Download as txt, pdf, or txt
Download as txt, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Thailand (Thai: ?????????, Prathet Thai, [pra.t?e?t t?

aj], luister
(hulp�inligting)), amptelik die Koninkryk Thailand (??????????????, Ratcha-anachak
Thai, [r�?t.t???a.?a?.na?.t??ak t?aj], luister (hulp�inligting)), is 'n land in
Suidoos-Asi� met 'n oppervlakte van 513 120 km2 en 'n bevolking van sowat 69
miljoen. Thailand word ook Siam (????, Sayam, [sa.ja?m]) genoem, wat die land se
amptelike naam was tot 23 Junie 1939. Die woord "Thai" beteken "vry" in die Thaise
taal. Die hoofstad en grootste stad van Thailand is Bangkok.

Nasa-Satellietbeeld van Thailand


'n Burger van Thailand word gewoonlik geidentifiseer as 'n "Thai" of "Siamees"
(verouderd), wat streng gesproke slegs na etniese Thais verwys. Meeste Thais is
Theravada-Boeddhiste van Thai-afkoms, maar die land het ook 'n beduidende aantal
minderhede, veral Han-Chinese, maar ook Moslemse Maleiers in die suide.

Thailand is in die sentrum van die Indo-Chinese Skiereiland gele�. Dit grens in die
ooste aan Laos en Kambodja, in die suide aan die Golf van Thailand en Maleisi� en
in die weste aan die Andamanse See (deel van die Indiese Oseaan se Golf van
Bengale) en Mianmar (vroe�r Birma). Wes van Thailand is die Andaman- en Nicobar-
eilande gele� wat tot Indi� behoort en in die suidweste is die Indonesiese eiland
Soematra gele�. Daarbenewens deel Thailand 'n maritieme grens met Vi�tnam in die
Golf van Thailand.

Thailand se hoofnywerhede is vervaardiging, landbou en toerisme. Dit word as 'n


nuut-geindustrialiseerde land beskou en is 'n lidland van die streekorganisasie
ASEAN.

You might also like