Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 46

BOERhier

want boere is die beste


GRATIS
Uitgawe 51
24 April 2020
www.boerhier.co.za
Inhoud
Artikels saamgestel deur Belinda
Labuschagne in samewerking met die
adverteerders.

5 Opkomende Bonsmara Veiling: Ontwerpe en samestelling gedoen deur


Kwaliteit genetika van Qualitrio vennote Belinda Labuschagne.
laat die koppe draai!
Bemarking en kliëntediens word behartig
13 Beeste:
deur Lizelle Labuschagne.
Die Bonsmara en aanpasbaarheid
loop hand-aan-hand
Kopiereg van BOERhier word streng
19 Skape: voorbehou.
Winsgewendheid in die voerkraal
Vir verdere navraag, kontak:
23 Varke - Kruipvoer:
Begin voer op ‘n jong ouderdom 071 704 6282 of
e-pos lizelle@boerhier.co.za.
26 Bou jou kennis:
Inheemse Hoenders Besoek ons webtuiste www.boerhier.co.za.

30 Kies ‘n loopbaan:
Inligting verskaf vir advertensie en
Veekundige
promosie artikels in BOERhier is ontvang
32 Het jy geweet: vanaf adverteerders.
Vis boerdery
BOERhier word gevrywaar van enige
34 Begin só jou eie groentetuin verliese of beserings wat kan plaasvind.
36 Kunsmis en organiese boerdery Lesers word aanbeveel om navorsing te
doen voordat ‘n transaksie behartig word
39 Wees voorbereid vir ‘n besering en ‘n produk gebruik word.

BOERhier
Hierdie is ‘n
interaktiewe
Landbou verwante
want boere is die beste e-Tydskrif.

Kyk uit vir die


GRATIS beskikbaar by
www.boerhier.co.za
video skakels

1
BOER
al die pad
www.boerhier.co.za

BOERhier
want boere is die beste
Speel die video
Speel die video
Deur

KWALITEIT GENETIKA Izak Hofmeyr


en Ilse Hugo

van Qualitrio vennote

Speel die video

www.paulmarebonsmaras.co.za
Paul Maré het sy Bonsmara stoet in 1987 begin, na-
dat hy besluit het om sy ingenieruskantoor te verruil
vir die buitelug, die reuk van vars grond en blink-vet
beeste op die veld.

“My pa het destyds ’n klompie Afrikaner verse by my


oupa gekry en hy het ’n Simmentaler bul op hulle
gesit. Ons het aanvanklik van hierdie kruistelings
aangebied aan die Bonsmarakeurders, sodat hulle
as basiskoeie in die register opgeneem kon word. So
het my pad met die Bonsmararas begin, wat nou
vervleg was met die De Villiers familie, wat geen
bekendstelling nodig het nie. Arthur de Villiers (Snr)
en Arthur (Jnr) het my destyds met raad en daad
bygestaan om goeie bulle te bekom wat bekostig-
baar was. Die doel was altyd om die beste kwaliteit
bulle moontlik in te koop en mettertyd ‘n goeie
koeikudde te bou.”
inteling in die kudde moet wees om die
Om so vroeg moontlik van jou eie bulle te begin ge- eienskappe vas te lê wat hy as belangrik
bruik en ‘n unieke fenotipe bees te teel is die ideal ag. Later, met Charl Hunlin se hulp (en
en ek is bevoorreg om dit vir die afgelope tien jaar of programme), is die genetika bietjie geskei
so te kon doen. om vier families te vorm. Die doel was om
later heterose (matig) met die kruising
Lynteling bring gouer eenvormigheid in die kudde en van die lyne te verkry.
Paul het vroeg reeds besef dat daar ‘n mate van
5
Die vyfde lyn – die poena-lyn, is iets waaroor Paul nie so
sterk voel nie. Daar is deesdae baie teenstand van die
eindverbruikers teen onthoringing. Die teenstand kan
egter uitgeskakel word deur nuwe salfprodukte te ge-
bruik, wat horing groei op ‘n dag-ouderdom al in die
kiem smoor.

Dit was duidelik dat party lyne meer melk het en ander
lyne weer meer groei of vrugbaarheid. Verskillende lyne
in die kudde word op die langduur weer met mekaar
gekruis vir ‘n mate van heteroses. Heterose sorg vir ‘n
toename in grootte, groei, vrugbaarheid en biomassa.

“ ‘n Ander voordeel van die verskillende lyne is dat ek


nou spesifiek aan die behoeftes van kopers kan voldoen
wat in verskillende dele van die land boer.”

Saamspan bring beter resultate


Paul boer in noue samewerking met sy jarelange vriend,
Benjamin Bosch van Bothaville.

“Benjamin het baie ondervinding van teling en ons hou


al vir meer as twaalf jaar saam veiling. Benansa stoet is
Benjamin en Ansa se passie en ons poog om goeie bulle
effektief in beide ons kuddes te gebruik. Omdat ons op
kwaliteit ingestel is, is dit is ’n goeie vertrekpunt waarby
ons almal baat vind.”

Vir die afgelope paar jaar het Surina Smal van Leeudo-
ringstad ook deelgeneem aan die produksieveiling.
“Surina het haar pa se ou stoetdiere herregistreer en
Inhoek Bonsmaras weer begin opbou. Sy gebruik ook
baie van ons bulle en Inhoek se kudde is nou byna op
“Die Edelheer-lyn was aanvanklik ons dieselfde basis as ons s’n. Dit maak goeie besigheidssin
basis, wat sterk vasgelê is in die kud- dat Inhoek Bonsmaras deel van Qualitrio is.”
de. Die Roodeboslyn is ontwikkel en is
aangevul met twee ander lyne,
Seleksie
naamlik die Bosveldlyn en Kalahari-
lyn. Die Bristows en die Lichti’s van Benjamin is passievol hieroor en die mikpunt van seleksie
Louis Trichardt se diere het ‘n rol ge- in beide kuddes, is ‘n vroeg-ryp, aangepasde bees met
speel in die tot standkoming van die uitstekende vrugbaarheid, gehardheid en goeie moe-
Bosveldlyn. Leon Riekert by Roedtan dereienskappe.
se genetika het ook onlangs bygekom
om die lyn verder te versterk. Die Kala- “Vroeg-rypheid is vir ons baie belangrik. Ons wil ‘n koei
harilyn, was meestal van die Gene- hê wat korter op die been is, maar nie in lengte en
poel en ander genetika uit Vryburg se breedte inboet nie. Ons gemiddelde koeigewig is hier
wêreld bekom.” rondom 550 kg, wat hulle ‘n medium-plus raam dier maak.”

