Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 118

© 2016 Universiteit van Suid-Afrika

Alle regte voorbehou

Gedruk en uitgegee deur die


Universiteit van Suid-Afrika
Muckleneuk, Pretoria

FUR2601/1/2017–2021

70453780

InDesign

MNB_Style
INHOUD

1Studie-eenheid Bladsy
INLEIDING (iv)

1 Struktuur van die Handves van Regte-litigasie 1

2 Toepassing 8

3 Verskyningsbevoegdheid (locus standi) 26

4 Jurisdiksie in Menseregte Handves-litigasie 34

5 Uitleg van die Handves van Regte 43

6 Beperking van regte 52

7 Remedies 62

8 Gelykheid 76

9 Menswaardigheid 88

10 Sosio-ekonomiese regte 98

(iii) FUR2601/1/2017–2021
INLEIDING

1 DIE DOEL VAN HIERDIE MODULE OOR FUNDAMENTELE


REGTE
Hierdie module handel oor die Handves van Regte (hfst 2) in die Suid-Afrikaanse Grond-
2

wet van 1996 en beoog om u:


• te voorsien van ’n gesonde basiese kennis en begrip van fundamentele regte in-
gevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet
• in staat te stel om die begrippe en beginsels te verduidelik wat die litigasie ten
aansien van fundamentele regte bepaal
• in staat te stel om die kwessies te identifiseer wat betrokke is by praktiese probleme
ten aansien van fundamentele regte, en om u kennis op sulke probleme toe te pas
• in staat te stel om kwessies ten aansien van fundamentele regte op ingeligte en
kritiese wyse te beredeneer

Hierdie module is ontwerp om aan te sluit by die modules oor Staatsreg (CSL2601), Uitleg
3

van Wette (IOS2601) en Administratiefreg (ADL2601).

Hierdie module voorsien u van ’n algemene inleiding tot die begrip van fundamentele
4

regte en verduidelik die rol en plek van hierdie regte binne die staatsregtelike bedeling
in die geheel.

5In hierdie module stel ons u bekend aan die volgende:


• die manier waarop fundamentele regte in die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm en
afgedwing word
• die stappe en prosedures wat gevolg moet word om dit te bewerkstellig
• die beginsels wat die toepassing van die bepalings vervat in Hoofstuk 2 van die
Grondwet (die Handves van Regte) beheers
• die manier waarop hierdie beginsels in praktiese situasies toegepas word waar fun-
damenteelregtelike kwessies ontstaan

6Nadat u hierdie module geslaag het, behoort u:


• ‘n deeglike basiese kennis en begrip te hê van fundamentele regte ingevolge die
Suid-Afrikaanse Grondwet, en die begrippe, beginsels en prosesse van fundamentele
regte te kan verduidelik
• probleme ten aansien van fundamentele regte te kan identifiseer
• die beginsels wat litigasie ten aansien van fundamentele regte beheers, te ken en te
kan verduidelik
• u kennis op praktiese probleme te kan toepas wat oor kwessies ten aansien van fun-
damentele regte handel

(iv)
Ten einde vir u ’n grondige begrip van hierdie module te gee, gebruik ons ’n voorgeskrewe
7

handboek. Die besonderhede verskyn hier onder.

2 DIE VOORGESKREWE HANDBOEK


2.1 Naam en skrywers van die handboek
Die jongste uitgawe van The Bill of Rights Handbook deur Iain Currie en Johan de Waal
8

(Juta). Die handboek lyk dalk lywig, maar onthou dat u nie al die hoofstukke hoef te
bestudeer nie.

Sien asseblief die studiebriewe, wat by Studiebrief 101 begin, vir bygewerkte besonder-
9

hede oor die handboek.

2.2 Voorgeskrewe hoofstukke


Die voorgeskrewe hoofstukke in die handboek, The Bill of Rights Handbook deur Iain Currie
10

en Johan de Waal (Juta), is hoofstukke 1 tot 10 en hoofstuk 26. U moet hierdie hoofstukke
noukeurig bestudeer en opsommings daarvan maak.

2.3 Wat hoef ek nie te bestudeer nie?


U hoef nie enige van die ander hoofstukke oor spesifieke regte (bv privaatheid en vry-
11

heid van uitdrukking) te bestudeer nie. Dit beteken egter nie dat u die ander regte kan
ignoreer nie. Dit is heeltemal denkbaar dat een of meer van hierdie regte moontlik in ’n
probleemvraag in die eksamen kan voorkom. Daar sal dan van u verwag word om die
betrokke reg te identifiseer en om iets daaroor te sê. Dit is dus noodsaaklik dat u u op die
hoogte stel van die werklike bepalings van die Handves vir Regte. Om die waarheid te sê,
die hele kursus wentel om hierdie Handves (hfst 2 van die Grondwet van die Republiek
van Suid-Afrika).

3 DIE STUDIEGIDS
Die studiegids is slegs ’n gids. U sal nie in staat wees om die module te bemeester as u
12

slegs die inhoud van die studiegids bestudeer nie. U moet die studiegids tesame met
die voorgeskrewe handboek bestudeer. Aangesien dit ’n gemengde module is, moet u
ook een keer per week op myUnisa aanteken om vas te stel of daar enige bywerkings is,
en deel te neem aan enige van die voorgestelde myUnisa-hulpmiddels wat die dosent
u versoek om te gebruik.

Om sukses in u studie te behaal, moet u die studiegids gebruik as ’n vertrekpunt om u


13

letterlik deur u studie te lei. U moet die studiebriewe raadpleeg en die vereiste handboek
aankoop. Al hierdie bronne moet gebruik word namate u deur die module reis.

(v) FUR2601/1/2017–2021
Die uitleg van die studiegids is ’n samestelling van die onderskeie studie-eenhede. Elke
14

studie-eenheid se struktuur word hier onder beskryf. U kan dus ’n soortgelyke patroon
in elke studie-eenheid verwag.

3.1 Struktuur van die studie-eenheid


15 Die studie-eenhede volg ’n basiese struktuur:

16 Wat u behoort te weet voordat u hierdie studie-eenheid aandurf:

Hierdie afdeling bevat werk/konsepte wat u reeds goed moet ken voordat u die volgende
17

studie-eenheid aandurf. As u onseker is oor enige van die konsepte in hierdie afdeling,
MOET U NIE MET DIE NUWE STUDIE-EENHEID VOORTGAAN NIE! Bemeester eers die
veronderstelde kennis VOORDAT u voortgaan. Die rede is dat die eenhede op mekaar
volg, en u moet u kennisbasis versterk namate u meer met die studiemateriaal in inter-
aksie tree. U moet aktief probeer om die teoretiese kennis te verstaan wat in spesifieke
kontekste vervat is. Daar word van u verwag om wyd te lees om die nodige kennis te
verwerf, vaardighede te ontwikkel, houdings in te skerp en bevoegdhede te toon, soos
in die studiegids aangedui.

OORSIG
In hierdie deel van die studie-eenheid vind u ’n kort oorsig van die kernbeginsels en -be-
18

grippe wat in daardie besondere studie-eenheid gedek word. Ons het probeer om oor
en weer na die studie-eenhede te verwys sodat u u studie van die module kan integreer.

UITKOMSTE
Die uitkomste, as eindprodukte van leer, dui aan wat u veronderstel is om te weet en
19

te kan doen, nadat u deur die voorgeskrewe materiaal van ’n studie-eenheid gewerk
het. Die uitkomste word ontwerp om u op ’n baie meer gekonsentreerde en metodiese
manier deur die werk te begelei. Dit bevat ook inligting oor die gebiede waarop u moet
konsentreer. U kan vasstel hoeveel kennis u geabsorbeer het deur te toets hoe goed u
die genoemde uitkomste kan doen. Die uitkomste vereis dat u ’n punt verduidelik, be-
spreek, beredeneer, kommentaar lewer of analiseer wat sleutelbeginsels of -begrippe van
fundamentele regte behels. Die verkryging van kennis is egter van geen nut nie, tensy u
weet wat om daarmee te doen. Hiermee bedoel ons dat u die kennis in hierdie module
in u alledaagse lewe moet verstaan en leer om dit te gebruik. Dit is net op hierdie manier
wat die studie van menseregte sinvol word.

VOORGESKREWE STUDIEMATERIAAL
‘n Lys van die voorgeskrewe studiemateriaal wat betrekking het op die spesifieke studie-
20

eenheid word aan die begin van elke studie-eenheid ingesluit. U moet al die voorgeskrewe
sake ken soos wat dit in die handboek bespreek word. Dit is belangrik dat u hierdie

(vi)
sake sorgvuldig lees, aangesien daar van u verwag word om regspraak deur u hele aka-
demiese loopbaan te lees en te ontleed. Hierdie vaardigheid, wat vir elke regsgeleerde
baie belangrik is, kan net deur oefening bekom word.

TOEPASLIKE GEDEELTES VAN DIE GRONDWET


Die artikels van die 1996-Grondwet wat van toepassing is op ’n bepaalde studie-eenheid
21

word aangedui om u met u studie te help.

SLEUTELBEGRIPPE
Hierdie gedeeltes stel die sleutelbegrippe bekend wat u sal teëkom terwyl u ’n spesifieke
22

studie-eenheid bestudeer. Ons sluit ’n kort definisie van elke begrip en ’n verduideliking
in van wat daardie begrip behels. Dit is deurslaggewend dat u hierdie fundamenteelreg-
telike begrippe verstaan.

INHOUD
In hierdie gedeelte van die studie-eenheid verskyn verwysings na die tersaaklike bepalings
23

van die 1996-Grondwet en enige wetgewing, regspraak en akademiese geskrifte wat tot
u begrip van die module sal bydra. In wese sit hierdie gedeelte van die studie-eenheid
die teoretiese kennis en praktiese toepassing van die inhoud van die reg ten aansien
van fundamentele regte uiteen. Dit is dan u taak om hierdie kennis aktief u eie te maak
om ’n behoorlike begrip van fundamentele regte te verkry. U kan dit doen deur u in die
studiemateriaal te verdiep en bondige opsommings te maak.

AKTIWITEIT
Nadat u al die begrippe en beginsels van ’n bepaalde studie-eenheid bestudeer het, word
24

daar van u verwag om hulle op werklike fundamenteelregtelike probleme toe te pas wat
’n mens in die alledaagse lewe teëkom. Dit is noodsaaklik dat u hierdie aktwiteite doen,
sodat u die beginsels kan verstaan wat verduidelik is, omdat die aktiwiteite vereis dat u
die beginsels op die probleem moet toepas. Hierdie aktwiteite sal u nie alleen in staat
stel om te konsentreer op daardie aspekte van die werk wat werklik belangrik is nie, maar
dit sal u ook ’n aanduiding gee van die tipe vrae wat u in die eksamen te wagte kan
wees. U moet die aktiwiteite self doen. Handel eers die aktiwiteite af voordat u na die
terugvoering kyk om u antwoorde te evalueer.

TERUGVOERING OOR DIE AKTIWITEIT


Elke stel aktiwiteite word deur kommentaar gevolg. Hierdie kommentaar op die aktiwiteite
25

sluit riglyne oor die verwagte benadering tot vrae, met saak- en handboekverwysings
in. Die terugvoering help u om te beoordeel hoe u met elke studie-eenheid of bepaalde
aspek van fundamentele regte gevorder het. Hou asseblief in gedagte dat ons antwoorde

(vii) FUR2601/1/2017–2021
bloot voorstelle is oor die manier waarop u fundamenteelregtelike vrae behoort te
benader. Moenie moed opgee as u nie met ons gevolgtrekkings saamstem nie, want ons
het beslis nie die alleenreg op die interpretasie van die Grondwet nie!

26 Wat die belangrikste is, is dat u die volgende kan doen:


• die tersaaklike bepalings van die Handves van Regte kan bespreek, asook die manier
waarop die howe en ander owerhede hulle op sistematiese wyse uitgelê het
• hierdie kennis toepas op die feite van die probleem

Met ander woorde, ons is meer geïnteresseerd in die manier waarop u by ’n gevolgtrek-
27

king uitkom as in die werklike gevolgtrekking self. Die proses (argument) wat u volg, is
belangriker as die produk (gevolgtrekking).

As u al die vrae in hierdie studiegids kan beantwoord, behoort u ook die vrae in die
28

eksamen te kan beantwoord. Onthou, die eksamenvraestel sluit baie verskillende feite-
like en regsprobleme in, en u moet in staat wees om u kennis aan te pas om dit te kan
beantwoord. U moet die inhoud ken wat behandel word, sodat u ’n sterk grondslag het
waarvandaan u enige vrae kan beantwoord wat van u vereis om u kennis toe te pas, soos
in ’n scenario.

SAMEVATTING
Die samevatting bevat ’n kort opsomming van die kern van die studie-eenheid. Dit noem
29

ook kortliks wat u in die volgende studie-eenheid kan verwag.

Dit sluit ons oorsig van die uiteensetting van ’n studie-eenheid af, wat ontwerp is om u
30

leer te ondersteun, deur aan u ’n raamwerk van ondersteunde leiding te bied.

31 Die volgende ikone word deur die hele studiegids heen gebruik:

Ikoon Beskrywing

Uitkomste. Die uitkomste dui aan watter aspekte van die bepaalde
studie-eenhede u moet verstaan en waarvan u begrip moet kan
demonstreer.

Bestudeer. Hierdie ikoon dui aan watter afdelings van die


voorgeskrewe boek of die studiegids u moet bestudeer en u eie
maak.

Sleutelbegrippe. Die sleutelbegrippe dui aan watter terme of


sleutelwoorde vir ’n bepaalde studie-eenheid belangrik is.

(viii)
Ikoon Beskrywing

Lees. Hierdie ikoon dui aan watter gedeeltes van die voorgeskrewe
boek u vir agtergrondinligting moet lees.

Aktiwiteit. Hierdie ikoon verwys na die aktiwiteite wat u moet


kan doen om die leermateriaal beter te kan begryp.

Assessering. Wanneer u hierdie ikoon sien, sal u kennis, begrip en


toepassing van die materiaal wat u so pas bestudeer het, getoets
word.

Terugvoering. Hierdie ikoon dui op terugvoering op u antwoorde


op die selfassesseringsaktiwiteite.

32 Ons sal nou by die inhoud van die studiegids begin.

4 INLEIDING TOT FUNDAMENTELE REGTE


4.1 Die idee van menseregte
Die term “menseregte” het een van die gonswoorde van ons tyd geword en dit word in
33

verskeie kontekste gebruik en misbruik. Telkens wanneer iets omstrede gedoen word, is
dit onvermydelik dat iemand oor die skending van sy of haar menseregte kla (wat mens
ook fundamentele of grondwetlike regte kan noem).

4.2 Wat is menseregte?


Maar wat is menseregte, en waarom het hierdie begrip so sentraal geword ten opsigte
34

van die manier waarop ons oor die reg, geregtigheid en die politiek dink? Volgens die
idee van fundamentele regte het elke mens sekere onvervreembare regte waarop nóg
die staat nóg sy instellings inbreuk mag maak, buiten in die mate wat sodanige inbreuk
deur die reg gemagtig word. Hieruit vloei ’n aantal implikasies voort:

• ‘n Mensereg kom iemand toe bloot omdat hy of sy ’n mens is; dit is nie iets wat mens
verdien of waarvoor ’n mens werk nie.
• ‘n Reg is nie dieselfde as ’n voorreg nie; dit kom eerder neer op iets waarop mens
geregtig is, wat afgedwing kan word.
• Regte is, met baie min uitsonderings, normaalweg nie absoluut nie en moet teen
ander regte en die openbare belang opgeweeg word.

(ix) FUR2601/1/2017–2021
• Die bevoegdheid om inbreuk te maak op regte is self aan beperkings onderworpe
en indien sodanige beperkings oorskry word, is die individu daarop geregtig om die
staat op sy plek te laat sit, om dit so te stel.

4.3 Menseregte is universeel


Menseregte word deesdae as universeel beskou: die grondwette en wetgewing van bykans
35

elke staat in die wêreld bevat maatreëls vir die beskerming van menseregte, veral in die
vorm van ’n handves van regte wat by ’n land se munisipale (of binnelandse) grondwet
ingesluit is. Sommige van hierdie regte is die volgende:
• die reg op lewe
• die reg op gelykheid voor die reg
• die reg op ’n billike verhoor
• ‘n hele reeks ander regte wat op bykans universele aanvaarding aanspraak kan maak
(alhoewel praktiese nakoming van hierdie regte heeltemal ’n ander saak is)

Terselfdertyd wissel die uitleg en toepassing van menseregtenorme sonder uitsonde-


36

ring van een geslag na die volgende en van een kultuur na ’n ander. Die internasionale
dimensie word volgende bespreek.

4.4 Internasionale dimensie


Afgesien van hul universele karakter, word die internasionale dimensie van menseregte
37

ook beklemtoon. Die beskerming van menseregte word nie meer beskou as iets wat vier-
kantig onder die binnelandse jurisdiksie van individuele state val nie, maar het ’n saak
van “international concern and a proper subject for diplomacy, international institutions,
and international law” geword (Henkin The age of rights 17).

Hierdie ontwikkeling word weerspieël in die evolusie van ’n omvattende liggaam van
38

internasionale menseregtenorme, waarvan die belangrikste daardie norme is wat vervat


is in die:
• Verenigde Nasies se Universal Declaration of Human Rights
• die International Covenant on Civil and Political Rights
• die International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights (Hierdie drie do-
kumente staan gesamentlik bekend as die “international bill of rights”.)

39 Streekblokke het ook hul eie menseregtehandveste aanvaar, byvoorbeeld


• die Europese Gemeenskap se European Convention on Human Rights
• die Organisation of American States se Declaration of the Rights and Duties of Man
• die Organisation of African Unity se Charter on Human and People’s Rights (beter
bekend as die Banjul Charter)

‘n Handves van regte is dus ’n dokument wat die regte van die individu teenoor die staat
40

uiteensit (en soms ook teenoor ander individue en maatskappye), en wat ook voorsiening
kan maak vir die afdwinging van sodanige regte. ’n Handves van regte kan óf internasio-

(x)
nale óf binnelandse toepassing vind; in laasgenoemde geval vorm dit dikwels deel van
die grondwet van ’n land.

Die fokus van hierdie kursus is die Suid-Afrikaanse Handves van Regte, wat vervat word
41

in Hoofstuk 2 van die 1996-Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Studie-eenheid
1 vestig die grondslag deur die struktuur van Handves van Regte-litigasie te ondersoek.

(xi) FUR2601/1/2017–2021
(xii)
Studie-eenheid 1
Struktuur van Handves van Regte-litigasie

45 REMEDIE

43 PROSESSUELE 44 SUBSTANTIEWE
FASE FASE

42

FIGUUR 1

OORSIG
Gedingvoering of litigasie ten aansien van die Handves van Regte bestaan uit drie af-
46

sonderlike stadia:
1. die prosessuele stadium
2. die substantiewe stadium (waarin substantiewe aangeleenthede oorweeg word)
3. die remediële stadium (waarin die hof die gepaste regsmiddel bepaal indien op ’n
reg inbreuk gemaak is)

Elke hof wat ’n saak ten aansien van die Handves van Regte aanhoor, is gemoeid met proses-
47

suele kwessies, soos die toepassing van die Handves van Regte en die beregbaarheid
van die kwessies waaroor beslis moet word, waaronder die verskyningsbevoegdheid van
die applikant en die jurisdiksie van die hof om dié regshulp te verleen waarop aanspraak
gemaak word. Die substantiewe stadium van die litigasie behels dat die bepalings van
die Handves van Regte uitgelê word en dat vasgestel word of daar op ’n reg inbreuk ge-
maak is. Die hof moet dan oorweeg of hierdie inbreuk ’n regverdigbare beperking van
die reg is. Indien die hof bevind dat die inbreuk op die reg nie ’n regverdigbare beperking
van die reg is nie, gaan dit oor na die remediële stadium om die gepaste regsmiddel te
oorweeg om die ongrondwetlike inbreuk op die reg te hanteer. In elke stadium van die
litigasie moet die hof oorweeg of die bewyslas op die applikant of op die respondent rus.

1 FUR2601/1
UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u


• die verskillende stadia van fundamenteelregtelike litigasie te kan bespreek, dit wil sê
die prosessuele stadium, die substantiewe stadium en die remediële stadium
• te kan verduidelik waar die bewyslas in elkeen van hierdie stadia geleë is (maw, wie
dra die bewyslas om elkeen van die verskillende kwessies in elke stadium te bewys)
• die verskillende stadia op ’n feitelike situasie te kan toepas

VOORGESKREWE MATERIAAL
Hierdie studie-eenheid handel oor HOOFSTUK 2 in die Bill of Rights Handbook, wat die
48

verskillende stadia van fundamenteelregtelike litigasie bespreek.

SLEUTELBEGRIPPE

Die volgende is ’n paar van die sleutelbegrippe wat in hierdie studie-eenheid gebruik
word. Dit is baie belangrik dat u hierdie begrippe goed verstaan:

 BEREGBAARHEID
Dit beteken dat die applikant die nodige verskyningsbevoegdheid moet hê om om ’n
remedie aansoek te doen. Dit kan ook beteken dat dit ’n onuitgemaakte of ’n akademiese
kwessie is en dat dus nie daaroor beslis kan word nie (moot). Laastens kan ’n kwessie
nie beregbaar wees nie, omdat dit nog nie gereed is vir ’n beslissing deur die hof nie.
Studente ondervind dikwels probleme met hierdie woord, wat ’n spesifieke regsbete-
kenis het. Eerstens moet u nie “beregbaar” verwar met “regverdigbare” nie. Beregbaar
beteken “afdwingbaar in ’n hof” en regverdigbaar beteken “iets kan regtens (of moreel)
geregverdig word”.

 JURISDIKSIE
‘n Mens moet in die korrekte forum wees om ’n beweerde regskending te betwis, aan-
gesien nie alle howe jurisdiksie in grondwetlike aangeleenthede het nie. Die howe wat
jurisdiksie het om grondwetlike aangeleenthede aan te hoor, is die Hoë Hof, die Hoogste
Hof van Appèl en die Konstitusionele Hof.

 SUBSTANTIEWE STADIUM
Tydens die substantiewe stadium van die fundamenteelregtelike litigasieproses hanteer
die hof die hoofinhoud van die applikant se bewering, naamlik dat die reg of die optrede
van ’n ander party op ’n reg inbreuk gemaak het. Die hof beoordeel die meriete van die
bewering deur die tersaaklike bepalings van die Grondwet en veral van die Handves van
Regte te interpreteer.

 BEWYSLAS
Die hof moet bepaal wie se taak dit is, of op wie die bewyslas rus om elkeen van die
kwessies in elk van die drie afsonderlike stadia te bewys. Die drie stadia van fundamen-
teelregtelike litigasie word volgende bespreek.

2
1.1 DRIE STADIA VAN FUNDAMENTEELREGTELIKE LITIGASIE
49 Fundamenteelregtelike litigasie vind plaas in drie afsonderlike stadia, naamlik die proses-
suele stadium, die substantiewe stadium en die remediële stadium.

50 Sien figuur 2 hier onder.

52 PROSESSUELE FASE

Wan-
55

neer aan
vereistes
voldoen
word

53 SUBSTANTIEWE FASE

56

Indien
57

nie
regverdigbaar
nie

54 REMEDIËLE FASE

51

FIGUUR 2

58 Elk van hierdie drie stadia van fundamenteelregtelike litigasie word breedvoerig onder-
soek, en ons begin by die prosessuele stadium.

STADIUM 1: PROSESSUELE STADIUM


59 In hierdie stadium is die hof gemoeid met (i) die toepassing van die Handves van Regte
op die onderwerp van die litigasie, (ii) die beregbaarheid van die aangeleentheid waaroor
beslis moet word, die verskyningsbevoegdheid van die applikant en (iii) die jurisdiksie
van die hof om die regshulp te verleen soos deur die applikant aangevra. Daar sal op
elkeen van hierdie stadiums uitgebrei word. Let daarop hoe vrae in die teks gestel en
beantwoord word.

3 FUR2601/1
(i) TOEPASSING
Hier moet bepaal word of die Handves van Regte van toepassing is op die geskil tussen die
60

partye. Daar moet vasgestel word of die applikant beskerm word deur die Handves van
Regte en of die respondent gebonde is om op te tree in ooreenstemming met die Handves
van Regte. Die applikant moet bepaal watter reg in die Grondwet beskerm hom/haar in die
betrokke omstandighede van die saak. Artikel 8 van die Grondwet bepaal of die respondent in
die omstandighede daaraan gebonde is om in ooreenstemming met die Grondwet op te tree.

Hoe is die Handves van Regte van toepassing op die geskil? Daar moet bepaal word of
61

die Handves van Regte regstreeks of onregstreeks van toepassing is. Die algemene
reël wat die howe volg, is dat die Handves van Regte eerstens indirek toegepas moet
word voordat direkte toepassing oorweeg word.

(ii) BEREGBAARHEID
Die kwessies moet gereed wees vir ’n beslissing deur die hof en moet nie ’n onuitgemaakte
62

(moot) of akademiese kwessie wees nie. Het die applikant in die aangeleentheid versky-
ningsbevoegdheid ten aansien van die betrokke regshulp wat versoek word? Die applikant
moet die geskikte persoon wees om die aangeleentheid vir beregting deur die hof te opper.

(iii) JURISDIKSIE
Het die hof jurisdiksie om die regshulp te verleen waarom aansoek gedoen is? Slegs
63

die Hoë Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Konstitusionele Hof het jurisdiksie om
grondwetlike aangeleenthede te bereg.

Nadat die kwessies in hierdie stadium bepaal is, begin die hof die substantiewe stadium
64

analiseer.

66

Handel oor proses-


suele aangeleenthede

68

67 70

Beregbaarheid van die


aangeleentheid waar- Jurisdiksie van die
Toepassing van die oor beslis moet word
69
hof om die
HvR Sluit verskynings- remedie wat
bevoegdheid van die geëis word, toe
applikant in te staan
Artikel 38
65

FIGUUR 3: ’n Diagram wat die prosessuele stadium uiteensit

4
STADIUM 2: SUBSTANTIEWE STADIUM
In hierdie stadium moet die hof, ná oorweging van al die feite in die saak, vasstel of ’n
71

reg in die Handves van Regte geskend is. As die hof bevind dat ’n reg in die Handves
van Regte wel geskend is, moet hy oorweeg of daardie skending op ’n regverdigbare
beperking van ’n reg neerkom.

72 Die substantiewe vrae is dus die volgende:

(i) UITLEG
Het die reg of die optrede van die respondent ’n fundamentele reg van die applikant
73

geskend? Hierdie stadium fokus op die werklike skending van ’n reg. Daar moet vasgestel
word of die reg – of die betrokke optrede – die reg of regte van die applikant skend. Die
hof bepaal dit ná uitleg van die bepalings van die Grondwet in die algemeen, en van die
bepalings van die Handves van Regte in die besonder. As die hof bevind dat geen sken-
ding plaasgevind het nie, word die aansoek van die hand gewys. As ’n fundamentele reg
egter wel geskend is, gaan die hof oor na die volgende vraag.

(ii) BEPERKING
Is die skending ’n regverdigbare beperking van die betrokke reg volgens die kriteria
74

wat in artikel 36 uiteengesit word? As hierdie vraag bevestigend beantwoord word, kan
die respondent se optrede nie as ongrondwetlik beskou word nie, en moet die aansoek
van die hand gewys word. As die respondent se optrede nie voldoen aan die toets in
artikel 36 nie, word dit as ongrondwetlik beskou. Die hof gaan dan oor na die volgende
stadium. Sien figuur 4 wat die substantiewe stadium uiteensit

75

FIGUUR 4: ’n Diagram wat die substantiewe stadium uiteensit

5 FUR2601/1
STADIUM 3: REMEDIE
Laastens, as die hof bevind dat inbreuk op ’n reg nie ’n regverdigbare beperking is nie,
76

moet hof die gepaste remedie oorweeg om die ongrondwetlike inbreuk op ’n funda-
mentele reg te hanteer.

BEWYSLAS
Die hof moet ook bepaal wie se taak dit is om die kwessies in elkeen van die drie afsonder-
77

like stadia te bewys. Dit verwys na die bewyslas.

(i) BEWYSLAS – PROSESSUELE STADIUM


In die prosessuele stadium rus die bewyslas op die applikant om te bewys dat aan al die
78

vereistes voldoen is.

(ii) BEWYSLAS – SUBSTANTIEWE STADIUM


In die substantiewe stadium rus die bewyslas eers op die applikant wat moet aantoon dat
79

op ’n reg inbreuk gemaak is. Daarna verskuif die bewyslas na die respondent: hy of sy
moet aantoon dat die inbreukmaking ’n regverdigbare beperking van die reg ingevolge
artikel 36 is.

(iii) BEWYSLAS – REMEDIËLE STADIUM


Met betrekking tot die bewyslasvraag wanneer oor die gepaste remedie beslis word, hang
80

dit daarvan af of die Handves van Regte direk (regstreeks) of indirek (onregstreeks)
toegepas word. Indien die Handves van Regte indirek toegepas word, word ’n gewone
remedie toegestaan en die gewone regsreëls geld ten opsigte van die bewyslas.

Indien die Handves van Regte direk toegepas word, verklaar die hof die bepaling wat
81

onbestaanbaar met die Grondwet bevind word ongeldig ingevolge die bevoegdheid
wat artikel 172 van die Grondwet aan die hof verleen. Die hof word dan gemagtig om die
gevolge van die ongeldigverklaring te beperk of op te hef. Die party wat enige verande-
rings aan hierdie vorm van regshulp wil aanbring, word dan gevra om sy of haar versoek
te regverdig.

AKTIWITEIT

Die Universiteit van Gauteng vereis dat alle voornemende regstudente ’n taalvaar-
digheidstoets in óf Afrikaans óf Engels, die onderrigtale, moet aflê. Me X, wie se huistaal
Noord-Sotho is, het aansoek gedoen om vir ’n LLB-graad te registreer, maar haar aansoek
is van die hand gewys. Sy voel dat die Universiteit se taalbeleid diskriminerend, en dus
ongrondwetlik, is. Adviseer haar oor die volgende:
(A) die prosessuele vrae wat ’n hof moet oorweeg
(B) die substantiewe kwessies wat haar saak opper
(C) moontlike remedies
(D) wie die bewyslas moet dra in die verskillende stadiums van die litigasie (10)

6
Skryf u antwoorde op die vrae in die aktiwiteit neer. Lees eers daarna die onder-
82

staande terugvoering en evalueer u antwoord.

Terugvoering oor die aktiwiteit


1

Die antwoord behels ’n bespreking van die teorie soos hierbo gestel, waaronder spesifieke
toepassing op die feite van hierdie betrokke geval:
• Me X word beskerm kragtens artikel 9(1) en artikel 9(3) van die Grondwet, wat die reg op
gelyke behandeling bepaal en onbillike diskriminasie op grond van taal verbied.
• Sy word ook beskerm ingevolge artikel 30 van die 1996-Grondwet, wat elkeen toelaat
om sy of haar eie kultuur te geniet, sy of haar eie godsdiens te beoefen en sy of haar eie
taal te gebruik.
• Die respondent, die Universiteit van Gauteng, is ingevolge artikel 8(2) van die Grondwet
aan die Handves van Regte gebonde. Hierdie artikel bepaal dat natuurlike en regspersone
gebonde is aan die Handves van Regte, indien van toepassing, met inagneming van die
aard van die reg en die aard van die plig wat deur die reg opgelê word.

1.2 SAMEVATTING
In hierdie studie-eenheid is gefokus op die drie afsonderlike stadia van fundamenteel-
83

regtelike litigasie om die Handves van Regte af te dwing.

In die volgende studie-eenheid ondersoek ons die eerste vraag in die prosessuele stadium
84

van fundamenteelregtelike ontleding, naamlik of en hoe die Handves van Regte op ’n


bepaalde geskil van toepassing is.

7 FUR2601/1
Studie-eenheid 2
Toepassing

TABEL 1: Prosessuele fase

85

OORSIG
In die vorige studie-eenheid het u kennis gemaak met die verskillende stadia van fun-
86

damenteelregtelike litigasie. Hierdie studie-eenheid fokus in meer besonderhede op die


eerste vraag in die prosessuele stadium, naamlik of die Handves van Regte op ’n bepaalde
aangeleentheid van toepassing is.

LET WEL: Die meriete van die saak (Wie is reg en wie is verkeerd?) is glad nie ter sprake
87

nie. Wanneer ons met toepassing te doen het, stel ons net belang in die vraag
of die Handves van Regte enigsins op die aangeleentheid betrekking het.

88 U onthou moontlik nog dat die toepassingsondersoek uit die volgende vrae bestaan:

Is die Handves van Regte van toepassing op die geskil tussen die partye? Dit behels drie
89

vrae:

8
(a) Is die applikant op die regte in die Handves van Regte geregtig?
(b) Is die respondent aan die Handves van Regte gebonde?
(c) Hoe is die Handves van Regte op die geskil van toepassing? Is dit direk of indirek
van toepassing?

90 In hierdie studie-eenheid ondersoek ons dié vrae omvattend.

UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u


• die vraag te kan bespreek: “Wie is geregtig op die regte in die Handves van Regte?”
• te kan onderskei tussen die direkte en indirekte toepassing van die Handves van Regte,
en die belang van hierdie onderskeid te kan bespreek
• artikel 8(1) en 8(2) van die 1996-Grondwet te kan ontleed wat onderskeidelik vir vertikale
en direkte horisontale toepassing voorsiening maak
• die indirekte toepassing van die Handves van Regte op (a) wetgewing en (b) die geme-
nereg te kan bespreek
• die vraag te kan ondersoek: “Wanneer behoort die Handves van Regte direk of indirek
toegepas word op (a) wetgewing en (b) die gemenereg?”
• u kennis op ’n praktiese probleem te kan toepas

VOORGESKREWE MATERIAAL
Hierdie studie-eenheid handel oor artikel 8, 39(2) en 239 van die Grondwet en HOOF-
91

STUK 3 van die The Bill of Rights Handbook.

TOEPASLIKE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET


8 Toepassing
1. Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die wetgewende,
die uitvoerende en die regsprekende gesag van alle staatsorgane.
2. ‘n Bepaling in die Handves van Regte bind ’n natuurlike of ’n regspersoon indien,
en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg
en die aard van enige plig deur die reg opgelê.
3. By die toepassing van ’n bepaling van die Handves van Regte op ’n natuurlike of
regspersoon ingevolge subartikel (2) moet ’n hof,
a. ten einde gevolg te gee aan ’n reg in die Handves, die gemene reg toepas, of
indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg
gevolg gee nie; en
b. kan ’n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die
beperking in ooreenstemming met artikel 36 is.
4. ‘n Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin
die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.

9 FUR2601/1
39 Uitleg van die Handves van Regte
1. By die uitleg van die Handves van Regte moet ’n hof, tribunaal of forum
a. die waardes wat ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaar-
digheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê, bevorder;
b. moet ’n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem en
c. kan ’n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.
2. By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of
gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke
van die Handves van Regte bevorder.
3. Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat
deur die gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in
die mate waarin daardie regte of vryhede met die die Handves bestaanbaar is.

239 Omskrywings
In die Grondwet, tensy anders uit die konteks blyk
….
2. beteken “staatsorgaan”
1. Enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of plaas-
like regeringsfeer; of
2. Enige ander funksionaris of instelling –
a. wat ’n bevoegdheid uitoefen of funksie verrig ingevolge die Grondwet of
’n provinsiale grondwet ; of
b. ‘n openbare bevoegdheid uitoefen of ’n openbare funksie verrig ingevolge
enige wetgewing, maar sluit nie ’n hof of regterlike beampte in nie

SLEUTELBEGRIPPE

Die volgende is ’n paar van die sleutelbegrippe wat in hierdie studie-eenheid gebruik
word. Dit is baie belangrik dat u hierdie begrippe goed verstaan:

 GEMENEREG
Die gemenereg is reg wat nie in wetgewing vervat is nie, maar wat bestaan in die geskrifte
van Romeins-Hollandse en Engelsregtelike gesaghebbende skrywers, en in die prese-
dente vervat in regspraak.

 DIREKTE (REGSTREEKSE) TOEPASSING


Dit is die toepassing van die Handves van Regte as direk toepaslike reg wat lei tot die
ongeldigverklaring van enige reg of optrede wat daarmee onbestaanbaar is. Sien ook
“indirekte toepassing”.

10
 UITVOERENDE GESAG
Die uitvoerende vertakking van die regering word beklee met die gesag om wette te
implementeer en af te dwing, en om beleid te maak. Die uitvoerende gesag berus by die
President, tesame met die kabinet (in die nasionale sfeer); die premier van ’n provinsie,
tesame met die Uitvoerende Raad (in die provinsiale sfeer); en munisipale rade (in die
plaaslike sfeer).

 HORISONTALE TOEPASSING
Dit is die toepassing van die Handves van Regte op ’n geskil tussen private partye, waar
die grondwetlikheid van wetgewing nie in geskil is nie. Sien ook “vertikale toepassing”.

 INDIREKTE (ONREGSTREEKSE) TOEPASSING


Dit is die uitleg van wetgewing of die ontwikkeling van die gemenereg om die gees, strek-
king en oogmerke van die Handves van Regte te bevorder. Sien ook “direkte toepassing”.

