Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Ons is dankbaar

Ons, predikante en ander lidmate van die NG Kerk, spreek hiermee ons opregte dank uit vir die
ruimte wat die Algemene Sinode van 2019 se besluit laat vir verbintenisse tussen mense van die-
selfde geslag, en vir die ruimte wat die besluit skep vir gay gelowiges om hulle roeping in die kerk
volledig uit te leef.
Ons is dankbaar om die volgende redes:

1. Ons beskou die Woord van God as gesaghebbend vir ons lewens. Hierdie besluite wat ruimte
skep, vloei vir ons logies voort uit ons verstaan van die Skrif as geheel.

2. Ons meen die besluite klop ook met die insigte wat ons uit die menswetenskappe kry oor mens-
like seksualiteit. Die menswetenskappe staan vir ons nie teenoor die Bybel nie. Die Bybel is immers
vol van hoe die skepping getuig oor die grootheid van God. Daarom dat ons in Artikel 2 van die
Nederlandse Geloofsbelydenis bely dat ons God op twee maniere leer ken: eerstens deur die skep-
ping, onderhouding en regering van die hele wêreld, en tweedens deur die Woord van God. Die
wetenskappe doen ’n sistematiese ondersoek na aspekte van God se skepping. Dit help ons om God
se skepping beter te verstaan. Om die wetenskap te ignoreer, glo ons, is om ’n mens doelbewus
blind te hou vir ’n deel van God se openbaring.

3. Ons is navolgers van Jesus Christus. Ons leer uit die Skrif dat Jesus besorg is oor mense se
welsyn. Hy sê volgens Johannes 10:10 dat Hy gekom dat sy volgelinge die lewe kan hê, en dit in
oorvloed. Ons sien dat Jesus dit uitleef in die manier waarop hy die hongeres voed, die siekes
genees, en almal, maar veral die randfigure, insluit in sy genade. Ons sien ook in Matteus 25 dat Je-
sus juis oordeel op grond van hoe mense die minstes in die samelewing behandel het. Ons is daar-
van oortuig dat Christus ons verwag om ook ons gay broers en susters se welsyn op die hart te dra.

4. Ons glo dit is belangrik om na gay mense se verhale te luister en hulle nood te hoor. Jesus het die
voorbeeld gestel. Dis ’n deurlopende tema in die evangelies dat Jesus en die godsdienstiges van sy
tyd bots omdat Hy mense op die sabbat gesond maak. Nooit is die godsdienstige leiers besorg oor
die siekes wat Hy genees nie. Hulle is bloot bekommerd oor gehoorsaamheid aan ’n wet soos hulle
dit verstaan. In Markus 3 lees ons dat Jesus diep bedroef is oor hulle verhardheid. Omdat Jesus
mense se nood hoor en daarop reageer, glo ons dit is wat ons ook moet doen.

5. Ons sien in die verhale oor Jesus se botsings met die godsdienstige leiers oor die sabbat hoe
gevaarlik ’n godsdiens is wat op die nakom van die letter van die wet gesteld is sonder om te vra na
wat dit aan mense doen. As Jesus die wet saamvat in liefdesterme en in die bergrede sê dat Hy
gekom het om die wet sy volle betekenis te laat kry, verstaan ons dat Hy die wet so vertolk dat dit
’n draer van God se liefde moet wees. As ons hoor dat Hy sê dat sy volgelinge se gehoorsaamheid
meer moet inhou as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs, dan verstaan ons dat ons die wet altyd
so moet hanteer dat dit mense se welsyn bevorder (Matteus 5:17-20). As Jesus sê die sabbat is vir
die mens gemaak en nie die mens vir die sabbat nie (Markus 2:27), toon hy aan dat die wet daar is
ter wille van mense, en dat mense nie slawe van ’n wet mag wees nie.
6. Uit die getuienisse van gay gelowiges is dit vir ons duidelik dat ’n veroordelende standpunt oor
homoseksualiteit vir hulle ontsaglik skadelik is. Hulle kan hulleself nie van hulle seksuele oriëntasie
bekeer soos sommige gelowiges van hulle verwag nie, al probeer baie van hulle ook. Die verwag-
ting dat gay gelowiges hulle moet bekeer, oorlaai hulle met skuldgevoel. Die gedagte dat iets wat
onlosmaaklik deel van hulle is, vir God verwerplik is, wek by baie gay gelowiges gevoelens van
selfverwerping en selfveragting. Vir baie lei dit tot depressie en vir party tot selfdood. Ons meen ’n
teologiese standpunt wat sulke gevolge het, klop glad nie met die voorbeeld wat Jesus Christus vir
ons kom stel het nie. Sy opdrag was immers om lief te hê en ons glo Romeine 13:10: “Die liefde
doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.”