6
Bulkeuse is vir hierdie mikpunt natuurlik kardinaal belang- Veiling in 2020
rik. “Dis presies waarom ons onlangs deel van die koop- op ’n nuwe manier
groep was wat LAR 14-173, by die Up George-veiling vir
Die plan was om ’n 2-dag veiling te
R1,8 miljoen aangekoop het. Hierdie uitstaande bul gaan
hou, omdat dit ons 20ste veiling is
homself sommer vinnig afbetaal en ons kuddes op ‘n
en ons iets spesiaals daarvan wou
ander vlak plaas. Ons het reeds baie van sy nageslag in
maak. Intussen het die COVID-19
ons drie kuddes.”
virus alle normale aktiwiteite kom
omkeer, soos ’n rugbyspeler wat
Vrugbaarheid onkant speel in die skrum.
Paul het sukses met twee dekseisoene per jaar en hy ge-
bruik enkelbulparings deur elke bul se kwota koeie apart Ons het besluit om die glans-aand
vir hom te gee. ’n Trop word saamgestel uit 50 tot 60 te laat vaar en ’n uithaler-veiling
koeie. Die helfte daarvan word in die somerdekseisoen op 7 Mei te hou.
gedek word en die ander helfte in die winterdekseisoen. Paul wil sy kern kudde kleiner, jong-
Op 10 jarige ouderdom, word die koeie vervang en die er en meer vaartbelyn te kry, om
ou staatmakers as ‘golden oldies’ op die produksieveilings dan met die nuwe generasie diere
aangebied. Paul het baie respek vir sy ou staatmakers, en vorentoe te beweeg.
dit is die ideale teelmateriaal vir iemand wat sy basis- Daarom is daar ’n totale uitverko-
kudde wil aanvul. As beginner-teler kan mens nie beter ping van alle 2009 tot 2015-stoet-
doen as om jou kudde met hierdie koeie te versterk nie. koeie. Dit is ’n unieke geleentheid
Ons werk op ’n ideale TKP van 365 tot 425 dae. Die aantal om top-diere in die hande te kry. ’n
kalwers verwek, speel ’n belangrike rol by die beoordeling Uitgesoekte klomp SP- bulle sal ook
van die koei. Die jonger koeie en versies, kan langer TKP’s aangebied word.
hê, maar dit kom reg soos hulle ouer word. Die veiling is ’n mylpaal in vele
“’Indien die TKP te kort is, boet die teler weer in op melk opsigte: Vleissentraal het alles in
en groei. Balans is prioriteit en ek probeer altyd om die plek om die veiling aanlyn na die
balans tussen vrugbaarheid, melk en groei te kry. Ek het koper te bring!
egter oor die jare gesien dat ek in my kudde met effens Geregistreerde kopers sal elektro-
minder melk kan regkom, as wat die rasgemiddeld is. nies vanuit hul bakkie, plaas of sit-
“Ons hulpbron leen hom daartoe en ons kompenseer kamer kan bie. Dit is ’n nuwe bena-
daarvoor met groei.” dering wat ons met beide hande
gaan aangryp.

Om te registreer, kontak gerus vir


wimpie@vleissentraal.co.za
Enige belangstellendes is ook
welkom om in persoon by die
werklike veiling te kom koop. Die
Qualitrio-span sien uit om ieder en
elk op Vlakvlei te verwelkom op
7 Mei 2020, indien die wetgewing
rakende die Covid-19 situasie dit
sal toelaat.

7
www.paulmarebonsmaras.co.za
www.paulmarebonsmaras.co.za
Deur Louis Steyl - Bonsmara SA

Beeste

Die Bonsmara
en aanpasbaarheid
Speel die video

loop hand-aan-hand
Met soveel uitdagings in die landbou- die ekstensiewe vleisbeesstreke van Suid-Afrika.
bedryf kan geen plaas dit meer be-
Voor 1940 is wanvoeding vir die tropiese
kostig om diere te huisves wat nie
waarde tot die boerdery toevoeg nie. degenerasie van Britse vleisbeesrasse geblameer.
Die proteïeninhoud van natuurlike weiding in die
Daarom is dit uiters belangrik dat die
regte keuses gemaak word wanneer ‘n Suidelike Halfrond is laag, met baie lae vlakke in die
najaar en vroeë winter. ‘n Voedingsproef onder
boer besluit met watter ras hy wil boer.
Alle rasse lê klem op dieselfde karak- leiding van prof Jan Bonsm is in 1937 met ‘n groot
groep verse van verskeie Britse vleisbeesrasse by die
tereienskappe, maar nie almal kan die
resultate daarvoor wys nie. Messina-proefplaas begin.

Dit het prof Bonsma laat besef dat wanvoeding nie


Die Bonsmara het uit ‘n wetenskaplike
kruisteelstelsel, wat alreeds in die vroeë die sondebok was nie. Van die verse het merkbaar
beter presteer as hul maats. Deeglike waarneming
1930’s begin het, ontstaan. Die hoof-
fokus was om ‘n ras te ontwikkel wat het bewys dat die wat hitte beter verdra het, beter
gedy het. Diere wat die hitte swak verdra het, het
die vermoë het om in enige van die
diverse omgewings in Suidelike-Afrika vinniger en hoorbaar asemgehaal, ‘n vinniger
polsslag gehad, hul tonge het uitgehang en hulle
aangepas te wees, maar waarmee
steeds winsgewend geboer kan word in erg gekwyl.
gebiede met marginale weiding of ‘n
moeilike klimaat.
Waarde van meting
Seleksie vir aanpasbaarheid Prof Bonsma wou alles meet en het dus talle waar-
nemings op sy proefdiere aangeteken. Hierdie
Tropiese degenerasie was in die vroeë deeglike navorsing het onteenseglik bewys hoe uiters
1920’s en 30’s ‘n groot probleem in die belangrik beeste se vel en hare is in die handhawing
produksie van Bos Taurus-beesrasse in van die regte balans tussen liggaamstemperatuur en
tropiese en subtropiese streke van die die van die omgewing. Hipertermiese diere se
wêreld. Britse beesrasse het swak ge- asemhaling en polsslag het versnel, met gepaard-
vaar onder die warm toestande van gaande fisiologiese en hormoonsteurnisse.
13
Sedert die begin van die kruistelingsprogram en met Produksie op veld
die stigting van die genootskap, was seleksie aan-
pasbaarheid een van die belangrikste seleksie vir Die Bonsmara was die eerste ras waar-
aanpasbaarheid een van die belangrikste seleksie- op inspeksies van bouvorm en produk-
kreteria vir Bonsmaratelers. Met ‘n kommersiële sierekords gedoen is om te verseker dat
mark wat diere met min onderhoud maar met goeie alle diere kostedoeltreffend van die
vrugbaarheid en produksie in geharde toestande veld af kan produseer. Alle geregi-
benodig, is aanpasbaarheid in Suidelike-Afrika onon- streerde Bonsmaradiere word op teel-
derhandelbaar. Aanpasbaarheid en vrugbaarheid ouderdom geïnspekteer en diere wat
loop hand in hand. nie funksioneel doeltreffend is nie, word
uitgeskot.

