Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

MLAW211 Leereenheid 3 Eldi van Dyk

VOLMAG & VERMOË


MPY word gestig vir „n bepaalde doel. – Vermoënsfeer (Capacity) v regspersoon.

„n MPY (nie-fisies waarneembare entiteit) kan slegs deur „n verteenwoordiger optree wie volmag beklee.

Vir ‘n regspersoon om gebonde te wees?

1. Moet kontrak binne vermoë v regspersoon val.


2. Moet verteenwoordiger met volmag beklee wees.

Enige optrede / kontrakte buite die vermoë word as nietig beskou (Ultra vires leerstuk). In die 1973
MPYWet word die leerstuk in Art 36 ekstern afgeskaf & intern gereguleer.

VERMOЁ VOLMAG
Optrede moet binne vermoë van MPY val. Verteenwoordiger moet nodige volmag beklee.
Omdat direkteure organe is wat al die bevoegdheid
MPY het al die regsbevoegdheid en vermoëns van van „n MPY het, het hulle ook al die gesag en die
„n natuurlike persoon (Art 19) tensy: bevoegdheid om kontrakte te sluit.
Hulle het dus volmag, maar:
1. Regspersoon nie die mag / bevoegdheid het om
1. Kan deur AvO beperk word.
bepaalde handeling te verrig (trou).
2. As die AvO die volmag inperk, het direkteure
2. AvO iets anders bepaal of die vermoë inperk
potensiële volmag vir enige optrede wat deur
(AvO kan bv. die vermoënsfeer beperk tot die
beperking begrens word.
doel van MPY).
3. AvO kan volmag ook kwalifiseer en aan sekere
beperkings onderworpe stel.
Kan dus enigiets doen tensy ingeperk.

VERMOЁ (Artikel 20 (1))


Gemeenteregtelik geld dat indien „n direkteur buite sy bevoegdheid, of vermoë, optree – dit „n ultru vires
handeling is. So handeling is vogens die gemenereg nietig. (Dit beteken sou „n direkteur „n kontrak sluit
waarvoor hy nie volmag het nie, is die kontrak gemeenteregtelik nietig en sal die kontrak verval.)

Dit geld egter nie meer vandag nie, want:

 „n MPY het die regsbevoegdheid & vermoëns van „n natuurlik persoon tensy die AvO die vermoë
beperk.

 Indien „n AvO die MPY se magte, doel / aktw beperk, begrens of kwalifiseer, is geen handeling vd MPY
nietig nie, en as „n direkteur weens beperking nie volmag gehad het om die handeling te verrig nie.
 In enige regsproses kan „n 3de party nie as verweer gebruik dat die optrede beperk is, die persoon
nie volmag gehad het nie, en die kontrak dus nietig sal wees nie.
 Dit beteken dat al is „n kontrak gesluit deur „n direkteur sonder die nodige volmag, sal die MPY
steeds gebonde wees, omdat die handeling nie bydra dat die kontrak nietig is nie. Die kontrak
bestaan steeds en is deur die 3de party afdwingbaar.
 Die lede kan wel hulself op die beperking beroep, en die direkteur aanspreeklik hou.
 Art 20 (1) het ten doel om 3de partye te beskerm.
MLAW211 Leereenheid 3 Eldi van Dyk

Implikasies van Art 20 (1)

 3de Partye word nie geraak deur „n inperking in die AvO nie.
 As „n direkteur sonder volmag „n kontrak sluit, is die kontrak NIE nietig NIE! Die kontrak bly
voortbestaan en skep „n verpligting by die MPY.

2 Moontlike optredes

1. Kontrak nog nie gesluit – MPY kan kontrak intern beroep wat direkteur sal verbied om met die
kontrak voort te gaan.
2. Kontrak klaar gesluit – Lede & mede-direkteure kan regstappe teen skuldige neem, want die
optrede kom neer op vertrouensbreek en oortreding v Art 77 (3) vd Wet.

Dusk an die MPY die direkteur net intern aanspreeklik hou. Die MPY se optrede teenoor die direkteur raak
nie die 3de party nie. 3de Party se regte bly onaangetas.