 REGSPREKENDE GESAG
Hierdie vertakking van die regering word beklee met die gesag om regsreëls te interpre-
teer en om hulle in konkrete gevalle toe te pas. Regsprekende gesag berus by die howe.

 REGSPERSOON
‘n Regspersoon is ’n entiteit, soos ’n maatskappy of beslote korporasie, wat nie ’n regte
of natuurlike persoon is nie, maar wat nogtans ’n regspersoonlikheid het.

 WETGEWENDE GESAG
Die wetgewende gesag bestaan uit instellings wat beklee is met die bevoegdheid om
wette te maak, te wysig of te herroep. Hierdie instellings is die parlement, wat met wet-
gewende gesag beklee is in die nasionale sfeer, provinsiale wetgewers in die provinsiale
sfeer en munisipale rade in die plaaslike sfeer.

 STAATSORGAAN
Sien die definisie in artikel 239 van die Grondwet.

 VERTIKALE TOEPASSING
Dit is die toepassing van die Handves van Regte op ’n geskil wat oor die grondwetlikheid
van wetgewing handel of op ’n geskil waarby die staat ’n party is. Sien ook “horisontale
toepassing”.

Noudat u bekend is met die bostaande omskrywings en dit ken, brei ons uit op die vraag:
92

“Wie word deur die Handves van Regte beskerm?”

2.1 WIE WORD DEUR DIE HANDVES VAN REGTE BESKERM?


93 Is die applikant op ’n bepaalde reg of regte in die Handves van Regte geregtig?

11 FUR2601/1
Die eerste vraag wat gevra moet word wanneer ’n mens toepassing bespreek, moet
94

wees: Is die applikant geregtig op ’n bepaalde reg of regte in die Handves van Regte?
Is ’n buitelandse burger wat byvoorbeeld in Suid-Afrika woonagtig is, geregtig op die
reg op menswaardigheid of die reg op toegang tot gesondheidsorg of die reg om in ’n
algemene verkiesing te stem?

Die beginpunt by die beantwoording van hierdie vrae is die taal van die betrokke regs-
95

bepaling. Die meeste regte word aan elkeen toegestaan, maar daar is ’n aantal regte
wat slegs vir burgers, kinders, werkers, of die een of ander kategorie voorbehou word.

96 Is ’n regspersoon geregtig op die regte in die Handves van Regte?

‘n Vraag wat nou hiermee verband hou, is of ’n regspersoon, soos ’n maatskappy, geregtig
97

is op regte soos gelykheid, privaatheid of godsdiensvryheid.

98 Om hierdie vraag te beantwoord, moet u artikel 8(4) van die Grondwet bestudeer.

Ingevolge artikel 8(4) is ’n regspersoon geregtig op die regte in die Handves van Regte
99

in dié mate waarin die aard van die reg en die aard van die regspersoon dit vereis.
Daar moet individueel na elke reg gekyk word om te bepaal of die regspersoon daarop
geregtig is om aanspraak te maak op hierdie regte al dan nie.

100 Byvoorbeeld: Die aard van die reg op lewe is van so ’n aard dat dit nie deur ’n regsper-
soon uitgeoefen kan word nie, maar net deur ’n natuurlike persoon. ’n
Regspersoon soos die South African Broadcasting Corporation (SABC)
kan hom egter op die reg op vryheid van uitdrukking beroep. Eerstens
is daar niks in die aard van hierdie reg wat dit onmoontlik of ongewens
vir ’n regspersoon maak om hom daarop te beroep nie. Tweedens is
die aard van die regspersoon (die SABC) sodanig dat die uitoefening
van die reg op vryheid van uitdrukking deel van sy daaglikse bedryf is.

Afstanddoening
‘n Derde vraag is of iemand afstand kan doen van ’n fundamentele reg waarop hy of sy
101

andersins geregtig is. Kan iemand byvoorbeeld verplig word om sy onderneming ge-
stand te doen om nie by ’n vakbond aan te sluit nie of om nie die Republiek te verlaat nie?

Hierdie kwessies word bespreek in hoofstuk 3 van die handboek. U moet hierdie
102

bladsye lees, maar let daarop dat deeglike kennis van hierdie kwessies nie nodig
is nie.

103

12
2.2 WIE IS GEBONDE AAN DIE HANDVES VAN REGTE?

104

13 FUR2601/1
105

14
2.2.1 ‘n Paar belangrike verskille
Voor ons die toepaslike bepalings van die Handves van Regte en die uitleg daarvan be-
106

handel, is dit belangrik dat u die volgende twee verskille begryp:


(1) die onderskeid tussen vertikale en horisontale toepassing
(2) die onderskeid tussen direkte en indirekte toepassing

107 Ons brei hierna op elk van hierdie begrippe uit sodat die onderskeid tussen hulle duidelik is.

2.2.1.1 Vertikale toepassing van die Handves van Regte


Vertikale toepassing verwys na die toepassing van die Handves van Regte op ’n geskil wat
108

oor die grondwetlikheid van wetgewing handel of ’n geskil waarby die staat ’n party is.

109 Kyk na die volgende voorbeelde:

• ‘n Hof bevind dat ’n parlementswet neerkom op ’n skending van iemand se grondwet-


like regte. Die grondwetlikheid van wetgewing is in geskil.
• ‘n Hof bevind dat die Departement van Gesondheid inbreuk gemaak het op mnr
Salmon Ella se grondwetlike regte. Een van die partye, naamlik die Departement
van Gesondheid, is ’n staatsorgaan.

110 Albei is duidelike voorbeelde van vertikale toepassing.

2.2.1.2 Horisontale toepassing van die Handves van Regte


Horisontale toepassing verwys na die toepassing van die Handves van Regte op ’n geskil
111

tussen private partye, waar die grondwetlikheid van wetgewing nie in geskil is nie.

112 Kyk na nou die volgende voorbeelde:


• ‘n Hof bevind dat daar onbillik teen mnr K Mullet, ’n blanke man, gediskrimineer is
deur ’n haarkapper wat in Afrikahaarstyle spesialiseer.
• Die Weekly Wail, ’n koerant, word deur ’n vooraanstaande sakeman gedagvaar vir laster.
Ter verdediging voer die Weekly Wail aan dat die heersende gemenereg ten aansien
van laster nie in ooreenstemming is met die Handves van Regte nie en ontwikkel
behoort te word om meer beskerming aan die vryheid van uitdrukking te gee.

Bogenoemde is voorbeelde van horisontale toepassing. Albei geskille is tussen pri-


113

vate partye en nie een handel oor die grondwetlikheid van wetgewing nie.

2.2.1.3 Direkte toepassing van die Handves van Regte


Artikel 8(1) maak voorsiening vir direkte vertikale toepassing, terwyl artikel 8(2) (saam-
114

gelees met a 8(3)) voorsiening maak vir direkte horisontale toepassing.

115 Bestudeer hierdie bepalings deeglik, tesame met relevante bladsye in die handboek.

116 Besin nou oor die volgende voorbeeld:

15 FUR2601/1
• In S v Makwanyane 1995 (3) SA 391 (KH) bevind die Konstitusionele Hof dat die doodstraf,
soos bepaal in artikel 277(1) van die Strafproseswet, ongrondwetlik is. Die hof bevind
dus dat artikel 277(1) ongeldig is.
• Dit is ’n duidelike voorbeeld van die direkte toepassing van die Handves van Regte.
Die hof vergelyk artikel 277(1) met die tersaaklike bepalings in die Handves van Regte,
en bevind dat eersgenoemde onbestaanbaar met laasgenoemde is. Die hof gebruik
dan die grondwetlike remedie van ongeldigverklaring om hierdie onbestaanbaarheid
te verwyder.
• In Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 (4) SA 938 (KH), is die appellant, me
Alix Jean Carmichele, brutaal aangerand deur ’n man teen wie daar op daardie tydstip
aanklagte van verkragting en poging tot moord hangende was. Die applikant het die
staat vir skadevergoeding gedagvaar. Sy het beweer dat die polisie en staatsaanklaers
versuim het om hul regsplig na te kom om haar te beskerm teen iemand met ’n ge-
skiedenis van gewelddadige seksuele aanvalle. Die Hoë Hof het bevind dat die staat
nie deliktueel aanspreeklik gehou kan word nie. Dit is bevestig deur die Hoogste Hof
van Appèl. Sy het daarna na die Konstitusionele Hof geappelleer wat bevind het dat
die deliktuele gemenereg ontwikkel moes word om die gees, strekking en oogmerke
van die Handves van Regte te bevorder, en in die besonder, die reg van vroue om vry te
wees van die bedreiging van seksuele geweld. Die saak is na die Hoë Hof terugverwys
wat toe bevind het dat, in die lig van die behoefte om die gemenereg in die lig van
die Handves van Regte te ontwikkel, die staat aanspreeklik was vir skadevergoeding.
• Dit is ’n voorbeeld van die indirekte toepassing van die Handves van Regte.

Die tersaaklike gemeenregtelike reëls is nie ongeldig verklaar nie, maar is eerder ontwikkel
117

om die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte te bevorder. Die remedie
wat aan me Carmichele verleen is, was nie ’n grondwetlike remedie soos ongeldigver-
klaring nie, maar die gewone gemeenregtelike remedie van deliktuele skadevergoeding.

2.2.1.4 Indirekte toepassing van die Handves van Regte


118 Artikel 39(2) maak voorsiening vir die indirekte toepassing van die Handves van Regte.

U moet hierdie bepaling deeglik bestudeer, tesame met die relevante bladsye in
119

hoofstuk 3 in die handboek.

U sal onthou dat indirekte toepassing beteken dat – in plaas daarvan dat bevind word dat
120

die reg of ’n optrede ongrondwetlik is en dat ’n grondwetlike remedie verleen word (bv
ongeldigverklaring) – ’n hof die gewone reg toepas, maar dit interpreteer of ontwikkel
met verwysing na die waardes in die Handves van Regte.

121 Artikel 39(2) voorsien twee tipes indirekte toepassing:


(1) Die eerste het betrekking op die uitleg van wetgewing:
• By die uitleg van wetgewing moet ’n hof die gees, strekking en oogmerke van
die Handves van Regte bevorder.
• Dit beteken dat die hof voorkeur moet verleen aan ’n uitleg wat ooreenstem met
die grondwetlike waardes bo ’n uitleg wat onbestaanbaar met hierdie waardes is.
• ‘n Wetgewende bepaling kan dikwels op twee of meer maniere uitgelê word.

16
• As een uitleg tot ’n bevinding van ongrondwetlikheid sou lei, terwyl ’n tweede
uitleg die bepaling in ooreenstemming met die Grondwet sal bring, moet die
tweede uitleg gevolg word.
• Dit is egter onderworpe aan die volgende voorwaardes:
(i) Dit is die toepaslike wetgewing wat in ooreenstemming met die
Grondwet gebring moet word, en nie die Grondwet self wat weer uitgelê
moet word om dit verenigbaar met die wetgewing te maak nie.
(ii) Die wetgewende bepaling moet redelikerwys uitgelê kan word sodat
dit grondwetlik sal wees.

• In Daniels v Campbell NO 2004 (5) SA 331 (KH) het die Konstitusionele Hof te doen
gehad met die bevraagtekening van die grondwetlikheid van wetgewende
bepalings wat voordele aan die oorlewende gade toegestaan het in ’n huwelik
wat deur die dood beeïndig is.

Die Hoë Hof het beslis dat hierdie bepalings ongrondwetlik was in die mate waarin
hulle nie dieselfde voordeel aan ’n eggenoot of eggenote in ’n monogame Moslem-
huwelik toegestaan het nie. Volgens die hof kon die term “gade” nie redelikerwys
uitgelê word om die partye by ’n Moslemhuwelik in te sluit nie, aangesien hierdie
soort huwelik nog nie as geldig in die Suid-Afrikaanse reg erken is nie.
Die Konstitusionele Hof het die bevel van die Hoë Hof tersyde gestel en bevind dat
die woorde “oorlewende” (survivor) en “gade” (spouse) rederlikerwys uitgelê kon
word om die oorlewende eggenoot by ’n monogame Moslemhuwelik in te sluit.
Om hierdie rede was dit onnodig om die Handves van Regte direk toe te pas en om
die wetgewende bepalings ongeldig te verklaar.
(2) Die tweede tipe indirekte toepassing handel oor die ontwikkeling van die gemenereg.
• In die Carmichele-saak het die Konstitusionele Hof dit duidelik gemaak dat die
howe ’n plig het om die gemenereg te ontwikkel in ooreenstemming met die
gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte.
• Die outeurs van die handboek wys daarop dat die gemenereg, anders as wet-
gewing, reg is wat deur regters geskep word.
• Om hierdie rede het die howe meer speling om die gemenereg in nuwe rigtings
te ontwikkel – hulle word nie gedwing deur die behoefte om ’n aanneemlike
uitleg van ’n bestaande reël te gee nie, maar mag gemeenregtelike reëls en
standaarde vryelik aanpas en ontwikkel om die waardes onderliggend aan
die Handves van Regte te bevorder.
• Daar is egter perke op die bevoegdheid van die howe om die gemenereg te
ontwikkel. Vir meer inligting oor hierdie aangeleentheid moet u die tersaaklike
bladsye in hoofstuk 3 in die handboek bestudeer.

2.3 INDIREKTE TOEPASSING MOET VOOR DIREKTE


TOEPASSING OORWEEG WORD
Die indirekte toepassing van die Grondwet word bo die direkte toepassing verkies. Die
122

redenasie daaragter is dat die howe dit moet vermy om uitsprake oor die betekenis

17 FUR2601/1
van die Grondwet te maak as dit nie werklik nodig is nie, ten einde ruimte te laat vir die
wetgewende gesag om die reg ooreenkomstig sy eie interpretasie van die Grondwet te
wysig. Dit staan bekend as die beginsel van vermyding.

Die reël is nie absoluut nie en hang van die omstandighede van elke saak af. Indien daar
123

’n duidelike skending van die Grondwet is, en daar geen ooglopende alternatiewe vorm
van gewone regshulp bestaan nie, is regstreekse of direkte toepassing van die Grondwet
die ooglopende keuse.

Bestudeer die tersaaklike bladsye in die handboek in hierdie verband.


124

AKTIWITEIT

Beantwoord die volgende vrae en vergelyk dan u antwoorde met die terugvoering hier
onder.

Wie is geregtig op die regte in die Handves van Regte?

(1) Franco Phile, ’n Franse sokkerspeler, het ’n eenjaarkontrak om vir ’n Suid-Afrikaanse


klub sokker te speel. Is Franco geregtig op die volgende grondwetlike regte? Ver-
duidelik u antwoorde kortliks:
(a) die reg op lewe
(b) die reg op administratiewe geregtigheid
(c) die reg om in algemene verkiesings te stem (3)

(2) Wanneer kan ’n regspersoon aanspraak maak op die beskerming van die Handves
van Regte? (3)
Meer spesifiek:
(a) Kan ’n versekeringsmaatskappy hom beroep op die reg op lewe? (2)
(b) Kan ’n vakbond hom beroep op die reg om aan kollektiewe bedinging deel te
neem? (2)
(c) Kan ’n beslote korporasie aanspraak maak op die reg op toegang tot inligting?
(2)
(d) Kan die SABC hom beroep op die reg op vryheid van spraak? (2)
(e) Kan die Gauteng provinsiale regering aanspraak maak op die reg op gelykheid?
(2)

(3) ABC Supermark word daarvan aangekla dat hy die Drankwet oortree, omdat hy
wyn op ’n Sondag verkoop het. Ter verdediging argumenteer ABC Supermark dat
die Wet ’n ongrondwetlike skending van godsdiensvryheid is.
(a) Adviseer ABC Supermark oor die vraag of dit op die reg op godsdiensvryheid
aanspraak kan maak. (3)
(b) Indien ABC Supermark hom nie op die reg op godsdiensvryheid kan beroep nie,
kan hy nogtans die grondwetlikheid van die Wet betwis? (2)

(4) Kan ’n regspersoon aanspraak maak op die beskerming van die Handves van Regte?
Kan SABC hom byvoorbeeld op die reg op lewe en die reg op vryheid van uitdruk-
king beroep? (10)

18
Wie is aan die Handves van Regte gebonde?
(5) Is die volgende stellings waar of onwaar? Gee redes vir u antwoorde.

(LW: BEPAAL U BY DIE TOEPASSING VAN DIE HANDVES VAN REGTE. MOENIE
DIE MERIETE VAN DIE GEVAL BESPREEK NIE.)
(a) Dit is nie nodig dat die reëls van Elite Sekondêre Skool (‘n private skool) aan die
bepalings van die Handves van Regte voldoen nie. (2)
(b) Die Departement van Onderwys is een van ’n paar staatsdepartmente wat nie
aan die Handves van Regte gebonde is nie. (2)
(c) Die immigrasieowerheid is daarop geregtig om alle onwettige immigrante on-
middellik te deporteer, aangesien hulle nie deur die 1996-Grondwet beskerm
word nie. (2)
(d) Die Happy Sunday Drankwinkel mag op Sondae handel dryf, aangesien hy
beskerm word deur artikel 15 van die Grondwet wat voorsiening maak vir die
reg op godsdiensvryheid. (2)
(e) Natuurlike en regspersone is nie ingevolge artikel 26(1) gebonde aan die reg
op toegang tot geskikte behuising nie, maar word gebind deur die reg van
’n persoon om nie uit sy of haar woning gesit te word sonder ’n hofbevel nie
(a 26(3)). (2)
(f) Die Handves van Regte is van toepassing op die optrede van ’n plaaseienaar wat
weier om behuising aan ’n groep plakkers te verskaf. (2)

(6) Is die Handves van Regte op die volgende van toepassing?

(LW: BESPREEK SLEGS DIE TOEPASSING VAN DIE HANDVES VAN REGTE , EN
NIE DIE MERIETE VAN DIE GEVAL NIE. VERSTREK REDES VIR U ANTWOORDE.)
(a) ‘n besluit deur die parlement om ’n immigrasiewet te aanvaar (2)
(b) ‘n besluit deur ’n private skool om vyf leerders te skors (2)
(c) ‘n tussentydse interdik uitgereik deur die landdroshof (2)
(d) die vereiste dat slegs mense tussen die ouderdom van 20 en 40 aansoek om
lidmaatskap van ’n gimnasium mag doen (2)
(e) ‘n testament ingevolge waarvan ’n vroulike erfgenaam verhoed word om van
die bestorwe boedel te erf (2)

(7) Bespreek of, en in watter mate ’n regspersoon aanspraak kan maak op die beskerming
van die Handves van Regte. Kan Noseweek, ’n onafhanklike koerant, byvoorbeeld
aanspraak maak op die reg op lewe en op die reg op vryheid van uitdrukking? (5)

Direkte toepassing
(8) Waarna verwys die “optrede van staatsorgane”? (4)
(9) Is die Handves van Regte op die volgende van toepassing? Gee redes vir u antwoorde.
(a) ‘n parlementswet (2)
(b) ‘n munisipale verordening (2)
(c) ‘n hofbevel (2)
(d) die oplegging van ’n boete deur ’n verkeersbeampte (2)
(e) ‘n besluit deur Unisa om ’n student te skors (2)
(f) die uitoefening van die president se bevoegdheid om amnestie aan oortreders
te verleen (2)

(10) Wanneer sal ’n bepaling van die Handves van Regte op ’n natuurlike of ’n regsper-
soon kragtens artikel 8(2) van toepassing wees? Hoe moet hierdie bepaling (a 8(2))
vertolk word?

19 FUR2601/1
(11) Is die Handves van Regte van toepassing op die volgende optrede? Verstrek redes
vir u antwoorde.
(a) ‘n Gastehuis stel dit duidelik dat gay en lesbiese paartjies nie welkom is nie. (2)
(b) ‘n Plaaseienaar weier om behuising aan ’n groep plakkers te verskaf. (2)
(c) ‘n Private hospitaal wys alle pasiënte weg wat nie kan betaal nie, selfs in nood-
gevalle. (2)
Indirekte toepassing

(12) In watter omstandighede kan ’n hof ’n grondwetlike ongeldigverklaring vermy deur


wetgewing in ooreenstemming met die Grondwet uit te lê? (8)
(13) U is die klerk van Van Leeuwen R, ’n regter van die Hoë Hof. Sy is die voorsittende
beampte in ’n saak waarin die grondwetlikheid van ’n parlementswet betwis word.
Die regter vra u om ’n kort opinie oor die volgende vrae te skryf:
(a) Wat is die verskille tussen direkte en indirekte toepassing? (10)
(b) Wanneer moet ’n hof die Handves van Regte direk op wetgewing toepas en
wanneer moet dit wetgewing eerder in ooreenstemming met die Handves van
Regte uitlê? (5)
(14) Van Leeuwen R is ook die voorsittende beampte in ’n saak waarin aangevoer word
dat die gemenereg ten aansien van laster onbestaanbaar is met die Handves van
Regte, aangesien dit nie geskikte beskerming aan die vryheid van uitdrukking verleen
nie. Sy vra u om ’n kort mening oor die volgende vraag te skryf:
(a) Is daar gevalle waarin ’n hof ’n gemeenregtelike reël eenvoudig ongeldig kan
verklaar omdat dit onbestaanbaar met die Handves van Regte is? (4)

TERUGVOERING OP DIE AKTIWITEIT


2

Wie mag aanspraak maak op die regte in die Handves van Regte?

(1) Hier hoef u net die tersaaklike bepalings van die Handves van Regte te lees. Artikel 11
lees as volg: “Elkeen het die reg op lewe.” Artikel 33 bepaal: “Elkeen het die reg op admi-
nistratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosessueel billik is.” Franco is dus geregtig
op hierdie regte. Artikel 19 (politieke regte) is egter net van toepassing op elke burger.
As nieburger kan Franco nie op hierdie reg aanspraak maak nie.
(2) Bespreek artikel 8(4) kortliks in antwoord op hierdie vraag.
(a) As ’n mens artikel 8(4) toepas, is dit onwaarskynlik dat ’n maatskappy op die reg op
lewe aanspraak kan maak. Dit is so omdat die aard van die reg sodanig is dat dit
verwys na menslike lewe en dit nie die bestaan van ’n maatskappy omvat nie.
(b) Wat betref die aard van die reg en die aard van die regspersoon, is dit duidelik
dat die antwoord bevestigend is, omdat dit die rede is waarom vakbonde bestaan.
(c) Ja, die aard van die reg op toegang tot inligting is van so ’n aard dat dit in beginsel
deur ’n regspersoon soos ’n beslote korporasie uitgeoefen kan word.
(d) Die aard van die reg is sodanig dat dit deur ’n regspersoon uitgeoefen kan word.
Daarby is vryheid van uitdrukking die kern van die aktiwiteite van die SABC. Die SABC
kan dus aanspraak maak op hierdie reg, selfs al is dit in staatsbesit. Sien bladsy 38
in die handboek.
(e) Waarskynlik nie, omdat die Gauteng provinsiale regering ’n staatsorgaan is en die
aard daarvan hom van die reg op gelykheid uitsluit.

20
(3) (a) Nee, ’n regspersoon soos ’n supermark kan nie aanspraak maak op die reg op
godsdiensvryheid nie, weens die aard van die reg en die aard van die regspersoon.
(’n Mens kan redeneer dat ’n kerkvereniging, hoewel dit ’n regspersoon is, inderdaad
op hierdie reg sal kan aanspraak maak.)
(b) Na ons mening behoort die antwoord “ja” te wees. Selfs al is die supermark nie op
die reg op godsdiensvryheid geregtig nie, sal hy verskyningsbevoegdheid (locus
standi) hê, aangesien hy voldoende belang by die uitslag van die saak het.

(4) Hier moet u eerstens artikel 8(4) van die Grondwet bespreek. Ingevolge artikel 8(4) is ’n
regspersoon geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate soos vereis deur
die aard van die reg en die aard van die regspersoon vereis.
Daar moet individueel na elke reg gekyk word ten einde te bepaal of die SABC as regs-
persoon daarop geregtig was om aanspraak op hierdie regte te maak. Die aard van die
reg op lewe is van so ’n aard dat dit nie deur ’n regspersoon uitgeoefen kan word nie,
maar slegs deur ’n natuurlike persoon. Die SABC kan hom egter beroep op die reg op
vryheid van uitdrukking. Eerstens is daar niks ten aansien van die aard van hierdie reg
wat dit vir ’n regspersoon onmoontlik of onwenslik maak om hom daarop te beroep nie.
Tweedens is die aard van die regspersoon (die SABC) sodanig dat die uitoefening van die
reg op vryheid van uitdrukking deel van sy daaglikse bedryf uitmaak.
U sal ook krediet kry indien u verwys na die moontlike uitwerking van die reg ten aansien
van verskyningsbevoegdheid op hierdie kwessies. Currie en De Waal redeneer dat ’n regs-
persoon toegelaat kan word om die grondwetlikheid van die reg of optrede te betwis op
grond daarvan dat dit op ’n fundamentele reg inbreuk maak, selfs indien die regspersoon
nie op daardie reg ingevolge artikel 8(4) geregtig is nie. As die regspersoon byvoorbeeld
voldoende persoonlike belang by die aangeleentheid het om verskyningsbevoegdheid
te hê, kan hy toegelaat word om aanspraak te maak op die reg op godsdiensvryheid,
selfs al kan hy nie godsdiensvryheid beoefen nie.

(5) (a) Onwaar. ’n Mens kan redeneer dat die skool, as private skool, ’n instelling is wat
’n openbare funksie kragtens wetgewing uitoefen, en dus kragtens die definisie in
artikel 239 ’n staatsorgaan is en deur die Handves van Regte ingevolge artikel 8(1)
gebind word. ’n Mens kan ook argumenteer dat die skool as regspersoon kragtens
artikel 8(2) gebonde is, na gelang van die aard van die reg en die aard van die plig
wat deur daardie reg opgelê word.
(b) Onwaar. Ingevolge artikel 8(1) is die uitvoerende gesag en alle staatsorgane aan die
Handves van Regte gebonde.
(c) Onwaar. Ingevolge artikel 33 het elkeen (dus ook ’n onwettige immigrant) die reg op
regverdige administratiewe optrede.
(d) Onwaar. Die drankwinkel, as regspersoon (a 8(4)), is van so ’n aard dat dit nie deur die
reg op godsdiensvryheid beskerm word nie. Aangesien hy egter voldoende belang
by die uitspraak van die hof het, het hy kragtens artikel 38 veskyningsbevoegheid.
(e) Waar. Ingevolge artikel 8(2) word sowel natuurlike as regspersone gebind deur die
Handves van Regte, na gelang van die aard van die reg en die aard van die plig wat
deur daardie reg opgelê word. Dit lyk egter of artikel 26(2) daarop dui dat dit alleen
vir die staat bindend is, wat ons laat dink dat artikel 26(1) moontlik nie ook op pri-
vate optrede van toepassing is nie. Artikel 26(3) is dus bindend vir sowel die staat as
natuurlike en regspersone. Gesag vir hierdie standpunt kan gevind word in Brisley v
Drotsky 2002 (12) BCLR 1229 (HHA), paragraaf 40.
(f) Onwaar. Die reg wat hier betrokke is, is die reg op behuising, en meer spesifiek, ar-
tikel 26(2). Dit is onwaarskynlik dat bevind sal word dat private persone ’n plig het
ingevolge artikel 26(2), in die lig van die aard van die plig en die feit dat artikel 26(2)
slegs verwys na die staat se verpligting om behuising te verskaf.

21 FUR2601/1
(6) Hierdie vraag handel oor die toepassing van die Handves van Regte op diegene wat
gebonde is aan die Handves van Regte. Die toepaslike bepalings in die 1996-Grondwet
is subartikel 8(1) en (2). Artikel 8(1) bepaal dat die Handves van Regte op die totale reg
van toepassing is en die wetgewende, die uitvoerende, die regsprekende gesag
en alle staatsorgane bind. Hierdie artikel moet saamgelees word met artikel 239 wat
die term “staatsorgaan” definieer. Subartikel 8(2) maak voorsiening vir die toepassing
van sekere regte op natuurlike en regspersone. Om hierdie vraag te beantwoord, moet
u bepaal of die betrokke reg of optrede deur subartikel 8(1) of 8(2) gedek word.
(a) Ja, kragtens artikel 8(1) word die wetgewende gesag deur die Handves van Regte
gebind.
(b) Ja, ’n mens kan redeneer dat ’n private skool kragtens wetgewing ’n openbare funksie
verrig en dat dit dus ’n staatsorgaan is. As dit die geval is, sal die private skool kragtens
artikel 8(1) gebind word. So nie, kan ’n mens redeneer dat die skool as regspersoon
ingevolge artikel 8(2) gebonde sal wees.
(c) Ja, die regsprekende gesag is kragtens artikel 8(1) gebonde.
(d) ‘n Gimnasium is nie ’n instelling wat ’n openbare funksie ingevolge wetgewing verrig
nie. Dit is dus nie ’n staatsorgaan nie en word nie kragtens artikel 8(1) gebind nie. Dit
sal egter kragtens artikel 9(4), saamgelees met artikel 8(2), gebonde wees. Artikel 9(4)
stel dit duidelik dat geen persoon (waaronder ’n regspersoon) onbillik teen ’n ander
persoon mag diskrimineer nie.
(e) Die testateur word ingevolge artikel 9(4) (saamgelees met a 8(2)) gebind om nie
onbillik te diskrimineer nie.

(7) In Ex Parte Chairperson of the Constitutional Assembly: In re Certification of the Constitu-


tion of the Republic of South Africa, 1996 (4) SA 744 (KH) (First Certification-uitspraak)
het die hof beklemtoon dat baie universeel aanvaarde fundamentele regte ten volle
erken sal word, slegs indien hulle aan sowel regspersone as aan natuurlike persone
toegestaan word.
Artikel 8(4) maak voorsiening vir die beskerming van regspersone. ’n Regspersoon is
geregtig op die regte in die Handves van Regte in dié mate waarin die aard van die regte
en die aard van daardie regspersoon dit vereis. Ten einde vas te stel of ’n regspersoon
deur ’n spesifieke reg beskerm word al dan nie, moet twee faktore in ag geneem word:
eerstens, die aard van die reg en tweedens, die aard van die regspersoon. Die aard van
sommige fundamentele regte is van so ’n aard dat hierdie regte nie op regspersone van
toepassing is nie. Noseweek kan nie beskerm word deur die reg op lewe nie, wat net aan
mense verleen word, alhoewel die koerant moontlik voldoende verskyningsbevoegdheid
sal hê om ’n bevoegde hof te nader indien aan die vereistes van artikel 38 voldoen word.
Ander regte, soos die reg op vryheid van uitdrukking, word spesiaal aan die media verleen,
wat dikwels deur regspersone beheer word.
(8) Sien artikel 239 van die Grondwet.
(9) Hierdie vraag handel oor die toepassing van artikel 8(1). Gee noukeurig aandag aan die
potensiële valstrikke wat hierdie vraag inhou vir studente wat nie die verskil tussen die
toepassing van die Handves van Regte en die meriete van ’n saak verstaan nie. Die vraag
is of die Handves van Regte enigsins ter sprake is, en nie of ’n parlementswet byvoorbeeld
ongeldig verklaar kan word nie.
(a) Ja, omdat die Handves van Regte op die totale reg van toepassing is en die wet-
gewende gesag bind.
(b) Ja, omdat die Handves van Regte op alle reg van toepassing is en die wetgewende
gesag bind.
(c) Ja, omdat die Handves van Regte die regsprekende gesag bind.
(d) Ja, ’n verkeersbeampte wat ’n amptelike plig uitoefen, is ’n lid van ’n staatsdeparte-
ment en sy of haar optrede kom dus neer op dié van ’n staatsorgaan (a 239(a)).

22
(e) Die maklike antwoord is dat ’n universiteit gebonde is, omdat dit ’n staatsorgaan
is ingevolge a 239(b)(ii). Lees hierdie artikel self. Selfs al was dit nie geval nie, kan ’n
mens redeneer dat artikel 8(2) die betrokke geval sou dek.
(f) Die President is ’n lid van die uitvoerende gesag (om die waarheid te sê, die hoof
daarvan) en alles wat hy doen uit hoofde van sy amp is onderworpe aan die bepa-
lings van die Grondwet . Sien die bespreking van President of the Republic of South
Africa v Hugo 1997 (4) SA 1 (KH).

(10) Som die bepalings van artikel 8(2) op. Sluit ’n bespreking van die saak Barkhuizen v
Napier 2007 (5) SA 323 (KH) in.
(11) Hierdie vraag handel oor die toepassing van artikel 8(2).
(a) Ja, die aard van die reg (dat daar nie onbillik teen iemand gediskrimineer mag word
nie) en die plig wat daardeur opgelê word, is sodanig dat die reg op natuurlike en
regspersone toegepas kan word. Daarby stel artikel 9(4) dit duidelik dat geen persoon
onbillik mag diskrimineer nie.
(b) Die betrokke reg is die reg op behuising, en meer spesifiek, artikel 26(2). Dit is onwaar-
skynlik dat beslis sal word dat hierdie plig op private persone rus, in die lig van die
aard van die plig en die feit dat artikel 26(2) slegs verwys na die staat se verpligting
om behuising te verskaf.
(c) Alhoewel ’n private hospitaal nie aan artikel 27(2) gebonde is nie, word hydeur artikel
27(3) gebind (die reg om nie mediese noodbehandeling geweier te word nie).