Riglyne vir aanpasbaarheid


Wanneer ‘n mens na aanpasbaarheid kyk, moet ‘n dier
die volgende drie stappe in ‘n nuwe omgewing volg:

• Oorlewing: ‘n Dier se eerste behoefte en instink in


‘n nuwe omgewing is om te oorleef. Slega ‘n dier
wat by die nuwe weiding, klimaat en omgewing
kan aanpas, sal oorleef.

• Produksie: Slegs diere wat in die nuwe


omgewing oorleef en aangepas het, sal hul
liggaamskondisie kan behou en weer voldoende
vet en reserwes stoor.

• Reproduksie: Slegs ‘n dier wat ‘n goeie


liggamskondisie het en die omgewing optimaal
benut, kan weer reproduseer.

Dit is hoekom aanpasbaarheid die eerste hoeksteen


van vrugbaarheid is. Diere wat nie in die nuwe
omgewing aanpas nie, sal slegs in ‘n oorlewingstryd
bly. Indien diere egter goed aangepas is, sal hulle
maklik weer kan begin produseer en reproduseer.
14
Adverteer jou VEILING in

BOERhier

071 704 6282 | info@boerhier.co.za


Deur JC Vollgraaff

Skape

in die voerkraal

Bron: https://www.deheus.co.za/af/kennisbank/skaapvoerkrale-1027

Wisselvallige reënval en wisselende graanpryse skep ‘n Dit is van kritieke belang om ‘n goeie
behoefte by boere om hul boerdery vertikaal uit te wegspring in die voerkraal te kry.
brei. Voerkrale is ‘n ideale manier om ‘n skaapboer-
dery vertikaal uit te brei, mits dit reg aangepak word.
Een van die groot uitdagings by baie boere is om die
Drie belangrike faktore
winsgewendheid van voerkrale te bepaal. om in ag te neem vir ‘n
optimale begin
Wat bepaal 1. ‘n Goeie kwaliteit lam:
winsgewendheid in die voerkraal?
- ‘n Gesonde lam tussen
• Die eerste belangrike faktor sal altyd die 27 kg en 30 kg
aankoopprys wees. As jy jou eie lammers voer, sal
- Ouderdom van tussen
dit stoorlamprys teenoor slagprys wees.
2 en 4 maande (maksimum)
• Voeromsetverhouding (VOV): hoeveel kg voer
- Lammers wat kruipvoer
ingeneem word om 1 kg groei te kry.
ontvang het
• Uitslagpersentasie
- Asemhalingsiektes is die
• Gemiddelde daaglikse toename (GDT) algemeenste siekte in voerkrale
en lammers moet dus vroegtydig
Die gewig van elke faktor kan ook jaarliks verskil af- hierteen ingeënt word.
hangende van die verhouding tussen vleis-, graan- en
voerpryse. Wanneer voer duurder is, speel VOV die Sukses in die voerkraal begin met die
grootste rol, en wanneer dit goedkoper raak en vleis- regte tipe lam. ‘n Gesonde jong lam
pryse styg, speel uitslagpersentasie ‘n groter rol. GDT is ‘n lam wat goeie groeipotensiaal
bepaal meestal oorwegend die voertydperk, wat ‘n bied en sal ‘n beter voer omsetver-
belangrike faktor raak wanneer die hoeveelheid voer- houding as ‘n ouer lam van dieselfde
siklusse in ‘n jaar van belang is. gewig hê.
19
3. Groepering van lammers:
Siek en boepenslammers moet onder
geen omstandighede in ‘n voerkraal af- - Deel lammers in gewigsklasse van 3 tot 5 kg in
gerond word nie. - Plaas 40 tot 60 lammers in ‘n kamp
- Hou ramme en ooie apart
2. Aanpassing: Kompetisie in die voerkraal verhinder dat kleiner en
- Lammers se rumens moet vir ‘n hoë jonger lammers hul maksimum-innames bereik en
styselrantsoen aangepas wees. belemmer dus hul groei. Om kompetisie uit te skakel
moet lammers volgens gewigsklasse in kampe ingedeel
- Lammers moet verkieslik gewoond word. Dit is ideaal om lammers in gewigsklasse van 3 kg
wees aan die tipe rantsoen (pille of
in te deel. Indien dit so gedoen word, behoort al die
tuismengsel)
lammers ook op dieselfde tyd slaggereed te wees.
Aanpassing is ‘n kritieke aspek van ‘n Lammers moet verkieslik ook in hul groepe bly tot slagtyd
voerkraal en kan die winsgewendheid en nie volgens groei geskei word nie.
beïnvloed indien dit nie reg gedoen
word nie. Voeromsetverhouding en rantsoen
Lammers wat kruipvoer ontvang het, is Met ouderdom raak ‘n lam se vermoë om voer na vleis
nie net swaarder op speenouderdom om te sit al hoe swakker, daarom moet die beste moont-
like rantsoen gevoer word om hierdie periode voluit te
nie, maar is ook beter aangepas vir die
benut. Voerkostes is ‘n belangrike deel van die voer-
voerkraal.
kraalsom. Ongelukkig heers daar ‘n wanpersepsie dat
Alhoewel aanpassing ‘n moet is, maak die goedkoopste rantsoen vir die meeste wins gaan sorg.
dit nie altyd ekonomies sin om lammers Alhoewel voerkostes in ag geneem moet word, is die
vir 7 tot 14 dae op ‘n aanpassingsrant- VOV die belangrikste faktor vir wins en nie voerkoste nie.
soen te hë in daar op groei ingeboet Goedkoper rantsoene se VOV is dikwels swakker as
word nie. duurder rantsoene (weens laer kwaliteit Roumateriale
wat gebruik word) en gevolglik moet lammers langer in
Met navorsing en tegnologie is daar die kraal wees om op gewig te kom. Hiermee word daar
deesdae verskeie produkte om te help egter nie aanbeveel dat die duurste rantsoen altyd
met die aanpassingsproses. Daar is bv. gekoop moet word nie. Dit is wel raadsaam om self
Doseermiddels wat gegee kan word voor proewe te doen, sodat VOV en uitslagpersentasie van
die lammers na die voerkraal gaan. Die verskillente rantsoene vergelyk kan word. Sodoende kan
lammers kan na die toediening van hier- die winsgewendheid in die voerkraal bepaal word.
die middels direk op die groeirantsoen Groeistimulante en groeibevorderaars in rantsoene speel
gaan en geen aanpassing is nodig nie. ‘n belangrike rol ten opsigte van VOV en groei en is dus
‘n belangrike komponente van die rantsoen.
Om lammers op hierdie manier aan te
pas, gaan tyd bespaar, en in ‘n voer-
kraal kan baie gels bespaar word as
Algemene bestuursriglyne
lammers vir ‘n korter periode in die kraal • Verseker dat daar altyd koel, skoon water beskikbaar
is. As daar op tradisionele maniere aan- is (maak drinkbakke een keer per dag skoon).

