Geografie Nedersettings Gr9 Opsommings

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

Nedersetting en grondgebruik

Wat is ‘n nedersetting?

Dis ‘n plek waar mense bly

Mens kry 2 verskillende nedersettings:

1. Landelike nedersetting
2. Stedelike nedersetting

Kenmerke van ‘n Landelike nedersetting:

1. Op die platteland – ver weg van ‘n stad of dorp


2. Meeste mense werk op lande
3. Min geboue en ver weg van mekaar

Kenmerke van ‘n Stedelike nedersetting:

1. Groot, opgeboude plekke soos stede en dorpe


2. Meeste mense werk in winkels, banke, hospitale en die regering
3. Baie meer mense en geboue

Grondgebruik binne ‘n stedelike nedersetting

‘n Stedelike nedersetting se grond word verskillende goed gebruik. Groot stede bied baie aktiwiteite
en dienste:

1. Indiensneming
a. Werk as winkelassistent
b. Taxi bestuurder
c. Bank bestuurder
d. Fabriekswerker
e. Handerlaar op sypaadtjies
f. Staatsdepartement werker soos polisiemanne

2. Woonplek
a. Hoëblok woonstelle
b. Informele huise
c. Meenthuise
d. Groot huise
e. Straatbewoners
3. Vermaak en ontspanning
a. Sport
b. Leer en pret
c. Flieks, Teater
d. Gimnasiums
e. Musiek konserte
f. Biblioteke
g. Restaurante
h. Kuns gallerye

4. Dienste
a. Dokters
b. Tandartse
c. Tradiosonele geneser
d. Haarkappers
e. Argitekte
f. Onderwys
g. Finansies soos banke
h. Elektrisiteit en water voorsiening

5. Vervoer
a. Motors
b. Treine
c. Busse
d. Bote
e. Ondergrondse treine

6. Godsdiens
a. Plekke van aanbidding soos
b. Moskees
c. Tempels
d. Kerke

Noem 6 goed wat stedelike nedersettings aan inwonders bied – met 2 voorbeelde by elk:

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________
Wat is Suid Afrika se oudste stedelike nedersetting?

Kaapstad – 360 jaar oud

Hoe grond in stede en dorpe gebruik word:

1. SSG - Sentrale Sake gebied


2. Oorgangsone
3. Woongebiede
4. Winkelsentrums
5. Kantoor en sake parke
6. Sones vir Swaar en ligte nywerheid
7. Dienste en ontspanning

1. Sentrale Sake gebied: (SSG)


 Middel van stad
 Waar Hoogste geboue is
 Besigste deel van die stad
 Baie mense en motors
 Huur van geboue is hoog
 Groot maatskappye en kantore is daar

2. Oorgangsone
 Dit is die gebied rondom die SSG
 Word ‘oorgang’ genoem omdat geboue en grondgebruik verander
 Sommige dele is oud en vervalle
 Ander dele is herstel en opgeknap
 Dit gebeur as die SSG groei uit ‘n ou sone van pakhuise, leë geboue en huise

3. Woongebiede
 Hoë, middel en lae inskomste gebiede waar mense woon
 Kan naby SSG wees of ver van die SSG af
 Kan digbewoon wees (baie mense naby mekaar – soos woonstelle)
 Kan lae digtheid hê – soos voorstede waar huise groter is met groot tuine
 Lae Inkomste – goedkoop huise
 Middle inkomste – Bekostigbaar
 Hoë inkomste – duur huise
 Informele behuising – plakkersdorpe of hutte
4. Winkelsentrums
 Winkelsentrums buite die SSG word ‘malls’ genoem – soos Tygervalley
 Baie parkering
 Verskeidenheid winkels
 Daar is ook vermaak – soos restaurante, flieks en ysskaats

5. Kantoor en sakeparke
 Kantoorblokke wat weg van die SSG is
 Kliente en mense verkies dit want dit is in die voorstede en veiliger
 Nader aan hulle huise
 Nie besoedel nie
 Omring deur parke en bome

6. Sones vir swaar en ligte nywerhede


 Dit is gewoonlik aan die buitewyke van die stad
 Kan klein nywerhede wees soos sjokolade of klere of rekenaarskyfies
 Klein nywerhede is skoner (ligte nywerhede)
 Groot nywerhede is soos staal en yster werke en is meer vuil (swaar nywerhede)
 Dit is buitewyke van stad want dit benodig groot grond, pakhuise wat goedkoper daar is
 Dit moet ook nader aan hoofroetes wees

7. Dienste en ontspanning
 Kan in die oorgangsone wees of in die landelike deel rondom die stedelike nedersetting
 Voorbeelde: Perdry, kwekerye, gholfbane
 Ontspanning kan ook in winkelsentrums gevind word
Landelike nedersettings

Eienskappe:

1. Klein bevolking
2. Meeste mense werk op en met hul eie grond
3. Primêre aktwiteite is boerdery, bosbou, myngou, jag en vissery
4. Meesal kinders en ou mense – want jonger mense migreer om in stedelike gebied te werk
5. Ver van stedelike gebiede en ver van mekaar
6. Hulle kan geisoleer en versprei wees
7. Of saamgebondel en kernagtig
8. Dienste soos skole, elketrisiteit, water, winkels, paaie en hospitale is nie altyd beskikbaar nie.
9. Mense moet groot afstande aflê

Tipe landelike nedersetting

1. Bestaansboerdery
2. Kommersiële boerdery
3. Mynbou landelike nedersetting
4. Bosbou landelike nedersetting
5. Vissery landelike nedersetting

Bestaansboerdery:

 Eie behoeftes en eie familie


 Groep gesinne kan landelike nedersetting vorm
 Tradisionele landbou metodes – min tegnologie
 Mense doen self al die werk
 Kleiner landery met gewasse
 Verskillende gewasse – mielies en groente
 Hou ook vee en ander plaasdiere aan

Kommersiële boerdery:

 Kweek gewasse om te verkoop en geld te maak


 Individuele opstalle gewoonlik versprei en alleen
 Moderne tegnologie
 Min mense nodig om te bewerk – masjinerie word gebruik
 Plase is baie groot
 Monokultuur – slegs een gewas bv mielies of koring teen groot skaal

You might also like