(12) U sal onthou dat indirekte toepassing beteken dat ’n hof, eerder as om te bevind dat die
reg of optrede ongrondwetlik is en ’n grondwetlike remedie voorsien (bv ’n ongeldigver-
klaring), gewone reg toepas, maar dit uitlê en ontwikkel met verwysing na die waardes
in die Handves van Regte.
Artikel 39(2) voorsien twee tipes indirekte toepassing: die eerste handel oor die
uitleg van wetgewing. By die uitleg van wetgewing moet ’n hof die gees, strekking en
oogmerke van die Handves van Regte ontwikkel. Dit beteken dat hy voorkeur moet gee
aan ’n uitleg wat bestaanbaar is met grondwetlike waardes bo uitleg wat nie bestaan-
baar met hierdie waardes is nie. ’n Wetgewende bepaling kan dikwels op twee of meer
maniere uitgelê word. As een uitleg sou lei tot ’n bevinding van ongrondwetlikheid,
terwyl ’n tweede uitleg die bepaling in ooreenstemming met die Grondwet sal bring,
moet die tweede interpretasie gevolg word. Dit is egter onderworpe aan die volgende
voorwaardes: dit is die betrokke wetgewing wat in ooreenstemming met die Grond-
wet gebring moet word, en nie die Grondwet self wat weer uitgelê moet word om dit
in ooreenstemming met die wetgewing te bring nie. Die wetgewende bepaling moet
redelikerwys in staat wees om so uitgelê te word dat dit grondwetlik sal wees.
In Daniels v Campbell moes die Konstitusionele Hof beslis oor die bevraagtekening
van die grondwetlikheid van wetgewende bepalings wat voordele toegestaan het aan
die oorlewende gade in ’n huwelik wat deur die dood beeïndig is. Die Hoë Hof beslis dat
hierdie bepalings ongrondwetlik was in die mate waarin hulle nie dieselfde voordele aan
’n man of vrou in ’n monogame Moslemhuwelik verleen het nie. Na die hof se mening kan
die term “gade” nie redelikerwys geïnterpreteer word om die partye by ’n Moslemhuwelik
in te sluit nie, aangesien hierdie tipe huwelik nog nie as geldig in die Suid-Afrikaanse reg
erken is nie. Die Konstitusionele Hof stel die Hoë Hof se bevel tersyde en bevind dat die
woorde “oorlewende” en “gade” redelikerwys geïnterpreteer kan word om die oorlewende
eggenoot in ’n monogame Moslemhuwelik in te sluit. Om hierdie rede was dit onnodig
om die Handves van Regte direk toe te pas en die wetgewende bepalings ongeldig te
verklaar.
Die tweede tipe indirekte toepassing handel oor die ontwikkeling van die gemenereg. In
die Carmichele-saak stel die Konstitusionele Hof dit duidelik dat die howe ’n plig het om

23 FUR2601/1
die gemenereg te ontwikkel in ooreenstemming met die gees, strekking en oogmerke van
die Handves van Regte. Die outeurs van die handboek wys daarop dat die gemenereg,
anders as wetgewing, deur regters geskep word. Om hierdie rede het die howe meer
speling om die gemenereg in nuwe rigtings te ontwikkel – hulle word nie aan bande
gelê deur die behoefte om ’n aanneemlike uitleg van ’n bestaande reël te verskaf nie,
maar kan gemeenregtelike reëls en standaarde vryelik aanpas en ontwikkel om
die waardes onderliggend aan die Handves van Regte te bevorder. Daar is egter perke
op die bevoegdheid van die howe om die gemenereg te ontwikkel.
(13) (a) Artikel 8(1) bind die uitvoerende, wetgewende en regsprekende gesag en alle staats-
organe. Hierdie artikel maak voorsiening vir direkte vertikale toepassing van die
Handves van Regte. As ’n parlementswet (of sekere bepalings daarvan) betwis word
as synde ongrondwetlik en die hof bevind dat die betwiste bepaling die regte van
die applikant(e) skend, dan sal die Handves van Regte die betrokke bepaling tersyde
stel en laasgenoemde sal (in die meeste gevalle) nietig verklaar word.
Artikel 8(2) maak voorsiening vir direkte horisontale toepassing van ’n reg in die
Handves van Regte indien, en in die mate waarin daardie reg van toepassing is, met
inagneming van die aard van die reg en die aard van die plig wat deur daardie reg
opgelê word. ’n Reg van ’n begunstigde moes deur ’n persoon of entiteit geskend
gewees het op wie die Handves van Regte ’n plig geplaas het om nie daardie reg
te skend nie. Wanneer die Handves van Regte direk van toepassing is, stel dit die
gemeenregtelike reëls tersyde wat onbestaanbaar daarmee is, en die remedie wat
die hof verleen, sal ’n grondwetlike remedie wees.
Indirekte toepassing verwys na die uitleg, ontwikkeling en toepassing van wetgew-
ing of die gemenereg deur elke hof, tribunaal of forum op ’n wyse wat die waardes
van die Handves van Regte respekteer en die gees, strekking en oogmerke daarvan
bevorder (a 39(2)). Op grond van die proses van uitleg, ontwikkeling en toepass-
ing (waarna hierbo verwys word) word die gewone reg deurtrek met die waardes
onderliggend aan die Handves van Regte. Daar is egter beperkings op indirekte
toepassing. Wetgewing kan byvoorbeeld nie altyd redelikerwys uitgelê word om
aan die Handves van Regte te voldoen nie, en die gemenereg kan slegs saak vir saak
ontwikkel word en in sekere gevalle kan die ontwikkeling daarvan deur die leerstuk
van stare decisis verhinder word.
(b) Die volgende feite is hier van belang:
‘n Hof moet altyd eers indirekte toepassing op ’n wetgewende bepaling oorweeg
deur dit uit te lê om met die Handves van Regte ooreen te stem voordat die Handves
van Regte direk op die bepaling toegepas word.
Daar is egter perke op die bevoegdheid van die howe om die Handves van Regte
indirek toe te pas. Die Hoogste Hof van Appèl en die Konstitusionele Hof het beklem-
toon dat dit redelikerwys moontlik moet wees om die wetgewende bepaling te
interpreteer, sodat dit in ooreenstemming met die Handves van Regte is, en dat die
uitleg nie oormatig geforseerd moet wees nie. As die bepaling nie redelikerwys tot
so ’n uitleg in staat is nie, moet die hof die Handves van Regte direk toepas en die
bepaling ongeldig verklaar.
(14) Daar was ’n paar sake waarin die Konstitusionele Hof eenvoudig ’n gemeenregtelike reël
ongeldig verklaar het, omdat dit onbestaanbaar met die Handves van Regte was. In Na-
tional Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice 1999 (6) SA (KH) het die
hof byvoorbeeld die gemeenregtelike misdaad van sodomie ongeldig verklaar. In hierdie
saak was dit onmoontlik om die gemenereg te ontwikkel – die vraag voor die hof was of
hierdie misdaad in ooreenstemming was met die reg op gelykheid, menswaardigheid
en privaatheid. So ook verklaar die Konstitusionele Hof in Bhe v Magistrate, Khayelit-
sha 2005 (1) SA 850 (KH) dat die gewoontregtelike reël van manlike eersgeboortereg

24
ongeldig is ingevolge waarvan eggenotes en dogters daarvan uitgesluit word om van
die boedel van ’n swart persoon te erf, wat intestaat gesterf het. Die meerderheid van
die hof bevind dat hierdie reël, wat neerkom op onbillike geslagsdiskriminasie en die reg
van vrouens op menswaardigheid skend, nie ontwikkel kon word in ooreenstemming
met artikel 39(2) nie, en as synde ongeldig, nietig verklaar moes word. (Ngcobo R beslis
egter in sy afwykende uitspraak dat die reël kon, en behoort ontwikkel te word om die
gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte te bevorder.)
Daar moet beklemtoon word dat dit die uitsondering, eerder as die reël is. Selfs in gevalle
van direkte horisontale toepassing stel artikel 8(3) dit duidelik dat daar van howe vereis
word om, waar nodig, die gemenereg te ontwikkel om uitvoering te gee aan die reg
waarop inbreuk gemaak word.

2.4 SAMEVATTING
In hierdie studie-eenheid het ons ondersoek ingestel na die eerste vraag in die proses-
125

suele stadium van fundamenteelregtelike litigasie, naamlik of en hoe die Handves van
Regte op ’n bepaalde geskil van toepassing is.

Ons het twee vrae ondersoek:


126

(1) Wie is geregtig op die regte in die Handves van Regte?


(2) Wie is aan die regte in die Handves van Regte gebonde? Ons het gesien dat die
Handves van Regte van toepassing is op die vertikale verhouding tussen die indi-
vidu en die staat, en op horisontale verhoudings tussen individue. Daarby het ons
verduidelik dat die Handves van Regte óf direk óf indirek toegepas kan word.

127 LET WEL: Die meriete van die geskilpunt is in hierdie stadium hoegenaamd nie
ter sprake nie, maar net die vraag of die Handves van Regte enigsins ten
opsigte van die geskilpunt van toepassing is.

In die volgende studie-eenheid kyk ons na die volgende prosessuele kwessies wat ’n hof
moet oorweeg, naamlik of ’n kwessie beregbaar is en of die applikant verskyningsbe-
voegdheid (locus standi) het.

25 FUR2601/1
Studie-eenheid 3
Verskyningsbevoegdheid (locus standi)

128 TABEL 1: Verskyningsbevoegdheid

129

130 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

131 Voordat u hierdie studie-eenheid aanpak, moet u seker maak dat u


• kan bespreek wie op die regte in die Handves van Regte geregtig is
• kan onderskei tussen die direkte en indirekte toepassing van die Handves van Regte
en die belang van hierdie onderskeid kan bespreek
• artikel 8(1) en 8(2) van die 1996-Grondwet kan ontleed wat onderskeidelik vir direkte
vertikale en direkte horisontale toepassing voorsiening maak
• die indirekte toepassing van die Handves van Regte op (a) wetgewing en (b) die
gemenereg kan bespreek
• kan bespreek wanneer die Handves van Regte direk of indirek op (a) wetgewing en
(b) die gemenereg van toepassing behoort te wees

132 en daardeur aantoon dat u die verskillende aangeleenthede begryp.

OORSIG
In die vorige studie-eenheid is sommige van die bedryfsbepalings van die Handves van
133

Regte aan u bekend gestel. U het geleer hoe die Handves van Regte van toepassing is
ten opsigte van die beskerming van mense en hulle bind om in ooreenstemming met die

26
die bepalings daarvan op te tree. In hierdie studie-eenheid bespreek ons twee proses-
suele kwessies, naamlik of ’n applikant ’n aksie in ’n hof kan instel en of die kwessie voor
die hof beregbaar is.

UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u:


• te weet wat beregbaarheid beteken en die betekenis daarvan te kan verduidelik
• te kan bepaal of ’n applikant in ’n bepaalde saak verskyningsbevoegdheid het
• die betekenis van rypheid en blote akademiese belang (mootness) te ken en hierdie
begrippe kortliks te kan verduidelik
• die bepalings van artikel 38 van die 1996-Grondwet op ’n praktiese probleem te kan
toepas

VOORGESKREWE STUDIEMATERIAAL
134 Hierdie studie-eenheid handel oor HOOFSTUK 4 van The Bill of Rights Handbook.

RELEVANTE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET


Artikel 38 verklaar:
Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om ’n bevoegde hof te nader en aan
te voer dat daar op ’n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ’n
inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ’n
verklaring van regte. Die persone wat ’n hof kan nader, is –
(a) iemand wat in eie belang optree;
(b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie;
(c) iemand wat as ’n lid van, of in die belang van ’n groep of klas persone optree;
(d) iemand wat in die openbare belang optree; en
(e) ’n vereniging wat in die belang van sy lede optree.

SLEUTELBEGRIPPE

Die volgende is ’n paar van die sleutelbegrippe wat in hierdie studie-eenheid gebruik
word. Dit is belangrik dat u hierdie begrippe goed verstaan:

• BEREGBAARHEID
’n Vraagstuk sal as beregbaar beskou word indien die hof in staat is om die konflik deur
middel van ’n toepassing van regsreëls en beginsels op te los.

27 FUR2601/1
• VERSKYNINGSBEVOEGDHEID/LOCUS STANDI
Dit verwys na die litigant se bevoegdheid om in ’n hof te verskyn en regshulp aan te vra. Die
applikant of litigant moet die geskikte persoon wees om die aangeleentheid aan die hof
vir beregting voor te lê. In hierdie studie-eenheid is ons fokus hoofsaaklik op locus standi.

• RYPHEID
Dit spruit voort uit die beginsel van vermyding en beteken basies dat ’n hof nie ’n aange-
leentheid moet bereg wat nog nie vir beregting gereed is nie. Die hof word dus verhoed
om te vroeg oor ’n kwessie te beslis wanneer dit by wyse van ’n straf- of siviele saak beslis
kan word en nie in ’n grondwetlike kwessie verander moet word nie.

• BLOTE AKADEMIESE BELANG (MOOTNESS)


Dit is wanneer ’n aangeleentheid nie meer bestry word nie en nie meer die belange van
die betrokke partye raak nie. ’n Saak is van blote akademiese belang indien dit abstrak
of hipoteties is.

135 Ons sal volgende op die breë benadering tot verskyningsbevoegdheid uitwei.

3.1 DIE BREË BENADERING TOT VERSKYNINGSBEVOEGDHEID


Die gemeenregtelike benadering tot verskyningsbevoegdheid was beperkend en rigied.
136

Volgens hierdie benadering is vereis dat ’n persoon wat die hof om regshulp genader het,
’n persoonlike belang by die aangeleentheid moes hê en persoonlik en nadelig deur die
beweerde onreg geraak moes gewees het. Dit het beteken dat die applikant se eie regte,
en nie dié van iemand anders nie, geraak moes gewees het. Die grondwetlike benader-
ing tot verskyningsbevoegdheid het drastiese veranderings in die vorm van artikel 38(a)
tot (e) teweeggebring. Hierdie artikel maak voorsiening vir ’n soepel benadering tot
verskyningsbevoegdheid. In Ferreira v Levin NO 1996 (1) SA 984 (KH) bepleit Chaskalson
P ’n breë benadering tot verskyningsbevoegdheid deur artikel 38 toe te pas. Hy sê dat
’n breë benadering belangrik is om te verseker dat alle applikante die volle beskerming
van die Grondwet kan geniet. Artikel 38 van die 1996-Grondwet bevat vyf kategorieë
ten opsigte waarvan ’n litigant verskyningsbevoegdheid vir die doel van hoofstuk 2 van
die Grondwet kan hê.

Die litigant hoef nie meer ’n persoonlike belang te hê nie of persoonlik deur die beweerde
137

onreg geraak te word nie.

Volgens die hof hoef die applikant net die volgende te doen ten einde verskyningsbe-
138

voegdheid te hê:
• te beweer dat inbreuk op ’n reg in die Handves van Regte gemaak is of dat daar drei-
gende inbreukmaking is
• te demonstreer met verwysing na die kategorieë genoem in artikel 38(a) tot (e) dat daar
’n voldoende belang is om die remedie te verkry waarvoor aansoek gedoen word

28
3.2 VOLDOENDE BELANG
Daar is nie ’n spesifieke toets om te bepaal wanneer ’n belang as voldoende beskou sal
139

word nie. Die applikant (of die persoon of groep se belang waarop hy/sy staatmaak)
moet minstens regstreeks deur ’n regsvoorskrif of optrede geraak word voordat hy of
sy verskyningsbevoegdheid sal hê om dit te betwis. Die konsep van voldoende belang
is gekoppel aan die kategorieë van persone wat in artikel 38 gelys word, en word hier
onder bespreek.

Kragtens artikel 38(e), byvoorbeeld, moet die lede van ’n vereniging wat namens hulle
140

handel voldoende belang hê in die remedie waarvoor aansoek gedoen word. ’n Belang
in die regshulp waarvoor die applikant aansoek doen, word as voldoende belang beskou.

3.3 DIE KATEGORIEË PERSONE


141 Daar is vyf kategorieë persone wat gelys word en waarop ons hier onder uitwei.

3.3.1 Artikel 38(a) Iemand wat in eie belang optree


’n Litigant wat in eie belang optree, moet toon dat ’n betwiste regsvoorskrif of beslissing
142

sy of haar regte of belange, of potensiële regte of belange, regstreeks raak.

3.3.2 Artikel 38(b) Iemand wat optree namens iemand anders wat nie in
eie naam kan optree nie
Daar is baie redes waarom iemand nie in sy of haar eie belang kan optree nie, byvoorbeeld
143

indien die persoon in die tronk is en verhoed word om ’n hof te nader.

Vereistes:
• Die persoon/persone in wie se belang opgetree word, moet toestemming daarvoor gee.
• As sodanige toestemming nie gegee word nie, moet dit duidelik uit die omstandighede
blyk dat toestemming gegee sou word indien dit moontlik was.

Onthou die verteenwoordigde persoon moet “voldoende belang” hê by die remedie


144

waarom aansoek gedoen word.

3.3.3 Artikel 38(c) Iemand was as ’n lid van, of in die belang van, ’n groep
of klas persone optree
Hierdie bepaling maak voorsiening vir sogenaamde “klas-aksies”. ’n Saak kan deur ’n party
145

aanhangig gemaak word namens nie alleen hom- of haarself nie, maar alle partye wat
in soortgelyke situasies verkeer. Dus word die aansprake van ’n aantal persone teen
dieselfde verweerder in een saak bepaal.

29 FUR2601/1
Die belangrikste kenmerk van ’n klasaksie is dat lede van die klas, hoewel hulle nie formeel
146

en individueel gevoeg is nie, daaruit voordeel kan trek en by die uitkoms van die litigasie
gebind word, tensy hulle voorgeskrewe prosedures opper om hulle aan die saak te onttrek.

Klas-aksies vereis dat ’n applikant die klas litigante identifiseer en spesifiseer. ’n Goeie
147

voorbeeld van klas-aksielitigasie is Ngxuza v Permanent Secretary, Department of Welfare,


Eastern Cape 2001 (2) SA 609 (O).

In hierdie saak het die Oos-Kaapse administrasie die betaling van maatskaplike toelaes
148

gestaak. Die bevoordeeldes van hierdie toelaes is nie die geleentheid gegun om hulle
saak te stel nie. Verder is ook nie aan die voorgeskrewe vereistes en prosedures voldoen
nie. Froneman R twyfel nie daaraan dat die opskorting van voordele in hierdie omstan-
dighede inbreuk maak op die reg op regverdige administratiewe optrede nie. Daar word
dus bevind dat ’n klasaksie ingevolge artikel 38(c) van die tussentydse Grondwet gepas
is. Die respondent in Ngxuza het die applikante toegelaat om by appèl na die Hoogste
Hof van Appèl ’n klasaksie in te stel. Cameron AR loods ’n striemende aanval teen die
welsynowerheid oor die manier waarop hulle aanspreeklikheid probeer vermy. Die Hoog-
geregshof beslis dat daar aan die vereistes vir ’n klasaksie voldoen is, aangesien soveel
individue daarby betrokke was dat dit onprakties sou wees om alle lede te voeg, en dat
die lede van die klas aan die vereistes van identiese regs- en feitevrae voldoen het.

3.3.4 Artikel 38(d) Iemand wat in die openbare belang optree


149 Dit is die moeilikste van al die kategorieë. Die vereistes is die volgende:
(1) Daar moet bewys word dat die persoon in die openbare belang optree.
(2) Het die publiek voldoende belang by die remedie?

150 Die aksie word ingestel in belang van ’n breër groep as wat die geval in artikel 38(c) is.

(1) Hoe word bewys dat ’n mens in die openbare belang optree? In Ferreira v Levin
beslis O’Regan R dat die applikant moet bewys dat hy/sy werklik in die openbare
belang optree. Sy beslis dat vier (4) faktore sal bepaal of ’n persoon werklik in die
openbare belang optree.
• Is daar ’n ander redelike en effektiewe manier waarop hierdie aksie ingestel kan
word?
• Die aard van die remedie waarom aansoek gedoen word en die mate waarin dit
algemeen en terugwerkend van toepassing sal wees.
• Die omvang van die persone of groep persone wat regstreeks of onregstreeks
(direk/indirek) deur die hofbevel geraak kan word.
• Die geleentheid wat hierdie persone/groepe gehad het om getuienis aan te
voer en voorleggings aan die hof te maak.

In Lawyers for Human Regs v Minister of Home Affairs 2004 (4) SA 125 (KH) beslis die hof
dat die faktore deur O’regan R uiteengesit nie ’n numerus clausus is nie. Bykomende
faktore wat ook in ag geneem sal word, is die volgende:
• die mate waarin mense geraak word

30
• die kwesbaarheid van die mense wat geraak word
• die aard van die reg waarop na bewering inbreuk gemaak is
• die gevolge van die skending van die reg
(2) Die publiek se voldoende belang by die remedie
Die tweede vereiste voor bewys kan word dat optrede in die openbare belang
is, laat ’n hele aantal moelike vrae ontstaan. Die tydsberekening is van allesoor-
heersende belang. Indien die wetgewer reeds aandag aan die aangeleentheid
skenk, is dit gewoonlik nie in die openbare belang nie en sal die hof nie die
aangeleentheid wil antisipeer of voortydig beslis nie. Daar moet ook voldoende
getuienis/bewyse voor die hof wees ten einde oor die aangeleentheid te kan
beslis. As die hof nie ’n volledige prentjie het nie, sal die hof huiwerig wees om
te aanvaar dat dit wel in die openbare belang is. Byvoorbeeld, in Albutt v Centre
for the Study of Violence and Reconciliation 2010 (3) SA 293 (KH) het die Konstitu-
sionele Hof beslis dat ’n groep NRO’s verskyningsbevoegdheid gehad het om
’n uitoefening van die President se begenadigingsbevoegdheid uit te daag op
grond daarvan dat dit die oppergesag van die reg geskend het. Die NRO’s het
’n belang daarby gehad om nakoming van die Grondwet te verseker en die op-
pergesag van die reg was voldoende om aan hulle verskyningsbevoegdheid te
verleen om in openbare belang te litigeer.

3.3.5 Artikel 38(e) ’n Vereniging wat in die belang van sy lede optree
Hierdie bepaling is belangrik in die lig daarvan dat die howe voor 1994 oor die algemeen
151

nie toegelaat het dat verenigings namens hul lede mag litigeer nie. Die vereniging moes
bewys dat lede voldoende belang het by die remedie waarom aansoek gedoen word.
Gemeenregtelike vereistes word nie gevolg nie en dit is nie nodig om te toon dat die
vereniging se grondwet hom toelaat om te litigeer nie; dat hy ’n voortgesette bestaansreg
het, ’n identiteit afsonderlik van sy lede het, eiendom kan besit, of regte kan verwerf en
verpligtinge kan opdoen nie.

AKTIWITEIT

(1) Wie het ingevolge artikel 38 verskyningsbevoegdheid om die hof te nader ten aan-
sien van ’n skending van ’n fundamentele reg? (5)
(2) Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir u antwoord.
‘’Die Konstitusionele Hof is ten gunste van ’n eng benadering tot verskyningsbe-
voegdheid in teenstelling met ’n breë benadering.” (10)
(3) Veronderstel die parlement aanvaar ’n wet ingevolge waarvan geen staatsamptenaar
’n lid van ’n geheime organisasie mag wees nie. Sal die volgende persone locus
standi hê om die grondwetlikheid van die wet in ’n hof te bevraagteken? Verstrek
redes vir u antwoorde.
(a) ‘n staatsamptenaar, wat aangesê word om sy lidmaatskap van ’n geheime or-
ganisasie te laat vaar (2)
(b) ‘n geheime organisasie, namens sy lede (2)
(c) ‘n lid van die geheime organisasie, wat nie ’n staatsamptenaar is nie, namens al
die lede van die organisasie wat deur die wet benadeel kan word (2)

31 FUR2601/1
(d) Free to be We, ’n menseregteorganisasie wat ’n veldtog voer vir groter erkenning
van die reg op vryheid van assosiasie (2)
(e) die munisipaliteit van Secret City namens sy werknemers (2)

(4) Z, ’n veroordeelde gevangene, wil ’n hof nader, omdat hy voel dat daar op sekere
van sy fundamentele regte inbreuk gemaak is. Hy versoek sy broer, X, om namens
hom op te tree.
Kan X die hof namens Z nader? Bespreek met verwysing na tersaaklike regspraak.
(8)
(5) Maak die Suid-Afrikaanse reg voorsiening vir sogenaamde klasaksies? Bespreek kri-
ties. (5)
(6) Noem die vereistes wat nodig is om locus standi te verkry wanneer iemand in die
openbare belang wil optree. (2)
(7) Bespreek die faktore wat ’n hof in aanmerking sal neem as bewys dat iemand in die
openbare belang optree. (10)
(8) Kan ’n vereniging ’n hof namens sy lede nader? Bespreek met verwysing na reg-
spraak. (5)

TERUGVOERING OOR DIE AKTIWITEIT


3

(1) Kragtens artikel 38 van die Grondwet kan die volgende persone ’n hof nader:
• iemand wat in eie belang optree
• iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie
• iemand wat as ’n lid van, of in die belang van ’n groep of klas persone optree
• iemand wat in die openbare belang optree
• ‘n vereniging wat in die belang van sy lede optree

(2) Onwaar. Ingevolge die gemenereg het die Suid-Afrikaanse howe ’n eng (of beperkende)
benadering tot verskyningsbevoegdheid gehad. Die persoon wat die hof om regshulp
genader het, moes ’n belang by die onderwerp van die litigasie gehad het, in die sin dat
hy of sy persoonlik deur die beweerde oortreding geraak moes gewees het. Soos die hof
egter in Ferreira v Levin verklaar, moet daar ’n wyer/breë benadering tot verskynings-
bevoegdheid in Handves van Regte-litigasie wees, sodat grondwetlike regte ten volle
beskerm kan word.
Wanneer inbreuk gemaak is op ’n reg in die Handves van Regte, is artikel 38 van toe-
passing en is die gemeenregtelike reëls of wetgewende bepalings ten aansien van ver-
skyningsbevoegdheid nie relevant nie. Die applikant moet beweer dat ’n bepaling in
die Handves van Regte (en nie van enige ander grondwetlike bepaling nie) geskend is.
Daar moet direk op ’n bepaling van die Handves van Regte gesteun word en daar moet
’n bewering (nie bewys) wees dat enige reg in die Handves van Regte (nie noodwendig
dié van ’n spesifieke persoon nie) geskend is of dat ’n skending dreigend is. Die applikant
moet met verwysing na die kategorieë genoem in artikel 38 aantoon dat daar
voldoende belang is by die remedie waarvoor aansoek gedoen word, maar dit beteken
nie dat daar op die applikant se eie regte inbreuk gemaak word of dat dit dreigend is nie.
In Ferreira v Levin is bevind dat die applikant kon staatmaak op die reg op ’n regverdige
verhoor, selfs al was hy nie ’n beskuldigde in ’n strafregtelike verhoor nie. Hy het voldoende
belang by die grondwetlikheid van die tersaaklike bepaling van die Maatskappywet
gehad.

32
(3) (a) artikel 38(a)
(b) artikel 38(e), (b) of miskien (c)
(c) artikel 38(c), of miskien (b)
(d) artikel 38(d)
(e) artikel 38(e)

(4) Sien die bespreking onder 3.3.2 hierbo.


(5) Sien die bespreking onder 3.3.3 hierbo.
(6) Sien die bespreking onder 3.3.4 hierbo.
(7) Sien die bespreking onder 3.3.4 hierbo.
(8) Sien die bespreking onder 3.3.5 hierbo.

3.4 SAMEVATTING
Die doel van hierdie studie-eenheid was om die belang van locus standi (verskyningsbe-
152

voegdheid) te bespreek en om u te leer hoe om die bepalings van artikel 38 toe te pas
ten einde vas te stel of ’n applikant verskyningsbevoegdheid het. U het ook die belangrike
begrip “beregbaarheid” teëgekom.

In die volgende studie-eenheid stel ons ’n ander belangrike prosessuele aangeleentheid


153

aan u bekend, naamlik jurisdiksie, en die belangrike kwessies wat daarmee verband hou.

33 FUR2601/1
Studie-eenheid 4
Jurisdiksie in Menseregte Handves-litigasie

154 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

155 Voordat u hierdie studie-eenheid aanpak, moet u sorg dat u die volgende verstaan:
• te weet wat beregbaarheid beteken en die betekenis te kan verduidelik
• te kan bepaal of ’n applikant in ’n bepaalde saak verskyningsbevoegdheid het
• die betekenis van rypheid en blote akademiese belang (mootness) te ken en hierdie
begrippe kortliks te kan verduidelik
• die bepalings van artikel 38 van die 1996-Grondwet op ’n praktiese probleem te kan
toepas

OORSIG
Hierdie studie-eenheid handel oor artikels 166 tot 173 van die Grondwet. Die vorige
156

twee studie-eenhede het gehandel oor die eerste twee prosessuele kwessies wat ’n hof
moet oorweeg, naamlik of die Handves van Regte op ’n geskil van toepassing is en of
die geskil beregbaar is.

In hierdie studie-eenheid skenk ons kortliks aandag aan die derde prosessuele kwessie,
157

naamlik watter hof jurisdiksie het om die geskil aan te hoor.

LUITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u die verskillende howe te kan
identifiseer waaruit die regstelsel bestaan
• die jurisdiksie van die verskillende howe in grondwetlike aangeleenthede te kan bespreek
• die omstandighede te kan bespreek ingevolge waarvan direkte toegang tot die Kon-
stitusionele Hof verleen mag word

VOORGESKREWE STUDIEMATERIAAL
158 Hierdie studie-eenheid handel oor Hoofstuk 5 van The Bill of Rights Handbook.

Jurisdiksie word breedvoerig in hoofstuk 5 van die handboek bespreek. Let egter
159

daarop dat daar nie van u verwag word om daardie hoofstuk te bestudeer nie.
Alles wat u oor vir die doeleindes van hierdie module oor jurisdiksie moet weet,
is vervat in die Grondwet, soos gewysig deur die Sewentiende Wysigingswet op
die Grondwet en hierdie studiegids.

34
TOEPASLIKE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET

Artikel 167(3) bepaal as volg:


Die Konstitusionele Hof –
a is die hoogste hof van die Republiek en
b kan beslis oor –
i grondwetlike aangeleenthede;
ii en enige ander saak, mits hy (Konstitusionele Hof) verlof tot appèl toestaan
op die gronde dat die saak ’n aanvegbare regspunt van algemene openbare
belang opper, wat deur die Hof oorweeg behoort te word, en
c gee die finale beslissing oor die vraag of ’n saak in sy jurisdiksie val;
Artikel 167(4) bepaal dat die Konstitusionele Hof ekslusiewe jurisdiksie op sekere
gebiede het.
Slegs die Konstitusionele Hof kan –
a beslis oor geskille tussen staatsorgane in die nasionale of provinsiale sfeer oor die
grondwetlike status, bevoegdhede of funksies van enige van daardie staatsorgane
b beslis oor die grondwetlikheid van enige parlementêre of provinsiale wetsontwerp,
maar kan dit slegs doen in die omstandighede wat in artikel 79 of 121 beoog word;
c beslis oor aansoeke wat in artikel 80 of 122 beoog word;
d beslis oor die grondwetlikheid van enige wysiging van die Grondwet;
e beslis dat die parlement of die President in gebreke gebly het om ’n grondwetlike
verpligting na te kom
f ‘n provinsiale grondwet ingevolge artikel 144 sertifiseer
Artikel 167(5) bepaal as volg:
Die Konstitusionele Hof vel die finale beslissing oor die vraag of ’n parlementswet,
’n provinsiale wet of optrede van die President grondwetlik is, en geen bevel van
ongeldigheid wat deur die Hoogste Hof van Appèl, ’n Hoë Hof of ’n hof met soortge-
lyke status gegee is, is van krag voordat daardie bevel deur die Konstitusionele Hof
bevestig is nie.
Artikel 168 bepaal soos volg: Die Hoogste Hof van Appèl
1. Die Hoogste Hof van Appèl bestaan uit ’n President, ’n Adjunkpresident en die
getal appèlregters wat ingevolge ’n Parlementswet bepaal word.
2. ’n Aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appèl moet beslis word deur die
getal regters wat ingevolge ’n Parlementswet bepaal word.
3 (a) Die Hoogste Hof van Appèl kan appèlle in enige aangeleentheid beslis wat
voortspruit uit die Hooggeregshof van Suid-Afrika of ’n hof van ’n status
soortgelyk aan die Hooggeregshof van Suid-Afrika, behalwe ten opsigte van
arbeids- of mededingingsake, in sodanige mate soos deur ’n Parlementswet
bepaal.
3 (b) Die Hoogste Hof van Appèl beslis slegs –
i. appèlle;
ii. kwessies wat met appèlle in verband staan; en
iii. enige ander aangeleentheid wat na hom verwys mag word in omstan-
dighede wat deur ’n Parlementswet omskryf is.

35 FUR2601/1
Artikel 169 bepaal soos volg:
1. Die Hooggeregshof van Suid-Afrika kan oor die volgende beslis –
a. enige grondwetlike aangeleentheid, behalwe ’n aangeleentheid wat –
i. die Konstitusionele Hof ingestem het om regstreeks ingevolge artikel
167(6)(a) te verhoor; of
ii. deur ’n Parlementswet aan ’n ander hof met soortgelyke status as die
Hooggeregshof van Suid-Afrika opgedra is; en
b. enige ander aangeleentheid wat nie deur ’n Parlementswet aan ’n ander hof
opgedra is nie.
2. Die Hooggeregshof van Suid-Afrika bestaan uit die Afdelings wat deur ’n Parle-
mentswet bepaal is, welke Wet voorsiening maak vir –
a. die vestiging van Afdelings, met een of meer setels in ’n Afdeling; en
b. die toewysing van jurisdiksie aan ’n Afdeling of ’n setel in ’n Afdeling.
3. Elke Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika –
a. het ’n Regter-President;
b. kan een of meer Adjunk-Regters-President hê; en
c. het die getal ander regters wat ingevolge nasionale wetgewing bepaal word.
Artikel 170 met betrekking tot Landdroshowe bepaal soos volg:
Alle howe behalwe daardie waarna in artikels 167, 168 en 169 verwys word, kan enige
aangeleentheid beslis wat deur ’n Parlementswet bepaal word, maar ’n hof met ’n laer
status as die Hooggeregshof van Suid-Afrika mag nie ondersoek instel na of beslis
oor die grondwetlikheid van enige wetgewing of enige optrede van die President nie.
Die struktuur van die regstelsel word volgende ondersoek.

SLEUTELBEGRIPPE

Die volgende is ’n paar van die sleutelbegrippe wat in hierdie studie-eenheid gebruik
word. Dit is belangrik dat u hierdie begrippe goed verstaan:

• KONKURRENTE JURISDIKSIE
’n situasie waarin jurisdiksie oor ’n besondere kwessie tussen twee of meer howe gedeel
word

• HOF VAN EERSTE INSTANSIE


die eerste hof waarin ’n aangeleentheid aangehoor word

• EKSKLUSIEWE JURISDIKSIE
net een hof het jurisdiksie om oor ’n bepaalde kwessie te beslis tot uitsluiting van alle
ander howe

• JURISDIKSIE
die bevoegdheid van ’n hof om oor ’n bepaalde regskwessie te beslis

36
4.1 STRUKTUUR VAN DIE REGSTELSEL
160 Artikel 166 van die Grondwet sit die struktuur van die howe uiteen. Hierdie howe is:
• die Konstitusionele Hof, die hoogste hof in alle aangeleenthede
• die Hoogste Hof van Appèl wat appèlle in grondwetlike en niegrondwetlike aan-
geleenthede aanhoor
• die Hoë Howe
• landdroshowe
• enige ander hof ingestel of erken ingevolge ’n parlementswet, insluitend enige hof
met ’n status soortgelyk aan dié van hetsy die Hooggeregshof van Suid-Afrika hetsy
die landdroshowe.

Die jurisdiksie van onderskeie howe in grondwetlike litigasie word in die volgende afde-
161

ling verduidelik.

4.2 JURISDIKSIE IN GRONDWETLIKE LITIGASIE


Die jurisdiksie van die onderskeie howe word in artikels 167 tot 170 van die Grondwet
162

uiteengesit (sien die artikel wat hier bo aangehaal is).

4.2.1 Jurisdiksie van die Konstitusionele Hof: artikel 167 van die
Grondwet
163 Die jurisdiksie van die Konstitusionele Hof word in artikel 167 van die Grondwet uiteengesit.

Artikel 167(3) bepaal as volg:


Die Konstitusionele Hof –
a is die hoogste hof van die Republiek en
b kan beslis oor –
i grondwetlike aangeleenthede;
ii en enige ander saak, mits hy (Konstitusionele Hof) verlof tot appèl toestaan
op die gronde dat die saak ’n aanvegbare regspunt van algemene openbare
belang opper, wat deur die Hof oorweeg behoort te word, en
c gee die finale beslissing oor die vraag of ’n saak in sy jurisdiksie val;

4.2.1.1 Kriteria wat die Konstitusionele Hof se jurisdiksie reël


165 Die volgende is die kriteria wat die Konstitusionele Hof se jurisdiksie reël:

(i) Wat is ’n grondwetlike aangeleentheid?


166 Gevalle wat grondwetlike aangeleenthede uitmaak, sluit die volgende in:
(a) Enige uitdaging vir die geldigheid van enige uitoefening van openbare gesag is ’n
grondwetlike aangeleentheid (Pharmaceutical Manufacturers Association of South
Africa: In re Ex parte President of the Republic of South Africa 2000 (2) SA 674 (KH)).

37 FUR2601/1
(b) Geskille oor of ’n regsvoorskrif of optrede strydig met die Grondwet is (S v Boesak
2001 (1) SA 912 (KH)).
(c) Vraagstukke oor die status, bevoegdhede en funksies van ’n staatsorgaan (Fraser v
Absa Bank Ltd 2007 (3) SA 484 (KH)).
(d) Vraagstukke oor die vertolking, toepassing en handhawing van die Grondwet self
(Boesak para 14).
(e) Vraagstukke oor die vertolking van wetgewing/ontwikkeling van gemenereg in-
gevolge artikel 39(2).

(ii) Wat is ’n regspunt van algemene openbare belang?


Terwyl die Konstitusionele Hof nog moet beslis wat appèlle – wat op ’n regspunt van
167

algemene openbare belang geopper word – behels, redeneer Currie en De Waal dat
hierdie frase waarskynlik dieselfde rol gaan speel as die standaard van die belang van
geregtigheid, wat tans toegang tot die hof beheer.

(iii) Watter areas val binne die Konstitusionele Hof se uitsluitlike/eksklusiewe jurisdiksie?
Artikel 167(4) bepaal dat die Konstitusionele Hof eksklusiewe jurisdiksie oor sekere
168

gebiede het. Slegs die Konstitusionele Hof kan:


– beslis oor geskille tussen staatsorgane in die nasionale of provinsiale sfeer oor die
grondwetlike status, bevoegdhede of funksies van enige van daardie staatsorgane
– beslis oor die grondwetlikheid van enige parlementêre of provinsiale wetsontwerp,
maar kan dit slegs doen in die omstandighede wat in artikel 79 of 121 beoog word
– beslis oor aansoeke wat in artikel 80 of 122 beoog word;
– beslis oor die grondwetlikheid van enige wysiging van die Grondwet;
– beslis dat die Parlement of die President versuim het om ’n grondwetlike verpligting
na te kom;
– ‘n provinsiale grondwet ingevolge artikel 144 sertifiseer.

Neem ook kennis van artikel 167(5) wat soos volg bepaal: Die Konstitusionele Hof
169

vel die finale beslissing oor die vraag of ’n parlementswet, ’n provinsiale wet of optrede
van die President grondwetlik is, en geen bevel van ongeldigheid wat deur die Hoogste
Hof van Appèl, ’n Hoë Hof of ’n hof met soortgelyke status gegee is, is van krag voordat
daardie bevel deur die Konstitusionele Hof bevestig is nie.
Dit beteken dat die Konstitusionele Hof in die meeste gevalle nie eksklusiewe jurisdiksie
170

het nie, maar wel konkurrent saam met die Hoë Howe en die Hoogste Hof van Appèl.
In alle grondwetlike aangeleenthede, behalwe daardie aangeleenthede wat uitdruklik
in artikel 167(4) genoem word, het die Hoë Hof en die Hoogste Hof van Appèl ook juris-
diksie – natuurlik onderworpe aan die gesag van die Konstitusionele Hof as die hoogste
hof in grondwetlike aangeleenthede, om hulle beslissings tersyde te stel. Dit kan gebeur
indien een van die partye na die Konstitusionele Hof geappelleer het of waar ’n hofbevel
ingevolge artikel 167(5) outomaties na die Konstitusionele Hof verwys word vir bevestiging.
Ons bespreek hierna hoe toegang tot die Konstitusionele Hof verkry word.
171

4.2.1.2 Toegang tot die Konstitusionele Hof


172 ’n Aangeleentheid kan op verskillende maniere voor die Konstitusionele Hof gebring word.

