Geskiedenis 2020 Taak

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 8

1

Roan Whittaker
12F
Juffrou Basson
Protesmusiek in Geskiedenis
2

Inhoudsopgawe:
1. Voorblad
2. Inhoudsopgawe
3. Inleidings-paragraaf
4. Taak 1: Die 1980s en die Protes-musiek gedurende
die decade in Amerika
5. Protes-musiek in Suid-Afrika (1980’s)
6. Was Protes-Musiek verantwoordelik vir die jeug
se opstand, of was dit net ‘n fase?
7. Slot-paragraaf
3

Inleidings-paragraaf
Protes-musiek is musiek wat gebruik word om ‘n spesifieke protes beweging te
ondersteun. Musiek is universeel. Mense orals om die wêreld luister musiek.
Gedurende tye van protes, het musikante liedjies geskryf om teen die regering
te staan, byvoorbeeld: Die protes musiek teen die Apartheid regering, wat
later in hierdie taak bespreek gaan word.
4

Die 1980s en die Protes-musiek gedurende die decade in


Amerika:

Alhoewel die protes in Amerika gedurende die 1980s nie so alomteenwoordig


was soos wat dit in die 1960s en 1970s was nie, het dit nogsteeds Amerika se
kultuur en politiek beïnvloed. Baie van die protes musiek in die 1960s en 1970s
het ‘n fondasie gelê vir protes musiek tot vandag toe.
Baie van die protes was gemik teen die Reagan administrasie. Baie hoofstroom
musikante het nie van Reagan se beleide gehou nie, en het die beleide
aangeval. Liedjies soos Bruce Springsteen se “Born In The USA” en The
Ramones se “My Brain is Hanging Upside Down”. Aan die anderkant, het
musikante wat hierdie beliede ondersteun het, geprotes teen hulle protes ,
met liedjies soos “God Bless The USA” deur Lee Greenwood. Die jeug het nie
deelgeneem aan hierdie protes nie. Die musiek het ook nie gelei na enige
verandering nie.
Die 1980s het ook die opkoms van rap en hip-hop gesien en saam met dit
bands soos Grandmaster Flash, Boogie Down Productions, N.W.A en Public
Enemy. Hulle het baie sterk protes gelewer teen die diskrimansie en armoede
wat die swart gemeenskappe in die gesig gestaar het in die VSA. In 1988 is
“The Stop the Violence Movement” gestig deur die rapper KRS-One, as ‘n
reaksie teen geweldadigheid in hip-hop en swart gemeenskappe. In 1989 het
van die grootste rappers in hedendaagse East Coast hip-hop, Public Enemy
ingesluit, ‘n single vrygestel “Self Destruction”. All die winste het na die
National Urban League gegaan. Meeste van die rappers was deel van die jeug,
as nie net ‘n bietjie ouer nie. Die musiek het ‘n impak gehad nie op die politiek
nie, maar op die swart gemeenskappe wat gevind het dat hulle ‘n verband kon
hou met die musiek. Protes musiek in rap hou vandag nog aan, maar is nie
beperk tot swart mense nie.
5

Protes-musiek in Suid-Afrika (1980’s)

Protes oor die algemeem in Suid-Afrika het baie opgetel teenoor Apartheid in
die 1980’s. Die protes het veral in 1984 opgetel na die stigting van die “Tri-
cameral” parlement, wat toegelaat het dat Indiërs, Kleurlinge en Wit Suid-
Afrikaners hulself kan verteenwoordig, maar dit het nie toegelaat vir Swart
SUid-Afrikaners hulself kon verteenwoordig nie. As gevolg van die steigende
spanning tussen die mense en die regering, het die protes-musiek saam
gestuig.

Aangesien die Afrikaner gedrewe regering in so ‘n paniek was as gevolg van die
constante protes, was daar min Afrikaners wat sou opstaan teen die regering.
Die Voëlvry beweging het ontstaan in reaksie teenoor die ontstaan van Shifty
Mobile Recording Studio. Voëlvry wou opposisie teen Apartheid
verteenwoordig. Hulle wou die Afrikaanse jeug oorreed van die veranderinge
tot hul kultuur wat hulle moes aanbring om rasse ewegheid aan te bring.
Belangrike musikante van die beweging was onder andere Johannes Kerkorrel,
Andre du Toit en Bernoldus Niemand. Ras geintegreerde musiek groepe het
geform en ‘n mengsel van musiek gemaak gedurende die 1980’s, wat ‘n groot
problem was, as gevolg van die feit dat rasse segregasie nogsteeds ‘n wet was.
Die musiek groep Juluka, gelei deur Johnny Klegg het ook baie popular gebly.
Die regering het probeer om hierdie populeriteit te hijack deur om ‘n veeltalige
liedjie “Together We Will Build a Brighter Future” te ondersteun, maar dit het
eintlik net die Anti-Apartheid beweging kwaad gemaak, en hulle meer
gemotiveerd gemaak om te baklei teen die regering.

