Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 7

Inleiding

Na die 1994 verkiesing was die bevolking van Suid-Afrika ‘n nuutgebore nasie. Ons was
die “Rainbow Nation” wat onder die charasmatiese ANC leier, Nelson Mandela, ‘n nuwe
toekoms moes ingaan. ‘n Toekoms sonder haat, venyn, agterdog, agterbaksheid en
kwaad teenoor mekaar. Maar om daar uit te kom was ‘n proses, en hierdie proses was
noodgedwonge pynlik. Die hele oorgang van die ou na die nuwe Suid-Afrika kan
vergelyk word met ‘n geboorte en swangerskap. Met betrekking tot ander lande wat deur
dieselfde proses gegaan het kan ons egter tussen twee moontlikhede, wat al beproef was,
gekies het.

1. ‘n Aborsie, soos die Neurembergse verhore, waar ‘n formele verhoor gehou is en


waar almal swaar vonnise gekry het. Dit sou miskien die pyn van ‘n geboorte
gespaar het, maar die pyn van die verhore en vonnise bly nogsteeds agter en sal
altyd by die mense van Suid-Afrika bly spook het, en ‘n nuwe Suid-Afrika sou net
‘n illusie gebly het.
2. Kan ‘n aanneming gekies word, soos Namibië, Zambië en Zimbabwe, waar alles
net vergeet is? ‘n Nuwe kind of land is gebore, maar daarmee is net van al die
pynlike dinge vergeet en die kind is weggegee. Waar is die nuwe land dan nou
heen? Die kind en die sondes van die vaders sal bly spook by die landsburgers as
daar nie ‘n proses van heelmaking en aanvaarding gedoen word nie.

Met Nelson Mandela se vrylating in 1990 het Suid-Afrika se swangerskap begin. Dit was
‘n tyd van afwagting en vreugde, maar ook bekommernis. Met die aanbreek van die
1994 verkiesing het die water gebreek. Dit sou lei na die geboorte; die Waarheids en
Versoenings Kommisie. Hier sou alle skendings en pynlikke ervarings op die lappe
gebring word. Dit sou ‘n baie pynlike geboorte wees en almal het dit geweet. Maar in
almal se agterkoppe het die uiteinde van hierdie proses gebly. Na die geboorte ‘n kind;
‘n nuwe toekoms vir Suid-Afrika.

Met hierdie nuwe toekoms berus daar ‘n onus op almal in ons land. Ons het ‘n
verantwoordelikheid ten opsigte van die land en ons kinders om die foute van ons vaders
nie te herhaal nie. Dit is ‘n Christelike en God gegewe verantwoordelikheid en dit moet
uit dankbaarheid gebeur. Dankbaarheid aan God omdat Hy vir Suid-Afrika ‘n nuwe
vredevolle begin gegee het.
Was die WVK suksesvol in hulle opgelegde taak?

Die WVK was `n kommunikasie operasie, daargestel om kommunikasie te forseer waar


daar nie was nie. Dit was van uiterste belang, want anders sou daar heelwaarskynlik in
Suid-Afrika se kookpot ‘n burgeroorlog gebroei het. Daarom is die WVK as proses
ingestel in die plek van ‘n burgeroorlog. Met ons kon dieselfde gebeur het as wat tans in
Sudan en die destydse Somalië gebeur het. Daar kon burgeroorlog uitgebreek het en
massa-slagtings kon aan die orde van die dag gewees het.
Maar Suid-Afrika kies om die griewe van die verlede uit te praat. Dit sit nie in almal se
broek om sommer so om vergifnis te vra of om net so hulle storie te vertel nie. Juis oor
die geskiedkundige gebeurtenis het Suid-Afrika soveel internasionale media
belangstelling gekry.

Tot vandag toe nog sit ons nog nie met ‘n burger oorlog nie en ons kripeer nog nie van
hongersnood nie. So ek sou sê dat die WVK in ‘n mate suksesvol was. Hulle was
suksesvol daarin om kommunikasie te laat geskied tussen twee vyandig-gesinde groepe;
dit was al klaar ‘n reuse stap. Maar soos in alles wat met mense gepaard gaan was daar
foute en dinge wat anders gedoen kon word. Daar was foute soos eensydigheid, waar net
een groep se lyding beklemtoon is. Daar was twee groepe en albei het vuil gespeel.
Maar ja, die WVK was suksesvol daarin om die griewe te lig en om kommunikasie daar
te stel, en dit het op die ou einde gelei na ‘n beter Suid-Afrika. Daarsonder sou die Nuwe
Suid-Afrika nie as kind van ‘n nuwe era gebore kon word nie.
Getuienis wat my die meeste geraak het

Die getuienis wat my die meeste geraak het was die van die gesin wat op vriende se plaas
gaan kuier het en toe oor ‘n landmyn gery het. Die man en sy een dogter is al wie oorleef
het. Na die ontploffing het die man sy bewussyn herwin en uit geklim en gekyk wie
almal oorleef het. Sy vrou was aan die brand en haar bene was nie meer daar nie. Die
reuk van gebrande hare het die plek vol gehang. Hy het toe na sy dogters begin soek. Hy
het hulle altwee se swart gebrande lyke op die grond daar naby gekry. Hy het toe sy seun
uit die bosse sien stap en dié was op die oog af ongedeerd. Later sou die pa gedeeltes van
sy seun se harsings optel in die kar en dit het hy toe later gaan begrawe. Sy een dogter
het darem ook sonder ‘n krap uit die motor kon klim. Die seuntjie is egter na sewe
maande oorlede as gevolg van breinskade. Die pa en sy dogter sukkel nou nog om ‘n
normale bestaan te voer. Hy het sy plaas verloor en is gesekwestreer. Sy dogter skrik nou
nog in die aande wakker en hulle albei ly aan post-traumatiese stres. Hulle is alleen.
Hulle weet nie wie daarvoor verantwoordelik is dat hulle lewens verwoes is nie en ook
nie waarom hulle dit gedoen het nie.