38
Sommige vraagstukke bereik die Konstitusionele Hof as bevestigingsverrigtinge. In die
173

bostaande bespreking het ons gesê dat, indien ’n Hoë Hof of die Hoogste Hof van Ap-
pèl ’n Parlementswet, ’n provinsiale wet of optrede van die President ongrondwetlik en
derhalwe ongeldig verklaar, die ongeldigverklaring deur die Konstitusionele Hof bevestig
moet word voordat dit enige krag het.

Ander vraagstukke bereik die Konstitusionele Hof deur middel van appèlle teen die
174

beslissings van ’n Hoë Hof, die Hoogste Hof van Appèl of ’n ander hof.

175 Artikel 167(6) van die Grondwet bepaal soos volg:


Nasionale wetgewing of die reëls van die Konstitusionele Hof moet ’n persoon toelaat om,
176

wanneer dit in die belang van geregtigheid is en met verlof van die Konstitusionele Hof –
(a) ‘n aangeleentheid direk by die Konstitusionele Hof aanhangig te maak; of
(b) regstreeks vanaf enige ander hof na die Konstitusionele Hof te appelleer.

Paragraaf (a) handel oor regstreekse toegang tot die Konstitusionele Hof. Hier tree die
177

Konstitusionele Hof as ’n hof van eerste instansie op en nie, soos gewoonlik die geval is,
as ’n appèlhof nie.

178 Kragtens die Hofreëls kan regstreekse toegang verleen word:


(1) in aangeleenthede waaroor konkurrente jurisdiksie uitgeoefen word
(2) indien die saak sodanig van openbare belang of dringend is dat regstreekse toegang
in die belang van geregtigheid sal wees

Dit is egter ’n buitengewone prosedure wat slegs in die mees uitsonderlike gevalle
179

toegelaat word.

Paragraaf (b) handel oor regstreekse appèlle na die Konstitusionele Hof, byvoorbeeld
180

regstreekse appèlle van die Hoë Hof na die Konstitusionele Hof.

181 Appèlle kan in twee kategorieë verdeel word:


(1) appèlle teen ongeldigheidsbevele wat ingevolge artikel 172(2)(a) van die Grondwet
uitgereik is
(2) ander appèlle

ʼn Uitvoerige stel reëls en beginsels is in hierdie verband ontwikkel, maar ons bespreek
182

dit nie in hierdie kursus nie.

183 Die Hoogste Hof van Appèl word volgende ondersoek.

4.2.1.3 Hoogste Hof van Appèl


Die Hoogste Hof van Appèl het jurisdiksie om grondwetlike kwessies aan te hoor en
184

daaroor te beslis, buiten aangeleenthede wat binne die uitsluitlike jurisdiksie van die
Konstitusionele Hof val. Dit het die bevoegdheid om appèlle in enige aangeleentheid
aan te hoor, waaronder grondwetlike appèlle van die Hoë Hof.

39 FUR2601/1
Artikel 167(5) bepaal dat die Hoogste Hof van Appèl kan beveel dat wetgewing om
185

grondwetlike redes ongeldig is en maak voorsiening vir die bevestiging van sodanige
bevel deur die Konstitusionele Hof.

4.2.1.4 Hoë Howe


‘n Hoë Hof kan enige grondwetlike aangeleentheid beslis, buiten aangeleenthede binne
186

die uitsluitlike jurisdiksie van die Konstitusionele Hof. ’n Hoë Hof kan verklaar dat optrede
of wetgewing ongeldig is, maar in die geval van parlementêre en provinsiale wetgewing
en optrede van die President het hierdie bevele geen uitwerking nie totdat dit deur die
Konstitusionele Hof bevestig word.

4.2.1.5 Landdroshowe

187 Artikel 170 bepaal onder andere dat:


188 “ ’n hof met ’n laer status as dié van ’n Hoë Hof nie ondersoek mag instel na of beslis
oor die grondwetlikheid van enige wetgewing of enige optrede van die President
nie.”

189 Hierdie bepaling verleen nie jurisdiksie aan ’n landdroshof om die Grondwet af te dwing nie.

Indien ’n party by verrigtinge in ’n landdroshof beweer dat enige wet of enige optrede
190

van die President ongrondwetlik is, moet die hof kragtens gewysigde artikel 110 van die
Wet op Landdroshowe 32 van 1944 die aangeleentheid beslis met die veronderstelling
dat die wet of optrede geldig is. Die litigant kan dan die grondwetlike kwessie by appèl
na die Hoë Hof aanhangig maak.

Dit beteken egter nie dat hierdie howe die Grondwet eenvoudig kan ignoreer nie. In die
191

eerste plek bepaal artikel 110 van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 dat, selfs al
mag die landdroshof nie enige wet of optrede van die President ongrondwetlik verklaar
nie, mag ’n litigant reeds getuienis in die landdroshof oor die ongelidgheid van die wet
of optrede aanvoer.

Mag landdroshowe die gemenereg ontwikkel kragtens artikel 39(2) van die
192

Grondwet?

Let op dat landdroshowe nie by die raamwerk van artikel 39(2) van die Grondwet ingesluit
193

word wat betref die ontwikkeling van die gemenereg nie. Daar word, met ander woorde,
nie bevoegdheid aan landdroshowe verleen om die gemenereg in ooreenstemming met
die Grondwet te ontwikkel nie.

In Masiya v Director of Public Prosecutions Pretoria (The State) and Another 2007 (5) SA 30
194

(KH), paragraaf 66 tot 69, het die Konstitusionele Hof implisiet beslis dat landdroshowe
nie ingesluit word by die raamwerk van die Grondwet wat betref die ontwikkeling van
die gemenereg nie.

40
Artikel 173 verleen egter net uitdruklik die bevoegdheid aan die Konstitusionele Hof,
195

die Hoogste Hof van Appèl en die Hoë Howe om die gemenereg te ontwikkel, met
inagneming van die belange van geregtigheid. Die landdroshowe word daarvan uitgesluit
op grond van die volgende redes:
• ‘n Landdros word beperk wat sy vermoë betref om gemeenregtelike misdade te
ontwikkel uit hoofde van die presedenteleerstuk.
• Hul uitsprake oor die geldigheid van gemeneenregtelike strafregbeginsels sal ’n ge-
fragmenteerde, en moontlik onsamehangende regsorde tot gevolg hê.

AKTIWITEIT

Beantwoord die volgende vrae en vergelyk dan u antwoorde met die terugvoering hier
onder:
(1) Is die volgende stellings waar of onwaar? Verstrek redes vir u antwoorde.
(a) Die Konstitusionele Hof het jurisdiksie in grondwetlike en niegrondwetlike
aangeleenthede. (2)
(b) Die Konstitusionele Hof het uitsluitlike (eksklusiewe) jurisdiksie om ’n parle-
mentswet ongrondwetlik te verklaar. (2)
(c) Die Hoë Howe en die Hoogste Hof van Appèl het jurisdiksie om ’n provinsiale
wet ongrondwetlik te verklaar, maar so ’n bevel sal nie enige regskrag hê nie
voor dit deur die Konstitusionele Hof bevestig word nie. (2)
(d) ‘n Landdroshof kan ’n munisipale regulasie ongrondwetlik verklaar. (2)
(e) ‘n Landdroshof mag wetgewing uitlê in ooreenstemming met die Handves van
Regte. (2)

(2) Bespreek die vraag of die landdroshowe die gemenereg in ooreenstemming met
die Grondwet kan ontwikkel. (5)
(3) ‘n Vriend vra u of, en in watter mate, die volgende howe grondwetlike jurisdiksie
het. Skryf ’n opstel waarin u die grondwetlike jurisdiksie van die volgende howe
verduidelik:
(a) Konstitusionele Hof
(b) Hoogste Hof van Appèl
(c) Hoë Howe
(d) landdroshowe (10)

TERUGVOERING OOR DIE AKTIWITEIT


4

(1) (a) Waar. Sien artikel 167(3)(b).


(b) Onwaar. ’n Hoë Hof of die Hoogste Hof van Appèl mag ’n parlementswet ongrondwet-
lik verklaar, maar dis onderworpe aan bevestiging deur die Konstitusionele Hof.
(c) Waar. Die posisie is dieselfde as in geval van parlementswette.
(d) Onwaar. ’n Landdroshof mag nie enige uitsprake maak oor die grondwetlikheid van
enige wetgewing nie.
(e) Waar. ’n Landdroshof mag die Handves van Regte indirek kragtens artikel 39(2)
toepas.
(2) Sien 4.2.1.5 hier bo en bespreek ook die Masiya-saak.
(3) (a) Konstitusionele Hof
Die jurisdiksie van die Konstitusionele Hof word in artikel 167 van die Grondwet
uiteengesit, soos deur die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet, 2012, gewysig.

41 FUR2601/1
Artikel 167(3) bepaal as volg:
Die Konstitusionele Hof –
a is die hoogste hof van die Republiek en
b kan beslis oor –
i grondwetlike aangeleenthede;
ii en enige ander saak, mits hy (Konstitusionele Hof) verlof tot
appèl toestaan op die gronde dat die saak ’n aanvegbare
regspunt van algemene openbare belang opper, wat deur
die Hof oorweeg behoort te word, en
c gee die finale beslissing oor die vraag of ’n saak in sy jurisdiksie
val;
Verder moet u bespreek wat ’n grondwetlike aangeleentheid en
die eksklusiewe (uitsluitlike) jurisdiksie van die Konstitusionele
Hof behels.

(b) Hoogste Hof van Appèl


Hierdie hof is by magte om appèlle oor enige aangeleentheid te beslis, insluitend
grondwetlike appèlle van die Hoë Hof.
Artikel 167(5) bepaal dat die Hoogste Hof van Appèl kan beveel dat wetgewing om
grondwetlike redes ongeldig is en maak voorsiening vir bevestiging van sodanige
bevele deur die Konstitusionele Hof.

(c) Hoë Howe


‘n Hoë Hof kan enige grondwetlike aangeleentheid beslis, buiten aangeleenthede
binne die uitsluitlike jurisdiksie van die Konstitusionele Hof.
‘n Hoë Hof kan verklaar dat optrede of wetgewing ongeldig is, maar in die geval van
parlementêre en provinsiale wetgewing en optrede van die President het sy bevel
geen uitwerking nie totdat dit deur die Konstitusionele Hof bevestig word.

(d) Landdroshowe
Artikel 170 bepaal onder andere dat “ ’n hof met ’n laer status as dié van ’n Hoë Hof
nie ondersoek mag instel na of beslis oor die grondwetlikheid van enige wetgewing
of enige optrede van die President nie.”
Hierdie bepaling verleen nie jurisdiksie aan ’n landdroshof om die Grondwet af te
dwing nie.
Let op dat landdroshowe nie by die raamwerk van artikel 173 van die Grondwet
ingesluit word ten aansien van die ontwikkeling van die gemenereg nie.

4.3 SAMEVATTING
In hierdie studie-eenheid het ons die derde en finale kwessie in die prosessuele stadium
196

van fundamenteelregtelike ontleding ondersoek, naamlik of ’n sekere hof jurisdiksie het


om oor ’n bepaalde geskil te beslis.
In die volgende studie-eenheid bespreek ons die substantiewe stadium, en in die be-
197

sonder die uitleg van fundamenteelregtelike bepalings.

42
Studie-eenheid 5
Uitleg van die Handves van Regte

198 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

Voordat u met u studie van hierdie studie-eenheid begin, moet u sorg dat u die volgende
199

sleutelbegrippe verstaan:
• Identifiseer die verskillende howe waaruit die regstelsel bestaan.
• Bespreek die jurisdiksie van die onderskeie howe in grondwetlike aangeleenthede.
• Bespreek die omstandighede waarin regstreekse toegang tot die Konstitusionele Hof
verleen kan word.

OORSIG
Die vorige studie-eenheid het gehandel oor jurisdiksie en prosedures in die Handves van
200

Regte-litigasie. In hierdie studie-eenheid, wat op hoofstuk 6 in The Bill of Rights Handbook


gebaseer is, bespreek ons die vertolking van die Handves van Regte.

As gevolg van politieke kompromieë is baie grondwetlike bepalings doelbewus vaag of


201

oop gelaat. Ander bepalings, veral dié in die Handves van Regte, is algemeen en abstrak
geformuleer. Die toepassing daarvan op bepaalde situasies en in bepaalde omstandighede
lei oor die algemeen tot geskille en twispunte. Dit is veral die geval met bepalings ten
aansien van die reg op gelykheid, lewe en menswaardigheid.

Die uitleg van die Handves van Regte word deur artikel 39 van die Grondwet gereël. Die
202

uitlegklousule voorsien riglyne oor uitleg, maar hierdie riglyne is ongelukkig op sigself
abstrak en vereis self ’n groot mate van uitleg. Omdat uitleg nie volledig deur die teks
van die Grondwet gereël word nie, het die Konstitusionele Hof riglyne neergelê oor die
wyse waarop die Grondwet in die algemeen, en die Handves van Regte in die besonder,
uitgelê moet word.

Die doel van hierdie studie-eenheid is om die uitleg van die Handves van Regte aan u
203

bekend te stel, veral wat die uitlegstadia, die uitlegmetodes en die uitlegklousule betref.

UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u:


• die twee uitlegstadia van die Handves van Regte, soos gevolg deur die Konstitusionele
Hof, te kan verduidelik en bespreek
• die belang van grondwetlike uitleg by die toepassing van die Handves van Regte te
kan beoordeel
• te kan onderskei tussen die verskillende benaderings tot die uitleg van die Handves
van Regte en hierdie benaderings te kan bespreek
• die betekenis van artikel 39 van die Grondwet (die uitlegklousule) te kan bespreek

43 FUR2601/1
• die benadering(s) van die Konstitusionele Hof tot die uitleg van die Handves van Regte
kortliks en duidelik te kan bespreek

VOORGESKREWE STUDIEMATERIAAL
204 Hierdie studie-eenheid handel oor Hoofstuk 6 van The Bill of Rights Handbook.

TERSAAKLIKE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET


Artikel 39 Uitleg van Handves van Regte
(1) Wanneer die Handves van Regte vertolk word –
(a) moet ’n hof, tribunaal of forum die waardes wat aan ’n oop en demokratiese
samelewing ten grondslag lê, en wat op menswaardigheid, gelykheid en vry-
heid gebaseer is, bevorder.
(b) moet ’n hof, tribunaal of forum die volkereg (internasionale reg) in ag neem;
en
(c) kan ’n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.
(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkelling van die gemenereg of
gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke
van die Handves van Regte bevorder.
(3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat
deur die gemenereg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in
die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.

205 Ons behandel volgende die uitleg van die Handves van Regte.

5.1 DIE UITLEGSTADIA


Die doel met die uitleg van die Handves van Regte is om die betekenis van ’n bepaling
206

in die Handves van Regte vas te stel ten einde te bepaal of enige wet of optrede onbe-
staanbaar met daardie bepaling is.

207 Die uitleg van die Handves van Regte behels twee ondersoeke of twee stadia:
• Die eerste ondersoekstadium behels die bepaling van die betekenis of omvang van
’n reg en ’n ondersoek of hierdie reg deur enige beweerde wet of optrede geskend
is, al dan nie
• Gedurende die tweede stadium moet bepaal word of die betwiste wet of optrede
bots met die Handves van Regte en of dit ingevolge die beperkingsklousule (sien
studie-eenheid 6: Beperking van regte) geregverdig kan word. Dit is alleen wanneer
die beperking van ’n reg nie geregverdig kan word nie, dat die slagoffer op ’n remedie
geregtig is (sien studie-eenheid 7: Remedies).

208 Die uitlegmetodes word hier onder uiteengesit.

44
5.2 UITLEGMETODES
Die voorkeurmetode van uitleg is ’n ruim en doeldienende uitleg wat uitdrukking gee
209

aan die onderliggende waardes van die Grondwet. Daar is egter verskeie benaderings
tot die uitleg van die Handves van Regte:
• tekstuele uitleg
• doeldienende uitleg
• ruim uitleg
• kontekstuele en sistematiese uitleg

5.2.1 Tekstuele uitleg


Die beginpunt vir die uitleg van die Handves van Regte in die eerste ondersoekstadium
210

is die teks self. Die hof moet nadink oor die teks om die betekenis van ’n bepaling in die
Handves van Regte vas te stel.

In die heel eerste uitspraak van die Konstitusionele Hof, S v Zuma 1995 (2) SA 642 (KH),
211

waarsku Kentridge AR daarteen om die belang van die teks te onderskat. Grondwetlike
geskille kan egter selde opgelos word met verwysing na die letterlike betekenis van
die bepalings van die Grondwet, veral wanneer die meeste van die formulerings in die
Grondwet abstrak en oop is. Regte soos gelykheid, lewe en menswaardigheid word nie
presies in die Handves van Regte verduidelik nie. Grondwetlike uitleg behels dus meer
as net om die letterlike betekenis van ’n sekere bepaling vas te stel om die betekenis en
omvang van sommige grondwetlike bepalings te bepaal.

212 In S v Makwanyane 1995 (3) SA 391 (KH) beslis die Konstitusionele Hof dat
“whilst paying due regard to the language that has been used, [an interpretation
of the Bill of Rights should be] ‘generous’ and ‘purposive’ and ‘give … expression
to the underlying values of the Constitution’”.

Die hof het op ’n paar geleenthede die ruim en doeldienende uitleg bo teenoorgestelde
213

uitlegmetodes verkies wat op die letterlike betekenis van ’n bepaling gegrond was.

5.2.2 Doeldienende uitleg


Doeldienende uitleg is die uitleg van ’n bepaling wat die kernwaardes wat ’n oop en
214

demokratiese samelewing gegrond op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten


grondslag lê, die beste ondersteun en beskerm.

In die S v Zuma-saak het die Konstitusionele Hof dieselfde benadering as die Canadin
215

Supreme Court in R v Big M Drug Mart Ltd gevolg. Dit sê vir ons dat ons
• eerstens die doel van ’n reg in die Handves van Regte moet bepaal
• dan moet vasstel watter waarde dit beskerm en daarna die omvang daarvan moet
bepaal

Die doeldienende benadering vereis noodwendig ’n waardeoordeel, naamlik watter


216

doelwitte belangrik is en deur die Grondwet beskerm word, en watter nie. Die waardeoor-

45 FUR2601/1
deel word egter nie gevel op grond van ’n regter se persoonlik waardes nie. Die waardes
moet objektief bepaal word met verwysing na die norme, verwagtinge en sensitiwiteite
van die mense.

Hulle mag nie afgelei word uit of gelykgestel word aan die openbare mening nie, soos
217

die Konstitusionele Hof in die Makwanyane-saak beklemtoon. Die hof redeneer as volg:
“Public opinion may have some relevance to the enquiry, but, in itself, it is no sub-
stitute for the duty vested in the Courts to interpret the Constitution and to uphold
its provisions without fear or favour. If public opinion were to be decisive, there
would be no need for constitutional adjudication. The protection of rights could
then be left to Parliament, which has a mandate from the public, and is answer-
able to the public for the way its mandate is exercised, but this would be a return
to parliamentary sovereignty, and a retreat from the new legal order established
by the 1993 Constitution. By the same token, the issue of the constitutionality of
capital punishment cannot be referred to a referendum, in which a majority view
would prevail over the wishes of any minority. The very reason for establishing the
new legal order, and for vesting the power of judicial review of all legislation in the
Courts, was to protect the rights of minorities and others who cannot protect their
rights adequately through the democratic process. Those who are entitled to claim
this protection include the social outcasts and marginalised people of our society.
It is only if there is a willingness to protect the worst and the weakest amongst us
that all of us can be secure that our own rights will be protected.”

Alhoewel ’n doeldienende uitleg ’n waardeoordeel vereis, skryf dit nie voor hoe hierdie
218

waardeoordeel gemaak moet word nie.

5.2.3 Ruim uitleg


Hierdie uitlegmetode is ten gunste van regte en teen die beperking daarvan. Dit behels
219

dat die grense vir regte so wyd as die taal waarin hulle opgestel is getrek word en die
verband toelaat waarin hulle gebruik word.

Die belang van ruim uitleg is ook deur die hof beklemtoon in S v Mhlungu 1995 (3) SA 391
220

(KH) par 8. In hierdie saak het die hof die belang van ’n ruim uitleg as volg beredeneer:
“… a constitution is an organic instrument. Although it is enacted in the form of a
statute it is sui generis. It must broadly, liberally and purposively be interpreted so
as to avoid (what Lord Wilberforce called) “the austerity of tabulated legalism” and
so as to enable it to continue to play a creative and dynamic role in the expression
and the achievement of the ideals and aspirations of the nation, in the articulation
of the values bonding its people and in disciplining its government.”

Die hof sal altyd kies om die reg af te baken volgens die doel daarvan wanneer hy gekon-
221

fronteer word met ’n botsing tussen ruim en doeldienende uitleg. Currie en De Waal
redeneer dat indien dit die geval is, die idee van ruim uitleg nie veel tot grondwetlike
uitleg bydra nie.

46
5.2.4 Kontekstuele en sistematiese uitleg
Die betekenis van woorde hang af van die verband waarin hulle gebruik word. Die be-
222

palings van die Grondwet moet dus in konteks gelees word om hul doel te bepaal. Die
enger betekenis van konteks word verskaf deur die teks van die Grondwet self, terwyl
die wyer betekenis die geskiedkundige en politieke verband van die Grondwet is. Ons
verduidelik vervolgens die geskiedkundige en politieke konteks kortliks.

5.2.4.1 Geskiedkundige konteks


Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis speel ’n belangrik rol by die uitleg van die Grond-
223

wet. Die Grondwet is ’n gevolg van en ’n reaksie op die geskiedenis van Suid-Afrika. ’n
Doeldienende uitleg neem Suid-Afrikaanse geskiedenis en die wens van die mense in ag
om nie daardie geskiedenis te herhaal nie. In Brink v Kitshoff 1996 (4) SA 197 (KH) (par 40),
het die Konstitusionele Hof geskiedkundige uitleg gebruik. In Makwanyane, (par 17–18),
word bevind dat die agtergrondmateriaal, waaronder die verslae van die verskillende
tegniese komitees, ook belangrik is om ’n antwoord te verskaf op die vraag waarom
sommige bepalings by die Grondwet ingesluit, of nie daarby ingesluit is nie.

5.2.4.2 Politieke konteks


Regte moet ook in politieke verband verstaan word. Politieke ontwikkelings, faktore en
224

die klimaat wat bestaan het ten tyde van die uitleg van die Grondwet moet nie afge-
skeep word nie, aangesien hulle die hof help om die betekenis van die bepalings van die
Grondwet vas te stel.

In die breë gesien, sluit kontekstuele uitleg sistematiese uitleg in. Laasgenoemde erken
225

dat die Grondwet ’n geheel is en nie in isolasie gelees moet word asof dit uit ’n reeks
individuele bepalings bestaan nie. Die hof moet dus die ander bepalings van die Grond-
wet en die Handves van Regte gebruik om verdere konteks te verleen vir die uitleg van
individuele bepalings van die Handves van Regte.

Kontekstuele uitleg is nuttig, maar dit moet omsigtig gebruik word. Die eerste gevaar
226

is om konteks te gebruik om regte te beperk, in plaas daarvan om hulle te interpreteer.


Die tweede gevaar is dat kontekstuele uitleg moontlik as kortpad gebruik kan word om
“irrelevante” fundamentele regte te elimineer.

5.3 DIE UITLEGKLOUSULE


Artikel 39 is die uitlegklousule. Artikel 39(1) vereis uitleg wat die waardes onderliggend
227

aan ’n oop en demokratiese samelewing gegrond op menswaardigheid, gelykheid


en vryheid bevorder.

Artikel 39(1) verwys na die gebruik van volkereg (tans ook bekend as internasionale reg)
228

en buitelandse reg. In die S v Makwanyane-saak het die Konstitusionele Hof redelik baie
na internasionale reg en buitelandse reg met die oog op uitleg verwys.

47 FUR2601/1
Artikel 39(2) fokus nie op die uitleg van die Grondwet nie, maar handel oor die uitleg
229

van wetgewing en die ontwikkeling van die gemenereg en gewoontereg. U het hierdie
bepaling reeds in studie-eenheid 3 teëgekom, waar die indirekte toepassing van die
Handves van Regte bespreek is.

Artikel 39(3) bepaal dat die Handves van Regte niemand verhoed om op regte staat te
230

maak wat deur wetgewing, die gemenereg of gewoontereg verleen word nie. Aangesien
die Handves van Regte deel is van die Grondwet, wat die hoogste reg is, mag sulke regte
nie met die Handves van Regte onbestaanbaar wees nie.

AKTIWITEIT

(1) Verduidelik die doel van die uitleg van die Handves van Regte, asook die twee stadias
van uitleg. Gee ’n voorbeeld om u antwoord te illustreer. (10)
(2) Speel die teks enige rol by die uitleg van die Grondwet of die Handves van Regte? Is
tekstuele (letterlike of grammatikale) uitleg voldoende of beslissend? Beantwoord
hierdie vraag met verwysing na toepaslike regspraak. (10)
(3) Verduidelik die rol van die openbare mening by die uitleg van die Handves van
Regte. Verwys na tersaaklike regspraak. (10)
(4) Identifiseer die benadering(s) tot uitleg waaraan die Grondwet en die Konstitusionele
Hof voorkeur gee. (10)
(5) Wat is die betekenis van konteks (verband) by grondwetlike uitleg? Verduidelik
volledig. (8)
(6) Waarom moet kontekstuele uitleg met omsigtigheid gebruik word? (4)
(7) Wat is die belang van volkereg (internasionale reg) en buitelandse reg onderskeidelik
by die uitleg van die Handves van Regte? Hoe omvattend het die Konstitusionele
Hof internasionale reg en buitelandse reg by die uitleg van die Handves van Regte
gebruik? (5)
(8) Verduidelik of iemand kan steun op ander regte as dié wat in die Handves van Regte
verskans is. In watter mate kan hierdie regte erken word? (10)

TERUGVOERING OOR DIE AKTWITEIT


(1) Die doel met die uitleg van die Handves van Regte is om die betekenis van ’n bepaling in
die Handves van Regte vas te stel ten einde te bepaal of enige wet of optrede onbestaan-
baar is met daardie bepaling. Uitleg van die Handves van Regte behels twee ondersoeke
of twee stadiums:
• Die eerste ondersoekstadium behels dat die betekenis of omvang van ’n reg bepaal
word en ondersoek ingestel word of hierdie reg geskend word, al dan nie, deur enige
wet of optrede wat bevraagteken word.
• Gedurende die tweede stadium moet bepaal word of die wet of optrede wat bevraag-
teken word met die Handves van Regte bots en of dit ingevolge die beperkingsklousule
geregverdig kan word. Slegs wanneer ’n beperking op ’n verskanste reg in die Handves
van Regte nie geregverdig kan word nie, is die slagoffer op ’n remedie geregtig (sien
studie-eenheid 8: Remedies).

(2) In S v Zuma waarsku die hof dat die taal van die teks nie geïgnoreer kan word nie: dit is
per slot van sake die hof se taak om ’n skriftelike dokument uit te lê. Die belang van die
teks moet dus nie onderskat word nie. Die teks bepaal die grense vir ’n uitvoerbare, rede-
like uitleg. In S v Makwanyane word egter verklaar dat hoewel behoorlike aandag aan

48
die taal van die Handves van Regte-bepaling geskenk moet word, grondwetlike uitleg
ruim en doeldienend moet wees. Dit is die geval omdat die Handves van Regte abstrak
en oop geformuleer is en die hof meer as net die letterlike betekenis van ’n sekere bepa-
ling moet vasstel. Die hof moet seker maak dat hy uitvoering gee aan die onderliggende
waardes van die Grondwet. Die letterlike betekenis van die teks word gevolg indien dit die
waardes van die Grondwet beliggaam, maar op sigself is sodanige letterlike betekenis nie
beslissend nie. Die howe is eerder geneig om voorkeur te gee aan ruim of doeldienende
uitleg bo ’n teenstrydige uitleg wat gegrond is op die letterlike betekenis van die teks.
(3) Dit verwys na ’n doeldienende uitleg van die Handves van Regte. Doeldienende uitleg
is daarop ingestel om die kernwaardes te identifiseer wat die genoemde fundamentele
regte in ’n oop en demokratiese samelewing gegrond op menswaardigheid, gelykheid en
vryheid ten grondslag lê en om dan voorkeur te gee aan ’n uitleg wat hierdie waardes ten
beste ondersteun. Dit beteken dat ons eers die doel van ’n reg in die Handves van Regte
moet identifiseer, dan moet vasstel watter waarde dit beskerm en daarna die omvang
daarvan moet bepaal.

Die doeldienende benadering vereis noodwendig ’n waardeoordeel, naamlik watter


doeleindes belangrik is en deur die Grondwet beskerm word en watter nie. Die waar-
deoordeel word egter nie gevel op grond van ’n regter se persoonlike waardes nie. Die
waardes moet objektief bepaal word met verwysing na die norme, verwagtinge en
sensitiwiteite van die mense. Hulle mag nie ontleen word aan of gelykgestel word met
die openbare mening nie. In S v Makwanyane beslis die hof dat hoewel die openbare
mening moontlik ter sake kan wees, dit op sigself nie ’n plaasvervanger is vir die plig
wat op die hof rus om die Grondwet te interpreteer nie, om twee redes. Eerstens, indien
openbare mening deurslaggewend sou wees, sou die beskerming van regte net sowel aan
die parlement oorgelaat kon word, wat per slot van rekening ’n mandaat het en teenoor
die publiek aanspreeklik is. Tweedens, die einste rede waarom die nuwe regsorde ingestel
is en waarom die bevoegdheid van geregtelike hersiening van alle wetgewing aan die
howe verleen is, is om die regte van minderhede en andere te beskerm wat nie hul regte
voldoende deur die demokratiese proses kan beskerm nie. As die hof te veel betekenis
aan die openbare mening sou verleen, sou hy nie sy funksie kon vervul om maatskap-
like uitgeworpenes en gemarginaliseerde mense in ons samelewing te beskerm nie.
Alhoewel ’n doeldienende uitleg ’n waardeoordeel vereis, skryf dit nie voor hoe hierdie
waardeoordeel gemaak moet word nie.
(4) Die voorkeurmetode van uitleg is ’n ruim en doeldienende uitleg wat aan die onder-
liggende waardes van die Grondwet uitdrukking gee. Doeldienende uitleg is die uitleg
van ’n bepaling wat die kernwaardes wat ’n oop en demokratiese samelewing gegrond
op menswaardigheid, gelykheid en vryheid die beste ondersteun en beskerm. In die S v
Zuma-saak het die Konstitusionele Hof die benadering aanvaar wat deur die Kanadese
hooggeregshof in R v Big M Drug Mart Ltd gevolg is. Daarvolgens moet mens eers die
doel van ’n reg in die Handves van Regte bepaal, daarna die waardes vasstel wat dit
beskerm en dan die omvang daarvan bepaal.
Die doeldienende benadering vereis noodwendig ’n waardeoordeel, naamlik watter
doeleindes belangrik is en deur die Grondwet beskerm word, en watter nie. Die waar-
deoordeel word egter nie gevel op grond van ’n regter se persoonlike waardes nie. Die
waardes moet objektief vasgestel word met verwysing na die norme, verwagtinge en
sensitiwiteite van die mense. Hulle mag nie afgelei word van of gelykgestel word aan
die openbare mening nie, soos die Konstitusionele Hof in die S v Makwanyane-saak
beklemtoon het. Alhoewel ’n doeldienende uitleg ’n waardeoordeel vereis, skryf dit nie
voor hoe hierdie waardeoordeel gemaak moet word nie.

Ruim uitleg is uitleg ten gunste van regte en teen die beperking van daardie regte. Dit
behels dat die grense so wyd moontlik getrek word as die taal waarin hulle opgestel is

49 FUR2601/1
en wat die verband waarin hulle gebruik word, toelaat. Die Konstitusionele Hof het ’n
ruim uitleg in die S v Zuma-saak gebruik en ruim uitleg was beslissend in S v Mhlungu.
Dit wil egter voorkom of die hof dit altyd sal verkies om die reg af te baken ingevolge die
doel daarvan indien hy gekonfronteer word met ’n botsing tussen ruim en doeldienende
uitleg.
(5) Die betekenis van woorde hang af van die verband waarin hulle gebruik word. Die be-
palings van die Grondwet moet dus in konteks gelees word om hul doel te bepaal. Die
enger betekenis van konteks word deur die teks van die Grondwet self voorsien, terwyl
die wyer betekenis die geskiedkundige en politieke konteks van die Grondwet is.

Geskiedkundige konteks
Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis speel ’n belangrike rol by die uitleg van die Grond-
wet. Die Grondwet is ’n gevolg van en reaksie op die geskiedenis van Suid-Afrika. ’n Doel-
dienende uitleg sal die Suid-Afrikaanse geskiedenis in aanmerking neem en die wense
van die mense wat nie daardie geskiedenis wil herhaal nie. In Brink v Kitshoff het die
Konstitusionele Hof geskiedkundige uitleg gebruik. In S v Makwanyane is ook bevind dat
die agtergrondmateriaal, waaronder die verslae van die verskillende tegniese komitees,
belangrik was om ’n antwoord te verskaf op die vraag waarom sommige bepalings by
die Grondwet ingeluit of nie ingesluit is nie.

Politieke verband
Regte moet ook in politieke verband begryp word. Politieke ontwikkelings, faktore en
die klimaat wat ten tyde van die interpretasie van die Grondwet bestaan het, moet nie
afgeskeep word nie, aangesien dit die hof help om die betekenis van die bepalings van
die Grondwet te bepaal.
(6) Kontekstuele uitleg is nuttig, maar moet omsigtig gebruik word. Die eerste gevaar is om
die konteks te gebruik om regte te beperk, in plaas daarvan om hulle te interpreteer. Die
Handves van Regte verskil van die meeste ander grondwetlike tekste in die sin dat dit ’n
tweestapbenadering beoog: eers uitleg en daarna beperking. Die balansering van regte
met mekaar en met die openbare belang moet plaasvind ingevolge die kriteria wat in
artikel 36 uiteengesit is. In die eerste stadium mag die konteks net gebruik word om die
doel of betekenis van ’n bepaling vas te stel. Die tweede gevaar is dat kontekstuele uitleg
as kortpad gebruik word om “irrelevante” fundamentele regte te elimineer. In ooreen-
stemming met die beginsel van grondwetlike oppergesag, moet ’n hof ’n wet of optrede
wat bevraagteken word, toets teen alle moontlike toepaslike bepalings van die Handves
van Regte, of die applikant daarop steun al dan nie. Kontekstuele uitleg moet nie gebruik
word om net die toepaslikste reg te identifiseer en daarop te fokus nie.
(7) Internasionale reg verwys na internasionale ooreenkomste en gewoonteregtelike volkereg
en beslissings van internasionale howe, soos die European Court of Human Rights
(ECHP). Buitelandse reg verwys na buitelandse regspraak, dit wil sê, verwysings na pre-
sedente van ander lande se howe en ook na buitelandse wetgewing en ander grondwette,
maar hoofsaaklik na regspraak.
In S v Makwanyane verklaar die Konstitusionele Hof dat sowel bindende as nie-bindende
internasionale reg as uitleghulpmiddels gebruik moet word. Internasionale reg bied ’n
raamwerk waarbinne regte geëvalueer en begryp kan word. Dit help ook met die uitleg
van regte, die bepaling van hul omvang en gee leiding tydens uitleg.
Volgens artikel 39(1) “moet” die howe internasionale reg in ag neem, maar “kan” hulle
buitelandse reg in ag neem. Die howe word dus verplig om toepaslike internasionale
reg as oorredende bron te oorweeg, maar hulle word nie verplig om dieselfde te doen
wat buitelandse reg betref nie. Die hof verklaar in S v Makwanyane dat buitelandse
regspraak nie noodwendig ’n veilige gids is by die uitleg van die Handves van Regte nie.

50
Dit impliseer dat internasionale reg meer gewig as buitelandse reg by die uitleg van die
Handves van Regte dra.
(8) Artikel 39(3) bepaal dat die Handves van Regte niemand verhoed om te steun op regte
wat verleen word deur wetgewing, die gemenereg of gewoontereg nie. Aangesien die
Handves van Regte deel is van die Grondwet, wat die hoogste reg is, mag sodanige regte
nie onbestaanbaar wees met die die Handves van Regte nie.

5.4 SAMEVATTING
Hierdie studie-eenheid het die uitleg van die Handves van Regte, veral die uitlegstadias,
231

die uitlegmetodes en die uitlegklousule aan u verduidelik. Ons het ook die Konstitusionele
Hof se benadering(s) tot die uitleg van die Handves van Regte bespreek.

Die uitleg van die Handves van Regte is van kritieke belang om die beperking van regte
232

te verstaan. Ons bespreek die beperking van regte in studie-eenheid 6.

