Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

AFK2601/201/2/2019

Studiebrief / Tutorial 201/2/2019

Genre en tema

AFK2601
Semester 2

Departement Afrikaans &


Algemene Literatuurwetenskap

 
Hierdie studiebrief bevat inligting
oor Werkopdrag 01 en Werkopdrag 02 asook eksamenwenke vir
Oktober 2019 
 
 
 
 
 
 
 
 

Open Rubric
OOR HIERDIE STUDIEBRIEF

In hierdie module (AFK2601) skryf jy op 21 Oktober 2019 ‘n eksamenvraestel. Ons het reeds die
eksamenwenke (wat ook in hierdie studiebrief verskyn) op die webtuiste vir AFK2601 geplaas. Hierdie
studiebrief bevat dus:

1. Reëlings in verband met die terugvoer oor albei werkopdragte;


2. Riglyne vir die skryf van die eksamen.

Ons wil jou aanmoedig om aktief deel te neem op myUnisa. Dikwels kan ons dringende aankondigings
slegs via myUnisa onder jou aandag bring. Studente wat deelneem aan die gespreksforums het ook die
voordeel dat hulle vinnig terugvoer op hul vrae, en selfs hulp van medestudente, kry. Hou dus asseblief
die algemene webtuiste vir AFK2601 asook die blad van jou aangewese e-tutor dop vir belangrike
verwikkelinge rondom die module.

Maak verder asseblief ruimskoots gebruik van jou aangewese e-tutor. Ek kan dit nie genoeg
beklemtoon dat jy die e-tutorstelsel moet benut nie. Dis veral belangrik vir studente wat nie
moedertaalsprekers van Afrikaans is nie, aangesien daar nie by AFK2601 die opsie bestaan om sekere
vrae in Engels te mag beantwoord nie. Die e-tutors is baie behulpsaam en sal enige akademiese vrae
effektief en professioneel beantwoord.

Daarbenewens kan jy enige akademiese en administratiewe navrae aan dosente rig (sien
kontakbesonderhede hieronder). Stuur verkieslik navrae skriftelik (per e-pos) eerder as telefonies, en
wees asseblief so spesifiek en so kort en kragtig as moontlik.

Ons wens jou alle sterkte en voorspoed toe.


Vriendelike groete
Dr Ihette Senekal

Kontakbesonderhede:

Dr Ihette Senekal Me Loraine van der Westhuizen


Telefoon: (012) 429 6762 Telefoon: (012) 429 6556
E-pos: jacobi1@unisa.ac.za E-pos: vanderwesl1@unisa.ac.za

2
AFK2601/201

1. WERKOPDRAG 1 EN 2

Weens talle probleme wat in die verlede opgeduik het met die vroeë bekendmaking van terugvoer op die
werkopdragte, sal terugvoer op werkopdrag 01 en 02 eers ná die sluitingsdatums op myUnisa geplaas
word. Hou dus myUnisa se “Additional Resources” dop vir terugvoer op die werkopdragte. Dit sal ná die
sluitingsdatum vir werkopdrag 02 geplaas word.

2. EKSAMENWENKE (OKTOBER 2019)


 
Die eksamenvraestel vir 21 Oktober 2019 bestaan uit 5 verpligte vrae van 20 punte elk wat beantwoord
moet word vir ‘n totaal van 100 punte. Die tydsduur van die vraestel is 2 ure en jy moet jou tyd verstandig
tussen al die vrae indeel.

Die beste voorbereiding vir die eksamen is om te konsentreer op die spesifieke tekste wat ons hieronder
uitsonder, maar ook om jou bestaande werkopdragantwoorde vir beide werkopdragte aan te suiwer met
die terugvoer op die werkopdragte (dit sal op myUnisa geplaas word) en jou studiegids. Let verder ook op
die kommentaar wat deur die nasiener op jou tweede werkopdrag verskaf is.

Jy hoef slegs die tekste wat hieronder aangedui word, voor te berei vir die eksamen. Die volgende
gedigte/kortverhale kom in opdrag 2 én die eksamenvraestel voor:

- “Relaas van ʼn tuindwerg” – Loftus Marais


- “Strandromanse” – Loftus Marais
- “OD1” – Ronelda Kamfer
- “Lolla” – Ronelda Kamfer
- “Die maraboe” – Ina Rousseau
- “Drie kaalkoppe eet tesame” – Jan Rabie
- “Skeikunde-eksperiment” en “Om die waansin vry te spring” van Willemien Brümmer

Daar is egter ook een NUWE gedig in die eksamenvraestel wat nie in werkopdrag 2 gevra is nie. Dit is:

- “Die plaag” – Ina Rousseau

Alle tekste verskyn ook as bylaag in die eksamenvraestel behalwe die twee Brümmer- verhale.

Gaan soos volg te werk met die oog op jou eksamenvoorbereiding:

3
Vraag 1 (20 punte)
Leereenheid 1 en 2: Bestudeer leereenheid 1 en 2 vir meervoudigekeusevrae. Hersien opdrag 1
(terugvoer op werkopdrag 1 sal op myUnisa geplaas word).

Vraag 2 (20 punte)


Leereenheid 3: Berei die volgende twee gedigte van Loftus Marais deeglik voor: “Relaas van die
tuindwerg” en “Strandromanse”. Sorg dat jy die kenmerke van Loftus Marais se digkuns uit die individuele
gedigte kan aflei en met voorbeelde uit die gedigte kan staaf. Kyk weer na opdrag 2 en bestudeer
leereenheid 3.

Vraag 3 (20 punte)


Leereenheid 4: Berei die volgende twee gedigte van Ronelda Kamfer deeglik voor: “OD 1” en “Lolla”. Sorg
dat jy die kenmerke van Ronelda Kamfer se digkuns uit die individuele gedigte kan aflei en met voorbeelde
uit die gedigte kan staaf. Kyk weer na opdrag 2 en bestudeer leereenheid 4.

Vraag 4 (20 punte)


Leereenheid 5: Berei die volgende twee gedigte van In Rousseau deeglik voor: “Die maraboe” en “Die
plaag”. Konsentreer veral op die kenmerke van die spesievers. Bestudeer leereenheid 5 en hersien opdrag
2.

Vraag 5 (20 punte)


Leereenheid 6: Bestudeer die artikel, “Generiese merkers in die kortverhaalsiklus” van Botes en Cochrane
(2011) onder “Additional resources” op myUnisa. Hersien opdrag 2 en bestudeer leereenheid 6. Berei die
volgende verhale voor: “Drie kaalkoppe eet tesame” deur Jan Rabie (teks aangeheg in eksamen),
“Skeikunde-eksperiment” en “Om die waansin vry te spring” van Willemien Brümmer (laasgenoemde twee
tekste nie aangeheg by die eksamenvraestel nie). Lees ook weer Die dag toe ek my hare losgemaak het
(Willemien Brümmer) deur en maak seker dat jy voorbeelde kan noem van hoe die verhale in die
kortverhaalbundel met mekaar skakel.

You might also like