Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Monoloog 3

KARAKTER KOM KAMER BINNE, KYK OOMBLIK NA MA WAT OP BED Lê.

Is Ma wakker?

[GEEN ANTWOORD]

Dalk beter so. Rus is goed.

[GAAN SIT]

Hoe voel Ma vandag? Is die pyn al beter?

[STILTE]

Die kinders by die skool stuur groete. Hulle hoop Ma word gou gesond. Almal is deesdae so nice met
my. Selfs die onnies. Hulle kry my seker jammer.

[LAG]

Het Ma gehoor pakslae is nou uit? Kinders mag hulle ouers actually hof toe vat as hulle die houtlepel
uitbring.

Ma is seker bly ek’s al op hoërskool. Kan Ma imagine hoe stout ek sou wees sonder ‘n pakslae so
elke nou en dan?

[ONTHOU]

Soos daai keer toe ek my vinger in die plug gedruk het. Of toe ek Jean se oorfone in die toilet wou
afspoel?

[VERSOMBER]

Ek wens Ma wil net weer Ma wees. Sorry, ek weet my drama is onnodig. Maar, ek mis Ma se jokes.
En Ma se ham en kaas toebroodjies met die druppel mayonnaise.

Ek maak dit presies dieselfde, maar ek sweer dit proe anders. Jean dink ook so…

Anyway… hulle het vandag prefekte gekies en…ek is een.

[HALFHARTIG]

Yeah!

[STAAN OP, BEGIN UITSTAP, DAN…]

Ek dink die pakslae het gewerk.

KARAKTER GLIMLAG HARTSEER, WIL NOG IETS Sê, BESLUIT DAARTEEN. STAP UIT.

You might also like