51 FUR2601/1
Studie-eenheid 6
Beperking van regte

233 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

234 Voordat u hierdie studie-eenheid aanpak, moet u sorg dat u die volgende verstaan:
• die twee uitlegstadia van die Handves van Regte, soos gevolg deur die Konstitusionele
Hof, te kan verduidelik en bespreek
• die belang van grondwetlike uitleg by die toepassing van die Handves van Regte te
kan beoordeel
• te kan onderskei tussen die verskillende benaderings tot die uitleg van die Handves
van Regte en hierdie benaderings te kan bespreek
• die betekenis van artikel 39 van die Grondwet (die uitlegklousule) te kan bespreek

OORSIG
In die vorige studie-eenheid het ons die uitleg van die Handves van Regte, en in die be-
235

sonder, die proses waardeur die betekenis van fundamenteelregtelike waarborge vasgestel
word, bespreek. Dit word gewoonlik in verband gebring met die eerste vraag van die
substantiewe fase van die fundamenteelregtelike ondersoek, wat handel oor die uitleg
van die reg en die vraag of daar op een of meer fundamentele regte inbreuk gemaak is.

Wanneer ’n hof bevind het dat ’n fundamentele reg beperk is, kan hy daarna aandag
236

skenk aan die tweede substantiewe vraagstuk: Kan die beperking ingevolge die algemene
beperkingsklousule geregverdig word? In hierdie studie-eenheid fokus ons op laasge-
noemde substantiewe vraag.

Artikel 36 in die Handves van Regte staan bekend as die algemene beperkingsklousule
237

en magtig die beperking van fundamentele regte, mits sekere (redelik streng) vereistes
nagekom word. (Dit word ’n algemene beperkingsklousule genoem omdat dit van toe-
passing is op die beperking van fundamentele regte in die algemeen, en nie net op
een of twee spesifieke regte nie.) Artikel 36 is een van die belangrikste bepalings in die
Grondwet. U moet hierdie bepaling deeglik bestudeer.

UITKOMSTE
Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u in staat te wees om die vol-
238

gende te doen:
• te besin oor die betekenis van die insluiting van ’n algemene beperkingsklousule in
die Handves van Regte
• die frase “algemeen geldende regsvoorskrif” met verwysing na hofbeslissings of
regspraak uit te lê of te ontleed

52
• die Konstitusionele Hof se benadering tot die vraag of ’n beperking in ’n oop en
demokratiese samelewing, gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid,
redelik en regverdigbaar is, krities te ontleed
• uiteen te sit wat afbakening van regte en spesiale beperkingsklousules behels, en
voorbeelde van elk te gee
• artikel 36 se bepalings op ’n praktiese probleem toe te pas

VOORGESKREWE STUDIEMATERIAAL
239 Hierdie studie-eenheid handel oor HOOFSTUK 7 van die Bill of Rights Handbook.

RELEVANTE ARTIKEL VAN DIE GRONDWET


Artikel 36 Beperking van regte
1. Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens ’n algemeen geldende regs-
voorskrif beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is
in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid
en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van –
(a) die aard van die reg;
(b) die belangrikheid van die doel van die beperking;
(c) die aard en omvang van die beperking;
(d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en
(e) ‘n minder beperkende wyse om die doel te bereik.
2. Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet be-
paal, mag geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is,
beperk nie.

SLEUTELBEGRIPPE

Die volgende is ’n paar van die sleutelbegrippe wat in hierdie studie-eenheid gebruik
word. Dit is belangrik dat u hierdie begrippe goed verstaan:

• BALANSERING
die opweeg van botsende grondwetlike waardes en belange (sien ook proporsionaliteit)

• AFBAKENING
deel van ’n fundamenteelregtelike waarborg wat die omvang van die reg afbaken of
kwalifiseer (dit staan bekend as ’n interne bepaler)

• ALGEMENE GELDENDE REGSVOORSKRIF


magtig ’n fundamenteelregtelike beperking wat duidelik en toeganklik, en algemeen
geldend is

• MINDER BEPERKENDE MANIERE


maniere waarop die oogmerk van ’n beperking bereik kan word, wat minder inbreuk
maak op konstitusionele regte

53 FUR2601/1
• PROPORSIONALITEIT
verwys na die vraag of die beperking van ’n reg in verhouding is tot ander faktore, soos
die oogmerk en uitwerking van die beperking (sien ook balansering)

• SPESIALE BEPERKING
’n klousule wat die beperking van ’n spesifieke reg, en die omstandighede waarin dit
beperk mag word, magtig

240 Hierna behandel ons die belang van die algemene beperkingsklousule.

6.1 BELANG VAN DIE ALGEMENE BEPERKINGSKLOUSULE


Waarom is die algemene beperkingsklousule (a 36) so belangrik? Ons gee vervolgens ’n
241

aantal redes daarvoor:


(1) Artikel 36 stel dit duidelik dat die regte vervat in die Handves van Regte net beperk
kan word wanneer ’n aantal streng vereistes nagekom is. Fundamentele regte kan
dus nie sommer beperk word omdat dit gerieflik is nie.
(2) By gevalle waar ’n fundamentele reg beperk is, kry die staat (of ’n ander party wat die
beperking probeer regverdig) in ’n oop en demokratiese samelewing die geleent-
heid om aan te toon waarom hy meen dat die beperking redelik en regverdigbaar
is. Om dit te kan doen, moet die staat getuienis voorlê om aan te toon dat die doel
van die beperking belangrik is, dat daar geen ander manier is om daardie oogmerk
te bereik wat minder ingrypend is ten aansien van die betrokke reg nie, en dat die
oogmerk van die beperking belangriker is as die negatiewe gevolge daarvan.

Praktiese voorbeeld
Die saak Minister of Home Affairs v National Institute for Crime Prevention and the Re-
integration of Offenders (NICRO) 2004 (5) BCLR 445 (KH) handel oor die grondwet-
likheid van ’n bepaling in die Kieswet 73 van 1998, ingevolge waarvan veroordeelde
gevangenes nie mag stem nie. Die minister van binnelandse sake het aangevoer dat
hierdie beperking geregverdig is, en wel om die volgende redes:
(a) Dit is net van toepassing op gevangenes wat op grond van ’n billike verhoor
hul vryheid verloor het.
(b) Dit sal baie geld kos om spesiale reëlings te tref om sulke gevangenes te laat
stem, en logistieke probleme veroorsaak. Die hof het hierdie argument verwerp
en beklemtoon dat artikel 36 die bewyslas op die staat plaas om fundamen-
teelregtelike beperkinge te regverdig. Daarom moet die staat genoeg inligting
aan die hof beskikbaar stel om sy standpunt dat die beperking geregverdig
is, te steun. Die minister het versuim om dit te doen. Geen feitelike inligting is
voor die hof gebring oor logistieke probleme wat sou ontstaan nie, en geen
beraming van die koste wat dit sou meebring, is verskaf nie. Die beperking kon
gevolglik nie deur die beperkingsklousule geregverdig word nie.

54
(3) Baie (miskien die meerderheid van) fundamenteelregtelike sake word uiteindelik op
grond van die beperkingsondersoek beslis.

Bostaande is ’n uiteensetting van die belangrikheid van die algemene beperkings-


242

klousule. Hierna bespreek ons die beperkingsondersoek.

6.2 DIE BEPERKINGSONDERSOEK


243 Die beperkingsondersoek bestaan uit twee belangrike vrae:
(1) Die hof vra eerstens of die reg ooreenkomstig ’n algemeen geldende regsvoorskrif
beperk word. As dit nie die geval is nie, kan die beperking nie geregverdig word
nie en hoef daar nie na die tweede deel van die ondersoek aanbeweeg te word
nie. Kortom, die beperking word ongrondwetlik bevind. Indien die reg wel ooreen-
komstig ’n algemeen geldende regsvoorskrif beperk word, beweeg die hof na die
volgende vraag.
(2) Is die beperking redelik en regverdigbaar in ’n oop en demokratiese samelewing,
gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid?

6.2.1 Faktore wat in ag geneem moet word by die bepaling of ’n


beperking redelik en regverdigbaar is
Artikel 36(1) lys vyf faktore wat in ag geneem moet word wanneer bepaal word of ’n
244

beperking redelik en regverdigbaar is. Hierdie faktore is:


• die aard van ’n reg;
• die belang van die oogmerk van die beperking;
• die aard en omvang van die beperking;
• die verhouding tussen die beperking en sy oogmerk; en
• minder beperkende maniere om die oogmerk te bereik.

Die Konstitusionele Hof het egter duidelik verklaar dat hierdie faktore nie as ’n onbuigsame
245

toets beskou moet word nie.

Volgens die hof vereis die ondersoek na redelikheid en regverdigbaarheid dat ’n hof
246

“[must] engage in a balancing exercise and arrive at a global judgment on proportional-


ity” (S v Manamela (Director-General of Justice Intervening) 2000 (5) BCLR 491, par 32). Of,
soos die hof in S v Bhulwana 1995 (2) SA 887 (KH) paragraaf 18 verklaar:
“[T]he Court places the purpose, effects and importance of the infringing legisla-
tion on one side of the scale, and the nature and effect of the infringement caused
by the legislation on the other. The more substantial the inroad into fundamental
rights, the more persuasive the grounds of justification must be.”

In werklikheid beteken dit dat as die betrokke reg baie belangrik is (bv menswaardigheid
247

of gelykheid) en die skending van die reg ernstig is, die beperking net ondervang kan
word as ’n baie oortuigende (of baie oorredende) regverdiging geopper word. Hier moet
die staat aantoon dat die doel van die beperking uiters belangrik is en dat daar werklik
geen ander minder beperkende manier beskikbaar is nie.

55 FUR2601/1
Waar die betrokke reg, aan die ander kant, nie deurslaggewend belangrik is vir ’n oop
248

en demokratiese samelewing, gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid nie


en waar die inbreukmaking op die reg nie so ernstig is nie, sou die hof gewilliger wees
om ’n mate van beweegruimte aan die staat te verleen. In so ’n geval moet die oogmerk
steeds belangrik wees, maar dit hoef nie absoluut noodsaaklik te wees nie, en daar kan
aan die wetgewer ’n diskresie met betrekking tot die manier wat hy verkies, verleen word.

6.2.2 Oogmerk/doel, uitwerking en belang van die beperking, en minder


beperkende maniere om die doel te bereik
In S v Makwanyane 1995 (3) SA 391 (KH) word bevind dat die regte wat deur die doods-
249

vonnis geraak word (die reg op lewe en menswaardigheid en die reg om nie onderwerp
te word aan wrede, onmenslike of vernederende straf nie) fundamenteel belangrik is en
dat die doodsvonnis ’n ernstige en onherroeplike skending van daardie regte inhou. Die
staat moet gevolglik ’n besonder sterk regverdiging vir die beperking van hierdie regte
hê. Betreffende die verskillende faktore wat in daardie saak geïdentifiseer is (wat tans
in artikel 36 van die finale Grondwet vervat word), bevind die hof dat die erns van die
doodsvonnis swaarder weeg as die belang van die beperking van die reg.

6.3 DIE AFBAKENING VAN REGTE EN SPESIALE


BEPERKINGSKLOUSULES
Sommige van die regte vervat in die Handves van Regte word tekstueel gekwalifiseer.
250

Byvoorbeeld, artikel 9(3) waarborg die reg dat daar nie onbillik teen iemand gediskri-
mineer mag word nie, terwyl artikel 17 die reg beskerm om vreedsaam en ongewapen te
vergader, te betoog, ’n betooglinie te vorm en petisies voor te lê. Die terme “onbillik” en
“vreedsaam en ongewapen” omskryf die omvang van die betrokke regte. Dit is duidelik
dat artikel 9(3) nie billike diskriminasie verbied nie en dat die beskerming wat artikel 17
bied nie geld ten aansien van vergaderings of betogings wat gewelddadig is, of waar
deelnemers gewapen is nie. Dit is voorbeelde van “afbakenings” of “interne bepalers”, wat
die omvang van ’n reg afbaken deur dit duidelik te stel dat sekere aktiwiteite of aansprake
buite die omskrywing van die reg val.

In teenstelling hiermee magtig ’n spesiale beperkingsklousule die staat om wetgewing


251

te maak, of om betrokke te raak by ’n aktiwiteit wat ’n uitwerking op die betrokke reg


kan hê. Byvoorbeeld, artikel 22 waarborg die reg van elke langburger om vrylik ’n bedryf,
beroep of professie te kies. In die volgende sin staan egter: “Die beoefening van ’n be-
dryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.” Dit is ’n spesiale beperkings-
klousule wat die staat toelaat om, byvoorbeeld, die prokureursberoep te reguleer, onder
andere deur toelatingsvereistes te stel en te vereis dat net ’n persoon met ’n LLB-graad
as prokureur toegelaat word.

AKTIWITEIT

Beantwoord die volgende vrae en vergelyk dan u antwoorde met die daaropvolgende
terugvoering:

56
(1) Waarom word soms gesê dat die beperkingsklousule die belangrikste bepaling in
die Handves van Regte is? (4)
(2) Wat is die tweefase-benadering tot die beperking van fundamentele regte? Waarom
gebruik ons howe hierdie benadering? (2)
(3) Kan die algemene beperkingsklousule in artikel 36 toegepas word op alle regte
vervat in die Handves van Regte? Bespreek. (4)
(4) Wat beteken die frase “algemeen geldende regsvoorskrif”? (10)
(5) Kwalifiseer die volgende voorbeelde as algemeen geldende regsvoorskrifte? Verskaf
redes vir u antwoorde.
(a) ‘n besluit deur die president van Suid-Afrika om alle vrouegevangenes wat die
moeders is van kinders jonger as twaalf jaar, vry te laat (2)
(b) ‘n besluit deur die Onafhanklike Verkiesingskomitee dat gevangenes nie toege-
laat gaan word om in die komende verkiesing te stem nie (2)
(c) ‘n wetsbepaling ingevolge waarvan alle mediese dokters (maar nie die lede van
enige ander professie nie) gemeenskapsdiens moet verrig (2)
(d) ‘n besluit deur die lughawebestuur dat geen openbare vergadering toegelaat
word op lughawegrondgebied nie, terwyl so ’n besluit nog nie gepubliseer is
nie (2)

(6) Verduidelik in u eie woorde die Konstitusionele Hof se benadering tot proporsio-
naliteit in Makwanyane. (10)
(7) Is die volgende oogmerke belangrik genoeg om die beperking van konstitusionele
regte te regverdig? Gee redes vir u antwoorde.
(a) die doel van ’n verbod op die besit van pornografie – die beskerming van Chris-
telike waardes (2)
(b) die doel van ’n besluit om nie toe te laat dat gevangenes stem nie om koste te
bespaar (2)
(c) die doel van die instel van die oortreding “minagting van die hof” om die inte-
griteit van die regbank te beskerm (2)

(8) Ronnie Rebel is ’n (wit) leerling by ’n staatshoërskool. Hy word uit die skool geskors
omdat hy daarop aandring om sy hare in dreadlocks te dra (in stryd met die skool-
reëls) en omdat hy dagga rook. Hy hou vol dat hy, as ’n Rastafariër, nie verbied kan
word om sogenaamde sagte dwelms te gebruik nie. Pas artikel 36(1) op Ronnie se
geval toe en verduidelik die volgende:
(a) hoe die tweefase-ondersoek gaan plaasvind
(b) hoe elkeen van die beperkingskriteria op die haarstyl- en daggavraagstuk toe-
gepas moet word (10)

(9) Wat is “afbakenings” (of “interne bepalers”) en “spesiale beperkings” en waarom is


hulle belangrik? Gee twee voorbeelde van interne bepalers wat afbakening daarstel
en twee voorbeelde van spesiale beperkings. (6)

Terugvoering oor die aktiwiteit


5

(1) As u vertroud is met die inhoud van die Amerikaanse Grondwet, sal u weet dat dit nie
’n beperkingsklousule soos artikel 36 bevat nie. U wonder miskien hoekom ons so baie
aandag skenk aan hierdie artikel. Die afwesigheid van ’n beperkingsklousule plaas in-
derdaad enorme druk op howe om die geskikte grense vir, of afbakening van, elke reg

57 FUR2601/1
te vind, omdat die basiese beginsel dat alle regte onderworpe is aan verskillende soorte
beperkings, universeel erken word. (Dit was waarskynlik een van die eerste dinge wat
u as ’n regstudent geleer het.) U sal selde, indien ooit, ’n saak oor fundamentele regte
teëkom waarin beperking nie ter sprake kom nie. Die rede hiervoor is eenvoudig dat
mense hulle tot die hof wend omdat hulle meen dat daar op hul regte inbreuk gemaak
is. Hul opponente meen óf dat geen reg geskend is nie, óf dat die skending (dws beper-
king) van die betrokke reg geregverdig is.
(2) Die eerste fase behels ’n ontleding van die reg (om te bepaal of ’n fundamentele reg
inderdaad geskend is) en die tweede fase bestaan uit ’n beperkingsontleding (om te
bepaal of die inbreukmaking, aantasting of beperking bestaanbaar is met die Grondwet).
(3) Alhoewel dit voorkom asof artikel 36 ten aansien van alle regte in die Handves van Regte
geld, wys Currie en De Waal tereg daarop dat dit moeilik sou wees om die artikel bete-
kenisvol toe te pas op bepalings soos artikels 9(3), 22, 25, 26(2), 27(2) en 33(1). Die probleem
is dat hierdie artikels interne afbakenings bevat wat “… repeat the phrasing of s 36 or
that make use of similar criteria”. Dit is byvoorbeeld onwaarskynlik dat ’n hof ingevolge
artikel 33(1) administratiewe optrede onregmatig of onredelik sou bevind, maar dat
die optrede desnieteenstaande ingevolge artikel 36 redelik en regverdigbaar sou wees.
(4) Die betekenis van die frase “algemeen geldende regsvoorskrif” is nie so voor die hand
liggend as wat dit moontlik lyk nie. Eerstens, hoewel dit voor die hand liggend kan
voorkom, moet u nie vergeet dat dit uit twee elemente bestaan nie, naamlik “die reg”
en “algemeen geldend”.
(a) “Reg” sluit die volgende in: die Grondwet; alle parlementêre wetgewing; alle provinsiale
wetgewing; alle munisipale verordeninge; alle ondergeskikte wetgewing uitgevaardig
deur die uitvoerende gesag (bv presidensiële proklamasies, ministeriële regulasies
en regulasies ingevolge wetgewing, soos die Verdedigingswet 42 van 2002). Verder
sluit dit reëls in soos Unisa se Dissiplinêre Kode of die reëls wat ’n skool se beheerraad
aanneem. Laastens moet die gemenereg en die gewoontereg nie vergeet word nie.
(b) “Algemeen geldend” is nie so voor die hand liggend nie. Ons kan verklaar dat hierdie
vereiste oor die algemeen nagekom word wanneer ’n reël (1) toeganklik is, (2) duidelik/
presies is en (3) nie arbitrêr, of op ’n wyse wat onbillik tussen persone of groepe persone
diskrimineer, toegepas word nie. Laasgenoemde maatstaf beteken nie dat die reël
van toepassing moet wees op elke enkele individu in die land nie. Wetgewing wat dus
ten aansien van alle regsgeleerdes of mediese praktisyns geld, sou nie noodwendig
die toets druip nie, mits die onderwerp waaroor die wetgewing handel nie sodanig
is dat dit spesifiek relevant is vir regsgeleerdes en dokters nie (soos wetgewing wat
kwalifikasies en opleiding reël). ’n Ietwat lawwe voorbeeld hiervan sou die volgende
wees: ’n munisipale verordening wat regsgeleerdes verbied om publieke swembaddens
te benut, is duidelik nie ’n algemeen geldende regsvoorskrif nie, afgesien daarvan
dat dit ook nie voldoen aan die ander vereistes ingevolge artikel 36 nie. Soos altyd
moet die spesifieke konteks ook in ag geneem word. Daarom sal ’n skoolreël wat net
op meisies van toepassing is, kwalifiseer as algemeen geldende regsvoorskrif as dit
handel oor toelaatbare haarstyle, die lengte van skoolrokke, ensovoorts, maar nie
as dit byvoorbeeld handel oor toegang tot die biblioteek nie.
Moenie vergeet dat “algemeen geldende regsvoorskrif” net die eerste struikelblok
is wat ’n beperking moet oorkom nie. Daarom kan daar nie bloot gesê word dat,
omdat die Strafproseswet 51 van 1977 ’n bepaling bevat ingevolge waarvan ’n
fundamentele reg beperk word, dit die einde van die storie is nie. ’n Beperking wat
voldoen aan die vereiste dat dit ’n algemeen geldende regsvoorskrif moet wees, kan
steeds by die tweede hindernis struikel, as dit onredelik of nie regverdigbaar is nie.
Wanneer u met ’n beperkingsprobleem te kampe het, moet u nie die hele probleem
in die “algemeen geldende regsvoorskrif”-vorm probeer indwing nie – hanteer een
beperkingselement op ’n keer. Dit geld selfs wanneer ’n beperking so klaarblyklik
ongrondwetlik is dat dit absoluut elke toets druip.

58
(5) (a) Natuurlik, hierdie vraag is gebaseer op die feite in die President of the RSA v Hugo
1997 (4) SA 1 (KH)-saak.
(b) Hierdie beslissing kwalifiseer nie as “reg” nie, soos in die August v Electoral Commis-
sion 1999 (3) SA 1 (KH)-saak beslis is.
(c) Die blote feit dat ’n wet tussen verskillende professies onderskei, beteken nie dat dit
nie ’n algemeen geldende regsvoorskrif is nie. Dit sou net die toets druip as die dif-
ferensiasie arbitrêr is.
(d) Om te kwalifiseer as ’n algemeen geldende regsvoorskrif, moet dit toeganklik wees.
Omdat die beslissing nog nie gepubliseer is nie, sou dit waarskynlik nie hierdie toets
slaag nie.

(6) Bestudeer die verwysings na Makwanyane en som die benadering van die Konstitusio-
nele Hof in u eie woorde op. Die Makwanyane-beslissing is om drie redes belangrik: (a)
die hof gee ’n uiteensetting van sy algemene benadering tot beperkingsontleding, wat
gegrond word op balansering en proporsionaliteitsontleding; (b) die hof identifiseer die
vyf faktore wat in ag geneem moet word (hierdie faktore word later vervat in a 36 van
die 1996-Grondwet); en (c) die hof interpreteer hierdie faktore en pas elkeen daarvan
toe. In u antwoord moet u (i) die hof se algemene benadering tot beperkingsontleding
in Makwanyane en (ii) die hof se uitleg en toepassing van elkeen van die vyf faktore
bespreek.
(7) (a) In National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice 1999 (6) SA
(KH) is beslis dat die afdwinging van die persoonlike moraliteit van ’n gedeelte van
die bevolking nie ’n geldige en belangrike oogmerk uitmaak, wat die beperking
van ’n grondwetlike reg kan regverdig nie. Om Christelike waardes te wil beskerm,
kwalifiseer dus nie as ’n geldige oogmerk nie.
(b) Dit is betwisbaar of kostebesparing as ’n geregverdigde en belangrike oogmerk beskou
sou word. In die meeste gevalle sou dit waarskynlik nie die geval wees nie. As die
regering grondwetlike regte kon ignoreer bloot omdat dit duur sou wees om daaraan
te voldoen, sou die Handves van Regte nie veel beteken nie. In die NICRO-saak (sien
hierbo) bevind die Konstitusionele Hof dat ’n soortgelyke bepaling ongrondwetlik is.
(c) Die Konstitusionele Hof bevind in verskeie gevalle dat die beskerming van die howe
se integriteit ’n verdienstelike en belangrike oogmerk is. In S v Mamabolo (E TV, Busi-
ness Day and the Freedom of Expression Institute Intervening) 2001 (5) BCLR 449
(KH) waarin die grondwetlikheid van die misdryf, belastering van die hof, oorweeg
is, bevind die hof dat “there is a vital public interest in maintaining the integrity of
the judiciary” (par 48).

(8) Hierdie soort beperkingsontleding kan heel moontlik in die praktyk teëgekom word. Dit
is belangrik om die probleem deeglik deur te lees en al die sleutelkwessies te identifiseer.
Ons verskaf ’n paar leidrade oor hoe om dit te doen deur die probleem in twee dele te
verdeel. Let daarop dat ons nie soveel daarin belangstel of u antwoord reg of verkeerd is
nie (dws of u besluit die beperking is grondwetlik of nie), maar wil weet hoe u by daardie
antwoord uitgekom het.
(a) Eerstens moet u verduidelik hoe die tweefase-ondersoek gaan plaasvind. U sal onthou
dat in die eerste fase die fundamentele regte wat ter sprake is, bepaal word. Die beste
manier om dit te doen, sou moontlik wees om van artikel 9 tot 35 (insluitende die
regte wat u net breedweg hoef te bestudeer en selfs die regte wat u glad nie hoef te
bestudeer nie) in die Handves van Regte te lees. U kan moontlik argumenteer dat
dié reël potensieel inbreuk kan maak op die student se reg daarop dat daar nie op
grond van godsdiens, gewete, geloof of kultuur teen hom of haar gediskrimineer
word nie. (Dit is onnodig om uitvoerig te bespreek of die Rastafariër-geloof as ’n
godsdiens kwalifiseer of nie – noem net die aangeleentheid sodat ons kan sien dat u
aan al die moontlikhede aandag geskenk het.) Hoewel dit moontlik is dat die reg op
menswaardigheid geskend is, is dit ’n taamlik vae moontlikheid; privaatheid (a 14),

59 FUR2601/1
godsdiens, denke en oortuiging en mening (a 15(1)) en vryheid van uitdrukking (a
16(1)) is meer belowend, asook onderwys (a 29, aangesien die student geskors is) en
taal en kultuur (a 30). Alhoewel ons nie in hierdie module die reg op billike admini-
stratiewe optrede behandel nie, sal dit in ’n geval soos hierdie van belang wees (omdat
die skoolreëls daarvoor voorsiening moet maak dat ’n student ’n billike verhoor kry
voordat hy of sy geskors word, ens).
(b) Vervolgens moet u die toepassing van die beperkingsklousule behandel. Ons stel
voor dat u die kwessie van dreadlocks en daggarokery afsonderlik bespreek, omdat
u moontlik nie dieselfde bevinding daaroor sal hê nie. Ondersoek dan die kriteria
vervat in artikel 36(1) een na die ander: Is dit ’n algemeen geldende regsvoorskrif? Ja,
waarskynlik. (Moet nie begin soek na moontlikhede buite die bestek van die vraag
nie, want dan kan dit gebeur dat u die wesenlike punte miskyk.) Volgende: Is die
beperking redelik en regverdigbaar? Neem (a) tot (e) in ag, asook, vanselfsprekend,
enige ander relevante faktor.
(i) Eerstens, wat is die aard van die betrokke reg(te)? Hou in gedagte dat mens-
waardigheid, gelykheid en vryheid regdeur die Grondwet beklemtoon word.
(ii) Hoe belangrik is die doel van die beperking? Dit is duidelik dat die doel van
’n verbod op die dra van dreadlocks minder belangrik is as ’n verbod op die
gebruik van dwelmmiddels. Bepaal wat die doel is en dui aan hoe belangrik
dit is (gee redes vir u antwoord).
(iii) Wat is die aard en omvang van die beperking? Stel in albei gevalle vas op wat-
ter wyse die betrokke fundamentele regte deur die beperking beïnvloed word.
Verduidelik daarna in watter mate dit geskied. Is dit ’n taamlik geringe beper-
king? Kan daar steeds gesê word dat die persoon in die meeste opsigte die volle
voordeel van die spesifieke reg geniet?
(iv) Wat is die verhouding tussen die beperking en die doel van die beperking? Is
daar ’n rasionele verband tussen die beperking en sy doel? Kan die beperking
werklik veroorsaak dat die doel bereik word? Is die beperking in verhouding tot
die doel? (Hierdie laaste vraag hou verband met maatstaf (v) hieronder.)
(v) Kan die doel op minder beperkende wyses bereik word? Kan dieselfde doel
gedien word deur ’n ander maatreël wat ’n geringer uitwerking het op die in-
dividu se regte? Met ander woorde, selfs al word die doel as belangrik beskou,
kan gevra word of die middele aangewend om dit te bereik, in verhouding is
tot die negatiewe uitwerking van die beperking van die betrokke reg. (Probeer
u om ’n muskiet met ’n kanon uit te wis?)

(9) Afbakenings (of interne kwalifiseerders of bepalers) en spesifieke beperkings is nogal


ingewikkeld en daarom moet u die bespreking in die handboek baie deeglik bestudeer
om seker te maak dat u weet watter probleme hulle kan oplewer. (Hou in gedagte dat
interne kwalifiseerders of bepalers die betrokke reg eerder afbaken as beperk, en dat dit
gevolglik in die eerste fase van die tweefaseontleding tuishoort.) Verder, spesifieke beper-
kings ontstaan gewoonlik in die tweede fase van ’n fundamenteelregtelike ondersoek.
Hierdie vraagstuk is belangrik omdat dit die onus of bewyslas beïnvloed: u sal onthou
dat die applikant inbreukmaking op die reg moet bewys. Byvoorbeeld, as die reg om te
vergader ter sprake is, moet die applikant aantoon dat hy of sy “vreedsaam en onge-
wapen” vergader het. Artikel 9(5) is ’n uitsondering op hierdie algemene reël deurdat
dit in sekere gevalle ’n vermoede van onbillikheid skep. As hierdie bepaling nie bestaan
het nie, sou ’n applikant nie net moes bewys het dat daar op ’n spesifieke grond onbillik
teen hom of haar gediskrimineer is nie, maar ook dat die diskriminasie onbillik was. Die
vermoede plaas nou die onus om te bewys dat die diskriminasie inderdaad billik was,
op die respondent of verweerder.
Dit is nie altyd maklik om te bepaal of ’n bepaling ’n interne bepaler is (wat die grense of
omvang van die reg self bepaal nie) of ’n spesifieke beperking (wat net soos die algemene

60
beperkingsklousule werk, afgesien daarvan dat dit net ten aansien van die betrokke
reg geld) nie. Oor die algemeen kan ’n mens saamstem met Currie en De Waal dat die
meeste van die interne beperkings en kwalifiseerders in die 1996-Grondwet die omvang
afbaken. Dit kan egter in die praktyk belangrike gevolge hê. Kyk byvoorbeeld na die reg
op onderwys in die taal van ’n persoon se keuse (a 29(2)), waar dit redelik uitvoerbaar
is. As hierdie frase ’n interne bepaler is, moet die applikant bewys dat sulke onderwys
inderdaad redelikerwys uitvoerbaar is. As dit ’n spesifieke beperking is, moet die respon-
dent (gewoonlik die staat) bewys dat sulke onderwys nie redelikerwys uitvoerbaar is nie.
’n Taamlik ernstige verskil wat die partye betref!
Ons howe het nog nie al die vraagstukke opgeklaar nie en dit is nie altyd seker wat die
verhouding is tussen sulke bepalers en beperkings aan die een kant, en die algemene
beperkingsklousule aan die ander kant nie. Byvoorbeeld, as die hof moet bepaal of
’n spesifieke beperking (wat nie die afbakening of omvang van die reg beïnvloed nie)
grondwetlik is, kan gevra word of die hof die kriteria vervat in artikel 36(1) sal toepas?

6.4 SAMEVATTING
In hierdie studie-eenheid het ons die vereistes vir ’n geldige fundamenteelregtelike
252

beperking behandel. Ons het die volgende geleer:


• Sommige regte in die Handves van Regte het afbakenings en spesifieke beperkings
wat net op hulle van toepassing is.
• Alle regte in die Handves van Regte kan in sekere omstandighede beperk word, mits
die vereistes gestel in artikel 36 nagekom is.

Indien daar nie voldoen is aan die grondwetlike vereistes vir ’n geldige beperking nie,
253

is die beperking ongrondwetlik, en sal die hof ’n geskikte remedie probeer vind. In die
volgende studie-eenheid behandel ons daardie remedies.

61 FUR2601/1
Studie-eenheid 7
Remedies

254 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

Voordat u begin om deur hierdie studie-eenheid te werk, moet u ’n goeie begrip hê van
255

die voorafgaande studie-eenhede 1 tot 6, aangesien hierdie hoofstuk oor spesifieke regte,
naamlik remedies, handel.

Onthou
Hierdie gedeelte oor remedies verduidelik wat gedoen kan word as ’n ongeregverdigde
256

skending of beperking van regte plaasgevind het.

OORSIG
Studie-eenheid 6 het gehandel oor die beperking van regte. ’n Beperking wat onbestaan-
257

baar is met die beperkingsklousule veroorsaak dat die slagoffer(s) daarop geregtig is om
’n bevoegde hof vir gepaste regshulp of ’n remedie te nader.

Hierdie studie-eenheid het ten doel om u te laat kennis maak met verskillende tipes
258

remedies en ander vorme van regshulp in gevalle van publieke en selfs private skendings
van die Handves van Regte. Verder word aandag geskenk aan die howe se algemene
benadering tot die toestaan van sodanige remedies of ander vorme van regshulp.

UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u in staat te wees om die
volgende te doen:
• remedies vir publieke en private skendings van regte te omskryf en met mekaar te
vergelyk
• die doel van grondwetlike remedies en die verskillende tipes remedies in gevalle van
die skending van fundamentele regte te verduidelik
• die howe se benadering tot die toestaan van remedies te bespreek
• tussen ongeldigverklaring van ongrondwetlike reg of optrede en ander grondwetlike
remedies te onderskei
• persone te help om gepaste remedies te identifiseer wanneer daar op hul regte inbreuk
gemaak is

62
VOORGESKREWE MATERIAAL
259 Hierdie studie-eenheid handel oor HOOFSTUK 8 van The Bill of Rights Handbook.

RELEVANTE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET


Artikel 38 Afdwinging van regte
Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om ’n bevoegde hof te nader en aan
te voer dat daar op ’n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ’n
inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ’n
verklaring van regte.

Artikel 172(1) Bevoegdhede van howe in grondwetlike aangeleenthede


(1) Wanneer ’n hof ’n grondwetlike aangeleentheid binne sy bevoegdheid beslis –
(a) moet die hof verklaar dat enige regsvoorskrif of optrede wat met die Grondwet
onbestaanbaar is, ongeldig is in die mate waarin dit onbestaanbaar is; en
(b) kan die hof enige bevel gee wat regverdig en billik is, met inbegrip van –
(i) ‘n bevel wat die terugwerkendheid van die ongeldigverklaring beperk; en
(ii) ‘n bevel wat die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige voor-
waardes opskort ten einde die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek
reg te stel.

Artikel 39 Uitleg van die Handves van Regte


39(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene
reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en
oogmerke van die Handves van Regte bevorder.

Artikel 8 Toepassing
8(3) By die toepassing van ’n bepaling van die Handves van Regte op ’n natuurlike of
regspersoon ingevolge subartikel (2) –
(a) moet ’n hof, ten einde gevolg te gee aan ’n reg in die Handves die gemene
reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie
aan daardie reg gevolg gee nie; en
(b) kan ’n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits
die beperking in ooreenstemming met artikel 36(1) is.

SLEUTELKONSEPTE

Om die inhoud van hierdie studie-eenheid te begryp, moet u weet wat die volgende
konsepte beteken:

63 FUR2601/1
• ONGELDIGVERKLARING
‘n Verklaring van ongeldigheid of ’n ongeldigheidsbevel maak reg of optrede ongeldig
omdat dit ’n fundamentele reg skend.

• VERKLARING VAN REGTE


‘n Verklaring of bevel wat ’n fundamentele reg wat bedreig word of geskend is, bevestig.

• INTERDIKTE
Interdikte is maatreëls wat spesifieke optrede voorskryf.

• GRONDWETLIKE SKADEVERGOEDING
Grondwetlike skadevergoeding is regshulp wat deur ’n hof toegestaan word aan ’n per-
soon wie se fundamentele regte geskend is.

7.1 GRONDWETLIKE REMEDIES EN DIE TOEPASSING VAN DIE


HANDVES VAN REGTE
Grondwetlike remedies is ’n uitvloeisel van ’n regstreekse toepassing van die Handves
260

van Regte. Artikel 38 handel oor remedies by die regstreekse toepassing van die Handves
van Regte. Hierdie remedies moet onderskei word van gewone regsremedies wat hul oor-
sprong het in ’n onregstreekse toepassing van die Handves van Regte. Oor die algemeen
moet gewone regsremedies eers uitgeput wees voordat grondwetlike regshulp gevra
word. Aan die ander kant moet oorweeg word om die Handves van Regte onregstreeks
toe te pas (uitvoerig bespreek in studie-eenheid 2) voordat regstreekse toepassing oor-
weeg word.

7.2 GRONDWETLIKE REMEDIES EN DIE ONGELDIGHEID VAN


ONGRONDWETLIKE REG OF OPTREDE

7.2.1 Doel van grondwetlike remedies


Die nadeel wat veroorsaak word deur die skending van grondwetlik regte is nie bloot
261

nadeel vir ’n individuele applikant nie, maar nadeel vir die samelewing in die geheel: die
skending belemmer die verwesenliking van die grondwetlike projek om ’n regverdige
en demokratiese samelewing te skep. Die doel van ’n grondwetlike remedie is derhalwe
om die Grondwet te regverdig en toekomstige inbreukmaking/skendings te ontmoedig.

