Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE GEMEENTE

Horison-Noord
POSBUS 5004, HORISON, 1730
TEL 011 766-2508 FAKS 086 677 7632
E-POS: kerkkantoor@ngkhorison-noord.co.za
KERKGEBOU H/V CRANE – EN HAWKSTRAAT, HORISONPARK
GPS KOÖRDINATE: ‘LENGTEGRAAD’: 26˚08’32.40”S EN ‘BREEDTEGRAAD’: 27˚52’25.00”O.
______________________________________________________________________________
19 Oktober 2019

NG GEMEENTE HORISON-NOORD SE BESLUIT OOR VRYSINNIGHEID1:


Teen die huidige agtergrond van die algemene teologiese en kerklike verval binne
die NG Kerk en in lyn met die gepubliseerde besluite van 22 Mei 2005 en 17 Okto-
ber 2015 insake selfdegeslagverhoudinge2, reik die kerkraad van NG Gemeente
Horison-Noord die onderstaande besluit oor vrysinnigheid uit. Dit is ons as
gemeente se erns om hiermee die kerkverband op te roep tot bekering en
terugkeer na die waarheid van die Skrif. Kom ons as gelowiges bid opnuut om op
‘n verantwoordelike wyse met Skrifbeskouing en Skrifuitleg om te gaan (Josua
24: 2 - 15 onder andere).
STANDPUNT VAN NG GEMEENTE HORISON-NOORD - soos goedkeur deur die
kerkraad op 18 Oktober 2019:
Die kerkraad is van mening dat die teenswoordige vrysinnige klimaat binne die
NG Kerk baie wydlopend is en dat verskillende aspekte van die kerklike lewe
en praktyk hierdeur geraak word. Moontlike vrysinnigheid sou in vele aspekte
van die kerklike lewe en denke geïdentifiseer kon word sodat ‘n poging om
elke afsonderlike situasie aan te spreek, altyd mank sal gaan aan onvolledig-
heid. Derhalwe is die kerkraad van oortuiging dat vrysinnigheid slegs mani-
festeer of na vore kom waar die gesag van die Bybel as Woord van God in
gedrang kom - en veral waar die Bybel nie meer beskou word as God se
gesaghebbende Woord aan die mens nie, maar bloot gesien en gedefinieer
word as mense se nadenke oor God. Sodoende word hierdie verklaring dien-
_____________________________________________________________________________________
Dr. Hannes Schulz (Leraar & Voorsitter Kerkraad), Gordon Collins Singel 14, Discovery X7,
Roodepoort, Sel: 082 778 2772 e-pos: drhannes@ngkhorison-noord.co.za
Mnr. Riaan van Zyl (Ondervoorsitter Kerkraad), Fred Strubenstraat 937, Helderkruin,
Sel.: 082 453 4019, riaan@bankcol.co.za