gepas word waar innames op ‘n rant- • Skaduwee is baie belangrik om optimale groei te
verseker.
soen oor ‘n tydperk verhoog word, is dit
• Voer lammers 3 tot 4 keer per dag. Dit sal ook
belangrik dat vreetspasie voldoende
verseker dat die rantsoen vars bly en inname
moet wees (25 to 30 cm/lam), en ge- stimuleer. Lammers moet altyd vrylik gevoer word.
noegsame hoeveelhede goeie ruvoer • Kruisraslammers vaar beter as suiwerraslammers.
moet vrylik voorsien word.
• Lammers moet nie langer as 45 tot 55 dae gevoer
word nie (afhangende van hul gewig wanneer hulle
in die voerkraal geplaas word).
20
Deur Francois Coetzee

Varke

Begin voer op ‘n jong ouderdom

Daar is ‘n paar belangrike redes • Nog ‘n rede vir die verskaf van kruipvoer vir aan-
waarom varkies in die kraamhuis reeds vulling is om die aantal onderontwikkelede of wan-
kruipvoer gegee kan word: aangepaste diere gedurende die eerste dae na
spending te verminder en dit is voordelig vir beide
• Varkies word gebore met lae vlakke
die 21-dag- en 28-dag-laktasies.
van amilase en hoë vlakke laktase.
Hierdie aanvlanklike ensiemprofiel Veranderinge wat ook met spending geassosieer
help die varkies met die vertering word is merkbare veranderinge aan die histologie en
van melkproteïen, maar nie met die biochemie van die dunderm, soos atrofie van die villi
vertering van plane- en/of dierlike en kriptiese, hiperplasie, wat verminderde
proteïene wat in volvoere voorkom spysvertering en absorpsievermoë veroorsaak en
nie. Die verskaf van voeraanvullings bydra to na-spening diarree. Om die varkies so vroeg
in die kraamhuis maak voorsiening as moontlik aan vaste kos bloot te stel, help hulle om
vir ‘n goeie begin met betrekking makliker aan te pas na spending wanneer hulle hele
tot die verandering van hierdie dieet uit vaste kos bestaan. Navorsing het ook getoon
ensiemprofiel. dat met die verhoging in kruipvoerinname die
voorkoms van diarree na spending verminder.
• Die sôe se melk en na-
speenvoeding het albei ‘n
negatiewe effek op die lengte van Voerinname
die derm-villi. Hoe vroeër die varkies
aan ‘n soliede dieët blootgestel Spesiale aandag moet aan die rol van voerinname
word, hoe minder sal diarree- en (energie) gegee word as ‘n tussenganger vir die
aanpassingsprobleme in ‘n latere dermstruktuur en funksie na spending. Daar is egter
stadium ontwikkel. ook ander invloede soos die bron van proteïene
23
wat by die dieet gevoeg word wat kan wissel met • Daar sal in elke werpsel varkies wees wat
voerinname en wat die dermstruktuur en funksie niks eet nie, selfs al eet die ander varkies
kan verander. Hierdie is ‘n area wat produksie goed; kyk uit vir hierdie varkies en be-stuur
beïnvloed en toekomstige navorsing op hierdie versigtig om te verhoed dat hulle nie
voldoende groei nie.
gebied; soos die manipulasie van die onvolwasse
spysverteringskanaal met eksogene groeifaktore
en/of dieetaanvullings met nie-noodsaaklike Basiese bestuur van goeie
aminosure soos glutamien is nodig. kruipvoervoorsiening
Om op ‘n vroeë ouderdom te begin eet is een • Hou kruipvoer vars en skoon en buite berek
manier om die oorgang by spending te verlig met van die sôe.
minimale prestasieverlies. Kruipvoeding is die • Begin blootstelling aan kruipvoer op 3 tot 5
“kuns” om vastekos aan varkies te begin voer ter- dae ouderdom, of volgens die vervaardiger
wyl hulle nog aan die sog drink en dus hul spysver- se aanbevelings.

