Lewensorientering Taak Gr12 Lewensregte en Demokrasie

You might also like

Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 15

MENSEREGTE EN DEMOKRASIE

LEWENORIëNTERING

2017-05-18

GEWELD TEEN VROUE / MANS

1
INHOUDSOPGAWE
Aktiwiteit 1 : Inleiding en literêre oorsig

1.1 Inleiding.................................................................................................................... 3

1.1.1 Huishoudelike Geweld............................................................................................... 3

1.2.2 Onlangse gebeurtenis………………………………………………………........................................ 3

1.1.3 Die impak op die gemeenskap………………………........................................................... 3

1.2 Literêre oorsig…………………………………………………………….............................................3-4

1.3.3 Slot……………………………………………………….................................................................... 4

Aktiwiteit 2 : Data versameling d.m.v. onderhoude

2.1 tot 2.5 Individuele onderhoude……...............................................................................5-10

Aktiwiteit 3: Bevindinge

3.1 Herstellende geregtigheid…………………………………………............................................... 11

3.2 Staatinstellings te doen met Menseregteskendings………………………………………………11-12

3.3 Godsdienstige organisasies se rol………………………………………………………………………………13

Aktiwiteit 4: Die Media

4.1 Rol van die media (beskerming en skending).............................................................. 13

4.2 Verantwoordelike verslaglewering……………………………………………………………………….13-14

Aktiwiteit 5: Slotsom

5.1 en 5.2 Aanbevelings en gevolgtrekkings……………………………………………………………………..14-15

Aktiwiteit 6:

1.8 Verwysings.................................................................................................................15

Aktiwiteit 1: Inleiding en literêre oorsig

1.1 Inleiding

2
1.1.1 Huishoudelike Geweld: Dit is geweld wat gepleeg is of gepleeg word deur iemand met wie jy in ’n
gesins- of familieverhouding is, dit wil sê jou lewensmaat of gewese lewensmaat (nie noodwendig
getroud nie), kêrel of meisie, ouers, kinders, familielede, of enigeen wat saam met jou in die huis woon
of gewoon het. Daar is verskillende soorte geweld soos bv. Finansiële Mishandeling, Fisiese
Mishandeling, Verbale Mishandeling, Emosionele Mishandeling, Seksuele Mishandeling, ens.

1.1.2 Onlangse gebeurtenis: Die Van Breda moorde van Stellenbosch in die Wes-Kaap op 26 Januarie 2015,
waar Martin (54), Teresa (55) en hulle seun Rudi (22) op toneel dood is en Marli, die 16-jarige sussie
ernstig beseer is as die gevolg van veelvuldige bylkapwonde. Die ander seun, Henri (toe 20) het slegs
oppervlakkige wonde gehad en hy is intussen aangekla van die aanval op die gesin. Sy hofsaak is nog
hangend.

1.1.3 Die impak van Huishoudelike Geweld op die plaaslike gemeenskap

Huishoudelike geweld raak nie net jou en jou kinders nie, maar ook die mense rondom jou, soos jou
vriende, familie, bure, kollegas en kerkleiers. Hierdie mense kan jou baie ondersteuning gee, maar dit
kan ook gebeur dat hulle by die probleem ingetrek word, en dit kan vir hulle baie gevaarlik wees. Indien
iemand van buite by die probleme in ’n huishouding betrokke raak, moet hulle baie goed verstaan hoe
ver hulle kan gaan. Huishoudelike geweld kos die regering en hospitale, polisie, howe, welsyn, skole en
besighede baie geld.

Wanneer jy ’n werk het, gaan baie werkure verlore as gevolg van die beserings aan jou lyf of jou
gevoelens wat huishoudelike geweld meebring. Jy kan selfs jou werk verloor omdat jy te veel van die
werk wegbly. Jy kan depressief en vergeetagtig word en moeilik konsentreer. Jy kan ook begin alkohol
gebruik en afhanklik raak van drank, dwelms of medisyne vir depressie. Jou gesondheid en gevoelens kan
daaronder begin ly en jy kan begin om jou af te sny van jou gesin, vriende en die gemeenskap, omdat jy
dit wil wegsteek dat jy mishandel word.