Ratifikasie

Dis moontlik vir „n MPY om „n kontrak te ratifiseer wat deur „n direkteur sonder die nodige volmag gesluit is
– mits die inperking wat die direkteur nie volmag verleen het nie, nie teen die wet is nie. Beteken: MPY
neem kontrak aan en gee kontrak regskrag asof kontrak gesluit is deur persoon met nodige volmag.

 Deur spesiale besluit geratifiseer.

Aanspreeklikheid

Ingevolge Art 20 (6) het elke aandeelhouer „n eis om skadevergoeding teen enige persoon wat bedrieglik of
weens growwe nalatigheid veroorsaak dat die MPY enigiets teenstrydig met die Wet doen / handel,
alhoewel persoon nie die nodige volmag het nie. Kano ook ingevolge vertrouensbreuk & oortreding van Art
77 (3) aanspreeklik gehou word.

VOLMAG

Die leerstuk v toegerekende kennis is nie deur die ou wet afgeskaf met die gevolg dat 3de partye
veronderstel was om te weet van enige inperkings in die statute vd MPY.

In die 2008 Wet word niemand meer geag te weet v enigiets in die Memorandum nie (toegerekende kennis
geld NIE), maar tog word in subart 2 bepaal dat die verteenwoordigingsbevoegdheid v „n direkteur in die
memorandum ingeperk / gekwalifiseer kan word.

Dit word nie nodig geag dat „n persoon kennis / inligting oor die inhoud v enige dokument rakende die MPY
hoef te hê nie. Dit is nodig dat persoon kennis & inligting het v enige bepalings v die MPY se MOI, onder
Art 15 (2)(b) in die MPY se Kennisgewing v Oprigting / Wysiging, aandag gerig het op die bepaling soos
beskou in Art 13 (3). Persoon moet ook inligting hê oor die effek v Art 19 (3) op „n persoonlike
aanspreeklikheidsMPY.

Die 3de party (met wie gekontrakteer word) sal nie vd inperkings / kwalifikasie bewus wees nie & kennis vd
inhoud daarvan word hulle ook nie toegereken nie. Die 3de party sal nie weet of die vereistes nagekom is
nie (geen plig om dit vas te stel), maar tog sal MPY NIE aan so kontrak gebonde wees nie, want daar is
GEEN VOLMAG VERLEEN NIE!

Die voorgestelde wet bepaal nou dat so „n inperking NIE „n optrede nietig maak nie, tensy daar wel
potensiële magtiging was wat aan prosedurevereistes onderworpe was. In so geval bepaal subartikel 7
(20( (7) dat „n bona fide persoon kan aanvaar dat daar aan enige formele & prosedurevereistes voldoen is,
bv. dat „n voorvereiste vir volmag nagekom is.
MLAW211 Leereenheid 3 Eldi van Dyk

Bona fide persoon = iemand wat nie weet of redelikergewys


moet geweet het nie dat die vereistes nie nagekom is nie.

Alhoewel „n handeling buite die ingeperkte vermoë van „n MPY / handeling en sonder volmag, vanweë „n
voorvereiste, kwalifikasie, ens, in die memorandum gevolglik NIE teenoor 3de partye nietig is nie, het AH
steeds intern „n eis om skadevergoeding teen „n skuldige direkteur / persoon wat dit toegelaat het. Intern is
so „n handeling wel nietig mits die kontrak nog nie met die 3de party gesluit is nie.

„n Handeling wat vanweë inperking volmagloos is of buite vermoë v MPY is – deur spesiale besluit
geratifiseer.

Lede, direkteure / vakunies kan by hof aansoek doen vir interdik om MPY te verbied om iets teenstrydig
met wet / inperking te doen.

Ultra vires leerstuk = die reëls aangaande die gevolge v „n


MPY se handeling buite die omvang v sy magte & bevoegdhede.

Leerstuk v toegerekende kennis = bepaal dat „n persoon wat met „n


MPY sake doen geag moet word kennis te geneem het v „n MPY se AvO
& statute, asook ander inteene docs.

Turquand reël = wanneer „n buitestander in goeie trou met „n MPY


handel, waarvolgens onweerlegbaar vermoed word dat alle vereistes
v MPY se interne bestuur behoorlik nagekom is.