1
Wat nie aan vaste leerstellings waarde heg nie; progressief (vooruitstrewend).
2Die kerkraad steun die goedgekeurde beleid insake Homoseksualiteit (‘n homoseksuele
oriëntasie), maar maak beswaar teen die burgerlike verbintenis wat as ‘n alternatief vir
die huwelik ooreenkomstig wetgewing voorgehou word asook die seksualiteit wat met
die Bybel se boodskap (in beide gevalle) bots.
Bladsy 1 van 6
ooreenkomstig geformuleer.
WAT IS DIE KERK?
Opvallend kom die woord kerk nie in die Bybel voor nie, maar word die Griekse
woord “ekklesia” - hulle wat uitgeroep is - egter met “kerk” vertaal. Ekklesia
beklemtoon dat God self mense uitgeroep of uitverkies het om deel te wees
van ‘n versameling mense wat Hy deur sy Seun Jesus Christus verlos het. Dit
wys op die geestelike bestuurswyse van die kerk waar die Here self deur God
se Woord en Gees sy kerk regeer. Die eenheid van die kerk word slegs bewaar
as almal, as lede van dieselfde liggaam, hulle onderwerp aan die leer en tug
van God se Woord.
Enige vorm van vrysinnigheid, wat die standpunte van mense verhef bo die
gesag van die Woord (afgodediens), skaad die eenheid van die liggaam van
Christus. Dit is daarom noodsaaklik dat die kerk as die liggaam van Christus
haar (as bruid van Christus) standpunte en praktyke gedurig sal toets aan die
Woord van God [nie die Woord oor God nie] en voortdurend sal reformeer -
dit is: terugbring na die Woord van God.
Juis om die eenheid van die liggaam van Christus te bewaar, het die NG Kerk -
soos ook talle ander kerke van gereformeerde belydenis - haar verbind tot die
instemming en uitlewing van die beginsels verwoord in Die Drie Formuliere
van Eenheid. Die NG Gemeente Horison-Noord bly steeds in haar belydenis
van die wese van die kerk verbind aan die onderskrywing van vraag en
antwoord 54 van Die Heidelbergse Kategismus, naamlik:
Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?
Antwoord: Dat die Seun van God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir
Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (c), deur sy Gees
en Woord (d) in die eenheid van die ware geloof (e) van die begin van
die wêreld af tot die einde toe (f) vergader, beskerm en onderhou (g) en
dat ek daarvan ‘n lewende lid is (h) en ewig sal bly (i). (a) Ef. 5: 26; Joh.
10: 11; Hand 20: 28; Ef. 4: 11-13. (b) Gen. 26: 4; Op 5: 9. (c) Rom. 8: 29;
Ef. 1: 10-13. (d) Jes. 59: 21; Rom. 1: 16; 10: 14-l7; Ef. 5: 26. (e) Hand. 2:
42, Ef. 4: 3-5. (f) Ps. 71: 17, 18; Jes. 59: 21; 1 Kor. 11: 26. (g) Matt 16: 18;
Joh. 10: 28-30; Ps. 129: 1-5. (h) 1 Joh. 3: I4, 19-21; 2 Kor. 13: 5; Rom. 8:
10. (i) Ps. 23: 6; 1 Kor. 1: 8, 9; Joh. 10: 28; 1 Joh. 2: 19; 1 Pet 1: 5.
DIE WARE KERK SE ROEPING IN DIE WÊRELD EN BINNE DIE EIE KERKVER-
BAND:
Dit is duidelik uit die Skrif (die Bybel) dat daar deur die eeue heen, vanweë
die gebrokenheid van die menslike natuur, valse leerstellings (1 Tim. 1: 3-4),
Bladsy 2 van 6
onsedelikheid (1 Kor. 5: 1-5), egbreuk, homoseksualiteit, dronkenskap, kwaad-
pratery, geldgierigheid en bedrog (1 Kor. 6: 9-11), slegte begeertes (Kol. 3: 5-
10), losbandigheid (Ef. 4: 17-19), vals leraars (2 Kor. 11: 13-15) ensovoorts in
die kerk van die Here voorgekom het.
Die enigste wyse waarop die apostels en die profete van ouds hierdie defor-
masie of afbreek in die kerk hanteer het, was deur teregwysing en die onver-
poosde prediking van die onvervalsde Woord van God. Die hele Skrif is deur
God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling
te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die
man wat in God se diens staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir
elke goeie werk (2 Tim. 3: 16-17). Gemelde bly steeds ons roeping in Horison-
Noord (Ons leuse is: Ligdraers):
Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kin-
ders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder
hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra
(Fil. 2: 15-16).
In tye van krisis en wêreld-gelykvormigheid dreig ‘n liberale en vrysinnige
tydsgees om die lig van Christus se kerk uit te doof. Wanneer ons neig om die
stryd gewonne te gee en van die werklikheid te ontsnap, tree Jesus as ons
Hoëpriester in gebed vir ons by sy Vader in:
Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U
hulle van die Bose (Grieks: kwaadaardigheid) moet bewaar (Joh. 17: 15).
Laat hulle aan U toegewy (Grieks: geheilig) wees deur die waarheid. U
woord is die waarheid (Joh. 17: 17).
Teenoor hierdie wêreldse kwaadaardigheid en eie wysheid wat soos ‘n kanker
die kerk of die liggaam van Christus deurtrek, wil Jesus sy kerk heilig (afsonder),
om die waarheid van die Woord te verkondig, om dus die ware kerk te wees.
Die kenmerke van die ware kerk bely ons saam met ons kerkfamilie in die
Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 29:
Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende:
Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer
bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die
sondes te straf - kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwe-
re Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus
Christus as die enigste Hoof erken. Hieraan kan ons met sekerheid die
ware kerk uitken, en niemand het die reg om hom daarvan af te skei nie.
Vervolgens, aangaande die lidmate van die kerk: Ons kan hulle uitken
Bladsy 3 van 6