Hierdie is die aangrypendste getuienis vir my, want hierin word die onreg gesien wat aan
onskuldige mense gedoen word. Hierdie gesin het niks te doen gehad met die geweld in
die land nie, en tog het hulle slagoffers daarvan geword. Hulle het ‘n plaas naby
Nelspruit besit waar die meerderheid van die werkers swart was. Hulle het goed
omgesien na hulle werkers en die werkers het dit beaam. Hy het homself nooit aan mense
vergryp nie, maar sy gesin moes verwoes word vir geen rede. Dit is onregverdig dat ‘n
spogplaas tot niet moes gaan omdat die man nie die dood van sy gesin kon verwerk nie.
Die skoolkinders in Soweto, waarvan Hector Peterson een was, het die polisie eerste met
klippe bestook. Geweld is toe met geweld beantwoord. Waar het die gesin ooit iewers
geweld teen ‘n ander gepleeg? Mense wat in die galgkamer gehang is het hulle daaraan
verskuldig dat hulle iemand anders se lewe geneem het. Wie se lewe het die man se
dooie gesinslede geneem? Waarom moes hulle sterf? Het hierdie man se gesin hulle
dood verdien? Het die man en sy dogter dit verdien om deur so ‘n lyding gesit te word?
Het die seuntjie dit verdien om vir sewe maande te ly?
Ek weet, elke storie het drie kante. My kant, jou kant en die regte kant. Maar is
onregverdigheid as terugbetaling vir regverdigheid enigsins regverdig? Kan onskuldige
bloed van die skuldige se hande af gewas word?

Beoordeling van die rol van die kerk in die proses

Alhoewel ek nie een maal die Hervormde Kerk se naam in die boek raak gelees het nie,
het die Afrikaanse kerke tog ‘n belangrike rol gehad om te speel in die versoenings
proses. Hulle het die rol gehad om as voorbeeld op te tree vir hulle gemeente lede. Hulle
moes die skuld aanvaar vir die feit dat hulle al die jare apartheid goed gepraat het of dat
hulle gemaak het of hulle nie die verkeerde dinge wat om hulle aangaan sien nie. Hulle,
en ons was skuldig aan onwetendheid en aan versuim om iets te doen.
Die kerke moes ook die bedienaars wees om die woord opnuut uit te dra aan almal wat
dit toe so broodnodig gehad het. Hulle moet nou ‘n boodskap van versoening en
vergewing verkondig.
Die Afrikaner volk was nog altyd sterk gebonde aan hulle kerk. Hulle kerk was hulle
identiteit. Daarom was dit van groot belang dat die kerke die proses moes mee maak.
Hulle moes dien as voorlopers vir hulle gemeentes. Hulle moes dien as voorbeeld van
hoe om te leef in herdie veranderende situasie.
So, dit wil sê dat die kerke van integrale belang was vir die versoenings proses. Hulle
moes leiers word na wie die gemeentelede kon opsien en wie se Bybelse voorbeeld ons
graag sal wil volg. Hulle moet ons lei deur hulle voorbeeld om die regte keuses te maak
in die toekoms.
Watter bydra kan ons as Christene in ons land tov
versoening lewer?

Ons is almal gelowiges wat glo in die LIEFDEVOLLE God van vergewing. Ons moet dit
dan ook so uitleef. Ons keuses wat ons in die alledaagse lewe maak moet altyd gemeet
word aan die woord van God.
Ons moet leef as ‘n voorbeeld en ons moet Jesus se voorbeeld altyd nastreef. Met Jesus
se voorbeeld van liefde, vergewing, aanvaarding en nederigheid altyd in ons agterkoppe
moet ons probeer om in ons alledaagse lewe soos Hy te probeer leef.

Ons kan twee insidente in die Nuwe Testament oproep wat ons wys van hoe ons moet
optree met mense van of ander rasse of van ‘n ander agtergrond as ons.

Die eerste insident is die verhaal van die Barmhartige Samaritaan. ‘n Goeie voorbeeld
van ‘n interpretasie van hierdie eeue oue verhaal is die verwerking van Prof. Hennie
Stander. Die barmhartige samaritaan se karakter word uitgebeeld in hierdie verwerking
as ‘n taxi bestuurder wat verby ‘n AWB lid ry wat aangeval is en gelos is vir die dood, en
hom inniglik jammer kry.

Die tweede insident is die verhaal van die owerspelige vrou. Hier moet ons die woorde
van Jesus duidelik onthou: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het eerste ‘n klip
op haar gooi.”

In die saak van die ou Suid-Afrika is ons almal ewe skuldig, hetsy dit aan moord,
verkragtings of ongeregthede te ontsien. Ons is almal skuldig, ongeag ons ras of geloof.
Ons moet Jesus se voorbeeld volg deur nie te oordeel as ons self skuldig is nie.

Met die wete dat al ons sondes met die kruisdood van Jesus vergewe is moet ons mekaar
nou vergewe. Dit is ons grootse struikelblok en sal ons grootste oorwinning wees.
MIS 254
SENDINGPRAXIS
Prof Piet Meiring
Die WVK

Ad Astra Per Astra

Marna Venter
23150492

You might also like