teringstelsels voor te berei vir spending. Dit bevor- • Begin deur die kruipvoer op ‘n plat
der en ontwikkel die derm- en spysverteringska- oppervlak te sit, bv. Op ‘n vlak skinkbord
(swaar metaal of plastiekbakkies kan aan
nale waardeur die varkie voedingstowwe kan die kant vashaak).
begin verteer uit ander voedselbronne as die van
• Plaas voerbakke naby aan die varkies, maar
melk. nie onder direkte hitte nie, aangesien dit die
voer se vars smaak sal beïnvloed; hou dit
Dit moedig voedselinname aan, wat een van die ook weg van die ontlastingsareas.
grootste uitdagings is om na-spening te verrig.
• Begin met baie klein hoeveelhede voer en
Kruipvoer word toenemende belangrik en voor- vervang dit minstens twee keer per dag,
delig aangesien speenouderdom toeneem. Na- selfs meer kere indien moontlik. Verwyder
mate varkies groei, neem hulle vereistes vir voe- altyd alle kruipvoer wat nie geëet is nie.
dingstowwe toe en hierdie vereistes word uitein- Slegs afvalkruipvoer sonder medikamente
kan aan die sôe gevoer word.
delik meer as wat die sog met die verskaffing van
melk kan voorsien, aangesien melkopbrengs op • Voer kruipvoer terwyl die sôe self vreet
aangesien die varkies dan self aktief is en
ongeveer drie weke ‘n piek bereik en dan stadig
nie dan drink nie.
afneem.
• Moenie oorvoed nie – voer volgens die
varkies se eetlus.
Bevorder kruipvoerinname
• Begin met klein hoeveelhede en voer
• Om die oorgang so glad moontlik te maak, soos die varkie meer eet.
voer dieselfde kruipvoer voor spening en
• Maak altyd vuil bakke en trôe skoon.
onmiddellik daarna.
• Die sukses met die voer van kruipvoer
• Voer goeie gehalte, smaaklike en hoogs hang af van die toegewydheid van die
verteerbare voer wat varkies smaaklik sal vind. bestuur en personeel.
• Verseker dat daar vars water beskikbaar is, • Onthou die belangrikheid van die sog:
aangesien dit die inname van die voer dit is noodsaaklik om ide melkopbrengs
beïnvloed. te maksimaliseer aangesien sy die
meeste voeding aan die varkies
• Pille en mengsels van pille en meel is ook baie
voorsien. Kruipvoer help die derms om te
effektief, veroorsaak gewoonlik minder
ontwikkel en aan te pas om vaste voer
vermorsing.
te gebruik en het ‘n minimale invloed op
• Hou kruipvoer weg van hoeke, drinkbakke en speengewig.
verhittingslampe om die waarskynlikheid van
Bron:
verrotting van voer te voorkom. https://www.deheus.co.za/af/kennisbank/kruipvoer
-begin-voer-op-n-jong-ouderdom-877
24
Bou jou kennis:
INHEEMSE HOENDERS

Inheemse hoenderrasse is dikwels gehard Ovambo, Venda en Matebele. Daar word be-
en beter aangepas by Suid-Afrikaanse kli- weer dat hierdie hoender die gehardheid van
maatstoestande as kommersiële rasse. Dit die Ovambo, eierproduksie van die Venda en
maak hulle meer geskik vir die bryloop ste- grootte van die Matebele het.
lsel en kleinskaalse boerdery. Die bekensd-
Die hoender het ligte rooibruin vere met wit tus-
ste rasse in Suid-Afrika is die Boschveld-
senin wat help om dit te kamoefleer en teen roof-
hoender, Kaalnek, Ovambo, Potchefstroom
diere te beskerm. Die hane weeg op 12 weke
Koekoek en die Venda.
omtrent 1.6 kg en op 20 weke 2.6 kg. Die henne
weeg op 12 weke 1.5 kg en op 20 weke 1.7 kg.
Boschveld Hoenders Die voëls is seksueel vol-wasse op 136 dae oud.
Elke hen lê omtrent 4 eiers per week.

Kaalnek Hoenders
Kaalnek hoenders
word as ‘n inheemse
ras gesien en het ont-
wikkel van die Kaal-
nek hoenders wat van-
af Malesië in die 17de
eeu na Suid-Afrika ge-
bring is. Die voëls het
‘n verskeidenheid
Boschveld-hoenders word nog nie in Suid- kleurpatrone.
Afrika as ‘n geregistreerde ras aanvaar nie,
maar is Nogtans die verkose ras vir die vry- Volgens die Pluimvee Klub van Suid-Afrika is daar
loop stelsel honderboere in baie dele van twee tipes Kaalnek hoenders, die een is ‘n suiwer
Afrika. Die boer, Mike Bosch, het in 1998 op ras en het ‘n volledige kaal nek en die ander een
sy plaas in die Limpopo provinsie die hoen- is ‘n baster wat ‘n klossie vere aan die voorkand
der ontwikkel van ‘n kruising tussen die van die nek het. Die hane weeg op 16 weke 1.5
26
kg, op 20 weke 1.95 kg en ‘n volgroeide haan weeg 3.5 kg. weeg op 16 weke oud 1.4 kg, op 20 weke 1.7
kg en ‘n volwasse hen weeg 3.5 kg.
Die henne weeg op 16 weke 1.1 kg op 20 weke 1.4 kg
en ‘n volgroeide hen weeg 3 kg. Die voëls is seksueel Die ras is onder die
volwasse op 155 dae oud. Die hen lê ‘n eier met ‘n ge- plaaslike gemeenskap
middelde gewig van 55.5 gram. gewild vir die eier en
vleisproduksie sowel as
Die Kaalnekgeen word in party lande soos Frankryk vir die feit dat die henne
kommersiële pluimvee produksie aangewend. Daar is ‘n self die kuikens kan
paar redes hiervoor. Hierdie hoender het 30% minder grootmaak. Die kleur
vere as ander hoender-rasse en beno-dig gevolglik min- van die voëls is ge-
der voeding om dieselfde lig-gaamsmassa as ander slagsgebonde. As ‘n
hoenders te bereik. Die Kaal-nek is ook meer bestand swart of rooi haan met ‘n hen kruis is die
teen hitte en met slagting is daar minder vere om te henne swart en die hane het ‘n wit merk op
verwyder. die kop.

