Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 11

“Bekeer julle tot My, sê die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, sê die Here

die
Almagtige” (1:3). “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en
hy is ’n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ’n donkie, op die hingsvul van ’n donkie” (9:9).

PROBLEEMSTELLING:
Bespreek aan die hand van deeglike eksegese die aard, inhoud en veral die teologie van Sagaria
se naggesigtr deur die noue verband tussen teks en konteks, naggesig en leefwêreld te
beklemtoon. Verwys in jou antwoord na Sagaria se tydgenote asook na die hele probleem van
“gerealiseerde eskatologie”

INLEIDING
In hierdie taak word net Sagaria 1-8 behandel mbt die inhoud, teologie en aard en ook net die
naggesig wat ek in dieklas behandel het sal in bietjie meer detail beskryf word. Ek neem aan dat
die res van die taak die ander naggesigte sal verduidelik.
Om hierdie taak volledig te kan aanpak moet ons eers `n paar dinge verstaan. Die verband
tussen teks en konteks, die Godsdiens historiese omgewing waar die profeet afspeel, die inhoud
en teologie van wat hy profeteer en dan moet mens ook die sosiale omstandighede goed
verstaan om dit alles te verstaan. Teks en kontek is onafskeidbaar en moet altyd in ag geneem
word met die lees van enige teks, maar veral met die lees van Profetiese tekste. Die teks soos dit
voor ons lê is die prentjie terwyl die konteks die agtergrond is wat die prentjie `n skildery maak.
Hier onder sal ek nou dit meer breedvoerig bespreek.

1. Konteks
Die konteks waarin die profeet sy boodskap gelewer het maak van sy teks `n drie dimensionele
figuur. Daar is diepte en breedte, nie net `n vlaksinnige gebabbel oor die selfde temas altyd nie.
Dit kan net gebeur wanneer daar `n deeglike histiriese kultuur ondersoek gedoen is na die
omstandighede van die profeet se bestaan

2. Teks
Gelukkig kan ons hier op die geskiedenis staat maak om die wetenskaplike verstaan van die teks
te gebruik. Daar is baie modelle waarmee mens die teks tot op die been kan oopvlek om te sien
wat die profeet regtig bedoel het. Deur die teks kom ons tot in die wêreld van die profeet, en kom
agter hoe hy verstaan het.
3. Godsdiens-historiese raamwerk
Dit het te doen met hoe die politieke en samelewings omstandighede van daardie bepalde tyd
ingespeel het op die profet se verstaan van sy profisie. Ons moet in die leefwêreld van die teks in
kom. So ook reflekteer die bepaalde teologie van die ryk waarin hulle profter in hulle boodskappe.

4. Inhoud en teologie
Om daadwerklik by die boodskap in die teks uit te kom moet al die bogenoemde in agggeneem
word.

Hier volg dan nou die sosio-politieke en kultuur omgewing waarin Sagaria geprofeteer het.
Die situasie waarin Sagaria geprofeteer het
Nadat Kores, die koning van Persië, Babel in 538 v.C. verower het, het hy aan die ballinge
toestemming gegee om na Palestina toe terug te gaan en die tempel te herbou. Serubbabel, wat
later goewerneur geword het, en Jesua, die hoëpriester, was onder hierdie ballinge. Hulle altwee
het ’n belangrike rol gespeel in die herbou van die tempel. Na verskeie terugslae tydens die
bouwerk is die tempel eers in die sesde jaar van Darius se bewind voltooi. Hy het in 522 v.C.
koning van Persië geword ná die dood van Kores se seun Kambuses, wat sy pa opgevolg het.