7. Ons oortuiging is dat ’n liefdevolle en getroue gay verhouding nie sonde kan wees nie. Ons oor-
tuiging is dat die Bybel niks sê teen liefdevolle en getroue verhoudinge tussen mense van dieselfde
geslag nie. Die term “homoseksualiteit” is eers in die laaste eeu in Bybelvertalings gebruik. Om tek-
ste soos Romeine 1:26-27, 1 Korintiërs 6:9-11 en In 1 Timoteus 1:8-11 reg te verstaan, moet ons
baie meer aandag gee aan die konteks waarin dit ontstaan het. Uit Romeine 1:23 is dit byvoorbeeld
duidelik dat dit daar gaan oor orgies as deel van afgodsdiens. In Korinte met al sy afgodstempels
het dit gegaan oor die seksuele misbruik van seuns deur ouer mans, ook in die konteks van af-
godsdiens. Dit is losbandige praktyke wat ander mense skade aandoen en daarom is dit sonde.

8. Ons sien in die lewens van ons gay broers en susters dat hulle heel word as hulle by die punt van
selfaanvaarding kom. As kerk kan ons daartoe bydra deur hulle en hulle verhoudings volledig te
aanvaar. Dit doen ons omdat ons glo dat God hulle volledig aanvaar soos wat God ons volledig aan-
vaar. Ons is oortuig dat God ons broers en susters se gay verbintenisse seën soos wat God heterose-
ksuele mense se huwelike seën.
Daarom verwelkom ons die ruimte wat die jongste sinodebesluit vir gay verbintenisse laat.

Geteken:

Neels Jackson, André Bartlett, Johan Conradie, Jacques van Rensburg, De la Harpe le Roux, Jaco-
bie M Helena Visser, Franziska Andrag-Meyer, Cornelius J Hatem, Louise Jackson, Pieter Dorey,
Lou-Maré Denton, Louis Jonker, Anita Jonker, Micaela Wahl, Estelle Muller, Alphonso Groe-
newald, Michiel Strauss, Wannie Carstens, Gerhard Bothma, Carel van der Merwe;
Plantjie Janse van Rensburg, Albert Cruywagen, Eulogia Murray, Johan Botha, Elize Mor-
kel, Willem Wiid, Marius Combrinck, Gielie Hoffmann, Hilze-Marie Malherbe, Fanie Snyman,
Willie van der Hoven, Esta van der Hoven, Jeanine Hepburn, Carien du Toit, Christi Thirion, Ansie
Prosser, Gys Loubser, Berrnard Malherbe, Johan Stander, Attie Botha;
Johan van den Heever, Suzan de Jager, Muller Oosthuizen, Pieter Visser, Ryna du Plooy,
Tiaan van Niekerk, Riaan de Villiers, Van Zyl Brink, Schalk Naudé, Celeste Naudé, Johan Smit,
Stefan de Klerk, Annemie Bosch, Annette Potgieter, Martin Lazenby, Malinda Lazenby, Wynand
du Plessis, Lyn van Rooyen, Ronell Bezuidenhout, Deon Strydom;
Andre Smuts, Minette van Schlkwyk, Hennie Pienaar sr, Freddie Calitz, Marieta Hattingh,
Johan van Staden, Pieter Kruger, Sandra Odendaal, Emma Pienaar, Chris van Heerden, Marius
Greeff, Aneleh Fourie le Roux, Marietjie van Loggerenberg, James Kirkpatrick, Tienie Bosman,
Ghisnene Müller, Anton Pienaar, Lea Truter, Pieter Theron, Carol Theron;
Johannes Mouton, Jalize Uys, Ralph Barnard, Yolande Steenkamp, Richard Hol-
loway, Judith Kotze, Eugene Malan, Nelus Niemandt, Dolf du Plooy, Elaine Dippenaar,
Gabrielle Forsmann, Bianca Botha, Ruan Nieuwenhuizen, Hans Steyn, Wynand Marc
Breytenbach, Cornelius Jonker, Rousseanne Malan, Michelle Boonzaaier, Annemaré
Kotzé, Peter Nagel.
Albert Alberts, Anje Zeeman, Ida Brink, Ryk Brink, Lenois Stander, Madeleine Con-
radie, Thys van Zyl, Piet Meiring, Marlese Nel, Bets Ferreira, Heleen Loubser, Brand
Doubell, Johannes Richter, Wimke Jurgens.

You might also like