Ovambo Hoenders Venda Hoenders


Ovambo hoenders kom van Venda hoenders is
Ovamboland in noordelike deur Dr. Naas Coetzee,
Namibië. Die ras word as lê- ‘n staatsveearts van
henne gebruik. Dit is ‘n don- Bloemfontein, in 1979
ker tot swart hoender met in die Venda area van
wit of oranje strepe.
die Limpopo Provinsie
Hulle ligte gewig help hulle ontdek. Die ras is veel-
om te vlieg en in bome te kleurig met wit, swart
oornag wat beskerming teen en bruin as die domi-
roofdiere bied. Volgens nante kleure. Dit is ‘n
Wickedfood Earth is die voëls rats en hoogs aggressief en ligte hoenderras met sagte vere.
dit kan rotte en muise vang. Die hane weeg op 16 weke oud 1.57 kg, 2.01
Die hane weeg op 16 weke omtrent 1.74 kg en op 20 op 20 weke oud en ‘n volwasse haan weeg
weke 2.16 kg. Die henne weeg 1.32 kg op 16 weke oud 2.9 kg tot 3.6 kg. Die henne weeg op 16 weke
en 1.54 kg op 20 weke oud. Die voëls is seksueel oud omtrent 1.24 kg, op 20 weke 1.4 kg en ‘n
volwasse op 143 dae oud. volwasse hen weeg 2.4 tot 3 kg.

Die hen lê omtrent 129 eiers per jaar en die gemiddelde Die voëls is op 143 dae oud seksueel volwas-
gewig van ‘n eier is 52.5 gram. Die hen is ‘n goeie ouer se. Die hen lê ‘n liggekleurde eier wat gemid-
en haar broeisheid help met die kuikens se oorlewing. deld 52.5 gram weeg. Elke hen lê omtrent 129
eiers per jaar.

Die Potchefstroom Koekoek Volgens die Suider-Afrikaanse Skoupluimvee-


organisasie was Dr. Coetzee bei beïndruk met
Die Potchefstroom Koekoek is in 1950 deur Chris Marais
hierdie ras se kwaliteit eierproduksie, weer-
van die Potchefstroomse Landboukollege in Potchef-
stand teen siektes, lae behoefte aan voeding
stroom deur ‘n kruising tussen die Swart Aus-tralorp, Wit
en selfversorging.
Leghorn en Plymouth Rock rasse ontwikkel. Die naam
“Koekoek” verwys na die ras se spesifieke kleurpatroon. Soortgelyke hoenders is in die suide van die
Wes-Kaap en in die Quaqua gebied van die
Die voëls is seksueel volwasse op 130 dae oud. Die
Vrystaat gevind
henne lê bruin eiers met ‘n gemiddelde gewig van 55.7
gram. Elke hen lê ongeveer 298 eiers per jaar. Die hane Bron:
weeg op 16 weke oud omtrent 1.84 kg, op 20 weke 2.4 http://southafrica.co.za/af/inheemse-
kg en ‘n volgroeide haan weeg 3.5 tot 4.5 kg. Die henne hoenderrasse.html
27
Adverteer in
BOERhier FARMhere
www.boerhier.co.za www.farmhere.co.za
Kies ‘n loopbaan:
VEEKUNDIGE

Speel die video

Veekundige Wetenskappe behels die wetenskaplike • Dierefisiologie: spesialisering in spys-


studie van die voeding, teling, fisiologie en die pro- vertering, reproduksie, groei en ont-
duksie van diere. Dit omsluit nie net aspekte rondom wikkeling van gedomestikeerde, ak-
die boerdery met beeste, skape, varke en bokke nie, watiese en wilde diere.
maar is ’n omvattende vakgebied wat ’n wye ver-
• Dierevoeding: die studie om die inna-
skeidenheid van spesies soos melk- en vleisbeeste,
me, vertering, absorpsie en benutting
wol- en vleisskape, wild, pluimvee en volstruise bestu-
van voer en voedingstowwe te ver-
deer. Dit sluit ook akwakultuur in wat die studie van
staan.
vis- en weekdierspesies, soos forel, tilapia, salm,
oesters en perlemoen, is. • Diereprodukte (dierprodukkunde): die
studie van vleis-, vis-, suiwel-, eier- en
Suid-Afrika word gekenmerk deur uiteenlopende
wolproduksie ten einde kwaliteit pro-
hulpbronne en sluit enigiets van halfwoestyn tot hoë
dukte aan die bedryf te lewer.
produksiepotensiaal areas in. Veekundige Weten-
skappe is van toepassing op ekstensiewe kleinveë- As veekundige is jou beroepskeuse wyd.
boerdery in semi-woestyn omgewings, intensiewe Jy kan werk as diervoedingskundige,
melkproduksie in hoë potensiaal gebiede asook van tegniese adviseur, tegniese bestuurder,
toepassing op die vark-, pluimvee- en akwakultuur produksiebestuurder, vleiswetenskaplike,
bedrywe. reproduksiefisioloog, pluimveebestuur-
der, suiwelkundige, suiwelbestuurder,
As grootste landbousektor in Suid-Afrika is ’n gesonde
diere-raskundige, akwakulturis, konsul-
veebedryf geweldig belangrik vir die SuidAfrikaanse
tant, bestuurder, tegnikus, voorligtings-
ekonomie. Opgeleide veekundiges met spesialis-
beampte, produksieontwikkelings-
kennis van voeding, teling en fisiologie is noodsaaklik
bestuurder of vee- of wildsboer. Jy kan
vir die ontwikkeling en ondersteuning van dié bedryf.
ook navorsing doen of by ’n tersiêre
Van die belangrikste fokuspunte is:
inrigting, farmaseutiese onderneming,
natuurbewaringsinstansie of staatsde-
• Diereteling en Genetika: spesialisering in die teel
partement werk.
van veediere met die doel om diere geneties te
verbeter en te bewaar. Bron: www.sun.ac.za
30
Speel die video
HET JY GEWEET?
Bron: http://worldwideaquaculture.com/10-amazing-fish-farming-facts-you-should-know/

Meer as 70% van die wêreld


se natuurlike vis voorraad
is uitgeput a.g.v.
grootskaalse vissery bedrywighede.

Dit maak die deur wa-wyd oop


vir vis boerdery geleenthede.