Dit is in hierdie tyd, toe Darius op die troon gesit het, dat die profete Haggai en Sagaria opgetree
het. ’n Deel van hulle werksaamheid het saamgeval. Die eerste opgetekende datum insake
Sagaria se optrede word aangegee as in Oktober/November 520 v.C. Die laaste datum wat in die
boek aangeteken is, val in Desember 518 v.C. Sagaria , het 2 maande na Haggai as profeet
opgetree, d.w.s. in die 8ste maand in die 2dejaar van Darius.
Sagaria, net soos die profeet Haggai, het die teruggekeerde ballinge voortdurend aangemoedig
tydens hulle hervestiging en by die herbou van die tempel. Die aard en inhoud van die boek
Sagaria word in groot mate bepaal deur vroeëre profete se uitsprake en die omstandighede
waarin die profeet geleef en gewerk het. Dit sluit aspekte in soos die historiese, politieke,
maatskaplike en godsdienstige omstandighede.

Die doel van die teruggekeerde ballinge, en veral die profete in hierdie tyd ná die ballingskap,
was om in die ou land ’n nuwe gemeenskap te vestig en op te bou. Die ou tradisies, nasionale
ideale en beloftes van die vroeëre profete moes as riglyne dien. In die proses van hervestiging
was daar egter nie ’n tekort aan probleme nie: armoede, swak oeste, vyandelike teenstand van
buite, geestelike verval en onderlinge geskille en botsings tussen verskillende leiersgroepe binne
die gemeenskap was aan die orde van die dag.
Ondanks probleme en terugslae moes die profeet steeds waarsku en vermaan, maar ook
bemoedig en God se genade en redding verkondig.
Die val van Babel deur die Perse en die toestemming aan die Jode om na hulle land terug te
gaan, het die hoop op redding en die herbou van ’n magtige ryk soos in Dawid se tyd, sterk laat
opvlam. Die vroeëre uitsprake van die profete in dié verband het ook as aansporing gedien vir die
toekomsverwagting in Sagaria: dat Jerusalem weer die woonplek van die Here sal wees wanneer
Hy die vyande van sy volk vernietig en sy ewige Godsryk gevestig het. Dit sal ’n nuwe vredestyd
inlei, en selfs ander nasies sal die Here erken as die koning van die wêreld.
Die volgende gegewens in belangrik:
DOEL:Die doel van die geskrif was om hoop te gee aan God se volk wat ontmoedig is deur
teenslae
SKRYWER:
Sagaria self of mense uit sy kring. Sagaria 9–14 word dikwels verbind aan ’n latere skrywer of
skrywers. Sagaria het gestam uit ’n familie van priesters.
In sy boek word die boodskap van baie van die vroeëre profete saamgevat, en terselfdertyd word
sterk gekonsentreer op die gebeure van die verre toekoms. Dit bevat gedetailleerde verwysings
na die Messias wat duidelik in die lewe van Christus vervul is. Daar is ’n duidelike verskil tussen
die gesigte in die eerste agt hoofstukke en die gesproke boodskappe van hoofstukke 9–14.
GEADRESSEERDES:
Hoofstuk 1–8 was spesifiek gerig tot die Jode in Jerusalem wat uit die ballingskap teruggkeer het.
Hoofstuk 9–14 was ook gerig tot mense in die Persiese periode.
ONTSTAANSTYD:
Die profesieë van hoofstuk 1–8 is uitgespreek tussen 520 vC en die herbou van die tempel en
waarskynlik kort daarna opgeteken. Hoofstuk 9–14 is waarskynlik binne die volgende eeu
opgeteken.
Spesifieke datums wat aan die optrede van die profeet Sagaria seun van Berekja en kleinseun
van Iddo gekoppel word, word slegs in 1–8 gevind. Hierdie gegewens ontbreek in 9–14. Hierdie
laaste ses hoofstukke het waarskynlik later tot stand gekom en is deur ander outeurs op skrif
gestel en saam met die profesieë van Sagaria gebundel. Inhoudelik is daar ooglopende
ooreenkomste tussen die twee dele.
PLASING:
Die gedeelte tot hoofstuk 8 moet gesien word teen die agtergrond van die omstandighede na die
terugkeer uit die ballingskap. Die herbou van die tempel is onderbreek. Haggai en Sagaria moes
die mense aanspoor om weer te begin en te volhard.
BELANGRIKE KARAKTERS:
Sagaria en die hoëpriester Jesua
TYDSOMSTANDIGHEDE: Die ballinge het uit die ballingskap teruggkeer om die tempel te
herbou. Spoedig is die werk gestaak weens vyandskap van die mense van die omgewing en
moeilike omstandighede. Die volk se prioriteite was verkeerd.
BOODSKAP: Sagaria het, soos Haggai, die volk aangemoedig om weer te begin met die herbou
van die tempel. Sy gesigte was bedoel om die volk weer nuwe hoop en moed te gee. Die boek
gee aan die volk perspektief vir die toekoms.
BELANG VAN DIE BOODSKAP: Selfs in tye van moedeloosheid en in moeilike omstandighede is
God steeds besig om sy plan uit te voer. God beskerm en lei ons. Ons moet Hom vertrou en
onsself en die toekoms rustig in sy hande laat.
TYDGENOOT: Haggai (ongeveer 520 vC).
BELANGRIKE PLEK:
Jerusalem
VERDERE OPMERKINGS:
 Die boek word gekenmerk deur die baie gesigte daarin opgeneem en die besondere
uitsig wat dit op die toekoms bied.
 Die boek wys dus daarop dat die gelowiges in die spanning tussen die hede en die
toekoms leef; die negatiewe en die verwagte positiewe; eie dade en die dade van die
Here. Dit moet nie ’n negatiewe spanning wees nie, maar juis ’n kreatiewe spanning. In
alles kan die gelowiges weet dat God die volk se hande hou, ongeag die omstandighede
waarin hulle verkeer of hulle klein geloof.

