Professional Documents
Culture Documents
Antonieme, Sinonieme, Homonieme, Homofone
Antonieme, Sinonieme, Homonieme, Homofone
SINONIEME
’N SINONIEM is ’n woord wat dieselfde—of byna-byna dieselfde—betekenis as
’n ander woord het. Die woorde kwaliteit en gehalte is byvoorbeeld sinonieme,
ook historikus en geskiedkundige. Hulle beteken eintlik maar presies
dieselfde. Daarteenoor is daar ’n duidelike gevoelsverskil sover
dit doodgaan en ontslaap aangaan, maar hulle is eweneens sinonieme.
HOMONIEME
’N HOMONIEM is ’n woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ’n
ander woord—maar ’n heeltemal ander betekenis en oorsprong het,
byvoorbeeld vertrek (kamer) en vertrek (weggaan).
Ander voorbeelde:
• as (dit wat oorbly as iets verbrand het), as (van ’n motor), as (as dit so
is.=.indien dit so is)
• brak (hond), brak (souterig)
• by (insek wat heuning maak), by (in die nabyheid)
• eg (nie vals nie), eg (plaaswerktuig), eg (huwelik)
• geld (betaalmiddel), geld (van toepassing wees op, byvoorbeeld “dit geld
nie vir jou nie”)
• graaf (waarmee ’n mens spit), graaf (edelman)
• kan (in staat wees), kan (waarin die koffie is)
• kant (uiterste rand), kant (fyn weefsel)
• kap (wat jy met hout kan doen), kap (deksel oor die masjien van ’n motor)
• ken (’n deel van die gesig), ken (weet van)
• kies (opening tussen die tandvleis en die wang), kies (’n keuse doen)
• kom (skottel), kom (iets of iemand nader)
• leer (toestel met sporte waarteen jy kan opklim), leer (godsdienstige
stelsel, soos in “die leer van Christus”), leer (die gelooide of gebreide vel van
diere)
• lewer (orgaan in die liggaam), lewer (verskaf)
• maat (afmeting), maat (kameraad)
• meer (in groter hoeveelheid), meer (groot binnelandse watermassa)
• noot (musiekgeluid), noot (papiergeld)
• roer (beweeg), roer (ou woord vir ’n geweer)
• rys (graansoort), rys (styg)
• staaf (blok van metaal of ’n ander materiaal), staaf (bevestig)
• steel (handvatsel van byvoorbeeld ’n besem, byl of hamer), steel (diefstal
pleeg)
• tog (’n reis), tog (soos in “kom tog nou”)
• vas (nie los nie), vas (sonder kos bly)
• voor (waarin die water loop), voor (nie agter nie)
HOMOFONE
’N HOMOFOON is ’n woord wat dieselfde klink as ’n ander woord, maar
anders gespel word en ook ’n ander betekenis het,
byvoorbeeld fee (sprokiesfiguur) en vee (skape en beeste), of blyk (soos ’n
blyk van waardering) en bleik (wit laat word soos, sê maar, wasgoed).