7.2.2 Die verskil tussen die ongeldigheid van grondwetlike reg of


optrede en grondwetlike remedies
Ingevolge die klousule wat bepaal dat die Grondwet die oppermagtige of hoogste reg
262

van die Republiek van Suid-Afrika is, is enige regsvoorskrif of optrede wat daarmee on-
bestaanbaar is, outomaties ongeldig en nietig. Wanneer daar ’n geskil ontstaan tussen
sodanige reg of optrede, verklaar die bevoegde hof dus hierdie reg of optrede ongeldig.

64
Deur ’n betwiste reg of optrede ongrondwetlik en ongeldig te verklaar, staan die hof
263

reeds ’n remedie toe. ’n Ongeldigverklaring is egter nie die enigste remedie wat ’n hof
mag toestaan nie. Artikel 172 bepaal dat, bykomend tot die verklaring van ongeldigheid,
’n hof enige bevel mag uitreik wat “regverdig en billik” is. Waar fundamentele regte
geskend is, maak artikel 38 vir “gepaste regshulp” voorsiening.

7.2.3 Gepaste regshulp en die buigbare benadering tot grondwetlike


remedies
Omdat die howe grondwetlik verplig word om by enige skending van die Handves van
264

Regte gepaste regshulp toe te staan, het hulle ’n buigsame of soepel benadering tot
grondwetlike remedies ontwikkel.

In die Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH)-saak beslis die hof dat
265

dit aan die howe oorgelaat word om te besluit wat in enige spesifieke omstandigheid
gepaste regshulp sou wees, aangesien die Grondwet nie ’n gepaste remedie aandui nie.

Alhoewel artikel 38 ’n buigsame benadering tot remedies voorstaan, bevat artikel 172 ’n
266

paar instruksies oor die ongeldigverklaring van reg of optrede. Bykomend by die ongel-
digverklaring mag ’n billike en regverdige bevel toegestaan word. In hierdie stadium mag
die hof ook die belange van die partye voor die hof oorweeg. Artikel 172 laat skeidings-
en inleesbevele toe, asook bevele wat terugwerkende uitwerking van bevele beperk en
selfs ongeldigverklarings opskort. Artikel 8(3) bevat verdere riglyne oor die toestaan van
remedies wanneer die Handves van Regte regstreeks op private optrede toegepas word.

7.2.4 Faktore wat relevant is vir die toestaan van grondwetlike remedies
Die howe verskaf riglyne oor watter faktore belangrik is ten einde ’n doeltreffende remedie
267

te bied. Enkele van hierdie riglyne sluit die volgende in:


• ‘n Hofbevel moet nie net aan ’n suksesvolle litigant effektiewe regshulp verleen nie,
maar ook aan almal wat in ’n soortgelyke situasie verkeer.
• Die leerstuk van die skeiding van magte stel voor dat howe ’n sekere mate van respek
aan die wetgewer verskuldig is wanneer hulle ’n grondwetlike remedie ontwikkel.
• Die identiteit van die skender of oortreder behoort in ag geneem te word. Die uit-
werking van sommige remedies wat as afskrikmiddel moet dien, verskil beduidend,
na gelang daarvan of die skender van regte ’n openbare of private entiteit is. Die tipe
instelling wat vir die skending verantwoordelik is, kan ’n verdere rol speel om die
geskikte remedie te bepaal. Dit is byvoorbeeld uiters onwaarskynlik dat howe skadever-
goeding sal toestaan vir wetgewende oortredings/skendings van fundamentele regte.
• ‘n Oorweging wat nou verband hou met die identiteit van die skender/inbreukmaker
is die aard van die skending. Sistemiese skendings van fundamentele regte – in teen-
stelling met geïsoleerde skendings – verg die toepassing van strukturele remedies,
waaroor toepaslike instellings toesig hou.
• Die gevolge wat die grondwetlike skending vir slagoffers het, moet in ag geneem word.
• Die hof behoort die potensiële sukses – of mislukking – van sy bevel in ag te neem wan-
neer hy die toepaslikheid van ’n remedie oorweeg. Afgesien van begrotingsimplikasies,
wat by die remediële deel van die ontleding ’n groot rol speel, moet die hoeveelheid

65 FUR2601/1
tyd wat vir voldoening aan ’n hofbevel toegestaan word, in ag geneem word. Verder
moet ’n hof verseker dat die remedie op ’n verstaanbare wyse geformuleer word en
dat die betrokke persoon of instelling aan die hofbevel kan voldoen.

268 Die verskillende grondwetlike remedies word hier onder bespreek.

7.3 VERSKILLENDE GRONDWETLIKE REMEDIES


Afgesien van ’n ongeldigverklaring en ’n verklaring van regte, verskaf die Grondwet baie
269

min riglyne oor grondwetlike remedies, aangesien artikel 38 bloot “gepaste regshulp”
noem en nie spesifiek die soorte regshulp noem wat beskikbaar is vir die skending of
bedreiging van ’n reg vervat in die Handves van Regte nie.

Ten spyte van sy belangrikheid is die verklaring van ongeldigheid nie die enigste remedie
270

wat ’n hof kan verleen nie. Artikel 172 bepaal dat, afgesien van die verklaring van ongel-
digheid, ’n hof enige bevel wat regverdig en billik is, mag gee.

Wanneer die howe by grondwetlike sake regshulp toeken, poog hulle “to synchronise
271

the real world with the ideal construct of a constitutional world created in the image of
[the supremacy clause].”

Die vanselfsprekende manier om die werklike wêreld te versoen met die Grondwet is
272

deur ongrondwetlike regsvoorskrifte of optrede ongeldig te verklaar. ’n Verklaring van


ongeldigheid wis egter moontlik nie die teenstrydighede tussen regsvoorskrifte en -op-
trede en die Grondwet heeltemal uit nie. Daarvoor word dan positiewe optrede vereis
en daar kan dus van ’n hof vereis word om ’n mandamus of selfs ’n strukturele interdik
uit te reik om te verseker dat sulke optrede plaasvind.

Remedies kan hul oorsprong in wetgewing, die gemenereg en die Grondwet self hê. Bui-
273

ten die remedies wat ingevolge die Grondwet bestaan, is daar ander vorme van regshulp
wat ’n hof mag toestaan.

7.3.1 Ongeldigverklaring

7.3.1.1 Verduideliking van die begrip “ongeldigverklaring”


In Fose beslis die Konstitusionele Hof dat die oppergesagklousule outomaties enige
274

ongrondwetlike reg of optrede nietig maak. Die gevolg van grondwetlike oppergesag is
dus dat sulke wette of optrede ongeldig is. Ongeldigheid is ’n regsgevolg van enige reg
of optrede wat met die Grondwet of die Handves van Regte onbestaanbaar is.

‘n Ongeldigverklaring is ’n grondwetlike remedie. Dit verskil van ander grondwetlike


275

remedies wat die howe toestaan om geskille tussen die partye voor die hof te besleg. ’n
Ongeldigverklaring het te make met ’n regsvoorskrif of staatsoptrede en die uitwerking
daarvan is erga omnes (teenoor almal), terwyl ander grondwetlike remedies se uitwerking
erga partes (tussen die partye/litigante) is.

66
Ongeldigverklaring is nie ’n diskresionêre remedie nie. ’n Hof is verplig om, onderworpe
276

aan verskeie voorafgaande stappe vervat in Handves van Regte-litigasie (verskynings-


bevoegdheid, interpretasie, beperking), ongrondwetlike regsvoorskrifte of optrede
ongeldig te verklaar. Hierdie verpligting verklaar waarom die ongeldigheidsverklaring
so ’n belangrike posisie in die grondwetlike reg beklee.

Nadat ’n wet of ’n wetsbepaling onbestaanbaar met die Grondwet bevind is, is die gepaste
277

remedie om dit ongeldig te verklaar in dié mate waarin dit met die Grondwet onbestaan-
baar is. Ongeldigverklaring raak net daardie bepalings in die wet wat ongrondwetlik is.

7.3.1.2 Terugwerkende uitwerking van ongeldigverklarings


278 ‘n Ongeldigverklaring kan op verskeie maniere beheer word:
• terugwerkende toepassing van die ongeldigverklaring (a 172(1)(b)(i))
• opskorting van ongeldigverklarings
• skeiding
• inlees

7.3.1.3 Beperking van die terugwerkende toepassing van die ongeldigverklaring


(a 172(1)(b)(i))
Die feit dat die Grondwet oppermagtig is, beteken dat enige regsvoorskrif of optrede wat
279

onbestaanbaar met die Grondwet is, ongeldig is. Wanneer die hof wetgewing ongeldig
verklaar, BEVESTIG hy bloot dat dit ongeldig is. In beginsel funksioneer die ongeldigver-
klaring terugwerkend, met ander woorde, van die oomblik wat die Grondwet in werking
getree het.

Aangesien die terugwerkende ongeldigverklaring van handelinge wat te goeder trou


280

kragtens die gesag van oënskynlik geldige wetgewing uitgevoer is ontwrigtende resul-
tate tot gevolg kan hê, kan die Konstitusionele Hof die terugwerkende uitwerking van
’n ongeldigheidsbevel beperk.

7.3.1.4 Die opskorting van ongeldigverklarings (a 172(1)(b)(ii))


Ingevolge artikel 172(1)(b)(ii) mag ’n hof die uitwerking van ’n ongeldigverklaring in die
281

belang van billikheid en regverdigheid tydelik opskort. Dit is gewoonlik die geval waar
die hof die skeiding van magte respekteer en waar die parlement die geleentheid gebied
word om die ongeldigheid reg te stel.

Opskorting het die uitwerking dat die ongeldigverklaring aan ’n ontbindende voorwaarde
282

onderwerp word. Indien die aangeleentheid reggestel word, val die voorwaarde weg en
word dit wat kragtens die reg gedoen is geldig. Indien nie, vind die ongeldigverklaring
by die verstryking van die voorgeskrewe tydperk plaas, en tree die normale gevolge
wat aan sodanige verklaring geheg word in. Die uitwerking van die opskorting van ’n
ongeldigheidsbevel is dat die wetgewing vir alle doeleindes vir die opskortingsperiode
van krag bly. ’n Hof kan egter hangende die regstelling van die wetgewing tussentydse
regshulp aan ’n litigant verleen.

67 FUR2601/1
Wanneer die hof sy bevoegheid ingevolge artikel 172(1)(b)(ii) uitoefen, is die wetgewer
283

onder geen verpligting om die betrokke wetgewing “reg te stel” nie. Die wetgewer kan
die wetgewing binne die vasgestelde tydperk regstel, of nuwe wetgewing daarvoor skep.

7.3.1.5 Skeiding
Artikel 172(1)(a) bepaal dat ’n regsvoorskrif of optrede ongeldig verklaar moet word in dié
284

mate waarin dit met die Grondwet onbestaanbaar is. Dit beteken dat ’n hof ’n spesifieke
artikel of subartikel van ’n wet ongeldig moet verklaar en dit skrap, en die res van die
wet onveranderd moet laat. Soms behels dit dat ongrondwetlike bepalings uit ’n artikel
of subartikel uitgehaal word en dat die oorblywende gedeelte onveranderd gelaat word.

Die fondament vir skeiding is gelê in Coetzee v Government of the Republic of South Africa
285

1995 (4) SA 621 (KH). Die proses bestaan uit twee dele:
• Eerstens moet dit moontlik wees om die slegte van die goeie te skei.
• Tweedens moet die oorblywende gedeelte steeds gevolg gee aan die oogmerk of
doel van die wet.

7.3.1.6 Inlees
Om woorde by ’n wetsbepaling in te lees (reading in), verskil van wanneer ’n wet ooreen-
286

komstig die Grondwet uitgelê word. Laasgenoemde word dikwels reading down genoem.
Inlees is ’n remedie, terwyl reading down ’n metode van wetsuitleg is wat ten doel het
om onbestaanbaarheid tussen die wet en die Grondwet te vermy. Daarenteen is inlees ’n
grondwetlike remedie wat deur ’n hof toegestaan word nadat hy ’n wet ongrondwetlik
en ongeldig bevind het.

Inlees word bykomend by die remedie van skeiding gebruik. Skeiding word gebruik wan-
287

neer onaanvaarbare (dws ongrondwetlike) gedeeltes van ’n wetsbepaling verwyder moet


word. Let daarop dat inmenging met wetgewing beperk moet word. Inlees word hoof-
saaklik gebruik wanneer die onbestaanbaarheid van die reg deur ’n weglating veroorsaak
word en dit nodig is om woorde by die wetsbepaling te voeg om dit reg te stel. Ingevolge
artikel 172 van die Grondwet is albei metodes toelaatbaar. In die National Coalition-saak
(National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs 2000 (2) SA (1)
(KH)) het die Konstitusionele Hof die eerste keer inlees as ’n remedie aangewend.

Noudat die begrip “ongeldigverklaring” verduidelik is, bespreek ons die verklaring van
288

regte.

7.3.2 Verklaring van regte


289 Artikel 38 van die Grondwet maak voorsiening vir ’n verklaring van regte.

’n Verklaring van regte verskil van ’n ongeldigverklaring omdat dit toegestaan kan
290

word, selfs indien geen regsvoorskrif of optrede onbestaanbaar met die Handves van
Regte bevind word nie, terwyl ’n ongeldigverklaring voortvloei uit ’n bevinding dat daar
teenstrydigheid tussen regsvoorskrifte of optrede en die Grondwet bestaan. Voorts is ’n

68
ongeldigverklaring bindend vir almal, terwyl ’n verklaring van regte daarop gerig is om
’n geskil tussen betrokke partye op te los. Dit is ’n diskresionêre remedie.

Kriegler R se verskillende sienswyse in President of Republic of South Africa v Hugo 1997


291

(4) SA 1 (KH) illustreer die nut van ’n verklaring van regte. Die meerderheid van die hof
het beslis dat ’n presidensiële kwytskelding (wat tot die vrylating van sekere klasse
vrouegevangenes met jong kinders gelei het) nie teen die gelykheidsklousule ingedruis
het nie. Kriegler R het daarvan verskil, en aangevoer dat die presidensiële handeling
die gelykheidsklousule geskend het deur nie manlike gevangenes met jong kinders in
te sluit nie. Die verskillende sienswyse het die moeilikste aspek van die saak aangeroer:
die toepaslike remedie. Ongeldigverklaring van die kwytskelding sou geen uitwerking
gehad het nie: die vrygelate vroue sou na die gevangenis terugkeer en die mans sou
in gevangenskap bly. Kriegler R het ’n bevel voorgestel wat bloot sou verklaar dat die
presidensiële handeling die Grondwet geskend het. Hoewel hierdie bevel nie regstreekse
verligting vir die applikant sou ingehou het nie, kon manlike gevangenes onregstreeks
by die bevel gebaat het, deur dit byvoorbeeld te gebruik om ’n individuele aansoek om
kwytskelding te ondersteun.

’n Verklarende bevel is ’n buigsame remedie wat veral waardevol in ’n grondwetlike


292

demokrasie is, omdat dit ’n hof in staat stel om aan die een kant regte te verduidelik en
te verklaar, terwyl die besluit oor hoe daardie regte op die beste wyse verwesenlik kan
word aan die ander staatsvertakkings oor te laat.

Wat die positiewe verpligtinge betref wat deur sosio-ekonomiese regte opgelê word:
293

aangesien aansoeke om verklarende bystand die verantwoordelike staatsagentskap ver-


plig om te verduidelik waarom sy beleide redelik is, het dit tot gevolg dat die agentskap
aanspreeklik gehou word. In Government of the Republic of South Africa v Grootboom 2001
(1) SA 46 (KH), byvoorbeeld, het die hof ’n verklarende bevel toegestaan, tesame met ’n
instruksie aan die Menseregtekommissie om die bevel te monitor.

Sommige regters is egter van mening dat strukturele interdikte meer geskikte remedies
294

vir sake oor sosio-ekonomiese regte is (soos hier onder bespreek). In Minister of Health
v Treatment Action Campaign (2) 2002 (5) SA 721 (KH) het die hof die buigsaamheid van
die verklarende bevel bevestig toe hy sodanige bevel uitgereik het, tesame met ’n aantal
opdragte om bestaande beperkings op die beskikbaarheid van die geneesmiddel Nevi-
rapine in openbare hospitale vir voorkomende behandeling van MIV-infeksie te verwyder.

295 Interdikte en die tipes interdikte word hierna bespreek.

7.3.3 Interdikte
Aangesien sowel positiewe as negatiewe interdikte altyd op toekomstige gebeure gerig
296

word, is hulle meer geskik as grondwetlike remedies as skadevergoeding.

297 Ons bespreek die volgende drie tipes interdikte:

298

69 FUR2601/1
• Tussentydse interdikte
Die doel van tussentydse regshulp is om die status quo te behou totdat ’n geskil bereg
299

word.

• Finale interdikte
Finale interdikte is onder andere verbiedende interdikte en die mandamus. ’n Finale
300

interdik vereis die vestiging van ’n duidelike reg, ’n benadeling wat inderdaad plaasgevind
het of wat redelikerwys gevrees word, asook geen ander beskikbare vorm van regshulp nie.

’n Mandamus is die naam van ’n bevelskrif of lasbrief wat deur ’n hof uitgereik word. ’n
301

Mandamus stel die hof in staat om die een of ander persoon, korporasie of laer hof binne
die jurisdiksie van sodanige hoër hof te beveel om ’n betrokke handeling uit te voer. Die
hoër hof het vantevore bevind dat die betrokke handeling in ooreenstemming met reg
en geregtigheid is. ’n Mandamus is nie ’n lasbrief waarop aanspraak gemaak kan word
nie. Dit word gevolglik net verleen na goeddunke van die hof aan wie die aansoek gerig
is. In MEC for Education, KwaZulu Natal v Pillay 2008 (1) SA 474 (KH) het die hof gelas dat
die bestuursliggaam van ’n skool, in oorlegpleging met leerders, ouers en opvoeders,
wysigings aan die skool se gedragskode aanbring om voorsiening te maak vir afwykings
van die kode op godsdienstige of kulturele gronde. Dit sou ook ’n prosedure daarstel
waarvolgens sodanige vrystellings versoek en toegestaan kan word (die skool het on-
grondwetlik opgetree toe hy ’n leerder verbied het om ’n neusring vir godsdienstige
doeleindes te dra).

• Strukturele interdikte
Ingevolge ’n strukturele interdik moet die skender die verbreking van fundamentele regte
302

onder toesig van die hof regstel. Hierdie soorte interdikte is besonder nuttig by sake oor
sosio-ekonomiese regte. Die strukturele interdik bestaan meestal uit die volgende vyf
elemente:
(a) Die hof wys op die gebreke in die regering se optrede betreffende voldoening aan
sy grondwetlike verpligtinge.
(b) Die hof beveel die regering om hierdie verpligtinge na te kom.
(c) Die hof beveel die regering om binne ’n spesifieke tydperk ’n verslag op te stel
waarin die stappe wat hy reeds gedoen het en dié wat hy vir die toekoms beplan,
uiteengesit word.
(d) Die applikant kry geleentheid om op hierdie verslag te reageer.
(e) Laastens word die aangeleentheid vir verhoor verwys, en indien bevind word dat
die verslag bevredigend is, word dit ’n hofbevel gemaak.

Versuim om die verpligtinge vervat in die hofbevel na te kom, kom dan op minagting
303

van die hof neer.

304 Die kwessie van grondwetlike skadevergoeding word hierna bespreek.

70
7.3.4 Grondwetlike skadevergoeding
Die Grondwet bevat nie ’n bepaling wat ’n hof verbied om skadevergoeding toe te ken
305

as ’n remedie vir die inbreukmaking op fundamentele regte nie deur die slagoffer van
die skending te vergoed en die skender te straf. So ’n remedie is noodsaaklik in ’n aantal
gevalle waar ander remedies min sou beteken, veral waar geen ander vorm van regshulp
doeltreffend of gepas blyk te wees nie.

Die algemene benadering tot grondwetlike skadevergoeding word deur die Konstitu-
306

sionele Hof uiteengesit in Fose wat in Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 (4)
SA 938 (KH) nagevolg is.

In Fose het die eiser die Minister van Veiligheid en Sekuriteit gedagvaar vir skade gely
307

as gevolg van ’n beweerde aanranding en marteling deur lede van die polisiemag.
Afgesien van gemeenregtelike deliktuele skadevergoeding het die eiser ’n eis ingestel
vir grondwetlike skadevergoeding weens die inbreukmaking op sy grondwetlike reg
op menswaardigheid en die reg om nie gemartel te word nie. In Fose is die volgende
algemene beginsels neergelê:
• In gevalle waar die skending van grondwetlike regte die pleeg van ’n delik behels,
word selde bykomende skadevergoeding toegeken (dws wat bykomend is by die
skadevergoeding wat ingevolge die gemenereg beskikbaar is).
• Selfs in omstandighede waar deliktuele skadevergoeding nie beskikbaar is nie, word
grondwetlike skadevergoeding nie noodwendig toegeken vir ’n skending van mense-
regte nie. Die hof beslis dat die Suid-Afrikaanse deliktereg soepel is en, in die meeste
gevalle, ruim genoeg om alle regshulp te verskaf wat vir ’n skending van grondwetlike
regte gepas sou wees. In Carmichele het die Konstitusionele Hof die belofte om die
bestaande deliktuele remedies te ontwikkel, gestand gedoen.

7.3.5 Ander vorme van regshulp


Minagting van die hof
Oor die algemeen kan nakoming van gebiedende hofbevele afgedwing word deur die hof
308

te vra om ’n bevel uit te reik wat verklaar dat respondente (insluitende regeringsamptenare)
hulle skuldig maak aan minagting van die hof en gevangenisstraf hangende nakoming
te beveel. In sulke gevalle is dit gebruiklik om eers ’n bevel nisi uit te reik (‘n bevel wat die
persoon wat aan die bevel moet gehoor gee, die geleentheid bied om redes aan te voer
waarom hy of sy hul nie aan minagting van die hof skuldig maak nie), voordat ’n bevel
vir gevangesetting toegestaan word.

Uitsluiting van getuienis


Die uitsluiting van getuienis wat op grond van ’n skending van fundamentele regte verkry
309

is, sal in heelwat gevalle sowel by siviele as strafsake die grondslag vir die verlening van
gepaste regshulp vorm.

71 FUR2601/1
Administratiewe reg en arbeidsregtelike remedies
Remedies kragtens die Promotion of Administrative Justice Act 3 van 2000 (soos die ter-
310

sydestellling van beslissings, die vervanging van beslissing en vergoeding in uitsonderlike


gevalle) geld sowel by grondwetlike sake as by ander vorme van regshulp. Dieselfde geld
ten aansien van arbeidsregtelike remedies, soos heraanstelling (reinstatement).

7.4 REMEDIES VIR PRIVATE SKENDINGS VAN REGTE


Artikel 8(3) bevat riglyne wat die howe moet volg wanneer die Handves van Regte reg-
311

streeks op private optrede toegepas word, maar skryf nie enige besondere tipe regshulp
voor vir private skendings van fundamentele regte nie. Hierdie artikel gee aan die hof
opdrag om bestaande wetgewing en die gemenereg in ag te neem om remedies vir die
private skending van fundamentele regte te vind of om ander remedies te ontwikkel
wat sodanige skendings op gepaste wyse hanteer, indien die gewone reg of bestaande
gemenereg te kort skiet. Wanneer hy grondwetlike remedies toestaan, moet die hof
bewus bly van die feit dat hy nou daardie gedeelte van die wetgewing, die bestaande
gemenereg of die ontwikkeling daarvan grondwetlik maak.

312

72
313

73 FUR2601/1
AKTIWITEIT

(1) Verduidelik wat die doel van grondwetlike remedies is. (5)
(2) Verduidelik die verskil tussen ’n ongeldigheidsverklaring en ’n verklaring van reg-
te. (10)
(3) Is reading down ’n grondwetlike remedie? Hoe verskil dit van skeiding en inlees?
(10)
(4) Wat is gepaste regshulp as ’n remedie vir ’n inbreukmaking op fundamentele reg-
te? (5)
(5) Gee ’n uiteensetting van Suid-Afrikaanse howe se buigsame benadering tot grond-
wetlike remedies vir skendings van fundamentele regte. (5)
(6) Gee ’n uiteensetting van die remedies vir private skendings van regte. (10)

Terugvoering oor die aktiwiteit


6

(1) Die skending van grondwetlike regte benadeel nie slegs ’n individuele applikant nie, maar
die samelewing in sy geheel omdat dit die verwesenliking van die grondwetlike doel,
naamlik om ’n billike en demokratiese samelewing te skep, belemmer. Derhalwe moet
die toekenning van ’n remedie ten doel hê om die Grondwet te handhaaf en toekomstige
skendings daarvan te voorkom.
(2) Bespreek 7.3.1 en 7.3.2 hier bo.
(3) Reading down (aflees) is nie ’n grondwetlike remedie nie, maar kan geklassifiseer word
as ’n metode van wetsuitleg wat ingevolge artikel 39(2) van elke hof, tribunaal of forum
vereis word. Die doel van reading down is om onbestaanbaarheid tussen die reg en die
Grondwet te voorkom, en die tegniek word beperk tot die betekenis wat redelikerwys
aan die teks toegeskryf kan word.
Inlees, aan die ander kant, is ’n grondwetlike remedie wat deur ’n hof toegestaan word
nadat hy ’n wet grondwetlik ongeldig bevind het. Inlees word bykomend tot die remedie
van skeiding gebruik. Skeiding word gebruik in gevalle waar dit nodig is om gedeeltes
van ’n statutêre bepaling wat aanstoot gee, te verwyder. Inlees word oorwegend gebruik
wanneer die teenstrydigheid of inkonsekwentheid veroorsaak word deur ’n weglating en
dit nodig is om woorde by die statutêre bepaling te voeg om dit reg te stel. Sowel inlees
as skeiding word kragtens artikel 172 van die Grondwet toegelaat.
Met betrekking tot skeiding moet dit voorts moontlik wees om die goeie van die slegte te
skei. Tweedens moet die res steeds uitvoering aan die doel van die reg gee. Die doel van
’n bepaling moet bepaal word met verwysing na die wet in die geheel, en ’n hof moet
versigtig wees om hom nie die funksies van die wetgewer toe te eien nie. In S v Coetzee
is skeiding gebruik as ’n kombinasie van aflees en skeiding, om aan die eerste gedeelte
van die toets te voldoen. Daarna is ’n breë eerder as ’n eng oogmerk aan die wetsbepaling
gekoppel om aan die tweede gedeelte van die toets te voldoen. Sachs R, aan die ander
kant, het gewaarsku teen ’n breë toepassing van die toetse vir skeiding, aangesien dit
tot die dwarsboming van die aanvanklike oogmerk van ’n wetsbepaling kan lei.
(4) Sien 7.2.3 hier bo.
(5) Sien 7.2.3 hier bo.
(6) Artikel 8(3) bevat riglyne wat howe kan toepas wanneer die Handves van Regte regstreeks
op private optrede toegepas word, maar dit skryf nie enige bepaalde tipe regshulp vir
private skendings van fundamentele regte voor nie. Hierdie artikel gee aan die hof opdrag
om bestaande wetgewing en die gemenereg in ag te neem om remedies vir die private

74
skending van fundamentele regte te vind of om ander remedies te ontwikkel wat sodanige
skendings op gepaste wyse hanteer, indien die gewone reg of bestaande gemenereg te
kort skiet. By die toestaan van konstitusionele remedies moet howe bewus bly daarvan
dat daardie gedeelte van die wet, die bestaande gemereg of die nuut ontwikkelde weer-
gawe daarvan, as ’t ware daardeur grondwetlik gemaak word.

7.5 SLOTSOM
Hierdie studie-eenheid se doel is om u te laat kennis maak met verskillende tipes remedies
314

en ander vorme van regshulp wat in gevalle van publieke en private skendings van die
Handves van Regte beskikbaar is. Verder verduidelik ons hier die howe se algemene
benadering tot die toestaan van sulke remedies en ander vorme van regshulp. Remedies
hou nie altyd verband met gelyke behandeling nie.

Hierdie is die laaste studie-eenheid wat oor die operasionele bepalings van die Handves
315

van Regte handel. Ons gaan nou sommige van die spesifieke regte verskans in die Handves
van Regte bespreek. Die eerste van hierdie regte is die reg op gelykheid, en dit word in
studie-eenheid 8 bespreek.

75 FUR2601/1
Studie-eenheid 8
Gelykheid

316 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

U moet ’n goeie begrip hê van studie-eenhede 1 tot 7. Hierdie studie-eenheid en die


317

studie-eenhede wat volg, is studie-eenhede oor spesifieke regte wat vir intensiewe
studie gekies is.

OORSIG
Die reg op gelykheid moet binne die konteks van die Suid-Afrikaanse Grondwet geïn-
318

terpreteer word omdat dit ’n integrale deel is van Suid-Afrika se geskiedkundige agter-
grond. Voor die inwerkingtreding van Suid-Afrika se nuwe demokratiese bedeling het die
apartheidsbeleid die samelewing verarm en landsburgers se menswaardigheid geskend.
Rassevoorkeur het ’n rol gespeel by die toekenning van hulpbronne en rasseskeidingreëls
het ongelykheid in die werkplek, tersiêre instellings en die ekonomie veroorsaak. Die
nuwe grondwetlike bedeling fokus op ’n verbintenis tot substantiewe gelykheid, en het
ten doel om die skade van die verlede reg te stel en die gaping in ’n verdeelde samele-
wing te oorbrug. Artikel 9 – die eerste substantiewe reg in die Grondwet – beskerm die
reg op gelykheid voor die reg, waarborg dat die reg mense sal beskerm en in gelyke mate
sal bevoordeel, en verbied onbillike diskriminasie.

UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u:


• ‘n deeglike begrip van die inhoud van artikel 9 te hê
• die Konstitusionele Hof se benadering tot gelykheidskwessies te kan bespreek
• die verhouding tussen artikel 9(1) en 9(3) te kan uiteensit
• die fases van die gelykheidsondersoek, soos toegepas in Harksen v Lane NO 1998 SA
300 (KH), te ken en te kan toepas
• die verhouding tussen artikel 9 en artikel 36 te kan uiteensit
• die Konstitusionele Hof se benadering tot gelykheid en nie-diskriminasie op ’n feitelike
probleem te kan toepas
• die rol van artikel 9(2) (die regstellende-aksie-bepaling) te kan ontleed
• die oogmerke van “The Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination
Act” 4 van 2000 te kan identifiseer
• die bepalings oor die voorkoming van onbillike diskriminasie te kan uiteensit

76
VOORGESKREWE MATERIAAL
319 Hierdie studie-eenheid handel oor HOOFSTUK 9 van The Bill of Rights Handbook.

RELEVANTE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET


Artikel 9 van die Grondwet (die gelykheidsklousule) verklaar soos volg:
9(1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel
van die reg.
9(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten
einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander
maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van
persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.
9(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimi-
neer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag,
swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiën-
teerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur,
taal en geboorte.
9(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of
meer gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing
moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.
9(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik,
tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.

SLEUTELKONSEPTE

Ons noem vervolgens sommige van die sleutelkonsepte in hierdie studie-eenheid.

• DIFFERENSIASIE
Differensiasie vind plaas wanneer mense in dieselfde posisie verskillend behandel word.
Differensiasie is slegs geldig as dit ’n regmatige doel het wat rasioneel daarmee verband
hou. Indien dit nie die geval is nie, maak die betrokke reg of optrede inbreuk op artikel 9(1).

• DISKRIMINASIE
Diskriminasie word ingedeel in twee kategorieë: Die eerste kategorie is diskriminasie
op ’n gelyste grond en die tweede is diskriminasie op ’n grond wat soortgelyk is aan
die gelyste gronde. In Prinsloo v van der Linde 1997 (6) BCLR 759 (KH) omskryf die hof
diskriminasie as “treating people differently in a way which impairs their fundamental
dignity as human beings”.

• ONBILLIKE DISKRIMINASIE
Let daarop dat die verbod in artikel 9(3) op onbillike diskriminasie dui. Artikel 9(5) bepaal
dat, nadat diskriminasie op ’n gelyste grond bepaal is, dit as onbillik beskou word.

77 FUR2601/1
• REGSTREEKSE EN ONREGSTREEKSE DISKRIMINASIE
Terwyl regstreekse diskriminasie openlik in regsvoorskrifte of optrede voorkom, is onreg-
streekse diskriminasie oënskynlik neutraal en niediskriminerend, maar dit het ’n onbillike,
diskriminerende uitwerking of gevolg. Om onregstreekse diskriminasie te kan identifiseer,
moet ons dus die impak of uitwerking van die differensiasie ondersoek. Enige wet wat
’n onbillike uitwerking het, kan op verbode diskriminasie neerkom. Die vermoede van
onbillikheid vervat in artikel 9(5) is op sowel regstreekse as onregstreekse diskriminasie
van toepassing. Indien ’n applikant op onregstreekse diskriminasie probeer steun, moet
getuienis voorgelê word om aan te toon dat ’n spesifieke regsvoorskrif of optrede ’n dis-
kriminerende uitwerking het, of op ’n diskriminerende wyse uitgevoer word. Die belang
daarvan om onregstreekse diskriminasie te verbied, word in die volgende sake geïllus-
treer: Pretoria City Council v Walker 1998 (3) BCLR 257 (KH); Democratic Party v Minister of
Home Affairs 1999 (3) SA (KH).

8.1 FASES VAN DIE ONDERSOEK OM TE BEPAAL OF DIE


GELYKHEIDSKLOUSULE GESKEND IS
In Harksen v Lane NO 1998 SA 300 (KH) bepaal die hof die volgende fases van ’n ondersoek
320

oor ’n gelykheidskwessie:

FASE 1
321 Die volgende vrae moet gedurende hierdie fase gevra word:
(1) Onderskei die reg tussen mense of kategorieë mense?
(2) Indien wel, is daar ’n rasionele verband tussen so ’n onderskeid en ’n regmatige
regeringsdoelwit of -oogmerk?
(3) Indien nie, vind daar ’n skending van artikel 9(1) plaas. As daar ’n rasionele verband is,
vind daar geen skending van artikel 9(1) plaas nie, maar dit kan nietemin op diskrimi-
nasie neerkom. Ons beweeg gevolglik aan na die volgende fase van die ondersoek.

FASE 2
322 (Hierdie fase bepaal of die diskriminasie onbillik is.)
(1) Eerstens: Kom die differensiasie neer op diskriminasie?
(a) Indien die diskriminasie op ’n gelyste grond gebaseer word, naamlik ’n grond
gelys in artikel 9(3), word diskriminasie vasgestel.
(b) Indien die diskriminasie op ’n ongelyste grond gebaseer word, moet die applikant
die diskriminasie bewys deur aan te toon dat dit gebaseer is op kenmerke wat
die potensiaal het om die fundamentele menswaardigheid van mense aan te
tas, of hulle op ’n vergelykbaar ernstige wyse nadelig te affekteer.
(c) Nadat ’n geval van diskriminasie vasgestel is, word die volgende vraag gevra.
(2) Tweedens: Kom die diskriminasie neer op onbillike diskriminasie?
(a) Indien daar op ’n gelyste grond gediskrimineer word, word daar ingevolge
artikel 9(5) vermoed dat dit onbillik is.

78
(b) Indien daar op ’n ongelyste grond gediskrimineer word, moet die applikant
aantoon dat die diskriminasie onbillik is. Die toets vir onbillikheid fokus op
die uitwerking van die diskriminasie op die applikant en op ander persone in
dieselfde situasie.

Indien bevind word dat die differensiasie nie onbillik is nie, is daar geen inbreukmaking
323

op artikel 9(3) en artikel 9(4) nie.

FASE 3
Indien daar bevind word dat die diskriminasie onbillik is, moet bepaal word of die betrokke
324

bepaling ingevolge die beperkingsklousule geregverdig kan word.

Hierdie sistematiese ondersoek na die inbreukmaking op artikel 9 word in Harksen v Lane


325

deur die Konstitusionele Hof uiteengesit.

8.1.1 Die gevolge van Harksen v Lane


Die bepaling van ’n skending van artikel 9(1)
Die gelykheidsbepaling belet nie die regering om op grond van ’n aantal verskillende re-
326

des klassifikasies te maak nie, mits sulke klassifikasies regmatig is, dit wil sê op toelaatbare
kriteria gebaseer word. Of ’n klassifikasie toelaatbaar is of nie, sou afhang van die doel
van die klassifikasie en of daar ’n voldoende verband is tussen die kriteria wat gebruik
word om die klassifikasies teweeg te bring, en regeringsoogmerke. Blote differensiasie,
sonder enige rasionele verband tussen die differensiasie en die regeringsoogmerk, sou
’n skending van artikel 9(1) wees.

Hierdie benadering is deur die Konstitusionele Hof bevestig in Prinsloo v Van der Linde.
327

In hierdie saak onderskei die hof tussen differensiasie gebaseer op gronde wat ’n per-
soon se menswaardigheid aantas, en dié wat gebaseer word op gronde wat nie hierdie
uitwerking het nie. Waar die onderskeid nie ’n uitwerking op menswaardigheid het nie,
mag die applikant slegs aanvoer dat daar ’n skending van artikel 9(1) plaasgevind het.

