Download as rtf, pdf, or txt
Download as rtf, pdf, or txt
You are on page 1of 3

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE WES KAAP GEHOU TE

SOMERSET WES

Saaknommer SWS 24/2018

In die saak tussen :

ANELE METHLO APPLIKANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

BEEDIGDE VERKLARING

Ek, die ondergetekende,

ANELE METHLO

Verklaar hiermee onder eed as volg :

1.

Ek is ‘n meerderjarige manlike person, huidig onder toesig van Departement Korrektiewe


Dienste.

2.

Ek is behoorlik gemagtig om hierdie verklaring af te le en die inhoud hiervan is waar, korrek en


val binne my persoonlike kennis tensy uit die samehang anders blyk.

3.

Ek is na afloop van my vonnis na Pollsmoor Gevangenis toe gestuur. Ek het oor my saak gedink
en besef dat die vonnis heeltemal te swaar en onvanpas is. Ek het die tronk se hulp versoek om
appelstukke in te dien. Die stukke het weldra by Me Steyn uitgekom waarna sy my na die hof
gerekwiseer het ten einde te konsulteer oor die aansoek. Ek wou voortgaan met die aansoek.

4.

Weens bovermelde reses en omstandighede was ek dus nie in staat om binne die voorgeskrewe
tydperk te peteer nie. My bedoeling was egter deurentyd om die aangeleentheid verder te voer.
Met hierdie skrywe versoek ek dus die Agbare Hof om die redes vir laat inhandiging as
voldoende te ag en te kondoneer.

GETEKEN TE SOMERSET WES OP HIERDIE 10 DE DAG VAN MEI 2019

___________________________
Ek sertifiseer hiermee dat die Deponent verklaar het dat hy die inhoud van hierdie
verklaring verstaan en begryp en dat dit die waarheid is na die beste van sy kennis en wete,
welke verklaring voor my geteken is te Somerset Wes op hierdie 5 de dag van April 2018.

_____________________________________________

KOMMISSARIS VAN EDE

You might also like