Nog voorbeelde:
• boordjie (die boonste deel van die nek van ’n hemp), boortjie (’n
werktuigie waarmee jy al draaiende ’n gaatjie kan maak)
• boud (agterste, dik liggaamsdeel), bout (dit word met ’n moer vasgedraai)
• brei (doen dit met velle of ’n sportspan), bry (die klank “r” met die
kleintongetjie uitspreek)
• end (die einde), ent (die loot van een boom in die spleet van ’n ander
bevestig; ook ’n stuk van ’n pad)
• faal (misluk), vaal (vervelend, vuilwit, bleekgeel, gryserig of bleekbruin)
• fel (hewig, byvoorbeeld soos die son kan neerbak), vel (huid van mense of
diere; ook omkap, soos in “bome word gevel”; ook regterlik beslis, soos in
“die vonnis word gevel”)
• fier (vol regmatige trots), vier (feestelik deurbring; ook een minder as vyf)
• fonds (geld wat vir ’n bepaalde doel byeengebring word), vonds (iets wat
gevind is)
• lood (metaal), loot (jong tak van ’n plant; ook deur die lot aanwys)
• peil (diepte of hoogte van iets vasstel), pyl (wat met ’n boog afgeskiet
word; ook soos in “iemand pyl op iets af”)
• ryk (welgesteld en vermoënd), reik (jou hand uitstrek tot, soos in “reik na
die sterre”)
• seine (tekens), syne (behoort aan hom)
• skud (heftig heen en weer of op en af ruk), skut (iemand wat skiet; ook ’n
plek waar verloopte vee gehou word)
• steil (baie skuins op en af, miskien soos ’n bergpad), styl (van ’n skrywer;
ook van hare)
• vly (jou saggies en gerieflik neerlê), vlei (moerassige laagte; ook iemand
heuning om die mond smeer)
• wei (gras vreet, soos die beeste op die veld), wy (skenk, soos in “wy jou
aandag aan hierdie saak”)
So is daar
[] woorde waarvan die trappe met verskillende woorde gevorm word,
byvoorbeeld baie, meer, meeste;
[] in bepaalde gevalle is daar in die vergrotende trap ’n vermindering van die
getal geskrewe klinkers van woorde met lank uitgesproke vokale klanke,
byvoorbeeld broos, broser, broosste of vaal, valer, vaalste;
[] daar is twee s’e in die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op
-s eindig, byvoorbeeld broos, broser, broosste of skaars, skaarser, skaarsste;
[] dan is daar die reël dat meer en mees nooit gebruik word om die
vergrotende en oortreffende trap van eenlettergrepige woorde te vorm nie,
maar altyd -er en -ste, byvoorbeeld skaars, skaarser, skaarsste (maar let
op nat, natter , natste);
[] en let ook daarop dat langer byvoeglike naamwoorde se vergrotende en
oortreffende trap nie noodwendig deur meer en mees gevorm word nie, soos
by doeltreffend, doeltreffender, doeltreffendste.
Daar word aanbeveel dat die leerder hom of haar van enige verdere reëls sal
vergewis wat vir die trappe van vergelyking in Afrikaans geld.
• aaklig, aakliger, aakligste
• baie, meer, meeste
• bietjie, minder, minste
• boos, boser, boosste
• breed, breër, breedste
• doeltreffend, doeltreffender, doeltreffendste
• donker, donkerder, donkerste
• fris, frisser, frisste
• gaaf, gawer, gaafste
• gaar, gaarder, gaarste
• geel, geler, geelste
• goed, beter, beste
• graag, liewer, graagste
• jonk, jonger, jongste
• kwaad, kwater, kwaadste
• kwaai, kwaaier, kwaaiste
• lank, langer, langste
• laag, laer, laagste
• leeg, leër, leegste
• liefdevol, liefdevoller, liefdevolste
• lig, ligter, ligste
• loslippig, loslippiger, loslippigste
• moeg, moeër, moegste
• morsig, morsiger, morsigste
• ontstellend, ontstellender, ontstellendste
• oud, ouer, oudste
• presies, presieser, presiesste
• romantiese, romantieser, romantiesste (of meer romantiese, die mees
romantiese)
• ruig, ruier, ruigste
• sag, sagter, sagste
• snelbewegende of snel bewegende, meer snelbewegende of meer snel
bewegende, die mees snelbewegende of die mees snel bewegende of die snels
bewegende (nie die snel bewegendste nie)
• tevrede, meer tevrede, die mees tevrede
• vaag, vaer, vaagste
• verlate, meer verlate, die mees verlate
• verleë, meer verleë, die mees verleë
• vroeg, vroeër, vroegste
• vrygewig, vrygewiger, vrygewigste
• weinig, minder, minste
Let wel: Byvoeglike naamwoorde soos dood, enig, uniek, volmaak, volkome en
’n paar ander kry normaalweg geen vergrotende en oortreffende trap nie. Moet
dus nie sommer sulke trappe probeer skep wanneer jy praat of skryf nie, want
tien teen een gaan jy iets belagliks kwytraak soos: “Hierdie voël is dood, maar
daardie een is die doodste van die twee.” (Dit sluit weliswaar nie die moontlikheid uit
dat byvoorbeeld kundige skrywers wel sulke versterkings kan gebruik
nie: “Hoe kan jy sê daardie meisie is nie perfek nie?” vra Piet onthuts. Dan vervolg hy sonder
om hom aan die taalreël te steur dat die woord volmaak nie vergrotend of oortreffend verbuig
behoort te word nie: “Man, ek sê nou vir jou daar is hoegenaamd niemand wat volmaakter is
as sy nie. Trouens, sy is die volmaakste vrou in die heelal, kan jy dit dan nie sien nie?”)