BOERhier
want boere is die beste
Begin só jou eie
groentetuin
Deur Nico Strydom

Bron: https://jougesin.solidariteit.co.za/begin-so-jou-eie-groentetuin/

Al hoe meer mense wil hul eie groente kweek, hetsy Spasieer die plante behoorlik sodat
om ekonomiese of gesondheidsredes, of bloot as ‘n hulle nie met mekaar hoef te kompe-
stokperdjie. Met die volgende wenke kan jy sommer in teer vir hulpbronne nie.
‘n japtrap die vrug van jou arbeid begin pluk.
Van die groente wat maklik groei en
Die eerste stap is navorsing en beplanning. Daar is nie so baie aandag verg nie, sluit in ta-
talle faktore wat sal bepaal hoe groot jou groentetuin maties, brandrissies, sekere bone, er-
moet wees en wat jy alles daarin kan plant. tjies, blaarslaai, beet, wortels, spinasie
en radyse.
Vra dus jouself ‘n paar vrae af voor jy begin, oos hoe-
kom jy ‘n groentetuin soek, watter groente jy wil groei, Die laaste en moontlik belangrikste
hoeveel spasies jy tot beskikking het en hoeveel van stap is instandhouding. Gee gereeld
die spasie jy nodig het vir jou groentetuin, wil jy orga- aandag aan jou groentetuin en maak
nies groei en wat is jou begroting vir jou groentetuin? seker hoeveel water jou plante beno-
dig. Gaan jou plante ook gereeld
Wanneer jy antwoorde op al die vrae het, is dit tyd om deeglik na vir peste en siektes. Maak
die ligging van jou groentetuin te bepaal. Groente- seker jou plante kry die nodige voe-
tuine benodig in die algemeen die sonlig en moet ver- ding en verwyder dooie materiaal
kieslik nie aan te veel wind blootgestel word nie. Dit tussen die plante so gou as moontlik.
werk ook beter om groente in ‘n verhoogde bedding
te plant. Behoorlike dreinering en die regte tipe grond Koop kwaliteit tuintoerusting wat lank
is ook noodsaaklik. sal hou en maklik is om te gebruik. Dit
is ook noodsaaklik om te weet hoe
Die volgende stap is om te belsuit watter groente jy lank jou plante min of meer gaan
gaan plant en in watter seisoen dit geplant moet word. neem om te groei en om gereeld te
loer of jou groente nie dalk ryp is nie.
Groenteplante wat dieselfde behoeftes het rakende
grond, water en lig behoort bymekaar geplant te Begin klein en weet dat dit tyd kan
word. Besluit ook of jy gaan saai of saailinge gaan neem. Die internet bevat volop wen-
oorplant en of jy dalk kruie tussen jou goente wil plant. ke en raad, so maak gebruik daarvan.

34
Speel die video

Kunsmis
en organiese boerdery
Organiese boerdery is ‘n benadering tot organiese plantvoedingstofhulpbronne die meeste
gewas en diereproduksie wat die ge- voordele inhou, aangesien dit beide grondvrug-
bruik van natuurlike insette bevorder om baarheid en gewasopbrengs verbeter wanneer dit
menslike gesondheid en die omgewing saam toegedien word. Die byvoeging van anorga-
te bevoordeel. Die organiese stowwe niese kunsmis, en daaropvolgende hoër opbrengste,
wat in tipiese organiese kunsmis gevind lei ook tot ‘n meer doeltreffende verbruik van ander
word, soos dieremis en kompos, speel ‘n beperkte hulpbronne soos lanbougrond en water.
kritiese rol in grond- en plantgesondheid.
Beide die Internasionale Federasie van Organiese
Dit is waarom alle goeie boerderyprak- Landbou Bewegings (IFOAM) en die Codex Alimen-
tyke die gebruik van beskikbare organie- tarius (‘n FAO/WHO liggaam wat riglyne vir voedsel-
se stowwe aanmoedig. Om egter net op produkte daarstel) het die behoefte aan anorga-
hierdie organiese bronne van plantvoe- niese kunsmis in organiese boerderystelsels erken.
dingstowwe staat te maak, lei tot die Om die waarheid te sê, die enigste aspek van die
volgende probleme: IFOAM en Codex vereistes wat nie deur kommersiële
• Hoë volumes word benodig as gevolg organiese kunsmis nagekom word nie, is aanvaar-
van ‘n lae voedingstofinhoud. bare transformasieprosesse, wat stikstofkunsmis uit-
sluit, maar wat die gebruik van ‘n wye reeks ander
• Daar is dikwels ‘n tekort aan ‘n geree-
lde voorsiening en die voedingstof- anorganiese produkte toelaat. Daar is egter geen
samestelling is veranderlik. wetenskaplike regverdiging vir hierdie beperkings
nie, en toegelate organies kunsmisse is nie noodwen-
• Voedingstowwe is nie in balans nie,
dig veiliger nie.
wat tot voedingstekorte en vergiftiging
in gewasse kan lei.
Oor die algemeen word kunsmis en
• Grond- en omgewingsreaksies is grondverbeteraars wat aan organiese boere
onvoorspelbaar.
verkoop word, nie aan dieselfde streng standaarde
Menige wetenskaplike studies het bewys vir voedsel- en omgewingsveiligheid as anorganiese
dat ‘n kombinasie van anorganiese en kunsmis onderwerp nie.
36
Byvoorbeeld swaarmetaalbesoedeling is diekwels ‘n Is organiese kunsmis veiliger?
groter risiko in organiese as in anorganiese bronne. Nie noodwendig nie. Beide organiese
Anorganiese en organiese kunsmis behoort eintlik en anorganiese kunsmis kan grond en
aan dieselfde standaarde onderwerp te word, aan- ekostelsels negatief beïnvloed indien dit
gesien die eienskappe van voedingstofprodukte nie korrek gebruik word nie. Organiese
meer belangrik as hul oorsprong is. kunsmis dra verder ook die risiko dat dit
menlike patogene (siektekieme) kan
VRAE WAT GEREELD GEVRA WORD huisves.

