Three Goats Big Book Web Version Afr

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

Die drie

bokkies

Deur: Cathy Lincoln Illustrasies deur: Helga Hoveka


Drie bokkies het op 'n heuwel
gewoon.
Die gras was bruin.
Die bokkies was honger.
1
Die bokkies het oor die
brug gekyk.
Hulle het groen gras gesien.
2
Die klein bokkie het
eerste geloop.
Die trol sê, “Wie loop so
trip-trap oor my brug? Ek gaan
jou opeet!”
“Moet my nie eet nie!” sê die
klein bokkie.
3
Die middelslag bokkie het
volgende geloop.
Die trol sê, “Wie loop so
trip-trap oor my brug? Ek gaan
jou opeet!”
“Moet my nie eet nie!” sê die
middelslag bokkie.
4
Die groot bok het laaste
geloop.
Die trol sê, “Wie loop so
trip-trap oor my brug? Ek gaan
jou opeet!”
“Jy kan my nie opeet nie!” sê
die groot bok.
Hy het die trol tot in die water
gestoot. Plasssss!
5
Die drie bokkies het groen
gras geëet.
Hulle was bly!

© 2014

You might also like