DIE AARD, INHOUD EN TEOLOGIE VAN DIE PROFETIESE BOEK SAGARIA


1. Inhoud
Die gedeeltes 1-8 kan in die volgende hoofdele verdeel word:
1:1–6:15. Proloog tot die res van die boek. Ná ’n kort inleidende boodskap in 1:1–6 volg as
visioene wat handel oor temas soos die herstel van Jerusalem, die herbou van die tempel, die
vernietiging van die Jode se vyande, die reiniging van die volk, en die oprigting van die Godsryk
in die nuwe Jerusalem. In die beskrywing van die visioene maak die profeet baie gebruik van
simboliese taal.
     
7:1–8:23. Die volk wil by die priesters en profete weet of die vasdae wat verband hou met die val
van Jerusalem, nog gehou moet word. Die antwoord word gegee. Die volk word ook verseker van
die Here se besorgdheid oor Sion en Juda. Die Here gaan na Sion terugkom en sy verbond
bevestig. Daar sal voorspoed wees. Die volk moet net moed hou. Die vasdae waaroor daar
onsekerheid is, sal feestelike byeenkomste word. Selfs ander volke sal die Here kom raadpleeg.
Die boek Sagaria het twee groot fokus punte: `n stel van 8 naggesigte en die antwoorde daarop
in 7-8.
Die gesigte is bestrooi met ryk en bisarre beelde wat verduidelik word deur `n interpreteerende
engel. Dieselfde as die visieoene van Esegieel. Daar is sekere gesiget wat moeilik verklaarbar is
(Die gesigte is: 1,5,8)en dit word toe gesê aan die feit van redaksie en tekstuele weglatings oor
die eeue. Hierdie gesigte is in `n chiastiese patroon gegroepeer dat die werk van Joshua en
Zerrubalel in die middel geplaas is, wat omring word deur die geparde konsentriese raamwerk
van Jerusalem/Juda wat beskerm word deur die nasies, en die oplossing van die bose. Verder
word die struktuur omring deur die perderuiters en die perdekarre.
Die visioen sekwensie word vooraf gegaan deur `n roeping to gehoorsaamheid. Al het die volk uit
die ballingskap teruggekeer, was sonde nog ’n werklikheid. Die gevaar was steeds daar dat hulle
weer soos hulle vaders sou maak en van God en sy opdragte vergeet. In vers 3 word die kern
van Sagaria se oproep saamgevat. Die volk moes weer tot God terugkeer, anders sou Hy van
hulle wyk. Ook kom die opdrag om Zerubabel as Koning te kroon, en Joshua as hoëpriester.
Elk van die drie pasasies wat handel oor die leiers is as hulle alleen gelees word onsinnig, maar
as hulle saam gelees word maak hulle sin en word dit duidelik dat daar gepraat word van
Zerubabel wat die tempel sal herbou. Ook sal Joshua as hoëpriester saam met Zerubabel werk.
Hierdie oorentoesiasme is moontlik toeskryfbaar aan die gevoel en die teologie van Sagaria dat
die Dawidiese koningslyn weer hervestig sal word. Maar die Persiese ryk het stanvastig gebly en
Zerubabel het uit die prentjie verdwyn.
Toe mense van Betel vir Sagaria gevra het oor die vas dae mbt die tempel, het hy die oomblik
goed benut en hulle laat weet dat hulle selfug God nie aanstaan nie. Hy antwoord hulle dan ook
dat die vasdae vervang word met feesdae. Dan volg `n orakel van `n groot gejuig en die nasies
sal almal terug keer na Jerusalem toe.

