Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

Oktober 2019

VERKLARING: Moreletapark Gemeente se reaksie op die Algemene Sinode


se besluite rakende selfdegeslagverhoudinge

Die kerkraad het kennis geneem van die besluite rakende selfdegeslagverhoudinge by die pas afgelope
Algemene Sinode (AS) van 6-11 Oktober 2019. Na afloop van ‘n gespreksgeleentheid van die kerkraad en
leraars rakende hierdie saak, word die hieropvolgende verklaring voorgehou:

Die AS erken die huwelik tussen een man en een vrou maar besluite is ook geneem wat ruimte maak vir
selfdegeslagverhoudings en -verbintenisse. Teenoorstaande Skrifbeskouing word geakkommodeer ter
wille van eenheid in die NG Kerk. Kerkrade word aangemoedig om hul eie standpunte aangaande hierdie
saak te formuleer om sodoende die diverse uitgangspunte te akkommodeer. Opdrag is deur die AS gegee
om ‘n huweliksformulier te ontwikkel vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van
dieselfde geslag.

In diepe afhanklikheid van die Here, wil ons ons bekommernis en onsteltenis ten sterkste uitspreek oor
hierdie besluite en wil as volg verklaar:

1. Die Woord van God staan sentraal in die uitleef van ons geloof. Primêr gaan dit oor die gesag en
interpretasie van die Woord van God en die erkenning dat die Bybel deur God geïnspireer is. Die
Woord van God, soos wat dit deur die eeue staan (Deut 4:2, Mat 5:18-20), is die enigste riglyn vir die
onderskeiding van die waarheid. Die Woord is ‘n tweesnydende swaard wat skeiding bring tussen lig
en duisternis, reg en verkeerd, heiligheid en sonde en beoordeel die bedoelings en gedagtes van die
hart (Heb 4:12).
2. Christelike eenheid kan nie ten koste van die waarheid voorgehou word nie. Eenheid binne die kerk
vind hom juis binne die waarheid van die Skrif en akkommodeer nie sondige praktyke nie (2 Kor 6:14).
3. Ons bevestig ons beleid aangaande die huwelik te wete dat slegs die verbintenis van een man en een
vrou as ‘n huwelik beskou kan word (Gen 2:22-24). Gevolglik sien ons nie ons weg oop om selfdegeslag
verbintenisse te bevestig nie en sal dit daarom nie in die gemeente toelaat nie.
4. Alle leiers in die gemeente sal volgens Bybelse riglyne gekeur word, en wel op grond van hulle roeping,
belydenis, spiritualiteit en die getuienis van hulle leer en lewe (1 Tim 3:1-9).

Ons is geskape na die beeld van God en daarom moet ons mekaar met respek en deernis behandel. Ons
deure en harte is oop om mense in selfdegeslagverhoudings in die gemeente te ontvang en te bedien met
die evangelie van liefde in Christus Jesus.

Ons is bekommerd oor die stand van die NG Kerk denominasie. Die vrug van die Sinodebesluit is een van
verwarring en onenigheid. Ons is van mening dat ‘n valse eenheid voorgehou word en dat daar reeds
polarisering binne die denominasie bestaan rondom hierdie saak. Ons kan nie Bybelse outoriteit
ondermyn en verwag om ‘n lewendige geestelike basis in stand te hou nie. Sonder sondebesef,
skuldbelydenis en verandering sal die Kerk die weg van wêreldse praktyke volg.

Dit word in die vooruitsig gestel dat die volgende punte vir goedkeuring sal dien by die
kerkraadsvergadering van 31 Oktober 2019:

1. Die kerkraad versoek die Oostelike Sinode om ‘n dringende buitengewone vergadering van die
Oostelike Sinode byeen te roep waar hierdie saak op die agenda sal dien.

2. Die kerkraad beplan ‘n konferensie/byeenkoms waarheen alle leraars/gemeentes wat dieselfde


standpunt huldig uitgenooi word. Ons wil kontak maak, sodat gemeentes wat dieselfde belydenis
het, saam kan besin oor die pad vorentoe.

3. Die kerkraad ondersteun nie die ontwikkeling van ‘n formulier vir die bevestiging van burgerlike
verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag nie en versoek dat dit gestaak word.

Dit is met kommer dat ons kennis neem van behoudende lidmate wat reeds die NG Kerk verlaat het of
wat op die punt is om dit te doen. Ons doen ‘n beroep op lidmate om nie oorhaastige besluite in hierdie
verband te neem nie. As behoudende Christene wil ons vra dat ons hande sal vat en ons
verantwoordelikheid opneem om uit te reik na alle mense met liefde, deernis en genade om Jesus Christus
se verlossingsboodskap te verkondig. Mag God verheerlik word op hierdie herlewingspad.

