Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

Baba Voëltjie

vind sy mamma

Deur: Shelley O’Carroll Illustrasies deur: Helga Hoveka


Mamma Voël het op haar
nes gesit.
1
Sy het 'n eier gelê!
Sy het weggevlieg om 'n
wurm te gaan soek.
2
Baba Voëltjie het uit die
eier gekom.
Hy het na sy mamma verlang.
3
“Koei, is jy my mamma?”
“Bok, is jy my mamma?”

4
“Vark, is jy my mamma?”

5
Ouma het Baba Voëltjie
terug in die nes gesit.

6
Mamma Voël het terug
gevlieg met 'n wurm.
Baba Voëltjie was bly!
7 © 2014

You might also like