Monoloog 1 - Speeltoneel

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Monoloog 1

KIND SIT OP STOEL, WAG BY SKOOL.

Pappa is alweer laat. Meeste van die kinders is al weg.

[SIEN IEMAND]

Wag, daar’s darem ‘n ander meisie, en o, natuurlik… Derrick Pieterse.

Maar dis net omdat sy ma sê hy mag nie in haar kar klim met ‘n uithanghemp nie. Hy’s die stoutste
kind in ons skool. Ek wonder of sy ma dit weet.

Daar staan die juffrou en kyk so “Ai, siestog, die arme kinders”. Sy bel seker nou vir Pappa om my te
kom haal.

Maar ek gee nie om nie. Want as ek hier sit… kan ek alles en almal dophou. Derrick Pieterse se ma
wat vir hom skree om maar in te klim. (Sommer so met sy uithanghemp). Die bome wat in die wind
waai en lyk of hulle met mekaar wil dans. Die miere wat ‘n broodkrummel dra asof dit ‘n stuk goud
is. En al die karre wat kom en gaan. Elke dag dieselfde ding, nes gister, nes nou en nes môre ook.

You might also like