musikale inslag – anders as langer gedigte
wat verhaal vertel soos Raka

• NB: Hierdie is slegs vae omskrywings – die groot diversiteit liriese


poësie maak dat daar vir omtrent elke kenmerk ’n uitsondering is!
“(soos van vlerke)”
Groot verseboek

(Danie Marais)
Lotus (1970)
• Verskyn onder skuilnaam
Jan Blom
• Bestaan uit liefdesgedigte
aan Breytenbach se Frans-
Viëtnamese vrou Yolande
• Lotus = nasionale blom van
Viëtnam
UIT: REFLEKSIES

4.11 (soos van vlerke)


Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif
want niemand sal ’n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug
en ek weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so rooi oor jou vel

Want my liefde reis met jou mee,


my liefde moet soos ’n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ’n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie
Rooiborsduif

• Doodgewone duif, algemeen


in SA
• Ook bekend as lemoenduifie
(“laughing dove”)
• Meestal simbool van vrede
• In Breytenbach se poësie
(veral Lotus): draer van die
liefde
• In hierdie gedig: baie meer as
net draer van die liefde
Strofe 1:
• R. 1: “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif”
 “Allerliefste” – vermoedelik ’n liefdesgedig
 “Aller-” – aangesprokene is objek van sterk, intense liefde
 “stuur vir jou” – wil voorkom asof spreker verwyder is van
geliefde en daarom nie self sy geskenk, die duif, aan haar
kan oorhandig nie
 “stuur vir jou ’n rooiborsduif” – duif vervul funksie van
posduif wat brief (boodskap) van afsender na ontvanger
moet vervoer
Strofe 1:
• R. 2: “want niemand sal ’n boodskap wat rooi is skiet
nie”
 “’n boodskap”: duif stuur nie net boodskap, maar is ook
self boodskap
 Dus: duif is versinnebeelding / simbool van spreker se
liefde – liefdesboodskap en draer daarvan is dieselfde
 “wat rooi is” – rede waarom niemand dit sal wil skiet nie
 Dus: skoonheid van duif met rooi bors sal so ’n positiewe
indruk maak dat niemand dit sal wil seermaak nie
 Rooi = kleur van liefde
 Indruk geskep dat liefde van spreker bedreig word (kan
geskiet word) – duif (liefde) = weerlose wesentjie
 Moet daarom sy boodskap kamoefleer om kwaadwilliges
om die bos te lei (sien r. 4)
Strofe 1:
• R. 3 – 4: “Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug / en
ek weet al die jagters sal dink dis die son.”
 Kwaadwilliges wat duif kan skiet is “die jagters”
(duiwejagters) – individue wat selfs geweld sal gebruik om
liefde van spreker te vernietig
 Dus: “jagters” = enige vorm van teëspoed wat liefde tussen
twee minnaars kan tref
 Spreker beskerm sy liefde: gooi sy duif hoog in die lug, dit
lyk net so hoog soos die son en sy rooi bors lyk vir die
jagters soos die son
 “weet” dat jagters sal dink duif is son – dus: beskik oor
nodige kennis hoe om bedreigings teenoor sy liefde te
troef, hy weet hoe vyand dink
Strofe 1:
• R. 5: “Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder”
 Wonderwerk: duif word die son wat dit aanvanklik net
moes naboots
 Simbool van duif nou minstens 5 betekenisfasette:
o Letterlike duif
o Geskenk
o Boodskap
o Liefde van spreker
o Lewegewende son
 “Kyk”: spreker vra sy geliefde om te kyk na die krag van sy
liefde wat kenmerke van magtige hemelliggaam soos son
oorgeneem het
 Vermoede van r. 1 (dat spreker se liefde baie sterk is –
“Allerliefste”) nou bevestig: onbenullige rooiborsduif
getransformeer in magtige son wat in hemele heers
Strofe 1:
• R. 5: “Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder”
 Dus: spreker se liefde neem kosmiese dimensies aan
 Assosiasies van son?
 Son skyn oor almal: hele wêreld blootgestel aan krag
van son / liefde van spreker
 Konstant: son kom getrou elke oggend op, gaan saans
weer onder – dus suggestie van permanensie en
reëlmaat: liefde so konstant en ewig soos die son wat
opkom en ondergaan
 Spreker se liefde kan van vorm verander (van duif na son):
besit dus ’n transformatiewe krag
Strofe 1:
• Laaste drie reëls: “en waar hy vlieg daar skitter oseane / en
bome word groen / en hy kleur my boodskap so rooi oor jou vel”
 Beskryf effek van spreker se liefde (son) op omgewing/geliefde
 Oseane “skitter” wanneer son / duif daaroor vlieg en “bome
word groen” – heilsame werking van son se lig en warmte
 Dus: liefde het positiewe / voedende / estetiese uitwerking op
omgewing – effek nie net beperk tot geliefde nie
 Positiewe beskrywings van natuur: herinner aan perspektief
van verliefde persoon vir wie alles rondom hom / haar skielik
anders, mooi lyk
 Son / liefde het ook uitwerking op geliefde: son “kleur” / skryf
spreker se boodskap op geliefde se vel
 Teken dat spreker se liefde deel word van beminde se liggaam
 Transformerende aard van liefde uitgedruk in terme van kleur:
rooi – skitter – groen – rooi – wit
Strofe 2:
• R. 1: “Want my liefde reis met jou mee,”
 “Reis”: twee interpretasiemoontlikhede:
o Son / duif kleur beminde se liggaam in vorige strofe – teken
van liefde deel van spreker se liggaam, gaan oral saam
o Net soos son elke dag weer sy verskyning maak, dus altyd
teenwoordig is, so vergesel spreker se liefde ook altyd sy
beminde
• R. 2: “my liefde moet soos ’n engel by jou bly,”
 “soos ’n engel”: duif / son / liefde weer getransformeer (al is
dit d.m.v. vergelykende woord “soos) – liefde nou ’n
beskermende engel wat net soos duif / son ’n entiteit is wat
met hemele geassosieer word
 Progressie: nederige duif ruimteliggaam (son) 
metafisiese hemel (engel)
Strofe 2:
• R. 3: “soos vlerke, wit soos ’n engel.”
 “vlerke”: assosiatiewe verskuiwing: engel  vlerke
 “wit soos ’n engel” – vlerke (liefde) so suiwer / vlekkeloos as ’n
engel
• R. 4 - 5: “Jy moet van my liefde bly weet / soos van vlerke
waarmee jy nie kan vlieg nie”
 Engel se vlerke word vlerke van geliefde – deel van liggaam
soos son / liefde in strofe 1
 Liefde van spreker aan beminde se liggaam geheg sodat sy
altyd bewus sal wees (“bly weet”) van sy verering vir haar
 Vlerke kan nie vlieg nie – geen praktiese funksie, slegs 1 doel:
om as herinnering van liefde te dien – HOEKOM?
 As daar praktiese doel was, sou herinnering nie so sterk
kon wees nie
 Waarborg dat beminde nie kan wegvlieg van hom nie
Selfstudie

