Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Selfone en Kubberruimte is soos magnete vir jongmense

Die wêreld, sy lewenswyses en sy giere was nog altyd aan die verander. Vandag is
veranderinge selfs opvallender, hoofsaaklik as gevolg van moderne tegnologie. Wat gister in
was, is vandag uit, en wat vandag gewild is, sal môre ouderwets wees.
Voorsitter, na aanloop van onlangse jare het tegnologie ’n revolusie begin wat ’n groot
invloed op jongmense gehad het. Webwerwe waar sosiale netwerke opgebou kan word, het
’n hele nuwe wêreld van moontlikhede geskep.
Dames en here, min mense sou ontken dat die selfoon en die Internet baie voordele inhou,
maar ongelukkig het daardie siening hedendaags verander as gevolg van die feit dat hierdie
middele vir baie jongmense verslawend geword. Sommige jongmense erken selfs dat hulle
voel asof hulle verslaaf is. Die aantrekkings krag tussen tiener en kubberruimte veroorsaak
dat ons generasie nie meer sosiaal kan verkeer nie.
In ‘n artikel in die Vryburger op 5 Mei 2016 lees ons dat die oormatige gebruik van selfone
deur jong mense dieselfde afmetings aanneem as diegene met ‘n dwelmafhanklikheid of
dobbelverslawing. Soos met ander verslawings, het die gebruiker meer en meer daarvan
nodig, anders tree onttrekkingsimptome in. Sowat driekwart van die jong mense is so
verslaaf aan hulle selfone dat hulle daagliks langers as vyf ure op hul selfoon spandeer. En
van hierdie aantal weet 85% glad nie hoeveel tyd hulle op hulle fone bestee nie. Ek weet nie
van julle nie, maar ek wil beslis nie geklasifiseer word as ‘n verslaafde nie.
‘n Onlangse studie deur prof. Deon Tuskin, die hoof van die jeugnavorsingseenheid aan
Unisa, toon dat jongmense se selfoongebruik ‘n emosionele impak het. Hy het bevind dat
hulle aan angs ly wanneer hulle hul fone verlê en depressief is sodra hulle nie aanlyn is nie.
Oormatige selfoongebruik by tieners het ‘n emosionele impak op hulle psige en veroorsaak
onder meer konflik met vriende, sosiale isolasie, slaapversteuring, en nog vele meer. Wat
het geword van die ou “bang-wees” dinge onder jonger geslag soos die donker, slange en
Antjie Somers wat jou gaan kom vang. Hedendaags is daar ‘n nuwe bang wees ding, en dié
vrees word Nomofobie genoem. Dit is die vrees om sonder jou selfoon te wees en gevolglik
nie kontak met ander te hê nie. Dames en here, dit is tyd om die woord Nomofodie uit te
wis.
In die artikel, “Tegnologie: jou kind se redding of ondergang” in die Rooi Rose op 14 Junie
2015, waarsku Prof. Jannie Ferreira, voormalige hoof van die departement optometrie aan
die Universiteit van Johannesburg dat kinders wat te veel tyd op tablette en selfone
deurbring, fisiek agter kan raak en leer- en sigprobleme kan ontwikkel. Die gebruik van
rekenaars, tablette en selfone is nie ’n probleem nie, dis die oormatige en onoordeelkundige
gebruik daarvan wat tot ’n reeks probleme en frustrasies bydra.
Dames en here, ons is die volgenede geslag skrywers, sjefs en filmmakers, maar as ek my
generasie so bekyk dan vermoed ek dat die wêreld die verveligste boeke gaan lees, slegs ‘n
heerlike bord kos op ‘n glas skerm gaan kan sien wat met behulp van ‘n rekenaar aanmekaar
gesit is en die onopwindendste films gaan kyk want ons verbeelding is beperk tot dit wat ons
op die internet kan sien. Die vermoë om eers ‘n prentjie in jou kop te kan sien, bestaan
doodeenvoudig nie meer nie.
Verbeelding is veel meer as net ‘n skerm. As ons verbeelding verloor, verloor ons hierdie
generasie.

You might also like