Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 7

EBW JUNIE 2018 GR.

7
AFDELING A
VRAAG 1
Pas die term in Kolom A by die verduideliking in Kolom B. Skryf net die nommer en letter
van elke kolom neer.
Kolom A Kolom B
1. Sekondêre behoeftes A. Los goedere wat verkoop kan word of
wat vir handel gebruik kan word
2. Formele besighede B. Internet, selfone, debietkaarte
3. Ekonomiese probleem C. Mense wat hulpbronne gebruik om
goedere en dienste te produseer
4. Promesses D. Inwoners van hierdie lande het ‘n lae
inkomste en ‘n lae lewenstandaard
5. Verbruikers E. Ons oorlewing hang nie hiervan af nie.
6. Ontwikkelende lande F. Besighede wat belasting betaal
7. Besigheid in tersiêre sektor G. Onbeperkte behoeftes, beperkte
hulpbronne
8. Vervaardigers H. Die banke bied ook finansiële dienste
aan
9. Elektroniese Bankwese I. Skriftelike erkenning van ‘n bedrag
wat mense skuld
J. Geïndustrialiseerde en tegnologiese
land
K. Mense wat goeder en dienste koop of
gebruik
(9)
VRAAG 2
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf net die nommer en
waar/onwaar.
2.1 Die formele sektor verskaf nie al die goedere en dienste in die ekonomie nie.
2.2 Sekondêre behoeftes is noodsaakliker as primêre behoeftes.
2.3 Huishoudings bestaan uit mense wat ekonomies aktief is en geld verdien deur hulle
produksiefaktore te verkoop.
2.4 Valuta is die geld wat een land met ‘n ander land ruil.
(4)

Afdeling B
VRAAG 3.
3.1 Verduidelik die verskil tussen ‘n tradisionele en ‘n moderne samelewing. (2)
3.2 Noem 2 voordele van formele besighede. (2)
3.3 Noem DRIE nadele van informele besighede. (3)
3.4 Noem die vier produksiefaktore. (4)

Afdeling C
VRAAG 4
4.1 Skryf ‘n paragraaf waarin jy primêre en sekondêre behoeftes bespreek. (10)

Afdeling D
VRAAG 5
5.1 Verduidelik aan die hand van voorbeelde waarom ‘n besigheid by meer as een
stadium van die produksieproses betrokke kan wees. (5)
5.2 Verduidelik waarom huishoudings produsente en verbruikers kan wees. (4)
5.3 Verduidelik waarom kommersiële banke meer bereid is om finansiering vir formele
besighede te gee as vir informele besighede. (2)

Afdeling E
Gee een woord vir die volgende:
6.1 ‘n Besigheid se besittings word sy .. genoem.
6.2 Partye wat geld aan die besigheid skuld, word ...... genoem.
6.3 Toerusting en geboue wat deur ‘n besigheid besit word, word ...... genoem.
6.4 ‘n Bate wat gekoop word met die doel om dit binne een jaar vir kontant te verkoop,
is ...........
6.5 Geld wat die besigheid aan ‘n ander persoon of besigheid skuld, is ‘n .......... (5)

Dui aan of die volgende waar of onwaar is.