Nota: Die Kerkraad van Moreletapark Gemeente (MPG) het, in die proses van gesprek met die Oostelike
sinode, twee dokumente na die Oostelike Sinode gestuur:

1. ‘n Lys van ons bekommernisse, en

2. ‘n Geloofsdokument waarin ons sê wat ons glo. Hierdie verklaring, wat ‘n spesifieke reaksie op
die AS se besluit oor selfdegeslagverhoudings is, ondersteun en versterk genoemde twee
dokumente.
Geloofsdokument van Moreletapark Gemeente
Augustus 2019

Moreletapark Gemeente is gegrond op die Bybel as die geïnspireerde, genoegsame en onfeilbare


Woord van God en glo dat dit akkuraat is in die beginsels wat dit ons leer1. Ons leef ons identiteit in
Christus uit in gehoorsaamheid, diensbaarheid en verhoudings deur afhanklike gebed en die leiding
van die Heilige Gees. Ons visie is: “Jesus, alles in elkeen”, na aanleiding van Kol 3:11b.

Ons is oortuig dat dit ons roeping is om die Evangelie van Jesus Christus se genade en verlossing aan
alle mense te verkondig en dissipels te maak (Matt 28:19-20, Hand 1:8,
Mark 2:17).

Moreletapark Gemeente bely en verklaar die volgende:

1. Ons glo dat daar net een lewende Drie-enige God is, Vader, Seun en Heilige Gees
(2 Kor 3:17; Joh 4:24; Jes 40:14)2.

2. Ons glo dat God heilig en soewerein is (Lev 19:2, Hab 1:13) daarom wil ons heilig lewe tot Sy
verheerliking.

3. Ons glo dat God die Skepper is en dat Hy die mens geskep het na sy beeld, man en vrou het
Hy hulle geskep (Gen 1:26). Daarom glo ons dat die huwelik ‘n Goddelike instelling en vaste,
lewenslange verbintenis is tussen een man en een vrou (Gen 2:22-24)3 en dat enige seksuele
gemeenskap buite so ‘n vaste formele huweliksverbintenis nie binne God se wil is nie.

4. Ons fondament is gebou op Christus, die Skrif, genade en geloof, sodat God alleen die eer en
heerlikheid ontvang4.

5. Ons glo dat Jesus Christus ons Verlosser5:

a. Gebore is uit die maagd Maria (Matt 1:23),


b. Fisies gesterf en fisies opgestaan het uit die dood (Joh 11:25, Kol 1:18),
c. Opgevaar het na die hemel (Hand 1:9-11), en
d. Dat Hy weer terugkom om regverdig te oordeel (Kol 3:4, Matt 16:27).

1 Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) Art 3, 5, 7


2 NGB Art 1, 8, 9; Heidelbergse Kategismus (HK) Vr & Antw 53
3 Algemene Sinode Besluite 2007, 2013, HK Vr & Antw 109
4 HK Vr & Antw 23; NGB Art 21
5 HK Vr & Antw 23, 35, 45, 46; NGB Art 10, 18
6. Ons glo in die Heilige Gees wat ons vandag nog aktief rig, lei, leer, troos en toerus met Sy
gawes (Hand 2:33; 1 Kor 12, 13, 14, Ef 4:8)6.

7. Ons glo in die fisiese bestaan van die duiwel en dat sy strategie is om die kerk van Christus te
mislei en te vernietig (1 Petr 5:8, Joh 8:44, 1 Joh 3:8, Rom 16:20, Rom 6:23, Rom 3:23)7. Ons
glo egter dat die duiwel reeds deur Christus oorwin is
(1 Kor 15:55-57).

8. Ons glo dat sonde die verhouding tussen God en mens versteur, want God haat sonde, maar
dat Jesus se kruisdood die verhouding herstel as daar opregte berou, skuldbelydenis en
aanvaarding van Sy offergawe is (Joh 21:15-19, Rom 12:1-2, Ps 51:7, Gen 5:3, 1 Joh 1:9).

9. Ons glo dat ons nie aan hierdie sondige wêreld gelyk moet word nie, maar dat ons deur God
verander moet word om ’n heilige lewe te leef8 (Lev 19:2, Hab 1:13, Rom 12:1-2, Ps 51:7, Gen
5:3, 1 Pet 1:16).

10. Ons glo dat ons alleen deur geloof in Jesus Christus weergebore word as kinders van God en
so die ewige lewe verkry. (1 Pet 3:18, Kol 1:21-22, Joh 10:28, Joh 3:3)9.

11. Ons glo in die bediening van die doop en die nagmaal as Sakramente wat deur Jesus self ingestel
is as sigbare, simboliese tekens om ons op die offer van Jesus Christus aan die kruis as die enigste
grond van ons saligheid te wys en om daardeur ons geloof te versterk (Luk 3:21, Luk 22:14-20, 1
Kor 11:24, Hand 10:48, Matt 28:18-20)10.

Soli Deo Gloria,

Moreletapark Gemeente Leierskap

6 HK Vr & Antw 53
7 HK Vr & Antw 32, 34,123,127
8 HK Vr & Antw 7, 32; NGB Art 24
9 HK Vr & Antw 45; NGB Art 17, 21, 22
10 HK Vr & Antw 66, 68, 69, 76; NGB Art 33, 34, 35

You might also like