Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 11

Geografie Taak: Meneer C.

Loubser

Informele Sektor

Roan Whittaker

12F

1
Inhoudsopgawe:
1. Voorblad
2. Inhoudsopgawe
3. Agtergrond inligting
4. Data versameling

2
Hipotese:
Besighede in die informele sektor van Durbanville gaan nie die ekonomie sleg
affekteer nie, maar in ‘n positiewe manier. Die ekonomie word versterk, omdat die
informele besighede nogsteeds staatmaak op die formele sektor om hulle besighede
aan die gang te hou.

3
Inleiding:
Informele besighede en die informele sektor as ‘n geheel is ‘n belangrike deel van die
ekonomie, veral in Durbanville. Hulle verskaf goedere en dienste aan die lae- en
middle klasse. Die informele besighede kry als wat hulle nodig het by die groot
formele besighede soos supermarke, groot textiel maatskappye en verskaffers van alle
tipe produkte wat verwerk kan word om te verkoop. Dit vorm ‘n siklus wat aan al die
partye ‘n profyt gee.

4
Agtergrond Inligting:

Terwyl die informele sektor meeste van die tyd gesien word as die ‘forgotten’ sektor,
verskaf dit ‘n lewensbestaan, werk en inkomste vir rondom 2.5 milljoen werkers en
werkgewers. Een van elke ses Suid Afrikaners wat werk, werk in die informele sektor.
‘n Helfte van hierdie mense werk in firmas met ander werknemers. Hierdie firmas
verskaf 850 000 betaalde werke. Dit is byna twee keer regstreeks werk in die
mynbousektor. Die jaarlikse inskrywing van nuwe besighede is nogal hoog, sowel as
besighede wat meer werkers aanstel. Daar is geen tekort aan initiatief of idees nie.

Ongelukkig is daar baie struikelblokke en beperkings, en ons regering moet die


informele sektor bystaan, nie afstoot nie. Die eerste stap sal moet wees om die
informele sektor te erken as ‘n belangrike deel van die ekonomie. Die data en bewyse
van hoe belangrik die informele sektor wys dat ons land die sektor moet ondersteun,
en die sektor die tools gee om beter en sterker te raak. Die informele sektor mag dalk
die oplossing wees tot ons land se werkloosheid problem.

5
Data:

 Die informele sektor bestaan meestal uit flooi en kos marke, straatverkopers,
selfdienwasserye en soortgelyke besighede
 Die informele sektor kom meestal voor in landelike en informele gebiede.
 Meeste informele werknemers, rondom 73% van hulle, verdien onder R79 000,00 per
annum, wat onder die inkomste belasting drumpel val. Manlike werkers verdien
ongeveer R18 ‘n uur en ‘n vroulike werker verdien ongeveer R13 ‘n uur.
 Die meerderheid van informele werkers is gewoonlik swart of kleurling, aangesien die
werk vlak nie baie vaardighede nodig het nie, en ons land nogsteeds groot swakhede
ervaar in die onderwys van alle rasse tot ‘n goeie standaard te kry.
 ‘n Groot verskeidenheid mense maak gebruik van die informele sektor, of dit nou by
‘n flooi mark, vars groente en vrugte, klein besighede of selfs net ‘n straatverkoper se
produkte koop.
 Die informele sektor in Suid-Afrika alleen bied aan tot en met 2.5 miljoen mense
werk en inkomste

6
Onderhoud:
Ek het ‘n onderhoud gevoer met my ma, Vanessa Whittaker, wat haar eie informele
besigheid besit.

Wat is die grootste uitdaging van ‘n informele besigheid


besit?
Daars baie min mense wat sal dink daaraan om te belê in ‘n informele besigheid, so
groei is baie moeiliker, want ek kan net soveel doen met my maandelikse inkomste,
waarvan meeste as nie als gaan aan salarisse en besigheids kostes.

Hoe groot is die mark vir wat jy doen?


Well, ek maaketes vir mense wat nie tyd het om dit te doen nie, en ek het ‘n
gemiddelde 150+ bakke kos wat ek daagliks moet maak, en dis net in Durbanville en
die omliggende areas. As ek kon strek tot Stellenbosch, Paarl, Worcester of ander
dorpies en voorstede verder uit, sou dit definitief die mark nog groter maak.