Is anorganiese kunsmis kunsmatig? Het ons


Nee, die grondstowwe wat gebruik word, kom in die anorganiese kunsmis nodig?
natuur voor, onder andere atmosferiese stikstof en Ja, navorsing het bewys dat vitamins en
mineral-afsettings van fosfor en kalium. Dit word slegs anti-oksidante laer in organies verbou-
verwerk om dit meer beskikbaar vir plante te maak. de gewasse is, heel moontlik as gevolg
van die onvermoë van organiese be-
Hoe word plante mestingsprogramme om in die gewas
se voedingsbehoeftes te voldoen. Ver-
deur anorganiese kunsmis beïnvloed?
der word anorganiese kunsmis benodig
Plante neem voedingstowwe in hul anorganiese
om ‘n groeiende wêreldbevolking te
forms op! Organiese kunsmis moet eers deur che-
voed, soos wat landbougrond en water
miese reaksies in die grond gaan voordat dit deur
al hoe minder word.
plante gebruik kan word. Hierdie prosesse word deur
‘n wye reeks omgewingsfaktore beïnvloed, wat die
Bron:
beskikbaarheid van voedingstowwe uit organiese http://www.fertilizer.co.za/af/volhoubaarheid/k
bronne hoogs onvoorspelbaar maak. unsmis-en-organiese-boerdery

37
Adverteer in
BOERhier FARMhere
www.boerhier.co.za www.farmhere.co.za
Deur Dr. Tony Dippenaar
In ‘n eerste deel van hierdie reeks van wel, totdat die teendeel bewys is, ‘n beduidende
artikels is inleidend gekyk na die alge- onderliggende besering kan wees.
mene voorbereiding wat nodig is vir ‘n
Tekens van ‘n moontlike fraktuur:
noodsituasie asook watter noodmid-
dele voorsiening voor gemaak moet • Pyn, swelling, misvorming, soms kneusing, onvermoë
word. Riglyne is ook gegee oor die om ledemaat normaal en sonder pyn te beweeg.
belangrikste eerste stap in ‘n noodge- • Moenie probeer om benige geknars uit te lok nie –
val, naamlik om uitwendige bloeding te dit is erg pynlik en bewys niks.
stop. In die tweede deel van die reeks
• As die indruk onstaan dat daar dalk ‘n fraktuur kan
is n a lewensreddende aksies in ‘n wees, laat dit nagaan.
noodsituasie gekyk om inwendige
• Alle frakture gaan gepaard met ‘n mate van
bloedings te hanteer. Vervolgens word
inwendige bloeding in die omgewende spiere, bv.
na die noodhantering van frakture of ‘n bobeenbreuk kan soveel as 1.5 liter bloed verloor
beenbreuke gekyk. en ‘n enkele gebreekte rib 150 ml.

Frakture (Beenbreuke) Noodhantering


Frakture het gewoonlik ‘n geskiedenis • Hou die persoon en jouself kalm.
• Wend spalke aan om die fraktuur te immobiliseer.
van besering. Veral in bejaarde perso-
ne hoef die besering nie noodwendig
ernstig te lyk nie. Hulle kan verswakking
Bo-arm
van die been hê weens ontkalking of • Laat die arm reguit teen die persoon se sy afhang
soms kwaadaardige uitsaaings. en buig die elmboog 90˚.
• Neem die hemp se ooreenstemmende pant, klap
Belangrik: Indien ‘n ouer persoon geval dit opwaarts na die teenoorgestelde skouer en
het, moet aangeneem word dat daar
39
fikseer dit daar teen die hempmateriaal met ‘n • Let wel, as die been egter nie redelik
groot haakspeld. maklik wil saamkom nie en dit voel of
dit in ‘n abnormale posisie vas is, moet
• Die voorarm is 90˚ gebuig by die elmboog en die dan nie geweld gebruik nie. Dit is dan
opgevoude hemppant vorm ‘n natuurlike baie moontlik ‘n ontwrigte heup. Die
driehoekverband, wat gemaklik is en die gewig heup is dan gewoonlik so 45˚ gebuig en
eweredig oor die skouergordel versprei. die bobeen of na binne, of na buite
gekantel.
• Wend nou ‘n 150 mm crepeverband om die bolyf
• As daar vermoed word dat die heup
wat die beseerde arm teen die borskaswand ontwrig is, ondersteun dit in die
vashou – ferm, maar nie styf nie. halfgebuigde en gekantelde posisie
met kussings.
Voorarm • Andersins, plaas die been teen die
• Improviseer ‘n spalk met ‘n opgerolde koerant wat gesonde ledemaat, met ‘n klein
platgedruk word. handdoek wat 4 lae dik is, tussen knieë
en enkels.
• Plaas dit onder die pinkiekant van die voorarm van • Draai ‘n 150 mm crepeverband
die elmboog tot posgewrig. rondom beide bene vas – een bokant
die knie en een of twee onder die
• Draai ‘n 100 mm crepeverband bo-oor en
knieë.
implementeer die hempdriehoek soos hierbo
beskryf.
Bekkenbreuke
Been • Hierdie is ‘n baie ernstige besering wat
• Die pasiënt het ‘n onvermoë om te kan staan of te gepaard gaan met aansienlike
kan loop. Daar is erge pyn en soms tekens van skok inwendige bloeding en selfs ook
soos ‘n vinnige pols en sweterige, klam vel. blaasbesering.
• Dit word gewoonlik veroorsaak deur
• Probeer om die persoon plat op die rug te kry, met
taamlike geweldsaksie soos ‘n
behulp van twee helpers wat die beseerde been
motorvoertuigongeluk of ‘n val van ‘n
saam met die romp as ‘n eenheid draai, terwyl ‘n hoogte af.
derde helper die romp help draai.
• Loop is erg pynlik of onmoontlik.
• Indien daar ‘n duidelike vervorming van die been is
kan iemand die been agter die moontlike breuk • As die pasient op sy rug lê, kan daar
soms gesien word dat die een been
met beide hande stut, terwyl stadig maar stewig
korter as die ander is en as daar op die
deur ‘n tweede persoon aan die enkel getrek word borand van die bekken na agter
om die been min of meer reguit te kry. Dit is wel gedruk word, is dit erg pynlik Doen
pynlik, maar ‘n been behoort nie windskeef geknak laasgenoemde net een keer.
gelaat word nie.
• Laat die pasient op die rug lê, stoot ‘n
laken wat in die middel deurgeskeur is
on en agter die pasient se kruis deur.
Wikkel dit onder die boude in en knoop
dit styf en stewig aan die voorkant van
die onderbuik vas. Dit trek die
bekkenhelftes weer teenmekaar, verlig
pyn en belangrikste – dit help om die
inwendige bloeding te beheer.
• Hou sulke beseerdes warm onder ‘n
kombers.
• Moet niks per mond gee nie vir ingeval
van ‘n moontlike noodoperasie.
• Reël ambulansafvoer vir been-, heup-,
en bekkenprobleme.

40
Dankie dat jy lekker saamgelees het!
Stuur hierdie e-tydskrif aan na jou
kontakte toe sodat hulle ook
deel kan wees van ons familie!

BOERhier
want boere is die beste
www.boerhier.co.za

You might also like