Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

RING VAN AMAJUBA

Posbus 8665 NEWCASTLE 2940 FAKS 086 777 0787 TEL. 034- 3184152

=====================================================================

VERKLARING DEUR DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE


RING VAN AMAJUBA IN SITTING TE NEWCASTLE OP 5 DESEMBER 2020

Predikante, kerkrade, lidmate en die gemeenskap

INSAKE PLAASMOORDE, GEWELD EN ANDER MISDAAD

As kerk en gelowiges is ons geskok oor die toename in geweld, misdaad en korrupsie op alle
vlakke van ons samelewing. In besonder vul die onlangse vlaag plaasaanvalle, terreur en
moorde op mense in ons landbougemeenskap ons met droefheid.

As gelowiges bely ons dat die Drie-Enige God vanweë die verdorwenheid van die menslike
geslag, owerhede aanstel met die doel om die losbandigheid van die mense in bedwang te
hou, sodat alles goed en ordelik kan verloop en die ryk van die Antichris sodoende vernietig
kan word, terwyl die koninkryk van Jesus Christus orals bevorder moet word (Romeine 13:1-
7, Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 36). Dit blyk dat die owerheid tans hierin faal.

Ons wil graag in opdrag van Romeine 13:5 en 7 onderdanig aan die owerhede wees en
belastings betaal. Dit is egter onaanvaarbaar dat landsburgers en belastingbetalers nie kan
staat maak op beskerming deur die staat nie. Dit is onaanvaarbaar dat politieke ideologië
soms die staat se hande bind om daadwerklik op te tree om plaasaanvalle, rassegeweld en
brutaliteit te beveg en te voorkom.
Dit is daarom betreurenswaardig dat mense moet vertrou op sekuriteitstelsels en geforseer
word om hulleself en ander met vuurwapens te beskerm.

Die ring van Amajuba roep alle predikante, kerkrade en lidmate op om kalm te bly en om in
opdrag van die Woord vir die owerhede, ons land en sy mense en vir medegelowiges te bid.
Ons roeping bly om die Evangelie van Jesus Christus, die Vredevors (Jesaja 9:5) te verkondig
en self vredemakers te wees (Mattheus 5:9). Geregtigheid is wesenlik vir die kerk en as profete
word ons geroep om alle vorme van korrupsie, misdaad, geweld, diskriminasie en armoede te
bestry. Die ring is daartoe verbind om lidmate pastoraal te versorg, om onsself te verootmoedig
voor die Here en om voortdurend te bid.

Quentin Groenewald
Skriba van die Ring van Amajuba

You might also like