Sal jy aanraai dat mense in die informele sektor ‘n besigheid


begin, en wat is die voordele en nadele begin in die informele
sektor?
Ja en Nee. Die informele sektor is a baie moeilike ekonomiese sektor om in te begin,
veral as daar klaar kompetisie is in jou mark. In my mark, byvoorbeeld, is daar relatief
baie kompetisie, maar ek het vroeg begin, en is dus ‘n paar tree voor die ander
besighede in my mark. Die voordele van begin in die informele sektor is dat jy amper
enige iets kan probeer, en daar sal erens iemand wees wat die diens of produk soek of
nodig het. Die nadele sal wees dat jou mark al heelmoontlik ander mense en
besighede in het wat al klaar die kliente het en meer bevoegd is as jy. Die trick is om
net beter pryse en produkte/dienste te offer.

7
Analisering van Data
Die data stel teenoorgestelde idees voor. Vir een, stel dit voor dat die informele sektor
‘n arme sektor is, wat, soos die naam weggee, informeel is. Tog bied die informele
sektor. Dit is tog nie so ‘n groot aantal mense as jy kyk na Suid-Afrika se bevolkings
syfers nie, maar dit teenoor die werkloosheid syfer, maak dit nogal ‘n oordentlike
impak.

Die informele sektor, wat meestal voorkom in landelike en informele gebiede, bied
werksgeleenthede aan mense in daai landelike en informele gebiede, wat die
verstedelikings syfers afbring. Die feit dat mense in ‘n landelike dorpie oordentlike
werksgeleenthede het, selfs is dit in die informele sektor, is ‘n groot trek factor vir
landelike gebiede, wat meestal mooi areas is, en meer esteties is om in te bly. Vir
informele inwoners, is dit naby aan hul huise, en hulle hoef nie baie vervoer kostes te
betaal om by die werk te kom nie.

Die feit dat die informele sektor in die meerderheid nie-blanke werkers aanstel, omdat
die vaardighede nodig nie baie is nie, help ook met die onrus en gevoel van onreg
onder nie-blankes wat voel hulle kry nie werk as gevolg van hulle velkleur nie.

8
Aanbevelings en moontlike oplossings
Die informele sektor word vreeslik op neergesien, en die bydrae wat die informele
sektor maak aan die ekonomie, werkloosheid syfers en gelykheid van werk tussen
rasse en geslagte, word nie waardeer nie.

Die regering kan meer doen om die informele sektor te ondersteun, soos byvoorbeeld
help om beleggers te vind, of selfs ‘n fonds opstel om te bele in besighede. Die kies
van wie hierdie beleggings kan beheer word deur ‘n kommitee wat elke aansoek
noukeurig deur kyk en seker maak data ls in orde is end at die plan en idee die moeite
werd is. As ‘n besigheid hierdie belegging aanvaar en sy doele wat uitgestel is bereik
binne ‘n tydperk, kan die eienaar die belegging terug betaal, end an ander beleggers
vind.

Die informele sektor kan ook erken word as ‘n offiesiele eonomiese sektor, en al die
voordele ontvang wat die ander ekonomiese sektors ontvang.

9
Gevolgtrekking

Die informele sektor in Durbanville is ‘n baie sterk deel van ons dorp se ekonomie, en
dit floreer. Baie besighede in die dorp het begin in die informele sektor, en nog baie
gaan in die toekoms. Alhoewel daar steeds gewerk kan word aan die ondersteuning
wat die informele sektor ontvang, kan dit steeds nou groei, selfs op ‘n stadiger pas, en
vir Durbanville as ‘n dorp help groei.

10
Bibliografie
 https://www.hsrcpress.ac.za/books/the-south-african-informal-
sector-providing-jobs-reducing-poverty
 https://www.westerncape.gov.za/service/city-cape-town-
informal-trading
 https://www.ekon.sun.ac.za/wpapers/2008/wp032008/wp-03-
2008.pdf
 https://en.wikipedia.org/wiki/Informal_economy

11

You might also like