Bespreek waarom Breyten Breytenbach se gedig “(soos met


vlerke)” uit die langer gedigtereeks “Refleksies” as ’n liriese
gedig beskou kan word. Skenk veral aandag aan die algemene
kenmerke van liriese poësie en toon aan hoe die gedig aan
hierdie kenmerke voldoen en daarvan afwyk.
“(soos met vlerke)” as ’n liriese gedig
• Selfuitdrukking: “ek”-spreker wat uitdrukking gee aan individuele
gevoelens van liefde – “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif”
• Tydsverloop: geen verhaal – verhalende elemente beperk tot
verskillende transformasies wat liefde ondergaan; snit uit tyd
waarin intense liefde in spreker se hede uitgedruk word (ook: gedig
in langer reeks met insiggewende titel “Refleksies”, bevestig liriese
klem in gedig op mymeringe van enkeling)
• Lengte: kort gedig met musikale elemente, bv. in “Kyk, my duif kom
op en my duif gaan onder” – ritme word weens klem op die woord
“op” ’n illustrasie van herhalende opkoms, neergang van duif / son
• Temas: liefde en komos integraal – gedig gaan oor behoefte van
spreker om afstand tussen hom en geliefde te vernou sodat sy
gevoel van verwydering / uitsluiting uitgewis kan word; wens dat
liefde aan liggaam van geliefde geheg sal word = finale oorkoming
van komos
Besluit
• Breytenbach se “(soos met vlerke)” dus by uitstek ’n
liriese gedig, al is dit nie primêr ’n refleksie oor identiteit
van spreker (subjektiwiteit) nie

Bronne
Lamping, Dieter. 2000 (1989). Das lyrische Gedicht.
Definitionen zu Theorie und Geschichte der Gattung.
Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.

Lindley, David. 1985. Lyric. New York & London: Methuen.

You might also like