Sagaria 1-8 is `n verweefde redaktiese werk wat goed speel met die sosiale gebeure van 520-
518 in `n wyer paradigma van Joodse getrouheid en verwagtings, wat alles te doen het met die
algemene gevoel in die post-eksiliese tydperk. Die redaksie kyk na die “vaders” en die “vorige
profet” en die “sewentig jaar bannng”, die samekoms van die volk, die heropbou van die tempel,
die vooruitgang van die volk, en die geroesemoes onderdie volke. Die temporale standpunt in die
profisie skuif tussen die eksiliese tyd en die heropbou. Die hele ding gaan oor die sekwensie van
goed wat moet gebeur, “exile”, “repentance”, “restoration”, “doing justice”, en die “conversion” van
die volke. Dit is egter nog `n proses in proses van gebeur.
Dus, die feit dat die mislukking van Zerubabel net halfhartig opge”cover”is en die voortgang van
die Dawidiese konings misluk het is net deel van die groter prent van YHWH se bemoeienis met
sy volk.
2. Aard en Teologie
Met betrekking tot die ard en teologie is daar seker hooftemas in die boek wat uitgelig kan word:
 God se oordeel
God was kwaad vir sy volk omdat hulle nie na sy profete geluister het nie en Hy was besorg dat
hulle dalk na verkeerde leiding sou luister. Ongehoorsaamheid was die wortel van hulle
probleme.
 Bekering
Iemand wat nie bereid is om sy eie lewe te beoordeel en om dan reg te stel wat verkeerd is nie,
kan hom nie op God se nabyheid en genade beroep nie. Die volk moes hulle tot God bekeer en
dan sou Hy hulle weer genadig wees.
 Herbou die tempel
Die volk was moedeloos omdat dinge nie verloop het soos wat hulle dit verwag het nie. Sagaria
beklemtoon dat hulle God se werk moet vooropstel deur die werk aan die tempel met alle ywer te
hervat. Hy sou hulle daarin beskerm.
 Die koning kom
Sagaria het beklemtoon dat God in beheer van die geskiedenis is en dat die geskiedenis afstuur
op die koms van die dag van die Here, wanneer die Koning finaal sal kom, sy koninkryk sal oprig,
sy vyande sal verslaan en oor die hele wêreld sal regeer. So sal alles onder sy beheer wees.