aan die kenmerke van die Christene, naamlik hulle geloof dat hulle die
enigste Verlosser Jesus Christus aangeneem het en dat hulle daarna die
sonde ontvlug, die geregtigheid najaag, die ware God en hulle naaste
liefhet, nie na regs of links afwyk nie en hulle sondige natuur met sy
werke kruisig. Hiermee sê ons nie dat daar nie nog groot swakheid in
hulle is nie; inteendeel, deur die Gees stry hulle juis al die dae van hulle
lewe daarteen, terwyl hulle altyd weer hulle toevlug neem tot die bloed,
die dood, die lyding en gehoorsaamheid van die Here Jesus Christus, in
wie hulle deur die geloof in Hom vergewing van hulle sondes het.
Wat die valse kerk betref: dit skryf aan homself en sy besluit meer mag
en gesag toe as aan die Woord van God; dit wil homself nie aan die juk
van Christus onderwerp nie; dit bedien die sakramente nie soos Christus
dit in sy Woord beveel het nie, maar neem weg en voeg by na eie
goeddunke; dit vertrou meer op mense as op Christus, en dit vervolg
hulle wat volgens die Woord van God heilig lewe en wat die valse kerk
oor sy euwels, gierigheid en afgodery bestraf. Hierdie twee kerke kan
maklik uitgeken en van mekaar onderskei word.
DIE VOLKOMENHEID VAN DIE HEILIGE SKRIF:
As kerkraad van NG Gemeente Horison-Noord bely ons ooreenkomstig artikel
7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis die getrouheid en onfeilbaarheid van
die Heilige Skrif, soos gedefinieer in Artikel 4 van die Nederlandse Geloofsbe-
lydenis:
Artikel 7
Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat
alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer
word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word,
daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die
apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer
word nie - ja, al was dit ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel
Paulus sê (Gal. 1: 8). En aangesien dit verbode is om iets by die Woord
van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut. 12: 32), blyk dit duidelik
dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is.
Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig die mense ook al was,
met die Goddelike Skrif gelykstel nie; ook mag ons nie die gewoonte of
die groot getalle of oudheid of opvolging van tye of van persone of
kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié waarheid van God
gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit
hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps. 62: 10). Ons
Bladsy 4 van 6
verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare
reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê: '...maar stel
die geeste op die proef of hulle uit God is' (1 Joh. 4: 1), en: 'As iemand
na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis
nie...' (2 Joh. : 10). 2 Tim. 3: 17; 1 Pet. 1: 11-12; Spr. 30: 6; Gal. 3: 15; Op.
22: 18; 1 Tim. 1: 3; Gal. 1: 8-11; 1 Kor. 15: 2; Hand. 26: 22; Rom. 15: 4;
Hand. 18: 28-29; 1 Pet. 4; Luk. 11: 13; 2 Tim. 3: 24; 2. Tim. 1: 13; Kol. 2:
8; Hand. 4: 19; Joh. 3: 13; 2 Pet. 2: 16; Joh. 15: 15; 1 Joh. 1: 5; Hand. 20:
27; 2 Joh. 1; Joh. 4: 25; Deut. 12: 32; Heb. 8: 9; Matt. 15: 3; 17: 5; Mark.
7: 7; Jes. 1: 12; Hand. 1: 21; Rom. 3: 4; Jes. 8: 20; 2 Tim. 4: (3); 1 Kor. 1:
13; 2: 4; 3: 11; 1 Pet. 5: 12; 2 Tess. 2: 2; Ps. 12: 7; 19: 8-9, 12; Deut. 4: 6;
6: 9,. Ef. 4: 5; Joh. 5; Kol. 1: 16, 18; 1 Kor. 8: 6.
VERKLARING:
NG Gemeente Horison-Noord verklaar dat ons as gelowiges en kinders van
God onder alle omstandighede altyd daarna sal strewe om die ware kerk van
Jesus Christus te wees, wat beteken:
• Dat ons in alle omstandighede die absolute gesag van die Woord van
God - dit is die Bybel as God se onfeilbare openbaring aan die mens en
nie ‘n dokument van menslike nadenke oor God nie (afgodediens) - in
God se persoonlike gerigtheid tot ons sal erken en gehoorsaam;
• Dat ons ten alle tye verantwoordelike Skrifbeskouing en Skrifuitleg sal
najaag;
• dat ons in leer en lewe ons sal laat lei deur die waarheid wat die Here in
sy Woord openbaar;
• dat ons die waarheid van God se Woord sal omhels as die absolute
waarheid, daarvan sal getuig teenoor alle mense en dit verdedig indien
omstandighede dit vereis;
• dat ons die waarhede uit God se Woord, soos dit neerslag gevind het in
ons belydenisskrifte, van harte sal omhels;
• dat ons voortdurend sal bid om deur verligting van die Heilige Gees in
die waarheid te bly, die Naam van die Here te verheerlik, en mee te werk
aan die uitbreiding van die koninkryk van ons Here Jesus Christus op
aarde;
• en dat ons verlang na samewerking en eenheid met ander gemeentes
wat dieselfde geloofsoortuigings as ons huldig, naamlik:
SOLI DEO GLORIA
SOLA SCRIPTURA
Bladsy 5 van 6
SOLUS CHRISTUS
SOLA GRATIA
SOLA FIDE
Teen hierdie agtergrond getuig en herinner ons as gelowiges dat elke gelowige
se roeping wêreldwyd behoort te wees: “Seën en getuig!”:
i. Seën - 1 Petrus 3 vers 9: “Moenie kwaad met kwaad vergeld of bele-
diging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens,
want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.”;
en
ii. Getuig - 1 Petrus 3 vers 15: “In julle harte moet daar net heilige eerbied
wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee
aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle
lewe.”

Groete in Jesus Christus, ons Verlosser,

Bladsy 6 van 6

You might also like