Die jeug het nie ‘n baie groot invloed gehad op die skryf van die musiek nie,
maar die musiek het die jeug self baie beïnvloed om teen die regering te staan,
en ‘n ewe kultuur te skep. Die musiek het nie noodwendig veroorsaak dat die
regering verander nie, maar dit het die regering baie bekommerd gemaak, en
veroorsaak dat hulle harder afgekom het op die protes beweging.
6
7

Was Protes-Musiek verantwoordelik vir die jeug se opstand,


of was dit net ‘n fase?

In Amerika was die musiek meestal gemik teen die administrasie, en teen
armoede en diskriminasie in swart gemeenskappe. In Suid-Afrika, het die
musiek geprotesteer teen die regering se Apartheid beleid en die onreg wat
teen ander rasse gewys is. Die kunstenaars in albei lande was nie noodwendig
baie jonk nie, behalwe vir van die hip-hop groepe uit Amerika uit, maar hulle
was ook nie noodwendig oud nie. Die kunstenaars was jonk genoeg om te
verstaan dat dit verkeerd was, wat aangegaan het, en oud genoeg om dit teen
te staan op ‘n goeie manier, nie met aggressie nie.

Die musiek se inhoud was dalk gemik na die regerings van die twee lande toe,
maar die musiek was gemaak vir die jeug. Die jeug was die hoof teikengroep.
As die musiek die jeug kon beïnvloed op ‘n jong ouderdoms, sou hulle hopelik
beter uitdraai as wat die huidige generasie uitgedraai het. Hulle sou ‘n verskil
kon maak. Dit was die doel van die protes-musiek. Om die jeug so te beïnvloed
dat hulle die situasies wou verander.

Die musiek het, in Amerika, nie veel impak gehad op die regering self nie. Dit
was nie nodig nie, want die musiek het toekomstige volwassenes so beïnvloed
dat hulle later baie beter veranderinge gemaak het aan die regering, swart
gemeenskappe en rasse verhoudings. Die opkoms van hip-hop het ook gelei na
‘n form van musiek wat vandag nog baie popular is, en baie gebruik word as ‘n
form van protes-musiek. In Suid-Afrika was die musiek baie meer suksessvol as
in Amerika. Die musiek in Suid-Afrika het groter proteste veroorsaak, veral
onder die jeug.

Die Voëlvry beweging het veral onder die jeug ‘n baie groot impak gehad. Die
kunstenaars self was baie braaf om so te staan teen die regering, veral in Suid-
Afrika. As daar, byvoorbeeld, ‘n optrede was waar iemand soos Johannes
Kerkorrel opgetree het, en die polisie daarvan uitgevind het, was mense in
8

hegtenis geneem. En dit was meestal die jeug wat hierdie optredes bygewoon
het, gewoonlik ‘n mengesl van rasse ook.

Slot-paragraaf
Die Protes-Musiek wat gemaak is tydens die nogenoemde tye was effektief,
altans op verskillende maniere. In Amerika, het die eind effek eers later gekom,
met verskillende kunstenaars wat se musiek tot vandag toe strek. In Suid-
Afrika het die musiek ‘n dadelike fisiese reaksie gekry, in die vorm van die
regering wat dit probeer stop sit, en die jeug wat opstand vind in hierdie
musiek.

Bronnelys
 https://web.stanford.edu/class/e297c/poverty_prejudice/mediarace/s
ocialsignificance.htm
 https://en.wikipedia.org/wiki/Protest_songs_in_the_United_States#1
980s:_Anti-Reagan_protest_songs,_and_the_birth_of_rap
 https://en.wikipedia.org/wiki/Music_in_the_movement_against_apar
theid#1980s:_Direct_confrontation
 https://en.wikipedia.org/wiki/The_Vo%C3%ABlvry_Movement

You might also like