In hierdie saak word daar ’n onderskeid gemaak tussen mense wat grond in brandbe-
328

heergebiede okkupeer en dié wat grond buite sulke gebiede okkupeer. Ingevolge die
Boswet 122 van 1984 word nalatigheid vermoed as ’n brand uitbreek op grond wat buite
’n brandbeheergebied val, tensy die teendeel bewys word. Hierdie vermoede het egter
nie gegeld vir mense wat binne brandbeheergebiede gewoon het nie. Die hof het net
vereis dat die staat op ’n rasionele manier optree, en het dus die staat verbied om arbitrêre
onderskeidings te maak wat geen regmatige regeringsoogmerk dien nie.

Toe hierdie beginsels op die feite toegepas is, is bevind dat die bestaande regulasies
329

binne brandbeheergebiede ten doel gehad het om te verhoed dat brande versprei.
Hierdie regulasies was nie van toepassing op mense wat buite brandbeheergebiede
gewoon het nie, aangesien daar van hulle verwag is om meer waaksaam te wees. Die
differensiasie was dus op ’n rasionele grondslag gebaseer. Boonop het die differensiasie

79 FUR2601/1
nie die menswaardigheid van die betrokke mense geskaad nie en het gevolglik nie op
onbillike diskriminasie neergekom nie.

Die vasstelling van ’n skending van artikel 9(3)


(a) Die vasstelling van diskriminasie
Ten einde diskriminasie te bewys, moet ’n applikant diskriminasie vasstel op ’n grond
330

gelys in artikel 9(3), of op ’n soortgelyke grond (wat gebaseer is op kenmerke wat die
potensiaal het om die menswaardigheid van die persoon te benadeel, of op ’n vergelyk-
baar ernstige wyse te raak). Soos reeds verduidelik, verbied die gelykheidsklousule nie
diskriminasie nie omdat mense om verskillende redes verskillend behandel kan word – nie
alle diskriminasie is onbillik nie. Slegs onbillike diskriminasie word verbied.

(b) Die vasstelling van onbillike diskriminasie


Indien die diskriminasie op ’n gelyste grond bestaan, word daar ingevolge artikel 9(5)
331

van die Grondwet vermoed dat dit onbillik is. Dit beteken dat die onbillikheid van die
diskriminasie in hierdie geval nie bewys hoef te word nie. Indien die diskriminasie egter
op ’n ongelyste grond plaasvind, maar ’n nadelige uitwerking het op die persoon se
menswaardigheid, rus die onus op die applikant om te bewys dat dit onbillik was. Die
faktor wat bepaal of die diskriminasie onbillik was al dan nie, is die uitwerking wat die
diskriminasie op die klaer het.

In Harksen v Lane beslis die hof dat die volgende faktore in ag geneem moet word wan-
332

neer die onbillikheid van die analoë grond bepaal word:


• Die klaer se posisie in die samelewing en of die klaer in die verlede ’n slagoffer van
diskriminasiepatrone was.
• Die aard van die bepaling of bevoegdheid en die oogmerk waarop dit gerig is. ’n
Belangrike oorweging sou wees of die primêre oogmerk was om ’n verdienstelike
en belangrike sosiale doelwit te bereik, en of die inbreukmaking op die applikant se
regte ’n gevolg daarvan was.
• Die mate waarin die klaer se regte benadeel is en of sy of haar fundamentele waardig-
heid benadeel is. In President of the Republic of South Africa v Hugo 1997 (6) BCLR 708
(KH) moes die Konstitusionele Hof vasstel of daar onbillik teen die klaer gediskrimineer
is. Die Wysigingswet op Korrektiewe Dienste 17 van 1994 het die vonnisse opgeskort
van alle moeders met minderjarige kinders onder die ouderdom van 12 jaar, wat op
11 Mei 1994 in die gevangenis was. Die respondent, ’n manlike gevangene met ’n
minderjarige kind van 12, het aangevoer dat die Wet onbillik op grond van geslag teen
hom gediskrimineer het. Die Wet het klaarblyklik teen die respondent gediskrimineer.
Die vraag was of hierdie diskriminasie onbillik was. Die meerderheid van die hof beslis
dat, in die Suid-Afrikaanse samelewing, die moeder die primêre versorger van kinders
is. Dit plaas ’n geweldige las op vroue en is een van die grondoorsake van die swakker
posisie van vroue in die samelewing. Die President het gevolglik ’n geleentheid geskep
vir moeders, maar nie vir vaders nie. Die hof skenk aan die volgende faktore aandag:
– Die feit dat die individue waarteen gediskrimineer word nie aan ’n klas behoort
wat histories benadeel is nie, maak nie noodwendig die diskriminasie billik nie.

80
– Die doel van die verbod op onbillike diskriminasie is om ’n samelewing tot stand
te bring waarin alle mense gelyke waardigheid en respek geniet, ongeag of hulle
aan enige spesifieke groep behoort of nie. Hierdie doel kan nie bereik word deur
in alle omstandighede op gelyke behandeling aan te dring nie. Daar moet bepaal
word of die uitwerking van die maatreël in sy geheel die grondwetlike oogmerk
van gelykheid bevorder.

Met inagneming van bogenoemde kriteria beslis die meerderheid van die hof dat die
333

diskriminasie, op die feite van die saak, nie onbillik was nie. Die Wet se uitwerking was
dat dit vaders van minderjarige kinders ontneem het van ’n vroeë vrylating, waarop hulle
geen regmatige aanspraak gehad het nie. ’n Beslissing om alle manlike gevangenes met
minderjarige kinders vry te laat, sou ongetwyfeld openbare protes veroorsaak het. Daar
kan dus nie aangevoer word dat hierdie beslissing hul menswaardigheid of gevoel van
gelykwaardigheid aangetas het nie.

Lees die twee afwykende beslissing deur Mokgoro R en Kriegler R en kyk uit ’n
334

ander hoek na die uitleg van die gelykheidsklousule.

335

336 FIGUUR 8.1: Die ondersoek na onbillike diskriminasie

81 FUR2601/1
8.2 REGSTELLENDE AKSIE
Die verbintenis tot substantiewe of werklike gelykheid beteken dat regstellendeaksie-
337

programme beskou moet word as wesenlike en integrale aspekte van die strewe om
gelykheid te bereik. Hierdie programme moet nie beskou word as ’n beperking van of
uitsondering op die reg op gelykheid nie, aangesien regstellende aksie deel van die reg
op gelykheid uitmaak. Daarom dra diegene wat sulke programme bevraagteken die
bewyslas om te bewys dat dit onwettig is.

338 Regstellendeaksie-programme moet:


• die bereiking van substantiewe gelykheid bevorder (U moet ’n goeie begrip van hierdie
konsep en die verskil tussen substantiewe en formele gelykheid hê.)
• ontwerp wees om persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is, te beskerm
en hul belange te bevorder

8.3 DIE “PROMOTION OF EQUALITY AND PREVENTION OF


UNFAIR DISCRIMINATION ACT” 4 VAN 2000
Artikel 9(4) van die Grondwet vereis dat nasionale wetgewing uitgevaardig word om
339

onbillike diskriminasie te verbied of te voorkom. Hierdie artikel het betrekking op pri-


vate diskriminasie tussen ander private individue of instellings as die staat of die reg.
Ingevolge Item 23(1) van Bylae 6 van die Grondwet moet dié wetgewing binne drie jaar
ná die inwerkingtreding van die Grondwet uitgevaardig word. Die “Promotion of Equal-
ity and Prevention of Unfair Discrimination Act” 4 van 2000 is die verwesenliking van die
oogmerke van artikel 9(4) van die Grondwet en het die volgende drie hoofoogmerke:
• om onbillike diskriminasie te verbied
• om remedies vir die slagoffers van onbillike diskriminasie te verskaf
• om die bereiking van substantiewe gelykheid te bevorder

Die Wet geld vertikaal en horisontaal. Artikel 6 maak voorsiening vir die voorkoming van
340

onbillike diskriminasie en hou vir die klaer die volgende vier prosessuele voordele in:
Die bewyslas rus op die klaer om ’n prima facie-saak van diskriminasie te bewys deur
getuienis aan te bied om die feite waarop hy of sy steun, te bewys. Nadat die klaer
aan sy of haar bewyslas voldoen het, skuif die bewyslas na die respondent om te
bewys dat die diskriminasie nie plaasgevind het nie, of dat dit nie op ’n verbode
grond plaasgevind het nie.

Die vermoede van onbillikheid is sowel op diskriminasie op ’n verbode grond as op ’n


341

analoë grond van toepassing. Dit verskil van artikel 9(5) van die Grondwet ingevolge
waarvan onbillikheid net ten aansien van diskriminasie op ’n gelyste grond vermoed
word. Die klaer moet egter die hof oortuig van die onbillikheid van die diskriminasie
voordat die respondent die vermoede weerlê. Die respondent doen dit deur aan te toon
dat die diskriminasie
• sistematiese nadeel veroorsaak of voortsit
• menswaardigheid ondermyn

82
• die genieting van persone se regte en vryhede nadelig beïnvloed, op ’n ernstige wyse
wat vergelykbaar is met diskriminasie op ’n verbode grond

(Die kriteria vir die vasstelling van onbillikheid ingevolge a 9(3) van die Grondwet word
342

ook oorweeg.)

Die Wet spits hom toe op onbillike diskriminasie op grond van ras, geslagtelikheid en
343

gestremdheid. Die Wet fokus ook op spesifieke gevalle van haatspraak, teistering en dis-
seminasie of verspreiding van inligting wat op onbillike diskriminasie neerkom.

AKTIWITEIT

Beantwoord die volgende vrae:


(1) Waarom is die gelykheidsklousule so ’n belangrike bepaling? (2)
(2) Verduidelik die verskil tussen formele en substantiewe gelykheid. (2)
(3) Wat is die verhouding tussen die reg op gelyke beskerming en voordeel van die
reg (a 9(1)) en die reg om nie aan onbillike diskriminasie onderwerp te word nie (a
9(3))? (10)
(4) Verduidelik in u eie woorde die Konstitusionele Hof se benadering tot onbillike
diskriminasie in Harksen v Lane. (5)
(5) Is artikel 9(2), wat voorsiening maak vir regstellendeaksie-maatreëls, ’n uitsondering
op artikel 9(3) en 9(4)? Bespreek volledig. (7)
(6) Meen u dat ’n belastingbetaler wat die grondwetlikheid betwis van inkomstebelas-
ingtabelle waarvolgens persone met hoër inkomste méér inkomstebelasting moet
betaal as persone met ’n laer inkomste, enige kans het om daarmee te slaag? Indien
u die applikant verteenwoordig, sou u die aksie ingevolge artikel 9(1) of artikel 9(3)
instel? Gee redes vir u antwoord. (5)
(7) Me Addy Bob doen by Sunnyside Boys High School, ’n staatskool, aansoek om toela-
ting. By die toelatingsonderhoud verneem sy dat dit die skool se beleid is om net
seuns toe te laat. Sy word aangeraai om by een van die ander enkelgeslagskole in
die omgewing aansoek te doen omdat Sunnyside Boys High School se aktiwiteite op
seuns gerig is. As vroulike leerders daar toegelaat word, sou beduidende verande-
ringe aangebring moes word, soos nuwe kleedkamers, ensovoorts. Die skool meen
dat hy nie onbillik optree nie.
Me Bob vra u om haar hieroor te adviseer. Daar is ’n meisieskool 15 minute verder,
maar sy woon langs Sunnyside Boys High School en sy wil daar skoolgaan. Verder wil
sy graag houtwerk en Latyn neem, wat nie deur die meisieskool aangebied word nie.
(a) Verduidelik aan me Bob welke van haar grondwetlike regte ter sprake kan
wees. (5)
(b) Pas die kriteria wat die Konstitusionele Hof in Harksen v Laneto neergelê het op
me Bob se geval toe om vas te stel of haar regte inderdaad geskend is. (10)

Terugvoering oor die aktiwiteit


7

(1) Die belang van die gelykheidsklousule


Voor die nuwe demokratiese bedeling in Suid-Afrika was die Grondwet gebaseer op
ongelykheid en blanke oppergesag. Apartheid het die Suid-Afrikaanse samelewing

83 FUR2601/1
verarm. Mense se waardigheid is daardeur geskend: rassevoorkeur het die toekenning
van hulpbronne bepaal en segregasionistiese maatreëls het ongelykheid in die werkplek,
tersiêre instellings en die ekonomie veroorsaak.
Die nuwe grondwetlike bedeling fokus op ’n verbintenis tot substantiewe gelykheid. Die
doel hiervan is om die kwade van die verlede reg te stel en die gaping in ’n verdeelde
samelewing te oorbrug. Artikel 9 bevat die eerste substantiewe reg in die Grondwet. Dit
beskerm die reg op gelykheid voor die reg, waarborg dat die reg sowel mense sal beskerm
as in gelyke mate bevoordeel, en verbied onbillike diskriminasie.

(2) Die verskil tussen formele en substantiewe gelykheid


Formele gelykheid beteken dat die reg individue dieselfde moet behandel, ongeag hul
omstandighede, omdat alle persone gelyk is, en dat die werklike sosiale en ekonomiese
verskille tussen groepe en individue nie in ag geneem word nie.
Aan die ander kant vereis substantiewe gelykheid ’n ondersoek na die werklike sosiale
en ekonomiese toestande van groepe en individue om te bepaal of die Grondwet se
verbintenis tot gelykheid gehandhaaf word. Ten einde substantiewe gelykheid te bereik,
moet die gevolge en die uitwerking van ’n spesifieke reël (en nie net die vorm daarvan
nie) ondersoek word.
In die verlede is ons samelewing verarm as gevolg van die apartheidsbeleid. In die nuwe
grondwetlike bedeling bestaan daar egter ’n verbintenis tot substantiewe gelykheid – ’n
kernbepaling van die Grondwet.

(3) Die verhouding tussen artikel 9(1) en artikel 9(3)


Om die gelykheidsreg te verstaan, is dit wesenlik belangrik om die verhouding tussen
die reg op gelykheid voor die reg (a 8(1)) en die reg om nie onbillik teen gediskrimineer
te word nie (a 9(3)) te verstaan. ’n Applikant wat steun op ’n skending van die reg op
gelykheid moet die volgende aantoon:
• Hy of sy is óf individueel óf as deel van ’n groep mense verskillend behandel.
• Die betwiste bepaling onderskei tussen mense of kategorieë mense en hierdie onder-
skeid hou nie rasioneel verband met ’n wettige regeringsdoelwit nie. Dit is ’n artikel
9(1)-ondersoek.

Alternatiewelik moet die applikant bewys dat daar ingevolge artikel 9(3) onbillik teen
hom of haar gediskrimineer is. Om ’n skending van hierdie aspek van die reg te bepaal,
moet die volgende vasgestel word:
• dat hy of sy individueel of as deel van ’n groep mense anders as ander behandel is
• dat dié onderskeid gebaseer word op een of meer van die gronde wat in artikel 9(3)
genoem word (Nadat dit bewys is, word geag dat diskriminasie vasgestel is en dat dit
ingevolge artikel 9(5) onbillik is.)
• dat die vermoede van onbillikheid deur die respondent weerlê kan word, dit wil sê dat
die respondent kan bewys dat die diskriminasie billik is

Indien die applikant nie die differensiasie op ’n gelyste grond kan vasstel nie, kan hy of
sy net op artikel 9(3) steun as die volgende bewys word:
• dat die onderskeidende behandeling gebaseer word op eienskappe of kenmerke wat
fundamentele waardigheid kan aantas, en dus neerkom op diskriminasie
• dat die diskriminasie onbillik is (Die applikant kan dit bewys deur aan te toon dat die
uitwerking van die diskriminasie onbillik is.)

Indien bevind word dat die diskriminasie onbillik is, is die volgende stap om die beperking
van die reg ingevolge artikel 36 (die beperkingsklousule) te regverdig.

84
Let daarop dat die gelykheidsklousule nie die regering verbied om klassifikasies te maak
nie. Mense word om verskeie redes geklassifiseer en verskillend behandel, mits die be-
trokke klassifisering regmatig is en op wettige kriteria gebaseer word. Klassifikasie is dus
toelaatbaar as daar ’n rasionele verband bestaan tussen die kriteria vir die klassifikasie
en die regeringsoogmerke.
(4) Onbillike diskriminasie word bepaal deur die uitwerking van die betrokke diskriminasie
op die menswaardigheid van die klaer en ander persone wat in dieselfde situasie verkeer,
vas te stel. Die bestrede bepaling moet dus die menswaardigheid en gevoel van gelyk-
waardigheid van die klaer aantas.
(5) Alhoewel dit inderdaad kan lyk asof regstellendeaksie-maatreëls diskriminasie onder
’n dekmantel, of omgekeerde diskriminasie is, blyk dit duidelik uit artikel 9(2) dat dit nie
die artikel se oogmerk is nie. Regstellende aksie se doel is om substantiewe of wesenlike
gelykheid te bereik, eerder as blote formele gelykheid. Daarom moet enige sodanige
maatreël aan sekere standaarde voldoen. Volgens Currie en De Waal word ’n maatreël
nie geldig gemaak deur eenvoudig ’n regstellendeaksie-etiket daaraan te koppel nie.
Artikel 9(2) maak voorsiening vir die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede.
Hierdie reg plaas ’n positiewe verpligting op die regering om te verseker dat alle regte
en vryhede volledig en gelykwaardig deur almal geniet kan word. Staatsoptrede wat
’n situasie bevorder of verdra waarin sommige mense meer geleentheid gebied word
om regte te geniet as ander, skend hierdie bepaling. Die staat is verplig om enige stelsel
wat tot gevolg het dat mense nie hul regte volledig en gelykwaardig kan geniet nie, te
verander en reg te stel. Omdat regstellendeaksie-programme verbind is tot substantiewe
gelykheid is hulle wesenlik belangrik ten opsigte van die bereiking van gelykheid. Hierdie
programme moet nie beskou word as ’n beperking van of uitsondering op die reg op ge-
lykheid nie. Aangesien regstellende aksie beskou word as deel van die reg op gelykheid,
moet persone wat hierdie programme bevraagteken, die bewyslas dra om te bewys dat
dit onwettig is.
Regstellendeaksie-programme moet
• die bereiking van substantiewe gelykheid bevorder
• persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is, beskerm en hul belange bevorder

(6) Begin met die artikel 9(1)-ondersoek deur die stappe te volg wat hieronder uiteengesit
word.
Stap 1(a): Bepaal of daar ’n onderskeid gemaak word. Die antwoord is bevestigend,
omdat hoë-inkomste-verdieners en lae-inkomste-verdieners verskillend be-
handel word.
(b): Bepaal of daar ’n rasionele verband bestaan tussen die een of ander wettige
regeringsoogmerk. Weer eens ’n bevestigende antwoord, want die oogmerk
is om die laerinkomstegroepe te help.
Stap 2(a): Bepaal of hierdie differensiasie op diskriminasie neerkom. Dit kom daarop
neer, maar op ’n ongelyste grond, naamlik inkomste.
Word menswaardigheid deur hierdie diskriminasie benadeel of het dit ’n
soortgelyk ernstige uitwerking? Menswaardigheid is oënskynlik nie ter sprake
nie, maar die uitwerking van die diskriminasie kan vergelykbaar ernstige
gevolge hê, na gelang van die belastingskale.
(b): Is die diskriminasie onbillik? Die applikant sou onbillikheid moes bewys omdat
die diskriminasie op ’n analoë grond geskied. Weer eens is die feite deur-
slaggewend. Daar word algemeen aanvaar dat verskillende belastingskale
nie noodwendig onbillik is nie. Maar, indien sommige mense byvoorbeeld 75
persent belasting op hul inkomste betaal, sou dit waarskynlik onbillik wees.

85 FUR2601/1
Stap 3: In beginsel sou die staat kragtens artikel 36(1) dus steeds die buitengewoon
hoë belastingkoerse kon regverdig, hoewel dit in die praktyk nie maklik sal
gebeur nie.
(7) Pas weer die diskriminasieondersoek se stappe op hierdie feite toe. Maak seker dat u al
drie stappe noukeurig toepas: Begin met die artikel 9(1)-ondersoek en sluit af met die
artikel 9(3)-ondersoek. Eerstens moet u vasstel watter reg geskend is.
(i) Die regte waarop inbreuk gemaak word, is artikel 9(1), die reg op gelyke behande-
ling en artikel 9(3), die reg om nie onbillik teen gediskrimineer te word op grond van
geslag en geslagtelikheid nie.
(ii) In Harksen v Lane het die hof die volgende ondersoek gedoen:

Fase 1
(a) Onderskei die bepaling tussen mense of kategorieë mense? Ja, meisies word anders
as seuns behandel.
(b) Indien dit die geval is, is daar ’n rasionele verband tussen die differensiasie en ’n wet-
tige oogmerk? Die skool kan aanvoer dat daar ’n rasionele verband is, aangesien die
skool hoofsaaklik vakke vir seuns aanbied en dit ernstige koste-implikasies sou hê
as veranderinge aangebring word om meisies te akkommodeer.

Fase 2
Hierdie fase bepaal of die diskriminasie op onbillike diskriminasie neerkom.
(a) Kom die differensiasie neer op diskriminasie?
Indien daar op ’n gelyste grond gediskrimineer word, vind diskriminasie plaas. In
hierdie geval is dit duidelik dat die differensiasie op gelyste gronde, naamlik geslag
en geslagtelikheid, plaasvind.
Indien daar op ’n ongelyste grond gediskrimineer word, moet die applikant aantoon
dat die diskriminasie gebaseer word op eienskappe wat moontlik persone se fun-
damentele menswaardigheid kan aantas, of hulle op ’n vergelykbaar ernstige wyse
kan affekteer.
(b) Kom die diskriminasie neer op onbillike diskriminasie?
Die antwoord is ja. Indien die diskriminasie op ’n gelyste grond plaasvind, word
ingevolge artikel 9(5) vermoed dat dit onbillik is. Die skool kan egter die vermoede
deur middel van die toets vir onbillikheid weerlê.
Indien daar op ’n ongelyste grond gediskrimineer word, moet die applikant die onbil-
likheid aantoon.
Die toets vir onbillikheid fokus op die uitwerking van die diskriminasie op die applikant
en ander persone in dieselfde situasie. (Sien die bespreking van onbillike diskriminasie
onder 9.2.2(b) hierbo.) Indien bevind word dat die differesiasie nie onbillik is nie, vind
daar geen skending van artikel 9(3) plaas nie.

Fase 3
Indien bevind word dat die diskriminasie onbillik is, moet bepaal word of die betwiste
artikel ingevolge die beperkingsklousule (a 36(1)) geregverdig kan word. In hierdie geval
moet die skool die inbreukmaking op Addy Bob se regte ingevolge die beperkingsklousule
regverdig.

86
8.4 SAMEVATTING
In hierdie studie-eenheid het u geleer hoe belangrik die gelykheidsklousule is en wat die
344

werking daarvan met betrekking tot elkeen van sy bepalings is. U het ook kennis gemaak
met die ondersoek na onbillike diskriminasie, waar u gesien het dat die reg op gelykheid
ineengestrengel is met baie van die ander regte vervat in die Grondwet. Byvoorbeeld, om
onbillike diskriminasie op ’n ongelyste grond te bewys, moet u die uitwerking daarvan
op die menswaardigheid van die klaer ondersoek, omdat dit een van die waardes is wat
in die Grondwet vervat word.

In die volgende studie-eenheid word die reg op menswaardigheid self en die manier
345

waarop dit met ander spesifieke regte in die Grondwet ineengevleg is, behandel.

87 FUR2601/1
Studie-eenheid 9
Menswaardigheid

346 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

Voordat u hierdie studie-eenheid aanpak, moet u sorg dat u die volgende verstaan:
347

• menswaardigheid as ’n reg en ander grondwetlike bepalings waarin waardigheid


voorkom
• menswaardigheid as ’n waarde en sommige van die regte wat uitgelê is in die lig van
die waarde van menswaardigheid

OORSIG
In die vorige studie-eenheid het ons gelykheid bespreek, die eerste fundamentele reg
348

wat in die Handves van Regte verskans is en een van die belangrikste waardes wat die
grondslag van ons Grondwet vorm. Hierdie studie-eenheid handel oor menswaardigheid,
’n reg wat nou verwant is aan gelykheid en ’n waarde wat net so grondliggend aan die
Grondwet is.

UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u in staat te wees om:
• die sentrale rol van menswaardigheid in die Grondwet te bespreek
• te debatteer of lewenslange gevangenisstraf grondwetlik is al dan nie
• die tersaaklikheid van menswaardigheid vir die huwelik en gesinslewe te ondersoek
• u kennis op praktiese situasies toe te pas

VOORGESKREWE STUDIEMATERIAAL
349 Hierdie studie-eenheid handel oor HOOFSTUK 10 van die Bill of Rights Handbook.

TERSAAKLIKE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET


Artikel 10:
Elkeen het inherente waardigheid en die reg dat hul waardigheid gerespekteer en
beskerm word.

88
9.1 WAARDIGHEID AS ’N REG INGEVOLGE DIE GRONDWET
9.1.1 Waardigheid as ’n reg
Waardigheid beklee ’n spesiale plek in die nuwe grondwetlike bedeling. Artikel 10 bepaal
350

soos volg: “Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid geres-
pekteer en beskerm word.”

Deur die ingebore waardigheid van elke persoon te erken, plaas die artikel dit bo alle
351

twyfel dat waardigheid almal toekom, dat dit nie afhanklik is van bepaalde eienskappe
nie en dat ’n persoon nie daarvan afstand kan doen of dit kan verloor deur onwaardige
gedrag nie.

Artikel 10 verleen nie eenvoudig ’n subjektiewe reg wat, soos alle regte, aan beperking
352

onderworpe is nie. Afgesien daarvan dat dit ’n reg verleen, verklaar dit ook die oortui-
ging van die opstellers van die Grondwet dat die waardigheid van die persoon bestaan
voor die erkenning daarvan in ’n Grondwet en dat die ontkenning van die ingebore
waardigheid van die persoon – in teenstelling met beperkings van die reg dat mens se
waardigheid gerespekteer en beskerm word – dienooreenkomstig nie in die naam van
kompenserende belange geregverdig kan word nie.

Volgens die Konstitusionele Hof maak menswaardigheid die kern van die Suid-Afrikaanse
353

grondwetlike bedeling uit. In S v Makwanyane, 1995 (3) SA 391 (KH) paragraaf 144, beskryf
die hof die reg op lewe en menswaardigheid as “the most important of all human rights,
and the source of all other personal rights” in die Handves van Regte. (Sien ook Christian
Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH), par 36.)

Afgesien daarvan dat dit die fondament vir burgerregte is, is die reg op waardigheid
354

ook die grondslag vir ’n aantal politieke regte, veral daardie regte wat verband hou met
demokratiese bestuur (August v Electoral Commission 1999 (3) SA 1 (KH), par 17).

9.1.1.1 Waardigheid en straf


(a) Gevangenisstraf
Die omstandighede waarin gevangenes geplaas word, beteken noodwendig dat hulle
355

groter beperkings van hul regte as ander mense moet verduur, waaronder hul reg op
menswaardigheid. Enige inbreuk op ’n gevangene se regte moet regverdigbaar wees
met verwysing na die oogmerke om hulle in ’n gevangenis te plaas, naamlik misdaad-
voorkoming en die rehabilitasie van oortreders.

In die Makwanyane-saak, paragraaf 123, spreek die hof nie ’n mening daaroor uit of le-
356

wenslange gevangenisstraf versoenbaar is met die Handves van Regte nie. Chaskalson
P toon wel aan dat die doodstraf vervang kan word met ’n ernstige straf soos ’n langter-
myngevangenisstraf wat ’n vonnis van lewenslange gevangenisstraf kan wees.

Ackermann R verwys egter na ’n uitspraak van die Duitse konstitusionele hof waarin die
357

grondwetlikheid van lewenslange gevangenisstraf oorweeg is. Die Duitse konstitusionele


hof bevind dat hoewel die reg op menswaardigheid vereis dat ’n vonnis menslik uitge-

89 FUR2601/1
voer word, dit nie die staat verhoed om die gemeenskap teen gevaarlike misdadigers te
beskerm nie, selfs al beteken dit dat hulle lewenslank opgesluit moet word. Die Duitse
konstitusionele hof beslis egter verder dat die reg die een of ander vooruitsig op parool
moet voorsien vir ’n gevangene wat tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is en wat
tydens sy of haar tyd in die tronk gerehabiliteer word, en dat die reg objektiewe kriteria
moet neerlê vir die verlening van parool.

Currie en De Waal redeneer dat Suid-Afrikaanse howe die Duitse konstitusionele hof
358

se benadering moet volg. Hulle argumenteer dat lewenslange gevangenisstraf ’n opsie


moet wees om ernstige misdade te straf en om die herhaling daarvan te voorkom. Dit
is egter ’n skending van die reg op menswaardigheid om ’n persoon eenvoudig tot ’n
sel te veroordeel sonder om hom of haar ’n mate van hoop te gee om vrygelaat te word
nadat ’n lang tydperk verloop het en indien bewys is dat die gevangene gerehabiliteer is.

9.1.1.2 Huwelik en gesinslewe


In Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (3) SA 997 (K) beslis Van Heerden R dat die reg
359

op waardigheid uitgelê moet word om beskerming te verleen aan die instelling van die
huwelik en gesinslewe.

Die beskerming strek minstens tot die kernelemente van hierdie instellings, naamlik die
360

reg (en plig) van gades om as gades in gemeenskap saam te leef. Van Heerden R beslis
dan dat ’n buitensporige bedrag ten aansien van aansoeke om immigrasiepermitte hierdie
reg skend in die mate waarin dit toegepas word op die buitelandse uitwonende gades
van permanente inwoners van Suid-Afrika. Die bedrag het tot gevolg gehad dat die lede
van arm gesinne van mekaar geskei is. Die doel van die voorgeskrewe bedrag (meer as
R10 000) was nie om die koste van die aansoekprosedure te verhaal nie (die werklike
koste was baie minder), maar om geriefshuwelike te voorkom en om dus onwettige im-
migrasie te verhoed.

Die Konstitusionele Hof bevestig Van Heerden R se benadering (in par 37) en beslis dat
361

die Grondwet inderdaad die regte beskerm van mense om vryelik te trou en ’n gesin
groot te maak. Die hof brei as volg daarop uit:
“The decision to enter into a marriage relationship and to sustain such a relationship
is a matter of defining significance for many, if not most, people and to prohibit the
establishment of such a relationship impairs the ability of the individual to achieve
personal fulfilment in an aspect of life that is of central significance. In my view, such
legislation would clearly constitute an infringement of the right to dignity. It is not
only legislation that prohibits the right to form a marriage relationship that will con-
stitute an infringement of the right to dignity, but any legislation that significantly
impairs the ability of spouses to honour their obligations to one another would
also limit that right … legislation that significantly impairs the ability of spouses to
honour that obligation would also constitute a limitation of the right to dignity.”

90
9.2 ANDER GRONDWETLIKE BEPALINGS WAARIN
WAARDIGHEID VOORKOM
Artikel 1(a) verklaar dat die Republiek van Suid-Afrika onder andere gegrond is op die
362

waardes van “menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte
en vryhede”.
• Alhoewel dit nie volledig teen grondwetlike wysiging beskut word nie, word artikel
1 sterker verskans as die res van die Grondwet, en vereis die goedkeuring van 75
persent van die lede van die Nasionale Vergadering en ses van die nege provinsies in
die Nasionale Raad van Provinsies.
• ‘n Grondwetlike wysiging wat menswaardigheid skend, is dus aan hierdie vergrote
meerderheid onderworpe.
• Artikel 7(1) verklaar dat die Handves van Regte “die demokratiese waardes van mens-
waardigheid, gelykheid en vryheid bevestig”.
• Artikel 36(1) verklaar dat fundamentele regte slegs beperk mag word in die mate waarin
die beperking “redelik en regverdigbaar is in ’n oop en demokratiese samelewing
gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid”.
• Artikel 39(1) beveel die persone wat die Handves van Regte uitlê om “die waardes
wat ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid
en vryheid ten grondslag lê, te bevorder”.
• Daarby erken artikel 35(2)(e) die reg van elke aangehoudene op “omstandighede van
aanhouding wat met menswaardigheid rekening hou”.

9.3 WAARDIGHEID AS ’N WAARDE KRAGTENS DIE


GRONDWET
Waardigheid is nie net ’n reg nie; dit is ook een van die kernwaardes wat in die Grondwet
363

verskans word om leiding te gee by die uitleg van ander grondwetlike bepalings.

In Dawood and Another v Minister of Home Affairs and Others; Shalabi and Another v Minister
364

of Home Affairs and Others; Thomas and Another v Minister of Home Affairs and Others 2000
(3) SA 936 (KH), paragraaf 35, verklaar die hof dat die waarde van menswaardigheid “aan
die uitleg van baie, en waarskynlik alle, ander regte ten grondslag lê”.

In studie-eenheid 5 het ons artikel 39(1)(a) behandel wat bepaal dat “by die uitleg van die
365

Handves van Regte, ’n hof, tribunaal of forum die waardes wat ’n oop en demokratiese
samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê, moet
bevorder”. In hierdie studie-eenheid sien ons hoe die waarde van menswaardigheid ge-
bruik is om inhoud te verleen aan ander bepalings in die Handves van Regte.

91 FUR2601/1
9.3.1 Sommige van die regte wat uitgelê is in die lig van die waarde van
menswaardigheid
 Gelykheid
Volgens die Konstitusionele Hof se gelykheidstoets kom differensiasie neer op diskrimi-
366

nasie indien dit die potensiaal inhou om die klaers se menswaardigheid te benadeel, en
die impak van hul menswaardigheid vorm ook die kern van die ondersoek na die vraag
of die diskriminasie onbillik is. Die Konstitusionele Hof verduidelik dit in President of the
Republic of South Africa v Hugo 1997 (4) SA 1 (KH), paragraaf 41, as volg:
“The prohibition on unfair discrimination in the interim Constitution seeks not only
to avoid discrimination against people who are members of disadvantaged groups.
It seeks more than that. At the heart of the prohibition of unfair discrimination lies a
recognition that the purpose of our new constitutional and democratic order is the
establishment of a society in which all human beings will be accorded equal dignity
and respect regardless of their membership of particular groups. The achievement
of such a society in the context of our deeply inegalitarian past will not be easy, but
that that is the goal of the Constitution should not be forgotten or overlooked.”

 Die waarborg teen wrede, onmenslike of vernederende straf


In S v Williams 1995 (3) SA 632 (KH), paragraaf 35, beslis die hof dat die basiese begrip
367

wat die grondslag vorm van die verbod op wrede, onmenslike of vernederende straf,
menswaardigheid is en dat die gemeenskaplike draad wat deur die beoordeling van elke
frase loop, die identifisering en erkenning van die samelewing se begrip van eerbaarheid
en menswaardigheid is.

 Stemreg
Die reg van elke volwasse burger om te stem, is beskryf as “a badge of dignity and of
368

personhood. Quite literally, it says that everybody counts” – August v Electoral Commission
1999 (3) SA 1 (KH), paragraaf 17.

 Eiendom
In Port Elizabeth Municipality v Various Occupiers 2005 SA 217 (KH), paragraaf 15, redeneer
369

die hof as volg:


“As with all determination about the reach of constitutionally protected rights, the
starting and ending point of the analysis must be to affirm the values of human
dignity, equality and freedom. One of the provisions of the Bill of Rights that has to
be interpreted with these values in mind, is section 25, which reads: “No one may
be deprived of property except in terms of law of general application, and no law
may permit arbitrary deprivation of property”.

 Privaatheid
In National Coalition for Gay and Lesbian Equality and Another v Minister of Justice and Oth-
370

ers 1999 (1) SA 6 paragraaf 30, beklemtoon die hof waardigheid as volg:

92
“I would emphasise that in this judgment I find the offence of sodomy to be unconsti-
371

tutional because it breaches the rights of equality, dignity and privacy. The present case
illustrates how, in particular circumstances, the rights of equality and dignity are closely
related, as are the rights of dignity and privacy.”

Die belang van waardigheid word ook in NM v Smith (Freedom of Expression Institute as
372

Amicus Curiae) 2007 (5) SA 250 (KH), paragraaf 31, as volg beklemtoon:
“The right to privacy recognises the importance of protecting the sphere of our
personal daily lives from the public. In so doing, it highlights the interrelationship
between privacy, liberty and dignity as the key constitutional rights which construct
our understanding of what it means to be a human being.”

 Kultuurlewe
In MEC for Education: KwaZulu-Natal v Pillay 2008 (1) SA 474 (KH), paragraaf 53 en 62, re-
373

deneer die hof as volg:

[Par 53]
374

“defined by one’s identity. Cultural identity is one of the most important parts of
a person’s identity precisely because it flows from belonging to a community and
not from personal choice or achievement.”

375 [Para 62]


“… There is however more to the protection of religious and cultural practices than
saving believers from hard choices. As stated above, religious and cultural practices
are protected because they are central to human identity and hence to human
dignity which is in turn central to equality.”

