Hassan Galant Vuurwapen Pleit

You might also like

Download as rtf, pdf, or txt
Download as rtf, pdf, or txt
You are on page 1of 3

IN DIE STREEKSHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE WES KAAP GEHOU

TE STRAND

SAAKNOMMER 36/2019

DIE STAAT

teen

DONOVAN LENNOX

______________________________________________________________________________

PLEIT IN TERME VAN ARTIKEL 112(2) VAN WET 51 VAN 1977

Ek, Donovan Lennox, verklaar vrywillig hieronder as volg :


Ek is die beskuldigde in die saak en verstaan die aanklagtes teen my.
Ek pleit skuldig op die volgende aanklagtes :

1. OORTREDING VAN DIE BEPALINGS VAN ARTIKEL 4 (1)(f) GELEES MET


ARTIKELS 1, 103, 117, 120(1)(a), ARTIKEL 121 GELEES MET BYLAE 4 EN
ARTIKEL 151 VAN DIE WET OP DIE BEHEER VAN VUURWAPENS, 51 VAN
1977 EN GELEES MET ARTIKEL 51(2) VAN DIE ALGEMENE
REGSWYSIGINGSWET, 105 VAN 1997

2. OORTREDING VAN DIE BEPALINGS VAN ARTIKEL 90 GELEES MET


ARTIKELS 1, 103, 117, 120(1)(a), SECTION 121 GELEES MET SKEDULE 4 EN
ARTIKEL 151 VAN DIE WET OP DIE BEHEER VAN VUURWAPENS, 60 VAN
2000 EN VERDER GELEES MET ARTIKEL 250 VAN DIE STRAFPROSESWET,
51 VAN 1977

AANKLAG 1:

Ek erken dat ek op 7 Oktober 2018 te 9 de Straat, Strand, in die Streekafdeling van die Wes
Kaap, wederregtelik in besit was van ‘n verbode vuurwapen, te wete, een 7,6 x 25 mm Tokarev
semi-outomatiese model TT33-tipe, terwyl ek oor geen lisensie, permit of magtiging beskik het
om sodanige vuurwapen te besit nie.
AANKLAG 2:

Ek erken dat ek op 7 Oktober 2018 te 9 de Straat, Strand, in die Streekafdeling van die Wes
Kaap, wederregtelik en opsetlik in besit was van 5 (vyf) 9 mm lewendige rondtes, terwyl ek oor
geen gelisensieerde vuurwapen beskik het waaruit sodanige rondtes afgevuur kon word nie.

1.

Op hierdie betrokke dag, ongeveer middagete se kant, het ene Lando Hess na my toe gekom en v
my versoek om die betrokke vuurwapen vir hom te hou. Ek het vining met hom gepraat
aangesien my ouers glad nie goedgekeur het dat hierdie man na ons woning toe kom nie. Ek het
nie vrae gevra nie en net die vuurwapen geneem en in my kamer gaan sit. Lando Hess het my toe
gekontak ‘n rukkie later dieselfde middag en vir my gevra om te ontmoet sodat ek die vuurwapen
vir hom kon bring. Ek het met die vuurwapen uit die huis uit geloop om hom te gaan ontmoet.
Toe ek om die draai van die pad gestap kom het ek ‘n polisievoertuig opgemerk. Ek het gespanne
geraak en was onrustig want ek het geweet dat ek nie ‘n vuurwapen op my mag dra nie. Die
voertuig het by my gestop en die beamptes het my visenteer. Die betrokke vuurwapen het hul op
my persoon gevind en ek is gevolglik gearresteer.

2.

Ek erken die inhoud en korrektheid van die Artikel 212 – Ballistiese verslag. Ek erken dat die
betrokke vuurwapen en ammunisie waarna verwys word, voldoen aan al die bepalings van die
Wet op die Beheer van Vuurwapens, Wet 60 van 2000. Ek erken dat die betrokke vuurwapen in
‘n werkende toestand was en dat dit vervaardig is om senterslag ammunisie af te vuur. Ek erken
dat die ammunisie wat gevind was, lewendige rondtes was en dat dit ook voldoen aan al die
vereistes soos gelys in die Wet op die Beheer van Vuurwapens, 60 van 2000.

3.

Ek erken dat ek geen reg of toestemming tot sodanige optrede gehad het nie, dat ek op die
relevante stadium ten tyde die pleging van die misdryf besef het dat my optrede verkeerd is en
dit, as sulks, strafbaar is deur ‘n Geregshof.

4.

Ek erken dat my Regsverteenwoordiger die inhoud en gevolge van die Wet op Minimum
vonnisse aan my verduidelik het met verwysing na aanklag 1. Ek verstaan die impak en gevolge
van die betrokke wetgewing en wens steeds skuldig te pleit op die ten las gelegde misdrywe.
GETEKEN TE STRAND OP 7 JUNIE 2019

_______________________ ____________________
Per : Regsverteenwoordiger Beskuldigde

You might also like