Juffrousak

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

“Juffrou”- sak

Mates en instruksies
Vir
XL sak

1
XL grootte sak
Jy benodig:
Plastiek houer(File organiser / File container) 38.5 x 26 x 24 cm (Plastics for Africa / Mambo’s / Crazy
plastics ens.)

A : 2x (65 x 40 cm) vir die voering aan die binnekant. Dun katoen (bont of effekleur) werk goed, dit
hoef nie duursaam te wees nie want die plastiek kom daarbinne. Jy kan dit weglaat ook as jy verkies.
B : 2x (65 x 40 cm) effekleur of denim, of wat jy ookal verkies vir die agtergrond.
C : 2x (65 x 20 cm) Dis die deel wat kleur gee aan die sak. Probeer sterk, duursame materiaal te
gebruik, want dis die buitenste laag.
D : Bande, so lank soos jy verkies.
As jy dit van onder na bo oor die kant wil laat loop, ten minste 2x 120 cm of langer.
As jy hom net bo vasstik in die naat, is 2x 60 cm genoeg.

1. Knip 2 vir voering (A), en 2 vir buite (B)van die volgende:

65 cm

40 cm

63 cm

2. Knip 12 x 12 cm uit by die onderste hoeke.

12 cm
12 cm

3. Knip 2 stroke vir buite om (C) 20 x 65 cm.

4. As jy jou eie bande maak, knip 2 x 8 cm breë stroke, vou, soom en stik dit klaar sodat dit gereed is.

2
5. Die voering (A) word nou eerste gestik .
Doen die voering eerste, sodat jy kan sien waar aanpassings gemaak moet word indien nodig.
As hy dan reg sit, kan jy dit netnou net by die buitenste gedeelte herhaal.
Stik 1 cm naattoelating aan die kante en onder.
Trek openinge onder weerskante oop soos ‘n visbekkie en steek die onderste naat aan die synaat
vas. Stik die bodem weerskante toe.

Pas nou jou rokkie vir jou plastiekblik aan.


Draai die blik onderstebo en trek hom van bo af ondertoe oor.

Hy moet lekker styf sit. As hy te los is, gaan hy bly afsak as die sak klaar is, en dit lyk lelik.
Kyk of hy bo ver genoeg verby steek, en of jy hom wil korter maak. Onthou om alles netnou by B
te herhaal. Onthou ook dat rekdenim stywer moet sit as bv. katoen, anders gaan hy bak staan.

6. Soom jou buitenste (C) (2 x 20 x 65 cm, bont) materiaal 1cm aan die bokant en stik vas.
Steek / ryg / stryk die onderste soom 1 cm in, maar moenie nou al vasstik nie.

7. Steek C nou aan die buitekant van B vas, 7 cm van bo af.

7 cm

Merk die middel bo met ‘n inkepie of ‘n speld, en posisioneer die dele daarvolgens op
mekaar.

8. Steek jou bande bo-oor vas, 8 cm van die middel af aan beide kante.

8 cm + 8 cm
Vou die onderste punte van jou bande onder C in, ten minste 1 cm of meer.

3
9. Stik jou bande bo-op vas.
Ek stop 5 cm van bo af, maar dit maak nie rerig saak nie, solank al 4 bande dieselfde afstand van
bo af eindig. Moenie tot op die rand bo werk nie, dan gaan jy nie jou soom bo kan omvou nie.

10. Stik C nou aan die onderkant bo-op sy soom vas aan B.
Maak seker jou soom lê mooi reguit ingevou soos jy stik.
(Die strook bly bo oop, want dit vorm nou sakke aan die buitekant van jou sak.)
Indien jou bande nie oor die kante van die sak loop nie, maar net bo vasgestik gaan word, moet
jy reguit stiksels van bo na onder stik deur die 2 lae (B en C)om jou buitenste sakke te vorm.
Trek lyne met ‘n liniaal en ‘n sepie.

11. Knip jou synate netjies gelyk. Ek kap myne om, maar jy hoef nie.

12. Stik jou synate en onderste naat met ‘n voetjiebreedte naattoelating vas. (Die bolaag gaan dan
effens losser sit as die voering, wat 1cm naattoelating het.)

13. Steek jou synaat aan die onderste naat vas en stik die bodem weerskante toe.

Pars al jou nate mooi plat.

4
14. Trek jou voering(A) bo-oor jou buitekant (B en C), Regte Kante teen mekaar.
(Indien jy nog nie bande vasgewerk het nie, moet jy hulle nou ook in posisie vassteek, tussen die
twee lae.)
Ek steek die synate eerste op mekaar, dan die middel voor en agter, dan kwarte, en dan agstes,
dan weet jy alles pas netjies.

15. Stik reg rondom 1cm van die rant af die twee lae aanmekaar. Laat 10 cm oop om te kan
omkeer. (Maak seker jou bande is veilig uit die pad binne-in.)

16. Keer die regte kante uit na buite deur die opening.

17. Steek die opening mooi toe en “top stitch” reg rondom die boonste rand van jou sak, so 2mm
van die rand af.
Trek aanhoudend die materiaal glad en maak seker jou onderste materiaal lê reg soos jy
aangaan. Maak ook seker jou bande lê uit die pad.

Indien jy nie voering gebruik nie, gaan jy net die sak bo omkap en soom.

18. Nou net weer alles mooi plat stryk, dan kan jy jou plastiekblik aantrek, en jy is klaar!
Trek hom orals mooi reg, kyk of jou voering is mooi glad is, en maak seker dat hy lekker styf pas.

5
Hoe om ander groottes plastiekblikke se mates te bepaal:

A : Meet die omtrek bo om die blik


B : Meet die omtrek onder om die blik
C : Meet vanaf die rant bo, onder om die blik tot by die agterste boonste rant
D : Meet die bodem van voor tot agter
A

B
Die mate van A sal verskil van B omdat die blik skuins na onder loop.
Deel al die mates deur 2. (Jy gaan mos 2 pante hê.)
Vir die voering en agtergrond buite:
Tel 2cm by die helfte van A vir die boonste mate van jou reghoek. (1cm L en R vir naattoelating)
Tel 2cm by die helfte van B vir die onderste mate van jou reghoek. (1cm L en R vir naattoelating)
Tel 4 cm by die helfte van C vir die hoogte van jou reghoek. (1cm Bo en Onder vir naattoelating, plus
2 cm om bo verby te steek.)
Die helfte van die bodem van voor na agter is die grootte van die vierkante wat jy in die hoeke
uitknip.
½ van A + 2 cm

½ van C + 4 cm

½ van D vierkantig

½ van B + 2 cm

Die buitenste bont strook : die boonste mate se lengte X 20 cm breed vir alle groottes sakke.
Bande : pas lengte aan volgens behoefte.

You might also like