INTENSIEWE ADJEKTIEWE
Lys van 101 byvoeglike naamwoorde
in die versterkende graad
beeldskoon veerlig
silwerskoon morsdood
blitsvinnig papdronk
bloedjonk smoordronk
bloedmin papnat
bloedweinig sopnat
bloedrooi murgsag
borriegeel satynsag
goudgeel peperduur
bottoe perdfris
brandarm pikdonker
brandmaer stikdonker
broodnodig pikswart
dolleeg poedelnakend
dolgraag prentjiemooi
doodeerlik propvol
doodbang reëlreguit
doodernstig rietskraal
doodgewoon stampvol
doodmaklik seepglad
doodmoeg skitterblink
doodnugter skotvry
doodseker snikheet
doodsiek sielsgelukkig
doodstil skatryk
botstil skreeulelik
muisstil hondlelik
tjoepstil smoorverlief
doodtevrede smoorkwaad
doodswak spekvet
galbitter moddervet
grasgroen spierwit
haarfyn melkwit
piekfyn splinternuut
ragfyn spotgoedkoop
hemelhoog springlewendig
hemelsblou stokdoof
potblou potdoof
hondmak stapelgek
houtgerus stokflou
kersregop stokoud
kiertsregop stoksielalleen
penregop vingeralleen
penorent moedersielalleen
horingdroog suikersoet
kurkdroog stroopsoet
horingoud trommeldik
klinkklaar vreksuinig
kliphard wawyd (wawyd oop,
koeëlrond wawyd wakker)
loodswaar yskoud
MANLIK EN VROULIK
Verskillende woorde afhangende
van die mens of dier se geslag
Let wel: Die neiging is tans om, waar moontlik, alle indrukke van seksisme te vermy. Gevolglik
sal die manlike vorm van die woord baiemaal ook vir vroue gebruik word, soos waar daar na
Helen Zille as die gewese burgemeester van Kaapstad verwys word (en nie die gewese
burgemeesteres nie). Ook die “redaktrises” van hedendaagse publikasies verkies baiemaal om
eenvoudig “redakteurs” genoem te word soos hul manlike eweknieë. Sekere
“onderwyseresse’’ en “lektrises’’ sou eweneens eerder “onderwysers’’ en “lektore’’ wil wees—
of desnoods die neutrale “leerkragte” en “dosente”.