1.2 Literêre oorsig


Die Wet op Gesinsgeweld, Nr. 116 van 1998 sê huishoudelike geweld is enige vorm van mishandeling wat
inbreuk maak op of ’n bedreiging inhou vir jou fisieke veiligheid, vryheid, gesondheid en emosionele
welstand. Huishoudelike geweld is mishandeling met ’n spesifieke doel voor oë: Dit word deur ’n persoon
gebruik, meestal jou lewensmaat, om mag en beheer oor jou te verkry en te behou. Hierdie uitoefening
van mag en beheer is bedoel om jou bang te maak, en dit is hoe jou lewensmaat beheer oor jou lewe
kry. Hierdie magstryd neem die vorm aan van spanning wat opbou tussen die twee partye, omdat die
man en vrou nie die vaardighede het om dit deur te praat en dus te ontlont nie. In baie gevalle is daar ’n
verband tussen substansmisbruik en die mishandeling. Dit kan wees dat die persoon se oordeelsvermoë
aangetas word, dat hy nie besef wat hy doen nie. Armoede is 'n ook groot faktor in baie gevalle van
huishoudelike geweld (1.2.1).

Die kwessie van geweld teen vroue is so belangrik dat daar verskeie platforms is waar dit bespreek word.
geweld teen vroue en dogters, of dit nou in die openbare of private sfeer is, is ’n skending van die regte
van beide vroue en kinders. Benewens die Grondwet is daar wetgewende waarborge beskikbaar vir die
beskerming van hierdie kwesbare groep. Wetgewing soos die Wet op Gesinsgeweld, die Kinderwet, die

3
Wet op Onderhoud, die Promotion of Equity and Prevention of Unfair Discrimination Act, asook
die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) skenk aandag aan
die verskeie maniere waarop geweld teen vroue en kinders plaasvind. Die Grondwet en hierdie wette
moet holisties saamwerk om die menswaardigheid, eiewaarde, gelykheid en die fisiese integriteit van
vroue en dogters te beskerm. Gegewe Suid-Afrika se vlakke van geslagsgebaseerde geweld wat
voortdurend hoog is, is dit te betwyfel of instellings en wetgewing die probleem sal oplos (1.2.2).

Die volgende plan kan in werking gestel word om huishoudelike geweld aan te spreek:

- Die verskerping van die veiligheid van vroue (selfverdedigingkursusse kan aangebied word by plaaslike
gimnasiums, skole of sentrums);
- Die beklemtoning van die aard van die voorkoms van geweld teen vroue (Reël met jou plaaslike
polisiestasie om voubiljette in woongebiede uit te deel wat inligtings bevat oor mishandeling, die tipes
wat jy kry en waarheen jy kan gaan vir hulp);

- Die bevordering van leierskap onder vroue (betrek vroue by aksies wat plaasvind in die omgewing);

- Om druk op regerings uit te oefen (reël vriendelike optogte saam met die plaaslike owerhede om
bewusmaking te bevorder)

- Die versterking van plaaslike pogings om geweld teen vroue aan te pak (Betrek die plaaslike
gemeenskap , besighede, gemeenskapspolisiëring lede en huiswerkers om inligtingsessies by te woon.
Saam met die Gemeenskapsforum kan 'n plek van veiligheid opgerig word vir slagoffers om 'n tydelike
heenkome te kry en berading te ontvang. Vrywilligers kan ook hiervoor aangewend word, soos bv.
sielkundiges, beraders, besighede, ens. (1.2.2)

1.3.3 Slot:

Die volgende plan kan in werking gestel word om huishoudelike geweld aan te spreek:

 Aktivisme, vreedsame protesaksies, petisies, profetiese openbare getuienis (Afriforum kan betrek word by
die plaaslike gemeenskap om hierdie aksies te doen)
 Gesprekke tussen kerke (ekumenies) en regeringsinstansies
 Organiseer, fasiliteer en ondersteun buurtwag in samewerking met SAPD en Polisieforums
 Leer jou bure ken
 Bou 'n netwerk in jou omgewing met die SAPD, Polisieforum, Plaaslike Kerke, Besighede, Inwoners,
Sekuriteitsmaatskappye en werkers
 Pastorale sorg en traumaberading aan slagoffers – vestiging van traumasentrums

 Raak betrokke in jou omgewing, ons is die SAPS se oë en ore.

Aktiwiteit 2: Data versameling d.m.v. onderhoude

4
(Sien aangeheg bladsye gemerk 2A, 2B, 2C, 2D, 2E)

5
6
7
8
9
Aktiwiteit 3: Bevindinge

10
3.1. Herstellende geregtigheid

3.1.1 Herstellende Geregtigheid is ‘n benadering tot geregtigheid wat daarop gemik is om alle partye wat by ‘n
dispuut betrokke is, te betrek, asook ander persone wat deur die leed geraak word (slagoffers,
oortreders, betrokke gesinslede en lede van die gemeenskap) sodat hulle gesamentlik die leed, skade,
behoeftes en verpligtinge kan identifiseer deur die aanvaarding van verantwoordelikhede, restitusie, en
deur maatreëls te tref om ‘n herhaling van die insident te voorkom en om versoening te bevorder.
Herstellende Geregtigheid beskou misdaad as ‘n daad teen die slagoffer en verskuif die klem na die
herstel van die leed wat aangerig is teenoor die slagoffer en die gemeenskap. Dit is van mening dat die
oortreder ook hulp nodig het en streef daarna om vas te stel watter veranderings moet plaasvind om
toekomstige herhalings van die misdaad te voorkom.