As mens hierdie neem as riglyne is sit moontlik om die volgende te sê oor die teologie van
Sagaria.
JHWH se liefde vir sy volk het oorwin! Alhoewel hy kwaad was vir hulle het hy hulle beste
belange nogsteeds in gedagete gehad, te alle tye. Hy gaan hom opnuut wend tot sy volk en vir
hulle nog `n kans gee. Dit is amper soos iets uit die “Cronicals of Narnia”. Satan kla vir die
hoëpriester aan maar YHWH kom in die midde om die satan regtesien. So word die volk se
sondes vergewe en enige verdere praat oor die saak is oorbodig.
Dit bring mens by vertroue. Ai, `n probleem van altyd af. Die volk moes neteen ding doen, dan
sou God goed vir hulle egsorg het, hulle moes net in hom vertrou. Maar diis bietjie moeiliker gesê
as gedaan. Daarom moet die volk hulle-self bekeer tot God en van hulle on vertroue afwyk en
dan sal God hulle eer beskerm.

Is Sagaria Apokaliptiese literatuur?


Profetiese literatuur word amper altyd gesien as Apokalipteis. Apokaliptieke literatuur het amper
altyd `n interpreteerder in die narratief wat die profeet bystaan met die verstaan van die
gebeuere. Hierdie literatuur gebruik ryklik van simbole en simboliese taal. Dit gebruik ook baie
buite Bybelse taal en literatuur.
So, ja, ek dink dat Sagaria apokalipties is van aard.

`n Gerealiseerde eskatologie in Sagaria


Sagaria het `n gerealiseerde eskatologie. Die verwagtinge van die eindtyd ward in die hede
gerealiseer. Dit word `n werklikheid in die hede. Ongekende heil gaan aanbreek met die bou en
voltooing van die tempel. Serubabel en Joshua word gesien as die bemiddelaars van hierdie
onmiddelike heil wat gaan aanbreek. Sagaria sien dat Zerubabel die regeerder van die hele
wêreld gaan wees met Joshua as mede regeerder.
Maar die woorde van die profeet het onvervuld gebly, wat nuwe frustrasie stot gevolg gehad het.
Hulle het geglo dat YHWH sy heil sou vervul, maar in hule tyd. Dit wys mens, God speel nie in
ons tydsverwagting nie, hy weet wanner die regte tyd vir die regte ding is!!

3. Bietjie oor die derde naggesig


Derde gesig: Jerusalem met ’n meetsnoer gemeet.
2 EN ek het my oë opgehef en gekyk—daar was ’n man met ’n meetsnoer in sy hand.
2
Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy
breedte en wat sy lengte is.
3
En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en ’n ander engel het te
voorskyn gekom, hom tegemoet,
4
aan wie hy sê: Loop gou, spreek met die jongman en sê: Jerusalem sal lê soos ’n oop land
weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
5
En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ’n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-
in.
6
Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die Here! Want Ek het julle na die vier windstreke van die
hemel verstrooi, spreek die Here.
7
Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!
8
Want so sê die Here van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies
wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sý oogappel aan.
9
Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle ’n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle
weet dat die Here van die leërskare my gestuur het.
10
Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die
Here.
11
En baie nasies sal hulle in dié dag by die Here aansluit, en hulle sal My tot ’n volk wees; en Ek
sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na jou gestuur het.
12
En die Here sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer
verkies.
13
Swyg alle vlees voor die Here! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.

2:1-13. Die derde gesig: die man met die maatlyn.


1–2: Sagaria sien ’n jong man met ’n maatlyn wat Jerusalem wou gaan uitmeet. Dit is hierdie keer
nie ’n engel soos in die vorige gesigte nie, maar ’n gewone man wat sonder opdrag van die Here
wou vasstel wat die grootte van Jerusalem moet wees. Die bepaling van die grootte van
Jerusalem moet gesien word in die lig van ’n verwagte terugvloei van ’n groot aantal ballinge uit
die lande van die verstrooiing. Die vernietiging van dié nasies wat vir Juda met soveel geweld
verstrooi het , soos uitgebeeld in die tweede gesig, stel so ’n terugkeer in die vooruitsig. Daarvoor
moet voorsiening gemaak word. Die man met die maatlyn tree dus kragtens die Goddelike belofte
op. Die belofte van ’n groot inwonertal kom ook in Jesaja 49:19 voor.