akteur aktrise
bakker bakster
ballerino ballerina
balletdanser balletdanseres
bedelaar bedelares
bedrieër bedriegster
beer (vark) sog
beer (wilde dier) berin, beerwyfie
besoeker besoekster
bibliotekaris bibliotekaresse
broer suster
bruidegom bruid
bul koei
bulkalf verskalf
burgemeester burgemeesteres (maar die vrou van die burgemeester is die
burgemeestersvrou)
burger burgeres
buurman buurvrou
Christen Christin
danser danseres
dar (mannetjiesby) koninginby
dienaar dienares
direkteur direktrise
donateur donatrise
egbreker egbreekster
eggenoot eggenote
eienaar eienares
eksekuteur eksekutrise
gemaal gemalin
gewer geefster
god godin
haan hen
heer dame
herbergier herbergierster
hertog hertogin
hings merrie
hingsvul merrievul
inspekteur inspektrise
instrukteur instruktrise
Jood Jodin
keiser keiserin
kêrel nooi, meisie
kok kokkin
koker kookster
koning koningin
leeu(-mannetjie) leeuin, leeuwyfie
lektor lektrise
mannetjie wyfie
masseur masseuse
meerman meermin
meester meesteres
meneer mevrou, mejuffrou
minnaar minnares
monnik non
onderwyser onderwyseres
oom tante
oompie, omie tannie
orrelis orreliste
oujongkêrel oujongnooi
oupa ouma
oupagrootjie oumagrootjie
pa, vader ma, moeder
patriarg matriarg
pianis pianiste
president presidente
prins prinses
prinsipaal prinsipale
ram ooi
redakteur redaktrise
regent regentes
regisseur regisseuse
reun teef
sanger sangeres
seekoeibul seekoeikoei
sekretaris sekretaresse
seun meisie, dogter
seunskool meisieskool
skilder skilderes
skoonpa skoonma
skrywer skryfster
slaaf slavin
souffleur souffleuse
speler speelster
spreker spreekster
strooijonker strooimeisie
student studente (selde indien ooit nog só gebruik)
swaer skoonsuster
telefonis telefoniste
tikker tikster
towenaar heks, towenares
tsaar tsarina
verpleër verpleegster
versorger versorgster
voorsitter voorsitster
vors vorstin
waard waardin
waarsêer waarsegster
werker werkster
wewenaar weduwee
wolf wolvin
VERSAMELNAME
( of versamelwoorde )
’N VERSAMELNAAM is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge
van dieselfde soort aandui. Hier is ’n aantal voorbeelde van versamelname:
● Al die blare saam van ’n plant of plante staan bekend as die gebladerte
● Al die lidmate in een afgebakende gebied wat saam een kerk besoek, vorm
’n gemeente
● Al die ministers wat saam met die president aan die hoof van die regering
staan, vorm die kabinet
● Al die mense wat saam na iets kyk wat werklik voor hulle gebeur,
byvoorbeeld ’n straatgeveg, is toeskouers
● ’n Versameling koffers, pakkies en ander los dinge wat ’n reisiger met hom
saamneem, is sy bagasie
DIEREGELUIDE
● Leeus brul
● Olifante trompetter
● Kraaie krys
● Meeue krys
● Hane kraai
● Henne kekkel
● Henne kloek (wanneer hulle hul kuikens roep)
● Duiwe koer, kir of roekoek
● Honde blaf (maar hulle kan ook knor, grom of tjank)
● Katte miaau (of hulle spin wanneer hulle ’n brommende geluid maak)
● Muise piep
● Wolwe huil of tjank
● Jakkalse huil of tjank
● Hiënas lag
● Bokke blêr
● Skape blêr
● Beeste bulk of loei
● Bere grom
● Donkies balk
● Perde runnik
● Slange sis
● Voëls sing, fluit , kwetter, kwinkeleer of tierelier
● Kalkoene klok (Engels gobble)
● Uile roep (Engels hoot)
● Ganse snater (Engels gaggle)
● Eende kwaak
● Paddas kwaak
● Insekte gons
● Bye zoem
● Sonbesies sing
● En ’n maer vark skree!
VERSPREKINGS EN ONSINNIGHEDE
MENSE praat snaaks. Luister maar, iemand kan selfs oor die radio of op die
televisie iets kwytraak soos: “Daar is groot kommer oor die werkverliese wat
so afneem.”
Of dalk: “Geen onlangse foto’s is geneem wat toon hoe hierdie persoon as ’n
baba gelyk het nie.”
Of miskien het jy ook al gehoor van die vrolike weduwee wat almal eenmaal
hartlik verseker het: “Gee my net ’n paar jaar, ek weet ek sal binne weke ná my
man se dood weer ’n man kry.”