3.1.2 In antwoord op die uitdagings wat die regsplegingstelsel in die gesig staar, en om terselfdertyd die
toepassing van geregtigheid te transformeer, het Justisie se Misdaadvoorkoming- en Veiligheidseenheid
die Herstellende Geregtigheidsbenadering om verskeie redes aanvaar, insluitend die feit dat Herstellende
Geregtigheid hoofsaaklik aangevoer word deur ‘n inheemse en gebruiklike respons tot misdaad, en dat
dit verwys na prosesse binne en buite die regsplegingstelsel, insluitend “nie-staatlike vorms van orde en
geregtigheid”. Daar is ‘n ooreenkoms tussen Regstellende Geregtigheid en geregtigheid soos dit beoefen
word deur Afrikane deur middel van gemeenskaps- en stamhowe, wat ook uitdrukking vind in stedelike
gebiede tydens forums soos straatkomitees en sogenaamde ‘People’s Courts’. Terselfdertyd het die
regspraak en -praktyk wat die beginsels van respek vir waardigheid en programme soos wegwending (al
sou dit informeel in die regsplegingstelsel geïntegreer wees) beklemtoon, die regsbeleidraamwerk van
die regstelsel positief beïnvloed. Die huidige strafstelsel, naamlik die stelsel om mense te straf vir
misdade gepleeg blyk slegs ‘n beperkte sukses te wees, en daarom is daar ‘n 6 Herstellende Geregtigheid
l die pad na herstel behoefte aan ‘n ander benadering en respons.

3.2.1 Vigs-Konsortium

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid

Onafhanklike Uitsaai-Owerheid (OHO)

3.2.2 Vigs-Konsortium

11
Die konsortium bestaan uit ’n aantal gemeenskapsliggame wat op MIV/Vigs verwante sake fokus.Hulle
sal aan jou gratis regsadvies verskaf indien jy met MIV-/Vigs leef en jou help indien daar teen jou
gediskrimineer* word op grond van jou MIV-status.

Tel: 011 - 403 0265

www.aidsconsortium.org.za

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid

Hierdie Kommissie ondersoek en daag die wette, praktyke en gewoontes uit, wat teen mense
diskrimineer* op grond van hul geslag. Indien daar teen jou gediskrimineer word as gevolg van jou geslag
of geslagtelikheid moet jy met hierdie Kommissie in verbinding tree.

Tel: 011 - 403 7182

www.cge.org.za

Onafhanklike Uitsaai-Owerheid (OHO)

Die OHO verseker dat alle radio-en-televisieuitsendings billik is en dat dit die uitgangspunte van almal in
die Suid-Afrikaanse gemeenskap gereflekteer word. Hulle is ook verantwoordelik om wette en beleids
oor die uitsaaiwese te maak.

Tel: 011 - 321 8200

www.icasa.org.za

12
3.3 Godsdienstige organisasies en kerke is meestal nie-winsgewende entiteite wat ‘n wye veld van
ondersteuning kan bied aan slagoffers van gesinsgeweld. Daardie dienste is gratis en meer bekombaar, veral op
die platteland, as die staatsdienste wat dieselfde funksies verrig. Dit sluit in berading, hulp met huisvesting
(Salvation Army), kos en klere. Meeste nie-winsgewindende organisasies wat nie ‘n godsdienstige uitsetting het
nie, sukkel geweldig om fondse in te samel, waar godsdienstige organisasies soos kerke gebruik maak van die
bydraes ontvang deur die gemeenskap.

Aktiwiteit 4: Die Media

4.1 Rol van Sosiale Media

4.1.1 en 4.1.2 Met die miljoene mense wat toegang het tot verskeie vorms van sosiale media, soos Facebook,
Twitter en Whatsapp, is daar ‘n baie groter soeklig op uitlatings wat gemaak word. Baie van daardie uitlatings is
teenstrydig met die Handves van Menseregte en sou voor sosiale media net in die niet verdwyn het, nou word
mense vinniger en makliker verantwoordbaar gehou vir hulle dade.

Hierdie geval dui beide die beskerming en skending van Menseregte aan.