3-4: Die uitmeet van Jerusalem deur die jong man impliseer egter dat hy vir die stad grense wil
stel, maar die Here se ontferming oor Jerusalem is so groot dat dit sy vrye loop moet neem.

5: Die Here se magtige teenwoordigheid kan nie ingeperk word nie. Dit ken geen grense nie. Die
beeld word ook gebruik dat die Here self ’n muur van vuur rondom Jerusalem sal wees. Hy self
sal met al sy heerlikheid daarin woon. Soos die nasies niks teen die Here kan uitrig nie (tweede
gesig), so lê die beskerming van sy stad, Jerusalem, in sy hand en nié in menslike maatreëls nie.

In 6–9 gaan dit oor die ballinge wat hulle nog in die lande van die verstrooiing bevind het en die
nasies deur wie die volk van die Here weggevoer is. Die belofte dat die Here teen dié nasies sal
optree, kom ook sterk na vore. Dit sluit aan by die gedagte waarop in 1–5 gesinspeel word,
naamlik dat Jerusalem voorberei moet word vir die groot terugkeer van die ballinge. Die
bedreiging van die nasies deur die Here sluit weer aan by die tweede gesig. Dié twee gedagtes
gaan dus hand aan hand: die terugkeer van die ballinge en beveiliging van Jerusalem enersyds,
en die optrede teen die nasies andersyds. Die een sluit die ander nie uit nie.

6-7: As die ballinge hier opgeroep word om uit die noordland, dit is Babel, pad te gee, kan ons
aanvaar dat daar terselfdertyd gedink word aan hulle terugkeer na Jerusalem toe, die plek wat
die Here weer sy woonplek gaan maak. Alhoewel Babel nie streng noord van Palestina gelê het
nie, was die roete waardeur dit van Palestina af bereik kon word, noordwaarts deur Sirië. Die vier
windstreke dui daarop dat die ballinge hulle in alle rigtings bevind het en nie net in Babel nie.

8–9: Die profeet se woorde “Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat die Here die Almagtige my
gestuur het”, gee uitdrukking aan die vaste oortuiging wat by Sagaria geheers het dat hierdie
profesie gewis in vervulling sou gaan . Soos ons later sal sien, sou dit volgens hom ook baie gou
gebeur

10–13 gaan oor die volk wat reeds teruggekeer het, teenoor 6–9 wat die volk nog in die
verstrooiing teken.
10: Die volk het waarlik rede om te juig, want die Here gaan weer in Sion woon. Daarom word
hulle opgeroep tot vrolikheid. Die koningskap van die Here in Sion dien dikwels as motivering vir
die volk om vrolik te wees.

11: Die terugkeer van die Here na sy troon in Jerusalem is die teken vir baie nasies om die Here
as hulle God te erken. Hulle sal my volk wees is woorde wat uit ’n verbondskonteks kom. Dit
beteken dat ook hierdie nasies sal moet voldoen aan die Goddelike eis van gehoorsaamheid en
getrouheid. Sagaria beweeg hier na ’n universele siening van die komende heil. Dit is nie meer
net die uitverkore volk van ouds wat die onderwerp van God se heil sal wees nie, maar ook baie
nasies. Hulle sal dan ook deel van God se volk wees. Hierdie gedagte kom verder in die boek al
sterker na vore.

12: Die hoofsaak van wat reeds in 10 en 11 gesê is, word weer bevestig en beklemtoon. Die volk
van Juda behoort nog steeds aan die Here ten spyte van hulle voorvaders se ontrou!. Jerusalem
sal die hoofstad van die komende Godsryk wees. Omdat die Here in Jerusalem sal woon, word
dit as heilige grond beskrywe. Dit is waar Hy weer vir Juda in besit sal neem. Ondanks baie
nasies wat die Here as hulle God sal erken, bly Juda steeds die volk wat Hom toekom. Die
Godsryk is as ’t ware reeds aan die kom.

