Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

ATLEETVOET / VROTVOET / SKIMMELVOET

(TINEA)
July 6, 2013 at 11:49pm

Atleetvoet (Tinea) is 'n soort fungusinfeksie (swaminfeksie) en is hoogs aansteeklik.

Dit word normaalweg in openbare plekke soos swembaddens en aantrekkamers opgetel. Dit is
moelik om van ontslae te raak. (Dra dus ALTYD plakkies wanneer jy van openbare ablusie
geriewe moet gebruik maak!)

Die vel raak skurf en seer, blasies vorm en die vel dop af. Indien die naels besmet is raak dit los
of dit verdik en verkleur.  Die infeksie begin gewoonlik tussen die tone en versprei dan na die
naels en voetsool.

Die vel rondom die tone raak aanvanklik rooi en jeukerig, dan wit en vogtig en uiteindelik dop
en skilfer die vel af. In ernstiger gevalle mag die toonnaels selfs geel en vergroeid raak. 

• Sit watte met heuning en appelasyn daarop en los oornag aan. Gaan sien jou dokter sodra dit
aanhou of terugkom.

• Vicks VapoRub help vir skimmel op toonnnaels. Dit is glo die tiemie in die Vaporub wat die
skimmel verdryf.

• Die mees algemene behandeling is 'n funguswerende room. Lamosil Once Aplication werk
soos n bom, en die beste.

Indien jy maklik atleetvoet opdoen moet jy op die volgende let:

• Dra elke dag 'n nuwe skoon paar sokkies.


• Koop net suiwer katoenkouse.

• Wissel skoene af. Plaas die paar wat jy gister gedra het vandag in die son om goed droog te
word. 

• Dra gereeld oop skoene soos sandale. Daai voete moet so droog as moontlik gehou word.

• As jy kan spoel skoene uit met Sterri Nappi, of week selfs daarin. As die reuk nie uitgaan nie,
oorweeg om dit weg te gooi, daar is swamme daarbinne.

• Moet nooit kaalvoet in openbare storte (gimnasiums, ablusieblokke, ens.) staan nie, dra
ALTYD plastiese sandale!

• Gebruik 'n swamdoder vir tot twee weke nadat alle tekens van infeksie verdwyn het, om
herinfeksie te voorkom.

Alternatiewe behandeling (Boererate):

• Blomswael, blouspititus, en kerse gesmelt. Meng alles saam, smeer aan voete. Dit het myne
gebrand vir n ruk maar tot vandag toe gesond.

• Krap stukkend, week in koeksoda en neem kwassie en smeer JIK aan....brand die hel uit jou,
maar dis weg!

• Cornish crystal, baie goedkoop by apteke te kry. Soak voete in die aand. Dit werk onmiddelik
vir die jeuk, en genees binne 2 dae. Jou voete is agterna bietjie geel vir 2dae.

• Sokkies en skoene kan bydrae daartoe. Gooi babapoeier in sokkies en tussen tone voordat jy dit
aantrek.

• Strooi Blouvieterjoel in sokkies en in skoene.

• Week voete in appelasyn, en droog goed af. Smeer kanferroom aan.

• Spuit elke aand Tree Trea oil in jou skoene en aan jou voete nadat  jy gebad het. 

• Week voete in verdunde formalien.

• Smeer met Gention Violet. Maak alles swart-pers, maar droog daai voete vinnig uit. (Pasop dit
vlek alles!) Plaas ou handdoeke of koerantpapier wanneer jy daarmee werk en dra plastiese
handskoene.

You might also like