Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Afrikaans Mondeling

1:Goeie more geagte leerders, onderwysers, Meneer Venter en gaste. Vandag gaan die een
van die mees suksesvolle mense in die wereld met julle praat. Elon Musk.

2: Mnr. Musk is in 1971 gebore, in Pretoria. As n kind, was hy vreeslik opgevang in


rekenaars, en hy het op 12 sy eerste sagteware verkoop, n speletjie met die naam Blastar.
Op 17, het Mnr. Musk Canada toe getrek om by Queen’s Universiteit te studeer, en Suid
Afrika se verpligte militere diens te vermy.

3: Toe hy 20 was, het Mnr. Musk America toe getrek om fisika en besigheid te studeer by die
Universiteit van Pennsylvania. Hy het gegradueer met n voorgraadse graad in fisika, en het
aangebly om n baccalaureus graad in besigheid te kry.

4: Nadat hy klaar studeer het in Pennsylvani, het Mnr. Musk Stanford Universiteit toe
gegaan om n Doktors graad te kry in energie fisika. Sy skuif daarntoe het toevallig in die
selfde tyd geval met die internet-oplewing, en hyt na twee dae Stanford verlaat. Mnr. Musk
het op 23 sy eerste maatskapy begin, die Zip2-corporation.

5: Vier jaar later het Mnr. Musk Zip2 verkoop, en met daai geld die maatskapy geskep wat
vandag internasionaal bekend staan as Pay-Pal. In 2002, op 30 jaar oud, het Mnr. Musk sy
eerste billion gemaak toe eBay Pay-Pal se aandele oorgekoop het. In daai selfde jaar het
Mnr. Musk SpaceX begin, en teen 2008 was SpaceX al sterk aan die gang, en NASA het aan
hulle n kontrak gegee om die meerderheid van hulle vragvervoer na die Internasionale
Ruimte Stasie te hanteer.

6: Mnr. Musk is die medestigter, hoof uitvoerende beampte en product argitek vir Tesla
Motors, n maatskapy wat hy gestig het in 2003. Mnr. Musk besit nog maatskappye, en is een
van die mees suksesvolle mense op aarde, met n netto-waarde van 37,4 billion US dollar.

7: Nou dat julle meer weet van hom, hier is die man self, Mnr. Elon Musk.

You might also like