13: Die koms van die Here, wat in 10 aangekondig is, is hier aan die gebeur. Hy kom uit sy
heilige woning te voorskyn om sy heerskappy in die nuwe Jerusalem te bevestig.

Hierdie gedeelte is eintlik baie spesiaal. In vers 4-5 word gepraat van die muurloosheid van
Jerusalem, iets wat `n nuwe idee was. Al Sagaria se tydgenote het gepraat van die bou en die
noodsaak vir `n muur, maar nie Sagaria nie. Sagaria sien die toekoms van Jerusalem as
metropolitaans en wyd, waar God se teenwoordigheid nie net in `n vasgestelde plek sal wees nie,
maar oral waar sy mense is. Dit is die kerk se grootste bate, God se alomteenwoordigheid. Dit is
“amazing”
GEVOLGTREKKING
Dit gebeur meermale dat ’n mens baie moedeloos kan word, dat jou omstandighede jou so druk
dat jy alle uitsig op die toekoms verloor. Dit was na mense wat so gevoel het dat die profeet
Sagaria, soos sy tydgenoot Haggai, gestuur is.
Die mense wat uit die ballingskap teruggekeer het, het baie mooi verwagtinge gehad oor hoe
dinge vir hulle sal uitwerk terug in hulle eie land. Soos dikwels gebeur, ook met mense in ons tyd,
werk dinge nie altyd uit soos ’n mens verwag nie. Daar was armoede, swak oeste, teenstand van
vyande, onderlinge geskille tussen mense en groepe en geestelike verval. Die teleurstellings wat
die mense in Jerusalem en omstreke beleef het na hulle terugkeer, het hulle moedeloos en
kragteloos gemaak.
Sagaria moes saam met Haggai die mense aanmoedig om weer te begin met die werk, veral die
werk aan die herbou van die tempel.
In die boek word verskeie datums aangetref, waarvan die eerste in 520 vC val en die laaste in
518 vC. Sagaria se boodskap gaan baie wyer as net die herbou van die tempel. Die herbou van
die tempel is maar net die eerste toneel in die drama wat hom verder in die toekoms sou afspeel
en wat ’n besondere vervulling gekry het met die koms van Christus na die wêreld.
In hierdie boek kom daar ’n besondere boodskap van troos tot die gelowige van vandag. Dit is
baie maklik om moedeloos te raak en om dan jou werk in God se diens te verwaarloos. Deur
hierdie boek word ons bemoedig om ons daaglikse werk met ywer aan te pak, met die sekerheid
dat God in beheer is en dat die toekoms in sy hande veilig is. Die gelowige moet altyd onthou dat
God met hierdie wêreld op pad is na die eindpunt wat Hy bepaal het—en wie Sagaria lees, word
op hierdie pad van God bemoedig. Ons weet nie wat presies in die toekoms gaan gebeur nie,
maar God weet presies. Dit is hierdie sekerheid wat die boek Sagaria ons bied.
BRONNELYS
1. van Zyl, A. (1997, c1993). Die Bybel verklaar Kaapstad: Lux Verbi.
2. Bybelse ensiklopedie. 1998, c1977. Uit Nederlands vertaal.;2de hers. uitg.
Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitg.
3. Van Wil Vosloo, a. V. R. F. J. (1997, c1993). Die Bybel in Praktyk (Nuwe
Vertaling) (Zec 1:1-8:20). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.
4. Swanepoel, F. (1997, c1994). Die Wonder van die Bybel. Wellington: Hugenote-
Uitgewers.
5. Gottwald, N K (1989). The Hebrew Bible: Asisio-Literary introduction. Fortress
Publishing
6. Watts D W (1984). Word Biblical Commentary-Micah-Malachi. Word books
publishing
7. le Roux et al, (1987). Tweegesprek met God. Tafelberg uitgewers
8. le Roux, (2006) Klasnotas
9. Van der Watt et al, (2003). CUM

You might also like