Penny Sparrow het ‘n uitlating op Facebook gemaak wat haar in die sop laat beland het met ‘n skuldigbevinding
van Haatspraak deur die Gelykheidshof en is ‘n boete van R150 000 opgelê wat betaalbaar is aan die Adelaide
and Oliver Tambo Foundation. Daar is ook kriminele klagte van naamskending teen haar gelê, waarop sy skuldig
gepleit het en ‘n verdere boete van R5 000 opgelê is.

4.2 In die eerste 20 jaar van demokrasie het die media dikwels hul vryheid aangevoer as voorvereiste vir die
uitvoering van hulle werk om demokrasie te beskerm. Die vrye media word algemeen beskou as ’n
noodsaaklike voorwaarde vir die verdieping van demokrasie – dit kan die moniteringsaspek behels van

13
verantwoording deur die staat, verteenwoordiging van marginale groepe (armes, vroue en kinders), die
fasiliterende rol van die versekering van lewendige dialoog in die openbare sfeer, en die samewerkende
rol van die ondersteuning van die burgerlike samelewing in sy werk om burgerlike deelname aan
demokratiese prosesse te verbreed (sien Christians ea 2011 vir ’n beskrywing van hierdie rolle).

Demokrasie in Suid-Afrika het die strukturele toestande verskaf om die media in staat te stel om hierdie
rolle te vervul: die land het ’n lewenskragtige mediabedryf, en media geniet konstitusionele waarborge
vir vryheid van uitdrukking. Onlangse ekonomiese, politieke en wetgewende verwikkelinge het egter
kommer laat ontstaan oor die omstandighede waarbinne die Suid-Afrikaanse media werk. Dit sluit in
kommer oor politieke druk op vryheid van uitdrukking oor die algemeen, en op die media in die
besonder, byvoorbeeld die aanvaarding van ’n potensieel onderdrukkende Wetsontwerp op die
Beskerming van Staatsinligting.

Die Suid-Afrikaanse medialandskap is dus steeds veranderlik, en die rolle wat die media moet speel om
demokrasie te verdiep, word steeds luidkeels onderhandel. Regdeur al hierdie onderhandelinge bly die
verhouding van die land se media – kommersiële, openbare én gemeenskapsmedia – met die
ongelykhede in die land die kern van die stryd.

5. Slotsom

5.1 Aanbevelings en gevolgtrekkings aan regering:

• Deur jou regte te ken ten opsigte van geweld teen mans en vroue sal jou makliker in staat stel om te
verseker dat jou regte en die van jou gemeenskap korrek hanteer word, soos byvoorbeeld om te verseker
dat jy ‘n klag kan lê by die SAPS, die saak ondersoek word en (indien nodig) die uitreiking van ‘n
beskermingsbevel plaasvind.

 Die staat moet strenger optree teenoor gesinsgeweld, te veel mense kom steeds weg met slegs ‘n bevel
teen hulle en geen vonnis nie.

5.2 Aanbevelings en gevolgtrekkings aan Gemeenskappe:

 Dit is bewustheid van geweld teen mans en vroue wat jou in staat stel om 'n behoefte of 'n probleem raak te
sien en iets daaraan te wil doen. Sosiale denkvaardighede help jou om andere se standpunte en gevoelens
in ag te neem. Dit stel jou in staat om te weet hoe om jou in die samelewing te gedra en om sorg en
bekommernis teenoor andere te openbaar.
 Hierdie sosiale denkvaardighede stel jou in staat om by te dra tot die veiligheid van vrouens en kinders, en
die bewusmaking van die tipe mishandeling. Dit stel jou in staat om hul standpunte en gevoelens in ag
te neem.

14
 dink versigtig, sonder om die verkeerde gevolgtrekkings te maak
 verstaan dat mislukking 'n geleentheid is om te leer
 voel nooit dat mislukking sy of haar waardigheid as persoon aantas nie
 vind maniere om na die positiewe kant te kyk, selfs as daar probleme is
 dink produktief; mors nie tyd deur sleg en bekommerd te voel sonder om tot aksie oor te gaan nie.

Aktiwiteit 6: Verwysings
6. Bibliografie

Bron 1

https://af.wikipedia.org/wiki/Misdaad

Bron 2

http://af.swewe.net/word_show.htm/?1222150_1&Huishoudelike_geweld

Bron 3

http://www.intiem.co.za/intens/mishandeling.html

Bron 4

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/stellenbosch-bylmoorde-dis-wat-die-aand-gebeur-het/

Bron 5

http://www.justice.gov.za/rj/2011rj-booklet-a5-afr.pdf

Bron 6

http://www.kerkargief.co.za/doks/JouRegte.pdf

15

You might also like