ULTRA VIRES LEERSTUK

1. Die ultra vires leerstuk wat uit die “common law” spruit (wat „n handeling nietig ag van „n MPY wat sy
wettige bevoegdhede oorskry) is feitlik in sy geheel deur wetgewing afgeskaf.
2. Die leerstuk wat te onbillik teenoor 3de partye wat onbewustelik sake gedoen het met MPY wat ultra
vires optree – en hulle dan in „n situasie bevind het waar hulle nie die kontrak kon afdwing nie.
3. Volgens 2008 MPYwet kan beperkings op „n MPY se regsbevoegdheid slegs intern geopper word in
regsgedinge tussen MPY, AH en direkteure. Dis onderworpe aan die reg om in bepaalde
omstandighede „n ultra vires kontrak te beperk.
4. Direkteure wat daartoe bydra dat „n MPY sy bevoegdhede oorskry, kan weens die verbreking van hul
fidisiêre verpligting aanspreeklikheid opdoen – of te staan kom voor „n regsaksie vd AH om hulle te
belet om die kontrak aan te gaan.
5. Elke AH beskik oor „n skadevergoedingseis teen enigiemand wat op bedrieglike / grof nalatige wyse die
MPY daartoe bring om enige handeling te verrig wat strydig met Wet / bevoegdhede v MPY is, tensy
handeling deur „n spesiale besluit bekragtig is.

Toepassing v Ultra Vires

In Quadrangle Investments (Pty) Ltd v Witind Holdings Ltd het die MPY se AvO verhoed dat sy
kapitaalreserwes as inkomste waaruit dividend verklaar kan word, aangewend kan word. Nietemin het
MPY so dividend verklaar. Die hof het bevind dat die verklaring v „n dividend deur die MPY uit sy
kapitaalreserwe, strydig was met die bepaling in die MPY se AvO en daarom ultra vires en nietig was. Die
hof het ook bevind dat sodanige dividend nie geldig verklaar kon word deur die eenparige instemming v sy
AH daartoe nie.
MLAW211 Leereenheid 3 Eldi van Dyk

TOEGEREKENDE KENNIS

Behels dat „n persoon wat met „n MPY sake doen geag moet word kennis te geneem het vd inhoud v MPY
se AVO, statute en interne docs.

Dit kan nadelige gevolge inhou vir 3de party wat argument in die gesig staar dat die kontrak wat met MPY
aangegaan is, nou nietig is omdat die betrokke MPY ultra vires sy bevoegdheid gehandel het. Kragtens
leerstuk v toegerekende kennis sal daar dan betoog kan word dat 3de party geag word kennis te gedra het
vd feit dat MPY ultra vires gehandel het toe betrokke kontrak gesluit is.

Die gevolg was die ontwikkeling van die Turquand reël wat die gevolge vd leerstuk v toegerekende kennis
getemper het. Die effek daarvan was dat indien geen handeling verrig is wat klaarblyklik in stryd was met
die bepalings vd MPY dokumente wat by die Registrateur ingedien is nie, die 3de party daarop kan reken
dat daar aan al die interne vereistes vd MPY voldoen is. Beteken dat MPY verhoed is om terug te tree uit
„n kontrak a.g.v. die feit dat daar nie aan „n interne vereiste voldoen is nie.

Die leerstuk is in SA aanvaar en het tot gevolg gehad dat „n 3de party nie deur die leerstuk v toegerekende
kennis geraak sou word nie, tensy sodanige party daarvan bewus was dat daar nie aan „n interne vereiste
voldoen is nie, of redelikergewys „n vermoede moes gehad het vd ware toedrag v sake en steeds in
gebreke gebly het om navraag daaroor te doen.

TURQUAND REЁL

Art 20 (7) bevat die reël wat bepaal dat „n bona fide 3de wat in goeie trou met die MPY sake doen kan
aanvaar dat enige voorvereistes nagekom was met die neem v enige besluit of uitoefening v sy pligte. Dit
beteken as 3de bona fide was & bg is waar, sal MPY aan kontrak gebonde wees.

Bona fide – 3de weet nie en hoef ook nie redelikergewys geweet het dat MPY in versuim was om interne
vereistes na te kom nie.

Mala fide – as 3de party geweet het & kontrak sal nietig wees en verval.

You might also like