Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Graad 8 Kwartaal 2 - PAT 1

Werk negatiewe gevolge van tegnologie tee

Mini Praktiese assesseringstaak (PAT): Kwartaal 2 Graad 8


Bron: H. Johnstone, 2014, Tegnologie Vandag Graad 8 Leerderboek, 4de uitgawe, Kaapstad,
Maskew Miller Longman

WERK NEGATIEWE GEVOLGE VAN TEGNOLOGIE TEë

Voltooi STAP 1 tot STAP 12 en plaas die stappe netjies in korrekte volgorde in die lêer.
STAP 1: Sien ASSESSERINGSRUBRIEK in Handboek bl.113-114
Bestudeer en bespreek die rubriek in groepsverband
Plaas die kopie van die merkskema agter STAP 1 se afskorting
(die lêer moet verkieslik self vervaardig word en van herwinbare materiaal
wees)

STAP 2: Ontwerp ‘n VORDERINGSDAGBOEK wat elke lid in die groep se naam


bevat, skryf die datum & kort beskrywing van die werk wat voltooi is soos wat
die PAT vorder. Dit is elkeen se plig om werk betyds in te handig en self die
vorderingsdagboek te voltooi. Die groep kan ook aandui indien ‘n lid nie betyds
werk inhandig nie. Foto’s/ sketse/ vryhandsketse van ontwerpidees kan ook
ingehandig word.

VORDERINGSDAGBOEK
Datum: Lid: Werk gedoen:

STAP 3: SCENARIO
Tegnologiese produkte word gereeld vervang en lei tot reuse afval ophoping. Bespreek
die stellling en doen navorsing oor die omvang van die probleem. Skryf ‘n kort
samevatting van die lede se gevolgtrekking. Plaas die gevoltrekking agter STAP 3 se
afskorting.
STAP 4: IMPAK VAN TEGNOLOGIE
Positiewe innovasies het ongelukkig dikwels ook negatiewe gevolge. Koeldrankblikkies
is lig, higiënies, kan maklik stapel. Die negatiewe impak is dat leë houers ophoop en nie
bioafbreekbaar is nie.
Individuele Elkeen doen apart navorsing oor die negatiewe impak op :
NAVORSING A – Die Omgewing
B – Ons Samelewing
Voeg al die antwoorde saam en plaas dit agter STAP 4 se
afskorting.
STAP 5: ASSESSERINGSTAAK 1 (Ondersoek): Doen ˊn afvaloudit
Gebruik die Tabel op bl. 97 in die Handboek of ontwerp ‘n Tabel wat ander inligting toon
soos die hoeveelheid blikkies wat die snoepie op n dag verkoop. Hoeveel blikkies elke
lid se gesin in ‘n week gebruik. Wat gebeur met die blikkies?
STAP 5. 1 – Identifiseer nou die primêre probleem en stel ‘n ONTWERPPROBLEEM op.
STAP 5. 2 – Skryf herwinbare idees neer wat die probleem kan teë werk.
Graad 8 Kwartaal 2 - PAT 2
Werk negatiewe gevolge van tegnologie tee

STAP 6: Ondersoek “Collect-a-Can” as ‘n organisasie, hoe die maatskappy die omgewing help
en ook inkomste bied aan die publiek/samelewing.
Skryf ‘n paragraaf oor die groep se bevinding, plaas agter STAP 6 se afskorting.
http://www.collectacan.co.za/

STAP 7:
GROEPBESPREKING – geen skriftelike werk nodig nie. Kom wel met goeie feite en inligting na die
bespreking toe.
Lees na oor Jamie Oliver en wat hy voor geveg het in Engeland se skole.

Bespreek verder ook suiker, gewigtoename, tandbederf, nierstene, verslawing, aandagafleibaarheid,


aspartaam, suurvormende molekules, advertensiemaatskappye, gesondheidsrisiko’s, besluit of die groep
anders na gaskoeldrank kyk nadat feite na die tafel toe gebring is.

http://www.dailymail.co.uk/femail/food/article-3178341/What-Coca-Cola-REALLY-does-body-just-hour.html

STAP 8: Koeldrankblikkie as ‘n struktuur


Goeie hitteweerstand, versperring teen gasse, sterk bokant wat afwaartse krag
weerstaan, bodem smaller as bokant, kante is sag en wringbaar. Bring n paar
blikkies klas toe en bespreek die bogenoemde, ondersoek die blikkies deur
kragte op dit toe te pas.

STAP 9: DIE ONTWERPPROSES


A. Teken ‘n breinkaart (bubble-diagram) en skryf oor die volgende: vir
wie, wat is die produk se funksie, ergonomies, estetika, is dit veilig om
te gebruik.
B. Elke leerder/lid van die groep teken 4 dekoratiewe ontwerpe
C. Gee detail aan die 4 ontwerpe, hoe word voorwerpe gesny, gelas,
vervaardig
D. Skryf byskrifte by die sketse, gebruik bl.4 of teken eie breinkaart

STAP 10: MAAKVAARDIGHEDE - TEKEN


A. Kies die beste ontwerp deur evaluasie
B. Teken 2D werkstekeninge, vooraansig, bo-aansig en syaansig
(projeksie metode)
C. Teken ‘n 3D Isometriese skets van finale ontwerp
Graad 8 Kwartaal 2 - PAT 3
Werk negatiewe gevolge van tegnologie tee

MAAKVAARDIGHEDE – BOU/ VERVAARDIG (individuele werk)


Benodighede: metaalblikkies, ringetjies, skêr, potlood, hamer, spyker, tang,
metaalverbinderringe, kettings, gespes en hakkies, skuurpapier, vislyn,
enigiets anders. ONTHOU! Gensyde metaal het Skerp kante

STAP 11: EVAULUERINGSVAARDIGHEDE


Hoe het die PAT taak die groep se aantal blikkies per week beinvloed?
Verminder, herbruik en herwin – bespreek.
Stel ‘n rubriek op wat kreatief inligting bied oor aspekte van die produk wat
gemaak is, was dit suksesvol, veilig, is dit bruikbaar, sal dit bydrae tot
vermindering in afval?

STAP 12: KOMMUNIKASIEVAARDIGHEDE


Bied die projekverslag op enige aanvaarbare manier aan.( Plakkaat, gebinde
lêer, PowerPoint, wees kreatief)
Oortuig die klas van julle standpunte, julle ontwerpprobleem, oplossings, vertel
van die uitdagings en moeilikhede wat oorkom is en wys dan met trots wat julle
geskep het uit blikkies.

Jou positiewe impak maak ‘n verskil!


Verbruik MINDER
Graad 8 Kwartaal 2 - PAT 4
Werk negatiewe gevolge van tegnologie tee

Breinkaart
Vir Wie? Vryhand skets Funksie?

Graad 8
Kwartaal 2

PAT

Produk uit
Koeldrankblikkies

NAAM: __________

Idees Vryhand skets Ergonomie en estetika

You might also like