Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

NKR-VLAK 7 385 KREDIETE SAKO-NOMMER: 99642 ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse onderrigmodel

WAT BEHELS HIERDIE KWALIFIKASIE?


Die BCom (Finansiële Beplanning)-graad bemagtig die student om die beginsels van ekonomie, beleggingsbestuur en finansiële
beplanning te verstaan en om dié beginsels in die praktyk toe te pas. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in die beginsels
en praktyk van ekonomie, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, verskillende aspekte van sake- en beleggingsbestuur en
aanverwante dissiplines. Die student word ook voorberei vir verdere studies in ekonomie of finansiële bestuur. Tipiese rigtings waarin
studente kan gaan werk sluit in lang- en korttermynversekeringswese, finansiële beplanning, ekonomie of finansiële bestuur.

WATTER MODULES MOET EK VOLTOOI?

EERSTEJAARMODULES

Ekonomie 1 Finansiële en Beleggingsbeplanning 1 Etiek en Korporatiewe Beheer

Finansiële Rekeningkunde 1 Ondernemingsbestuur 1 Statistiek

T WEEDEJAARMODULES

Ekonomie 2 Finansiële Beplanning 2 Belasting 1

Beleggingsbestuur 2 Finansiële Rekeningkunde 2

DERDEJAARMODULES

Ekonomie 3 Finansiële Beplanning 3 Beleggingsbestuur 3

Geïntegreerde Finansiële Beplanning Belasting 2

WAT IS DIE TOELATINGSVEREISTE?


Graadtoelating met Afrikaans (50%), Wiskunde (60%) en Rekeningkunde (50%)

HOE LANK NEEM DIT OM HIERDIE KWALIFIKASIE TE VOLTOOI?


Die program kan in ’n minimum tydsduur van drie jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is sewe jaar.

PROGRAMKOSTE VIR 2022: Vanaf R47 125 (jaar een)

AANSOEKE VIR STUDIE IN 2022 IS REEDS OOP. Klik hier vir meer inligting

You might also like