7.1 Verlies is die bedrag waarmee die ontvangste meer is as die uitgawes vir dienste
gelewer.
7.2 Laste is betalings wat die eienaarsbelang (ekwiteit) verminder.
7.3 Handel is een woord vir dienslewering.
7.4 ‘n Besigheidsplan is die plan wat entrepreneurs opstel met die doel om ‘n besigheid
te begin.
7.5 Ontvangste wat eienaarsbelang vermeerder, word inkomste genoem. (5)
[10]
8.1 Omskryf ‘n begroting. (3)
8.2 Verduidelik waarmee ‘n begroting jou kan help. (4)
8.3 Noem 3 riglyne vir spaar. (3)
8.4 Waarom is bankwese belangrik vir ‘n land se ekonomie? (4)
[14]
Afdeling F
9.1 Noem 3 belangrikste bronne van persoonlike inkomste. (3)
9.2 Beskryf ‘n persoonlike staat van netto waarde. (2)
9.3 Nadat jy ‘n persoonlike staat van netto waarde opgestel het, watter formule gebruik
jy om jou netto waarde te bereken? (2)
9.4 Daar is 2 tipes bates. Omskryf bedryfsbates. (3)
9.5 Stel ‘n staat van netto waarde vir Luxo op. Hy het ‘n selfoon wat R450 werd is, R850
in die bank, ‘n rekenaar wat R950 werd is en hy skuld sy pa R250. (7)
[17]
Afdeling G
10.1 Omskryf Tantième. (4)
10.2 Gee drie voorbeelde van bronne van besigheidsinkomste. (3)
10.3 Beskryf hoe effektetrusts werk. (3)
10.4 Noem 2 voorbeelde van beleggingsmaatskappye in Suid-Afrika. (2)
10.5 Verduidelik hoe persoonlike begrotings verband hou met persoonlike netto waarde.
(2)
[14]

TOTAAL 100
MEMO:
1.1 E
1.2 F
1.3 H
1.4 J
1.5 L
1.6 D
1.7 I
1.8 C
1.9 B

2.1 Waar
2.2 Onwaar
2.3 Waar
2.4 Onwaar
2.5 Onwaar

3.1
6.1 bates
6.2 debiteure
6.3 vaste bates
6.4 ‘n bedryfsbate
6.5 las

7.1 Onwaar
7.2 Onwaar
7.3 Onwaar
7.4 Waar
7.5 Waar

8.1 ‘n begroting is ‘n lys☻ van die geld wat jy verwag om te verdien☻ en die uitgawes
wat jy verwag om binne ‘n spesifieke tydperk te moet dek.☻
8.2 Help beplan ☻ vir dit wat jy gaan uitgee☻, spaar☻ en leen☻.
8.3 Nooit meer uitgee as verdien. Eers koop wat nodig voor begeertes. Betaal skuld en
moenie skuld maak. Sorg vir kontant vir basiese goed. Fondse vir noodgevalle. Leer
uit verlede en beplan vir toekoms. Dink oor verder as 5 jaar, langtermyn.
8.4 As geld by bank geleen vir kapitaalbelegging☻ gebruik is skep dit werks☻, bevorder
ekonomiese groei☻, stimuleer behoeftes en begeertes,☻

9.1 Kontant uit werk☻, uit kapitaal☻ en uit grond☻.


9.2 Dis ‘n staat van jou finansiële waarde☻ op ‘n spesifieke tydstip☻.
9.3 Netto waarde = totale bates = totale laste
9.4 Bedryfsbates = nie tasbaar☻, maklik in kontant omsit☻ soos banksaldo’s,
beleggings, spaargeld, polisse en lenings wat mense moet terugbetaal aan jou.☻
9.5 Staat van Netto Waarde vir Luxo.
BATES 1 550
Selfoon 450
Bank 850
Rekenaar 250
LASTE 250
Lening betaalbaar 250
Netto Waarde 1 300

10.1 Betalings aan ‘n besigheid☻ vir die regte om☻ die intellektuele eiendom te gebruik
☻, soos skryfwerk/musiek wat die besigheid besit☻.
10.2 verkoop van goedere, verkoop van dienste, rente van bank of geld uitgeleen,
huurgeld, tantième, dividende.
10.3 Individue en klein besighede kan effektetrusts deur banke koop☻. Bestuurder van
trust voeg kleiner bedrae saam = een groot bedrag☻ en belê dit as een trust☻.
10.4 Ou Mutual. Investec, Allan Gray, Rand Merchant Bank, Liberty Life...
10.5 Gebruik persoonlike begroting om jou netto waarde te monitor☻ en te verbeter☻.

You might also like