 Godsdiensvryheid
In Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (4) SA 757 (KH), paragraaf
376

36, word verklaar:


“There can be no doubt that the right to freedom of religion, belief and opinion in
the open and democratic society contemplated by the Constitution is important.
The right to believe or not to believe, and to act or not to act according to his or
her beliefs or non-beliefs, is one of the key ingredients of any person’s dignity …
Religious belief has the capacity to awake concepts of self-worth and human dignity
which form the cornerstone of human rights.”

In Minister of Home Affairs v Fourie and Another 2006 (1) SA 524 (KH), paragraaf 94 en 114,
377

beklemtoon die hof die belang van ’n waarde van menswaardigheid in godsdiens as volg:

378 [Par 94]


“Majoritarian opinion can often be harsh to minorities that exist outside the main-
stream. It is precisely the function of the Constitution and the law to step in and
counteract rather than reinforce unfair discrimination against a minority. The test,

93 FUR2601/1
whether majoritarian or minoritarian positions are involved, must always be whether
the measure under scrutiny promotes or retards the achievement of human dignity,
equality and freedom.”

379 [Para 114]


“I conclude that the failure of the common law and the Marriage Act to provide
the means whereby same-sex couples can enjoy the same status, entitlements and
responsibilities accorded to heterosexual couples through marriage, constitutes an
unjustifiable violation of their right to equal protection of the law under section 9(1),
and not to be discriminated against unfairly in terms of section 9(3) of the Consti-
tution. Furthermore, such failure represents an unjustifiable violation of their right
to dignity in terms of section 10 of the Constitution. As this Court said the rights of
dignity and equality are closely related. The exclusion to which same-sex couples
are subjected, manifestly affects their dignity as members of society.”

In National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs and Others 2000
380

(2) SA 1; paragraaf 42, is dit as volg beklemtoon:


“The sting of past and continuing discrimination against both gays and lesbians is
the clear message that it conveys, namely, that they, whether viewed as individu-
als or in their same-sex relationships, do not have the inherent dignity and are not
worthy of the human respect possessed by and accorded to heterosexuals and
their relationships It denies to gays and lesbians that which is foundational to our
Constitution and the concepts of equality and dignity, which at this point are closely
intertwined, namely that all persons have the same inherent worth and dignity as
human beings, whatever their other differences may be. The denial of equal dignity
and worth all too quickly and insidiously degenerates into a denial of humanity and
leads to inhuman treatment by the rest of society in many other ways. This is deeply
demeaning and frequently has the cruel effect of undermining the confidence and
sense of self-worth and self-respect of lesbians and gays.”

 Vryheid van uitdrukking


In South African National Defence Union v Minister of Defence 1999 (4) SA 469 (KH), paragraaf
381

8, word as volg verklaar:


“As Mokgoro J observed in Case and another v Minister of Safety and Security and
others; Curtis v Minister of Safety and Security and others 1996 ZACC 7; 1996 (3) SA 617
(CC); 1996 (5) BCLR 609 (CC) at para 27, freedom of expression is one of a “web of
mutually supporting rights” in the Constitution. It is closely related to freedom of
religion, belief and opinion (section 15), the right to dignity (section 10), as well as
the right to freedom of association (section 18), the right to vote and to stand for
public office (section 19) and the right to assembly (section 17).”

 Vermoede van onskuld


In S v Manamela (Director-General of Justice Intervening) 2000 (3) SA 1 (KH), paragraaf 40,
382

argumenteer die hof as volg:

94
“The presumption of innocence protects the fundamental liberty and human dignity
of every person accused of criminal conduct. It ensures that until the state proves
an accused’s guilt beyond a reasonable doubt, he or she cannot be convicted. The
right is vital to an open and democratic society committed to fairness and social
justice. Where a presumption of guilt is substituted for the presumption of inno-
cence, the limitation of the right is extensive and the justification for doing so must
be established clearly and convincingly.”

• Menswaardigheid speel ook ’n belangrike by die proporsionaliteitstoets wat ge-


bruik word om te bepaal of in fundamenteelregtelike beperking geldig is, omdat
die hof vereis dat daar ’n gebiedende regverdiging moet wees, voordat die klaer se
menswaardigheid benadeel kan word. Sien studie-eenheid 6 hierbo.
AKTIWITEIT

(1) Noem vyf bepalings in die Grondwet waarin na menswaardigheid verwys word.
(5)
(2) Bespreek die volgende stelling en verwys na hofbeslissings:
“Human dignity is not only a justiciable and enforceable right that must be respected
and protected, it is also a value that informs the interpretation of possibly all other
fundamental rights and that is of central significance in the limitations enquiry.” (10)
(3) Bespreek die vraag of lewenslange gevangenisstraf versoenbaar is met die reg op
menswaardigheid. (4)
(4) Bespreek die belang van menswaardigheid vir die huwelik en die gesinslewe. (6)
(5) Maak die volgende regsreëls en optrede na u mening inbreuk op die reg op mens-
waardigheid? Gee redes vir u antwoorde.
(a) ‘n gemeenregtelike reël wat gay-sodomie kriminaliseer (3)
(b) die gemeenregtelike reël van manlike eersgeboortereg, ingevolge waarvan
eggenotes en hul dogters nie toegelaat word om te erf indien die testateur
sonder ’n testament gesterf het nie (3)
(c) die ontgroening van eerstejaarstudente, waar daar van hulle verwag word om
kaal uit te trek en deur ’n vullishoop te kruip (2)

Terugvoering oor die aktiwiteit


8

(1) Vir voorbeelde, sien artikel 1, 7, 10, 36, 37 en 39.


(2) Waardigheid beklee ’n spesiale plek in die nuwe grondwetlike bedeling. Artikel 10 bepaal
“elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en
beskerm word”. Ander grondwetlike bepalings waarin waardigheid voorkom, is die
volgende: artikel 1(a) verklaar dat die Republiek van Suid-Afrika onder andere gegrond
is op “menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en
vryhede”.
Deur die ingebore waardigheid van elke persoon te erken, verklaar die artikel bo alle
twyfel dat waardigheid alle mense toekom, dat dit nie afhanklik is van bepaalde eien-
skappe nie en dat nie daarvan afstand gedoen kan word of dat dit verloor kan word deur
onwaardige gedrag nie. Dit is die geval, omdat menswaardigheid die kern vorm van die
Suid-Afrikaanse grondwetlike bedeling. In S v Makwanyane, paragraaf 144, beskryf die

95 FUR2601/1
hof die reg op lewe en menswaardigheid as “the most important of all human rights,
and the source of all other personal rights” in die Handves van Regte. (Sien ook Christian
Education South Africa v Minister of Education, par 36).
Waardigheid is nie net ’n reg nie; dit is ook een van die kernwaardes wat in die Grondwet
verskans word om leiding te verleen by die uitleg van ander grondwetlike bepalings. In
Dawood; Shalabi; Thomas v Minister of Home Affairs, paragraaf 35, verklaar die hof
dat die waarde van menswaardigheid “aan die uitleg van baie, en waarskynlilk alle, ander
regte ten grondslag lê”. Sommige van die regte wat uitgelê is in die lig van die waarde
van menswaardigheid is die volgende: gelykheid – President of die Republic of South
Africa v Hugo paragraaf 41; die waarborg teen wrede, onmenslike of vernederende straf
– S v Williams, paragraaf 35; die reg om te stem – August v Electoral Commission,
paragraaf 17; reg op okkupasie – Minister of Home Affairs v Watchenuka, paragraaf
27, 32; eiendom – Port Elizabeth Municipality v Various Occupiers, paragraaf 15;
privaatheid – National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice,
paragraaf 30 en NM v Smith (Freedom of Expression Institute as Amicus Curiae),
paragraaf 3; kultuurlewe – MEC for Education: KwaZulu-Natal v Pillay, paragraaf
53; vryheid van uitdrukking – South African National Defence Union v Minister of
Defence, paragraaf 8.
(3) In Makwanyane het die hof nie ’n mening uitgespreek oor die vraag of lewenslange
gevangenisstraf versoenbaar is met die Handves van Regte nie. Chaskalson P toon aan
dat die doodstraf vervang kan word deur die ernstige straf van langtermyngevangenis-
straf, wat ’n vonnis van lewenslange gevangenisstraf kan wees. Ackermann R verwys
egter na ’n uitspraak van die Duitse konstitusionele hof waarin die grondwetlikheid
van lewenslange gevangenisstraf oorweeg is. Die Duitse konstitusionele hof bevind dat
hoewel die reg op menswaardigheid vereis dat ’n vonnis menslik uitgevoer word, dit
nie die staat verhoed om die gemeenskap te beskerm teen gevaarlike misdadigers nie,
selfs al beteken dit dat laasgenoemde lewenslank in ’n tronk moet deurbring. Die Duitse
konstitusionele hof beslis egter verder dat die een of ander voorsiening gemaak moet
word vir parool vir ’n gevangene wat tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is en wat
tydens sy of haar tyd in die gevangenis gerehabiliteer is, en dat die reg objektiewe kriteria
moet neerlê vir die verlening van parool. Currie en De Waal redeneer dat Suid-Afrikaanse
howe die benadering van die Duitse konstitusionele hof behoort te volg. Hulle redeneer
dat lewenslange gevangenisstraf ’n opsie moet bly as straf vir ernstige misdade en om
te voorkom dat hulle herhaal word. Dit is egter ’n skending van die reg op menswaar-
digheid om ’n gevangene bloot te veroordeel tot ’n sel sonder om die persoon ’n mate
van hoop van vrylating te gee ná verloop van ’n lang tydperk en indien daar bewys is
dat die gevangene hervorm is.
(4) In Dawood v Minister of Home Affairs beslis Van Heerden R dat die reg op waardigheid
geïnterpreteer moet word om beskerming te verleen aan die instelling van die huwelik
en die gesinslewe. Die beskerming strek minstens tot die kernelemente van hierdie
instellings, naamlik die reg (en plig) van gades om as gades in gemeenskap saam te
leef. Van Heerden R beslis dan dat ’n buitensporige tarief ten aansien van ’n aansoek
om immigrasiepermitte hierdie reg skend in die mate waarin dit op die buitelandse nie-
inwonergade van permanente inwoners van Suid-Afrika van toepassing is. Die tarief het
tot gevolg dat die lede van arm gesinne van mekaar geskei word. Die voorgeskrewe tarief
(meer as R10 000) was nie bedoel om die koste te verhaal om die aansoek te verwerk nie
(die werklike koste was baie minder), maar om geriefshuwelike te voorkom en dus om
onwettige immigrasie te verhoed.
Die Konstitusionele Hof bevestig Van Heerden R se benadering (in paragraaf 37) en beslis
dat die Grondwet inderdaad die regte beskerm van persone wat vryelik wil trou en ’n
gesin grootmaak. Die hof brei as volg daarop uit:

96
“The decision to enter into a marriage relationship and to sustain such a relationship
is a matter of defining significance for many, if not most, people and to prohibit the
establishment of such a relationship impairs the ability of the individual to achieve
personal fulfilment in an aspect of life that is of central significance. In my view,
such legislation would clearly constitute an infringement of the right to dignity. It
is not only legislation that prohibits the right to form a marriage relationship that
will constitute an infringement of the right to dignity, but any legislation that sig-
nificantly impairs the ability of spouses to honour their obligations to one another
would also limit that right … legislation that significantly impairs the ability of
spouses to honour that obligation would also constitute a limitation of the right
to dignity.”
(5) (a) Ja. In National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice
beslis die Konstitusionele Hof dat hierdie reël nie alleen onbillik diskrimineer op grond
van seksuele oriëntasie nie, maar ook die reg van gay mans op menswaardigheid
skend. Dit is die geval, omdat dit gay seks stigmatiseer, en deur hulle as misdadigers
te behandel, word hulle verneder en hul waardigheid ontneem.
(b) Ja. In Bhe v Magistrate, Khayelitsha bevind die Konstitusionele Hof dat hierdie
reël nie alleen onbillik diskrimineer op grond van geslag nie, maar ook vroue se reg
op menswaardigheid skend, aangesien dit impliseer dat vroue nie bevoeg is om
eiendom te besit en te administreer nie.
(c) Ja. Hierdie praktyk is vernederend en negeer die respek waarop elke mens geregtig
is.

9.4 SAMEVATTING
In hierdie studie-eenheid het ons menswaardigheid behandel. Ons het gesien dat waar-
383

digheid nie net ’n belangrike reg is nie, maar ook een van die belangrikste grondwetlike
waardes wat leiding moet gee by die uitleg van baie ander regte. Ons het ook oorwe-
ging geskenk aan die betekenis en tersaaklikheid van menswaardigheid in verband met
spesifieke kwessies soos lewenslange gevangenisstraf en die beskerming van die huwelik
en die gesinslewe.

In studie-eenheid 10 skenk ons aandag aan sosio-ekonomiese regte in die Grondwet,


384

waaronder die reg op toegang tot behuising en gesondheidsorg. Alhoewel hierdie regte
baie verskillende probleme en uitdagings bied, is hulle daarop ingestel om uitvoering te
gee aan die die waardes van gelykheid en menswaardigheid, wat in hierdie en die vorige
studie-eenheid bespreek is.

97 FUR2601/1
Studie-eenheid 10
Sosio-ekonomiese regte

385 Wat u moet weet voordat u hierdie studie-eenheid aanpak

Voordat u hierdie studie-eenheid aanpak, moet u studie-eenheid 1 tot 7 goed verstaan,


386

aangesien hierdie studie-eenheid handel oor spesifieke regte, naamlik sosio-ekonomiese


regte.

OORSIG
Sosio-ekonomiese regte word om verskeie redes uitgesonder: eerstens vanweë hul
387

geskiedkundige belang; tweedens, omdat hulle voorbeelde is van regte wat ’n positiewe
plig op die staat plaas (anders as die sg klassieke fundamentele regte, wat as suiwer nega-
tiewe of defensiewe regte beskou word); en derdens, omdat hulle spesifieke probleme na
vore bring ten aansien van die skeidslyn tussen beginsel (waaroor die howe moet beslis)
en beleid (die prerogatief van die uitvoerende gesag).

Die uitdaging waarvoor die Suid-Afrikaanse samelewing voortdurend te staan kom, is om


388

die lewensgehalte van alle inwoners te verbeter en die meerderheid van uiterste armoede
te bevry. Die Grondwet erken die noodsaak om lewensomstandighede te verbeter deur
voorsiening te maak vir die beskerming van sosio-ekonomiese regte. Hierdie regte sluit
in die reg op basiese onderwys, met inbegrip van volwasse basiese onderwys (a 29(1));
die reg om nie mediese noodbehandeling geweier te word nie (a 27(3)); en die reg van
’n kind op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike
dienste (a 28(1)(c)). Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising (a 26(1)) en op ge-
sondheidsorgdienste, voldoende voedsel en water asook maatskaplike sekerheid (a 27(1)).

Ten einde volle beskerming van hierdie sogenaamde toegangsregte te verseker, rus daar
389

’n positiewe verpligting op die staat om redelike wetgewende en ander maatreëls te tref,


binne sy beskikbare middele, om hierdie reg toenemend te verwesenlik. Hierdie verpligting
word op die staat geplaas in artikel 25(5) (die verpligting om inwoners in staat te stel om
op ’n billike grondslag toegang tot grond te verkry), artikel 26(2) (die verpligting om die
reg op toegang tot geskikte behuising te verwesenlik) en artikel 27(2) (die verpligting
om die reg op toegang tot gesondheidsorgdienste, voedsel en water, en maatskaplike
sekerheid te verwesenlik).

UITKOMSTE

Nadat u deur hierdie studie-eenheid gewerk het, behoort u


• die inhoud van die bepalings van die Handves van Regte te ken wat verband hou met
sosio-ekonomiese regte

98
• te verstaan waarom die afdwinging van sosio-ekonomiese regte dikwels problematies is
• praktiese probleme ten aansien van sosio-ekonomiese regte te kan hanteer

VOORGESKREWE MATERIAAL
390 Hierdie studie-eenheid handel oor HOOFSTUK 26 van The Bill of Rights Handbook.

TOEPASLIKE ARTIKELS VAN DIE GRONDWET


Artikel 26: Behuising
(1) Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.
(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskik-
bare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.
(3) Sonder ’n hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toe-
gestaan is, mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning
gesloop word nie. Geen wetgewing mag arbitrêre uitsettings veroorloof nie.

Artikel 27: Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid


(1) Elkeen het die reg op toegang tot
(a) gesondheidsorgdienste, met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg;
(b) voldoende voedsel en water; en
(c) maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand
indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.
(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy
beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.
(3) Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.

Artikel 28: Kinders


(1) Elke kind het die reg –

(c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike
dienste; …

Artikel 29: Onderwys


(1) Elkeen het die reg
(a) op basiese onderwys, met inbegrip van basiese onderwys vir volwassenes; en
(b) op verdere onderwys, wat die staat, deur middel van redelike maatreëls, in
toenemende mate beskikbaar en toeganklik moet maak.

99 FUR2601/1
SLEUTELBEGRIPPE

• EERSTE- EN TWEEDEGENERASIEREGTE
Eerstegenerasieregte is die tradisionele liberale regte of die sogenaamde burger- en
politieke regte. Hulle word negatiewe regte genoem omdat hulle die staat ’n plig oplê
om op sekere maniere op te tree. Tweedegenerasieregte is die sosio-ekonomiese regte
wat as positiewe regte bekend staan. Hulle lê ’n plig op die staat om te verseker dat alle
inworners toegang verkry tot basiese sosiale goedere en dat basiese behoeftes vervul
word.

• POSITIEWE EN NEGATIEWE VERPLIGTINGE


‘n Negatiewe verpligting beteken dat die staat nie moet inmeng wanneer ’n persoon
’n grondwetlik beskermde reg uitoefen nie. Negatiewe beskerming beteken dat die hof
die staat kan keer om op maniere op te tree wat regstreeks op sosio-ekonomiese regte
inbreuk maak.
Die positiewe dimensie van die reg is geleë in die feit dat die staat al die nodige stappe
moet doen om die volle genieting van hierdie reg te verseker. Dit beteken die skep-
ping van die regstatus, regte en voorregte wat individue in staat sal stel om hul regte
te beoefen. Hierdie positiewe verpligting met betrekking tot sosio-ekonomiese regte
is egter gekwalifiseerd, aangesien die staat “redelike wetgewende en ander maatreëls
moet tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te
verwesenlik” (a 26(2)). In sy beoordeling van die regverdiging vir beweerde verbreking
van die positiewe verpligtinge wat uit hierdie regte voortspruit, maak die Konstitusio-
nele Hof van ’n interne redelikheidstoets gebruik. Die toets vir die nakoming van hierdie
positiewe verpligtinge is of die staat se pogings om die regte te verwesenlik in die lig van
die interne kwalifiseerders (a 26(2) en 27(2)) redelik is.

10.1 BEREGBAARHEID VAN SOSIO-EKONOMIESE REGTE


Beregbaarheid verwys na die mate waarin sosio-ekonomiese regte deur ’n hof afgedwing
391

kan en moet word. In die First Certification-beslissing was daar twee belangrike besware
teen die insluiting van sosio-ekonomiese regte by die Grondwet (Ex parte Chairperson
of the Constitutional Assembly: in re Certification of the Constitution of the Republic of South
Africa 1996 (4) SA 744 (KH). Hierdie besware het verband gehou met die leerstuk van
skeiding van magte en die kwessie van polisentrisiteit.

Wat betref die leerstuk van skeiding van magte, voer die staat aan dat die howe die be-
392

voegdheid sal hê om die regering leiding te gee oor die verspreiding van staatsmiddele en
dat dit inbreuk sal maak op die bevoegdhede van die uitvoerende en wetgewende vertak-
king van die regering. Die regbank sou in werklikheid die omvang van sy regsprekende
funksie oorskry. Daar is aangevoer dat dit die uitvoerende gesag se verantwoordelikheid
is om die toekenning van openbare middele aan individue, groepe en gemeenskappe in
die samelewing te administreer.

Die argumente oor polisentrisiteit het basies verband gehou met begrotingsbeperkinge
393

en die probleem wat sou ontstaan as ’n hof oor die toekenning van middele sou beslis.

100
As gevolg van finansiële beperkinge is die uitvoering van die regering se plig in hierdie
verband afhanklik van die beskikbaarheid van middele. Indien die hof dus fondse sou
toeken, sou geweldige probleme ontstaan.

Die hof se reaksie op bogenoemde besware was dat die insluiting van hierdie regte nie
394

die leerstuk van skeiding van magte skend of verswak deur op die bevoegdhede van
die wetgewende en uitvoerende vertakkinge van die regering inbreuk te maak nie. Die
positiewe aspek van die regte vereis dat die staat redelike maatreëls aanneem om sy
grondwetlike verpligting na te kom. Alhoewel ’n ruim mate van diskresie aan die staat
verleen word, is dit die howe se plig om die redelikheid van sulke maatreëls te bevraag-
teken. Die Konstitusionele Hof bevestig dat sosio-ekonomiese regte beregbaar is en dat
hulle, sowel positief asook negatief, teen onbehoorlike ontwyking deur die uitvoerende
en wetgewende gesag beskerm kan word.

10.2 POSITIEWE VERPLIGTINGE EN DIE AFDWING DAARVAN


Redelike wetgewende en ander maatreëls
Volgens die Konstitusionele Hof is die sleutel tot die beregbaarheid van sosio-ekonomiese
395

regte die redelikheidstandaard. Hoewel ’n ruim mate van diskresie aan die staat verleen
word om te besluit hoe sosio-ekonomiese regte nagekom behoort te word, kan die re-
delikheid van die maatreëls wat hy aanvaar deur ’n hof geëvalueer word.

Die saak Government of the Republic of South Africa v Grootboom 2001 (1) SA 46 (KH) illus-
396

treer die hof se toepassing van hierdie toets. Die Konstitusionele Hof het die applikant
se posisie soos volg beskryf:
“The group of people with whom we are concerned in these proceedings lived
in appalling conditions, decided to move out and illegally occupy someone else’s
land. They were evicted and left homeless. The root cause of their problems is the
intolerable conditions under which they were living while waiting in the queue for
their turn to be allocated low-cost housing.”

Die staat het wetgewing en beleidsmaatreëls beskikbaar wat ontwerp is om met verloop
397

van tyd vir die verligting van behuisingstekorte voorsiening te maak deur toegang tot
permanente huisvestig te bied. Wat ontbreek het, was voorsiening van tydelike onder-
dak vir hawelose mense. Die wetgewende en beleidsmaatreëls het diegene wat in die
meeste nood verkeer het, oor die hoof gesien. Hierdie versuim was onredelik, omdat dit
strydig was met ander grondwetlike verpligtinge om menswaardigheid en die reg op
gelykheid te respekteer.

Redelikheid vereis die ontwerp, aanvaarding en inwerkingstelling van maatreëls om


398

sosio-ekonomiese regte te verwesenlik wat omvattend is, in die sin dat hulle nie diegene
uitsluit wat die beskerming van daardie regte die nodigste het nie. Redelike maatreëls
was dus nie beskikbaar nie, en die hof het bevind dat die staat sy verpligtinge kragtens
artikel 26(2) verontagsaam het.

101 FUR2601/1
In Minister of Health v Treatment Action Campaign (2) 2002 (5) SA 721 (KH) is die hof se
399

beslissing gegrond op die redelikheid van die staat se beleid om die middel Nevirapine
vir die voorkoming van moeder-tot-kind-oordrag van MIV beskikbaar te stel. Die hof het
bevind dat hierdie beleid onredelik was.

Kragtens die toepaslike beleid sou Nevirapine slegs beskikbaar wees by enkele toetspersele
400

om die middel se doeltreffendheid om MIV-oordrag te voorkom, te evalueer. Die probleem


was dat die voorkomende behandeling vir ’n aansienlike tyd nie oor die hele openbare
gesondheidstelsel heen beskikbaar sou wees nie. Getuienis het getoon dat die middel
uiters doeltreffend was, dat die regering se kommer ongegrond was en dat hul versuim
om die middel beskikbaar te stel onredelik was.

In die lig van hierdie sake het Sandra Liebenberg, in haar boek Socio-economic Rights
401

Adjudication under a Transformative Constitution (Juta 2010) die eienskappe van ’n redelike
staatsprogram soos volg opgesom:
• Dit moet in staat wees om die verwesenliking van ’n reg te fasiliteer.
• Dit moet omvattend, samehangend en gekoördineerd wees.
• Geskikte finansiële en mensehulpbronne moet vir die program beskikbaar wees.
• Dit moet gebalanseerd en buigsaam wees.
• Dit moet op kort, medium en lang termyn geskikte voorsiening vir behoeftes maak.
• Dit moet goed oordink en in werking gestel word.
• Dit moet deursigtig wees, en sy inhoud moet prakties aan die publiek bekend wees.
• Dit moet korttermynvoorsiening maak vir diegene wie se behoeftes die dringendste
is en wat in ondraaglike omstandighede woon.

Die saak Khosa v Minister of Social Development 2004 (6) SA 505 (KH) het die onderlinge
402

verband tussen die regte in die Handves van Regte beklemtoon, en bevind dat ’n faktor
in die vasstelling van die redelikheid van ’n maatreël sy uitwerking op ander regte is. Die
oordrag van bestaansekerheidsvoordele aan slegs burgers was nie redelik nie, aangesien
dit die gelykheidsregte van permanente inwoners geskend het wat, as dit nie vir die
gebrek aan burgerskap was nie, wel vir die voordele kragtens die stelsel sou kwalifiseer.

In Mazibuko v City of Johannesburg 2010 (4) SA 1 (KH) het die Konstitusionele Hof die reg
403

op toegang tot voldoende water behandel. Hier het die applikante die stad se water-
voorsiening via voorafbetaalde watermeters aan lae-inkomstehuishoudings uitgedaag.
Die hof het bevind dat die reg op water nie van die staat vereis om elke persoon – op
aanvraag – van voldoende water te voorsien nie. Hy het bevind dat die stad se beleid
van gratis basiese water ’n redelike maatreël was om die toenemende verwesenliking
van die regte te bereik. Die hof het geweier (soos hy ook in Grootboom en TAC gedoen
het) om die toepaslike sosio-ekonomiese reg te kwantifiseer.

Toenemende verwesenliking
Daar word van die staat vereis om ’n reg in toenemende mate (of met verloop van tyd)
404

te verwesenlik. Daar word aanvaar dat die staat nie noodwendig onmiddellik al die no-
dige stappe kan doen nie, maar hy behoort in staat te wees om rekenskap te gee van die
vordering wat ten opsigte die verwesenliking van ’n reg gemaak word.

102
Binne die staat se beskikbare middele
Indien die staat nie sy verpligting kan nakom nie, omdat daar geen of te min middele
405

tot sy beskikking is, kom dit nie neer op ’n skending van die reg nie. Die verwesenliking
van hierdie regte hang dus af van die middele wat vir sodanige doeleindes beskikbaar is.
Indien die nodige middele wel later beskikbaar word, moet dit gebruik word om hierdie
reg te verwesenlik. Dit plaas ’n verpligting op die staat om sy gebruik van openbare mid-
dele toereikend aan sy burgers te verantwoord.

In Soobramoney v Minister of Health (KwaZulu-Natal) 1998 (10) SA 765 (KH) het die Konsti-
406

tusionele Hof beslis dat ’n persoon wat aan chroniese nierversaking ly en twee keer per
week nierdialise benodig, nie op mediese noodbehandeling geregtig is nie, aangesien
dit ’n voortgesette stand van sake is wat aan ’n ongeneeslike siekte te wyte is.

In hierdie verband het die hof beklemtoon dat sosio-ekonomiese regte weens die (on)
407

beskikbaarheid van hulpbronne of middele beperk kan word. ’n Program wat versuim
om geskikte middele toe te wys is onredelik. Sodra ’n staatsorgaan egter (soos hy wel in
hierdie geval gedoen het) toon dat sy toewysing van middele gepas of geskik is, word
sy las kragtens hierdie kwalifiseerder opgehef.

Die Konstitusionele Hof het nog nooit ’n begrotingstoewysing bestudeer en beslis dat
408

die toewysing self nie ’n redelike poging was om ’n sosio-ekonomiese reg te verwesenlik
nie. Dit beteken egter nie dat begrotingstoewysings immuun teen geregtelike onder-
soek is nie. In City of Johannesburg Metropolitan Municipality v Blue Moonlight Properties
39 (Pty) Ltd 2012 (2) SA 104 (KH) het die munisipaliteit teen sy ontoereikende begroting
geappelleer om sy versuim om tydelike onderdak aan ’n groep haweloses te verskaf te
regverdig. Die hof het die argument verwerp en aangevoer dat dit gewoon nie ’n goed
genoeg verskoning vir die stad was om te verklaar dat hy nie vir iets begroot het nie,
indien hy inderdaad in die nakoming van sy verpligtinge daarvoor moes begroot het.

AKTIWITEIT

(1) (a) Wat is die grondslag van die onderskeid tussen sosio-ekonomiese regte en
burger- en politieke regte? (3)
(b) Wat is die belangrikste besware teen die insluiting van sosio-ekonomiese regte
by die Handves van Regte? (Nota: hierdie vraag en die vorige vraag oorvleuel.)
(3)
(c) Hoe het die Konstitusionele Hof in die Certification-beslissing op hierdie besware
gereageer? (3)

(2) U is ’n regsadviseur by die Pretoria Stadsraad. Die Stadsraad beplan om ’n aantal


plakkers te verwyder van grond wat aan die Stadsraad behoort. Daar word beplan
om ’n behuisingsprojek daarop te bou. Adviseer die Stadsraad oor die volgende vrae:
(a) Mag hulle die plakkers uitsit en hul wonings afbreek? (2)
(b) Watter prosedure moet gevolg word om dit te doen? (3)

(3) Mag ’n private hospitaal mediese noodbehandeling weier aan ’n pasiënt wat ernstig
beseer is in ’n motorongeluk, op grond daarvan dat die pasiënt nie die middele het
om vir sulke behandeling te betaal nie? U moet in u antwoord aandui wat “mediese
noodbehandeling” ingevolge artikel 27(3) behels. (5)

103 FUR2601/1
(4) Die Gauteng Department van Gesondheid besluit om die behandeling vir vigs-
pasiënte met tuberkulose te verminder weens ’n tekort aan fondse en die Departe-
ment se onvermoë om te voldoen aan die eise wat daaraan gestel word. Pynstillende
en kalmerende middels word egter steeds beskikbaar gestel. Is hierdie beslissing
grondwetlik? Staaf u antwoord deur na hofbeslissings te verwys. (10)

Terugvoering oor die aktiwiteit


9

(1) (a) Eerstegenerasieregte is die tradisionele liberale regte of die sogenaamde burger- en
politieke regte. Hulle word negatiewe regte genoem omdat hulle die staat verplig
om op sekere maniere op te tree. Tweedegenerasieregte is die sosio-ekonomiese
regte wat as positiewe regte bekend staan. Hulle verplig die staat om te verseker dat
alle inwoners toegang tot basiese maatskaplike goedere verkry en dat daar in hul
basiese behoeftes voorsien word.
(b) Sien die bespreking van die beregbaarheid van sosio-ekonomiese regte in 10.1 hierbo.
Die belangrikste besware hou verband met die leerstuk van skeiding van magte en
die kwessie van polisentrisiteit. Die staat voer aan dat die uitvoerende en wetgewende
gesag die beste in staat is om sosio-ekonomiese regte te hanteer.
(c) Sien 10.1 hierbo. Die Konstitusionele Hof het albei hierdie besware verwerp en bevind
dat dit die howe se plig is om te verseker dat die uitvoerende en wetgewende gesag
nie onbehoorlik op sosio-ekonomiese regte inbreuk maak nie. Die hof skryf nie aan
die uitvoerende gesag voor hoe om openbare fondse te administreer nie, maar
verseker dat die regering rekenskap gee van die maatreëls wat hy aanvaar en die
programme wat hy implementeer, deurdat hy aan die hof moet verduidelik hoe sy
middele bestee word.

(2) (a) Ja, hulle mag die plakkers uitsit, maar hulle is verplig om die prosedures kragtens
artikel 26(3) te volg sodat grondwetlike regte nie geskend word nie.
(b) Wesenlik word regverdige administratiewe optrede vereis, waaronder billike prosedure
wat op ’n hofbevel uitloop. Artikel 26(3) beteken nie dat die uitsetting van onwet-
tige okkupeerders nooit wettig sal wees nie; dit vereis bloot dat behoorlike stappe
gedoen word en verbied partye wat okkupeerders wil uitsit om die reg in eie hande
te neem. Uitsettings kan dus net plaasvind nadat ’n hofbevel, wat al die tersaaklike
omstandighede in ag neem, toegestaan is. Uitsettings en die afbreek van huise kan
nie op grond van ’n administratiewe besluit plaasvind nie, maar alleen kragtens ’n
hofbevel.
(3) Artikel 27(3) is sowel horisontaal as vertikaal van toepassing. As die private hospitaal
hom of haar dus wegwys op grond van onvoldoende fondse, sou dit neerkom op ’n
skending van ’n grondwetlike reg. In S v Soobramoney verduidelik die hof wat mediese
noodbehandeling ingevolge artikel 27(3) behels. Die hof verklaar dat die doel van die
behandeling voordelig moet wees deurdat pasiënte genees word en dit moet onmiddellike
remediërende of lewensreddende behandeling wees. Dit verwys nie na die behandeling
van pasiënte wat aan ’n ongeneeslike siekte ly nie. Die vraag is of hierdie pasiënt so ernstig
beseer was dat hy of sy lewensreddende behandeling moes kry.
(4) Pas weer eens artikel 27(1), (2) en (3) en die beginsels in Soobramoney op die feite toe.
Die feite is soortgelyk aan dié in bogenoemde saak. ’n Mens kan aanvoer dat die vermin-
derde behandeling vir vigspasiënte wat tuberkulose opgedoen het op ’n skending van
die reg op mediese noodbehandeling neerkom, aangesien hulle in ’n lewensbedreigende
situasie is. Om ’n skending van artikel 27(3) te bewys, moet daar egter aangetoon word
dat hulle behandeling vereis wat noodsaaklik en lewensreddend is. U moet verder die

104
kwessie van die beskikbaarheid van middele bespreek ten einde te bepaal of die staat sy
verpligting ingevolge artikel 27(2) nakom. Kan die Gauteng Department van Gesondheid
die vermindering in medikasie regverdig op grond daarvan dat daar nie middele beskik-
baar is om medikasie aan beide vigspasiënte en vigspasiënte wat tuberkulose opgedoen
het, te verskaf nie? Die Departement sou moes aantoon op watter kriteria hul beslissing
gegrond word. Raadpleeg in hierdie verband die Konstitusionele Hof se beslissing in die
Soobramoney-, Grootboom- en die TAC-saak.

10.3 SAMEVATTING
In hierdie studie-eenheid het ons sosio-ekonomiese regte behandel. Ons het gesien dat
409

hierdie regte sowel horisontaal as vertikaal, of soms net vertikaal toegepas kan word. Ons
het ook ondersoek ingestel na die wyse waarop hierdie regte in ’n hof afgedwing kan
word. Belangrike grondwetlike ontwikkelings in die vorm van regspraak is ook oorweeg.

U het nou aan die einde van die module gekom en dit is tyd vir besinning oor u ervaring
410

van hierdie module.

Ten slotte: Hierdie module, FUR2601, handel oor die Handves van Regte (hfst 2) in die
411

1996-Suid-Afrikaanse Grondwet en dit het u:


• voorsien van ’n grondige basiese kennis en begrip van fundamentele regte ingevolge
die Suid-Afrikaanse Grondwet
• in staat gestel om die begrippe en beginsels wat fundamenteelregtelike litigasie
reël, te verduidelik
• in staat gestel om die vraagstukke wat praktiese fundamenteelregtelike probleme
behels, te identifiseer, en u kennis daarop toe te pas
• in staat gestel om fundamenteelregtelike vraagstukke op ’n informele en kritiese
manier te beredeneer

Hierdie module het u voorsien van ’n algemene inleiding tot die begrip van fundamen-
412

tele regte en die rol en plek van hierdie regte in die grondwetlike stelsel in die geheel
verduidelik. In hierdie module is u aan die volgende bekendgestel:
• die manier waarop fundamentele regte in die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm en
afgedwing word.
• die stappe en prosedures wat gevolg moet word om hierdie voorgenoemde punt te
bereik
• die beginsels wat die toepassing van die bepalings, wat in hoofstuk 2 van die Grondwet
vervat is en as die Handves van Regte bekend staan, reël
• die manier waarop hierdie beginsels in praktiese situasies waar fundamenteelregtelike
vraagstukke ontstaan, toegepas word

413 U behoort:
• ’n grondige basiese kennis en begrip van fundamentele regte ingevolge die Suid-
Afrikaanse Grondwet te verwerf het. U behoort in staat te wees om die begrippe,
beginsels en prosesse met betrekking tot fundamentele regte te verduidelik.

105 FUR2601/1
• in staat te wees om fundamenteelregtelike probleme te identifiseer
• die beginsels wat fundamenteelregtelike litigasie reël, te ken en in staat te wees om
dit te verduidelik
• in staat te wees om u kennis toe te pas op praktiese probleme wat met fundamen-
teelregtelike vraagstukke te make het

Ons hoop u het u studie van hierdie module geniet en wens u alles van die beste vir u
414

toekomstige studie toe.

415

106

You might also like